1 minute read

HOËRSKOOL LANGENHOVEN

Netbalspelers in Eden-Spanne opgeneem

Baie geluk aan die volgende leerders wat in Eden-spanne opgeneem is:

Dasse Presteer in Landloop

Isabella Vorster, Chelsea Saayman en Jordan-Lee Pietersen het op Woensdag, 24 Mei 2023 aan die tweede Hessequa Landloop-liga deelgeneem en uitstekend presteer.

Isabella het ‘n eerste plek in die 4km vir dogters o.16 behaal, Jordan-Lee het ‘n eerste plek in die 6km vir seuns o.16 behaal en Chelsea ‘n derde plek in die 4km vir dogters o.15.

Die skool is baie trots op julle!

Dassie in Wes-Kaap Netbalspan

Charoné Rossouw, ‘n graad 9-leerder, is gekies vir die Wes-Kaap o.15 Oaks-span, wat vanaf 25 – 28 Junie, aan die All Ages SA Toernooi in Boksburg, gaan deelneem.

Die skool is baie trots op hierdie puik prestasie en wens jou alle sterkte!

This article is from: