Die kerkblad april 2015 lusmaker

Page 1


Webwerf: h p://www.gksa.org.za/

DISKUSSIE 24 Potchefstroom in die brandpunt 26 Die Omkeerstrategie (2) 28 Hoe gemaak met radikale Moslems? (2) GEMEENTEBEELD 20 Gereformeerde Kerk Clanwilliam vier eeufees IN DANKBARE HERINNERING 35 Prof. PJ (Paul) de Bruyn

JAARGANG 118, NO. 3289 APRIL 2015

1 VAN DIE REDAKTEUR André Brink, Adam Small en Paasfees 3 UIT DIE WOORD Geseënd is die vredemakers

BOEKBESPREKING 36 Steven Paas: Johannes Rebmann, a servant of God in Africa before the rise of Western colonialization ANDER 23 Almanak 2016 – 2018 44 Oupa Uil se dinge

6 REDAKSIONEEL Opstandingsperspektief van 'n terdoodveroordeelde

37 Personalia / Wel en Wee 38 Lief en Leed / Op die Kerkwerf

8 BRANDPUNT 'n Tyd vir nugter denke

40 Kleinadvertensies

FOKUS 10 Bybelse eskatologie (4) 12 Pasga in die Ou en Nuwe Testament 15 Die eerste Paassondag 17 Die grafte gaan oop 19 Die kruis as vloekdood – wat beteken dit werklik? BESINNING 21 Geloof duskant Sondag? Oor 'n teologie van twyfel

Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R284.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R195.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R266.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R195.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.


Redaksioneel

Opstandingsperspektief van 'n terdoodveroordeelde Ǥ Ǥ Ǥ ǡ ǡ Ǥ ǯ ǯ Ǥ Ǥ

6

Twee rowers saam met Hom gekruisig it gaan dus oor die alles-beheersende betekenis van Christus se kruis en opstanding. Juis daarom is dit so belangrik en opmerklik dat die Bybel aan ons berig van twee rowers wat saam met Hom gekruisig is (vgl. Luk. 23:39-43). Die gebeure by die drie kruise op Golgota laat ons sien hoe die paaie van geloof en ongeloof by die kruis uitmekaar gaan.

D

Hulle was ongetwyfeld geharde misdadigers. “Die kruis was iets vir slawe wat probeer ontvlug het, of vir opstandelinge, rebelle en onrusstokers; soms ook vir rower-moordenaars.” So skryf prof. Tjaart van der Walt. Geen Romeinse burger is ooit gekruisig nie. Die lyding en foltering wat die kruiseling moes deurmaak, is eintlik onbeskry ik. Prof. Van der Walt skryf daaroor: “Die liggaamlike pyn was al erg genoeg. Bloedverlies, ontsteking, die gewig van mens se liggaam wat die wonde in jou hande en voete verder oopskeur, spierkrampe en gewrigte wat wil breek, die interne organe wat dreig om te skeur, asemhaling wat al hoe moeiliker word, die bloedsomloop wat nie meer behoorlik kan funksioneer nie en dikwels uiteindelik die dood veroorsaak het, blootstelling aan die elemente – die son, die wind, die weer – ’n ontsettende dors, stekende hoofpyne, later die vreemdste hallusinasies … Tog was die geestelike foltering dalk nog erger: poedelkaal in die openbaar, deur almal bespot … die gruwel-oë van sensasiebelustigdes, die verveeldheid van die Romeinse soldate … die hoon, die dierlike barbarisme van die verbygangers … En voor die gekruisigde … net die dood.” Vir die Jode wat gekruisig is, het ook die woorde van Deuteronomium 21:22, 23 gegeld: “Wie (aan ’n paal) opgehang word, is deur God vervloek.” Die kruisdood was die vloekdood. (Vgl. ook die artikel van ds. Ockie Struwig in hierdie uitgawe.) Dit alles het die twee rowers deurgemaak. Dit was verskriklik. Tog was hulle lyding op geen manier vergelykbaar met die lyding van Christus nie. Hy het deur sy kruisdood die vloek en die oordeel en die toorn van God oor die sonde van die hele wêreld gedra. Hy was van God verlaat. Hy het die benoudheid en angs van die hel ervaar.

DIE KERKBLAD ~ April 2015


Redaksioneel

Watter taal kan dit beskryf? Vir die twee rowers was dit die ergste lyding en die wreedste dood wat enigiemand behalwe Christus kon ervaar. Dit was die einde van hulle misdadige lewe. Wanneer die dood sou intree, sou hulle bene gebreek word (om seker te maak dat hulle dood is). Daarna sou hulle liggame verbrand word, of in ’n sloot gegooi word om die prooi van roofvoëls te wees. Soms is daar kalk oorgegooi om die ontbindingsproses te bespoedig.

soos ’n stuk vullis verbrand of vir die roofvoëls gevoer gaan word, sien hy sy medekruiseling in sy koninkryk. Deur die geloof sien hy die gekruisigde Jesus as die opgestane Here. Deur die geloof gryp hy aan sy eie opstanding vas.

Die spottende rower Dit is in hierdie omstandighede dat die een rower op sy “sterfbed” Christus se lyding as Verlosser van die wêreld as’t ware wil verhoed deur Hom te smaad: “As U die Christus is, verlos Uself en ons” (Luk. 23:39). Ons weet niks verder van hierdie rower nie, maar uit dit wat wel in die Bybel aan ons meegedeel word, moet ons a ei dat hy in ongeloof gesterf het.

Sy eie kruisdood word vir hom die deurgang tot die ewige lewe. Nog daardie selfde dag, wag die hemelse saligheid op hom. Hy sterf in die onwrikbare sekerheid: “Voorwaar, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Hy ontvang die vryspraak vir al sy misdade. Is dit kitsbekering, of is dit deurleefde geloof?

Die opstandingsperspektief van ’n terdoodveroordeelde Ons wil egter in hierdie artikel veral op die woorde van die ander rower fokus. Dit is aangrypend en merkwaardig. Daar word dikwels baie van hierdie man se bekering gemaak, asof dit ’n “kitsbekering” was. Dit was beslis nie ’n kitsbekering in die sin dat dit opper vlakkig was nie. Ons weet nie hoeveel hy van Christus geweet of gehoor het voor dié dag nie. Uit dit wat ons egter hier lees, sien ons dat hy in die eerste plek ware berou en sondebesef openbaar (vgl. HK v/a 117) as hy teenoor die ander rower getuig: “Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? – ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie” (Luk. 23:40, 41). In die tweede plek demonstreer hy sy geloof in die Here as sy Verlosser, as hy pleit: “Dink aan my, Here.” In die oorspronklike taal spreek hy Hom aan as “Jesus”, dit wil sê “Verlosser”, die enigste by Wie daar saligheid te soek of te vinde is (HK antw. 29). En dan die aangrypende: “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.” Het ons al mooi gedink aan die draagwydte van hierdie woorde? Hier aan die kruis, terwyl hy die wreedste dood sterf, terwyl hy die juridiese loon vir sy misdadige verlede ontvang, terwyl hy weet dat sy liggaam

April 2015 ~ DIE KERKBLAD

So groot is die genade van God. Dit is alles die werk van die Heilige Gees, onweerstaanbaar en onherroeplik, die Gees wat waai waar Hy wil, ook waar die hel meen om sy triomf te vier. Hy bring die mees geharde sondaar tot geloof en bekering deur die verkondiging van Jesus Christus en Hom as die gekruisigde (1 Kor. 2:2). Dit is met hierdie Paasfees van 2015 nie anders as met die eerste Paasfees nie. Glo ons nog werklik aan die krag van die Woord en die onweerstaanbare werk van die Heilige Gees? CFCC

7


Brandpunt Prof. Johannes Smit (Teologiese Skool Potchefstroom)

'n Tyd vir nugter denke Dz ‹‡ ™‘”•–‡Ž •‡†‡”– †‹‡ ͳ͝ͺͲǯ• Â?‡– †‹‡ ˜”ƒƒ‰ ‘ˆ ˜”‘—‡ –‘– †‹‡ „‡•‘Â?†‡”‡ †‹‡Â?•–‡ –‘‡‰‡Žƒƒ– „‡Š‘‘”– –‡ ™‘”†Ǥ ƒ ‘Â?‰‡˜‡‡” ;Ͳ Œƒƒ” ‹• †ƒƒ” •–‡‡†• Â?‹‡ —‹–•Ž—‹–•‡Ž †ƒƒ”‘‘” Â?‹‡Ǥdz

B

y Sinode 2015 het ’n rapport gedien wat klaarblyklik ’n antwoord bied uit die doodloopstraat waarin die kerke hulle oor hierdie aangeleentheid bevind. Die deputate het voorgestel dat Sinode 2015 “spesialeâ€? sinodes in die lewe roep. DiĂŠ sinodes hanteer dan sogenaamde wesenlike sake met ’n ernstige verdelingspotensiaal vir die kerke. Die Sinode het die rapport aanvaar. Die eerste aangeleentheid wat na ’n “spesialeâ€? sinode verwys is, is toe die tersaaklike beswaarskrifte oor die vrou in die besondere dienste. Watter redes ook al vir die besluit aangevoer sou word, dit bly onrusbarend dat die Sinode ’n eeue-oue dwaling oor die kerk en die kerkregering, die kollegialisme, aangegryp het om ’n weg uit die problematiek te probeer bedink. Die Sinode se benadering is in stryd met die verwagting dat ’n omstrede aangeleentheid soos die vrou in die besondere dienste met nugtere besinning, op grond van die Skrif, Belydenis en Kerkorde geduldig en met insig beoordeel word om sĂł ’n pad vir die kerke aan te dui. Hier word ’n paar stellings geformuleer oor die waarde van ’n nugter benadering tot die spesiďŹ eke aangeleentheid vir die kerke.

1

’n Nugter blik op die vraag oor die vrou in die besondere dienste eis van ons om ons eie verwagtinge oor ’n uiteindelike besluit eers te temper. Ons verloor in Suid-Afrika maklik perspektief op die kompleksiteit van die aangeleentheid. ’n Rede daarvoor is dat die GKSA die enigste van die sogenaamde drie “susterskerke� is wat vroue nie tot al die kerklike dienste toelaat nie. Dit skep moontlik die persepsie, veral ook in die openbare debat, van kerklike verkramptheid en ’n verset teen verandering. In verskillende teologiese en kerklike tradisies is daar egter nie ’n duidelike antwoord op die vraag nie. Baie van hierdie debatte in kerkgemeenskappe buite die GKSA duur al langer as die debat in die GKSA. ’n Nugter blik op hierdie aangeleentheid eis van ons om mekaar steeds vas te hou en om nie die saak onnodig op die spits te dryf nie.

2

’n Nugter blik op die vraag oor die vrou in die besondere dienste stel ons voor die realiteit dat die antwoord ons nog vir ’n aansienlike tyd kan ontwyk. Dit kan lank vat voordat ons by ’n antwoord kom wat berusting in die kerke bring. Daar is verskillende redes daarvoor. Die deurslaggewende rede is myns insiens dat sinodebesluite oor die kerklike leer, oor aspekte van die kerkregering en oor ingewikkelde teologiese vraagstukke nie veronderstel is om elke paar jaar tydens sinodesittings hersien te word nie. Die bedoeling is dat die kerke oor hierdie tipe vraagstukke ’n duidelike besluit in ooreenstemming met die Skrif behoort te neem. Wat vanuit die Skrif vir vandag geld, is egter nie môre en oormôre skielik

8

ongeldig nie. Wat werklik vanuit die Skrif verantwoord is, geld vir vandag en vir die toekoms. Dit beteken nie dat sinodebesluite die kanon is nie. Sinodebesluite kan verander, maar die bedoeling bly altyd om oor enige saak ’n duidelike besluit ooreenkomstig die Woord te neem wat die toets van die tyd kan deurstaan. Dit gaan die GKSA nie ’n tree vorentoe help indien voor- en teenstanders van die vrou in die amp mekaar wantrou, etiketteer en vervreem nie. Daar is uiteindelik nie ’n ander manier nie as om die verskillende argumente te (bly) toets, om met mekaar die gesprek te bly voer totdat daar by meerdere insig uitgekom word.

3

’n Nugter blik op die besluit oor “spesialeâ€? sinodes bring die besef dat die sinodebesluit teen die belydenis is. Die sinodebesluit het ’n kollegialistiese (sinodokratiese) inslag wat in stryd is met ons belydenis oor die kerk en die kerkregering (NGB Art. 29-32). Die kollegialisme stel byvoorbeeld die menslike rede en die menslike vermoĂŤ as basis vir die oorsprong van die kerk en die kerkregering. Die besluit is ingebed in die klassieke denkwyse van die kollegialisme oor die kerkregering, soos byvoorbeeld dat die Skrifopenbaring oor die plaaslike kerk nie in ag geneem word nie, dat kerklike eenheid ten koste van die waarheid verabsoluteer word, dat die sogenaamde nood van die tyd (die omstandighede) die wyse van kerkregering bepaal en nie die Skrif nie, en dat daar ’n rangorde tussen bedienaars gevestig word. Daarteenoor erken die presbiteriale kerkregering dat die kerk ’n skepping van God is, waarvoor die Skrif die beginsels vir die kerkregering aan ons openbaar. Die kerkregering is

DIE KERKBLAD ~ April 2015


Brandpunt

dus nie ’n resultaat van menslike vindingrykheid nie, maar berus op die bediening van die Woord en die gehoorsame navolging daarvan in leer en lewe. Dit is ook in essensie wat die Kerkorde reël. Die kerke behoort uiteindelik binne die prinsipiële raamwerk wat hulle aanvaar het, ’n oplossing vir die probleem te vind.

4

’n Nugter blik op die sinodebesluit oor “spesiale” sinodes bring die besef dat die Sinode slegs die probleem verskuif het, met min hoop om dit uiteindelik op te los. Dit help nie om nuwe strukture te skep met die verwagting dat die struktuur die probleem sal oplos nie. Boonop is die “spesiale” sinodes ’n nuwe struktuur wat buite die Kerkorde bestaan. Dit is onvermydelik dat die beoogde “spesiale” sinodes uiteindelik “super”-sinodes word wat op geen wyse deur die kerke tot verantwoording geroep kan word nie. Boonop is “spesiale” sinodes verkleinde sinodes, oftewel sinodes met ’n beperkte afvaardiging. Daardeur vestig ’n oligargie (regering deur enkelinge) in die kerke onder die naam van ’n sogenaamde “spesiale” sinode. Verder: die finansiële implikasies van die besluit is ook nie deeglik verreken nie. Dit gaan digby ’n miljoen rand kos om die “spesiale” sinode oor die vrou in die besondere dienste te laat konstitueer. Daarna kan die Sinode vir ’n onbeperkte tyd voortgaan. Indien daar by Sinode 2018 een beswaarskrif teen die daarstel van “spesiale” sinodes sou slaag, beteken dit dat al die werk wat gedoen is tot dan, en al die geld wat spandeer is, verkwis is.

5

’n Nugter blik op die sinodebesluit oor “spesiale” sinodes bring die besef dat die besluit die kerke op die pad van sekularisering plaas. In Duitsland (en sover ek weet in Nederland) is daar reeds dekades terug aangetoon dat die kollegialistiese kerkbegrip die enigste grootste rede

April 2015 ~ DIE KERKBLAD

vir sekularisering van die kerk was. Die kollegialisme ontken die Goddelike oorsprong van die kerk, Die kerk word eerder beskou as ’n menslike vereniging wat ’n menslike behoefte vervul. Wanneer die mens se behoefte vervaag of verval, beëindig dit ook die nut van die kerk. Dit is onvermydelik dat dié tipe denke oor die kerk in die GKSA gaan posvat indien kerklike vergaderings die kerk bewustelik of onbewustelik in ’n sodanige menslik-gefabriseerde definisie van die kerk verpak. Die kerkgeskiedenis in Europa het reeds gewys dat die konsekwensies van so ’n benadering tot die kerk vernietigend is.

6

’n Nugter blik op die sinodebesluit oor “spesiale” sinodes en die reeds bekende besware teen die besluit stel die kerke voor die realiteit dat dié sinodes nie behoort te realiseer nie. Die beswaarskrifte teen die besluit oor die beoogde spesiale sinodes behoort dus eers behandel te word voordat die “spesiale” sinode kan konstitueer. Tans is die aangewese weg waarskynlik om ’n buitengewone algemene sinode op te roep (KO Art. 50) wat orde in sake kan bring. Indien ’n buitengewone algemene sinode opgeroep sou word, bepaal dié sinode sy eie werkswyse oor hoe die tersaaklike beswaarskrifte oor die vrou in die amp behandel en afgehandel kan word. Die sinode kan moontlik die aangeleentheid tydens die sitting behandel en afhandel, in reses gaan totdat ’n kommissie die nodige voorbereiding gedoen het om die sinode met ’n volgende sitting te adviseer, of die sinode kan deputate aanwys om die volgende (gewone) algemene sinode oor die afhandeling van die tersaaklike beswaarskrifte te adviseer. Dit is egter belangrik dat daar by die kerke nie ’n verwagting geskep word dat die buitengewone algemene sinode skielik die finale antwoord oor die vrou in die besondere dienste van iewers gaan opdiep nie. Dit gaan waarskynlik nie gebeur nie (vgl. punt 2).

Nie 'n kortpad nie Dit is onvermydelik dat die kerke uiteindelik ’n besluit oor die vrou in die besondere dienste moet neem. Daar kan met redelike sekerheid aanvaar word dat uitspraak oor die uitstaande beswaarskrifte nie die lug oor die vraag of vroue in die besondere dienste behoort te staan, in die GKSA gaan suiwer nie. Die vraag is dus of die tyd daarvoor ryp is om tot ’n sogenaamde finale beslissing tot hierdie aangeleentheid te kom. Nie soseer omdat dit die GKSA se ekumeniese bande met ander kerke in gedrang kan bring nie, maar omdat die internasionale debat oor dié aangeleentheid tot dusver daarop dui dat kerke in verskillende tradisies nie by ’n duidelike en (algemeen) aanvaarbare standpunt binne die verskillende kerke en tradisies kan uitkom nie. Daar is tans nie ’n antwoord op die vraag oor vroue in die besondere dienste wat berusting in kerke bring nie. Daarom behoort die kerke die moontlikheid te oorweeg om ’n beskrywingspunt by Sinode 2018 te laat dien wat die moontlikheid daarstel dat die kerke nie summier van die vraag of vroue in die besondere dienste behoort te staan, afstap nie. Die saak moet ondersoek word totdat daar meer duidelikheid kom. Daarvoor gaan die kerke geduld aan die dag moet lê. Terselfdertyd behoort die beskrywingspunt egter ’n kerkregtelik-verantwoorde meganisme daar te stel wat voorkom dat dié aangeleentheid by elke sinode op die spits gedryf word. Dié benadering kan moontlik daartoe bydra dat die kerke steeds die eenheid van die kerk koester, terwyl dit die moontlikheid skep om uiteindelik ook saam in waarheid te berus. Tot dan is daar egter nie vir die kerke ’n kortpad nie. DK

9


Fokus Prof. GJC (Gert) Jordaan (Teologiese Skool Potchefstroom)

Die grafte gaan oop T

oe Jes Jesus s ssy laa laaste asem aan die kruis op Golgota uitgeblaas het, het die grafte oopgegaan en die liggame van baie ontslape gelowiges het opgestaan – so lees ons in Matteus 27:52. Watter geweldige gebeurtenis! Dis egter ook ’n gebeurtenis waaroor ons baie vrae het. x Ons glo en bely immers dat die opstanding van die liggaam eers eendag sal gebeur, by Jesus se wederkoms. Tog hoor ons hier van baie liggame wat alreeds by Jesus se kruisiging opgestaan het! Hoe moet ons dit verstaan? x Verder glo en bely ons dat Jesus die eerste was om uit die dood op te staan, en ná Hom die res. Tog hoor ons hier dat drie dae voor sy opstanding – ja, Jesus se liggaam was nog aan die kruis daar op Golgota – daar toe reeds baie liggame uit die dood opgestaan het. Hoe moet ons dit verklaar? Die maklike uitweg is dié wat baie geleerdes volg, wat sê: Dit is onverklaarbaar, en daarom onaanvaarbaar. Hierteenoor moet ons sê: Natuurlik kan ons wat

April 2015 ~ DIE KERKBLAD

daar gebeur het, nie met ons verstand verklaar nie, want dit was tog ’n wondergebeurtenis. Soos al die ander wonderdade van God moet ons ook hierdie een in gelowige aanbidding aanvaar. En dan vra ons nie OF dit gebeur het nie, maar WAAROM God dit laat gebeur het. Waarom het Hy hierdie wondergebeure vir ons deur Matteus laat opteken? Wat wil Hy daarmee tot ons geloof toevoeg? Tekens om die kruis wys op die betekenis van die kruis Om op hierdie vrae te antwoord, is dit nodig om in die gees as’t ware saam met Matteus daar by Golgota te staan en Jesus se laaste oomblikke aan die kruis te aanskou. Matteus, wat een van die dissipels was, was ’n ooggetuie van die gebeure. Gelei deur die Gees, het hy in sy Evangelie opgeteken wat hy daar sien gebeur het. Wanneer Matteus dan beskryf het hoe Jesus sy laaste asem uitblaas, sou ’n mens verwag dat dit die einde van die verhaal is. Jesus is dood. Dan gebeur juis die omgekeerde. Wanneer Jesus sy laaste asem uitblaas, skryf Matteus, begin daar een wonder na die ander gebeur, en vinnig ook! Verse 51 en 52: “En kyk, die voorhangsel het geskeur, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur, en die grafte het oopgegaan en baie het opgestaan …” Hierdie wondergebeure was meer as net magsvertoon. Dit was ’n bewys dat Jesus, wat so pas daar aan die kruis sy laaste asem uitgeblaas het, dat sy kruisdood uniek was. Hy het nie maar as ’n gewone misdadiger gesterwe soos die twee daar langs Hom, of soos die honderde ander misdadigers wat in daardie dae deur die Romeinse owerhede gekruisig is nie. Nee, met Jesus was dit anders. Behalwe dat Hy onskuldig gekruisig is, was sy kruisdood van geweldige betekenis. Wat is die betekenis van Jesus se kruisdood dan? Op hierdie vraag is dit asof die Heilige Gees vir ons deur die Evangelie van Matteus sê: As julle wil weet wat Jesus se kruisdood beteken, kyk net na alles wat skielik daar rondom die kruis gebeur het: - Heel eerste skeur die tempel se voorhangsel met een magtige ruk van bo na onder middeldeur. Ja, vir die eerste keer kan almal nou

17


Fokus

in die heiligdom inkyk. Die verwydering is weg – ons het toegang tot God! Voorheen kon ons nie voor God verskyn nie, omdat ons sonde dit verhinder het. Nou is ons sonde egter voor God weggeneem, deur die kruis van Christus. Die aarde bewe en die rotse skeur. Selfs die skepping wat deur die eeue saam onder die gevolge van die sonde gebuk gaan, reageer op die kruisgebeure. Die aarde antwoord met ’n gedreun op die geweldige gebeure daar op Golgota. Jesus se kruisdood is immers ook die begin van die herstel van die skepping. Nog is dit nie al nie. Matteus se vertelling neem ons ook na die begraafplaas – die terrein wat bo alle twyfel wys dat ons elkeen se uiteinde die dood is. Matteus neem ons juis na hierdie terrein toe, want wat ons daar sien, laat ons verstaan wat werklik op Golgota gebeur het.

Die gebeure daar in die begraafplaas was tegelyk ’n profesie van wat later met die dood sal gebeur. Deur Jesus se kruisdood daar by Golgota is die dood reeds gevonnis. Dié vonnis sal by die wederkoms van Christus voltrek word. Wanneer Christus weer kom, sal die dood finaal vernietig word om nooit-ooit weer te kan verbreek en verwoes en verteer nie.

Op Golgota het Jesus gesterwe, maar daar eindig dit nie. Sy dood was die begin van die oorwinning oor die dood. Juis daarvoor het Jesus in die wêreld gekom: om die dood te oorwin en die lewe terug te bring óf, soos Johannes 3:16 dit stel, “sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”. Hierdie heilswaarheid het daardie dag op Golgota kragtig deurgebreek toe Jesus sy laaste asem uitblaas. Die wondergebeure in die begraafplaas daar buite Jerusalem is ’n wonderlike bevestiging hiervan. Want kyk, in die begraafplaas begin dit lewe. Klipdeure skuif opsy en die grafte gaan oop.

Hulle het in die grafte gebly, gewag tot ná die opstanding van Jesus. Daarmee word getuig dat Jesus Christus die Eersteling is en bly van dié wat opgestaan het. Op grond van Christus se opstanding volg hulle opstanding. Sy opstanding was die waarborg vir húlle opstanding en ook van alle ontslape gelowiges ná hulle, ook vir u en my opstanding eendag by die wederkoms.

-

-

18

Hulle opstanding en Jesus se opstanding Matteus skryf in vers 52: “Baie gelowiges wat dood was, het opgestaan …” Dit bring ons terug by die vraag: Hoe moet ons dit verklaar dat baie ontslape gelowiges lewend uit die graf opgestaan het terwyl Jesus nog aan die kruis gehang het, drie dae voor sý opstanding? Ons sou kon antwoord dat dit seker met hulle was soos met die ander wat voorheen uit die dood opgewek was, soos die weduwee se seun wat op Elia se gebed lewend geword het, en soos Lasarus. Hulle het opgestaan as heenwysing van Christus se opstanding, maar niks meer nie. Hulle opstanding was nie tot die ewige lewe nie, want hulle het almal later weer gesterwe. Tog was daar iets meer aan die opstanding van die ontslapenes daardie dag buite Jerusalem. Hulle opstanding getuig van ’n ander baie belangrike aspek van die betekenis van Jesus se opstanding. Om dié getuienis goed te begryp, moet ons oplet hoe die gebeure in hierdie verse mekaar opvolg. Die volgorde kan die duidelikste in die 1953vertaling gesien word: x In vers 52 word die wondergebeurtenis genoem: “Die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.” x In vers 53 word die tydvolgorde egter genoem: “Ná Jesus se opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan.”

Verkondiging van die opgestane Here Daar is egter nog ’n opmerking in ons teks waaraan ons aandag moet gee. Matteus skryf in vers 53 dat “hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn het”. Watter opskudding moes dit nie veroorsaak het nie. Mense wat almal weet lankal dood en begrawe is, loop nou hier tussen ons rond – springlewendig! Hoe kan dit? Want Jesus Christus het opgestaan en die dood oorwin. So word daardie opgestane gelowiges woordelose draers van die blye boodskap van Jesus Christus. Ons kan sê: Op daardie eerste Sondag word daar gepreek deur hulle wat eers dood was. En wat ’n preek! – want hulle verskyning in Jerusalem roep uit: “Christus leef. En ons – daarom leef ons ook!” DK

DIE KERKBLAD ~ April 2015


Diskussie Ds. Piet Venter (Potchefstroom-Oos)

Die Omkeerstrategie 'n hartsveranderende besluit tot groei van die kerk (2) In die eerste artikel (Februarie 2015) het ons vertel met watter gesindheid en erns die Sinode die besluit oor die Omkeerstrategie (nou Kerkgroei-Bediening) geneem het. Ons het ook kortliks aan die hand van die skematiese voorstelling gewys op die verskillende elemente van die strategie. Kom ons kyk nou dieper na die verskillende boustene van die strategie. Die eerste kernelement is “Bid” – die opdrag om volhardend te bid Naas die bediening van die Woord is gebed een van die belangrikste opdragte wat die Here aan sy kerk gee. Sondag 45 van die Heidelbergse Kategismus stel dit duidelik: “Dit is die vernaamste deel van die dankbaarheid wat God van ons eis, en omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike versugtinge sonder ophou daarvoor bid en dank.” Die vraag is in hoe ’n mate is die GKSA ’n kerkverband wat God met hartlike versugtinge sonder ophou daarvoor bid en dank?

Vlak 1: Verdiep in die Woord ie strategie word gebou op die Woord van God as die fondament daarvan, wat die Skrifbeginsels aandui en elke ander element se inhoud bepaal. Geen ware bekering, geloofsvernuwing en geloofsgroei kan sonder die Woord van God bedien word nie. Om groei te bewerkstellig, moet daar verdieping in die Skrif plaasvind (Ps. 1), veral in die lig van die noodsaak om opnuut die opbou van die kerk só te bedien dat die uitbou-aspek sy regmatige plek in die lewe van die kerk verkry (dit wat nou grootliks ontbreek).

D

Vlak 2: Vier kern groei-elemente Gebou op die fondament van die Woord, word vier kern groei-aspekte aangewys wat geloofsgroei en kerkgroei in die hand werk. Die verskillende aspekte word as werkwoorde aangegee, om daarmee aan te dui dat niks in die GKSA sal verander as elke lidmaat, kerkraad en gemeente nie skouer aan die wiel sit om in gehoorsaamheid aan God die opdrag uit te voer tot groei van ons kerke nie.

26

Gebed as kernelement van elke gemeentelike bediening sal opnuut aan die hand van die Skrif bedien moet word. Hierdie gebed is dan – in die konteks van die Omkeerstrategie – veral gerig op wat in Sondag 48 ter sprake kom onder die bede “Laat u koninkryk kom”. “Bewaar u kerk en laat dit groei” moet die gebed op die lippe van elke lidmaat, predikant, ampsdraer en gemeente wees. Uit die boek Handelinge blyk dit ook baie duidelik watter kardinale rol gebed in die opbou en uitbou van die eerste gemeente speel. Die tweede kernelement is “Groei” – tweërlei groei: die geloofsgroei van elke lidmaat en die groei in getalle van die gemeente Uit Skrifgedeeltes soos onder andere Efesiërs 4, Hebreërs 5 en 6, en 2 Petrus 1 blyk duidelik dat die fokus op geloofsgroei van lidmate baie sterk in die bediening in die gemeente aandag moet geniet. Die persoonlike geloofsgroei van lidmate lei tot die opbou van die gemeente, maar kweek ook geloofsvolwasse lidmate wat daders van die Woord word en die evangelie aktief leef en uitdra.

DIE KERKBLAD ~ April 2015


Diskussie

Getallegroei van die gemeente moet ook sterk in die bediening van die gemeente aandag geniet, deur aktiewe evangeliseringswerk plaaslik onder alle gemeenskappe en die ondersteuning van sendingwerk in ander wêrelddele. Die onmiddellike nood van die omgewing, maar ook die nood van mense wat nog nooit van die evangelie gehoor het nie, moet altyd saam bedien word en nie teenoor mekaar gestel word nie. Lidmate moet ook toegerus word om in die nuwe konteks van ons land hulle eie lewensruimte (familie, vriende, sosiale lewe, werk, ens.) as evangelisasieterrein te sien en te gebruik. Kerkgroeimodelle soos kerkplanting, samewerking met bestaande gemeentes in potensiële groei-areas, samewerking met sendingorganisasies, ondersteuning van sendinggemeentes, sendelinge ensovoorts, is alles geleenthede waar ’n gemeente aan die groei van die kerk kan meewerk. Die derde kernelement is “Lei op” = die opleiding van alle ampsdraers en lidmate Hierdie opleiding is baie breër as net die fokus van die Omkeerstrategie, maar sluit dit ook in. In ’n sekere sin sou hierdie derde kernelement die tweede element kon dien, maar hierdie opleiding is veel meer as net opleiding tot geloofsgroei. Hier gaan dit om die herevaluering van elke ampsdraer se taak en rol, en hoe dit in die gemeentelike bediening toegepas word, asook die ontplooiing van lidmate se gawes om die amp van gelowige weer sy regmatige plek

April 2015 ~ DIE KERKBLAD

in die kerk te gee, en die gemeente te lei om werklik ’n evangeliserende gemeente te wees. Die vierde kernelement is “Rig in” = hier gaan dit om die praktiese inligting van die verskillende bedieninge om die Omkeerstrategie in die gemeente te dien Navorsing toon dat struktuur op visie volg, en nie andersom nie. Met ander woorde: struktuur vorm nie visie nie. Dit beteken dat die bedieningstrukture van ’n gemeente ook ingerig moet word volgens die bedieningsplan wat die gemeente volg. As die bedieningsplan dan op die groei van die kerk gerig word, dan moet die strukture waarbinne hierdie bediening plaasvind, ook daarvolgens ingerig word. Elke gemeente sal hieraan op eie wyse uitvoering gee.

Vlak 3: Die Missio Dei as pylpunt van die strategie Die fokuspunt van die Kerkgroei-Bediening is gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here om die gemeente só op te bou dat die kerk ook uitgebou word. Die Missio Dei (God se sending) speel dus ’n belangrike en sentrale rol in die verdieping van die Woord en die toepassing van die kern groei-elemente soos reeds hierbo uiteengesit is. Indien die GKSA werklik gesonde kerkgroei wil bevorder, kan en mag hierdie aspek nie uit die oog verloor word nie. Die Sinode verklaar die begrip “Missio Dei” (God se sending) as volg: “Die uitdrukking Missio Dei is nie net ’n begrip van akademiese belang nie. God is ’n God wat stuur en op dinamiese wyse in beheer bly van hierdie wêreld. God eis van sy kerk (“kuriake” – hulle wat aan die Here behoort) deelname aan hierdie sending (Missio Dei). Hoe? Deur om te gee en op te pas en uit te reik na ongelowiges en buitekerklikes. Die bedoeling met die offer van die kruis van Jesus Christus word deur Homself in missionale en wêreldperspektief gebring. ’n Missionale kerk maak erns daarmee om te gaan om getuies te wees tot aan die einde van die aarde en om ’n verlange te hê dat mense uit al die nasies die knie voor Jesus Christus sal buig. Om missionaal te leef, is ’n intensionele bestaanswyse in die opsig dat God se Woord die trekkende krag is.” Die Sinode bevestig dat die opdrag tot die uitbou van die kerk nie van die opbou van die kerk losgemaak kan word, asof dit die enigste bestaansreg van die kerk is nie, maar sonder hierdie element is die GKSA ook nie ware kerk nie.

Vlak 4: Alles tot eer van God Hierdie Kerkgroei-Bediening se doel is nie in die eerste plek om getalle na te jaag nie, maar om die eer van God te soek deurdat die kerk God se opdrag uitvoer sodat “elkeen wat in die hemel en elkeen wat op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig en elke tong sou erken: ‘Jesus Christus is Here!’ tot eer van God die Vader” (Fil. 2:10-11). DK

27


Diskussie Prof. IW (Naas) Ferreira (Teologiese Skool Potchefstroom)

Hoe gemaak met radikale Moslems? (2)

ȋ Ȍ Ǥ Ǧ Ǥ

oopsluit. Internasionale sindikate en ekstremistiese groepe het al hier ’n veilige hawe gevind. Baie Suid-Afrikaanse Moslems is reeds by die Islamitiese bewegings in Afrika betrokke en verlaat die land gereeld om by vegtende groepe aan te sluit. Skynbaar is daar reeds opleidingskampe in Suid-Afrika waar Moslemsoldate militêre opleiding ontvang.

Bing Images

Verseker is dit dalk ook hier ’n radikale Moslem-minderheid in Suid-Afrika, maar hulle het ’n duidelike en ’n doelgerigte plan waarby die “vredeliewende meerderheid” later sal (moet) inskakel. Die meerderheid is ook in hierdie geval irrelevant. Dit is die radikale Moslem-minderheid waaroor die hele wêreld bekommerd moet wees.

Wat van Suid-Afrika? adikale Islam is reeds in Suid-Afrika werksaam. Op 25 Augustus 1998 het die eerste aanval reeds by Planet Hollywood in Kaapstad plaasgevind. Gaan lees gerus weer wat daar gebeur het. ’n Moslemkundige het ’n boek oor Islam-Jihad in Suid-Afrika geskryf.1 Ons is almal bewus van die zenofobiese geweld wat al ’n geruime tyd besig is om in swart woongebiede plaas te vind. In ’n onlangse nuusberig word beweer: “Al Qaeda af liates operating undercover by Somalis pretending to be normal refugees … the motive appears to be to try and drive out Ethiopan (Christian) shop owners.”2

R

Al is daar nie groot berigte hieroor in die media nie, is daar verseker iets agter die skerms aan die gang. Suid-Afrika is ’n land wat ná 1994 “oopgegaan” het vir mense wat van alle lande af ongekontroleerd kan instroom. Dit is ’n land waarin korrupsie en omkoopgeld enige deur kan

28

Hoe nou gemaak met Islam? Een ding is seker, die onsigbare Jihad is besig om in Suid-Afrika ’n werklikheid te word. Let maar op hoe die sigbare teenwoordigheid van Moslems besig is om al hoe duideliker en duideliker te word. Om soos ’n volstruis kop in die sand te druk, gaan nie help nie. Om te hoop dat die probleem sal weggaan, is absurd. Om te dink dat die Westerse wêreld as ons “vriende” hierdie gesamentlike “vyand” met oorlog en geweld van ons gaan weghou, is

DIE KERKBLAD ~ April 2015


Diskussie

wensdenkery. Die Westerse wêreld is net so ’n groot vyand van die Christelike godsdiens as die Moslemgeloof. Verder: Om te dink dat die Suid-Afrikaanse regering in staat is om iets aan die saak te doen, hou beslis nie met die werklikheid rekening nie. Dit ontbreek by die regering van die dag heeltemal aan politieke vermoë en motivering. Daar is eerder binne regeringsgroepe ’n positiewe gesindheid teenoor sekere ekstremistiese Moslemgroepe in die wêreld.

Die evangelie aan Moslems Dit moet nie gaan oor die planne wat ons vir onsself maak nie. Ons planne vir die hede en die toekoms sal beslis nie die Moslems (radikales of nie) insluit nie. Vir ons moet dit gaan oor God se plan vir ons lewens – hier en nou en in die toekoms. Waarmee is Hy besig? Hoekom is Hy besig om die Moslems so ongemaklik naby te bring? Hoe lank gaan ons nog wroeg voordat ons besef dat daar ’n rede is vir hierdie wêreldgebeure waarby Hy ons as sy kinders betrek? Hoe lank gaan dit ons neem om agter te kom dat ons veronderstel is om hulle met die evangelie te bedien? Gaan hulle ons ook eers deur vervolging moet dwing voordat ons getuig? Die Moslems gaan nie skielik uit Suid-Afrika verdwyn nie. Inteendeel, hulle invloed is daagliks besig om toe te neem. Niemand gaan hulle namens ons uitjaag nie. Sien jy die groter prentjie? God het die onbereiktes bereikbaar gemaak.3 Ons het

April 2015 ~ DIE KERKBLAD

die roeping om die evangelie aan die Moslems te bring. Die enigste wapen wat ons kan en moet gebruik, is die “swaard van die Gees” (die Woord van God). Die enigste gesindheid wat ons moet vertoon, is die dienskneggestalte van Jesus Christus. Die Here is besig om sy uitverkore kinders wat op hierdie oomblik in die Moslemleefwêreld en –geloof vasgevang is, daar uit te lei – en Hy wil sy kerk in hierdie proses gebruik. Is ons gereed dat Hy ons kan gebruik? Skrywer is baie beslis (nog) nie ’n kenner op die gebied van Moslemsending nie. Dit is ’n (ongemaklike) nuwe wêreld wat besig is om vir ons as Christene in Suid-Afrika oop te gaan. Skrywer is ook (nog) nie bewus van enige gemeente van die GKSA wat op hierdie oomblik daadwerklik op hierdie bedieningsveld van die evangelie aan Moslems gefokus is nie. Het dit nie nou tyd geword dat ons iets daaraan doen nie?

Verkondig die Woord van God! Die oorspronklike vraag in die media wat tot die skryf van hierdie artikel aanleiding gegee het, was: Kan radikale Islamitiese terreur nog verslaan en uit Suid-Afrika geweer word? My beskeie antwoord is: Nee, die radikale Islamitiese terreur sal nie verslaan word of uit Suid-Afrika geweer kan word nie. Dit is die les van die geskiedenis. Wat ons wel kan (en moet) doen, is: Bedien alle Moslems – of dit die radikale minderheid of die “tot nou toe vreedsame meerderheid” is, met die evangelie en liefde van God se genade. Raak betrokke by dit waarmee God op hierdie oomblik ook in ons wêrelddeel besig is. Dit is wel ’n bo-menslike taak, maar Hy het ons daarvoor toegerus en … nou bring Hy hulle juis na ons toe. Lees weer Matteus 28:18-20 om seker te wees dat die opgestane Jesus Christus alle mag in die hemel en op aarde ontvang het. As Almagtige Koning stuur Hy sy kerk om die eindes van die aarde met die evangelie te bedien, en gee Hy die belofte dat Hy tot die voleinding met sy kerk sal wees.4 Die eindes van die aarde het nou naby gekom. Dit het nou dringend tyd geword dat die saak van Moslemsending in gemeentes se bedieningsfokus en op kerklike vergaderings se agendas kom. DK

1 2 3 4

http://www.africansunmedia.co.za/Portals/0/ les/extracts/Jihad%20 A%20South%20African%20Perspective%20extract.pdf http://www.iol.co.za/news/crime-courts/terror-group-targeting-localchristians-bishop-1.1340914#.VNNWQ52UemS Gaan lees gerus weer die vorige twee artikels in die November 2014- en Desember 2014/Januarie 2015-uitgawe van Die Kerkblad. Lees ook Sagaria 4:6 en Handelinge 1:8.

29


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.