Webwerf: h p://www.gksa.org.za/
28 Reaksie: Nood in kerke moet verreken word ALGEMENE SINODE 2015 29 Deputate Gereformeerde Publikasies 30 Deputate Historiese Sake 31 Deputate Bybel GEMEENTEBEELD 32 Gereformeerde Kerk Swartruggens Eeufees
JAARGANG 117, NO. 3288 MAART 2015
1 VAN DIE REDAKTEUR Rooi ligte vir Suid-Afrika 3 UIT DIE WOORD Die les van die mier 5 REDAKSIONEEL Die verbond van God met ons 7 BRANDPUNT Gesonde gesinne, gesonde katkisasie FOKUS 9 Bybelse eskatologie (3) 12 Tegnologie, wetenskap en geloof (1) 15 Hoe gemaak met radikale Moslems? 17 Ek, jy en die “state of the nation” DISKUSSIE 19 Die GKSA se Algemene Sinode in oënskou 21 Klas van '77 22 Besluit oor “Spesiale Sinode” is onhoudbaar 26 Op weg na sinodokrasie?
ANDER 34 Besoek aan die Reformed Churches in Japan 36 Prof. Amie van Wyk ontvang ATKV/SA Akademie-prys 37 Groot M- en D-oes by Lentegradeplegtigheid 40 Gesellig met vriend en vreugdgenoot verkeer 41 Lidmate besoek Zimbabwe 42 Vervolging van Christene raak feller 43 Reformed Church Christian Women’s League 52 “... soos 'n brullende leeu ...' 44 BRIEWE VAN ONS LESERS 46 Lief en Leed Op die Kerkwerf 47 Personalia 48 Kleinadvertensies
Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R284.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R195.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R266.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R195.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Van die redakteur
Rooi ligte vir Suid-Afrika D Dit is nou 25 jaar gelede dat die destydse staatspresident, mnr. FW de Klerk, sy beroemde toespraak in die Parlement gehou het om aan te kondig dat mnr. Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat word en die verbod op die ANC en ander organisasies opgehef word. Hierdie toespraak het die pad oopgemaak vir die proses van onderhandeling wat op die “nuwe demokratiese Suid-Afrika” in 1994 uitgeloop het. Nou, 25 jaar later, ikker die rooi ligte vir Suid-Afrika sonder om te ontken dat daar ook positiewe dinge in die nuwe Suid-Afrika gebeur, waaroor in 'n ander artikel gehandel kan word). ’n Opskrif in Beeld van 4 Februarie lees: “Rasgif verteer SA.” In die berig word gestel dat mnr. De Klerk self by die herdenking van sy toespraak van 25 jaar gelede gesê het die ANC het sy pogings vir nasionale versoening laat vaar. Hy het ook “dwarsklappe ingekry na die ANC-regering oor die stand van onderwys en korrupsie”, alhoewel hy dit duidelik gestel het dat hy steeds sy toespraak 25 jaar gelede sou gelewer het. By dieselfde geleentheid het dr. Theuns Eloff, vorige visekanselier van die NWU en pas aangestelde voorsitter van die FW de Klerk-Stigting, gesê as versoening sneuwel, “het ons groot moeilikheid”. Die sakeman mnr. Johann Rupert sê daar is heelwat verkeerd in Suid-Afrika en veel wat hom wanhopig stem. Selfs die joernalis Max du Preez verklaar dat Suid-Afrika diep in die moeilikheid is en nie die nodige leierskap van die ANC in 2015 kan verwag nie. Hierdie stellings en standpunte
Maart 2015 ~ DIE KERKBLAD
moet onder andere gesien word teen die agtergrond van die huidige president, mnr. Jacob Zuma, se onlangse stelling dat SuidAfrika se probleme met die koms van Jan van Riebeeck in 1652 begin het. Blankes, en veral die Afrikaners, word as die skuldiges uitgesonder en al hoe meer geteiken. Ons moet daarom myns insiens hier ook dink aan die toenemende aanslag op die kultuur en taal van minderhede, veral die Afrikaner, dreigende grondonteiening, plaasaanvalle; en verder die toenemende korrupsie, die aftakeling deur die regering self van sy eie instellings, soos die Nasionale Vervolgingsgesag, Inkomstediens, die ineenstorting van dienslewering op alle vlakke, ensovoorts.
Bybelse perspektief Wat tot sover gesê is, is niks nuuts nie en kon u in enige dagblad gelees of op die televisie gesien het. Van ’n blad soos Die Kerkblad kan verwag word om ’n Bybelse perspektief te gee op wat in die wêreld en die eie land en volk se geskiedenis gebeur. En alhoewel ons steeds deur ’n spieël in ’n raaisel kyk en ook as gelowiges worstel met die raaisels van die lewe, het ons die gawe van die geloof ontvang en gee die Bybel aan ons uitsig en perspektief om te kan volhard. ’n Eerste (en seker die belangrikste) perspektief is dat God deur Christus oor alle dinge regeer. Hy het die dood en alle bose magte oorwin en in glorie en heerlikheid opgevaar. Daar is ’n troon in die hemel, en Hy sit op die troon. Aan Hom behoort alle mag in
die hemel en op aarde. Magte en owerhede is soos klei in sy hande en kan sonder sy wil nie roer of beweeg nie. Hierdie waarheid moet vir ons ’n geloofswerklikheid wees, groter as enige onsekerheid of vrae waarop ons nie nou ’n antwoord het nie. ’n Tweede perspektief is dat ons sedert Pinkster in besonder in die laaste dae leef. Soveel van die dinge wat ons vandag beleef, word in die Bybel juis voorspel as deel van die laaste dae. Dit is die tyd waarin mense mekaar verraai en mekaar haat, die tyd waarin valse profete opstaan en baie mense mislei, die tyd waarin die ongeregtigheid vermeerder word en die liefde van die meeste verkoel. Dit is ook die tyd waarin die ekonomie in duie sal stort (lees o.a. Matt. 24 en Op. 13). Die Bybel leer ons nie dat die tye aan die einde makliker sal word nie. Inteendeel, baie van die dinge wat ons beleef, is dus vir ons ’n bevestiging van die Skrifte. Die Bybel leer ons egter wel dat God sy kerk, sy uitverkorenes, ook in die verskrikking van die eindtyd bewaar. Ter wille van hulle sal die laaste dae verkort word (Matt. 24:22). Die kerk word juis in die woestyn onderhou (Op. 12:14). Daarom is ’n volgende perspektief dat ook elke ware gelowige persoonlik seker mag wees dat nie ’n haar van sy/haar kop sal val as dit nie die wil van ons hemelse Vader is nie. Hy is met ons, in die water en in die vuur (Jes. 43). Daar gebeur niks by toeval nie. Ons bely dit as deel van ons dierbare geloof, deel van ons enigste troos in lewe en in sterwe
1
Van die redakteur
in Sondag 10 van die Kategismus. Ons moet dit ook in die wêreld van 2015 beleef. Soek eers die Koninkryk Die rooi ligte wat vir Suid-Afrika ikker, is in baie opsigte ook rooi ligte vir die Koninkryk van God. Moord, korrupsie, haat, geldgierigheid, magsmisbruik, ensovoorts, is nie bouwerk aan die Koninkryk nie. Inteendeel. ’n Owerheid wat sy mag misbruik om tale en kulture te vernietig, wat beheer oor die toepassing van wet en orde verloor het, wat die magte van die antichris in die naam van menseregte beskerm, wat die regsbank manipuleer, vervul nie sy roeping om die Koninkryk van God te dien nie. Ons miljoene swart medegelowiges moet hieraan dink en iets begin doen in die uitoefening van hulle politieke verantwoordelikheid. Wat is dan ons roeping as gelowiges in hierdie tyd? Ons moet bo alles die Koninkryk van God soek en sy geregtigheid (Matt. 6:33). Dit geld ook vir ons as gelowige Afrikaners wat die bedreiging van ons identiteit, ons taal en kultuur, al hoe meer ervaar. In ons stryd vir die behoud en handhawing van dit wat vir ons kosbaar is, mag dit nie gaan om selfsugtige
selfhandhawing ten koste van ander volke, tale en kulture nie, en mag die koninkryksperspektief nooit ontbreek nie. Volkskap en Christenskap is nie in spanning met mekaar nie, alles behalwe. Ook volke word gered, in hulle gelowiges. Die Afrikanervolk het ons ontstaan in hierdie land gehad, nêrens anders nie. Deur God se genade het ons ontstaan gegroei uit die bodem van die Christelike (reformatoriese) geloof. Dink aan die gebed van Jan van Riebeeck en die koms van die Franse Hugenote wat juis ter wille van hulle geloof hierheen gekom het. Daarom was die Afrikanervolk vir die grootste deel van ons geskiedenis ’n volk van die Woord en is daar erns gemaak met die uitdra van die Woord. Dit is die belangrikste vraag wat ons onsself moet vra: of ons steeds besig is om ons roeping te vervul en God se Koninkryk eerste te soek. As ons dit doen, mag ons weet dat God vir ons hier nog ’n plek en ’n taak het. En wat die nuwe Jerusalem betref, mag ons glo dat ook die heerlikheid van die Afrikanervolk, soos dié van die Zoeloevolk en die Duitse volk en die Joodse volk en alle ander volke, daar ingedra sal word (Op. 21:26). CFCC
BOEKE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO
R100.00 R100 00 (posgeld ( ld en verpakking uitgesluit)
R70.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)
R90.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)
R32.00 (posgeld en verpakking uitgesluit)
Bestel by: Administratiewe Buro, Afdeling Publikasies, Posbus 20008, Noordbrug 2522; faks 018 293 1042; e-pos bestellings@gksa.co.za
2
DIE KERKBLAD ~ Maart 2015
Brandpunt Prof. Gert Breed (Fakulteit Teologie en Teologiese Skool)
Gesonde gesinne, gesonde katkisasie 'n
’n Mens hoor dikwels dat gemeentes van een stel handleidings vir kategese na ’n ander oorskakel en dan dui hulle die leemte in die vorige handleidings aan. Daar is egter ’n leemte waarvoor geen handleiding kan vergoed nie, en dit is die gebrek aan onderrig by die huis. Ons ken almal die gelykenis van die saaier (Luk. 8) en die saad wat op verskillende plekke val. Die saad op die pad, tussen die bossies en op die rotsplaat gaan uiteindelik verlore. Nadat Jesus die gelykenis vertel het, verduidelik Hy die betekenis daarvan onder andere met hierdie woorde (Luk. 8:18): “Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.” As ons dus nie reg luister nie, kan dit wees dat ons verloor wat ons gehoor het en dat die kennis wat ons dink ons het, later blyk verlore te wees. Ons sien iets van hierdie gelykenis se waarheid waar word in baie kinders se lewe wat dalk elke Sondag of minder dikwels in die katkisasieklas sit. Vir jare aaneen leer hulle, maar wanneer hulle aan die einde van die kategese kom, staan jy soms verstom oor hoe min hulle weet. Selfs studente wat aan-
Maart 2015 ~ DIE KERKBLAD
meld om teologie te studeer, ken dikwels nie die basiese feite van die openbaringsgeskiedenis nie. Waarom het hulle daardie kennis verloor? Jesus se gelykenis vra van ons om te kyk hoe ons die grond waarop ons saai, voorberei. Saai ons getrou, maar ons maak nie seker waar ons saai nie? Help ons ons kinders om reg te luister sodat hulle nie sal verloor wat hulle gehoor het nie?
Gesonde gesinne Natuurlik moet kerkrade seker maak dat die handleidings reg is vir die onderrig en dat kategete goed vir hulle dienswerk toegerus het. Daar is egter een belangrike faktor wat alles in die wiele kan ry, al is ons handleidings uitstekend en ons kategete goed toegerus. Hierdie faktor is die huisgesin. Volgens Deuteronomium 6 vind die praktiese toepassing van die Woord van God plaas daar waar die gesin funksioneer, slaaptyd en opstaantyd, die tyd op pad iewers heen. Die Woord moet op vrae en probleme toegepas word daar waar die lewe gebeur. Pa en ma moet dit doen, moet daar wees om dit te doen. Pa en ma moet egter ook in die oë van die kind die reg hê om die Woord te kan toepas. Hierdie reg word verdien deur opregtheid en betroubaarheid. Wanneer die huweliksverhouding ongesond is, die ouers
7
Brandpunt
sit gedurig vas, of vaar soos skepe in die nag by mekaar verby, word hulle onderrig verdag. ’n Dogter het eenkeer vir haar ma gesê: “Jy het jou ore verloor en ek het my mond verloor” – ons kom nie by mekaar se harte uit nie. Vir die grond om voorberei en vrugbaar te wees vir die Woord van God, is die volgende dinge bevorderlik: x ’n Oop verhouding waar moeilike vrae/probleme/ seerkry/sonde bespreek kan word sonder vrees vir verwerping. x Ouers wat openlik oor hulle geloof praat en van hulle liefde vir die Here getuig. x Huisgodsdiens waar die Woord bestudeer en prakties toegepas word. x Dissipline wat met liefde en wysheid toegepas word. x Gesinne wat saam dienswerk doen, al vra dit opoffering. x Geloof wat in die werklikheid grondvat. Hierdie en meer sake is nodig vir die kind om gereed te wees om die meeste uit die kategese en die erediens te kan ontvang en te kan integreer.
Die gemeente se taak teenoor gesinne Deel van die pastorale versorging van gesinne is doelgerigte toerusting. Paartjies wat gaan trou, moet deeglike toerusting ontvang, sodat hulle weet wat die Here se plan is vir: x man en vrou se rol in die huwelik x die seksuele in die huwelik x kommunikasie, ensovoorts. Wanneer ’n paartjie ’n kind verwag, moet die tyd van afwagting gebruik word om hulle deeglik vir ouerskap voor te berei oor al bogenoemde sake wat belangrik is binne die gesin. Gereelde opvolgkursusse (dalk oor ’n naweek weg) vir ouers en vir ouers en kinders moet deur die gemeente aangebied word. So moet daar in verskillende fases van die kind se grootword seker gemaak word dat gesinne gesond is. Ouers kan terwyl hulle kinders in die katkisasie is, bymekaar kom en bepaalde sake oor kinderopvoeding bespreek, hulle kan ook hulleself teenoor mekaar verantwoordbaar maak oor en verslag doen oor hulle vordering om gereeld huisgodsdiens te hou.
8
Die predikant kan nie al hierdie toerusting behartig nie, maar hy kan lidmate as toerusters toerus of laat toerus deur kundige persone. Elke kerkraad behoort verantwoordelikheid te aanvaar om gesinne toe te rus sodat die grond reg voorberei word vir die saad om baie vrug te dra tot eer van ons Here. Ons leef in ’n samelewing wat die gesin onder geweldige druk plaas. Indien ons nie gesinne bedien nie, moet ons ook nie verbaas wees as baie van die saad verlore raak nie. God se Gees het dit in die Woord duidelik gemaak dat gesinne deel is van sy strategie om die kinders van die verbond in die vrees van sy Naam groot te maak.
Gesonde katkisasie Gesonde katkisasie word op gesonde verhoudings gebou. Die kategeet se verhouding met die kinders kan die deur oopsluit of toesluit. Gesonde katkisasie word gebou op ’n verhouding van liefde en openhartigheid tussen kategeet en kinders, en die kinders onderling. Wanneer die voorbereiding by die huis gedoen is, kan die kategeet daarop voortbou en die Woord prakties op die kind se lewe toepas en hulle begelei om praktiese situasies in die lig van die Woord te bespreek. Die kind moet by die katkisasie weggaan met die oortuiging dat die Woord regtig ’n lig op sy/haar pad is. Kategese is dus nie net oordra van kennis nie, maar toerusting van die kinders vir die lewe. Daar moet voortdurend gepoog word om ’n liefde vir die Woord by die kind te wek deur die werk van die Gees. Die kind moet verwonderd staan oor God en sy ryke genade. Ons kinders moet ook God se liefde vir die wêreld leer ken, dat Hy nie wil hê dat iemand verlore sal gaan nie. Die kind moet dus leer verstaan dat katkisasie nie maar net oor hom/haarself gaan nie, maar dat dit ook toerusting is om die Woord en God se genade na ander mense uit te dra.
Doel Ons doel met gesinsbediening en katkisasie is dus nie maar net om ons kinders in die kerk te behou nie, maar dat hulle God sal liefkry, Hom met hulle lewe sal eer en met ywer ander sal roep om ook aan hierdie heerlike genade deel te kry. DK
DIE KERKBLAD ~ Maart 2015
Fokus Prof. IW (Naas) Ferreira (Teologiese Skool)
Hoe gemaak met radikale Moslems?
D
Aktualiteit Stadig maar seker is die bewussyn van ’n harde werklikheid besig om wêreldwyd deur te breek. Die wêreld, wat al amper gewoond geraak het aan mediaberigte oor die oorloë in Afganistan en Irak, moes sedert Desember 2010 kennis neem van ’n dramatiese Islamitiese ontwaking (genoem die “Arabiese lente”) wat dwarsdeur die noorde van Afrika beweeg en ’n radikale Islamitiese beweging aan die gang gesit het. Dit wil voorkom asof Al Qaeda ná die Irakese oorlog nuwe lewe en momentum gekry het, onder andere in die beweging wat ISIL1 genoem word. Al Qaeda het reeds ’n ontwrigtende teenwoordigheid in ten minste 19 Afrikalande. Daagliks is daar berigte van onder andere Boko Haram (Nigerië) en Ansar Din (Mali) en die “Movement for Unity and Jihad” (Wes-Afrika) en Al Shabab (Somalië) en Moslempolitieke partye soos die “Muslim Brotherhood” (Egipte) en An Nahda (Tunisië). Moslemgroepe het ook meer aktief in Libië en Marokko begin optree. In Soedan is die Moslems alreeds vir twee dekades in die regering. Ten spyte van die onafhanklikwording van Suid-Soedan het Moslem-ekstremiste die land weereens in chaos en oorlog gedompel. Vroeg in Januarie 2015 verskyn ’n berig in SuidAfrika en ontbloot ’n vraag wat verseker in baie SuidAfrikaners se harte huiwer: Kan radikale Islamitiese terreur nog verslaan en uit Suid-Afrika geweer word?2 Sewe dae nadat hierdie berig in Maroelamedia verskyn het, vind ’n tweede terreuraanval3 op die kantore van Charlie Hebdo, ’n weeklikse tydskrif in Frankryk, plaas. Na aanleiding van die nadraai van hierdie aanval in Frankryk skryf ’n Suid-Afrikaanse Moslem ’n berig in die Laudium Post4 waarin hy dit duidelik en
Maart 2015 ~ DIE KERKBLAD
onomwonde stel: “January 14, 2015 will go down in history as the day the West, especially the French, signed their own death sentence.”5 In sy berig roep hy wel alle Moslems tot kalmte, maar met ’n duidelike fokus: “Patient, not because we need to accept humility and disgrace, but patient on the fact that although we are politically disunited and spiritually weak now, we should be steadfast on protecting and advancing Islam until victory will be ours.” Sy boodskap tot die Westerse wêreld is baie duidelik: “I appeal to all of those in the West who were part of this disgraceful act: either repent from this heinous deed whilst there is still life in your body, embrace Islam en make amends, or start packing your suitcase to the volcanic islands …” Sy eie konklusie is die volgende: “Events like this unite us, for it is at times like this when our guns, tongues and pens are turned away from attacking ourselves, and are jointly pointed towards the enemy of the Almighty and of humanity.” Hoe moet ons oor Islam dink? Daar is ongeveer 1.6 biljoen Moslems in die wêreld. Volgens opnames wat gemaak is, is slegs ongeveer 25% van alle Moslems radikale Moslems. Die meerderheid – so word beweer – is vredeliewend en wil in vrede leef. Feit van die saak is egter dat ’n skrikwekkende getal van ongeveer 300 miljoen Moslems dan as radikale Moslems gereken moet word. Uit die geskiedenis van die wêreld is dit baie duidelik hoe ’n radikale minderheid ’n geweldige negatiewe invloed op die meerderheid kan uitoefen.6 ’n Baie bekende gesegde maak dit pynlik duidelik dat die enigste les wat die mensdom uit die geskiedenis leer, is die feit dat die mensdom niks uit die geskiedenis leer nie.7
15
Fokus
Wat kan uit die geskiedenis (ook die geskiedenis van die profeet Mohammed) geleer word?8 Die geskiedenis wys dat Islam (die radikale minderheid beslis) besig is met ’n Jihad 9(heilige oorlog). Hierdie Jihad geskied in drie duidelike fases: Eerste fase: Die onsigbare “stealth” Jihad – Die onsigbare Jihad vind plaas waar die Moslems in ’n sekere land of gebied in die minderheid is. Hier word Islam verkondig as ’n godsdiens van verdraagsaamheid en vrede. Die verse wat in hierdie fase deur die Moslems uit die Koran aangehaal word, is dan ook verse wat ’n baie gematigde boodskap in die gemeenskap uitdra. Die Moslems sorg dat hulle regte en voorregte gehandhaaf word, en hulle kan baie maklik ’n “slagoffer”-houding inneem om sorg te dra dat daar nie teen hulle gediskrimineer word nie. Hulle kom oor as ’n gematigde groep wat maar net besig is om hulle eie plekkie in die son te soek. Daar is egter baie dubbele standaarde. In die openbaar word een boodskap verkondig, terwyl hulle in privaatheid ’n heeltemal ander houding inneem. Stadig maar seker – en doelgerig – is hulle besig om hulle teenwoordigheid en invloed uit te brei. Suid-Afrika beleef tans hierdie fase. Diegene wat hulle oë oopmaak, sal sien hoe Moslems stelselmatig invloedryke posisies in die samelewing begin beklee. Hierdie is egter slegs die voorbereiding vir die volgende fase waarnatoe doelgerig gewerk word. Tweede fase: Die defensiewe Jihad – Wanneer die Moslems in ’n sekere gebied of land hulleself goed gevestig het en genoegsame bedingingsmag (hulle hoef nie die meerderheid in getalle te wees nie), invloed en hulpmiddele het, begin hulle met ’n program van aktivisme. Hulle begin doelgerig op groter en meer regte aandring, en is bereid om sterk op te tree en hulle mag doelbewus te wys en te laat geld. In verskeie Europese lande het hierdie fase nou in werking getree. Diegene wat meer hieroor wil weet, kan net ’n Internetsoektog doen oor die voorkoms en optrede van Islam in Europa. Die fokus is nou op ’n defensiewe oorlog, wat beteken dat enige vorm van kritiek of spot met die Moslemgeloof of die profeet Mohammed as ’n direkte aanval op hulle godsdiens beskou word. So ’n aanval moet dan ook met ’n gewelddadige teenaanval beantwoord word.
16
Dit is presies wat verlede maand (weer) in Frankryk gebeur het. Skielik word die tekste uit die Koran waarin die Moslems opgeroep word tot aksie teen die “ongelowiges” (nie-Moslems) al meer gebruik. Fisieke geweld kom al hoe meer voor en terrorisme word as geregverdig beskou. Wees maar op die uitkyk vir tekens van defensiewe Jihad ook in SuidAfrika. Van hier word doelgerig na die finale fase van Jihad gewerk. Die derde fase: Die offensiewe Jihad – Wanneer die Moslems hulle doelwit bereik het om die meerderheid in ’n gebied of ’n land te wees, word die Islamgeloof met geweld op die samelewing afgedruk. Wanneer dit gebeur, is daar geen verdraagsaamheid teenoor ander godsdienste nie, en die sogenaamde Sharia-wette word met mag en mening deurgevoer. In hierdie fase word alle “ongelowiges” (nie-Moslems) voor ’n duidelike keuse gestel: bekering tot Islam of die dood. Skielik is die verdraagsaamheid waarop hulle in die eerste fase self aangedring het, glad nie meer ter sprake nie. Nou maak hulle seker dat die hele samelewing volgens die Moslemgeloof en –gebruike ingerig en konsekwent bestuur word. So word deur al die verskillende fases van Jihad na die finale doelwit van Islam – wêreldoorheersing – gewerk. Dit is waarheen die radikale minderheid op pad is met die skynbaar “nie-radikale” meerderheid. In so ’n situasie het die stilswyende meerderheid irrelevant geraak.10 (In die volgende artikel: Wat van SuidAfrika? 1 2 3
4 5 6 7 8
9
10
ISIL (Islamic State of Iraq and the Levant). Word ook ISIS genoem. h p://maroelamedia.co.za/blog/2015/01/07 Charlie Hebdo – weeklikse tydskrif wat reeds in 2011 ’n terroristeaanval beleef het na aanleiding van spotprente wat die profeet Mohammed bespot het. Moslemgroepe het wraak gesweer. Op 14 Februarie 2015 het die tweede aanval plaasgevind waarin verskeie mense, onder andere die redakteur van die tydskrif, omgekom het. Die Laudium Post is ongelukkig nie aanlyn beskikbaar nie. Die skrywer het egter sy eie blog, waar die berig ook geplaas is. h p://www.khaliddhorat.co.za/a-gloomy-day-in-rabi-al-awwal Dink maar net wat in die loop van die geskiedenis in Nazi-Duitsland en in Rusland gebeur het. George Bernard Shaw. Volg die volgende skakel vir ’n baie insiggewende video en webadres aan die einde van die video: h ps://www.youtube.com/ watch?v=XX6Jueu9tw 1: a holy war waged on behalf of Islam as a religious duty; also: a personal struggle in devo on to Islam especially involving spiritual discipline. 2: a crusade for a principle or belief. Merriam Webster Online. h ps://www.youtube.com/watch?v=Ry3NskAOo3s
DIE KERKBLAD ~ Maart 2015
Fokus Ds. Cassie Aucamp (Andeon/Bergsig)
Ek, jy en die “state of the nation” (Hierdie is ’n geringe aanpassing op ds. Cassie Aucamp se praatjie oor Radio Pretoria die oggend van die opening van die parlement. Dit was een van sy tweeweeklikse bydraes in die reeks “Sewe voor Sewe” wat tydens die oggend-joernaalprogram uitgesaai word. Daarna volg ’n kort perspektief op die gebeure van 12 Februarie in die parlement.)
J
Jammer vir die Engels, maar dis mos hoe die president se staatsrede met die opening van die parlement bekendstaan. Die toespraak wat moet sê: Hoe gaan dit met die land? Waar staan ons? Wat is bereik? Waarheen is ons op pad? Wat is die state of the nation? Hierdie toespraak van ’n land se leier word gewoonlik met groot afwagting bejeën. Maar kom ons wees eerlik: in ons land het daar bitter lanklaas iets van ’n visie en ’n saamneem van die land se mense uit die toespraak na vore gekom. ’n Redelik vervelige relaas word gewoonlik gegee wat eintlik maar die groot spog oor al die prestasies van die regering geword het ... terwyl die man op straat, wit en swart, dikwels die teenoorgestelde beleef. Hierdie jaar is daar darem so bietjie afwagting .... net om te kyk of Julius Malema weer gaan skreeu Pay back the money ... en uit die vergadering uitgeskop gaan word. Dis al ... en die totale gebrek aan belangstelling wys maar net hoe vervreem ons mense al van die hele politieke
