THE PONGOLA NEWS

Page 1

You may also contact us on: Tel: 082 8100 808 082 945 7314

E-mail: pongolanews@gmail.com pongolanuus@gmail.com

Fax: 0866 160 979 Physical Address Shop no 7, Senekal Centre, Martin Street, Pongola, 3170

30 November 2012 GRATIS / FREE

MOORD OP MAN SKOK Die gemeenskap is verbyster oor die wrede moord op ’n inwoner van Pongola. Mnr FLC Labuschagne is op 19 November 2012 met veelvuldige messteke dood aangetref op Perseel 74 naby Ncotshane. Mnr Labuschagne was werksaam by Ndlovu Brick and Block en is op 17 November 2012 vir die laaste keer deur sy bure gesien waar hy sy kar was. Vier minderjarige mans van Pongola is binne enkele ure in verband met die moord in hegtenis geneem. Die verdagtes was bekend aan Mnr Labuschagne en het hom onder valse voorwendsels na die moordtoneel gelok. Die verdagtes het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 3 Desember 2012. Die motief vir die moord was roof en die polisie het reeds Mnr Labuschagne se motor en selfoon teruggekry.

Shop 19, Plaza Centre, Pongola Tel: 034 413 2153


E

k kyk na Riaan Cruywagen se laaste nuusberig en besef weereens – alles kom tot ‘n einde. Ek sit op die bank en dink na oor hoe daar stadiums in jou lewe is waar jy baie vinnig weer ‘onder’ begin, en ook hoe dinge in die lewe sy verloop neem. Jy begin as ‘n sorgelose kind. Jy bereik ‘n punt waar jy die grootse en oudste voorskoolse kind is. Dan volg die skool. Jy maak opgang tot in Gr 7 - nou is jy ‘n meneer. Aan die einde van daardie jaar, begin jy wonder oor hoërskool. Gr 8 is jy weer onder aan die voedselketting. Stadig maar seker maak jy opgang. Dan matriek. Weereens meneer ! Daarna wag studeer of ‘n loopbaan op jou. Maak nie saak watter keuse jy maak nie – jy gaan gesnoei word soos ‘n oorgroeide vrugteboom. Soos die tyd aanstap word hierdie ondervinding in ‘n mate al hoe minder, afhangend van die paaie wat jy besluit om te loop. Elke fase van jou lewe is soos ‘n kruik. Wanneer die einde van ‘n fase bereik word, breek die kruik in duisend stukkies. Elke stukkie trek in sy eie rigting en vind nooit weer sy plek nie. ‘n Paar stukkies vind mekaar dalk, maar maak nooit weer ‘n kruik nie.

FIRST AN FINAL LIQUIDATION AND DISTRIBUTION In terms of Section 35(5) of the Administration of Estates Act 66 of 1965 the First and Final Liquidation and Distribution Account in the Estate Late MARA GERTRUIDA SLABBERT, identity number: 240725 0007 080, who died on 13 JUNE 2011 and who resided at PLOT 69, PONGOLA, 3170 at the time of death, with Master’s reference number: 9942/2011/PMB will lie open for inspection at the offices of the Master of the High Court, Pietermaritzburg and at the Magistrate’s Court, Vryheid for a period of twenty one (21) days as from 30 NOVEMBER 2012 until 31 DECEMBER 2012. WF BURGER AGENT FOR THE EXECUTOR c/o ESTATE LATE MARA GERTRUIDA SLABBERT TEL NO: 034-983 2037 FAX NO: 034-983 2108

Dienstye NG Kerk Pongola: 09:00 Elke Sondag Pongola: 15:00 Elke Donderdag—Zulu Erediens Jeug Kinderkerk: Sondae 09:00 in die Kerksaal Kategese: Sondae 10:00 Volg voete (Graad 4-7): Woensdae. Sien Kalender vir datums Taksie (Tienier AKSIE - Graad 8-12): Donderdae 18:30 in die Kerksaal Nederduits Hervormde Kerk Pongola: 10:30 1ste en indien 5de Sondag Geen: 2de Sondag 08:00 3de en 4de Sondag Gereformeerde Kerk Pongola: Winter & somer: 09:00 AGS Kerk Pongola: Sondagoggend: 09:00 Sondagaand: 18:00 Pongola Christian Centre Pongola Tuesday: Ladies Prayer Meeting: 14:00 Wednesday: Home Cells: 19:00 Friday: Youth Meeting: 19:00 151 Gezina Kruger Street Celebration Service: Sunday 09:00 Children’s Church 09:00 Contact Details: Pastors Schalk & June van der Merwe Home: 034 413 1764 Cell: 082 923 5844 ( Pastor Schalk) Cell: 082 923 5844 (June)

CRANE TRUCK for hire

KONTAK SANTA BY 082 324 0244 OF STEFAN BY 083 625 8908

28 Ton/m crane with 11m reach. Based at Magudu. Full certification of all equipment and operator. For a quotation call:Ian Colenbrander: 082 8941965 or e-mail at chui4@telkomsa.net



Two jailed for man’s murder November 8 2012

Two men have been sentenced in the Pongola High Court for charges related to the murder of a 43-year-old man in January last year. Cebolozakha Mydululu “Gqobhoza” Ndimande, 24, was sentenced to life in prison for murder, five years for theft, and 10 years for possession of an unlicensed firearm. His co-accused, Bongani Nene, 28, was sentenced to 12 years for murder and five years for theft. The deceased’s wife, Bazothini Mthethwa, 35, who planned the killing, was convicted and sentenced in the Pietermaritzburg High Court to 20 years in prison in November last year. “In January last year, Moses Mthethwa was asleep with his wife when three armed men entered the house,” said police spokesman Captain Thulani Zwane. “The men demanded safe keys from the woman, and took two pistols and a .303 assault rifle. They shot and killed Mthethwa and fled.” Provincial Commissioner, Lieutenant-General Mmamonnye Ngobeni, said killers like these did not deserve a place in society. “The sentences meted out by the court will send out a strong message and serve as a deterrent to other criminals,” he said. - IOL

LOOKING FOR A QUALIFIED CODE 14 DRIVER. PLEASE FAX CV’S TO 034 413 1687 OR E-MAIL TO PONGOLASCRAP@GMAIL.COM. FOR FUTHER INFORMATION CONTACT STEFAN KLEINHAUS AT 083 625 8908

KARNALLIE KLEUTER KONSERT Op Donderoggend 22 November 2012 is die Senior inwoners van Pongola weer bevoorreg om die Karnallie Kleuter Konsert se kleedrepetisie by te woon in die NG Kerksaal. Dit word gereeld gedoen met hul konserte want dit gee die kleingoed die blootstelling om voor 'n ‘gehoor’ op te tree. Hulle is so spontaan en as in ag geneem word dat selfs die kleinstes van 3 jaar deelneem dan kan mens nie anders as om groot waardering te hê vir Doulina en haar span wat die kleingoed afrig. Ek glo dit verg hare op jou tande om hulle so afgerig te kry, maar as mens Doulina hoor praat is dit net met liefde, daarom dat sy so groot sukses behaal. Dit is ook gladnie snaaks om die handjies daar van die verhoog af te sien waai en te hoor ‘hallo mamma, hallo ouma’ nie. Dan breek Vrydagaand 23 November aan en die regte konsert word opgevoer. Die tema was ‘Die lewe in 'n bos’. By die ingang in die saal begroet die bos jou al. Dan stap jy deur en kom af op die sprokiesmooie naglewe in die woud. Kleurvolle goggatjies, skoenlappers, blomme wat skyn, vuurvliegies en selfs 'n lieflike wurm lewe in die woud. Die feeprinses dans saam met hulle, terwyl die ander diere slaap. Dan breek die dag en die woud ontwaak. Vaak kabouters begin hulle dagtaak. Een-vir-een kom die diertjies uit hul slaapplekke en geniet die nuwe dag. Maar die lewe in die woud is ook nie net pret nie .. selfs daar wag 'n skooldag vir hulle – daar moet gewerk word ook. Die bos moet skoongehou en blomme moet geplant word. Tot ‘die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei’, wat in Zoeloe vertolk is. As dit aand word, sluit hulle die dag af met 'n Halleluja’ aan die Skepper om dankie te sê vir die voorreg om in so 'n mooi woud te kan leef. Hou die kleingoed maar dop! Dalk lewer Pongola sy kwota akteurs in die toekoms op! Na die konsert is 'n keurig voorbereide ete aangebied, alles gemaak en verskaf deur die ouers, op tafels wat die ‘bos-tema’ verder pragtig uitgebeeld het met kabouters en alles wat in 'n bos te vinde is. Die sameroepster was Jacolien Rouillard. Doulina bedank graag die volgende persone:  Borge word nie by name genoem nie want daar is soveel wat selfs met die geringste item 'n bydrae gelewer het en niks en niemand is te versmaai by so 'n geleentheid nie. Die kleinste word op die ou end die grootste!  Judith Fick, Opvoedkundige Aerobiese Instruktrise, ook vir kinders.  Sarie Franck wat elke jaar help by die konserte, en Louisa Neethling - assistent by die Kleuterskool.  Elizca Scheepers van Elizca’s School of Dance.  Elize Pringle en Chantal Fouche vir die sprokiesmooi voorportaal.  Karen Badenhorst en Annelien Grey vir die ongelooflike mooi tafels.  Ciska Signs wat die programme gedruk het met Marietjie van der Westhuizen wat die tema-ontwerp op die kaartjies gedoen het.  Roléne van der Merwe van The Photographers vir die neem van die foto’s.  Jacolien Rouillard vir die organisasie van die heerlike kos.  Laaste maar nie die minste nie die kinders vir hulle pragtige samewerking. Ek glo Armand het sy bedrae ook gelewer met die aanry van plante en dies meer. Uit die oogpunt van 'n toeskouer, 'n groot dankie aan Doulina en almal betrokke wat elke jaar so 'n fees vir die oog aanbied met ons kleine mensies. Wie sê nog 'n kind kan nie baie dinge geleer word nie? 'n Aanhaling: Die Russe het destyds gesê: ‘Gee aan ons jul kinders vir die eerste sewe jaar van hul lewe en hulle is verlore vir die Westerse wêreld’. Daarom is 'n instansie soos 'n kleuterskool so belangrik in ons klein mensies se lewe om hul voor te berei vir die ‘groot’ skool. Nie met somme maak en lees nie, maar om interaksie met ander kinders aan te leer en te leer om saam te werk. Groetnis tot volgende jaar. RIA LOURENS

PONGOLA BOW HUNTERS Pongola se nuwe Boogklub genaamd Pongola Bow Hunters het die naweek van die 17de November 2012 hulle eerste amptelike boogskiet kompetisie aangebied by Bivane Dam naby Vryheid. Dit was ‘n reuse sukses en almal het dit geniet. Die derde prys onder die mans het gegaan aan Petrus Delport van Vryheid, tweede plek was Frans Loots van Pongola met ‘n telling van 238 uit 300 punte en in die eerste plek was Dominique Wenning van Vryheid met ‘n telling van 240. Die vroue wenner was Lenie Roux van Piet Retief met ‘n telling van 156 uit 300 punte. Die JNR wenner was Dewald Cronje van Pongola met n telling van 194. Baie geluk ook aan die wenners. Namens die voorsitter van die klub ook baie dankie aan al die borge en hulp wat verleen is om die dag ‘n sukses te maak.


uPHONGOLO MUNICIPALITY

PUBLIC NOTICE NO. 325/11/12 KZN PLANNING AND DEVELOPEMENT ACT NO 06 OF 2008 INVITATION TO COMMENT An application has been lodged with uPhongolo Municipality in terms of Chapter 4 of the KZN Planning and Development Act No. 06 of 2008. The application is for the development of land situated outside the Scheme area, application is being made to the Municipality for the consideration of a Township Establishment to allow for the establishment of 4 erven comprising of three (3) erven to be zoned “Government” and one (1) Erf to be zones Private Open Space, Township will be known as Gollel Extension 1 Township. The registered property is Gollel Farm No. 16936 Pongola, Registration Division HU, Province of KwaZulu Natal. A copy of the application document is available for inspection during normal office hours at the office of the Town Planner, Mr E Engelbrecht, office no. 5 or the Development administrative Officer, Mr Billy Dlamini, office no. 6 Technical Department, at the Municipal Building, 61 Martin Street, Pongola, for a period of 30 days from the 30th of November 2012 to the 5th of January 2013. Any person having interest in the matter must lodge written comments not later than 5th January 2013 to the Town Planner, Mr E Engelbrecht, P.O Box 191, Pongola 3170 or e-mail erhard@e-plan.co.za

Kersfees is om die draai Kersfees is kuier- en familietyd. Dan kyk ek ook om en sien die gewoel in ons dorp. Kinders en familie van heinde en verre kom kuier. Almal se huise is vol, die strate besig en oral sien jy kleinkinders saam met ouma en oupa rondstap. Terwyl jy jou kersboom versier en geskenke koop het jy al lank genoeg stilgestaan en gedink oor die seer en eensame mense in hierdie tyd? Het jy al gedink aan die kontras wat hulle moet voel in spesifiek hierdie seisoen van gee en deel en kuier en saamwees ? Mag ons ook nooit vergeet dat daar kindertjies is wat nie eers weet dat dit Kerstyd is nie en dat ʼn kospakkie wat deur een of ander instansie uitgedeel is die enigste ervaring is wat die een dag anders as die vorige dag maak. Onthou dat van daardie kindertjies die vakansie ook by ouma deurbring - nie vir die voorreg van ʼn vakansie by ouma nie, maar omdat sy die enigste versorger is wat nog in die familie oorgebly het. Kerstyd is ‘n tyd van gee ... wat is jou bydrae hierdie jaar ?

Any person who fails to respond to this notice by written comments, will be disqualified to participate further in the application process. MRS A VAN EEDEN ACTING MUNICIPAL MANAGER


KERSBOODSKAP 2012 Ja nog 'n jaar lê op sy rug! Hoe ouer 'n mens word hoe gouer lyk my gaan die jare verby. Daar is natuurlik mense, en veral kinders wat die tyd omwens. My ma het 'n wyse ding gesê toe ons opgeskote was en die tyd omgewens het, naamlik: ‘Moet nie die tyd omwens nie, geniet wat jy nou het want die lewe is 'n oogknip lank’. Ek kon op daardie stadium nie veel sin sien in ma se ‘oogknip lank’ nie, maar noudat ek einde se kant toe staan besef ek daar is groot waarheid in. 'n Paar jaar gelede hoor ek oor die ‘roep -radio’ hoe 'n dame vir 'n ander dame sê sy weet nie hoe sy die dag gaan omkry nie, dit lê lank en vervelig voor haar. Ek het so lus gehad om in te gaan op die radio en vir haar te vra of ek nie haar tyd by haar kan koop nie want my dag is te kort vir alles wat ek daardie dag wou doen. Ironies nê. Vir die niksdoener is tyd vervelig. Doen wat jou hand vind om te doen en geniet die lewe in al sy fasette en lewe met Jesus aan jou sy. Ek deel met julle 'n gedeelte uit AAN MY VADER SE VOETE van STEPHAN JOUBERT. Indien julle die verhaaltjie al gehoor het lees dit maar weer, dalk kry jy iets heel anders om aan te dink. “Julle het miskien al die verhaaltjie gehoor van die kindertjies wat by hulle kerk 'n Kersspel opgevoer het. Die outjie wat die herbergier moes speel en vir Josef en Maria moes sê daar is nie plek in sy herberg nie, het swaar gekry om dit te doen. Die Sondagskooljuffrou het egter voet by stuk gehou: hy moes vir Josef en Maria wegstuur. Die aand tydens die opvoering toe Josef en Maria by die herbergier aankom, het die outjie verstar gestaan. Uiteindelik sê hy: “Die herberg is vol.” Toe Josef en Maria hangskouers van hom af wegstap, roep hy uit: “Wag, julle kan my slaapkamer kry. Ek sal in my ma-hulle se kamer op die mat slaap!” Nodeloos om te sê, die hele toneel was ontwrig. Die juffrou was kwaad, en die ander akteurtjies het nie mooi geweet hoe verder nie. Maar miskien was dit een van die beste Kersopvoerings nog, want die outjie wat die herbergier gespeel het, het iets van Jesus se soort Kersfees gesnap. Hy het besef dat Kersfees regtig oor iets anders, oor Iemand anders gaan. Jesus is die Een wat Kersfees met nuwe inhoud vul. Jesus se presente is nie met helder papier toegedraai nie. Hy bring ook nie sakke vol goedkoop geluk na ons toe nie. Hy verander mense. Hy maak dat selfs kindertjies hulle kamer wil afstaan aan mense wat nie 'n dak oor hulle kop het nie. Kersfees is 'n ander soort fees vir mense wat Jesus navolg. Ja, Sy mense gee ook presente weg aan diegene wat naby aan hulle is, maar hulle doen meer as dit. Hulle gee ook iets van hulleself weg. Kerstyd is 'n tyd van deernis. Dis 'n tyd wanneer Jesus se volgelinge mense raaksien wat nie kos op hulle tafel het nie en niemand om vir hulle goed te wees nie. Dis die tyd dat Sy kinders 'n kruk word vir diegene wat deur die lewe mank geslaan is. Kerstyd is omgeetyd, trane-afdroogtyd, selfgeetyd. Jesus se soort Kersfees maak van Sy volgelinge ligte in die donker wêreld. Dit verander God se kinders in noodhulpwerkers wat stukkies genadebrood en regte brood kwistig rondom hulle uitdeel. Die goedkoop geskenke wat ons so kwistig en met swaar verdiende geld aan mekaar gee, dikwels ook sonder die nodige liefde, is breekbaar en nie tydloos nie. Dit raak vervelig soos tyd van mense wat nie weet wat om met duurgekoopte tyd te maak nie, word eenkant gesit, in 'n kas gebêre om èèndag toevallig weer raakgesien te word wanneer die houer vir die ‘armes’ eenkant staan, en beland sulke geskenke dikwels daarin. Wie van ons het nog geskenke van ons kleintyd van 40 – 50 jaar gelede. Maar ons onthou dat ons van Jesus geleer het om vir mekaar lief te wees!! 'n Gedagte om aan te dink: Om lief te hê is nie maar 'n opsie wat jy uitoefen wanneer jy die dag lus het nie. Nee, jou lewe is in die liefde gewortel, dit is daarin geanker. Jy glo in die God van liefde. Hy maak jou oë oop vir ander rondom jou wat jy kan oorweldig met Sy soort liefde. Gaan probeer dit 'n slag. Dit werk! Mag een en almal 'n baie Gesëende Feestyd beleef en 2013 jou nie tref met 'n bak koue water in die gesig nie! Laat 2013 ook vir jou voorspoedig wees en 'n fees om na uit te sien. RIA LOURENS.

COLOUR, HIGHLIGHT, CUT AND BLOW WAVE

ONLY

R480 SUMMER SPECIAL!! Koebana Spray Tan Get 2 sessions for the UNBELIEVABLE PRICE OF ONLY

R500 Call us TODAY to book your appointment ...

Martelie: 082 945 7314 Nikita: 082 803 2942

PLANT HIRE *EXCAVATORS *TIP TRUCKS *LOW BED *CONCRETE MIXER

NEW ITEMS AVAILABLE: * CLAY PLASTER BRICKS *SEMI-FACE BRICKS

SUPPLIERS OF: *BRICKS & BLOCKS *LINTELS *SAND *CHRUSHER STONE *STEPPING STONES *GRAVE SLABS *PAVING BRICKS *WINDOW SILLS



Nuuskommentaar: Veldtog teen nuwe SEB-kodes Solidariteit se veldtog teen die nuwe, voorgestelde SEB-kodes dui aan in watter mate die skoen aan die voet verwissel het. Terwyl woordvoerders uit die ANCalliansie en hul ideologiese meelopers gereeld Solidariteit, Afriforum en ander instansies as “regs” en rassisties brandmerk, dui die telbord op iets heel anders.Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê volgens die voorgestelde kodes sal maatskappye se sosio-ekonomiese ontwikkelingsbydraes net erken word indien 100% van die bevoordeeldes swart is. “Daar is geen regverdiging daarvoor om ontwikkelingshulp aan behoeftige mense op grond van ras te bepaal nie. ’n Tienjarige seuntjie in ’n kinderhuis kan tog nie as ’n bevoordeelde van apartheid gesien word nie. ’n Kleuterskool in ’n behoeftige gebied kan tog nie gestraf word net omdat dit swart én wit kinders inneem nie. Boys Town kan nie ontwikkelingshulp ontsê word omdat hulle ’n plek van veiligheid vir ’n ontwrigte wit seun bied nie, en ’n maatskappy kan nie die rug keer op ’n ouetehuis vir ontwikkelingshulp omdat ’n verswakte wit oumatjie daar bly nie.”

WE ARE EXCITED ABOUT...

Solidariteit begin reuseveldtog om Rob te stop Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand insluit, het vandag ’n reuseveldtog van stapel gestuur om die nuwe voorgestelde bemagtigingskodes, soos bekendgemaak deur die minister van handel en nywerheid Rob Davies, te stop. Volgens die voorgestelde kodes sal maatskappye se sosio-ekonomiese ontwikkelingsbydraes net erken word indien 100% van die bevoordeeldes swart is. “Ons beplan om duisende besware aan minister Davies te stuur. Twitter, Facebook, e-pos-kettingbriewe, SMS’e en webblaaie gaan ingespan word om mense op ’n groot skaal te mobiliseer om beswaar teen die kodes te maak. Mense kan protesbriewe direk aan minister Davies vanaf die webblad www.solidariteit.co.za stuur, en die veldtog kan op Twitter by #stoprob gevolg word. Protes kan ook aangeteken word deur bloot die woord ‘Rob’ te SMS na 34388,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê. Lees die brief aan minister Davies en teken protes aan by www.solidariteit.co.za

 GPS Navigation  Fish finders  Printer Cartridges & Toners  Two-way radio systems  Marine radios  Repeater systems  Automatic gates  Intercom systems

CONTACT ARTHUR DUVENAGE 034 413 1608 082 894 9739

SIEN JY DIE FOUT ??


WORLD AIDS DAY, 1 DECEMBER 2012 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.

The first case of HIV/AIDS in Africa was reported in 1982. Of the 33.3 million people living with HIV/AIDS across the world, 22.5 million are in Africa. More than 29.4% of people are said to be living with HIV/AIDS in South Africa, the highest number of any country in the world. In 2009, 1.8 million people died due to HIV/AIDS. 1.3 million lived in Africa. Women account for 59% of adults aged 15 and over said to be living with HIV/AIDS in Africa. South Africa has been hardest hit by the AIDS epidemic. One in five adults is HIV positive. South Africa also has one of the highest numbers of children under 15 living with HIV/AIDS in the world; estimates range from 180,000 to 280,000. 2.5 million people in Africa receive Antiretroviral Therapy (ART), medications for the treatment of infection by retroviruses, primarily HIV. An additional 8.7 million are in need of ART. There are 15 million AIDS orphans living around the world, 13 million of whom are in Africa. HIV is the leading cause of death in sub-Saharan Africa.

Impact upon children and families South Africa’s HIV and AIDS epidemic has had a devastating effect on children. There were an estimated 330,000 under-15s living with HIV in 2009, a figure that has almost doubled since 2001. HIV in South Africa is transmitted predominantly through heterosexual sex, with mother-to-child transmission being the other main infection route. Because the virus is transmitted from the child's mother in cases of mother-to-child transmission, the HIV-infected child is born into a family where the virus may have already had a severe impact on health, income, productivity and the ability to care for each other. The age bracket that AIDS most heavily targets – younger adults – means it is not uncommon for one or more parents to die from AIDS while their offspring are young. The number of premature deaths due to HIV/AIDS has risen significantly over the last decade from 39 percent to 75 percent in 2010. The loss of a parent not only has an immense emotional impact on children but for most families can spell financial hardship. One survey on HIV’s impact on households found that, “80 percent of the sample would lose more than half their per capita income with the death of the highest income earner, suggesting a lingering and debilitating shock of death.” It is estimated there are 1.9 million AIDS orphans where one or both parents are deceased in South Africa, and that the HIV and AIDS epidemic is responsible for half of the country’s orphans. Another estimate puts the proportion of maternal orphans – those who have lost their mother – orphaned by AIDS as over 70 percent. Orphans may put pressure on older relatives who become their primary carers; they may have to relocate from their familiar neighbourhood; and siblings may be split apart, all of which can harm their development. The National Strategic Plan 2012-2016 aims to lessen the impact of HIV on orphans, vulnerable children and youth by ensuring they have access to the social services they need, including basic education. In some cases orphaned, often HIV infected, children are cared for by institutions. Institutions such as this deliver essential care and support for children throughout their childhood years, many of whom have special needs. As treatment has improved and become more available, children are surviving beyond childhood. Whilst this is a great achievement, governments now need to consider how to deliver care and support for HIV infected orphans that have survived into adulthood.

People more at risk of HIV Certain groups of people are more at risk of becoming infected with HIV, such as men who have sex with men (MSM), sex workers and their clients and people who use drugs. Other at-risk groups in South Africa include people with disabilities, young people not attending school and people who live in informal settlements known as squatter camps. Often, individuals that fall under these groups have a low socio-economic status, which is also a factor that increases vulnerability to HIV. One of South Africa’s current objectives, in the National Strategic Plan, is to address wider problems that much of the population face, such as poverty, in their HIV prevention efforts. The plan also addresses social factors, such as stigma and discrimination. These factors can act as a barrier to accessing prevention, treatment and care and therefore facilitate the spread of HIV among high-risk groups and the general population. HIV services that target specific groups can help to overcome the barriers inhibiting access to healthcare.

HIV testing in South Africa HIV testing is vitally important in order to access treatment, and knowledge of one’s positive status can lead to behaviours to protect other people from infection. When testing does occur it is very often at a late stage of infection. It is hoped that the HCT campaign will lead to earlier diagnosis of HIV. Additionally, routine testing at healthcare facilities could prove to be a way of working round the stigma attached to HIV testing. It is evident that there is a link between an individual’s socio-economic background and the likelihood that they will test for HIV. For example, those who have taken an HIV test and know their result are more likely to have a higher level of education, be in employment, have accurate HIV knowledge, and a higher perception of risk, among other factors. These links suggest that an improvement in the general standard of living would be beneficial to the uptake of testing. Another significant factor determining HIV testing is whether an individual lives in a rural or urban setting, with those residing in the latter almost twice as likely to have been tested than those in the former. Testing facilities should therefore be made more accessible for hard to reach rural populations, possibly with mobile testing units. One creative way of providing testing for the general population has been demonstrated by a colorful camper-van, the Tutu Tester, that tours Cape Town neighborhoods, testing around 50 people per day. Its success is largely due to the fact that it offers testing for a number of chronic illnesses. “ (Knowing your HIV status) simply ought to be a part of life ” - Edwin Cameron, Justice of the Constitutional Court in South Africa


ETIKET DEUR NATANIËL Wenke aan die dames: Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asseblief nie jou nuwe naeltjiering sien nie, vernaam nie as jy die rolletjie eers moet oopvou terwyl jy met die ander hand 'n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer opspoor nie. Onthou tog assebkuef om in die spieël te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend. Nog 'n groot 'no-no' is spykerhakke by 'n sweetpakbroek. Dié wat net daarna kyk, begin al te sweet. Werksdrag: Mans Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie. As die skoen enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen). ´n Das by ´n kortmouhemp lyk kommin en ‘n das wat te kort is, lyk nog erger- veral as jy 'n pens het, vat dit die koek. Moet ook nooit ´n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos 'CNN' lyk, nie soos 'Cartoon Network' nie. Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie!!!! Informeel: 'n Swart belt of skoene word nie by blou jeans gedra nie. ´n Belt buckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas . Jy dra nie´n afmou-hemp in die publiek nie, die chix spek jou wel meer, maar dis uit afgryse, jy fire nie hulle jets nie! PT-broeke met die ¨slits¨ aan die kante lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra nie, behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak, of 'n skelm poep wil laat ontsnap nie. Die hele doel van ´n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder-dak inloop, haal dit af. Selfde rëel geld as jy jou girl soen of eet in 'n openbare plek. Net op Mitchell's Plain en Soweto dra jy die ding as jy vreet! Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit, nie onder jou g@t of onder jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk nie . Bykomstighede: ´n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop, om jou nek, of voor aan jou kraag nie! En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het. ‘n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta nie. 'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra patrone, botteltjie haarolie, kondome, ens nie. Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kous nie, maak nie saak wat jou pa destyds gesê het nie! Sterkte...


INTERPROVINSIALE ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE: TUKS PRETORIA P Lombard

Baie geluk aan Pongola Akademie se atlete wat gaan deelneem het aan hierdie byeenkoms. Deur jou provinsie te verteenwoordig was reeds ‘n groot prestasie. Om ‘n medalje te wen is ‘n groot bonus. Pongola Akademie is trots op julle. Julle is sterre. Uitslae: Marisca Sutherland Walter Visser Lize de Beer Karla Combrinck

D0/11 2de Turbo javelin S0/11 3de Turbo javelin 5de 70m Hekkies D0/9: 8ste Turbo javelin D0/15 5de Driesprong

SOLIS VIR CHRISTUS : Berig M Schoombee Soos reeds berig, het 3 van ons leerders deurgedring na die finaal van die “Solis vir Christus”-kompetisie, wat gehou is op 4 Nomvenber 2012 te Kempton Park. Die drie deelnemers , naamlik Michelle Botha, Maryke Marais en Michael Joubert het baie goed gevaar en pragtig gesing. Twee van hulle, naamlik Maryke en Michael, het deurgedring na die top 10 in hul ouderdomme, en alhoewel hulle nie gewen het nie, het elk ‘n CD-kontrak los gesing, waarop hulle liedjies opgeneem word. Al drie deelnemers is dit eens, dat dit vir hulle ‘n wonderlike ondervinding was, en dat alles die moeite werd was. Na alles, het hulle dit vir Hom gedoen, want Hy het vir hulle die talente gegee. Ons wil baie geluk sê aan Michael, Maryke en Michelle. Hulle het ons baie trots gemaak !

KULTUURFEES : Berig M Schoombee Na baie lang oorweging en besluitneming, het mev. M Schoombee, met die steun van mnr. Swanepoel, besluit om ons eie Kultuurfees of meer bekend kunswedstryd, te hou. Die besluit was gebaseer op die toeganklikheid vir meer leerlinge, leerlinge met kuns die kans te gee, en natuurlik die skool baat self daarby. Vir die eerste maal, het dit geblyk ‘n baie groot sukses te wees. Baie dankie aan al die leerders wat ingeskryf het, en weereens hard geoefen het aan hul onderskeie items. Al het almal nie ‘n “goue” sertifikaat ontvang nie, was jou deelname baie meer belangrik. Baie geluk aan almal wat A-simbole behaal het, en mag die res gemotiveerd wees om volgende keer net beter te doen! Ook baie dankie aan al die beoordeelaars wat uit ons eie gemeenskap gekom het, julle het jul uitstekend van jul taak gekwyt. Dit was mev Roline Steenkamp (voordrag en kuns), Kerry Morgan (musiek en kuns), Suzaan du Plessis (musiek) en mnr J.D Treyvellan (voordrag en dans). Die deelnemers wat A-simbole ontvang het is die volgende: Monoloog: Sang: Voordrag: Sang: Voordrag:

Keeza Kriel Abigail Minott Chantoné vd Merwe Melé Erlank Ruben van Biljon

A+++ A A A A

Ballet: Sang: Voordrag: Sang: Voordrag:

Francis Berg René Uys Maryke Marais Wilandi Franck Schoeman Terblanche

A++ A A+++ A A

Klavier: Voordrag: Sang: Voordrag: Sang:

Francis Berg Berdine Jacobsz Jaco Uys Mia van Rooyen Maryke Marias Larochelle Nel

