1 minute read

HTS TOM NAUDÉ EERSTE XV

Marnus de Klerk

Rugbykaptein

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Defnitief toe ek as kaptein vir ons eerste rugbyspan gekies is.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek gee vir hulle raad, maak nie saak watter posisie hulle speel nie.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Andy Meso. Hy help my met alle besluite wat op, en van die veld af geneem moet word, sodat ons saam, die beste besluite kan neem.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Om al ons wedstryde te wen, om dan as die liga se no. 1 uit te stap.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Malcom Marx, omdat die werk wat hy insit om een van die beste hakkers te wees, my motiveer om net soos hy te wees.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Om te kyk hoe ver ek met my rugbyloopbaan kan gaan en hopenlik die Springbok-trui te kan dra.

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Ons wil ‘n span wees wat na ‘n einddoel toe werk, waarop ons aan die begin van die jaar besluit het.

Ons wil ‘n span wees wat met trots op, en van die veld af beweeg. As afrigters is ons grootste doel om die seuns altyd te herinner, dat dit ‘n spel is wat geniet moet word en dan sal die vrugte vir harde werk gepluk word.

Hoe is die samestelling van die span vir die Bosveld Intervarsity? Enige beserings?

Ons het nog nie enige ernstige beserings opgedoen vir die seisoen nie en hoop dat dit so sal bly. Ons het ‘n harde, kompiterende toer wat voorlê, so ons span se samestelling word nog aan geskaaf en geskuur, maar ons kom met ‘n plan… Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Klein individue, maar beslis ‘n span met groot hart.

In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?

‘n Goeie rugbyspeler is iemand wat integriteit, passie, dissipline en respek het.

Wat is jou filosofie as `n afrigter?

As afrigter strek my filosofie verder as net ‘n “gameplan”. Dit behels ‘n stel waardes, oortuigings en leidende beginsels wat bepaal hoe ek afrig. Ek moet altyd verder dink as die hier-en-nou scenario en altyd die groter prentjie in ag neem. Afrigting beteken vir my om ‘n groeiingesteldheid te hê en konsekwent na beter te mik te midde van foute, want ons almal bly net mens. Rugby se waardes van Spanwerk, Respek, Genot, Dissipline en Sportmanskap is wat die “game” spesiaal maak – die waardes is wat ons, as afrigters, moet kweek onder die spelers. Dit is ons groot “goal” om te behaal.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? Jan Carel Holtzhausen.

STERKTE AAN ALLE SPANNE!

This article is from: