Die kerkblad mei 2015 lusmaker

Page 1


Webwerf: h p://www.gksa.org.za/

DISKUSSIE 18 Vryheid, gelykheid en broederskap ... of geloof, hoop en liefde! BESINNING 20 Die almag van God soos geopenbaar in water 22 Buite die gewone, binne die besonderse

JAARGANG 118, NO. 3290 MEI 2015

1 VAN DIE REDAKTEUR Die duiwel is los ... as gevolg van die hemelvaart van Christus 3 UIT DIE WOORD Selfverloëning wat mense red en kerke laat leef!

ANDER 24 Oranjerivier tot Stormsrivier – die Geref. Kerke in die Boland en Suidkaap (1) 30 Die bediening van die versoening IN DANKBARE HERINNERING 27 Ds. HA (Manie) Louw

31 Personalia / Wel en Wee 32 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 33 Kleinadvertensies

5 REDAKSIONEEL Hoe moet ons die wil van God verstaan? 7 BRANDPUNT Die spreek van 'n Woord waardeur afgode verbrysel word FOKUS 9 Bybelse eskatologie (5) 11 Hoe maak jy erns met die Heilige Gees? 13 Jesus se naopstandingsverskynings 15 Die Christenboer ... roeping en uitdagings

Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R284.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R195.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R266.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R195.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.


Van die redakteur

Die duiwel is los ...

as gevolg van die hemelvaart van Christus

Hemelvaart ns herdenk op 14 Mei vanjaar die triomfantelike hemelvaart van ons Here Jesus Christus, 40 dae nadat Hy as oorwinnaar oor die sonde en die dood uit die graf van Josef van Arimatea gestap het.

O

Hy het van die hemel gekom, die Seun van God, en hier op aarde ook ’n ware menslike natuur aangeneem, die Lam van God, om die sonde van die wêreld weg te neem. En nou kon Hy die sirkel as’t ware voltooi (alhoewel sy Goddelike natuur deur niks ingeperk kan word nie en alomteenwoordig is), “terugkeer” na die hemel as ware God en ware mens. Gedurende die 40 dae tussen sy opstanding en hemelvaart het Hy aan talle mense verskyn en sy dissipels verder onderrig en toegerus vir hulle roeping om sy evangelie tot by die uithoeke van die wêreld te verkondig. En toe, daardie dag op die Olyfberg, terwyl die lewe in Jerusalem daaronder sy gewone gang gaan, het Hy geruisloos, vreedsaam opgevaar terwyl Hy sy dissipels seën. Hy het opgevaar om die troon te bestyg, aan die regterhand van God te gaan sit. Hy leef en Hy regeer. Sy hemelvaart en sy troonsbestyging is die bevestiging dat sy verlossingswerk afgehandel is. Die sonde en die dood is finaal en onherroeplik oorwin.

Die duiwel is los Waarom is daar dan soveel sonde en dood in hierdie wêreld, meer as

Mei 2015 ~ DIE KERKBLAD

ooit in die geskiedenis? Ons kan werklik sê die duiwel is los. Wat beleef ons nie alles in die wêreld van 2015 nie: barbaarse geweld en bloedvergieting en misdaad; sinlose moorde, werkloosheid en arbeidsonrus en stakings; onreg en korrupsie en bedrog; die bandeloosheid van die sonde wat onkeerbaar oor die wêreld spoel, die dwelms en die pornografie, die homoseksualisme en die vigs; al die indoktrinasie van ons kinders en jongmense deur middel van musiek en tydskrifte en televisie; die triomftog van die leuen; die uiteengeskeurde huwelike en gesinne; die aanslae op die Christelike godsdiens in ons skole en op televisie; al die propaganda van die valse godsdienste; al die dwalinge en afvalligheid in die kerk. So kan ons voortgaan.

nie so vreedsaam nie). Die oorlog was tussen Migael en sy engele en die draak (Satan) en sy engele. Die draak en sy engele is oorwin en op die aarde neergewerp. Die duiwel gee egter nie moed op nie, nie voordat hy in die poel van vuur en swael gewerp en tot in ewigheid gepynig sal word nie (Op. 20:10). Daarom, totdat dit gebeur, opereer hy met ongetemde woede en met koorsagtige haas. Hy laat al sy haat en lis op die aarde botvier. Hy gaan rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind (1 Pet. 5:8). Met al sy sataniese boosheid koel hy sy woede op die aarde. Hy verwoes en ondergrawe en vervolg en verlei.

Gevolge van die hemelvaart Al die dinge wat ons hierbo genoem het, is te danke aan die hemelvaart, die gevolge van die hemelvaart. Hoe kan ons dit sê? Dit is so omdat die keersy van die hemelvaart van Christus die neerdaling van Satan na die aarde is. Die duiwel is los. Hy het na ons neergedaal met groot woede en omdat hy weet dat hy min tyd het.

En dit gaan nog veel erger word. Ná Openbaring 12 volg Openbaring 13, die verskyning van die antichris self. Een van die verklaarders (Bavinck) sê hierdie wêreld lê sterker en vaster as ooit in die greep van die demoniese magte. Ons moet ons voorberei op die allerergste. In Openbaring 12:7 lees ons die woord “wee”. Dit is ’n woord wat die slegste voorspel. Dieselfde verklaarder sê ons staan nou eenmaal tussen die berg van die hemelvaart en die heerlike einde waarin God alles sal wees in almal, en tussen hierdie twee bergtoppe lê die stikdonker vallei van ’n besete wêreld.

Ons lees dit in Openbaring 12. Die hemelvaart van Christus het ’n oorlog in die hemel ontketen (vs 7). Die duiwel en sy magte is agter Christus aan om te probeer verhinder dat Hy die troon bestyg (die hemelvaart was toe

Die eintlike perspektief Openbaring 12:7 begin egter met die woord “daarom”. Dit spel die gevolge uit van wat ons in die voorafgaande en volgende verse lees. Omdat

Waarom, terwyl Christus oorwin het en in die hemel op die troon sit?

1


Van die redakteur

Christus na die hemel opgevaar het (vs 6); omdat daar ’n oorlog in die hemel was en die duiwel en sy engele oorwin en neergewerp is op die aarde (vs 7-9); omdat die heil en die krag en die koningskap nou die eiendom van ons God geword het en die mag van sy Christus (vs 10); omdat die oorwinning behaal is deur die bloed van die Lam (vs 11); omdat hier ’n kruis op die aarde gestaan het waar die sonde en die dood vernietig is; omdat die graf van Josef van Arimatea leeg is – DAAROM wag daar ellende, want die duiwel het na ons neergedaal met groot woede en omdat hy weet dat hy min tyd het. Alles wat ons op die oomblik beleef, is dus die gevolge van die hemelvaart. Dit is juis die bewys van die volkome oorwinning van Christus. Dit bevestig ook die magteloosheid van Satan en sy magte. Sy woede is die magtelose woede van sy laaste stuiptrekkings. Dit is die woede en bloeddorstigheid van ’n gewonde leeu. Hy opereer met haas. Dit is egter ’n vreesagtige, paniekbevange haas. Hy het nie vrye teuels nie. Alles is onder God se beheer. Christus regeer. Die geskiedenis word in die hemel geskryf. Die besluite word daar geneem. Wat ’n wonderlike en heerlike perspektief om aan vas te hou in hierdie veelbewoë wêreld. En daarom word sy kerk bewaar, ook al is dit in die woestyn (Op. 12:14). Ons is veilig

en behoue, meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het, aan Wie ons in lewe en sterwe behoort, wat ons met sy bloed gekoop het, wat sit aan die regterhand van die Vader as die Hoof van sy kerk, deur Wie die Vader alle dinge regeer, wat sy Gees na ons gestuur het. Voor God is sy kerk ook in die besete wêreld van 2015, ook in ons vervolgde, worstelende, gehawende woestynbestaan, steeds die vrou van Openbaring 12:1, bekleed met die son en die maan onder haar voete en op haar kop ’n kroon van 12 sterre, omring van heerlikheid en heerskappy, groots en skitterend, onoorwinlik. Sy vlug nie maar na die woestyn nie – sy vlieg daarheen met arendsvlerke (vs 14), majestueus, op die vlerke van die geloof en die gebed. So moet ons onsself sien en so moet ons ons roeping vervul, vanuit die hemelse perspektief. Elke dag bring ons nader aan ons eindbestemming, die hemel. Eintlik is ons reeds daar, want Christus, ons Hoof, is daar. Paulus skryf aan die Efesiërs (2:4-6) dat God ons saam met Christus opgewek het en saam in die hemele laat sit. Ons burgerskap is in die hemel. Ons het nie net deel aan die “wee” van Openbaring 12:7 nie, maar ook aan die hemelse vreugde – en niks kan verhinder dat ons veilig daar kom nie. CFCC

BOEKE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO

R125.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)

R10.00 (posgeld

R40.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)

R80.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)

en verpakking uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro, Afdeling Publikasies, Posbus 20008, Noordbrug 2522; faks 018 293 1042; e-pos bestellings@gksa.co.za

2

DIE KERKBLAD ~ Mei 2015


Fokus Ds. JL (Louis) Aucamp (Kemptonpark-Mooifontein)

Jesus se naopstandingsverskynings D

it is ’n ontsagwekkende ontdekking om oor Jesus se na-opstandingsverskynings in die Nuwe Testament te lees. ’n Mens lees van twyfel in die harte van die meeste mense aan wie Jesus verskyn het, van ongeloof, van gebrek aan begrip, van traagheid van gees. ’n Mens lees ook van verwondering en blydskap en aanbidding nadat Jesus se verklaring van die Skrif hulle trae harte oopgebreek het. Ter wille van dié van u wat hierdie artikel lees en oor die naopstandingsverskynings van Jesus wil Bybelstudie doen, die volgende Skrifgedeeltes sal vir u ’n goeie oorsig gee: Matteus 28:9 en 17; Markus 16:9, 12 en 14; Lukas 24:4, 15 en 36; Johannes 20:14, 19, 26 en Johannes 21:1; Handelinge 1:1-8 en Handelinge 9:3-6; 1 Korintiërs 15:1-11. Lees in alle gevalle die geheel van die hoofstuk waarin hierdie tekste na vore kom. Daar is ’n handjievol insiggewende beklemtoninge wat by die lees van Jesus se na-opstandingsverskynings na vore kom. In hierdie artikel is daar ruimte om slegs drie daarvan te bespreek. Jesus verklaar die Skrif ’n Eerste baie opvallende beklemtoning is dat Jesus sy opstanding vanuit die Skrif verklaar. Deurlopend kom dit na vore dat die mense aan wie Jesus verskyn het, getwyfel het (Matt. 28:17; Luk. 24:38), of dat hulle nie geglo het nie (Mark. 16:11, 13, 14; Joh. 20:25) of dat hulle nog nie die Skrif verstaan het nie (Joh. 20:9). Jesus het hulle daaroor kwalik geneem: “Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom na sy opstanding gesien het, nie geglo het nie” (Mark. 16:14). Hulle was veronderstel om te glo, want Jesus het hulle voor sy kruisiging geleer dat Hy uit die dood sou opstaan. Die engel wat aan Maria Magdalena by die leë graf verskyn het, sê vir haar: “Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek,

Mei 2015 ~ DIE KERKBLAD

soos Hy gesê het” (Matt. 28:6). Selfs die priesterhoofde en die Fariseërs het van Jesus se lering oor sy opstanding kennis geneem, sodat hulle spesiale voorsorg by Pilatus getref het dat die graf bewaak moes word, want hulle sê vir Pilatus dat Jesus sy dissipels geleer het dat Hy na drie dae sou opstaan (Matt. 27:62-66). ’n Nog belangriker rede waarom die mense aan wie Jesus verskyn het, moes glo, was dat hulle OuTestamentiese verbondskinders was en die getuienis en die beloftes van God in die Ou Testament oor die opstanding moes ken en glo. Jesus sê vir die Emmausgangers dat hulle gebrek aan begrip en traagheid van gees te wyte is daaraan dat hulle die profete nie glo nie. Dan verduidelik Jesus vir hulle vanuit die wet en die profete dat Hy sou ly om daarna in sy heerlikheid in te gaan (Luk. 24:25-27). Petrus gebruik in sy preek oor die uitstorting van die Heilige Gees (Hand. 2) Psalm 16 in verband met Jesus se opstanding. Johannes sê pertinent: “Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie” (Joh. 20:9). Jesus los mense egter nie in hulle onvermoë om te glo nie. Jesus verskyn aan die dissipels nadat hulle reeds van Maria Magdalena en verskeie ander vroue en ook van die Emmausgangers gehoor het dat Jesus opgestaan het (vgl. Luk. 24). Wanneer Jesus aan hulle verskyn, skrik hulle steeds en word bang. Eers wys Hy vir hulle sy wonde en Hy eet vis en dan verwys Hy hulle na Moses en die profete en die Psalms (dit is die hele Ou Testament). En tog, dit is nie genoeg om die Woord te hoor nie, want direk daarop staan daar: “Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan” (Luk. 24:45). Enige suiwer belydenis oor Wie Jesus is en wat Hy kom doen het, is afhanklik van Goddelike werking. Wanneer Petrus bely dat Jesus die Christus is, die

13


Fokus

Seun van die lewende God (Matt. 16:16), dan sê Jesus vir Hom: “Gelukkig is jy, Simon Barjona, want dit is nie ’n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is” (Matt. 16:17). En wanneer Paulus met die gemeente in Korinte praat oor die gawes van die Gees, dan sê hy: “Niemand kan sê ‘Jesus is die Here’ nie, behalwe deur die Heilige Gees” (1 Kor. 12:3). Ons bely hierdie Bybelse lering ontsaglik mooi met die Heidelbergse Kategismus wat vra: “Waar kom geloof vandaan?” en die lie ike antwoord: “Die Heilige Gees werk dit in ons harte deur die verkondiging van die heilige evangelie” (So. 25, v/a 65). So sien ons in Jesus se na-opstandingsverskynings dat Hy die Skrif verklaar, maar tog dan ook hulle verstand open om die Skrif te kan verstaan. Jesus getuig oor sy hemelvaart ’n Tweede opvallende beklemtoning is dat Jesus in sy na-opstandingsverskynings sy hemelvaart beklemtoon. Nadat Maria Magdalena vir Jesus herken het, sê Hy vir haar dat sy na sy broers toe moet gaan en vir hulle moet vertel: “Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is” (Joh. 20:17). Jesus het reeds voor sy kruisiging vir sy dissipels gesê dat hulle nie ontsteld moet wees omdat Hy weggaan nie, want Hy gaan na sy Vader toe om vir hulle plek gereed te maak in die huis met die baie woonplek (Joh. 14:1-3). Markus eindig sy Evangelie met drie kort vertellinge van Jesus wat verskyn het aan Maria Magdalena, die twee manne wat op pad was na

14

die platteland (waarskynlik die Emmausgangers wat breedvoerig deur Lukas beskryf word) en Jesus se verskyning aan die elftal. Enkele pennestrepe daarna beskryf Markus hoe Jesus voor die oë van die dissipels opgevaar het na die hemel (Mark. 16:9-20). Markus voeg egter nog by dat Jesus aan die regterhand van God gaan sit het (Mark. 16:19). Van die regterhand van God af is Jesus ons Voorspraak by die Vader. Van die regterhand van God af het die Vader en die Seun die Heilige Gees as Trooster gestuur. Gaan lees gerus hoe mooi bely ons hierdie wonderlike heilsfeite oor Jesus wat aan die regterhand van God sit in die Heidelbergse Kategismus, Sondag 18, vraag en antwoord 49. Die opdrag om te getuig ’n Derde baie opvallende beklemtoning is hoe al vier die Evangelies by Jesus se na-opstandingsverskynings die sogenaamde sendingopdrag beskryf. Die mees bekende een vir ons is waarskynlik Matteus se weergawe: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels” (Matt. 28:19). Die onmiddelike konteks van Jesus se opdrag is een van twee naopstandingsverskynings wat Matteus beskryf. By die eerste van die twee geleenthede verskyn Jesus aan Maria Magdalena en nog meer vroue. Hulle kry die opdrag om van sy opstanding by die dissipels te gaan getuig. Wanneer Jesus dan aan die dissipels verskyn, dan gee Hy aan hulle die getuigopdrag. Met die getuigopdrag eindig Matteus, Markus en Lukas hulle Evangelies (behalwe vir Matt. 28:19, vergelyk ook Mark. 16:15 en Luk. 24:47 en 48).

Die getuigopdrag ontbreek egter nie by die Evangelie volgens Johannes nie. Johannes beskryf die getuigopdrag op ’n aangrypende manier. Johannes beskryf hoe Jesus in sy na-opstandingsverskyning aan die dissipels hulle met vrede seën. Jesus gebruik die bekende Griekse woord eirene. Die woord eirene is die Griekse weergawe van die Hebreeuse shalom. Dit is woorde wat beteken dat daar harmonie tussen God en mens is. In die tuin van Eden het, as gevolg van die sondeval, disharmonie tussen God en mens gekom. Jesus se kruis en opstanding het die blye boodskap tot gevolg dat vir die sonde betaal is en dat die dood oorwin is. Die sendingopdrag in die Evangelie volgens Johannes beklemtoon die herstel van die gebroke verhouding tussen God en mens. Pas nadat Jesus die dissipels twee keer met vrede geseën het, kry hulle die sendingopdrag: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh. 20:21). Die stuuropdrag kan egter nie sonder die toerusting met die Heilige Gees gebeur nie. Daarom lees ons in Johannes 20:22 dat Jesus oor sy dissipels blaas en vir hulle sê: “Ontvang die Heilige Gees.” Ná die uitstorting van die Heilige Gees (Hand. 2), sien ’n mens hoe die dissipels kragdadig getuig. Voor Jesus se kruisiging kon Petrus nie voor ’n diensmeisie getuig nie (Matt. 26:69-75), maar nadat hy toegerus is met die krag van die Heilige Gees, getuig hy met oorgawe voor die Joodse Raad (Hand. 4). Daar is nog verskeie beklemtoninge waarvoor die ruimte ontbreek. Gaan lees gerus die Skrifgedeeltes wat hierbo genoem is en ontdek vir uself die verskillende beklemtoninge. DK

DIE KERKBLAD ~ Mei 2015


Besinning Marietha Malan (Departementshoof Alma-skool, Pretoria)

Buite die gewone, binne die besonderse ... E

k skop my skoene uit die oomblik toe ek by my kombuis instap. Die koel teëls onder my voetsole laat my ’n diep sug van verligting slaak. Nou eers kof e. Dit was ’n laaang dag. Diep in my gemakstoel ingesak, sluk ek klein teugies van my kof e terwyl my gedagtes soos die laaste rokies van ’n uitgebrande vuurtjie lui terugdraai na alles wat in my werksdag gebeur het. Daar was Benna se aanval. Gelukkig nie te erg nie, maar hy moes suurstof kry en die mamma moes gebel word om hom te kom haal. Daar was Jady wat vir Chané gebyt het. Reg onder my oë, ai. Maar aan die ander kant het Zohan vandag vir die eerste keer “nog” gewys. En JP het twee treë op sy eie gegee. Net jammer Patricia, my klashulp, moes vroeg loop. Toe moes ek agt doeke alleen ruil en almal se kosblikke in die regte sakke pak. En in die wyl het Jackie die deur oopgekry en weggenael. Ek moes alles laat val en haar agternasit. ’n Dol dag, ja. Maar niks buitengewoons nie. Of praat ek nou twak? My soort onderwys word mos buitengewone onderwys genoem. Buitengewoon, besonders, uniek … Buitengewone onderwys vir buitengewone mensies. Maar wat is buitengewoon? Wat is gewoon?

22

Gewoon of normaal is wanneer alles volgens plan verloop, so dink mense. ’n Gewone swangerskap, die normale nege maande, die normale dinge by die geboorte. “Maak nie saak of dit “”n seuntjie of dogtertjie is nie”, het ek al baie gehoor, solank alles net normaal is. Maar dan, soms, is die mensie wat gebore word, in ’n krisis. Die babatjie word te vroeg gebore en lê broos aan ’n masjien in die neonatale eenheid gekoppel. Of daar is ’n geboortedefek, ’n hartjie wat gaan staan, ’n hoërisiko-operasie, gebroke pappa en mamma wat sit en bid. Of al die vingertjies en toontjies is perfek, maar ietsie aan die gesiggie … dis Downsindroom. En sonder dat jy dit bestel het, is jy in die wêreld van die buitengewone. “En is jou ander kinders darem normaal?” hoor ’n mens somtyds. Die implikasie is dat ’n gestremde kind eintlik ietwat van ’n ongelukkige fout is. “Ag siestog”, uister mense soms as hulle verbystap. Is dit egter hoe ons as Christene na gestremdes behoort te kyk? Die geboorte van ’n gestremde kind mag dalk iets wees wat ons as mense nie bedink of beplan het nie, maar tog val so ’n gebeurtenis wel binne die raadsplan van God. Vir God is elke gestremde uniek

en pragtig. Ook vir hulle het God al in die moederskoot gesien soos Psalm 139 so treffend sê. Hy het hulle ook met sorg gevorm, al is hulle volgens ons menslike standaarde buitengewoon. Wie is ons dan om op ’n gestremde neer te kyk? Gestremdes mag presies dieselfde liefde en respek geniet wat ons aan elke ander “gewone” medemens op ons pad gee. Gewone en buitengewone vreugdes Ons buitengewone kinders put vreugde uit gewone dinge. My kleuterklassie geniet grappies. As Juffrou “Wielie Walie” sing en regtig afval soos die aap van sy balie, lag hulle hulleself slap. Hulle geniet dit om met vingerverf te mors en eet sommer ook daarvan (dis waarom ek dit van kitspoeding maak). Hulle is dol oor waterspel en kry hulleself deurnat. Juffrou put buitengewone vreugde uit die klein stappies vordering wat hulle maak. ’n Gebaar wat nageboots word, ’n nuwe woord, ’n eerste tree. In ons skool, ’n skool vir verstandelik erg gestremdes, gebeur alles heelwat stadiger as in die “normale” wêreld. Daarom vier ’n mens met mening fees as daar ’n nuwe mylpaal is. Ons kleuters leer nog hoe om hulleself te versorg (aktiwiteite van die daaglikse lewe), hoe om hulle sintuie te gebruik, hoe om na te boots, hoe om instrumente

DIE KERKBLAD ~ Mei 2015


Besinning

soos lepeltjies, kwaste en kryte te gebruik en les bes, hoe om te kommunikeer. Buitengewone deursettingsvermoë Van ons kinders is sies erg gestremd, sommige kan boonop ook glad nie praat nie, maar hulle het ’n ystersterk wil en ’n blymoedige, volhardende uitkyk op die lewe. Mirjam worstel deur elke voeding. Sy het nie genoeg beheer oor haar mondspiere om haar kos binne te hou nie. Dit word eenvoudig weer deur die lomp tongstootbewegings van ’n onaktiewe tong uitgestoot. Elke spier in haar lyf is stywer as wat dit moet wees – sy is serebraal gestremd, ’n spastiese kwadrupleeg. Buite oefen sy egter elke dag om by die klimraam se trappies op te klim. Tot sy dit onder luide toejuiging van die juffrouens en assistente regkry. En breed glimlaggend afgly. Steve het ’n ander soort serebrale gestremdheid. Sy spiere weier om willekeurig beheer te word. Ons noem dit atetose. Tog is hy vas van plan om soos die ander kinders op ’n skop etsie te ry. Met uiterste konsentrasie kry hy dit reg om met een hand aan ’n handvatsel vas te hou. Sy onwillige beentjies kry piepklein treetjies gegee, en die etsie beweeg, maar bitterlik stadig. Dit maak glad nie saak nie. Dis ’n yslike prestasie, en Steve weet dit. Hy is net so opgewonde en trots soos enige internasionale renjaer. In elk geval is dit waarskynlik hoe hy homself in sy kop sien! Dink aan daardie deursettingsvermoë en harde werk as jy weer ’n gestremde sien. Daardie persoon is waarskynlik deur baie meer persoonlike krisisse as jy en het veel harder gewerk vir wat hy nou kan regkry as wat jy ooit in jou hele lewe sal werk. Daarvoor verdien hy jou erkenning. Hy mag en moet met waardigheid behandel word. Maar soms … buitengewone gedrag “Ag … sulke hemelkindertjies. Regte engeltjies …” koer mense soms. Weer ’n yslike misvatting. Ons kinders openbaar soms regtig baie moeilike gedrag. Daar is baie redes daarvoor. Soms interpreteer die brein die boodskappe van die sintuie verkeerd. Die sensoriese sistem raak oorlaai. Klanke is te hard en storm uit verskillende rigtings, sonder enige diskriminasie, op hulle af. Dit maak hulle angstig. Hulle hou van roetine. Dinge moet dieselfde wees. As iets skielik verander, voel hulle bedreig en onveilig. Gou

Mei 2015 ~ DIE KERKBLAD

begin die brein met ’n veg-of-vlug-reaksie. Enorme hoeveelhede adrenalien word in ’n kort tydjie afgeskei – en ’n behoorlike “tantrum” volg, waartydens sommige kinders werklik onbeheerbaar kan raak. Daarom benodig baie van hulle medikasie om hierdie tipe gedrag te beheer. Baie kry ook epileptiese aanvalle, waaroor hulle natuurlik geen beheer het nie. Vir ons is dit ’n doodgewone verskynsel. Die epilepsielyers moet chroniese medikasie gebruik. Een outjie in ons skool dra selfs permanent ’n valhelm omdat hy so dikwels sonder waarskuwing aanvalle kry. ’n Buitengewone versoek aan gewone mense In buitengewone onderwys spesialiseer elke soort skool in ’n gestremdheid. Daar word hard gewerk om die kinders vir die wêreld daar buite voor te berei. Die kinders werk met passie en genot. In ons skool werk ons baie aan vaardighede. Sommige van ons “groot” kinders is regtig baie oulik. Ons het ’n kwekery, ons werk aan kombuisvaardighede, aan allerhande handvaardighede (krale, mosaïek), ons leer tuinvaardighede aan, leer hoe om motors te was. Maar is daar iemand daarbuite wat hulle ’n kans wil gee? Baie selde. Die meeste van ons kinders het geen heenkome in die wêreld van werk nie. Hulle is net te buitengewoon. Te stadig. Mense word deur hulle afgeskrik. Werknemers dink net aan produktiwiteit en spoed. My versoek: Wat van iets buitengewoons? Liefde en aanvaarding deur mede-Christene? ’n Plekkie in die son? ’n Kans nou en dan? U sal verbaas wees. Op die ou einde leer mens meer by ons kinders as hulle by ons. “Deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is?” vra die dissipels vir Jesus (Joh. 9). “Sy eie of sy ouers s’n?” en Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.” Draers van sy Lig en sy werke! Wat ’n buitengewone voorreg. En dis waarom ek môre weer my klas se deur met vreugde sal oopmaak. En sal lag as hiperaktiewe Willem weer my wind byna uitstorm. Reg vir nog ’n besonderse dag. DK

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.