AFRIKAANS
AS VIR JOU IS...
Geskryf deur Claudene Sebolai Keshia Adams van Worcester deel haar storie van oorwinning oor dwelm verslaafdheid met ons.
“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.” Jeremia 29:11
TOE ALS BEGIN SKEEFLOOP Ek kom uit n goeie ouer huis al was my pa n afwesige pa, my ma het haar rol as beide ouers baie goed behartig. My ma het in daardie dae n bofriend gehad, en my soms met hom alleen by die huis gelos as sy erens moes gaan. Die boyfriend het dan van die geleentheid gebruik gemaak om vir my sexueel te molesteer. Ek onthou hoe ek as kind gebid het dat die Here nie moet toelaat dat die man my so seer moet maak nie. Die molestasie het aangehou en ek het toe my vertroue in my ma en die Here verloor. 56
Op 13 jarige ouderdom was ek verkrag deur n vriend wat baie ouer as ek was. My pleidooi om te stop het op dowe ore geval; hy wou my wys wat ware liefde was. Ek kon myself nie sover bring om my ma te vertel nie en moes self verwerk wat gebeur het. Ek het toe alreeds van 14jaar oud af begin eksperimenteer met ‘ecstacy’ en dagga. In graad 12 raak ek swanger, en op 5 maande verloor ek my seun. Dit was vir my die mees traumatiese ervaring. Ek het besluit om my matriek jaar te voltooi en het baie goed geslaag, ongeag als wat ek deur gemaak het.
KRAG IN GEBED Die donkerste tyd van my lewe was toe ek ingestem het om tik te probeer. Die persoon wat my bekend
gestel het daaraan het my belowe dat my lewe nooit weer dieselfde sou wees nie. Wraggies, my lewe was n letterlike hel na dit. Ongeag hoe ek probeer het om iets te maak van my lewe, dit het afwaards gedraai. Ek het rehabilitasie op rehabilitasie probeer, selfs al weg gehardloop van n huis van veiligheid. Behalwe dat die dwelms n pyn stiller was, het ek iets gesoek wat niemand en niks my kon aanbied nie. My siel was geknak, ek was stukkend; ek het my ma verwyt en gehaat vir als wat met my gebeur het. Deur my rebelsheid wou ek he sy moes als voel wat ek voel, ek het haar pyn veroorsaak omdat ek self nie die pyn kon hanteer waarmee ek moes saam leef nie. Todat ek haar eendag hoor bid het; “Here, hoe lank