Judy Terblanche

Page 1

In

Liefdevolle Herinnering

JJudy

aan

JJudy 17 April 1952 tot

19 Januarie 2013

Sy’t lief gehad,

Sy’t gelag, Sy’t geleef !


Die diens word waargeneem vanuit die NG Kerk te Pongola op 25 Januarie 2013 deur Ds Petrus Botha Skriflesing en Gebed Lied 518 : 1 - 2 Voel jy soms of die Here te ver is

Meisiekind, ‘n Pad het ons gestap ! Vir 41 jaar was jy my sielsgenoot. Sonder jou sou my legkaart nie inmekaar gepas het nie. Ek gaan jou mis hier, maar ek weet jy is nou verlos van al jou pyn ! Ons sal mekaar weer sien. Tot dan hou ek net vas aan al die wonderlike herinneringe. Lief jou baie en sal altyd wees. Japie

Lied 519 : 1 - 4 Wees stil en weet

Liefste Moederlief, Vandag sê ek met ‘n baie swaar hart totsiens aan my steunpilaar. Moeder was altyd die een wat vrede bewaar het in die huis. Ma was altyd die een wat my raad gegee het as ek en my vrou woorde gehad het, en my moeder is die een wat my geleer het om my kinders met liefde en respek groot te maak. Ek sal so voortgaan om liefde te gee en deel soos ma my geleer het. Mag moederlief rus in vrede tot ons mekaar weer ontmoet. Liefdie Hennie, Ivy, Wilmer, Wandré en Wian

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek ma aan die slaap sou sien raak, sou ek meer moeite gedoen het om ma warm toe te maak. As ek geweet het dis die laaste keer wat ek mams by die deur sien uitloop, sou ek mams gedruk en gesoen het en mams teruggeroep het vir nog 'n drukkie. As ek geweet het dis die laaste keer dat ek my moeder se stem sou hoor, sou ek dit op band op geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel. Maar ek weet ook my Moeder kon nie meer, ek gun haar die Ewige rus by onse Hemelse Vader......

Daar is so baie om te sê wat woorde nie kan beskryf nie. Ma was soos ‘n rooi roos, mooi van binne en buite. Niks was ooit te veel om vir ander te doen nie; ma se eie seer het ma diep weggebêre. Ma se arms was altyd oop as ek ‘n drukkie nodig gehad het, altyd reg om te luister en raad te gee. Ma het gras geplant oor die rowwe klip paadjies sodat ons lewenspaaie sag kon wees. Ma se krag en liefde het my gelei. Ek gaan ma altyd mis ! Lief jou Moekie ! Leon en Ansuné

Mamma, my grootste vrees het waar geword ! My mamma, dis so seer ! Ek is so selfsugtig om mamma nog hier te wil hê ! Ek het ma nog so nodig ! Nou moet ek probeer in ma se voetspore volg, waar ma my raadgewer en steunpilaar was. Ma was my rolmodel, nooit nee gesê nie ! Altyd net die goeie raakgesien ! Al het ma so baie pyn gehad, het ma nooit eers gekla nie, ek wou altyd net ma se pyn wegvat ! Ek belowe ek sal mooi na pappa kyk, ek gaan ma so baie mis !! Elke oggend as ma by die winkel instap, die vele tee wat ons drink, die geselsies en lag elke dag ! Ma die tye sal ek vir altyd koester tot ons mekaar weer sien ! Ek is oneindig lief vir mamma !! Udine, Philip en Flippie

IF ROSES GROW IN HEAVEN If roses grow in heaven Lord please pick a bunch for us Place them in my mother’s arms And tell her they’re from us Tell her we love her and miss her And when she turns to smile Place a kiss upon her cheek And hold her for a while Because remembering her is easy We do it every day But there’s an ache within our hearts That will never go away


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.