05/6<+
April
1((9.(5. 5644,9
6
8 3 4 5 APRIL 2015
Vroueblad Christusse oorgawe Die 0,002% kans
OORGAWE IS PRYSGAWE
6
8 10
3,,-+05.,
Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my
12 14 15 16 18 20 23 24 26
Aartappelslaai Teks & Vers: Oorgawe Teks & Vers: Dagboek Boekeblad Bybelse berading Die 0,002% kans Kinders... geskenke uit die hand van die Here "
Gemeente-MosaĂŻek: Huis Anna Viljoen se verjaarsdagtee Hartskatte Lees in Mei 2015 Lens op die Bybel Intekenvorm Advertensie: Herfsmark Bekendstelling: Fietstoer Gemeentedagboek ! #$'*
Jesus se volkome oorgawe aan sy Vader Oorgawe aan God is prysgawe My lewe volkome oorgegee aan God
Aartappelslaai
w w w.gksa.org.za/Tydsk r if te/vroueblad-intek en
Ander Publikasies van die Gksa: (Laerskoolkinders) (tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
2
April 2015
, Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za www.gksa
.,9,,3+
05 +0,7;,
Die Gereformeerde
10
28 29 29 29 30 30 31 32
Redaksionele Inligting
Redaksiekommissie:
Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Annelize Fourie Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120
Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/ Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: !
Intekengeld: Intekengeld (Julie 2014 - Junie 2015) Direk afhaal/ elektronies: R 142 Groepsintekening: R 213 Individuele intekening: R 231 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X
Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
Christus se oorgawe
redakteursbrief
Geliefde Susters, â&#x20AC;&#x2122;n Paar weke gelede het ek gewonder hoekom die Paasbolletjies nou al in die Supermark se bakkerymandjies lĂŞ, maar ek het myself herinner dat van ons belangrikste Christelike feesdae maar altyd gerieflik uitgebuit word deur die wĂŞreld. Maar toe ek begin werk aan Aprilmaand 2015 se Paasuitgawe van die Vroueblad, het ek eers besef hoe vinnig die tyd verbyvlieg. Paastyd bly vir my persoonlik een van die hoogtepunte op die Christelike kalender, want al weet ons maar al te goed deur watter helse pyn en smart Jesus Christus moes gaan met die wrede kruisiging, weet ons óók dat Hy Homself in gehoorsaamheid aan sy Vader oorgegee het om hierdie pad vir sondaars te stap. Jesus se lewe hier op aarde getuig van absolute oorgawe aan sy Vader se wil â&#x20AC;&#x201C; â&#x20AC;&#x2122;n pad wat begin het toe Hy mens geword het en sommer maar gebore is in â&#x20AC;&#x2DC;n stal, en wat uitgeloop het op die kruisgebeure op Golgota waar ons Jesus se laaste woorde hoor: â&#x20AC;&#x153;Vader, in u hande gee ek my gees oorâ&#x20AC;?. Hierdie oorgawe aan sy Vader het ook prysgawe gevra: Uiteindelik het Hy sy lewe prysgegee vir sondaars. Ons In Diepte-artikels werp verdere lig op Jesus Christus se oorgawe aan sy Vader. Die jaarlikse saamtrekke het in Maartmaand plaasgevind, en die susters van dwarsoor die land het heerlik saamgesels op Facebook. In die brieweblad van hierdie maand, gee ons â&#x20AC;&#x2DC;n bietjie terugvoer van hulle kant af oor die saamtrekke. Soos gebruiklik, maak ons nou eers weer al die stof bymekaar om vir julle in Juliemaand in Die Saamtrekbylaag meer te vertel van die onderskeie saamtrekke en ons publiseer ook soveel as moontlik van die sprekers se toerustingsgeleenthede (verwerk tot artikels) in die tydskrif van Juliemaand. Die tema vir die Sustersaamtrek van 2016 sal dan ook in Juliemaand se Saamtrekbylaag aangekondig word. Ek wens elke leser â&#x20AC;&#x2DC;n geseĂŤnde Paastyd toe. Mag Christus en sy oorgawe en prysgawe ter wille van ons, die middelpunt van ons Paasvieringe wees.
Christusgroete, Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur â&#x20AC;&#x2DC;n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die brieweblad van Meimaand 2015. Briewe moet ons voor of op 20 April 2015 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie â&#x20AC;&#x201C; skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
Foto: Lydenburg.
â&#x20AC;&#x153;Dat Hy wat God uit God is lewe uit lewe, lig uit lig, van ewigheid gegenereer â&#x20AC;&#x201C; dat Hy opnuut verwek moes word, dit was die swaar begin van sy ontledigingâ&#x20AC;? (Eerste strofe van gedig Kenosis, deur PW Buys, uit Wit Korbeel, Perskor: 1987)
Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
April 2015
3
in diepte
Oorgaw God is pr
DEUR COB
Hoeveel keer in ons lewens sukkel ons nie om prys te gee nie? Om afstand te doen van kosbare besittings, om tyd op te offer om iemand te gaan ondersteun, om af te sien van die wonderlikste droom of ideaal wat jy vir jou lewe gehad het, is pynlik. Prysgawe vra dat jy sal afstand doen van sekere dinge, dat jy jou van jouself sal leegmaak, dat jy selfs van jou huidige status of posisie in die samelewing sal moet afstand doen. Rut se prysgawe Daarom gryp Rut se prysgawe my altyd aan. Rut gee haar eie land, haar gode en haar familie prys wanneer sy kies om saam met haar skoonma, Naomi, terug te gaan Juda toe. Boas se getuienis oor Rut in hoofstuk 2:11 van hierdie boek onderstreep haar prysgawe: “Ek weet van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het na die dood van haar man en dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het en na ’n volk toe gekom het waarvan jy vantevore niks geweet het nie”. En in Rut se verhaal lê daar ook ‘n wonderlike getuienis van God se genade opgesluit. Rut, die Moabiet, mag eintlik nie deel geword het van die volk van Israel nie: “Geen Ammoniet of Moabiet mag lid van die gemeente word nie. Niemand uit hulle nageslag mag ooit lid van die gemeente word nie, selfs nie eers een van die tiende geslag nie” (Deut. 23:3). Maar tog, op grond van God se genadige werking in haar hart, vertrou sy só op Hom en glo sy in Hom, dat God sentraal staan in haar
8
April 2015
motivering aan Naomi om saam met haar Juda toe te gaan. Haar totale oorgawe aan God het gelei tot haar prysgawe van dinge wat in menslike terme eintlik vir ons belangrik lyk. Rut maak uiteindelik deel uit van God se groot reddingsplan vir sondaars. Uit haar nageslag sou Jesus Christus gebore word (vgl. Matt. 1:4).
Die dissipels se prysgawe Langs die see van Galilea sien Jesus twee broers, Simon Petrus en Andreas, visvang – dit was hulle werk van elke dag, hulle beroep.
in diepte
we aan rysgawe
BIE STEYN
die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg”. Prysgawe wat getuig van hartsoorgawe. Nadat Jesus sy dood aangekondig het in Mark. 8: 31-33 sê Hy vir sy dissipels en vir die menigte: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou”. Hier praat Jesus van totale geloofsoorgawe en tegelykertyd ook van bereidheid tot prysgawe – selfs van jou lewe. Maar Jesus het nie net hierdie woorde gepraat nie – Hy het dit volkome en volmaak uitgeleef.
Jesus se prysgawe
U gee aan ons alles wat U het. U het u Seun in die dood oorgegee daarom moet ons deurgee aangee omgee weggee meegee toegee afgee (Gedig van Sielie Laubscher aangehaal uit: Klein Spiraal, Minuteman Press, 2006).
Maar toe Jesus hulle nader roep en sê dat hulle saam met Hom moet kom, los hulle dadelik hulle nette net daar en volg vir Jesus (Matt. 4: 18-20). Hulle gee hulle werk prys om Jesus te volg, om sy wil te gehoorsaam. ’n Entjie verder sien Jesus twee ander broers, Jakobus en Johannes, saam met hulle pa in die skuit besig om hulle daaglikse beroep te beoefen – hulle maak die nette reg. Toe Jesus hulle roep, het hulle nie net hulle werk prysgegee nie, maar ook hulle familiebande – daar staan in Matt. 4: 22: “... en hulle het dadelik
In Fil. 2:5 moedig Paulus die gelowiges aan om bereid te wees om hulleself en hulle belange prys te gee ter wille van ander. En hy verwys dan in verse 6-7 na Jesus se prysgawe. Die 1953-vertaling verwys spesifiek daarna dat Jesus Homself “ontledig” het; die Direkte Vertaling praat van die “prysgawe” van Christus. Die 1983-vertaling verduidelik dat hierdie prysgawe behels het dat Hy, wat volmaak God is en gebly het, Homself verneder het deur die gestalte van ‘n dienskneg te kom aan te neem. En stap ‘n mens dan terug op die voetspore van Jesus se 33 aardse jare, sien ons: t )Z XBT CFSFJE PN BT (PE EJF HFTUBMUF WBO AO mens aan te neem – Hy is as Kind gebore uit ‘n vrou; t )Z IFU TZ IFNFMTF CMZQMFL QSZTHFHFF PN HFCPSF te word in ‘n nederige stal en op te groei in die huis van ‘n timmerman; t )Z XBU EJF 4FVO WBO (PE JT FO PPS (PEEFMJLF gesag en mag beskik, was gehoorsaam aan sy aardse ouers, Josef en Maria; t )Z XBU EJF ,POJOH WBO EJF IFFMBM JT IFU HFLOJFM en sy dissipels se voete gewas. t )Z XBU SFH FO HFSFHUJHIFJE JT JT POSFHWFSEJH deur ‘n aardse regter ter dood veroordeel. t "BO EJF LSVJT XBT +FTVT CFSFJE PN TZ MFXF QSZT te gee, sodat ons die lewe kan behou, sodat elkeen wat in Hom glo nou alreeds deel het aan die ewige lewe.
Prys Hom vir sy prysgawe Ons vier nou weer Paasfees. Ons dink terug aan Jesus se oorgawe aan sy Vader en sy volmaakte prysgawe. Sy prysgawe moet ons aanspoor om ons hele lewe in geloof oor te gee aan Hom en elkeen van ons moet ook bereid te wees om dié dinge prys te gee wat in die pad staan van ons diens aan Hom. Ons moet diep voor Hom buig en erken: “Jesus Christus is Here!” (Fil. 2:11b). April 2015
9
leefdinge Huis Anna Viljoen se verjaarsdagtee DEUR NELLY VAN DER SPOEL
Die Susters van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom het op Dinsdagoggend 10 Maart 2015 ’n verjaardagtee vir die inwoners van Huis Anna Viljoen aangebied. Huis Anna Viljoen is een van drie tehuise vir bejaardes wat binne die Potchefstroomgemeente se grense val. Behalwe Huis Anna Viljoen is daar ook Ons Hulde en Huis Eikelaan. Toe ons om half tien by die tehuis aankom, het die personeel die tafels reeds keurig gedek en ook die tee gemaak. ’n Groepie van ons susters, Marie Coetsee, Marie Kits, Hermien van der Spoel, Nelly van der Spoel en Amanda du Plessis het gehelp met die uitpak en bedien van die versnaperings wat deur ons voorsien is. Alle inwoners wat nog sterk ter been is, het kom aansit terwyl die personeel gesorg het dat die inwoners in rolstoele ook die funksie kan bywoon. Verswakte bejaardes is in die kamers bedien. So was die sitkamer gesellig vol en almal was oorgehaal om die oggend te geniet. Die bestuurder het almal verwelkom, waarna ouderling Gert Kruger die opening waargeneem het. Ons het Psalm 100, sommer al vier die verse, hartlik saam gesing. Die maatskaplike werker, Annette Strauss het gesorg vir die verjaardaglys van die afgelope drie maande. Die name is deur haar afgelees, en daarna is gelukwense uitgespreek . Ons het mekaar die seënbede van Psalm 134 toegesing. Ons is versoek om te sorg vir ’n kort program om die oggend op te vrolik. Ondervinding het ons al geleer dat musiek en sang baie geslaagd is vir so ’n geleentheid. Ons het die Potchefstroomse Mannekoor gevra om te kom sing. Hulle het verlede jaar ’n CD opgeneem met FAK-liedjies. So het hulle dan, onder leiding van Babs Brouwer, tydens hierdie verjaarsdaggeleentheid ’n program van Afrikaanse volksliedjies gelewer: Blink vosperd, Ek sing van die wind, Nooi van die velde, Sarie Marais, Jan Pierewiet en nog ander ou gunstelinge het weerklink. Almal het die kooruitvoering baie geniet en die program is afgesluit met samesang deur die koor, die inwoners en helpers.
26
April 2015
leefdinge
Die mooi getuienis van die vreugde wat die inwoners van Huis Anna Viljoen beleef het met die verjaarsdagtee en die vreugde wat die organiseerders daaruit geput het, het ons genoop om bietjie kers op te steek by ʼn kundige oor hoekom almal dit so geniet het. Hoor wat sê Cobie Steinberg, spesialis op die gebied van Musiekterapie.
Die biologie van Vreugde “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy” – Spr.3:7 Daar is heelwat wetenskaplikes wat navorsing aangeteken het wat die invloed van jou denke op die fisiologie van die liggaam bevestig: Wat jy dink word ’n fisieke realiteit wat jou geestelike en fisieke gesondheid beïnvloed. Ons brein is neuroplasties en kan elke dag verander – nuwe breinselle word daagliks bygevoeg. Jou denke kan die materie in jou brein verander en al die hormone en organe word beïnvloed: Negatief of positief !
Hoe werk dit?
Daarna is daar lekker gekuier en gesels oor ’n koppie tee met verversings daarby. Amanda du Plessis vertel van haar belewenis van die oggend: “Ek het baie lekker met talle van die inwoners gesels. Wat my opgeval het, maar ’n feit waarvan ek ongelukkig wel deeglik bewus is, is dat hulle baie eensaam is en uitgehonger vir geselskap. Ek kon sien hoe hulle die musiek geniet, en hoedat die FAK-liedjies wat hulle saamgesing het, ook vele mooi herinneringe teruggebring het. Die een tannie (sy is al in die 90!) het, nadat ons die Blinkvosperd gesing het, vertel dat haar vryer nog op sy perd vir haar kom kuier het! Daar was ook ’n ander tannie wat net die dag van tevore verjaar het, en toe ek haar gaan gelukwens, het sy sommer bewoë geraak. Ek weet nie wanneer laas iemand haar persoonlik gelukgewens het nie. ’n Mens besef nie dat die klein dingetjies vir ons seniors soveel waarde het nie. Dit laat ‘n mens weer self klein en nederig voel om te weet dat elkeen van ons se klein beskeie bydrae hulle saai, lang en eensame dae korter kan maak. My hart was seer toe ek daar weggaan, maar ek was ook dankbaar dat ek in die dag kon deel.”
Wetenskaplikes het bewys dat hoe jy dink , droom, hoop (al jou gedagtes), die brein se fisiologiese werking kan beïnvloed. Hierdie gedagtes en die emosies wat ons ervaar (bv. dankbaarheid, hoop) kan sekere stelle gene in komplekse verhoudings aan- en afskakel. Dr. Caroline Leaf beskryf dit so: “Ons het dalk ’n vaste stel gene in ons chromosome, maar watter van daardie gene áktief is EN HOE HULLE AKTIEF IS, het baie te doen met hoe ons dink en hoe ons ervarings verwerk”. Die “bedrading” in jou brein word dus verander met toksiese gedagtes (byvoorbeeld stres of vrees). Maar daar is goeie nuus! Doelgerigte, positiewe gedagtes kan weer daardie bane verander om positiewe chemiese stowwe vry te stel soos serotonien of dopamien. Dopamienvrystelling word ook verbind met die ‘belonings’-effek en kan positief aangewend word vir motivering… Kry vir jou ’n wortel voor die neus... Dis nou wanneer jy swaarmoedig sukkel om die opdraande uit te draf, maar dáár voor wink die eindpaal, ….. en ai, dink net aan daardie heerlike voetmassering en koppie tee as jy klaar is (of dalk ʼn koue energiedrankie...). Probeer óór die swaar kyk… kyk vér en stel vir jouself ’n beloning wat positief is. Dit skei onmiddellik allerlei positiewe hormone af wat jou opgewonde maak en hoop gee. (Al klink jou beloning wat jy vir jouself stel, nie noodwendig realisties vir ander mense nie). Die goeie nuus is, volgens Dr. Leaf, dat negatiewe “afskakelings” of swak gehalte van die DNA-kodes omgekeer kan word deur gevoelens van liefde, vreugde en waardering. Nie noodwendig om dit te ontvang nie, maar ook om dit VIR ANDER TE GEE. Jy kan dus jou brein herbedraad na sy gesonde, positiewe staat deur doelbewuste beplanning en denke: Jy kan nie die gebeure in jou lewe verander nie, maar jy KAN JOU REAKSIE DAAROP verander. Volgens dr. Leaf (Maak ʼn kopskuif, p. 42) raak die Bybelse beginsels soos “laat God julle verander deur julle denke te vernuwe” (Rom. 12:2b) en “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend” (Fil. 4:6a) minder moeilik, omdat ons besef God gee ons die toerusting om dit te kan doen. Bronne gebruik en aangehaal: 1. Dr. Jerome Groopman: The Anatomy of HOPE; 2004: Simon and Shuster UK 2. Dr. Caroline Leaf: Maak ’n kopskuif; 2014: CUM uitgewers
April 2015
27