3 minute read

Adolf Ellis Vanessa Kachelhoffer

Welkom by Bosveld Intervarsity 2023

On behalf of Hoërskool Pietersburg, we would like to extend a very warm welcome to HTS Tom Naude’s players, coaches and parents in participating in today’s Bosveld Intervarsity.‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons eie ouers, lojale ondersteuners, afrigters en personeel van Hoërskool Pietersburg op diens asook die Noodhulpspan vir julle ondersteuning vandag.

Advertisement

We have no doubt that all matches will be fought hard but played in great spirit. Playing in these tournaments allows you to meet and to interact with many new friends. A special bond develops between all the players, a bond which you must cherish for the rest of your lives. Memories and friendships will be forged that will stand the test of time in the years ahead – be it during your school years, university or adult lives.

Ons hoop van harte dat u die dag saam met ons sal geniet en dat gesonde spangees sal seëvier. ‘n Vriendelike beroep op alle toeskouers on asseblief nie die taak van die skeidsregters en lynregters by die onderskeie sportkodes te bemoeilik nie. Moedig asseblief u kind op ‘n positiewe wyse aan en daarmee propageer ons goeie sportmangees.

To all players, enjoy your time here at Hoërskool Pietersburg. Play hard, play fair, but most importantly have fun.

“Die werklike helde is hulle wat ‘n lig in hul omgewing aan die brand steek, wat ‘n fakkel deur die donker strate van die lewe dra en daarmee aan ander die pad wys, of hulle net ‘n sprankie hoop gee dat die donker nooit volkome sal oorneem nie, omdat die Lig daar is.” - Felix Adler

Baie dankie aan elke sportseun en –dogter wat die afgelope week en in besonder vandag Ligdraers in Polokwane is. Vir ‘n paar uur kan ons vergeet van inflasie, beurtkrag en belasting.

Bosveld Intervarsity is ‘n KRAG om mee rekening te hou, want al verteenwoordig ons verskillende skole bind hierdie kragmeting ons hele dorp saam.

This historic rivalry between Tom Naudé and Pietersburg Hoërskool is an event that is supported by young and old, friend and foe the sportsmanship, camaraderie and love for sport characterize this memorable event. We play for the honour of our schools. We wear our emblem with pride. We are energetic game changers because this is where heroes are made …

Baie dankie aan Mnr. Ellis, PHS-personeel en die Beheerliggaam wat as gasheerskool vir hierdie mooi tradisie optree. Mag ons gunsteling deel van vandag se kragmeting die voorreg wat ons het om te speel, wees.

YOUR ONE-STOP SHOP FOR ALL YOUR HARDWARE NEEDS!

Dewan Gobey

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Om in my matriekjaar die kaptein van die eerste rugbyspan te wees.

Hoe motiveer jy jou span?

Deur die wedstrydplan te evalueer en dit te verander as omstandighede anders uit werk, om druk goed te hanteer, om taktiese besluite te neem en effektief met die skeidsregter, sowel as my span te kommunikeer.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Wian Terblanche, hy staan my by deur my te motiveer wanneer ek struikelblokke ervaar en hy neem groot besluite as dit by die backline kom.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Ons sien uit na die twee toere wat in Bloemfontein gaan plaasvind en sien die meeste uit om teen Tom Naude kragte te meet.

Wie is jou gunsteling rugby speler en hoekom?

Eben Etzebeth, omdat ek dieselfde posisie as hy speel en ek strewe om eendag te speel waar hy is.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil na skool klubrugby speel terwyl ek studeer en hopelik raakgesien word. As dit nie uitwerk nie, het ek hopenlik `n graad agter my naam.

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte weezs van julle span: ‘n Span wat hard werk om hulle doelwitte te bereik en wat nooit terugstaan nie.

Hoe is die samestelling van die span vir Bosveld Intervarsity?

Ons het `n goeie kombinasie van Gr 11’ s en Gr 12’s in die span en `n klomp van die seuns het reeds in 2022 die voorreg gehad om die Wit-trui oor hulle kop te trek.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons het `n klomp vaardige spelers wat baie beweeglik is en ons werk baie hard aan ons verdeding.

In jou opinie, wat is die eienskappe van n goeie rugbyspeler?

Hardwerkend, emosioneel sterk (mental toughness) en gedissiplineerd op, en van die veld.

Wat is jou filosofie as afrigter?

Om myself as afrigter te verbeter (ek kan altyd leer) en so ook die spelers te verbeter, nie net op die veld nie, maar ook van die veld af.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?

Rassie Erasmus (SA) en Scott Robertson (Crusaders).

Die eerstespan rugbywedstryd is Saterdag, 15 April om 15:00.

This article is from: