Die kerkblad julie 2013 lusmaker

Page 1


Webwerf: h!p://www.gksa.org.za/

BESINNING B 20 2 Aspekte van die erediens (2)

JAARGANG 116 116, NO NO. 3270 JULIE 2013

1 VAN DIE REDAKTEUR Gebedsvolharding tot by Christus se wederkoms

ANDER A 22 2 Kerklike ditjies en datjies uit Europa (4) 26 2 The challenge of evangelizing Mali 2 Wetenskap – wat glo jy? 28 30 3 Argiefnuus 31 3 Museumnuus 32 3 Fonds vir teologiese studente skop af 40 4 Jeffreysbaai Dopper Jeugkamp 2013 48 Rugby en die koninkryk FAKULTEIT TEOLOGIE 33 'n Eerste vir PTP! Emeriti-geleentheid 2013 34 Groot M- en D-oes by Herfsgradeplegtigheid

2 BRIEWE VAN ONS LESERS 3 UIT DIE WOORD Dra mekaar se laste

42 Personalia Wel en Wee 43 Lief en Leed Op die Kerkwerf

5 REDAKSIONEEL As jy onversoend lewe, sal jy onversoend sterwe

44 Kleinadvertensies

6 HOOFARTIKEL Toe-eiening van die heil in die prediking 8 BRANDPUNT Volwasse, dienende gemeentes FOKUSARTIKELS 10 Bid vir mekaar 13 Wees 'n spieël vir mekaar 15 Gun mekaar Godgegewe ruimte 17 Hoekom is “mekaar” so belangrik?

Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar"kels, briewe ens.) Tydskri#e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Dr. CN van der Merwe (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R231.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R149.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R212.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R149.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri#elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra"ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri#e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar"kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar"kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.


Uit die Woord Ds. FJ (Francois) du Toit Lessing (emeritus) (Nelspruit)

Dra mekaar se laste Lees: Teks:

Galasiërs 6:1-10 Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.

D

ie brief aan die Galasiërs is om verskillende redes uitsonderlik, onder meer die volgende:

Die eerste lesers daarvan was nie van een besondere gemeente nie. Dit was gerig aan verskillende gemeentes in twee Romeinse provinsies in Klein-Asië, tewete Noord- en Suid-Galasië. Dit sluit nou aan by die geskiedenis soos deur Lukas in die Handelinge van die Apostels beskryf. Paulus is deur die Heilige Gees gelei om die gelowiges se kwelvraag oor wetsgebondenheid en Christelike vryheid op te klaar – om die ware betekenis van Christelike vryheid van losbandigheid te onderskei.

Klein-Asië, broeiplek van dwaalleer Uit die sendbriewe van Johannes en die boek Openbaring is dit duidelik dat die gelowiges in Klein-Asië te kampe gehad het met dwaalleraars wat baie vrae by diegene laat ontstaan het wat onlangs tot die Christendom bekeer is. Paulus se apostelskap is destyds onder verdenking geplaas en die evangelie was deur die dwaalleraars bevraagteken. Luister na die aanhef van die brief: “Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen.” Dan hoor ons sy teleurstelling in die Galasiërs: “Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en ’n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie!” Vervolgens beklemtoon Paulus sy roeping as die heidenapostel: “Dit moet julle goed besef, broers: die evangelie wat ek verkondig, is nie deur ’n mens uitgedink nie. Ek het dit ook nie van ’n mens ontvang of by ’n

Julie 2013

mens geleer nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in ’n openbaring aan my gegee. Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog ’n aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei. En in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg, want ek was ’n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders.”

Die kwessie van vryheid en gebondenheid Die bekeerlinge uit die Jodendom het aan wetsonderhouding vasgeklou. Hulle het daarop aangedring dat die bekeerlinge uit die heidendom hulle éérs tot die Jodendom bekeer om Christene te kan wees. Geesdriftig het Paulus hierteen getuig: “Julle Galasiërs, is julle dan so sonder begrip? Wie het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as ’t ware aan die kruis kon sien hang! Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo? Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig? Was al julle

DIE KERKBLAD

3


Uit die Woord

swaarkry dan verniet? Dit kon tog nie verniet gewees het nie! Hy wat julle met die Heilige Gees toerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die wet onderhou of omdat julle die evangelie glo? So was dit ook met Abraham: Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” Ná hierdie duidelike prediking kom Paulus aan die einde van die brief weer terug na die vraag oor vryheid en gebondenheid.

Ons Verlosser en Saligmaker “Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie (Gal. 5:1). Hierdie woorde van Paulus herinner ons aan die uitspraak van ons enigste Hoëpriester en Middelaar: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matt. 11:28 vv). Dan ’n waarskuwing van die heidenapostel: “Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie. Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word.”

’n Lewe deur die Gees beheers Daar is maar een van twee: óf ons lewe word deur die Gees beheers, óf ons is slawe van ons eie sondige natuur. Die vrug van die Gees teenoor die begeerte van die vlees is oorbekend. Die Christelike vryheid van ’n wedergeborene staan skerp afgeteken teen die losbandigheid van ’n wêreldling in selfsugtigheid sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld. Die gevolgtrekking van Paulus uit hierdie dubbele stelling word prakties in hoofstuk 6 uitgespel: “Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.”

4

DIE KERKBLAD

Op hierdie uitspraak volg die besondere gedeelte waarop ons fokus val: “Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.” Dra mekaar se laste. Die woorde wys op wederkerigheid. Christene moet op gelyke wyse die een teenoor die ander optree. Die werkwoord om ’n las te dra, beteken in die oorspronklike taal om iemand wat ’n swaar las op die skouer het, te ondersteun deur jou skouer langs syne/hare in te skuif en so die vrag te verdeel en ligter, draagliker, te maak. Ons is geneig om by hierdie woorde van Paulus aan laste te dink in terme van die verknorsing van ’n skuldlas. Finansiële hulpverlening, barmhartigheidsdiens. In werklikheid bedoel die heidenapostel hier die sondelas. Sondeskuld waaronder sondaars gebuk gaan. Dit kom duidelik na vore in die voorafgaande woorde: “Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.” Wie nie onder versoeking deur ons aartsvyande, die Satan, die wêreld en ons eie sondige natuur staande bly nie, val in die een of ander sonde. Mede-Christene moet mekaar nie veroordeel of in hooghartigheid die rug toekeer met skindertonge of ’n ek-is-beter-as-jyhouding nie. Inteendeel, by een wat hom/haar deur die Gees laat lei, moet daar empatie en meelewing en ’n gees van sagmoedigheid wees. Die motivering hiervoor kom uit die mond van ons Here Jesus Christus self: “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aßê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel (Joh. 15). Kom ons gee uitvoering aan die Wet van Christus – soos Hy ons liefhet: met ’n goddelike liefde, met ’n onverdiende liefde, ’n liefde tot die dood toe, die liefde van 1 Korintiërs 13: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” DK

Julie 2013


Redaksioneel

As jy onversoend lewe, sal jy onversoend sterwe O

nversoend bedoel nie alleen om onversoenlik te wees tussen God en die mens nie. Onversoend dui ook op die verhouding tussen mens en mens. Albei het met mekaar te doen. In die Nuwe Testament word drie keer geskryf van die versoening tussen God en mens (Rom. 5:11; 2 Kor. 5:18-19; Rom. 11:15). ’n Intensiewe vorm van versoen, wat beteken “ten volle versoen”, kom twee keer voor (Ef. 2:16; Kol. 1:2021). In die Ou Testament word die gedagte van versoening in die offers en godsdienstige voorskrifte afgebeeld. Die Israelitiese offersisteem het rondom die Groot Versoendag (Lev. 16) en rondom die daaglikse versoeningsoffers gesentreer.

Versoening begin by God Die sonde het die mense ’n vyand van God gemaak (Rom. 5:10). Daar het skeiding en verwydering tussen God en die mens gekom vanweë die feit dat die mens van God weggegaan het (Gen. 3:8-10). God besluit om versoening te bewerk tussen Hom en sy vyande, die opstandige, sondige mens (2 Kor. 5:18-19). Versoening dui op die herstelde verhouding van vrede tussen God en sy geskape mense (Kol. 1:21-22). Versoening gaan van God uit. Hy het alles “met Homself versoen”. Dit is die resultaat van God se besluit om deur die Seun, Jesus Christus, alles op die aarde en in die hemel met Homself te versoen (Kol. 1:20). Die versoening geld die gemeente. En wie is hulle? Hulle wat voorheen 1. ver van God was, 2. hulle wat vyandiggesind

Julie 2013

teenoor God was, 3. hulle met hulle sondige lewenswyse. Sulke mense het God met Homself versoen deur die bloed van Christus aan die kruis (1 Joh. 2:2; 4:10). Hy het die vrede herstel. Hy het deur sy Seun die breuk tussen God en mens herstel.

wat weet iemand het iets teen jou om jouself met daardie persoon te gaan versoen. Waar die hand van versoening uitgesteek word moet ons mekaar vergewe – anders sal ons Vader in die hemel ons ook nie vergewe nie.

Versoening tussen mense Op grond van sy goddelike versoening in Jesus Christus verwag God dit van gelowiges om versoening tussen mense te soek (Kol. 3:13; Filemon vs. 1012). Versoening maak verbreekte en versteurde verhoudings heel. Dit verwag God van sy verloste kinders. As jou naaste iets teen jou het, moet jy jou met hom gaan versoen – presies soos God met jou gemaak het, wat baie teen Hom gedoen het, met Hóm versoen het (Matt. 5:23-24). Dit is ’n belangrike beginsel in die evangelie van Jesus Christus! Daarom maak Christus die ernstige en amper skokkende uitspraak: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” (Matt. 6:14-15). Wie is by hierdie versoeningsaksie betrokke? Die man met die vrou wat hom in die steek gelaat het. Die vrou met haar man wat haar bedrieg het. Die kind met sy ouers wat hom nie verstaan nie. Die ouers met die kind wat hulle teleurgestel het. Die werkgewer met sy werknemer en omgekeerd. Die verpligting en die verantwoordelikheid lê op jou

Versoening is ’n daad Versoening is nie ’n begrip nie, maar ’n daad, dié daad waarop die hele Christelike evangelie berus. Hierdie daad is nie ’n veraf gedagte in jou agterkop nie. Dit is aktief teenwoordig in jou medemenslike verhoudinge, in jou vriendskappe, in jou huwelik, in jou gesin, in jou familie, op die kultuurvlak en in die politiek, veral in jou kerk. Op alle vlakke moet jy aktief aan verstoorde verhoudings werk. In jou botsing, jou konßik met iemand mag jy die situasie nie ignoreer en die persoon negeer nie. Hou dit in gedagte dat die hele evangelie by die daad van versoening staan en val. As ons onsself nie met ander mense versoen nie, word die pad na God toe versper. As God se kinders in hierdie opsig nie na Hom aard nie, is alles tevergeefs. In die Bybel word daar een rede genoem waarom God Homself met ons versoen het: omdat Hy ons liefgehad het selfs toe ons Hom gehaat het. Dít is wat kort by die onversoende mens, liefde (1 Kor. 13:4-7). Sonder liefde is versoening onmoontlik! Vergiffenis en versoening is die kern van die evangelie. Onthou: As jy onversoend lewe, sal jy onversoend sterwe. CNM

DIE KERKBLAD

5


Brandpunt Prof. Gert Breed (Teologiese Skool)

Volwasse, dienende gemeentes K

erke wat mekaar en ander dien, sal groei en God verheerlik. Kerke waarin mense mekaar en ander nie dien nie, sal kwyn en uiteindelik sterf.

Ons God wat dien Adam en Eva kom ná hulle sonde agter dat hulle kaal is en probeer hulleself met blare toemaak. Ons God maak vir hierdie mense wat Hom nou net met hulle sonde bedroef het, klere van vel. In Psalm 23 besing die digter God as Herder wat vir hom sorg en hom beskerm en lei, as Gasheer wat hom salf en by ’n feesmaal ontvang, en as ’n Vader in wie se huis hy sy lewe lank bly. God sê in Esegiël 16 dat Israel soos ’n baba was wat ná haar geboorte weggegooi is om te sterf, bebloed en sonder dat die naelstring verwyder is, en Hy het Hom oor haar ontferm: Esegiël 16:9 – “Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.” In Esegiël 34 verwyt die Here die herders van Israel dat hulle net vir hulleself gesorg het en nie die kudde gedien het nie. Dan sê Hy in vers 15: “Ek self sal my skape

8

DIE KERKBLAD

oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk.” Hoor u? Verstaan u Wie ons Here en ons God is? Die Almagtige wat mense dien met sy liefde en genade. Jesus het ook gekom om te dien en so sy Vader te verheerlik. Markus 10:45 – “Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.” In Johannes 13 word vir ons vertel hoe Jesus sy dissipels se voete was. Hy doen die werk van ’n slaaf. Hy dien hulle en dit is ’n teken van hoe Hy hulle aan die kruis gaan dien. Johannes sê dit is liefde tot die uiterste toe. Toe Jesus hulle klaar gedien het, het Hy hulle opdrag gegee om mekaar ook so te dien. Die Heilige Gees is as ons Trooster gestuur, Hy lei ons in die volle waarheid en wanneer ons nie meer weet hoe en wat om te bid nie, tree Hy vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. Hy stort God se liefde in ons harte uit. Hy maak dat daar fonteine van lewende water uit ons binneste vloei

– om mekaar te dien. Die Heilige Gees gee aan ons genadegawes sodat ons mekaar en ander daarmee kan dien. Die Here, die almagtige God, is vol genade en barmhartigheid, Hy is nie skaam om selfs die minste van die minstes te dien nie. Sy liefde sal liefde in ons wek.

Kerke moet dien Kerke moet dien, soos Jesus hulle gedien het. Onder dienswerk verstaan ons elke daad van hulp, ondersteuning en bemoediging, elke projek wat jy in gehoorsaamheid aan God aanpak. Kerke wat nie dien nie, sal moeilik die kragtige werking van God ervaar. Ons lees hierdie waarheid raak in 1 Korintiërs 12:4-6. Paulus sê dat daar ’n verskeidenheid genadegawes is, dat daar ’n verskeidenheid bedieninge (diakonia) is, en dat daar ’n verskeidenheid kragtige werkinge is. Dit beteken dat wanneer ’n gemeente sy genadegawes gebruik om ’n verskeidenheid dienswerk te doen, werk God op ’n kragtige wyse in daardie gemeente. Die gemeente word opgebou en hulle lig skyn helder in hierdie wêreld se donkerte.

Julie 2013


Brandpunt

Wanneer hulle nie dien nie, bedroef hulle die Heilige Gees en kan dit wees dat God se kragtige werking verhinder word. In 1 Petrus 4:10 word gesê dat ons bestuurders is van God se veelkleurige genade en dat ons ons gawes moet gebruik om mekaar te dien. Kerke moet dus kanale wees waardeur hulle die genade na mekaar en na die wêreld laat vloei. Ons ken Jesus se gelykenisse van die eienaar van ’n wingerd of huishouding wat op reis gaan en sy diensknegte aanstel om sy belange te behartig, en wanneer hy terugkom eis hy rekenskap. So sal God ook rekenskap eis van die kerk oor hoe hulle sy genade bestuur het. Het hulle ander daarmee gedien of het hulle dit vir hulleself gehou? ’n Gemeente waar elkeen vir homself leef, is soos ’n klomp verstopte kanale waardeur die genade wat God aan die gemeente en die wêreld wil gee, nie kan vloei nie.

Kerke wat dien, word versorg en toegerus Uit verskeie Skrifgedeeltes is dit duidelik dat lidmate mekaar moet dien en versorg. Nie een mag oorgeslaan word nie, die geringste van die lede moet die beste versorging ontvang (1 Kor. 12:2226). Daar moet seker gemaak word dat daar liefde, vrede en eenheid in die gemeente is, want die kerk is die bruid van Christus, gekoop met sy kosbare bloed. Dit is die taak van ouderlinge om toesig te hou dat elke lidmaat met die liefde van Christus versorg is. Dit is egter onmoontlik vir ou-

Julie 2013

derlinge om self al die versorging te doen. Daarom het die Gees aan elke lidmaat genadegawes gegee sodat hulle mekaar kan versorg. Die gelowiges moet vir hierdie taak toegerus word sodat hulle mekaar en ander kan bedien met God se genade waaroor hulle as bestuurders aangestel is. In Handelinge 6 lees ons dat die werk in die gemeente vir die apostels te veel geraak het en dat die oplossing was dat daar nog leiers gekies moes word om te sorg dat die versorging en toerusting kan plaasvind. Hiermee leer die Here ons ’n belangrike beginsel, naamlik dat die werk verdeel moet word. Meer mense moet elkeen minder doen sodat hulle dit beter kan doen. Daarom lees ons dat daar gaandeweg diakens gekies is om die ouderlinge by te staan om die gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk, sodat hulle mekaar kan versorg en toerus en ook ander buite die gemeente kan dien. Elke gemeente moet dus vra of hierdie vier dinge in die gemeente gebeur: Word elke lidmaat (ook die skapie wat afdwaal en hardkoppig is) intensief versorg? Word elke lidmaat toegerus om dienswerk te doen? Word lidmate prakties begelei in hulle dienswerk en verantwoordelik gehou om dit te doen? Doen ons as gemeente die dienswerk wat die Here op ons pad bring? As die prediking, huisbesoek, Bybelstudie, kleingroepe en kursusse net daarop gerig is om te versorg, doen ons nie wat die Here van ons vra nie, en gaan ons

gemeente kwyn. Elke lidmaat moet toegerus word, by elke lidmaat moet die wete ingeskerp word dat hulle hul gawes moet gebruik om te dien. Katkisasieklassies moet ’n diensprojek kry, sodat hulle van kleins af leer om te dien. Ouderlinge moet nie net rapporteer dat die lidmate in sy wyk versorg is nie, maar ook oor hoe hy vorder om hulle toe te rus en hoe die lidmate reeds begin dienswerk doen het. Deur lidmate toe te rus om mekaar te bedien en mekaar toe te rus, skep die ouderling ruimte dat hy sommige lidmate intensiewer kan bedien. Die diakens moet leiding neem, onder toesig van die ouderlinge, om lidmate prakties tot dienswerk te begelei. Die predikant moet toerusters oplei. Ons moet nie maar net meer vir mekaar sê wat gedoen behoort te word nie, maar ook vir mekaar wys hoe dit gedoen word. Elke gemeente moet dus weet dat hulle hierdie twee take het: om lidmate te versorg en lidmate toe te rus. Lidmate word versorg sodat hulle die liefde van God kan ervaar en kan groei in hulle onderlinge eenheid, sodat God daardeur verheerlik word. Lidmate moet toegerus word sodat strome lewende water uit hulle binneste kan vloei na mekaar toe en na die wêreld daarbuite. So word die grootheid van God se genade in die wêreld sigbaar (Ef. 3:10). ’n Gemeente wat versorg en toegerus is en mekaar en ander dien, sal in volwassenheid en in getalle groei. Dit kan alleen gebeur as lidmate meer en meer aan die bediening deelneem. DK

DIE KERKBLAD

9


Fokusartikel Ds. Attie Venter (Pretoria-Annlin)

Wees 'n spieël vir mekaar Hebreers 11:24 “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.”

Wees ’n spieël vir mekaar ie Bybel wemel van tekste waar gelowiges aan mekaar toevertrou word. Dis asof God die vraag van Kain of hy sy broer se wagter is, wou beantwoord. Een van die tekste is Hebreërs 10: 24 (vgl. ook 1 Tess. 5: 11), waar gelowiges opgeroep word om na mekaar se geestelike groei om te sien. Geestelike opbou vind nie net plaas deur Woordverkondiging nie, maar ook deur die voorbeeld van medegelowiges. Om soekend na mekaar te kyk, is om die vrug van die Gees te soek, en om te weerspieël wie jy is, is om die bewys te wees van God se vernuwende werk. Soos ’n spieël wys hoe ons uiterlike lyk, weerspieël medegelowiges hoe ver ons op die pad na heiligmaking gevorder het.

D

Wat is ’n spieël? ’n Spieël is gemaak om ’n presiese weergawe te gee aan die een wat die waarheid wil hoor. ’n Spieël is nie bedoel om iets by die prentjie by te sit of weg te

Julie 2013

neem, of om die een wat voor die spieël staan, beter te laat voel nie. Die korrekte spieël sal elke haar op jou kop en elke gesigsuitdrukking presies weergee – en ook byhou soos dit verander. Daar is egter spieëls wat gemaak is om ’n valse beeld te weerkaats. Sommige het Þlters wat nie alle lig deurlaat nie, en sommige is gebuig om die beeld te vergroot of te verklein. Dit kan selfs ’n beeld totaal buite verhouding verwring (soos die spieëls by die mallemeule of pretpark waar jou liggaam buite verhouding vergroot word en jy potsierlik voorkom).

Jy spieël jouself in ander Met dit in gedagte kan ons nou na die oproep kyk dat ons vir mekaar ’n spieël moet wees – of eintlik vanself is. ’n Mens is maar altyd geestelik op reis na ’n nuwe bestemming. Jy is op pad na die beste jy wat jy kan wees. Of in elk geval ’n beter jy. ’n Kleuter groei na die beste tiener; die tiener na die beste jong volwassene en die jong volwassene na die beste volwassene. So ook groei die sakeman na die meer suksesvolle sakeman, so streef die ongewilde jongmens daarna om ’n meer gewilde jongmens te wees. Die jong gelowige kyk na een wat vir hom sterker lyk en wil ook so wees. Wat gemeenskaplik is in al hierdie groei, is dat jy na iemand anders kyk. Jy kyk na ander en weet daar is beter. Jy het nog nie jou doel bereik nie. Vir die doel van hierdie artikel gaan ons veral daaraan dink oor hoe ons onsself in ander mense spieël, maar dan ook self as wedergebore Christene poseer. Dadelik moet ons erken dat daar iets van ’n misterie in die mens aan die werk is, wanneer ons iemand soek in wie ons onsself kan spieël. Ons soek nie vanself die mens met die beste waardes nie. Jy vind dalk jou ideale voorbeeld in iemand wat vir die gemeenskap of jou ouers of jou kerk onaanvaarbaar is. Om te ontken dat ook ons geestelike of geloofselfbeeld gebou of afgebreek word deur wat ’n ander oor ons weerkaats, sou dwaas wees. Ons steur ons aan ander mense, en wat ander aan ons weerspieël, is belangrik. Vir ons as gelowiges is dit dus nodig dat ons ’n rolmodel sal kies wat die Bybelse waardes die beste weergee. Wanneer jy na iemand kyk,

DIE KERKBLAD

13


Fokusartikel

dan moet dit die praktiese vergestalting wees van wie in die Woord vir jou beskryf word. En natuurlik sou ons niemand beter as Jesus Christus self kon kry nie. Hierdie proses van spieëling vind gewoonlik spontaan plaas en dit duur onbepaald voort. (Dis nie ’n dubbelperiode voor middagete en dan is die kursus klaar nie.) Ons kan egter nie die invloede van buite toelaat om ons vryelik binne te dring nie. Daar moet beheer wees. Ons moet onsself bewapen met die geestelike wapentuig waarvan ons in Efesiërs 6 lees. Nou kan ons verstaan waarom dit belangrik is dat ons onsself gedurig omring met mense wat Christus se waardes uitstraal, sodat daar goeie indrukke op ons soekende gees gemaak word. Onvermydelik egter gaan ons onsself ook bevind in die geselskap van mense met slegte of goedkoop waardes. Dan moet die waarskuwingsligte lui en ons moenie hulle lewe nastreef nie. Ons mag egter nie veroordelend wees nie, want ons is ook spieëls. ’n Spieël veroordeel nie, maar wys die waarheid. Dan wys ons die waardes wat die lewe sinvol maak en wat waarde gee. En as ons uitstraal wie ons geword het in Christus, dan is ons ook die lewende bewys dat God sy Woord en beloftes getrou is. Mense sien dat verandering werklik moontlik is. Hulle sien iemand voor hulle in wie se lewe God vernuwing gebring het. Hulle sien die God-verheerlikende blydskap, hulle sien geduld in beproewing, en hulle sien die lewensdiepte wat volle oorgawe aan God en sy koninkryk bring. Hulle sien die resultaat van iemand wat deur die Drie-enige God se liefde wederbaar is.

Ander spieël hulleself in jou Dit is daarom onvermydelik dat mense hulle in jou sal spieël. Wanneer jy uitstraal dat jy die bestemming bereik het waarheen ander in hulle lewe op pad is, is dit onvermydelik dat hulle jou as spieël sal gebruik. Niemand gaan jou toestemming vra nie, en jy kan niemand verbied om jou te gebruik nie. Jy het nie kopiereg op jouself of jou lewe nie. Die Heilige Gees besit daardie kopiereg. As Christene kan ons ook nie ons skouers ophaal en sê ek aanvaar nie verantwoordelikheid daarvoor as iemand hulle in my spieël nie. Dit is inteendeel

14

DIE KERKBLAD

juis ons goddelike roeping en opdrag. Matteus 5:16 – “Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke sal sien en God verheerlik.” God word nie net verheerlik deur wat mense in jou lewe sien nie, maar hulle sal self tot bekering en aanbidding van God kom. Hoe kan ek myself as spieël van Christus aanbied as ek eintlik ’n spieël is wat vir die pretpark gemaak is? Krom en gebuig sodat ek ’n valse beeld voorhou. Dan maak ek ’n karikatuur van Christenskap en ek mislei mense. Maar onthou dat jy nie net spieël is as jy so voel nie, jy is dit as jy kerk toe gaan, as jy oor God praat, as jy Bybel lees.

Waaroor die spieël swyg ... As kinders van God is daar egter ’n ander saak waaroor ons altyd baie sensitief moet wees. Dit is ander mense se seer. Daar bestaan nie iets soos ek is nou maar eenmaal ’n reguit mens en ek sê ’n ding soos dit is nie. Ons moet sagte spieëls wees wat die liefde van Christus en sy genesende genade uitstraal. Mense kruip dikwels weg en steek hulle ware gevoelens weg, en dan is dit moeilik om die ware mens te sien. Uit Spreuke 14:10, 13 is dit duidelik dat dit wat ’n mens met liggaamshouding uitstraal of selfs met woorde uitspreek, nie altyd die waarheid is nie. Die spieël kan lieg. Die gesig kan lag, maar daar kan bitterheid in die gemoed wees. Agter ’n lag kan ’n traan skuil. Christene moet leer om dieper te kyk as die spieël voor jou. Ons is van daardie soort spieëls waarvan die harde en wrede lig uitgeÞlter word sodat ons ’n sagte, aantreklike lig uitstraal. Alles is nog daar, maar die klem word elders geplaas. Wat ons nooit uit die oog moet verloor nie, is dat ons soos 1 Korintiërs 13 sê: “… ook deur ’n spieël kyk en ’n raaiselagtige beeld sien.” Ons ken ten dele en ons word ten dele geken. Ons sien dalk woede of belangeloosheid, maar dieper in die beeld is daar eensaamheid en verlange. Daarop moet ons reageer. Jy het nie ’n keuse of jy ’n spieël wil wees nie, jy het wel ’n keuse in wat jy gaan weerkaats. “Wee hom en haar wat een van die kindertjies wat in Jesus glo, laat struikel.” DK

Julie 2013


Fokusartikel Ds. Petrus Grové (Wapadrant)

Hoekom is “mekaar” so belangrik? Hoekom is “mekaar” so belangrik? at kan ons as Christene doen wat sal veroorsaak dat die wêreld sal erken dat Jesus die gestuurde Verlosser is? Miskien as die volgelinge van Jesus in Suid-Afrika die helfte van hulle geld aan die armes uitdeel, sal dit nogal ’n roering veroorsaak? Dalk as gelowiges landswyd ’n nuwe roepingsbesef kry en die strate invaar met Bybels en traktaatjies om ongelowiges met die evangelie storm te loop? Nee wag, dalk as ons meer kerke bou en predikante oplei om die menigtes tot bekering te roep, dit sal nou vir jou ’n groot impak maak.

W

spits op eenheid met mekaar, oortuig dit vanself dat Jesus die Verlosser is. Om een te wees as gelowiges in Jesus, is dus nie ’n goeie ideaal of droom nie, maar ’n vereiste waarsonder die wêreld Jesus nie sal raaksien nie, selfs al probeer ons allerhande dinge doen om mense te bereik. Eers as ons een is, kom die liggaam bymekaar en kan ander Jesus in “lewende lywe” sien. Ons sien in Handelinge 2:4247 dat die eerste gemeente hulle toegespits het op eenheid in al hulle handelinge; dit het veroorsaak dat die hele volk hulle goedgesind was en daagliks is nuwe mense tot die gemeente bygevoeg.

Waarskynlik sal al bogenoemde pogings deur die kerk ’n enorme reaksie meebring, dit sal dalk duisende na die kerke laat stroom. Die waarheid is egter dat dit ons nie in ons doel sal laat slaag sodat die wêreld sal erken dat Jesus die Here is nie. Wat kan ons as kerk dan doen? Die Bybelse oplossing lê gelukkig by iets baie meer doenbaar en eenvoudig.

Hoe spits ons ons op mekaar toe? In Johannes 17:21-23 en Efesiërs 4:3 sien ons dat God die Bron van eenheid is. Jesus bid vir die eenheid van sy volgelinge, Hy beveel hulle nie in die eerste plek om een te wees nie, maar bid dat hulle een mag wees.

Johannes 17:21-23 maak dit duidelik dat as ons een is met mekaar, die wêreld sal erken dat Jesus die Gestuurde van God is. As gelowiges hulle werklik toe-

In Efesiërs 4:3 lees ons dat ons ons moet beywer vir die eenheid wat die Gees gee. Een wees met mekaar is daarom ’n Goddelike gawe, net God kan dit gee.

Julie 2013

Om eenheid met mekaar te bewerk, is dus nie eerstens iets wat ons moet bewerk nie, maar iets waarvoor ons moet bid. Ons kan nie eenheid skep nie, ons Vader moet dit vir ons gee. Eenheid met mekaar kan daarom nie in ’n vergadering gereël word waar reëls neergelê word om eenheid te organiseer nie. Nee, eenheid is ’n vrug van gelowiges wat in hulle verhouding met God geïnspireer word om deur die krag van die Gees eenheid te begeer. Eenheid begin in afhanklikheid voor die Here, waar ons vra: Vader, maak ons een. Hierdie gebed is ’n dringende gebed vir ons as liggaam van Christus, omdat die wêreld daarsonder Jesus nie sal erken nie en alles wat ons doen, nutteloos sal wees. Begin dus persoonlik bid en as gemeentes bid vir eenheid met mekaar. Vra dat God sy eenheid oor gelowiges sal gee, blankes, swartes en kleurlinge, een in Jesus. Deur saam te bid, kan oud en jonk saamwerk tot eenheid met mekaar in ons land.

Hoe lyk hierdie eenheid met mekaar? Jesus bid dat sy volgelinge een sal wees, soos Vader en Seun met mekaar een is. Hierdie eenheid is bo ons vuurmaakplek – met ons

DIE KERKBLAD

17


Julie 2013

DIE KERKBLAD

19


Van Oraloor Ds. Eric Kayayan (Reformerd Faith and Life) (Rietvallei)

The challenge of evangelizing Mali A Christian FM radio in Timbuktu! s I write these lines (end of January 2013), the news have just reached me that the legendary town of Timbuktu, in northern Mali, has been freed by French troops after ten months of violent occupation by Jihadist groups (in particular AQIM, Al Qaeda in Islamic Maghreb). No doubt the news of the liberation of Timbuktu would have particularly gladdened the heart of my friend and brother in Christ, pastor Abdoulaye C. Less than a week ago Abdoulaye was telling me over the phone (from Bamako, Mali’s capital) that amidst bombings of Al Qaeda camps outside of Timbuktu by the French Rafale planes, Jihadists had sought refuge in the building where his Christian FM radio, Radio Tahanint, had been operating for the past seven years. How ironic that they would seek refuge in the very building which they vandalized shortly after taking over Timbuktu early last year …

A

Radio Tahanint, supported by Reformed Faith and Life and also broadcasting its radio programs, had brought about a real change in the mentality of the local population – predominantly Muslim. Timbuktu is the cultural center of Islam in Africa, hosting a famous library rich in ancient manuscripts (about 20 000, some

26

DIE KERKBLAD

of them going back to the 13th century). Little by little, instead of relying on what their Muslims marabouts (African imams) have said about Christianity for more than a thousand years, locals had started phoning Radio Tahanint to Þnd out directly from the staff what Christian beliefs actually are, why Christians speak of Jesus as “the Son of God” and many topics related to the Bible. But all this came to an end in March 2012, while Abdoulaye and I were attending a seminar on radio management in Abidjan, the huge metropolis of neighbouring Ivory Coast. He was due to stay a little longer there after the end of the seminar, among other to purchase some additional equipment for the studio of Radio Tahanint (thanks to a generous gift of a Canadian church approached to that effect by Reformed Faith and Life). But then the news struck: Jihadists had conquered Timbuktu and one of the Þrst things they did, was to vandalize the studio, knowing that it was a centre of propagation of the Christian faith. The staff of the radio (18 people in total) had felt the looming danger, though, and managed to hide in good time all the equipment in a secure place, so that except for the studio itself (which will have to be rebuilt) no loss or injury was suffered. The whole staff could also get out of town in time. The very day Jihadists stormed in, Abdoulaye’s wife and their 7 year old daughter (who at that stage needed urgent medical treatment) escaped from another side of the town and jumped into a bush taxi to join some family living a few hundred miles South of Timbuktu. Eventually, Abdoulaye and his family managed to reunite around Bamako, the capital city of Mali, then the theatre of a military coup that chased the former president of Mali, Amadou Toumani Toure. Wondering about the roots of Islam Nine months of Sharia law heavily imposed on the populations of the north (with public amputations of thieves’ hands, whipping of those who would be caught smoking or listening to Western music, even stoning of adulterous couples) have made more than one inhabitant wonder about the roots of Islam. What should be the correct interpretation of the Quran? Why did Mali become the target of such fanatics? Most Malians are traditional Muslims, but even in their worst dreams they never imagined that such a scenario could become reality in their beloved country. During my second visit to Mali – last year in November – I had a chat with a restaurant owner who expressed his indignation at the caricature of Islam presented by these Jihadists from the north. Was Muhammad not – so he insisted – the real father of human rights? After all, he was the one who made of religious tolerance a virtue, paving

Julie 2013


Van Oraloor an enlightened way for generations to come, wasn’t he? Little did this man know about Muhammad’s treatment of the Jewish community in Medina, after they refused to acknowledge him as an inspired prophet and sneered at his claim of being Allah’s very special messenger … Christian leaders in Mali witness an increase in genuine interest from their Muslim “cousins” (as they call them) about Isa (Jesus) and Injil (the Gospel, as it is called in the Quran). It is very likely that this tendency will grow further. Thousands of refugees from the north – including countless Tuaregs who have strictly nothing to do with any independence movement in the north – have been pouring into the capital, Bamako, and have now to make sense of their uprooted existence. There can be little doubt that now, more than ever, is the great challenge for the evangelization of Mali. Muslim clerics are at odds with each other about what happened (during the past months some tried to negotiate with the Jihadists, and were even ready to Þnd a compromise about the application of the sharia law to the whole country). How will the tiny minority of Christians there tackle the great task, with all the necessary sensitivity towards their Muslim “cousins”, also with adequate tools? Fifty six Christian radios in Mali The role of about 56 Christian FM radios spread mostly in the south of the country, is vital in this respect. Which is the reason why since 2011 the ministry of Reformed Faith and Life has made a priority to get involved not only by sending radio programs – in the form of recorded CD’s – to these stations, but also by helping them at the level of logistics and advice regarding the proper management of radio stations and studios (which includes staff, programs, Þnances and equipment). There is indeed little use in producing programs from South Africa and sending them all over the place, when the basic facilities to broadcast them are deÞcient, despite the best good will and the limited means available locally. The November trip had precisely in view to assess local situations and needs, and to compile a proper report to be sent to larger Christian organizations dealing with broadcasting the Gospel in Africa. Actually these should take over, using all relevant information put together in this report. RFL did offer a training seminar in Bamako, though, with the assistance of a South African missionary couple very experienced in both technical and management issues. Some funds were also allocated to purchase much needed new material, to replace faulty equipment or repair damaged antennas. As long as Reformed Faith and life will have the means to do so, such sporadic actions geared towards emergency situations will continue. A special fund for Christian FM radios in Mali has been set up for this speciÞc purpose. The production of adequate literature must also receive urgent attention. In particular, a well presented pamphlet in French and in Bambara (one of the most commonly spoken languages in Mali), destined to answer typical questions which Muslims have regarding the Bible and the Christian faith, is much needed. Training adequately existing pastors is also an urgent task: they must not only feed properly their ßocks, but also reach out with a solid Julie 2013

knowledge of God’s Revelation in Scripture at hand. Many missionaries have left Mali (some upon the insistence of their government). It must also be said that some missions have been purely interested in uplifting socially local communities, rather than proclaiming the full Gospel and accompanying the social and cultural developments which such proclamation should always produce (“… teaching them to observe everything I commanded you … Mat. 28:20”). Needless to say, this rather secular approach has not yielded the expected fruit: locals merely attend the meetings organized by the missions when they know for sure that some other material good will be distributed ... A two-edged sword As is well known, Hebrews 4:12 speaks of the Word as being sharper than a two-edged sword. But how is this sword different from those handled by Jihadists to chop heads or hands? Western sceptics and secular humanists choose not to see any difference between the two; they claim that any religious message is merely a factor of alienation and a trigger of fanatic intolerance. Those who have read the passage of Hebrews 4:11-16 should know, however, that the Word which is a two-edged sword is no one else than the great high priest who was himself cruciÞed for the sake of mankind: through this unique Mediator – the true and eternal Son of God – access to the Father has really been obtained, and fellowship with Him through the Spirit has become a reality. It is this reality which the disarrayed population of Mali desperately needs to hear. DK

DIE KERKBLAD

27


jeug Ds. Wilhan Jobse (Jeffreysbaai)

Jeffreysbaai

Dopper Jeugkamp 2013

O

p 1 April 2013 het die Gereformeerde jeug van die Oos-Kaap op Jeffreysbaai saamgetrek. Vanaf Burgersdorp, Oos-Londen tot in Jeffreysbaai het die jong Doppers kom wys hoe baie energie hulle vir die kerk van die Here het. As kamptema het ons gaan kyk na die vraag: “Wie is ek regtig?” Ons het Bybelstudie gehou en gepraat oor my identiteit as jongmens en waar en by wie ek dit moet gaan soek en vind. Elke jongmens wat die kamp bygewoon het, het met ’n boodskap huistoe gegaan en met die vaste geloof dat ons identiteit in Jesus Christus alleen gegrond is. Prof. Leon Coetsee het ook oor dié tema ’n spanbou-sessie aangebied en ons wil vir hom opreg dankie sê vir dit wat ons uit sy werksessie kon leer. Dit sal ons altyd bybly. Saam met dit het ons in groepverband ’n tekenprojek ontvang. As tekenprojek het elke groep ’n Bybelvers ontvang wat hulle graÞes moes voorstel en verduidelik. Dit was natuurlik ’n groot uitdaging en ons moes baie inisiatief en kreatiwiteit aan die dag lê. Ons het darem nie net die hele tyd gewerk nie, daar was meer as genoeg tyd vir speel en lag. Met allerhande “interessante” groepspeletjies wat die twee predikante aangebied het, is ons behoorlik op ons tone gehou. Die weer wou nie altyd saamwerk nie, maar ons het die beste van elke 40

DIE KERKBLAD

geleentheid gemaak. Die hoogtepunt van die kamp was verseker die uitreik na die Eden Glen-aftreeoord. Ons is so gewoond daaraan om net altyd te ontvang – met hierdie uitreik het ons die geleentheid ontvang om uit dankbaarheid terug te gee. Elke jongmens het twee kaartjies gemaak met ’n Bybelvers of bemoedigende woorde daarin en toe het ons dit gaan uitdeel by die Betcare-eenheid, sowel as in die versorgingseenheid. Daarna het ons in een van die gange van die versorgingseenheid die “Onse Vader”gebed vir die oumensies toegesing. Dit was ’n onbeskryßike ervaring om te kon sien hoe jeug en ouderdom bymekaar uitkom en wat dit vir albei beteken. Vir al hierdie aksies het ons natuurlik goeie kos nodig gehad om die energie te verskaf. Ons wil baie dankie sê aan die susters van die Geref. Kerk Jeffreysbaai vir hulle harde werk en moeite om ons mae vol te hou. Ons kon julle liefde in die kos sien wat julle aan ons voorberei het en ons het soos konings geëet. Hierdie kamp was voorwaar besonders en nog een van baie wat vir die Gereformeerde jeug in die OosKaap voorlê. Maak dus seker dat jy as jongmens nie die volgende kamp mis nie – jy weet nie wát jy mis nie! Alle eer aan die Here vir die voorreg om jonk te wees in Christus! DK Julie 2013


jeug

Julie 2013

DIE KERKBLAD

41


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.