A+ A+ A A++ A+ A+

PONGOLA AKADEMIE SING BY LOFDANKFEES - NG KERK, PONGOLA : Berig M Schoombee Op Sondag, 4 November 2012, is die jaarlikse Lofdankfees gehou, en wat ‘n pragtige luisterryke geleentheid was dit nie! Ons glo dat die Vader daar bo, op elkeen neergekyk het, en Hy Sy seën oor hierdie oggend uitgestort het. Behalwe vir die pragtige sang deur elke deelnemer, was die kerk weereens pragtig versier met die mooiste blommerangskikkings, deur ‘n hele paar dames van die kerk se Blomme-kommitee. Dit was voorwaar ‘n lus vir die oog, en daar glo ek, dat die Vader ‘n glimlag gekry het, met die hóé mooi die mense Sy Skepping gebruik, en te omvorm in pragtige kuns. Die Afrilikis van Pretoria, dankie vir julle pragtige sang. Baie dankie aan elke deelnemer van Pongola, wat nooit nee sê, as daar gevra word om op hierdie dag op te tree nie. Dankie dat julle ook die talent was Hy julle gegee het tot Sy voordeel gebruik. Ook aan Dweba Lapa, Koppie-Alleen Gastehuis wat die gaste gehuisves het, en aan elke Vroue-diens wat etes verskaf het. Hierdie diens word voorwaar aan ons Hemelse Vader opgedra, uit dankbaarheid vir al die seëninge wat so onverdiend oor ons uitgestort word. - Goli Deo Gloria -

PONGOLA SWEM AKADEMIE SE KLUBSWEMMERS Die volgende PSA swemmers behoort almal aan die Fish Eagle Swemklub. Hulle gaan DV die naweek van 8 en 9 Desember Kampioenskappe in Richardsbaai deelneem en hoop om 'n hele paar medaljes en titels in te palm: Karla Combrinck Saartjie Erlank Maryke Marais Christiaan Smit Jaco Lourens Jemma Bodington Jarine de Jager Walter Visser Stefan de Beer Marla Smit Suné Terblanche Jandré Venter Danika Uys Lize de Beer

gr gr gr gr gr gr gr gr gr gr gr gr gr gr

Sterkte ! Ons hou duimvas.

8 8 7 7 6 5 5 5 5 4 4 3 3 3

aan die NKZN Longcourse


CLEANING SERVICES / SKOONMAAK DIENSTE

SUMMER SPECIALS: Aromathearapy Full Body Massage & Pedicure

FOR ONLY R350 (1h & 45 min)

Oxygenating Facial & Swedish Back & Neck Massage

FOR ONLY

Sparkly Cleaning Services. Skoonmaak van matte, meubels en valet van karre. Kontak Judith Fick 0828620406

TOILET FRIEND 2 Jaar waarborg. R500 afslag. Kontak Carl Reynolds 0845802911

Vir 083 For 083

BLINDERS / BLINDS 

R325

For bookings contact : 083 320 0358 or 083 680 5433 E-mail : kemp@pongolagamereserve.co.za

alle blindersbenodighede of nuwe blinders, kontak Tiaan by 230 2839 all your needs for blinds and new blinds. Contact Tiaan at 230 2839

OK GROCER and JUNK SHOPPING CENTRE

(1h & 30min)

Our new brilliant therapists are Jouline & Tsepo, they will make your time with us enjoyable and relaxing! We also cater for birthday parties, kitchen tea’s and stork tea’s.

TOILET FRIEND

Junk Hardware paint department is looking for an experienced and dynamic person to be part of the growth that is occurring in our paint department. Knowledge of tinting and mixing is essential. Contact Junk Hardware on 034 413 1214

OK GROCER'S PARTY SHOP now has all the PACKING MATERIAL you need. Bale lots or packed in 10's.

Contact JUNK SHOP for your CHRISTMAS HAMPERS. Speak to Cecile van Vuuren or Anette at 034 4131 900

JUNK HARDWARE will be moving to the METRO premises during January 2013.

TE KOOP / FOR SALE 

German Shorthaired Pointer puppies for sale. Excellent hunting dogs. Available 7 January 2013. All vaccinations will be given. 3 Males & 2 Females. R1500 each. Contact 082 945 7314 Adorable Dashund puppies for sale. Available 11 December 2012. All vaccinations will be given. 4 Males. R800 each. Contact 082 945 7314

VACANCY / VAKANTE BETREKKING 

Looking for a office lady. Must have experience with Microsoft, debtors & creditors. Start 2nd January 2013. Contact 083 786 4832 or 034 413 2722

Place your ad here and start selling !

1121m STAND FOR SALE 083 588 6477

TRAILER 083 625 8908

4 BEDROOM HOUSE 083 588 6477

GARDEN ACCESORIES 083 625 8908

35HA SUGARCANE FARM

3 BEDROOM HOUSE IN PALM VILLA 083 588 6477

SCRUB 083 625 8908

3 BEDROOM HOUSE 083 588 6477

083 588 6477

BUYING AND SELLING THE PONGOLA WAY


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.