1 minute read

Zoë Dunster-van den Heever

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Ek sou sê toe ons die Mini World Cup in ons streek kon wen en saam vir die eerste keer as ‘n span en eenheid hard kon speel.

Hoe motiveer jy jou span?

Iets wat ek baie sê en wat my ook motiveer is die gesegde:”Jou talent is ‘n geskenk van die Here af, wat jy daarmee doen is jou geskenk terug aan die Here.” Dan ook om hulle kort-kort te herinner dat dit vir baie van ons, ons laaste jaar van hoërskool netbal is. Ons wil nie terugkyk en wens dat ons meer moes gedoen het nie.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Cailin Menzies. Sy is ons sagte-hartjie-persoon - sy bring ‘n absolute kalmte en rustigheid oor die span met haar sagte persoonlikheid en gereelde giggels.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons wil graag SA Skole toe gaan en daar ons skool gaan verteenwoordig. Dit sal my trots maak as elke speler aan die einde van die jaar in hul netbal (a.g.v hul harde werk) gegroei het en in elke game hul hart tot die laaste sekonde uitgespeel het.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil graag in Stellenbosch gaan studeer en dan uiteindelik my MBA in B.Com Ondernemingsbestuur kry. Die Stings netbalspan is ook een van my asperasies.

The biggest school news platform in

Reabetswe

This article is from: