SKRIFSTUDIE 14 Die vierde seël – die ruiter op die vaal perd
JAARGANG 117, 117 NO. NO 3281 JULIE 2014
1 VAN DIE REDAKTEUR Wie is die ware Moslems?
ANDER 16 Kuratore rapporteer aan die kerke – Junie 2014 18 Ds. Anton van Rensburg emeriteer 19 Nuwe naslaanboek uit die pen van prof. Jordaan 20 Heilbron vier fees 22 Herfsgradeplegtigheid Fakulteit Teologie 40 “Die Moslems darem ...!” IN DANKBARE HERINNERING 30 Ds. Krüger van Niekerk
2 UIT DIE WOORD Sing vol verwondering van Christus, die Here
32 BRIEWE VAN ONS LESERS
4 REDAKSIONEEL Pinkster en Teologie: Pentekostalisties of Reformatories?
34 Lief en Leed Op die Kerkwerf 35 Personalia Wel en wee
6 BRANDPUNT Die ontstaan van die heelal
36 Kleinadvertensies
DISKUSSIE 8 Postmodernisme en 'n nuwe manier van kerkwees 10 Die Pentekostalisme se gebruik van die Bybel 12 Arbeidsonrus – 'n etiese perspektief
Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R231.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R149.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R212.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R149.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Redaksioneel
Pinkster en Teologie Pentekostalisties of Reformatories? O
ns leef tans in besonder in die bedeling van die Heilige Gees. So pas (8 Junie) het ons weer aan die uitstorting van die Gees op Pinksterdag gedink. Nadat Christus deur sy kruisdood en opstanding sy verlossingswerk hier op aarde voltooi het, het Hy na die hemel opgevaar en aan die regterhand van sy hemelse Vader gaan sit. Tien dae ná sy hemelvaart het Hy, soos Hy beloof het, die Heilige Gees gestuur. Ons lees daarvan in Handelinge 2.
Die verheerlikte Christus wat sy Gees gegee het, deur sy Gees in ons woon en werk, behoort dus alles in ons lewe en in sy kerk te beheers. Dit geld ook vir die teologie. Alle teologie behoort “Pinksterteologie” te wees, in dié sin dat die Gees, wat die Skrywer van die Woord is, ook – deur dieselfde Woord – die gelowige nadenke oor die Woord beheers. Anders gestel: alle ware en suiwer teologie behoort van begin tot einde Skriftuurlike teologie te wees.
Die Heilige Gees, ewige God saam met die Vader en die Seun, is aan elke gelowige gegee “om my deur ’n ware geloof Christus en al sy weldade deelagtig te maak, my te troos en ewig by my te bly” (HK So. 20). Die Heilige Gees is aan ons gegee om ons alles te leer en ons te herinner aan alles wat Christus gesê het (die openbaring soos ons dit in die Bybel het; Joh. 14:26). Hy is gegee om ons in alle waarheid te lei (Joh. 16:13).
Ongelukkig kan dit nie van alle teologie gesê word nie. Die wonderlike eenheid van die eerste gemeente op Pinksterdag het nie lank gehou nie. Ons kan maar net die briewe van Paulus lees om te weet hoe gou die (teologiese) dwaling in die kerk ingang gevind het en bestry moes word.
Johannes 14:26 is een van die duidelikste tekste in die Bybel waar sowel die eenheid van die Woord en die Gees as die genoegsaamheid van die Woord geleer word. Die Gees bring nie nuwe openbaringe nie. Hy spreek nie uit Homself nie (Joh. 16:13). Ons het in die Bybel alles wat ons nodig het. Die Gees het gekom om Christus te verheerlik, “OMDAT HY DIT SAL NEEM WAT AAN MY BEHOORT, EN AAN JULLE VERKONDIG” (Joh. 16:14).
4
Pinksterteologie So is daar in ons tyd ’n teologie wat as “Pinksterteologie” of ook Pentekostalistiese teologie bekendstaan. Hierdie laaste woord kom van die Griekse woord wat “vyftig” beteken. Die Heilige Gees is 50 dae na die opstanding van Christus uitgestort. Ander “teologieë” wat in die kern op dieselfde neerkom, is die Charismatiese teologie, Neo-Pentekostalistiese teologie, ensovoorts. Die wortels van hierdie teologie lê baie ver in die geskiedenis terug. Ons lees al selfs in 1 Korintiërs 14 hoedat Paulus die dwaling rondom die
“spreek in tale” moes besweer. Reeds in die tweede eeu na Christus was daar die Montaniste wat daarop aanspraak gemaak het dat die Heilige Gees voortdurend nuwe openbarings maak. In die tyd van die Reformasie moes Calvyn nie net die Skriftuurlike leer teen die Roomse dwaling verdedig nie, maar net so sterk teen die Anabaptiste (letterlik “wederdopers”) wat die kinderdoop verwerp het, en in die leer oor die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament gedwaal het, ensovoorts. Die oorsprong van die “moderne” Pinksterteologie word deur navorsers by die werk van veral twee persone, Charles Fox Parham en William Joseph Seymour, in Amerika gesoek. Parham het eerste die leer van die doop met die Gees verkondig, wat deur die spreek in tale bevestig word. Seymour was ’n “dissipel” van Parham, en hy het die leidende rol in die sogenaamde Azusastraat-herlewing in Los Angeles in 1906 gespeel. Dit is as ’n “uitstorting” van die Gees gesien. Die koms van die Pentekostalisme na Suid-Afrika kan direk verbind word aan dit wat in Amerika gebeur het, met ook duidelike invloed van onafhanklike Afrika-kerke (Sioniste, ens.). Die vernaamste Pentekostalistiese groepe in Suid-Afrika is die Apostoliese Geloofsending (AGS), die Volle Evangelie Kerk, die “Assemblies of God”, die Pinkster Protestantse Kerk (PPK), ensovoorts.
DIE KERKBLAD ~ Julie 2014
Redaksioneel
Neo-Pentekostalistiese groepe is onder andere die bekende Rhema, Vineyard Ministries, ensovoorts.
Leerstellige verskille met Reformatoriese teologie Wat die GKSA betref, vind ons onsself in die Reformatoriese tradisie, in die lyn van Calvyn. Wat die teologie betref, het ons dus bewustelik vir die beoefening van die Reformatoriese (Gereformeerde) teologie gekies. Dit beteken in die verband van hierdie artikel dat ons die teologie op die fondament van die Woord beoefen, binne die raamwerk van die Gereformeerde belydenisskrifte waarin ons die kernwaarhede van die Skrif, onder leiding van die Gees, bely. Vanuit hierdie perspektief gesien, behels die verskille tussen die Reformatoriese en Pinksterteologie onder andere die volgende sake: z Doop met die Gees – Die Pinksterteologie leer die doop met die Gees as ’n spesifieke “ervaring”, bo en behalwe die “gewone” ontvangs van die Gees met die wedergeboorte en bekering. Die bewys van hierdie doop word dan in die spreek in tale gevind. Hierteenoor leer die Skrif dat elke gelowige die volle gawe van die Gees ontvang. Daar is nie ’n groter gawe van die Gees as die geloof in Jesus Christus as jou Verlosser nie. Die Skrif ken nie twee klasse gelowiges, hulle wat met die Gees gedoop is en hulle wat nog net “gewoon” glo, nie. Die Nasionale Sinode van die GKSA het reeds in 1979 van ’n rapport van die Gereformeerde Ekumeniese Sinode kennis geneem waarin grondig, eksegeties aangetoon word dat die Pentekostalistiese siening oor die doop met die Gees nie in die Skrif geleer word nie. z Verwerping van die kinderdoop – Die Pinksterteologie verwerp die kinderdoop en sien die doop as ’n daad van die mens om jou geloof te verseël. Hierdie standpunt berus op sy beurt op ’n onskriftuurlike siening van die Verbond en ’n dwaling wat die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament betref. Die Skrif leer hierteenoor dat die doop ’n daad van God is, wat in sy genade die doop as teken en seël van sy Verbond (in die plek van die besnydenis) gegee het. Ons bely hierdie waarheid onder andere in die Heidelbergse Kategismus Sondag 27. z Verwerping van die uitverkiesing – Die Pinksterteologie verwerp die duidelike leer van die Skrif aangaan die uitverkiesing (vgl. o.a. Ef. 1:4; Rom. 8:29, 30). Hulle
Julie 2014 ~ DIE KERKBLAD
leer die vrye wil van die mens, teenoor die verkondiging van die Skrif oor die totale verdorwenheid van die mens. Hulle leer dus die “algemene versoening”, met ander woorde dat Christus vir alle mense gesterf het. Wat ons belydenis teenoor hierdie dwaling betref, kan ons maar net verwys na die Dordtse Leerreëls en die Heidelbergse Kategismus Sondag 2, 3 en 7, die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 16, met al die Skrifgedeeltes waarop die belydenis rus. z Buite-Bybelse openbaringe – Die Pinksterteologie gee voorkeur aan buite-Bybelse openbaringe. Hulle gee aan die sogenaamde “openbaringsgawes” meer waarde as aan die Skrif en sien hulleself as mense van die “lewende woord”. Behalwe dat hierdie standpunt die deur vir totale subjektivisme oopmaak, bring dit die gesag van die Skrif, die afgeslotenheid van die Skrif, die genoegsaamheid van die Skrif, ensovoorts, in gedrang. Vergelyk onder andere die NGB Artt. 3, 4, 5, en 7 (terloops, die NGB is juis opgestel om die dwaling van die wederdopers te weerlê). z Skrifbeskouing en Skrifhantering – Uiteindelik berus al bogenoemde dwalinge op ’n bepaalde Skrifbeskouing en Skrifhantering. In sy proefskrif oor “Geloof en ervaring” wys prof. Hans Maris onder andere op die volgende aspekte van die Pinksterteologie se Skrifbeskouing/hantering: selektiewe Bybelgebruik; ’n hantering van die boek Handelinge as ’n kanon in die kanon; geen oog vir die openbaringshistoriese lyne wat ons in die Skrif vind nie; geen aandag vir die verbondstruktuur van die evangelie nie. As jy so met die Skrif omgaan, kan jy uiteindelik enigiets uit die Skrif aflei. z Verhouding Woord en Gees – In die standpunte van die Pinksterteologie oor buite-Bybelse openbaringe, ervaring, spreek in tale, ensovoorts, kom ’n baie duidelike skeiding tussen Woord en Gees na vore. Dit is in stryd met wat die Skrif self leer. Die Gees bind Homself aan die Woord en werk nooit los van of buite die Woord om nie. Daar sou nog meer sake genoem kan word, soos hulle siening van die sogenaamde Geestesgawes, met besondere verwysing na geloofsgenesing. Genoeg om te sê dat ons tussen die Reformatoriese en Pinksterteologie met twee onversoenbare teologieë ten opsigte van die kernwaarhede van die Skrif te doen het. Hier is geen kompromie moontlik sonder prysgawe van die waarheid nie. CFCC
5
Diskussie Prof. Johan Janse van Rensburg (emeritusprotessor, Praktiese Teologie, Universiteit van die Vrystaat; en navorser verbonde aan die UV)
Postmodernisme (4)
Postmodernisme en 'n nuwe manier van kerkwees U
i ons vorige gesprekke oor die invloed van die postit modernisme het dit reeds duidelik geblyk dat die filosofie/ m ideologie van die postmodernisme ook die kerk van Jesus ideol Christus nie onveranderd gelaat het nie. Die omvang van Chri hierdie invloed begin nou eers duidelik word. Dit is nie net hierd die eevangelie en die aard van die sendingtaak wat daardeur beïnvloed word nie, maar ook die manier van kerkwees. In beïnv teologie verwys ons hierna as die ekklesiologie – die leer die te aangaande die kerk. aang Dit is belangrik om te verstaan dat ons nie hier maar net van verandering ter wille van verandering praat nie, maar van ’n ideologiese fundering van verandering. Die postmoderne beginsels van relativisme het ’n paar ingrypende konsekwensies gehad. Allereers het die sogenaamde poststrukturalisme daartoe gelei dat vaste strukture en vaste maniere van dink en doen verwerplik geword het, ook vir die kerk. Die wyse waarop gevestigde kerke wêreldwyd tot nou toe ingerig is en gefunksioneer het, word in ’n postmoderne era beskou as die vestiging van magstrukture wat in ewige en vaste vorms gegiet is. Die struktuur van die kerk as instituut word vergelyk met ’n brug wat op ’n strategiese plek gebou is, maar toe die perfekte storm kom, is die loop van die rivier gewysig. Nou staan die brug hoog en droog en funksieloos op ’n plek wat irrelevant geword het. Volgens hierdie teorie het die kerk op so ’n irrelevante plek beland. Tensy daar radikale veranderinge kom, nie net in die boodskap nie, maar ook in die manier van kerkwees, sal die kerk kwyn en verdwyn. So word beweer. Vooraanstaande teoloë in Amerika en in Suid-Afrika is daarom geweldig krities teenoor kerkgeboue, kerkrade, kerklike vergaderings en kommissies, finansiële begrotings en veral die pogings om ’n kerk of plaaslike gemeente in stand te hou. Instandhouding word as ’n selfdestruktiewe strategie beskou. Volgens hulle moet die oplossing eerder in uitbreiding gesoek word. In hierdie konteks word die nuwe missionale benadering, waaroor ons die vorige keer geskryf het, op ’n byna obsessiewe wyse beklemtoon. Selfs die Bybelse gebruik om eredienste te hou, word as ’n metode van geestelike selfverryking gekritiseer. Die term “churchianity” het nou gewild geword om mense wat elke Sondag eredienste bywoon, van gemaksugtigheid en skynheiligheid te beskuldig. Met hulle kerkklere en stigtelik luister is hulle ver van die Jesus van die Bybel verwyder en is hulle ook vir Hom onaanvaarbaar. Om uit te gaan, na ander uit te reik en mense in nood te help, is elke ware Christen se taak, volgens
8
hierdie standpunt. Konferensies word met oorsese sprekers gehou wat reeds op hierdie manier van kerkwees ingekoop het, om ’n ander struktuur aan die kerk te gee. Die “gonswoord” en tema is nou kerkplanting. Kerke moet eerder uitgaan om nuwe kerke te stig as om hulle eie strukture in stand te hou of met eredienste te volhard. Dit klink natuurlik baie goed en ’n mens sou in sekere opsigte dit selfs met die Nuwe-Testamentiese kerk kon vergelyk. Trouens, dit is juis waarvoor hierdie teoloë pleit – om na die eenvoudige en poststrukturele manier van kerkwees in die Bybelse tyd terug te keer. Daar is egter ’n radikale verskil. Die beginsel van verandering en die verwerping van vaste maniere van wees, dink en doen staan só voorop dat die klem op die suiwer evangelie vervaag het. Nie die leer van die kerk nie, maar die vermoë om mense in nood te help en alle mense in die kerk welkom te maak, word beklemtoon. Daarom word heftige kritiek teen denominasionele verskille uitgespreek. Kerke wat hulle denominasionele identiteit wil behou, verabsoluteer hulle eie leerstellings en verstaan van die Skrif. Dit is in ’n postmoderne era nie langer aanvaarbaar of haalbaar nie. In hierdie opsig is dit belangrik om die geweldige aanval op gereformeerde kerke en gereformeer-
DIE KERKBLAD ~ Julie 2014
Diskussie
de identiteit helder en duidelik te verstaan. Die verwerping van dogmas en die beklemtoning van relativisme impliseer noodwendig dat belydenisskrifte al hoe meer onder kritiek deurloop en as ’n onaanvaarbare deel van uitgediende maniere van kerkwees beskou word. Nuwe belydenisse, byvoorbeeld die Belydenis van Belhar, moet eerder op sosiale geregtigheid fokus as om die leer apologeties te verdedig. Presies binne hierdie kader word daar nou ook kritiek teenoor die Reformasie en reformatore uitgespreek. Een bekende teoloog skryf dat die Reformasie in wese betekenisloos was, omdat dit “business as usual” was. Kerklike strukture en maniere is volgens hierdie teoloog maar net ná die Reformasie in stand gehou. Die reformatoriese klem op Christus alleen, die Skrif alleen, genade alleen en geloof alleen word as dogmatiese bemoeienis beskou, terwyl dit nie genoeg was om die kerk vir die wêreld relevant te maak nie. Genoeg is geskryf om aan te dui hoe daar vir die kerk nuwe strukture en ’n totaal nuwe manier van kerkwees voorgeskryf word. Wat hier kursories aangedui is, kan met volledige bewyse en aanhalings uitgebrei word, maar daarvoor sal veel meer as die ruimte vir ’n artikel in Die Kerkblad nodig wees. Die vraag bly egter hoe ons teologies hierop moet reageer. Waarskyn sal die eerste reaksie wees om te wonder of dit alles regtig met postmodernisme te doen het. Ongetwyfeld. Wanneer prof. Nelius Niemandt hierdie nuwe manier van kerkwees as “nuwe drome vir nuwe werklikhede” aanprys, koppel hy dit alles direk aan die postmodernisme. Hy meen dat die modernisme eerder verwerp moet word as die postmodernisme. Die beklemtoning van leersuiwerheid word as ’n restant van die modernisme gesien. Hieruit vloei dan die stelling dat waarheid nie in leerstellings is nie, maar in verhoudings. As ons tweedens onthou dat vaste strukture en denominasionele onderskeidinge in die gees van die postmoderne poststrukturalisme aangeveg word, is dit glad nie verrassend of verbasend nie dat daar veral in Amerika en nou ook in Suid-Afrika ooglopend na die Rooms-Katolieke Kerk geflikflooi word. In een van die onlangse uitgawes van Kerkbode, die amptelike koerant van die NG Kerk, is daar ’n hele paar artikels oor die Rooms-Katolieke Kerk, die pous en die stap van ’n doolhof met kerse en gebedstasies. In ’n opvolguitgawe van Kerkbode vra die moderator of dit nie tyd geword het om biskoppe in die NG Kerk te hê nie. Denominasionele grense vervaag en die gereformeerde ekklesiologie word duidelik deur hierdie tendense aangeveg. Hiermee word ’n nuwe inhoud gegee aan die wyse waarop die kerk haar ekumeniese verbande uitleef.
Julie 2014 ~ DIE KERKBLAD
Denominasionele verskille word ter wille van nadere ekumeniese uitdrukking op die ys geplaas. As dit alles op groot skaal in kerklike maniere van wees en doen ingelaat word, sal die kerk radikaal anders daaruit sien as wat dit tans die geval is. Myns insiens is dit nie moeilik nie om te verstaan dat hierdie tendense met die ideologie van die Nuwe Erabeweging verband hou, wat alle godsdienste gelyk wil stel, grense tussen mense en nasies wil uitwis om uiteindelik ’n utopia van broederskap onder alle mense te vestig. Mathew Fox, die bekende Nuwe Era-guru, het reeds in Amerika ’n nagmaal gehou waarin alle gelowe verwelkom is. Hy het dit ’n “cosmic mass” genoem en ’n video-opname daarvan kan op internet besigtig word. Wees egter gewaarsku: dit is ontstellende kykmateriaal vir ’n gereformeerde hart. Hier te lande is daar in dieselfde trant ook reeds versoeke dat nagmaal aan alle mense bedien moet word om hulle welkom te laat voel, ongeag of hulle in Christus glo. Die slagspreuk wat nou gewild geword het, is: “First belong, then believe.” Daar kan natuurlik nog soveel gesê word. In ’n eerlike en objektiewe evaluering sal ons inderdaad nie net negatief moet reageer nie. In die nuwe uitdagings vir die kerk en die soms vreemde nuwe dinge wat op die kerk se agenda kom, sal ons die vermoë moet ontwikkel om teologies te analiseer. Ons sal geestelike dapperheid nodig hê om nie op populistiese wyse agter elke nuwe gier van vernuwing aan te gaan soos tans die geval is nie. Dit is selfs skokkend om agter te kom hoe gewild sommige van hierdie idees al binne die kerk geword het. Ons sal egter ook die geestelike dapperheid moet hê om te erken waar die kerk nie meer in haar taak slaag om Jesus Christus se kerk in hierdie postmoderne wêreld te vestig nie. Dit is ironies dat die motivering wat vir hierdie strukturele revolusie aangevoer word, die behoud van die kerk is. As die kerk nie verander nie, word uitgeroep, sal die kerk nie die perfekte storm oorleef nie. Alles wat egter as deel van die veranderende vernuwing van die kerk aangebied word, vernietig dan juis elke beginsel van kerkwees soos ons dit in die Skrif terugvind! Dit is immers betekenisvol dat Rob Bell ná die publikasie van sy boek Love wins, waarin die kern van hierdie strukturele vernuwing uitgespel word, 3 000 lidmate van sy megakerk verloor het, omdat mense verkies het om eerder by die geopenbaarde Skrifwaarhede te bly! As ons moet verander, moet dit met die Skrif as finale norm versoenbaar wees, sonder om die evangelie op enige manier te bedreig of te kompromiteer. Immers, kerkwees is in die laaste instansie God se sending na hierdie wêreld. Die kerk is die liggaam van Christus en nie een of ander sosiale organisasie nie. DK
9
Skrifstudie Dr. AH (André) Grové (emeritus) (Klrugersdorp)
Die vierde seël
Die ruiter op die vaal perd Openbaring 6:7-8: “Toe Hy die vierde seël oopmaak, het ek die stem van die vierde lewende wese hoor sê: “Gaan uit!” Ek het gesien: daar was 'n vaal perd. Sy ruiter se naam was Die Dood, en die doderyk het agter hom aan gegaan. Aan hulle is mag oor 'n kwart van die aarde gegee om die mense dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en deur die wilde diere van die aarde.”
z Wanneer ’n mens die boek Openbaring lees, moet jy gedurig in gedagte hou dat die Here daarin aan ons dinge bekend maak wat nog gaan gebeur. Dit handel egter ook oor wat is, oor wat vandag gebeur (Op. 1:19). z Verder moet ons onthou dat ons die onduidelike dele vanuit die duidelike dele moet ophelder. Só moet ons ook die vierde seël verklaar. Sy naam is Die Dood at ’n mens dadelik opval wanneer Jesus die vierde seël oopbreek, is dat die ruiter ’n naam het. Die vorige drie ruiters het nie ’n naam gehad nie. Hulle het wel elkeen iets in hulle hande vasgehou: die eerste ’n pyl en boog, die tweede ’n groot swaard, en die derde ’n skaal (balans). Die vierde ruiter se naam beklemtoon wat God met hierdie gesig in vervulling laat gaan.
W
Die naam van hierdie ruiter is Die Dood. Wat God deur Christus in die geskiedenis laat gebeur, is dus iets sombers. Die kleur van die perd getuig ook daarvan. Dit is ’n vaal perd. Hy is bleek. Dit is weemoedige, hartseer, swaarmoedige gebeure wat hulle in die geskiedenis afspeel. Die dood is hier aan die orde. Die dood hoef nie vir die gelowige iets hartseers en skrikwekkends te wees nie. Na regte moet dit iets wees waarna jy uitsien, want die dood beteken vir die gelowige ’n afsterwing van die sonde en ’n deurgang na die ewige lewe wat jy saam met Christus in heerlikheid in die paradys voer. Wanneer die Bybel hier egter sê dat die ruiter op die vaal perd se naam Die Dood is, verwys dit nie in die eerste plek van die gelowige se dood nie. Ons het hier te doen met die ewige dood, die hel, die plek van geween en gekners van tande. Wanneer ons in Johannes 8:44 lees dat Satan die mensemoordenaar van die begin af is, word dit vir ons duidelik dat ons hier direk met Satan en sy primêre werk te doen het. Doderyk Openbaring 6:7 sê “die doderyk het agter (die vaal perd, Die Dood) aan gegaan”. Dit is nie so maklik om vas te stel waarna die doderyk hier verwys nie. z Volgens Handelinge 2:27 is dit die plek waarheen die gelowiges gaan. z Volgens Lukas 16:23 (in die gelykenis van die ryk man en Lasarus) verwys dit egter na die plek van pyn waar die goddelose is. z Dit is die plek waarheen die afgestorwenes gaan.
14
Uit die verband waarin die woord doderyk in Openbaring 6:8 staan, sien ons dat dit die plek is waarheen die goddelose gaan nadat hulle gesterf het. Daar ervaar hulle die allerverskriklikste en ondraaglikste pyn en ellende. In Matteus 16:18 gee Christus aan sy kerk die belofte: “Die magte van die doderyk sal (my kerk) nie oorweldig nie.” Geen kind van God sal in daardie plek van aanhoudende pyn kom nie. In teenstelling met die doderyk as plek van pyniging vir die goddelose, is die uitverkorene van God ná sy dood in die paradys (Luk. 23:43), by die Here (2 Kor. 5:8), saam met Christus (Fil. 1:23), in die hemelse Jerusalem (Heb. 12:22), onder die hemelse altaar (Op. 6:9), voor die Lam (Op. 7:9). Aan die doderyk kom daar egter ook ’n einde. Ons het hier slegs met ’n interimverblyf te doen. In Openbaring 20:13-14 staan dat by die laaste oordeel, by die wederkoms van Christus, sal die doderyk sy dooies teruggee en elkeen sal volgens sy werke geoordeel word. Die dood en die doderyk sal in die vuurpoel gegooi word – dit is die tweede dood, die ewige hel. Christus het alle mag Alles wat ons in hierdie gesig
DIE KERKBLAD ~ Julie 2014
Skrifstudie sien, geskied nie buite Christus om nie. Daar staan: “Aan hulle (en met “hulle” word waarskynlik die ruiter en sy perd bedoel) is mag … gegee om die mense dood te maak.” Wanneer ons in Matteus 28:18 (“Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde”) en Openbaring 1:18 (“Ek het die sleutels van [dit wil sê die mag oor] die doderyk en van die dood”) van die allesomvattende mag van Christus lees, kom jy tot die gevolgtrekking dat dit Christus is wat aan Satan die mag gee om dood te maak. Satan het nie in homself die mag om dood te maak en in die doderyk te werp nie. Christus gee dit aan hom. Hy tree by grasie van Christus en onder toelating van Christus op. Niks wat Satan doen en wat in die doderyk plaasvind, geskied buite Christus se magsgebied nie. Dit is die troos wat ons as kerk het – ons as ’n klein kuddetjie met in ons midde ’n leeu wat soek wie hy kan verslind (1 Pet. 5:8), ’n ruiter met die naam “Die Dood” op ’n vaal perd. Die mensemoordenaar aan die werk Onder die toelating van Christus is die verwoestingswerk van Satan ontsettend omvangryk. (Dit laat ’n mens dink aan die ontsaglike klomp rampe wat Satan onder God se toelating in die lewe van Job gebring het.) Hy het die mag om ’n kwart van die aarde dood te maak. Die boek Openbaring maak mildelik van simboliese getalle gebruik, daarom kan ons “kwart” hier nie letterlik interpreteer nie. In vers 8b (“Aan hulle is mag … gegee om die mense dood te maak”) word ’n ietwat ander konnotasie aan die woord dood as in vers 7 gegee. Nou word met dood nie meer hel bedoel nie, maar die lewe verlaat,
Julie 2014 ~ DIE KERKBLAD
God, Satan en die mens
H
oe steek God se voorsienigheid, Satan se verwoes ngswerk en die mens se verantwoordelikheid inmekaar? – is glad nie so ’n maklike vraag om te beantwoord nie. Wanneer ’n mens kyk na wat in die lewe van Job en Judas Iskariot gebeur het, kry jy tog meer lig. z By al die rampe wat oor Job se lewe gekom het, is God ten volle betrokke. Nie ’n haar val van jou kop sonder God se wil nie (Luk. 21:18; HK 1:1). Satan het Job onder God se toelatende wil getref (Job 1:12; 2:6; sien ook Luk. 8:28). Satan rig al die verwoes ng aan. Tog is Job ten volle by al die rampe betrokke – hy word getref. z Agter Judas se optrede om Jesus te verrraai, sit Satan (Joh. 13:2). Tog bly ook geld wat in Handelinge 1:16 staan: “Die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word.” God se wil het met Christus geskied – en Judas se optrede het ’n plek in God se raadsplan. Neem daarby: die mens Judas, met sy volle verantwoordelikheid, is ten volle by Christus se dood betrokke. Hoe die Here se werk en raadsplan, Satan se ak witeit en die mens se verantwoordelikheid egter presies met mekaar in verband staan – dít weet ons nie. In hierdie lewe sien ons alles nog soos in ’n dowwe spieël en dit is vir ons ’n raaiselag ge beeld. Eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Wat ons wél weet, is: Die nale sê oor alles wat gebeur, lê in God se hande – sonder om Hom die oorsaak van enige kwaad te maak.
sterf. Satan wend allerlei middele aan om mense te laat sterf, om hulle vermoor te kry. z Die eerste middel wat hy gebruik om ’n bloedspoor agter te laat, is ’n groot swaard. Die swaard is ’n aanvalswapen. Satan sit nie stil en verdedig bloot net nie. Nee, hy val aan! Hy is aggressief en onverpoosd besig om moeilikheid te soek en ’n geveg met die kind van God aan te knoop. Hy wil jou fisies dood hê – ja, ook ewig dood hê. As vyand van God poog hy dat daar min oorbly van “die vrede op aarde” waarvan die engele in Betlehem gesing het en die “Vrede vir julle!” waarmee Jesus sy dissipels geseën het. z Die tweede middel wat Satan gebruik om die mensdom in hartseer en pyn en ongekende ellende te dompel, is hongersnood. Tydens en ná ’n oorlog is dit aan die orde van die dag: ’n tekort aan alles – ook aan kos! In Markus 13:7-8 het Jesus gesê dat oorloë en hongersnood dié dinge is wat die eindtyd sal kenmerk. z ’n Derde middel wat Satan in sy moordveldtog gebruik, is pessiektes. In die vorige eeu het die sogenaamde Swart Griep duisende mense afgemaai. Vandag doen vigs en malaria dit – veral in Afrika en ook in Suid-Afrika. Meer as 2 000 mense sterf daagliks in Afrika aan malaria. z ’n Vierde middel wat die duiwel gebruik om dood te maak, is “die wilde diere van die aarde”. Sommige verklaarders meen ons moet die wilde diere letterlik opneem. Dan word hiermee bedoel dat waar die swaard (oorlog) en pessiekte en hongersnood nog lewe laat oorbly het, daar maai die wilde diere dit af. Hulle rond as’t ware Satan se verwoestingswerk af. Dit kan ook verwys na die wilde diere waardeur menige martelaar vir hulle geloof in die vroeg-Christelike kerk in arenas gesterf het. Na bl. 17
15