20 Volhardende twyfel bedreig jou 2 geloof BESINNING B 22 Aspekte van die erediens (1) 2
JAARGANG 116 116, NO NO. 3269 JUNIE 2013
1 VAN DIE REDAKTEUR Kerklike en geestelike lewe 2 BRIEWE VAN ONS LESERS 3 UIT DIE WOORD Die seënende krag van God se Woord 6 REDAKSIONEEL Geld en goed ... hoe gaan ons as Christene daarmee om?
ANDER A 24 Kerklike ditjies en datjies uit 2 Europa (3) 26 Predikante besoek Brasilië 2 28 Argief-Nuus 2 29 Museum-Nuus 2 30 Lyttelton is 60 jaar oud 3 32 MEI – maand van genade vir 3 Nylstroom 48 Laastens – Totius se 4 geloofsbelydenis TEOLOGIESE SKOOL 34 Emeriti lewer kosbare bydrae 36 God was waar ek ook al gegaan het IN DANKBARE HERINNERING 39 Ds. Johan Breedt
41 Personalia Wel en Wee 42 Lief en Leed Op die Kerkwerf 44 Kleinadvertensies
8 HOOFARTIKEL Heilsaanbieding en heilsversekering 10 BRANDPUNT Geestelike verkeersreëls FOKUSARTIKELS 12 Afskeepgodsdiens bedreig ons geloof 14 Hardkoppigheid bedreig jou geloof 16 Onverskilligheid bedreig jou geloof 18 Jou onbeteuelde humeur bedreig jou geloof
Webwerf: h!p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar"kels, briewe ens.) Tydskri#e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Dr. CN van der Merwe (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R218.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R145.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R204.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R145.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri#elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra"ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri#e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar"kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar"kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Uit die Woord Dr. CN (Nico) van der Merwe (emeritus) (Klerksdorp)
Die seënende krag van God se Woord Lees:
2 Konings 4:8-17
D
ie werk van Elisa as profeet was nie geïsoleerd nie. Hy tree op in opdrag en op bevel van God. Dit beteken dat God met die optrede van Elisa ’n besondere doel gehad het, veral met die wonders wat plaasvind.
God se doel met die wonders God se doel met die wonders moet gesoek word in die verhouding waarin Israel met God gelewe het. Hulle ignoreer God en sy Woord en leef in afgodery. Deur die profetiese werk van Elisa wil die Here aan die afvallige volk die majesteit, krag en rykdom van sy Woord wys. God wil aan hulle wys dat deur die Woord, wat hulle in hulle lewe ignoreer, groot kragte plaasvind. Dit was die doel met die wonderteken in die lewe van die egpaar van Sunem.
Elisa en die egpaar van Sunem Toe die Here op ’n wonderbaarlike wyse aan hulle ’n seuntjie gee, was hulle as egpaar nie vreemdelinge vir Elisa nie. Elisa het dikwels op pad na Karmelberg deur Sunem gegaan, en dan het hy by dié egpaar tuisgegaan. Hulle was vermoënde mense en het hulle oor die profeet ontferm en ge-
Junie 2013
reeld vir hom huisvesting gegee en etes voorgesit. Hulle het selfs so ver gegaan om ’n spesiale kamer op die dak van hulle huis te bou sodat Elisa in gemak en privaatheid by hulle kon tuisgaan. Waarom het hulle dit gedoen? Dit gaan vir hulle nié om die mens Elisa nie, maar om die Woord van God. Dit gaan om die diens van die Here deur die profeet Elisa.
’n Besondere tydsgewrig en geestesklimaat In ’n besondere tydsgewrig praat God deur die mond van Elisa. In ’n besondere geestesklimaat werk God deur die hande van Elisa. Dit is ’n tydperk van geloofsafvalligheid, ’n geestelike klimaat van afgodsdiens. Die bedieningstyd is vir Elisa gedrenk in die stryd om die Woord van die Here in die lewe van die volk voortgang en betekenis te laat hê. Deur die wonders wat gebeur, wil God aan die volk sigbaar en simbolies toon wat gebeur as die mens sonder ophou vashou aan die Woord van God.
In ons eie tyd Ons sien dit rondom ons ook! Gods Woord word in ons eie samelewing al meer en meer geïgnoreer. Vir die wet van God is daar al hoe minder agting. Verdraaiing van die Bybel, valse leer, dwaalleer neem hand oor hand in die leer van sektariese groepe toe. Die Bybel word kragteloos gemaak deur die minagtende manier waarop selfs die kerkmens daarmee omgaan. Buitekerklikes steur hulle in elk geval nie aan die Woord nie. Die Bybel word nie plek gegun in vergadersale, ekonomiese beraadslaginge, militêre strategieë, politieke beleidsrigtings, sosiale pret, plesiersoeke, ontspanning en sport nie. Dink maar aan die beoordeling van die volgende sake: lotery en dobbelary; heiliging van die Sondag, Christelike onderwys, tussen-menslike verhoudinge, handhawing van die waarheid, pornograÞe en naaktheid, seksuele reinheid en kuisheid.
Gods Woord bewaar en bevorder Die vrou van Sunem laat ’n mens ’n paar vrae vra oor jou eie roeping en opdrag om die Woord van God te bewaar en te bevorder. Ons bid so maklik: Laat u Naam geheilig word … Laat u Koninkryk kom … Laat u wil geskied … wat beteken dit anders as die bewaring en die voortgang van
DIE KERKBLAD
3
Uit die Woord
die Woord van die Here in die alledaagse lewe tot eer van die Naam van God? Kom ons vra na die gesindheid in die kerk. Gelowiges staan in ’n verbondsverhouding met God. Jy kan dit nie ontken nie! Die dag toe jy gedoop is, het jy die teken van die verbond ontvang. Die feit dat jy sê jy is ’n Christen, ’n gelowige, ’n lidmaat van die kerk, beklemtoon jou verhouding met God.
Die vrou van Sunem het verbondsgawes en verbondsverpligtinge begryp Dít het die vrou van Sunem toegepas. Sy het haar verantwoordelikhede geken en nagekom. Sy het haar verhouding met God prakties uitgeleef. Sy het vir die saak van die Here geywer. Sy het vir die Woord van God opgeoffer. Sy het vir die voortgang van die Woord bygedra. Sy het vir God se koninkryk hande uit die moue gesteek. Wat sy vir Elisa kon doen, het sy eerstens vir God gedoen.
Die seën van God vir die egpaar van Sunem Vir dié gesindheid, hulpvaardigheid en toewyding wil Elisa graag erkentlikheid bewys. Die vrou weier om enigiets te aanvaar. Sy wil nie beloon en vergoed word nie. Sy wil vir haar toewyding aan God nie geskenke ontvang nie. Daarom sê sy nee dankie! Vir haar gaan dit enduit om God. Daar is egter een lewensreël in die koninkryk van God; wie hulleself gee en beskikbaar stel vir God se saak, sal geseën word. Dit gebeur omdat die Woord van God ’n eie seën voortbring vir wie hulle lewe in die lig daarvan inrig. Gehasi, die dienskneg van Elisa, wys die profeet daarop dat die vrou hartstogtelik begeer om ’n seun te hê. Dadelik merk Elisa watter beloning God vir haar kan gee. ’n Seun sou beteken dat die egpaar kon deel in die verwagting van die Ou Testament dat die Seun van God dalk uit hulle nageslag gebore kan word. Dit is dan ook God se belofte aan die vrou deur die mond van Elisa. Oor ’n jaar sal sy ’n seun hê, al klink dit vir haar onmoontlik. Presies soos Elisa aangekondig het, gebeur dit. “Die vrou het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring, presies ’n jaar later, net soos Elisa vir haar gesê het” (vs 17). So ontvang die vrou die seënende krag van die Woord omdat sy God en sy Woord voorkeur in haar lewe gegee het.
God gee sy seën Wanneer die gelowige in eie gesin, in eie geslag, in eie kerk, in eie land, die Woord help bewaar, dan gee God sy seën. Dan sal sy seën gesien en ervaar word in die huislike lewe tot in verre nageslagte. Dit gebeur in alle kringe waar die mens lewe volgens God se riglyne. God
4
DIE KERKBLAD
se Woord dui die regte weg aan waardeur die lewe seënryk sal wees. As egpare in hulle huwelik met mekaar saamleef soos God dit in die Bybel voorskryf, kom die huwelikseën daaruit voort. As huisgesinne hulle lewe inrig op die fondament van Gods Woord, bly die seën oor die gesin nie uit nie. As jy in jou menseverhoudinge hou by die riglyne van Gods Woord, het dit ’n seënryke lewe tot gevolg. As jy in alle fasette van jou lewe, of dit politiek, ekonomie, sport, ontspanning, werk of wat ook al is, rekening hou met die Woord van God, vul die Here jou lewe met die allerrykste seën.
God se seën nie ’n voorwaarde nie Hier moet ons baie goed op die inhoud van ons teksgedeelte let. Die seën van die Here is nie ’n voorwaarde vir die gelowiges se optrede nie, dit is die gevolg daarvan. Jy kan dus nie vir God sê: Here, as U my seën, sal ek gehoorsaam aan u Woord leef nie. God kan nie omgekoop of afgedreig word nie. Wie hulle in hulle lewe uit liefde en gehoorsaamheid vir God in diens van sy kerk stel, sal God se seën ervaar. Daarom ontvang die man en vrou van Sunem die seuntjie as geskenk direk van die Here. Die hele volk het toe gesien dat daar deur die Woord van God wonders geskied het. God se Woord is ’n daad!! ’n Wonderdaad!
Junie 2013
Uit die Woord
Leef in alles volgens Gods Woord En as die burgers van die afvallige volk, en die lidmate van die afvallige kerk dan sien dat God wonders werk, dan kan hulle wéét dat diégene wat deur die Woord van God lewe, oor die volle spektrum van hulle lewensbestaan God se seën ontvang. Die Sunemitiese vrou word deur die Here tot ’n teken en ’n voorbeeld in Israel gestel. Wie die Woord van God bewaar en hoog ag, sal deur God bewaar word, sodat sy huis en geslag sal leef in die glorie van Christus. Iets daarvan hoor ons in Maleagi 3:10: “ Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here, die Almagtige. Toets MY of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik”.
Tot lering, vermaning en vertroosting God het hierdie Woord vir ons opgeskryf tot lering, vermaning en vertroosting. Lering – Die Here is ’n almagtige God. Hy is die Skepper van alles. Hy is die magtige wat mense wat in hulle sondes en misdade dood is, lewend maak. Hy kan mense wat onvrugbaar en dood is, opwek tot die dra van goeie vrugte wat by die bekering pas. Wie die erns van Gods Woord in hart en lewe omdra, word vrugbaar en ontvang lewe waar dood geheers
Junie 2013
het. Is jy bekommerd omdat jou lewe nie die vrugte van die geloof het nie? God leer jou om erns te maak met sy Woord! Vermaning – Wanneer die kerk in afval en onverskilligheid lewe, gaan dit in alles invloed uitoefen. Dan word dit daar onheilig en verdorwe. Dan word die verbondseëninge verdring in die vleeslike begeertes en die verbondsbeloftes verkrummel in die soeke na eie gewin en plesier. Vertroosting – Te midde van die groot afval, die afgodsdiens, koudheid en goddeloosheid van die volk Israel het die Here steeds sy wonders gegee. In Christus ontvang ons die wonderteken van God se genade in die verlossing in Jesus Chrisus. Daarmee word ons tot troue diens aan God opgeroep. DK
DIE KERKBLAD
5
Brandpunt Dr. Nico van der Merwe (Klerksdorp)
Geestelike verkeersreëls Daagliks vind daar ongelukke op die paaie van Suid-Afrika plaas. Vakansietye en langnaweke bereik dit krisisafmetings. Mense sterf in die ongelukke en baie word vir die res van hulle lewe vermink. Daar is diegene wat swaar ly onder die trauma van ’n verkeersongeluk. Dit kos die staat miljarde rande as gevolg van die groot getal ongelukke.
W
at sou dit vir ons as gelowiges sê? Oorsake vir hierdie toestand op die paaie is veelvoudig: onverantwoordelike padgedrag, te hoë snelhede, te kort volgafstande, oormatige alkoholgebruik, swaar verkeer, minagting van verkeerstekens, onbekwame bestuurders, oorskryding van die vermoeidheidsgrens, swak padoppervlaktes, niepadwaardige voertuie, oorlaaide voertuie, minagting van medepadverbruikers, ongeduld, roekelose bestuur van voertuie … so kan die redes en die oorsake van die padslagtings opgenoem word. Daarvan kan tabelle en ellelange lyste gemaak word, maar die toestand bly jaar na jaar dieselfde. Almal moet teen hierdie tyd tot die besef kom dat daar nie ’n kitsoplossing vir die padveiligheidsvraagstuk is nie.
Verkeersreëls Aan goeie verkeersreëls is daar nie ’n gebrek nie. Die probleem lê by die bestuurders van die voertuie wat nie die reëls gehoorsaam nie. Spoed 10
DIE KERKBLAD
dra nie alleen die skuld vir die ongelukke nie. Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word. Hiervan is die gesindheid van die bestuurder een van die belangrikste faktore. Naas die nasionale verkeersvraagstuk is daar ook ’n geestelike verkeersvraagstuk. Op alle terreine van die lewe is ons skouer aan skouer tussen ander mense. Elkeen gaan sy eie weg, volg sy eie koers, het sy eie gewoontes, temperament, emosies en praktiese leefwyse. Die kern van die saak kom neer op elke bestuurder van ’n voertuig se gesindheid ten opsigte van die verkeer rondom hom, saam met wie hy op die pad ry. Dit vra van jou om eerlik te dink oor jou gesindheid ten opsigte van die verkeersreëls, die ander mense saam met jou op die pad en die verkeerde ingesteldheid om jouself teen wil en dank te laat geld.
Geestelike situasie Ons lewe geestelik in ’n uitermate gekompliseerde en
verwarde samelewing. Dit is nie so eenvoudig in hierdie tyd om die weg te vind te midde van die vermoeiende problematiek op alle terreine van die lewe nie. In hierdie opsig moet ons as gelowiges kennis neem dat daar ’n geestelike kant aan die verkeersprobleem is. Dit het te doen met die innerlike van elke bestuurder van ’n voertuig. Dit het te doen met die persoonlikheidsamestelling van die persoon. Dit wortel in geestelike individualisme en die gevoel van onafhanklikheid en onverbondenheid. Dit is dan dat ’n bestuurder hom en sy voertuig die ruimte van die pad veroorloof. Vir hom is die belangrikste hyself en sy voertuig. Derhalwe wil hy voorkeur eis van almal wat saam op die pad ry. Vir ’n harmonieuse verkeer op die paaie is dit noodsaaklik dat elkeen sal besef dat ander voertuie ook die reg van padgebruik het. Geestelik sal jy jou daarop moet instel. Daar moet gewaak word teen ’n valse verdraagsaamheid terwyl jy Junie 2013
Brandpunt
eintlik niks voel vir medepadgebruikers nie. Jy neem hulle nie in ag nie en gun hulle ook nie hulle spasie in die verkeer nie. Valse verdraagsaamheid is wanneer jy byvoorbeeld voorkeur aan ’n ander motoris gee, maar jy doen dit terwyl jy op jou tande kners en op die ou swets. Dan het jy jou innerlik só opgewerk en aangehits dat jy by die volgende kruising nie meer verdraagsaam gaan wees nie.
Geestelike verkeersreëls Elke gelowige moet weet dat God ’n woord het vir jou as bestuurder van ’n voertuig. God se Woord is ook van toepassing as jy bestuur.
1
Die eerste geestelike verkeersreël – gehoorsaamheid aan die wet Die wet van God geld vir jou hele lewe. Daar is nie ’n enkele faset wat nie deur die wet van God gereël word nie. Die eerste geestelike verkeersreël is die toepassing van die vyfde en sesde gebod. Die vyfde gebod eis van my gehoorsaamheid om Christus ontwil. Daardie stomme stopteken, die sprakelose robot, die soliede wit streep in die pad, die spoedbeperking, die verbod op drink en bestuur is instrumente in die hand van die owerheid om verkeersveiligheid te handhaaf. Die owerheid op sy beurt is ’n instrument in die hand van God om wet en orde te handhaaf (Rom.13:1-7; 1 Pet. 2:13-17; Tit. 3:1). Wie die stopteken, die robot, die wit streep, die spoedbeperking, die verbod om te drink en te bestuur verontagsaam, is nie net aan die owerheid nie,
Junie 2013
maar aan God ongehoorsaam en ’n oortreder van die vyfde gebod. Ook die sesde gebod is van toepassing op die reispad: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy teen ’n hoë snelheid ry, of jy drink alkohol voor jy op reis gaan, of jy minag verkeersreëls of jou padgedrag is onverantwoordelik en roekeloos, en die reisgenote in jou eie voertuig of medemense in ’n ander voertuig sterf vanweë ’n ongeluk wat direk vanweë jou onverskilligheid plaasvind, is jy ’n moordenaar. Onthou die sesde gebod sê vir jou, die motorbestuurder: “Jy mag nie doodry nie.” Al is jy ’n meelewende lidmaat van die kerk van Christus, woon jy die eredienste gereeld by, lees daagliks God se Woord en bid tot jou Vader in die hemel, en jy is die direkte oorsaak van ’n motorbotsing waarin medemense vermink word of sterf, is jy ’n moordenaar!
2
Die tweede geestelike verkeersreël – verdraagsaamheid, beskeidenheid, inskiklikheid – Hierdie drie woorde beteken dieselfde: toegeeßik, geduldig, beskeie, toegewend, nederig (Fil. 4:5; Rom. 2:4; 3:25). Letterlik beteken dit om vir mekaar ruimte te laat. Jy is nie verdraagsaam, beskeie, inskiklik as jy die hele weg vir jouself opeis nie. Jy moet die ander motoriste saam met jou op die pad ruimte gun en ruimte gee. Dit vereis van jou om ordentlik op te tree en nie jou selfsug te laat seëvier nie.
3
Die derde geestelike verkeersreël – liefde tot jou naaste – Die grondreël wat God in sy Woord gee, is liefde tot God en liefde tot jou naaste (Matt. 22:37-40). Verder moet die gelowiges in alles wat hulle doen, die Here verheerlik (1 Kor. 10:31). Hierdie bevel van Christus is natuurlik ook van toepassing waar gelowiges op vakansiereis is. Op die reispad saam met jou is jou naaste, al is dit ’n onbekende naaste wat in al die ander motors op die pad is, vir wie jy moet liefhê soos jouself. Die Bybelse waarheid geld vir elke gelowige dat jy op die reispad niemand enige leed of letsel aandoen nie. Dat jy ook nie die oorsaak mag wees waarom ’n ander voertuig in ’n ongeluk betrokke raak nie, omdat jy dan die beeld van God waarna jou naaste geskape is, sal skend. Die feit dat jy bykans 100% van die mede-padgebruikers nie ken nie, mag nie daartoe bydra dat jy onverskillig en traak-my-nieagtig teenoor hulle mag optree nie. Die liefdesgesindheid deur God se genade moet die oorheersende dryfveer wees waarmee elke gelowige sy motor bestuur en hom op die pad gedra. Jou liefde tot God en jou liefde tot jou naaste moet sigbaar wees in die wyse waarop jy jou op die pad gedra. Dit klink dalk hoogdrawend en mense kan moontlik sê nou word die waarheid darem te ver gerek, maar as Christen moet jy die mense wat saam met jou op die pad ry, waarheen ook al, uitnemender ag as jouself en moet jy jou voorneem om hom niks aan te doen wat jy jouself nie graag aangedoen wil hê nie. DK
DIE KERKBLAD
11
Fokusartikel Ds. AP (Abraham) Krüger (Welkom)
Onverskilligheid
bedreig jou geloof
Die heerlike boodskap van die evangelie enade, alles genade! Jou redding uit die mag van die duiwel en die sonde is van begin tot einde ’n saak van genade. “Uit sy volheid het ons alles almal ontvang, ja, genade op genade” – so jubel die apostel Johannes (Joh. 1:16).
G
Alles wat God in sy liefde aan ons wil gee, is in Jesus Christus saamgevat. Deur in Jesus te glo, ontvang ons ’n onophoudelike stroom van genade. En genade beteken mos dat jy dit nie verdien het nie. Jy ontvang iets heeltemal verniet. Wanneer jy iets uit genade ontvang, is alle vorme en moontlikhede van verdienste totaal uitgesluit. Só ontvang jy verlossing – uit genade deur geloof in Jesus Christus. Dit is die heerlike boodskap van die evangelie. Dit is die heel beste nuus wat jy kan ontvang. Jesus Christus het in jou plek kom staan en jou sondeskuld klaar en volledig betaal. Glo dit en jy sal lewe!
Die implikasie van genade Wat is die praktiese betekenis van die redding uit suiwer genade? Wat is die implikasie van dié redding vir jou praktiese lewe van elke dag? Kan jy sê: Nou ja! Christus het mos betaal. Al wat ek moet doen, is om dit te glo. En dan kan ek lewe soos ek wil? Die Kategismus (24:64) stel die vraag so: “Maak hierdie leer” – dit is die leer van verlossing uit genade alleen – “nie die mense onverskillig en roekeloos nie?” So dink mense wat glo dat jy jou verlossing of ’n deel daarvan deur jou goeie werke kan verdien. En hulle argument klink baie mooi. Hulle sê: Jy kan mos nie verwag dat die Here alles moet doen nie, want as jy niks doen om jou redding te verdien nie, dán word jy onverskillig en roekeloos! Dan sal jy nie omgee hoe jy lewe nie.
16
DIE KERKBLAD
Die Kategismus se antwoord is in die kol: “Nee, want dit is onmoontlik dat ’n mens wat deur ’n ware geloof in Christus ingeplant is, nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie” (24:64). Hier is ’n paar belangrike woorde: Onmoontlik: dit is onmoontlik, dit wil sê dit is ondenkbaar en onlogies en ongehoord dat iemand wat só ’n groot geskenk van God ontvang het, nie vir Hom sal dankie sê nie! Ingeplant: iemand wat deur ’n ware geloof in Christus ingeplant is, kan eenvoudig nie anders nie, jy móét en sal inderdaad vrugte van dankbaarheid voortbring. Dit is mos wat ons Here Jesus in Johannes 15 leer met die beeld van die wingerdstok en sy lote. Geen druiweloot kan op sy eie vrugte dra nie. Dit moet aan die wingerdstok vasgebind bly. Die oomblik wanneer die loot afgesny word, kán dit nie vrugte dra nie. Maar solank die loot aan die wingerdstok vás is – solank dit uit die wingerdstok groei en sy lewenssap daaruit kry, móét en sal dit inderdaad vrugte voortbring. Dit is ’n noodwendigheid. Dit kan nie anders nie!
Vrugdra Vrugdra – dit is die lote se verantwoordelikheid. Geen loot mag aanhou om lewenssap uit die wingerdstok te onttrek terwyl dit niks met daardie lewenssap doen nie. ’n Loot wat dáármee aanhou, word afgesny en weggegooi (Joh. 15:2, 6). Jesus se gelykenis van die onvrugbare vyeboom in Lukas 13:6-9 bevestig hierdie waarheid. Die vyeboom is in die beste grond geplant. Dit het die beste versorging gekry, maar geen vrugte gedra nie. Die
Junie 2013
Fokusartikel
tuinier se vraag in vers 7 is uiters belangrik: “Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?” Elkeen wat deur ’n ware geloof in die vrugbare grond van God se genade in Christus ingeplant is, kan en mag nie anders nie – jy móét vrugte dra! Jy mag nie net lewenssap uit genade van God ontvang terwyl jy niks daarmee doen nie! Wie aanhou om só te lewe, is onverskillig en sorgeloos en roekeloos en sal afgesny en uitgekap word (Luk. 13:9). Vrugdra – dit is die verantwoordelikheid van elkeen wat deur ’n ware geloof in Christus ingelyf is. Geen gelowige kan aanhou om lewenskrag van Christus te ontvang, sonder om dit te gebruik nie. Wie net genade wil ontvang sonder om God elke dag daarvoor te dank, is onverskillig, roekeloos en sorgeloos. Vrugdra – dit is ’n dankbare gehoorsaamheid aan al die opdragte van Christus (Joh. 15:10). Dankbaarheid beteken immers nie dat jy net sê: Dankie, Here! nie. Dankbaarheid moet sigbaar word in dit wat jy doen. Jy moet dankie lééf! Die apostel Jakobus sê mos: “Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?” En ook: “Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?” Jou werke, jou gehoorsaamheid aan God se opdragte, dít is die manier waarop jou geloof sigbaar moet word. Niemand mag onverskillig omgaan met God se genade in Christus nie. Daarvoor is dié genade té duur. Onverskillig, roekeloos, sorgeloos – dit mag nooit kenmerke van ’n gelowige se lewe wees nie, want dit ondermyn jou eie geloof. En tog lyk dit dikwels of baie gelowiges op hierdie manier lewe:
in Romeine 6 bestry. “Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?” (6:1). Die antwoord op hierdie onverskillige en sorgelose manier van omgaan met God se genade, is ’n besliste: “Nee, stellig nie!” (6:2). Die rede wat hy daarvoor aangee, is die volgende: “Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” Onverskilligheid, roekeloosheid, sorgeloosheid – dit is die gif wat jou geloofsplantjie ernstig bedreig.
Hoe kan ons dit keer? Sonder elke dag tyd af om te peins oor sy genade God se genade wat Hy in Christus aan jou bewys het. Dink oor die prys wat Hy betaal het om jou te red, want ons is nie “deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop” (1 Pet. 1:18) nie, “maar deur die kosbare bloed van Christus” (1 Pet. 1:19). Doen wat Psalm 119:97 en 99 sê – bepeins die Here se wet en sy getuienisse. Want in sy wet leer hy ons hoe om Hom onophoudelik te dank vir sy genade. Sy wet is die beste teenmiddel waarmee jy die gif van onverskilligheid, roekeloosheid en sorgeloosheid kan bestry. Sorg dat jy genoeg tyd afsonder vir persoonlike gebed. Skuif alles opsy en praat met jou Here (Matt. 6:6). Stort jou hart voor hom uit, soos Hanna in 1 Samuel 1 gedoen het. Konsentreer elke dag daarop om “sout van die aarde” en “lig van die wêreld” (Matt. 5:13-16) te wees. Doen wat 1 Korintiërs 10:31 sê: “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God”. DK
Ek sal later meer erns met my godsdiens maak. Ek het nie nou tyd daarvoor nie, want ek moet myself eers in my beroep vestig. Ek wil eers my lewe geniet! Ek is mos ’n kind van God. Daarom sal Hy my nie straf nie. Ek moet net onthou om elke aand te bid: “Here, vergeef my my sonde”, dan is alles reg. Ek ontvang mos alles uit genade. Daarom sal die Here self sorg dat ek in die hemel kom! Dit klink nogal soos die argument wat Paulus
Junie 2013
DIE KERKBLAD
17
Besinning Prof. BJ (Ben) de Klerk (emeritus) (Potchefstroom)
Aspekte van die erediens of liturgie (1)
“Waarlik, God is hier by julle!” In hierdie en nog ses aßewerings bespreek prof. Ben de Klerk aspekte van die erediens of liturgie, in die oortuiging dat dit lidmate behulpsaam kan wees om inniger aan eredienste deel te neem. – Red.
O
ns hoef nie een oomblik te twyfel dat Christus sy belofte volledig nakom nie. Christus het belowe: “Waar twee of drie in my Naam saamkom, daar is Ek in hulle midde.” Ons hoef daarom nie God in die erediens teenwoordig te maak nie. Hy is in ons eredienste teenwoordig. Die probleem is dat ons nie dwarsdeur die erediensgebeure bewus is van sy teenwoordigheid nie. Dit is dus nodig dat ons bewus gemaak moet word van sy teenwoordigheid. Hierin het die liturg (dominee?) ’n groot verantwoordelikheid om God se teenwoordigheid uit te wys. In 1 Korintiërs 11:17 tot die einde van hoofstuk 14 gaan dit ook oor wat in eredienste behoort te gebeur. In hoofstuk 14 word “spreek in tale” teenoor “profesie” in die erediens geweeg. Dit trek veral in verse 23-25 saam. Die oorkoepelende begin is die woorde aan die begin van vers 23: “As die hele gemeente dan bymekaar is ...” Dan die teenstelling: “... en almal gebruik ongewone tale of klanke” teenoor “as almal profeteer” (of God se boodskap verkondig). Dan, by albei gevalle, kom daar buitestanders of ongelowiges die samekoms binne. By die spreek in tale is die uitwerking op die buitestanders: “Hierdie klomp mense is van hulle verstand af.” By die samekoms waar in al die handelinge die profetiese stem gehoor word, is daar ’n reeks uitwerkings wat in intensiteit toeneem: die buitestander word in sy gewete aangespreek, kom tot selfondersoek, ontdek sy verborge sonde, val op sy knieë en aanbid God. Die hoogtepunt is die buitestander se belydenis: “Waarlik, God is hier by julle!”
22
DIE KERKBLAD
Die uitwys van God in bewondering en ontsag Die erediens is nie bloot ’n koue afwerk van “items” soos die sakelys van ’n vergadering om by die hooÞtem van die dag te kom, “die preek”, nie. Dit is ’n dinamiese ontmoeting waarin God die inisiatief neem en ons in staat stel om Hom as die heilige God te ontmoet. Christus maak die ontmoeting as Hoëpriester moontlik en Hy is deur sy Gees en Woord self teenwoordig. Die Gees is ’n dinamiese Gees wat elke oomblik kragtig werk. Die erediensdeelnemer behoort bewus te wees en bewus gemaak te word van die almag, heerlikheid, heiligheid, regverdigheid en skoonheid van dié God met wie hy/sy gemeenskap het. Die magtige God ontmoet ons met vol hande en deel werklik genade, liefde, vrede uit, stort dit in ons harte in omdat ons dit nie self kan produseer nie. Die Groetseën gee ons die gawes wat ons vir die voortgang van die erediens nodig het. Omdat die erediensdeelnemers bewus is van God se teenwoordigheid, verklaar hulle met die votum enersyds dat hulle radikaal afhanklik van God is en andersyds dat hierdie samekoms ’n amptelike samekoms van God met sy volk is. Hierdie bewondering is nie net vrolike lofprysing nie, maar ook huiwerende (en tog vrymoedige) ontsag. Die ontsag kan uitgewys word deur meermale van heilige stilte gebruik te maak (Hab. 2:20 – “God is in sy heilige tempel. Almal moet in sy teenwoordigheid stil wees”). Die bewondering kan deur loßiedere tot uiting gebring word. Soms kan dit meer as een loßied na mekaar wees, want ons lof kan tog nie ophou nie. Ook die belydenis van die gemeente is ’n erkenning dat die heilige God teenwoordig is. Daarom behoort elkeen wat bely, te weet hy/sy praat ook in die belydenis van sy/haar geloof regstreeks met God en nie net oor Hom met mekaar nie.
Junie 2013
Besinning
Die uitwys van God in verootmoediging en belewing van versoening Calvyn het meestal die ontmoeting van die gemeente met God deur verootmoediging en skuldbelydenis begin. Hy was oortuig dat die sondige mens nie met die heilige God gemeenskap kan hê voordat hy sy skuld bely het en vergifnis ontvang het en so opnuut versoen is met God nie. Sy dienste het daarom in ons oë dalk baie somber begin. Ons kan ook so begin, maar dit is ook moontlik om by die sien met die geloofsoog van God en sy grootheid eers verwonderd tot lofprysing en aanbidding oor te gaan en daarna die kontras met ons, onheilig en vol sonde, wat oopgevlek word in die lig van sy heerlikheid, in verootmoediging en skuldbelydenis te beleef en te bely. Omdat God heilig is, is sy eise heilig en kan en wil ons dit uit ongehoorsaamheid dikwels nie nakom nie. Die heilige God kyk ook op daardie moment in ons samekoms dwarsdeur ons, en sien elke verkeerde gedagte raak. Dan kan ons maar net sy belofte vasgryp: wie opreg berou het en dit vir My in skuldbelydenis, dikwels met trane, uitspreek, sal Ek op grond van Christus se offer vergewe. In die liturgie is die handeling van vryspraak geweldig verrassend. Deur God self aan die Woord te stel (uit bv. Spr. 28:13; Rom. 5:1, 2 en 1 Joh. 1:9) hoor ons opnuut hoe heerlik dit is om versoening te kan beleef. Ons wys ook God is in ons gebede teenwoordig. Daar kan meer as die tradisionele twee gebede wees. Daar kan ’n innige gebed van skuldbelydenis wees. Die gebed voor die Woorddiens (gebed om verligting deur die Gees) was in die tyd van die Reformasie ’n baie kort en beskeie gebed, want, so is daaroor gedink, ons behoort min woorde as nietige mensies te hê voordat God praat. Laat ons beskeie wees en eers huiwerend hoor wat Hy sê. In baie gevalle bid die liturg vandag ’n lang, uitgebreide gebed voor die Woorddiens. Dit is seker nie verkeerd nie, maar as die uitgangspunt is dat God deur sy Woord by ons gebed oproep, sal die meer uitgebreide gebed in die lig van ons ontsag vir God beter ná die Woorddiens pas. God se spreke is só kragtig dat Hy ons daardeur tot lofprysing, skuldbelydenis, dankie sê en smeking en voorbidding bring. Die uitwys van God deur Hom te hoor praat In die meeste gevalle hoor ons die liturg aankondig: Ons lees saam uit ... Is dit die beste manier om God aan die erediensdeelnemers uit te wys? Kry ons
Junie 2013
nie só, onbewustelik, die idee dat ons oor God iets gaan lees nie, in plaas daarvan dat ons God gaan hoor praat? God se Woord is tog lewend en ons lees nie uit ’n ou boek wat duisende jare terug tot stand gekom het en waarvan ons nou ’n Afrikaanse vertaling het nie. Ons glo God praat deur sy Woord, want die Gees het die Woord geïnspireer, selfs deur die Psalms wat digters tot God rig. Ons noem tog nie diegene wat in die erediens saamkom lesers nie, maar eerder hoorders. God praat regstreeks en die Gees werk regstreeks deur die hoor van die Woord. Die aanhoor van die Woord ontvang ons sonder om die waarheid daarvan te betwyfel. Die aanhoor van die verklaring en toepassing van die Woord (prediking) kan vrae wakker maak en selfs by die erediensdeelnemers geregverdigde kritiek ontlok. Die hoor van die Woord, of dit in die Wet, die sogenaamde Skrißesing of regstreekse aanhalings in die groet- en wegstuurseën is, is die hoogtepunt van die ontmoeting van God met sy gemeente. Dan is God Self aan die woord. Die uitwys van God in die terugbeweeg na elkeen se leefwêreld Onontbeerlik is die instort van die seën in elke erediensdeelnemer sodat hulle die erediens van die lewe kan voortsit. God se handeling deur ons vol te maak met die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees (die Wegstuurseën), maak ons tot ’n seën vir almal wat God in die week op ons pad bring. Daarom is die “amen” ná die seën ’n bewys dat ons die seën met blydskap en dankbaarheid toe-eien en dat ons dit nie gaan begrawe nie, maar in ons gesinslewe, werk en sosiale kontakte gaan gebruik. Wie dus al meer bewus word van God se teenwoordigheid in ons eredienste, sal ook aan hom/haarself en aan kinders nie bloot intellektuele vrae vra soos: Wat het die dominee gepreek? nie. Eerder ’n hart- en verstandsvraag soos: Hoe het jy die Here se kragtige teenwoordigheid herken en ervaar? Dalk is dit in ’n Psalmvers, dalk in die hoor van ’n vers waaruit die prediking nie gekom het nie. Mag die buitestander tog nog in ons eredienste kom. Mag die buitestander se getuienis wees: “Waarlik, God is hier by julle!” Mag die buitestander se getuienis oor ons elke dag se erediens wees: God is by hom/haar. Ek wil met hom/ haar saamgaan, soos die buitestanders in Sagaria 8 gesê het: “Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor God is by julle!” DK
DIE KERKBLAD
23
Van Oraloor Di. Lan-Louis Lee (Bothaville) & Albert Coetsee (Uitschot)
Predikante besoek Brasilië
I
n Januarie 2012 het die GKSA amptelik ekumeniese bande met die Igreja Presbiteriana doBrasil (IPB) gesluit. Aan die einde van 2012 het die NWU en ons Teologiese Skool soortgelyke bande met die nagraadse teologiese opleiding van die IPB gesluit. Die liefde vir God en sy Woord, die gereformeerde leer en die ywer in sy diens is brandend in Brasilië. Ons (di. Jan-Louis Lee en Albert Coetsee) het daarom ’n unieke geleentheid gehad aan die begin van 2013 om die Presbiteriaanse Kerk in Brasilië te besoek. Daar het ons broers en susters in die geloof gevind, ons het gesien hoe hulle hul roeping om liggaam van Christus te wees, besef en uitleef. Ons het onuitwisbare vriendskappe gevorm en ons het by mekaar geleer. Sao Paulo is ’n stad van meer as 30 miljoen mense. Dit is interessant om daarop te let dat dit die wêreld se vyfde grootste stad is. Vir twee plattelandse seuns was dit voorwaar ’n kultuurskok: verkeersknope wat langer as vier ure kan duur, tot dié mate dat ’n radiostasie net aan verkeersnuus in Sao Paulo toegewy is. Dit is ’n beton-oerwoud wat taamlik onbeplan voorkom (dit is nie juis ’n mooi stad nie), met grafÞti tot op selfs die hoogste geboue. Die maatskaplike krisisse in Sao Paulo is groot: misdaad neem ongekende afmetings aan, en onsedelikheid is letterlik om elke hoek en draai sigbaar. Prostitusie is gewettig. Ons verneem met ’n skok dat dit makliker is om die staat sover te kry om vir ’n geslagsveranderingsoperasie te betaal as vir ’n blindederm wat gebars het. Die krisisse wat die stad (en land) met dwelms en mensehandel ervaar, klink soos iets uit ’n aksießiek. Binne hierdie agtergrond funksioneer die IPB. Dit is ’n kerkverband wat gereformeerd is. Die doel van ons besoek was om te kyk hoe die gemeentes daar werk, om te sien wat hulle doen wat hulle radikale groei in die afgelope tien jaar bewerkstellig het, en om te kyk hoe dit in ons kerkverband toegepas sou kon word. Die ontsagwekkende indruk wat ons in Brasilië gehad het, is dat daar nie so iets soos kits-kerkgroei of kits-omkeer is nie. Ons het ’n treffende beeld by een van hulle dosente gehoor: Kerkgroei (church-revitalization) is soos om ’n vliegtuig te probeer herstel ter wyl daardie vliegtuig besig is om te vlieg. Die kerk het inderwaarheid nie die opsie om geheel en al tot stilstand te kom, die probleme te herstel en dan weer vorentoe te gaan nie. Die vraag wat ons daarop moes
26
DIE KERKBLAD
vra, is: Hoe doen ’n mens dit? En dan natuurlik – die grootste vraag wat die hele week op ons harte gedruk het: Hoekom het die IPB in die afgelope tien jaar ’n groeitendens gehad, terwyl die GKSA in lidmaattalle krimp? Die antwoord is eintlik só eenvoudig, só voor die handliggend dat dit amper ondenkbaar is dat ’n mens 7 500 km moet reis om dit te hoor. Die antwoord is geleë in ons naam: Gereformeerd. Reformasie. Semper Reformanda! Altyd terug na die Woord. Toe die IPB opnuut teruggedraai het na die bron en weer daaruit begin drink het – toe het die kerk daar begin groei. George Barna skryf dat die Bybel ’n vreemde boek begin word het. Mense sal die Bybel oopmaak, ’n gedeelte lees sonder om baie aandag aan die werklike konteks te skenk en bloot op die oppervlak die gevoel of gedagte daarvan bedink. Is hulle gemaklik met daardie gedagte, aanvaar hulle dit. So nie, word daardie gedagte as “interessant” bestempel, maar beskou as irrelevant tot hulle geloofslewe en word aanbeweeg. Weereens is ons in die situasie in ons samelewing waar mense ’n bepaalde geloofsidee het wat volgens hulle met die Bybelse leer strook. Tog is hulle nie oop vir oortuiging dat hulle idees eintlik verkeerd mag wees nie en hulle wil nie nuwe insigte hê nie. Ons ervaring van die IPB was dat daar, in kontras met hierdie skokkende feite, ’n besondere bemoedigende aksent op suiwere Woordverkondiging is: Ouderlinge word werklik opgelei om met die Woord te regeer. Eers ná maande van opleiding word hulle in die amp bevestig. Soms word daar van hulle verwag om uit die belydenis in die erediens onderrig te gee. Van die gemeentes het ’n hele onderdeel in hulle erediens ingebou waar die prediking aan die kinders verduidelik word. Hulle verlaat nie die gebou vir ’n afsonderlike verduideliking nie. Die professore by hulle nagraadse sentrum is almal betrokke by bediening in ’n plaaslike gemeente – hetsy by kerkplanting, -stigting of voltydse bediening. Daardie praktiese ervaring dien dan tot beter voorbereiding van hulle studente. Lidmate word by hulle Bybelinstituut voorberei vir sending, vir katkisasie en evangelisasie, en hierdie inisiatief bring duisende na Patrocinio in die binneland waar hulle kort kursusse in bediening ontvang.
Junie 2013
Van Oraloor
Daar is ’n element van voorbereiding van lidmate om selfstandig ook bediening te doen, sonder dat die impetus van die predikant se kant af moet kom. Die gedagte by hierdie gemeentes is dat die primêre taak van die Woordbedienaar eenvoudig in hierdie titel lê: Woordbediening. Sy “kantoor” moet weer sy studeerkamer word. Die belangrikste taak van die predikant is om lidmate deur die prediking tot getrouheid aan hulle Godgegewe roeping te aktiveer. Prof. Davi Gomes het dit uitmuntend gestel: Die kerk se belangrikste wapen, sy belangrikste stukkie gereedskap, is die kansel. Nietemin is die IPB deel van die strydende kerk, met tipiese probleme soos ons orals maar sal vind. Ons is van die oortuiging dat daar dinge is wat die IPB in hierdie verband by die GKSA sou kon leer. En dit is die punt van hierdie inisatief – om oor en weer met mekaar in gesprek te tree, te leer, te bid, mekaar uit die Woord uit te vermaan en te bemoedig sodat ons saam ons opdrag om lig en sout in ’n verrotte en verdorwe wêreld te wees.
dat lidmate bloot van een gemeente na ’n ander een skuif na willekeur nie – as jy vies is vir die kerkraad of die dominee of die tannie met die hoed wat op jou plek gaan sit het, dan sorteer jy jou probleme uit. ’n Kerk wat stry oor allerhande dinge, is ’n kerk wat nie besef dat sy onnodige tyd verspeel nie. Wanneer ons besig is met ons belangrikste taak, om deur die verkondiging van die Woord dissipels van Christus te maak, het ons nie tyd om mekaar met allerhande dinge te takel nie. Ons word deur die bloed van Christus saamgebind – deur die opdrag wat Hy aan die bruid gegee het. Ons moet mekaar herinner aan die pad van heiligmaking wat ná regverdigmaking kom: ons het in ons kerkwees te maklik in ’n staat van gearriveerdheid verval – ons is gelowiges, en dis hoe dit is. Ons moet Christus volg en daagliks meer na sy beeld vernuwe word. Die punt is dat ons vandag al ’n ent verder sou gevorder het as waar ons gister was, maar dat ons nog nie daar is waar ons môre gaan wees nie. Ons opleiding van predikante, hoewel van ’n hoë akademiese peil, hou predikante baie lank uit die bediening. Ons moet in diepte kyk na hoe modules by wyse van “in-diens opleiding” aangebied kan word, sodat die plaaslike gemeentes die voordeel van hierdie bediening kan ontvang. So kan ons professore ook vrugbaar in die plaaslike gemeentes aangewend word. Ons is die Geref. Kerk Waterkloofrand, in die besonder dr. Douw Breed, baie dankbaar vir hierdie onvergeetlike ervaring. Ons besef dat die liefde vir die Woord, soos ons dit in ons gereformeerde skat ook bely, werklik oor die wêreld heen bestaan. Maar ’n lamp wat onder ’n maatemmer weggesteek bly, doen nie sy doel gestand nie. Miskien was dit dan die moeite werd om die 7 500 km te reis om weereens te gaan onthou wat ons vergeet het: Sola Scriptura. In ’n tyd waar mense toenemend kerklos raak, maar meen dat hulle steeds in God glo, is dit ’n bemoedigende boodskap en vermaning wat ons in Brasilië ontvang het: Jy kan nie sê jy is lief vir die Bruidegom as jy die bruid haat nie. Die bruid is onlosmaaklik vas aan die Bruidegom – met ’n opdrag. GKSA – kom ons leef daardie opdrag uit. DK
Wat van implementering in die GKSA? Ons kan met vrug van die gedagtes van die IPB gebruik in die GKSA: Die gedagte dat “groter altyd beter” is, is nie in die kerk noodwendig ’n feit nie. Hoewel daar mega-gemeentes in die IPB is, is daar in sommige gebiede die gebruik dat wanneer ’n gemeente ’n lidmaattal van meer as 300 bereik het, hulle dan afstig en ’n selfstandige gemeente vorm. Ook word daar in baie gevalle nie toegelaat
Junie 2013
DIE KERKBLAD
27