1 minute read

HTS TOM NAUDÉ EERSTESPAN

Netbal

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Die span se volwassenheid en ons span se gees is fantasties! Ons pas al die vaardighede en tegnieke toe wat die voormalige Protea-afrigter, Elize Kotze, vir ons geleer het. Met elke wedstryd toon ons groei.

Hoe motiveer jy jou span?

In ons span is daar baie verskillende persoonlikhede. Ek vind dat individuele motivering, geskoei op hul persoonlikhede, voor `n wedstryd beter vir ons span werk. Ek moedig hul ook aan om te onthou om netbal te geniet, al is ons in `n tawwe stryd betrokke.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Malwande Buthelezi. Sy is die een wat ons span kalmeer as dinge bietjie rof op die baan raak. Sy is betroubaar en toegewyd en is my regterhand. Ek kan op haar staatmaak om saam met my die span te lei en ondersteun.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?

Ons het vir ons self `n baie hoë doelwit gestel. Ons wil graag derde in Suid – Afrika eindig, maar ons eerste doelwit is om graag eerste in ons provinsie te eindig.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil graag my netballoopbaan op universiteit voortsit en daarna sal ek graag self `n afrigter wil word, wat jong dogters, met dieselfde passie as ek, af te rig.

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Bosveld Intervarsity te wagte wees van julle span?

Hierdie span speel ongelooflike mooi skoon netbal. Ek dink `n titaniese stryd lê vir ons met Bosveld Intervaristy voor.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Defnitief in ons eenheid. Ons werk aan `n doelwit vanaf o.14 en daardie doelwit is die meisies se dryfkrag. Dit is dit wat maak dat elke sekonde op die baan `n uitdaging is.

The Battery Shop

SUPPLY BATTERIES TO: MOTORCYCLE, MOTOR & HEAVY VEHICLES, DEEP CYCLE & GATESGENERATORS + LAWMOWERS

ALSO: REPAIR BATTERY POLES, CHARGE OF BATTERIES AND MANY MORE. THE POWER IS ALWAYS WITH YOU

This article is from: