DISKUSSIE D 21 GKSA Algemene Sinode 2 2015 – diagnoserend en koersaanduidend EKUMENE E 23 Besoek aan die Sudanese 2 Reformed Churches in SuidSoedan BESINNING B 27 'n Woesteny ons voorland 2
JAARGANG 117 117, NO NO. 3286 DESEMBER 2014/JANUARIE 2015
1 VAN DIE REDAKTEUR Geloftedag en Versoeningsdag – Is dit versoenbaar? 2 UIT DIE WOORD Die lewe is 'n gawe van God 4 REDAKSIONEEL Ons Koning kom! 6 BRANDPUNT Die Drie Formuliere van Eenheid en die Belydenis van Belhar FOKUS 8 Roetes na Betlehem 10 Die koms van God se Koninkryk in 2015 12 Vrug van die Gees (slot) 14 Hoe bring die evangelie aan 'n Moslem? (2) 17 Bybelse eskatologie (1) 19 Versoening in Suid-Afrika – na 20 jaar weer onder die loep
ADMIN BURO A 28 Admin Buro Bestuur 2012 – 2 2015 TEOLOGIESE SKOOL 29 Teologiese Skool en Fakulteit Teologie neem afskeid GEMEENTEBEELD 30 Groot fees in die Bosveld – Koedoesrand 75 jaar ANDER 40 Oupa Uil se dinge 33 BRIEWE VAN ONS LESERS 34 Op die Kerkwerf 35 Personalia 36 Kleinadvertensies
Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R284.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R195.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R266.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R195.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Van die redakteur
Geloftedag en Versoeningsdag
Is dit versoenbaar? 16
Desember het altyd as Geloftedag bekendgestaan. Die oorsprong van dié dag gaan terug na 16 Desember 1838 (176 jaar gelede) toe die Slag van Bloedrivier tussen die Trekkers en die Zoeloes plaasgevind het. Behalwe die militêre voorbereiding, is die Slag van Bloedrivier voorafgegaan deur die aflê van ’n Gelofte dat, as die Here aan die Trekkers die oorwinning sou gee, hulle dié dag as ’n dankdag, soos ’n Sabbat, tot sy eer sou vier en dat hulle ook hulle nageslag daaraan sou bind. Hulle kon myns insiens hulle nageslag aan die Gelofte bind as jy aan die Verbondsgedagte vashou, wat nie in terme van individue dink nie, maar in terme van die organiese eenheid van die gelowiges onder ’n volk. Geloftedag gaan primêr oor die vertikale verhouding tussen gelowige Afrikaners en God. Dit gaan oor die versoening met God van ’n volk wat in ’n versoende verhouding met Hom wil leef van geslag tot geslag. Wat by Bloedrivier gebeur het, was nie ’n geval van ’n skietgebed (nood leer bid) nie, maar ’n leefwyse van afhanklikheid van God en vertroue op God, wat in die uur van nood en bedreiging op ’n besondere wyse tot uitdrukking gekom het. 16 Desember staan vandag as Versoeningsdag bekend, omdat die owerheid wat in 1994 aan bewind gekom het, dit wel as openbare vakansiedag behou het, maar die naam na Versoeningsdag verander het. Die bedoe-
Bloedrivierlaer - Die seremoniële ysterwaens met koperbeslag by die Bloedriviermonument in KwaZulu-Natal
ling is klaarblyklik dat die dag aan versoening tussen die verskillende volke en groepe in Suid-Afrika gewy word. Versoeningsdag lê dus op die horisontale vlak van versoening tussen mense en volke onderling. Die vraag is nou of Geloftedag en Versoeningsdag versoenbaar is en as’t ware saam gevier kan word. Myns insiens wel, en om die volgende rede: Daar is of behoort geen spanning te wees tussen die versoening met God en die versoening tussen mense nie. Inteendeel. Die vertikale verhouding met God moet juis voorafgaan en bepalend wees vir die horisontale verhouding met ons naaste. Anders gestel: Slegs vanuit ’n versoende verhouding met God kan daar van ware, blywende versoening tussen mense sprake wees. Geloftedag moet myns insiens steeds gevier word deur gelowige Afrikaners wat die versoening met God in Christus beleef op alle terreine van die lewe, ook die volkslewe. ’n Gelofte teenoor God is nie goedkoop en van verbygaande aard nie (vgl. die geskiedenis van Jefta in Rigters 11). In die betaling van ons Gelofte moet die klem val op verootmoediging voor God en afhanklike vertroue op God te midde van soveel bedreiginge wat ons van alle kante in die gesig staar. En vanuit die versoening met God moet ons steeds die grootste erns maak om versoening in ons stukkende en geteisterde land te bewerk. CFCC
Desember 2014/Janarie 2015 ~ DIE KERKBLAD
1
Uit die Woord Ds. Johan Botha (emeritus, GK Laeveld)
Die lewe is 'n gawe van God Lees: Teks:
Prediker 2; Prediker 9:1-10 Prediker 2:24, 25 “Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ’n gawe uit die hand van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?’”
D
ie Prediker skilder vir ons twee lewensbeskouings. Die wens lewe is – iets van jou eie xx ie vermoëns en prestasies verm buite God om; of x ’’n gawe uit die hand van God. Duikboot of teleskoop Twee vergelykings, êrens gelees, beskryf dié twee lewenswyses treffend raak. Die een is soos om in ’n duikboot te lewe – alle luike na die vars lug daarbo is toe. Jy lewe binne-aards, met geen uitsig op die ewige nie. Die ander is soos om deur ’n teleskoop te kyk – jy sien ver, baie ver, tot in die ewige. Jy kyk deur die dood heen, deur Jesus se oop graf heen, tot in die ewigheid. Al kon die Prediker hierdie teleskoopvisie nog nie volledig gehad het nie – want Jesus het toe nog nie sy versoeningswerk op aarde kom verrig nie – begryp sy gees reeds iets daarvan deur die Gees van God. Hierteenoor glo ongelowige
2
wêreldlinge glad nie hierdie perspektief nie. En – skrikwekkend! – mag miljoene kerkmense wie se harte in en van die wêreld is, dalk ook nog nooit régtig deur dié teleskoop gekyk het nie … Laat ons nou eers die twee lewensvisies ontleed. Die duikbootbestaan Hierlangs wil jy self sin en doel skep in die lewe deur middel van jou eie prestasies en sekerhede. In hoofstuk 2 ondersoek die Prediker dit van ’n kant af, gee sy mening en maak sy bevinding, elke keer negatief. Hier volg voorbeelde:
Sy nale konklusie: “Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses, uit onderlinge afguns kom” (4:4). As dit vir jou in jou lewe nét gaan om alles wat jy vir jouself kan verrig, dan is jou lewe sinloos, ’n gejaag na wind. Dink ernstig na oor hierdie voorbeeldvrae: x Jou Kersfeesviering – gaan dit vir jou om geskenke koop, baie eet en drink, jaag na een of ander “spesiale ervaring” sonder ’n woord ter ere van Jesus? x Jou jaarwisseling – vier jy nog ’n jaar van besondere winste in jou bedryf/ boerdery/ professie sonder enige dankbare liefde vir die Here? x Is daar enige verskil hoegenaamd tussen jóú lewensideale en dié van jou ongelowige kollegas/medestudente/partytjievriendinne? x Werk jy om te lewe of lewe jy om te werk?
DIE KERKBLAD ~ Desember 2014/Januarie 2015
Uit die Woord
x Is geld en goed vir jou sekuriteit? Of middele om ander te help? x Sien en hoor jou lewensmaat, kinders en ouers by jou vertroue in God? x Waarom woon jy (nou en dan) eredienste by? Vir geestelike sekuriteit? As goeie gewoonte? Om met sekere mense te kan saampraat ter wille van een of ander voordeel vir jou? Die teleskooplewe Met hierdie uitgangspunt, sê die Prediker, wéét jy: menslike verstandskennis, genot, welvaart, arbeid as sodanig, bied geen antwoord op die vraag na die sin en doel van ons lewe nie. Om te slaap om te werk om te eet om te slaap, om vakansie te hou om te ontspan om te eet om te slaap, om te werk om te eet om te slaap … dit kan tog sekerlik nie die doel en betekenis van die lewe wees nie! Die lewe raak eers sinryk, sê die Prediker, as jy “insien dat dit ’n gawe uit die hand van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as Hý dit nie moontlik maak nie?” (2:24b, 25). Om te glo dat God alles voorsien: verstand, kuns, genot, arbeid, vreugde, welvaart – dít is ware wysheid! Om daagliks met Gód te leer leef – dít maak van die lewe ’n fees! In hoofstuk 9, wat u ook gelees het, beskryf die Prediker dit aan die hand van drie voorbeelde wat ons goed ken: eet en drink, kleredrag, geslagsliefde. Brood en wyn (vs 7) – Vir die Oosterling was dit destyds stapelvoedsel. Feitlik elke familie het ’n akkertjie koring en ’n wingerd gehad. Die arbeider oes onder die oë van die Skepper die vrug van sy handewerk: brood en wyn. Daardie daaglikse eet en drink is ’n fees, juis al is dit hoe eenvoudig. Dit kom uit God se oop hand! Wit klere en olie (vs 8) – Wit was vir die Israeliete simbool van uitbundige feestelikheid. Olyfolie, met allerlei speserye gegeur, was hulle parfuum. Tekens van lewensvreugde voor God se aangesig! Liefde tussen man en vrou (vs 9) – Dit weet elke gelukkig-getroue en verliefde: die genot hiervan is een van God se gawes. Geslagsliefde is nie bedoel as losbandige verspreider van allerlei siektes, soos MIV/ vigs nie, dit is net so deel van godsdiens as gebed! Dit is wat jou toekom, gelowige. So lyk die lewe as God se gawe: ’n daaglikse fees, mét God – juis óók as dit nie goed gaan met jou nie – op pad na die nuwe aarde! Die verskil Wat is dan die wesensverskil tussen die duikbootbestaan en teleskoopvisie? Waaraan sien mens dit in menselewens tuis en in die reuse winkelsentrum, by die werk en met vakansie, op die skoolterrein en sportveld? Lê dit in vrome erns, stugge gestrengheid, aantal eredienste/gebede/Bybellees daagliks/maandeliks/ jaarliks? Mag net ongelowiges helder kleure dra, skaterlag, partytjie hou, groot sportgeleenthede geniet, oorsee toer? Gaan dit dan net oor dit wat jy nalaat? Inteendeel. Jesus Christus, God se Seun wat mens geword en onder ons kom woon het, ons straf voor God gedra, anderkant die dood uit die graf opgestaan
Desember 2014/Janarie 2015 ~ DIE KERKBLAD
het en deur sy Heilige Gees in ons kom woon het, het nie behae in jou dood nie, maar dat jy jou bekeer en léwe. Dit beteken: gelowiges begin hier en nou reeds ewig leef onder ’n oop hemel. Ons sterwe is ’n deurgang dáárheen. Dit is die verskil. Ongelowiges mag alles “onder die son” besit en geniet – eet en drink, prestasies, ’n gelukkige huwelik, baie eiendom, groot geld in die bank, feesgenot, sukses, maar dit bly “onder die son”. Soos in ’n luukse duikboot. Daar is alles beskikbaar – gerief, gesogte geregte, kunstenaars met musiek uit die boonste rakke, mooi meisies en mans, aangename geselskap, die beste wyn, maar geen uitsig nie … Die duikbootbestaan is eindelik niks meer as ’n gekkeparadys nie. Prakties Soos al raakgesê: Christene lewe in die wêreld, maar nie van die wêreld nie. Ons geniet ’n bier by die braaivleis en hou vriendelik betyds op; gesels gesellig saam, maar sonder skinder; sluit groot kontrakte en weier omkoopgeld; gaan saam op die jagtog én hou by die reëls; dra modieuse klere sonder uitspattigheid; leer ons kinders om hulle bes te doen én in goeie sportmangees te verloor; is ambisieus sonder om op ander te trap; lewe vrygewig sonder om dit te adverteer; bid in ons binnekamer. Nie omdat ons beter sou wees as ander nie, eerder slegter deur God se oë gesien … Maar omdat ons glo hierdie lewe is ’n gawe van God wat op die ewigheid uitloop. Omdat ons vér sien, tot anderkant ons graf, waar ons Here Jesus Christus in majesteit aan ons Vader se regterhand sit – en ons inwag. DK
3
Redaksioneel
Ons Koning kom! Ons het met hierdie uitga uitgawe by die laaste Kerk Kerkblad van 2014 en die eerste van 2015 gekom (soos voeg ons gebruiklik, br weer die Desemberen Januarie-uitgawe sa saam). Daarom val die klem in hierdie uitgawe ook onder andere op die twee groot gebeurtenisse wat hierdie tyd van die jaar kenmerk: Kersfees en Nuwejaar. Die opskrif van hierdie artikel kan ook as opskrif bokant hierdie twee gebeurtenisse staan. Dit is een perspektief waaraan ons by die herdenking van die vleeswording van ons Here Jesus Christus kan vashou. Dit moet vir ons as gelowiges die oorheersende (geloofs-) perspektief wees as ons moeë, stukkende wêreld oor die drumpel van die nuwe jaar struikel: ONS KONING KOM! Hy het sy intrede in hierdie wêreld op die eenvoudigste en nederigste wyse gedoen. Dit was die eerste stap van sy vernedering, sy lydenspad, dat Hy, die Seun van God, self ewig en almagtig God, by sy Goddelike natuur ook ’n ware menslike natuur aangeneem het, Homself verneder het “deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word” (Fil. 2:7). As mens is Hy nie gebore in die luuksheid en gerief en gemak en praal van ’n koninklike paleis, omring deur die beste mediese en ander personeel nie. Inteendeel. Hy is in ’n stal gebore, waar diere gewoonlik oornag en nie mense nie. Tog was dit ’n Koninklike intrede
4
in hierdie wêreld, die koms van DIE KONING. Sy geboorte bring selfs die sterrehemel in beweging en (let wel) “sy ster” (Matt. 2:2) laat die sterrekykers uit die Ooste kom om hulde te bewys aan Hom wat as “Koning van die Jode” (Matt. 2:2) gebore is. En in die velde van Betlehem skyn die heerlikheid van die Here rondom die skaapwagters en word ’n menigte engele in ’n lofsang meegevoer (Luk. 2:9, 14). Dwarsdeur sy lewe hier op aarde bevestig Hy hierdie Koninklike koms, sien ons nie net die lydende kneg (Jes. 53) en die gestalte van die slaaf nie, maar ook flitse van sy Koninklike mag en majesteit: In sy eerste oorwinning oor die versoekinge van die duiwel (die teëkoning); in sy genesing van siekes en opwekking van dooies; in sy mag oor die natuur, die wind en die golwe en die visse van die see. As die dieptepunt van sy lydenspad naderkom, dan kry Hy ’n Koninklike ontvangs wanneer Hy Jerusalem binnery (as vervulling van Sagaria 9:9 – “Moenie bang wees nie, Sion! Kyk, jou Koning kom, en Hy ry op ’n donkie”). En die skare met die palmtakke juig: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Die Koning van Israel!” (Joh. 11:13). Op pad na die kruis spot die ongelowige wêreld Hom by monde van die soldate. Nadat hulle Hom ’n pers mantel aangetrek het en ’n doringkroon op sy kop gesit het, begroet hulle Hom: “Ons groet u, Koning van die Jode!” (Mark. 15:17, 18). Aan die kruis word Hy egter as
Koning geëer as een van sy medekruiselinge by Hom pleit: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom” (Luk. 23:42). En dan hoor hierdie misdadiger die verlossingswoord uit die mond van die Koning: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Luk. 23:43). Hy sterf saam met die misdadigers die vloekdood, die dood waarmee selfs nie die laagste en slegste Romeinse burger gestraf is nie, die dood van Godverlatenheid, die ewige dood. Hy sterf egter as “Koning van die Jode” (so staan dit bokant die kruis geskrywe) – en Hy sterf Koninklik, oorwinnend, deur uit te roep: “Dit is volbring.” Daarom kon die graf Hom nie hou nie. Hy oorwin die dood. Hy vaar triomfantelik na die hemel. Hy sit op die troon. Hy leef, en Hy regeer. “Hemelvaart is troonsbestyging. Die doringkroon kan nou ’n egte koningskroon word. Deur sy dood en opstanding het Christus Satan verpletterend verslaan. Alle mag in die hemel en op aarde is nou syne. Nou aanvaar Hy die bevoegdheid, die mag. Nou neem Hy sy plek in aan die regterhand van God – in die senusentrum, in die hoofkwartier, van die heelal” (prof. Tjaart van der Walt). Dit bring ons by die nuwe jaar. Vir ons as gelowiges spel elke nuwe jaar dit uit: ONS KONING KOM! Die wêreld en die geskiedenis is onstuitbaar op pad na sy wederkoms. Ons hoor sy voetstappe in die tekens van die eindtyd, in die bloedige en wreedaardige vervolging van soveel Christene (maar juis ook in hulle
DIE KERKBLAD ~ Desember 2014/Januarie 2015
Redaksioneel volharding in die geloof ); in die oorlogsgerammel op soveel plekke, in die natuurrampe soos hierdie ou wêreld in sy nate en voeë kraak en kreun, in die toenemende dwaalleer en afvalligheid en misleiding (lees veral Matt. 24:1-44). Die wêreld van 2015 gaan nie makliker wees nie. Inteendeel. Die sonde en bandeloosheid gaan net toeneem. Die woede van Satan (soos ’n brullende leeu) gaan in intensiteit nog hoër opvlam, omdat sy tyd met elke jaar minder word (Op. 12:12). Die kerk gaan in 2015 steeds dieper die woestyn in gedryf word (Op. 12:14). Die dwaalleer en afvalligheid gaan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika nie gespaar word nie.
Ons mag egter midde-in dit alles vashou aan die Koninkryksperspektief van hulle wat meer is as oorwinnaars deur Hom wat ons (eerste) liefgehad het (Rom. 8:37). Al die dinge waarna ons hierbo verwys het, is “geboortepyne, die begin van die nuwe tyd” (Matt. 24:8). Dit is ’n geloofsperspektief, die geloof wat nou nog die onsienlike sien, maar sal oorgaan in aanskouing. Want: ONS KONING KOM! Die Redaksie wens en bid elkeen van ons lesers ’n geseënde Kersfees en ’n 2015 gevul met God se oorvloedige genade toe. CFCC
Wel en wee et die persklaarmaak van hierdie uitgawe is verneem van die afsterwe van PROF. PAUL DE BRUYN op 11 November 2014. Ons dank die HERE vir 'n besondere dienskneg aan sy kerk wat vir 29 jaar as predikant en nege jaar as professor aan die Teologiese Skool uitnemende diens gelewer het. Na sy emeritaat het hy, benewens studieleiding aan M- en D-studente, vir baie jare gehelp met die bediening van bejaardes in die Geref. Kerk Potchefstroom. Hierdie bedieningshulp was sodanig dat dit beskou kon word as voltydse predikantsbediening. Ons bid sy eggenote Lina en die kinders troos en krag toe in die hartseer tyd. Ons het ook die tyding gekry dat DR. JAN RAS op 17 November 2014 oorlede is na 'n geruime tyd waarin sy gesondheid agteruitgegaan het. Ons bid ook sy eggenote Susan en die familie die troos van God die Heilige Gees toe. Die Redaksie sal in komende uitgawes waarderingsbydraes oor prof. De Bruyn en dr. Ras plaas. – Red.
M
BOEKE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO
R205.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)
R100 (posgeld en verpakking uitgesluit)
R25.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)
Bestel by: Administratiewe Buro, Afdeling Publikasies, Posbus 20008, Noordbrug 2522; faks 018 293 1042; e-pos bestellings@gksa.co.za
Desember 2014/Janarie 2015 ~ DIE KERKBLAD
5
Fokus op Kersfees Dr. PW (Pieter) Bingle (emeritus, GK Kaapstad)
Roetes na Betlehem “In daardie tyd het keiser Augustus ’n bevel uitgevaardig dat ’n volkstelling in die hele ryk gehou moet word” (Luk. 2:1). “Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys” (Matt. 2:2).
W
anneer die perspektiewe van die koms van Jesus Christus na hierdie wêre wêreld oopvou, ontvou koersbepalende roetes na Betlehem. Dit is om nie slegs roete van kkennis te neem nie, maar om ook van harte kennis te neem. hart Roete 1: Van Rome na Betlehem Roet Die D onmiddellike geskiedenis van Jesus se geboorte aan dat daar ’n pad van Rome na die J b t toon t krip in Betlehem loop. Die eerste beweging na Betlehem begin by ’n wêreldvors vanuit ’n wêreldstad, Rome. Keiser Augustus weet daar niks van dat hy ’n skakel is in ’n groter plan as sý plan en dat die eerste aardse beweging na die krip in Betlehem by hom in Rome begin nie. Vanuit hierdie wêreldstad kom die wêreldvors, Augustus, se sensusdekreet vir ’n algehele registrasie van die bevolking in sy magsryk. In alle windrigtings gaan die bevel uit. Die volksregistrasiebevel laat Josef en Maria na Betlehem toe gaan. Dáár word die Kind Jesus dan gebore. Hier is méér op die spel as maar net ’n hoofstuk in die wêreldgeskiedenis. Dit is ook heilsgeskiedenis (ons redding) wat koninkryksgeskiedenis is (God se heerskappy). Politiek en die wêreldgeskiedenis staan dus nie los van die magtige gebeure in Betlehem nie. God se raadsplan loop ook deur politieke en staatkundige besluite heen. God se koninkryk kom ook binne, en dikwels ondanks, die raadsale van die wêreld. Vir die praktyk van die lewe beteken dit dat die pad van Rome na Betlehem ons leer om op ’n besondere manier koerant te lees en na die TV-nuus te luister. Dit is om te midde van politieke en wêreldgebeure perspektief van die geloof te behou dat gebeure uiteindelik diensbaar is aan die koms van die koninkryk van God.
8
Roete 2: Van Nasaret na Betlehem Op die roete van Nasaret na Betlehem trek Josef en Maria die aandag. Beide is uit die geslag van Dawid. Koninklike bloed vloei deur hulle are. Van uiterlike glans en prag is hier egter geen sprake nie. Eenvoud en nederigheid spreek – geen plek in ’n herberg nie; ’n stal is die onderdak en ’n veevoerbak die wieg. Skamele doeke is die erekleed. Eenvoudige werklui is die erewag. Oënskynlik is die berig oor die geboorte van Jesus ’n gewone geboorteberig. Wat ons daarvan lees, kan immers geskryf staan van enige vrou wat in daardie tyd aan haar eersteling geboorte gee: “Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie” (Luk. 2:7). Die pad van Nasaret na Betlehem leer die nederige koms van Jesus Christus. God die Vader dra sy Kersgeskenk in doeke die wêreld in: verneder, ontdaan van heerlikheid, ontledig, in die gestalte van ’n dienskneg. Reeds met sy intog in hierdie gebroke sondewêreld is Jesus Man van smarte. Roete 3: Van die hemel na Betlehem Die geboorte van Jesus word deur die engel as ’n besondere geboorte belig. Die erfsondelyn moes deurbreek word. Josef as die een wat die lewe moes verwek het, moet opsy staan. Dit was ’n wondergeboorte deur God se ingryping deur die Heilige Gees. Die pad van ons redding is nie van die aarde na die hemel nie – nee, dit is die vernietigende pad van futiele selfredding. Die vredesplan vir hierdie wêreld kom van God af. Die hemel soek die aarde op; die hemel buig in Jesus Christus na die wêreld toe. God die Vader gee sy Seun as Kersgeskenk aan die wêreld “sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal
DIE KERKBLAD ~ Desember 2014/Januarie 2015
Fokus op Kersfees
hê” (Joh. 3:16). Ook die hemelliggame kom in beweging – ’n ster wys aan sterrekykers uit die Ooste rigting aan. Hulle sê: “Ons het sy ster sien opkom” (Matt. 2:2). Die sterre wat met die geboorte van Jesus na Betlehem heenwys, spreek van Christus se koms nie slegs as soteriologiese, saligmakende Middelaar nie. Hy is ook kosmologiese Middelaar wat die skepping verlossend toegemoet kom. Dit is ’n ryk en intens diep gedagte. Roete 4: Van mý na Betlehem Ons kan alle besonderhede van die voorafgaande roetes na Betlehem ken en in keur van woorde daaroor praat en sing, en tog nog buite die seën daarvan staan. Die genade en die liefde van God bly vir my persoonlik verborge en gaan by my verby as daar nie ook die roete van mý af na Betlehem is nie. “Al is Jesus duisend maal in Betlehem gebore en nie ook in my hart nie, sal dit my niks baat nie” – Martin Luther. Sonder hierdie hart- en sielverbintenis bly dit by stemmings en sentimentele emosies. Dan hoor ’n mens die verhaal van die geboorte en het jy miskien ’n historiese geloof, maar as jy nie wedergebore is en Christus in jou gebore is nie, het jy nie die saligmakende geloof nie. God se drie roetes na Betlehem moet dus met die vierde pad beantwoord word – die pad van my hart en siel na Betlehem. Dit is die pad van die geloof om, soos Henog, met God te wandel. Dit is die weg van my persoonlike verbondenheid met met Here en my God. Die vierde weg is om voortdurend in geloofsgemeenskap met die lewende God te lewe, sodat ’n Kersgejubel nie net opklink nie. Dis nie maar die Heiland is gebore nie, maar ook my Heiland is gebore. Eers dan is ek mens van die vierde weg – die geloofsroete van my hart en siel na Jesus van Betlehem! Die gewetensvraag is: Is jy mens van die vierde weg? So ja, dan sal jy antwoord! Dit is die weg van my persoonlike geloofsverhouding en verbondenheid met my Here en my God. x Jy sal in geloof antwoord op die pad van Rome na Betlehem Ja, Here, ek erken en bely in die gebeure van die lewe die koms van u koninkryk en die ontvouing van u raadsplan; ek sien en erken u hand in die verloop van die wêreldgeskiedenis, die kerkgeskiedenis en ook in my lewensgeskiedenis. x Jy sal in geloof antwoord op die pad van Nasaret na Betlehem Ek glo, Here Jesus, dat U ook vir my gebore is en mens geword het. Ek glo dat U, ter wille van die mensdom, en ook vir my, die vernederende weg van menswording en die kruis gegaan het.
Desember 2014/Janarie 2015 ~ DIE KERKBLAD
x Jy sal in die geloof antwoord op die pad van die hemel na Betlehem Ek glo dat selfredding en selfverhef ng uitgesluit is. Ek glo dat die koms van die Here Jesus nie net soteriologiese (reddende) betekenis het nie, maar ook kosmologiese betekenis het (wat die ganse heelal raak). Roete 5: Die liefde Uit dankbaarheid sal ek ’n passievolle getuie en boodskapper van Jesus Christus se evangelie aan alle mense wees. Dit is die verhewe en adellike gesindheid van gelowiges se bestaan. Die Nederlandse teoloog JH Bavinck vertel dat hy by geleentheid die ingebruikneming van ’n kerkgebou bygewoon het. ’n Geleentheidspreker het gepraat oor hoe die geloof, hoop en liefde van die apostel Paulus (vgl. 1 Kor. 13:13) in gebrandskilderde vensters uitgebeeld is. Die kruis stel geloof voor. Die anker versinnebeeld hoop. Die hart is simbool van liefde. x Geloof in Jesus Christus, die kruis, is die fondament van God se reddende genade. x Hierop volg hoop, die anker. Jy kan op God se beloftes hoop. x Op geloof en hoop volg liefde. Dit is die hart. Van binne die kerkgebou vertoon die gebrandskilderde vensters – in die volgorde van links na regs – die kruis (geloof), die anker (hoop) en die hart (liefde). Die buitestander sien die omgekeerde orde. Van buite is die volgorde, ook van links na regs, die hart (liefde), die anker (hoop), die kruis (geloof). Dus: liefde, hoop, geloof. Wat dus na die buitewêreld saak maak, is wat vir die buitestander eerste opval – die hart, die liefde. Die liefde van gelowiges moet eerste opval. “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van my is” (Joh. 13:35). Aan die vrugte word die boom geken. Aan die liefde sal die spreekwoordelike buitestander die ware gelowige met die eerste oogopslag kan eien – nie aan die suiwer dogmatiese leerstelling of die handhawing van die kerkorde nie. Liefde is onteenseglik die sleutel vir kragvolle en geseënde getuienis, ook in sending en evangelisasie. Voorbeeld: Gedurende die begin van die 20ste eeu was die Christene se uitnodigende liefde en uitreik in dade deur toevlugskampe, ondanks die Japanese se gruwelike dwingelandy van Koreane, die motivering, aansporing en inspirasie dat Suid-Korea, met sy talle bekeerlinge en “verlostes” uit die Boeddhisme en Taoïsme, die vinnigste en merkwaardigste groei van die Christelike geloof in die Verre Ooste beleef. Sonder die liefde is ’n gelowige se geloof net “gedeeltelik” en “is ek niks” (1 Kor. 13:12 en 2). Laat die liefde van en vir Christus uitstraal. Algaande sal HOOP en GELOOF groei en blom. DK
9
Fokus op Nuwejaar Dr. WC (Callie) Opperman (Windhoek-Suid)
Die koms van God se Koninkryk in 2015 J
esus Christus het die koninkryk van God laat deurbreek toe Hy sy heerskappy op aarde kom toon het. Johannes die Doper het die Joodse volk daarvan bewus gemaak en tot bekering opgeroep (Matt. 3). Die Here Jesus het self daaroor gepreek, asook tekens en wonders gedoen om sy koningskap te bevestig (Matt. 4:17; 9:35). Hoe kan die opskrif van hierdie artikel dan wees: Die koms van God se Koninkryk in 2015? Die Woord gee die antwoord in verskillende soorte beeldspraak, waaruit dit duidelik is dat die koninkryk, wat gekom het, nog steeds aan die uitbrei is. Daar is ’n reeds en ’n nog nie. Dit is reeds daar, maar sal tot sy volheid uitgroei tot op die dag van die Here Jesus se wederkoms. Almal het nie destyds verstaan dat die koninkryk gekom het nie. Met die verklaring van die gelykenis van die saaier het Jesus gesê: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse …” (Luk. 8:10). Vandag is dit ook so. Sommige verbly hulle vandag in tekens dat die koninkryk van God nog steeds groei, soos van ’n mosterdsaad tot ’n boom. Party sien bewyse dat die goeie suurdeeg van die koninkryk al wyer en wyer werk, tot aan die uiteindes van die wêreld! Daar is egter ook ander wat in ongeloof volhard, of gelowiges wat aan die heerskappy van Jesus Christus begin twyfel. Aan sommige is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, het Jesus geleer (Luk. 8). Hier gaan dit eerstens oor die verbondsvolk (Jode) wat vele preke oor God se heerskappy en die koms van die Messias gehoor het. So was dit in die tyd van Jesaja (6:9-10). Die volk Israel het hulle harte egter verhard en op ’n pad van goddeloosheid voortgegaan. Daarom bly hulle oë blind en hulle ore doof, ten spyte van die aankondiging van die oordeel van God. So het talle Jode (en andere) Jesus misken en verwerp. Siende blind, horende doof! In sy genade gee God tog die gawe van geloof en van
10
insig in die geheime van sy koninkryk (Luk. 8:10). “Jesus is Here” (almagtige Heerser), bely mense wat deur die Gees verlig is (1 Kor. 12:3). Gelowiges beleef dat hulle burgers van ’n hemelse koninkryk geword het, vreemdelinge in die koninkryke van hierdie wêreld (Fil. 3:20). Die grootste geheim, die sleutel om die skat te ontdek, is Jesus Christus, die Seun van God wat mens geword het. Wie Hom ken en in Hom glo, se oë het oopgegaan vir die werklikheid van sy koninkryk wat gekom het. Die koms van die koninkryk was nie slegs ’n bevryding vir die Jode, wat daardie tyd onder die juk van die Romeinse keiser was, nie. Al wou hulle Hom koning maak toe duisende met vyf garsbrode en twee vissies gevoed is. Jesus het dit afgewys en alleen berg toe gegaan (Joh. 6:15). Sien ons nog iets van die uitbreiding van die koninkryk van God as gelowiges? In Suid-Afrika, Afrika en die wêreld? In die geloof, ja! Tekens van die Koningskap van Jesus Jesus het getoon dat sy koninkryk die volle gemeenskap, die skepping en hemelse ryk insluit. x Hy het as profeet met koninklike gesag gepreek en mense het Hom begin volg (Matt. 7:29). x Hy het getoon hoe die profesieë oor die Messias (Christus, die gesalfde Koning) in Hom vervul is (Joh. 4:25, 26). x Hy het die duiwel se versoekinge weerstaan (Matt. 4). x Hy het dooies opgewek (Matt. 11:5; Joh. 11). x Hy het die storm stilgemaak (Matt. 8:26). x Hy het profeties die weg van die komende koninkryk uitgespel (Matt. 24). x Hy het ’n priesteroffer gebring toe Hy gekruisig is, maar op die derde dag koninklik uit die graf opgestaan het (Luk. 24:22-27). x Hy het sy mag oor alles en almal aangekondig (Matt. 28:18). x Hy het as oorwinnaar na die hemel opgevaar en aan die regterhand van sy Vader gaan sit (Heb. 1:3-8). x Onder sy gesag is apostels uitgestuur en Hy het deur sy
DIE KERKBLAD ~ Desember 2014/Januarie 2015
Fokus op Nuwejaar
Gees saamgewerk om deurbrake onder Jode en heidene vir sy koninkryk te maak (Hand. 28:18-20; 1:8). x Na sy hemelvaart is Satan en sy bose magte uit die hemel gewerp, sodat hulle nie meer die gelowiges voor God kan aankla nie (Op. 12:9). Waarin sien ons sy koninkryk kom in die jaar 2015? Vir gelowiges wat die genade ontvang het om die geheime van die koninkryk van God te begryp, is die koningsheerskappy van Jesus Christus ’n werklikheid. Dit is nie nodig om iewers op ’n weggesteekte plek daarna te soek nie, want sy koninkryk is omvattend. Dit is nie binne die grense van die kerk, of tot ’n gebied op aarde, of net tot planeet aarde beperk nie. Daar is geen plekkie binne God se skepping waar Hy nie koning is nie. Hy heers oor alles en almal. Ja, ook oor die goddelose, ook oor regerings en regeerders wat hulle mag misbruik, ook oor militêre magte wat onskuldiges met wapengeweld hulle vryheid ontneem, ook oor die siektes van ons tyd, oor sy kerk sowel as oor onsuiwer en dwalende “kerke”, oor kinders en bejaardes, oor dienaars en oor heersers, werkers en werkgewers. En so kan ons voortgaan. Die gelowige kan die heerskappy van die Here Jesus sien, en die koms van sy koninkryk, in die oorloë en gerugte van oorloë, in die onstuimigheid van die skepping met tsoenami’s, sneeustorms en aardbewings. Daarin sien ons die vyeboom wat bot, die tweede koms van ons Here wat in aantog is. Soos iemand gesê het: Ons hoor die voetstappe van die oorwinnaarkoning in die gebeure van elke dag. Ons sien spesi ek die koms van die koninkryk daar waar die evangelie met krag onder leiding van die Heilige Gees en met suiwerheid verkondig word. Die evangelie breek harte en gemeenskappe oop, ook waar dit onwaarskynlik gelyk het. Gelowiges wat wreed vervolg word, wie se kinders voor hulle oë vermoor word, weier om hulle Christus te verloën. So word ’n kragtige getuienis gelewer dat die Koning van die hemelse koninkryk ook op aarde regeer. Mense hou in die geloof vas aan die waarheid van Romeine 8:18: “Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie” (OAV). En ook aan 1 Tessalonisense 1:6-8: “God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; en aan julle lyding, en ons s’n, sal Hy ’n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele in ’n vuurvlam uit die hemel verskyn” (NAV).
Desember 2014/Janarie 2015 ~ DIE KERKBLAD
Die roeping en troos vir koninkryksburgers In die profetiese rede is daar ’n treffende oproep deur ons Here Jesus. Dit word uitgespreek ten opsigte van die tyd wanneer die Here Jesus weer kom. Daar sal geweldige dinge in die skepping en volkerewêreld plaasvind (Luk. 21:25-28). Vir die ongelowiges sal dit vrees en spanning tot die dood bring. Die gelowiges hoor egter: “As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.” Wat is ons roeping in 2015? Die kern van ons roeping is om anders te wees as die wêreld (ongelowiges, vyande van God en sy kerk). Die andersheid word sigbaar in die volgende konkrete dinge: x Wanneer die wêreld deur onmatige etery en drinkery en deur die sorge van die lewe AFGESTOMP word, moet die burgers van die Koninkryk WAAKSAAM wees om nie onverhoeds betrap te word nie (Luk. 21:34). x Wanneer die wêreld SPOT dat die Christus nie weer sal kom nie, dan moet die gelowiges wat verwag dat die dag van oordeel kom, des te meer VROOM en aan God toegewy lewe (2 Pet. 5:11). x Ons moet ons VERDIEP in die Woord van God, te midde van ’n geslag wat die Bybel VERWAARLOOS. “Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry” (1 Pet. 2:2). x Wanneer DWAALLERAARS valse leer verkondig, die godheid van Jesus bevraagteken en die gesag van die Skrif ondermyn, moet ons getrou wees in die uitdra en uitleef van die ONVERVALSTE evangelie (2 Tim. 4). x Wanneer mense SONDER HOOP vir die toekoms raak, moet ons radikaal anders optree: “Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle HOOP volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus” (2 Pet. 1:13). x Wanneer mense al meer SELFGESENTREERD raak, net eiegewin en genot soek, liefdeloos optree, moet die gelowiges die onderlinge byeenkomste (eredienste en ander byeenkomste van koninkryksburgers) nie verwaarloos nie. Met liefde moet die GEMEENSKAP van gelowiges uitgeleef word (Heb. 10:24-25). Wees verseker, die koninkryk van God het met Jesus Christus se koms kragtig deurgebreek. Die koninkryk kom egter steeds, ook in 2015. Kom ons leef ons roeping as burgers van die ewige koninkryk uit met toewyding en vreugde. DK
11
Ekumene Ds. HPM (Malan) van Rhyn (Pretoria-Noord)
Besoek aan die Sudanese Reformed Churches in Suid-Soedan Agtergrond van die Sudanese Reformed Churches ie Sudanese Reformed Churches (SRC) begin in 1992 in Khartoem as klein huiskerk. In dié tyd wou die Soedanese Islamitiese regering alle Christene uitroei. Hewige oorlog in die suide tussen die Sudan’s People Liberation Army en die Moslem-regeringstroepe het plaasgevind en tot baie vlugtelinge en ballinge gelei.
D
lidmate. Aangesien daar steeds gemeentes in die Moslem-Soedan (noorde) asook in Suid-Soedan is, staan hulle bekend as die Sudanese Reformed Churches. Die eenheidsband, hoewel oor landsgrense heen, is vir die kerkverband belangrik. Die 10 gemeentes in die suide sluit in: Juba, Malakal, Bor, Bentiu, Wau, Aweil, Ulang, Nylial, Ulang en Obel. In 2012 kon ek die gemeentes van Juba en Malakal besoek en het met enkele predikante uit die ander dorpe in die suide kennis gemaak. Dié van u wat die vorige Algemene Sinode bygewoon het, is waarskynlik almal bekend met ds. Patrick Jok wat ons Sinode bygewoon het. Kerkraadslede saam met ds. Malan van Rhyn – ds. Patrick Jok, oudl. Kamish Eco, oudl. Steven Lor, ds. Mathian Deng, ds. Thomas Alphonse.
In die tyd voor die stigting van dié kerkverband het die meeste gereformeerdes ’n tuiste in die Presbiteriaanse Kerk gevind. In 2005 word die kerkverband gestig. Hulle aanvaar die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Kerkorde. Ná die vredesverdrag tussen die noorde en die suide geteken is, kry kerke in die suide vrye geleentheid om die evangelie te verkondig. Intussen het Suid-Soedan ’n onafhanklike land geword en op die vorige sinode is eenheidsbande met die SRC gesluit. Tans is daar 16 gemeentes: 6 in die noorde, 10 in die suide, met ongeveer 3 200 belydende
Desember 2014/Janarie 2015 ~ DIE KERKBLAD
23
Ekumene
van die SRC se lidmate, met wie ons eenheidsbande het, onder die aandag van ons kerke te bring. Meer as R170 000 is so ingesamel! Toe dr. Theo Hagg van Christ’s Children Foundation (CCF) in Amerika hiervan hoor, het sy stigting die bedrag verdubbel! Hulle het ook aangebied om my reiskoste vir ’n besoek aan Suid-Soedan te betaal.
Groep oumense en kinders wat deur hulle eie regering se troepe gewond is in een van die kampe. Burgeroorlog en nood Sedert Desember 2013 het daar burgeroorlog in Suid-Soedan uitgebreek. Die kernoorsaak van die kon ik is etnies: soldate van die meerderheidstam, die Dinkas, het die soldate van die Nuerstam, die tweede grootste stam, van ’n poging om ’n staatsgreep uit te voer, beskuldig. Hewige gevegte het uitgebreek en duisende mense het hulle lewens verloor. Vrede word kort-kort gesluit, maar gevegte duur voort, ten spyte daarvan. Tans moet die Nuers en van die ander stamme deur die VN teen die regeringstroepe, die Dinkas, beskerm word. Hierdie burgeroorlog lei tot geweldige ellende. In baie stede en dorpe is Nuers voor die voet doodgeskiet. Ds. Patrick Jok van die SRC in Juba het laat weet dat verskeie lidmate in die geweld gesterf het, asook predikante en evangeliste. Ongeveer ’n miljoen mense is ontwortel en het alles verloor. Die lidmate van die SRC het óf na buurlande gevlug óf woon tans in haglike omstandighede in VNkampe vir Internally Displaced People (IDP’s). Geen oeste kon geplant word nie en hongersnood dreig. ’n Besoek word nodig In die lig hiervan het ek in Junie vanjaar in samewerking met die Deputate vir Diakonale Sake ’n brief aan ons kerkverband geskryf om veral die nood ‘n Tipiese straat in een van die kampe.
In die lig van al die verwikkelinge het die Deputate vir Ekumeniese Sake my afgevaardig om Suid-Soedan te besoek. My opdrag was om die leierskap en lidmate van die SRC te bemoedig en om hulle ook die goeie nuus van die nansiële hulp van die GKSA en CCF mee te deel. Hulle moes verseker word dat die GKSA nie sy broers en susters in hulle geweldige beproewing vergeet het nie. Die reis Suid-Soedan is tans nie ’n maklike land om te besoek nie. Sekere gebiede is nog steeds buite perke, as gevolg van die gevegte. Selfs in Juba, die hoofstad, word daar nog daagliks mense vermoor of gemartel. Daar is geen openbare vervoer of kragvoorsiening nie. Die Ebolagevaar dreig ook daar, hoewel daar nog geen geval aangemeld is nie. Met my vertrek na Juba is ek baie siek op die vliegtuig en baie naar. Met my aankoms in Juba gaan almal op die vlug eers na die VN se mediese tente. Baie VN-soldate het ook op die lughawe aangekom om in Suid-Soedan te kom diens doen. As gevolg van die Ebola-uitbreking word almal se koors eers gemeet met ’n toestel wat hulle teen jou voorkop druk. Ek is bekommerd, want ek was siek op die vliegtuig. Ek wil nie hier in ’n kwarantynkamp gestop word nie! 37.3 grade Celsius. Ek slaag en slaak ’n sug van verligting!
24
DIE KERKBLAD ~ Desember 2014/Januarie 2015
Ekumene
Juba Ds. Patrick Jok ontmoet my op Juba se lughawe en neem my na ’n blyplek binne ’n VN-veiligheidsone. Blyplek is skaars en duur. Elke blyplek moet sy eie elektrisiteit opwek en brandstof is skaars. Mense staan tou daarvoor by motorhawens. Die middag woon ek en ds. Patrick ’n kerkraadsvergadering van die SRC by. Ek bemoedig hulle uit die Woord. Hulle is baie bly oor my besoek. “We thought we were finished, but your visit gave us hope”, sê ouderling Kamish Eco. Hulle vertel hartverskeurende verhale van pyn en verlies en ontbering en wreedhede. Hierdie manne is diep en erg getraumatiseerd. Hulle het almal die dood op die verskriklikste maniere aanskou en dierbares verloor. Sommige van die kerkraad het alles verloor en woon self in VN-kampe. Van die predikante en ouderlinge van die SRC se families kon na die buiteland vlug, maar die ampsdraers het besluit om in die land by hulle lidmate te bly. Prysenswaardig! Ds. Patrick kan nie terugkeer na sy huis in Juba nie. Sy huis is aan Dinkas gegee. Sy familie moes na Kenia vlug. So het baie lidmate alles verloor. Landwyd is sekere kerkgeboue en huise vernietig en het arm gemeentes die bietjie wat hulle gehad het, verloor. Die gruwelikste wreedhede is gepleeg. Na oorweging het ek besluit om nie hier daarvan te vertel nie, omdat dit vir my self traumaties was om net hiervan te hoor. Ek sal volstaan deur te sê dat mense voor die voet doodgeskiet word en dat aasvoëls en honde wat aan honderde lyke vreet, ’n alledaagse gesig was vir die manne. Op die kerkraadsvergadering bespreek ons ’n plan om die geldelike hulp
Die vrouens en kinders en oumense kry die swaarste – die twee susters weet nie waar hulle mans is en of hulle nog lewe nie. van die GKSA en die CCF sinvol en verantwoordbaar aan te wend. Daar word besluit om pakkette saam te stel met basiese voedselbenodigdhede, komberse en ander noodsaaklikhede en dan die pakkette aan die lidmate in die kampe uit te deel. Die SRC sien die krisis ook as ’n geleentheid vir evangelisering van ander mense in die kampe.
Die VN-kampe Bykans by elke dorp is daar ’n VN-kamp waar die een deel van die bevolking teen die regeringstroepe beskerm word. Regeringsoldate met uniforms, gewere, gewapende voertuie en donkerbrille is orals, maar gelukkig die VN-soldate met hulle blou helms ook. Regeringsoldate en –amptenare word nie deur die VN in die kampe toegelaat nie. Na veiligheidsklaring deur die VN is ek toegelaat om saam met ds. Patrick al drie kampe by Juba te besoek, ook die berugte Jebel-kamp. Die toestande in die kampe is haglik, maar dit is al plek waar die mense veilig is. Hulle woon in seilstrukture (jy kan dit nie ’n tent noem nie) met geen vaste vloere nie. Die klimaat is baie warm in die somer, maar binne-in die strukture is dit ondraaglik warm. (Tydens my vorige besoek het een van die ouderlinge wat gesien het dat ons baie warm kry, gebid: “Please, Lord, this weather is not good for our guests!”) Gesinne ontvang ’n groot sak sorghum of rys vir ’n maand, saam met ’n sakkie houtskool. Dit is hulle lewensmiddele vir die maand. Van meubels in die struktuur is daar nie regtig sprake nie. Hulle prakseer maar beddens en stoele met wat hulle in die hande kan kry. Die hoë reënval in Suid-Soedan maak dinge erger. In dorpe soos Malakal staan mense in die kampe kniediep in die water. Hulle kan dus vir nagte nie slaap nie, want hulle kan nie lê nie. By elkeen van die kampe, wat tot 10 000 mense huisves, staan nog mense tou wat ver gevlug het om die veiligheid van die kamp te bereik. Hulle wag om toegelaat te word en gaan die druk op hulporganisasies en die VN net verder
Desember 2014/Janarie 2015 ~ DIE KERKBLAD
25
Ekumene
verhoog. Siektes, swak higiëne, tekort aan medisyne en voedselvoorrade, swak infrastruktuur is aan die orde van die dag. Van die lidmate herken my van die vorige besoek en is dankbaar om my te sien. Die besoek bring bietjie hoop in ’n hopelose toestand. Dieselfde verhale van wreedheid en ontbering word vertel. Al het hierdie mense niks nie, word ek elke keer vriendelik ontvang en word daar water en koeldrank (wat gou iewers geleen of gekoop is) aangebied. Elke keer deel ek dit met die kindertjies wat om my staan en hulle vergaap aan die gas uit Suid-Afrika. Troos uit die Woord word telkens bedien en dankbaar aangehoor. “Groot dank aan ons broers en suster in die Here in Suid-Afrika”, is die boodskap wat ek telkens kry om oor te dra. Een gesin het pasgebore babatjie. Sy lê op ’n plankbedjie met ’n vlieë-net oor haar. Ek dink aan my eie kleindogter wat twee dae voor my vertrek gebore is en wat in omstandighede groot kan word wat wêrelde van hierdie ellende verwyder is. Opvallend is die kerkraad en die lidmate se vaste geloof en vertroue op ons hemelse Vader en hulle dankbaarheid vir die gawes en die besoek.
Geen konflik in die kerk nie Een van die goeie nuus-stories in die kon ik in SuidSoedan is die feit dat daar geen etniese spanning in die Sudanese Reformed Churches is nie. In die SRC is daar 22 verskillende stamme, wat Nuers en Dinkas insluit. Die kerkraad van Juba bestaan byvoorbeeld uit Dinkas en Nuers. Die eenheid in Christus gaan die etniese spanning te bowe. Kolossense 3:11 word in die praktyk werklikheid! – “Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.” Weereens ’n bewys dat die evangelie en die evangelie alleen blywende vrede kan bring.
Trauma-kursus Na die week in Juba woon ek saam met die leierskap van die SRC ’n weeklange trauma-beradingskursus in Nairobi by. Die manne wil toegerus word om trauma-berading in die kampe te kan doen, maar eers moet hulle hul eie trauma verwerk. Kerkleiers en lidmate, mans en vrouens, van ander kerkverbande in Suid-Soedan en Kenia woon ook die kursus by. Goeie bande word gesmee en almal
26
is baie dankbaar vir my teenwoordigheid. Hulle sien iets van die meelewing tussen kerkverbande oor landsgrense heen. Die kursus is aangebied deur die Christian Reformed Church of North America se World Mission. Na die eerste twee dae se trauma-berading kan die mense weer lag. Hulle is vir ’n tydjie weg van die ellende en die voortdurende spanning. Hulle begin weer kans sien vir die werk van die Here in hulle moeilike omstandighede! My werk is afgehandel.
Ongeluk Op die laaste dag kom ’n huurmotorbestuurder my oplaai lughawe toe. Op pad na die lughawe in Nairobi steek ’n voertuig wat van vooraf kom, ’n vragmotor verby en bots tromp-op teen ons. Genadiglik is niemand beseer nie. Ek besef weer ons broosheid as mense en ons afhanklikheid van die Here. ’n Ander taxi kom my haal en ek is nog betyds vir my vlug.
Gebed Vooraf het baie mense gesê dat hulle sal bid dat my missie suksesvol sal wees en dat die Here my sal bewaar. Om veilig terug te keer uit ’n oorloggeteisterde land en om nog ’n tromp-op botsing sonder ’n skrapie te oorleef, is die verhoring van baie gebede en groot genade.
Slot Baie dankie aan almal wat geldelik ’n bydrae gelewer het en aan CCF wat dit verdubbel het. Baie dankie aan die Deputate vir Diakonale Sake en die Deputate vir Ekumeniese Sake vir hulle ondersteuning en voorbidding en hulle betrokkenheid by die projek. Hierdie hulpverlening aan medegelowiges in uiterste nood is sekerlik een van die groot dinge wat die Here deur die GKSA in sy koninkryk gedoen het. Ek kan nie help om dankbaar-trots te wees om hierby betrokke te kon wees nie. Baie dankie ook aan dr. Mwaya wa Kitavi en Christian Reformed World Mission vir die reël van die trauma-beradingkursus. Ons moet aanhou bid vir ons broers en susters in die Here, wêreldwyd, maar veral ook in Suid-Soedan. Ons moet dankbaar wees vir wat ons het en die tyd uitkoop om die evangelie uit te dra. DK
DIE KERKBLAD ~ Desember 2014/Januarie 2015