Maart 2015 ~ DIE KERKBLAD
proses geword het ...van die proses van regering en die bestuur van die land. Ja, ons kan die president se spogparade by ons laat verbygaan ... maar ons as gelowige burgers van hierdie land mag nooit in ’n laat-maarvaar onbetrokkenheid oor wat in ons land gebeur, verval nie. Ek en jy, ja elke kind van die Here, het steeds ’n roeping om in hierdie land te vervul. Nie net ’n politieke roeping nie, maar ’n roeping van betrokkenheid, van daar wees, van sy-lig-laat-skyn by elke faset van die openbare lewe in Suid-Afrika. Ons, en nou praat ek veral van ons Afrikaners, mag ons nie eenkant in ’n hoekie onttrek net omdat ons nie meer die politieke beheer het nie. Die duidelikste voorbeeld hiervan is sekerlik die Here se opdrag deur Jeremia aan die ballinge wat uit Jerusalem na Babel weggevoer is. Dink net: hulle is in ’n vreemde land, onder ’n vreemde juk. Hulle wil hulle onttrek ... en net na Jerusalem terugverlang. Hulle het die grootste rede om die “state of the nation” daar in Babel te ignoreer en in ’n hoekie te gaan sit. Dan kry hulle ’n brief van Jeremia af: Bou huise in Babel. Bewoon dit. Lê tuine aan. Bring kinders in die wêreld, en laat julle kinders trou en kinders in die wereld bring. EN DAN: Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het. Bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange ... (Jer.29). Dit was in ’n vreemde land, onder ’n vreemde juk: Die belange van Babel is ook julle belange. As dit goed gaan in daardie land ... gaan dit ook met julle goed. En julle, as kinders van die Here, het ’n beslissende taak en roeping, selfs daar in die vreemde. Dis nie net in hierdie brief van Jeremia nie. Dink maar aan Josef wat onderkoning word in Egipte. Aan Daniël wat een van die drie hoofministers in koning Darius se paleis word. Aan Ester wat koningin word en so vir haar volk by Ahasveros van Persië intree. Gelowiges wat die Here in die vreemde gebruik om sy koninkryk te laat kom. Daarmee het ons dalk die sleutel tot die sin van ons betrokkenheid
17
Fokus
in ons land: dis deel van God se koninkryk. En sy koninkryk strek uit oor alle terreine van die samelewing ... nie net die kerk en my persoonlike lewe nie. In hierdie koninkryk het hy vir my en jou ’n roeping ... daar waar ons woon en werk. Dit maak nie saak wie tans regeer nie. Daarom mag ons as gelowiges ons mos nie onttrek nie. Ons moet God se lig oral laat skyn ... in elke uithoekie van die samelewing. Ons mag nie in ’n hoekie gaan sit bloot oor wie in die Uniegebou regeer of die staatsrede vandag gaan lewer nie. Ons mag nie maar passief net fokus op oorlewing nie. Ons moet positief betrokke wees op die markpleine van Suid-Afrika. Ons moet hoor wat Jeremia sê, toegepas op ons vandag: Soek die belang van Suid-Afrika, want sy belang is ook jou en jou kinders se belang. Die tyd is ook lankal verby om ons heil van ’n regering te verwag. Ons moet ons ding doen in ons skole, in ons gemeenskappe, in die ekonomie, deur ons Christelikgebaseerde instellings. Ons moet betrokke wees. Ons mag nie emigreer na ’n afgesonderde en roepinglose bestaan agter ons veiligheidsheinings nie. Ek glo vas dat die Here sy kinders, ook die gelowiges onder ons eie volk, wil gebruik om sy koninkryk ook hier in ons vaderland te laat kom.
’n Kort perspek ef op die gebeure van 12 Februarie Die 2015-staatsrede het toe ’n gebeurtenis geword wat groot belangstelling gewek het, dalk tot dusver dié nuusgebeurtenis van die jaar. Die gebeure in die parlement het selfs die “afwag ng” waarna ek in die radiopraatjie verwys het, ver oortref. Wat is, in ’n neutedop, die boodskap van die sirkus waarin die staatsrede ontaard het? x Die groot belangstelling in wat gebeur het, is nog hoegenaamd nie die antwoord op die appèl tot betrokkenheid wat ek hierbo gemaak het nie. Laat ons onsself nie mislei nie: dit bly hoofsaaklik steeds die applous of die “ge-booo” van toeskouers op die paviljoen. x Die gebeure roep om die ak ewe deelname en hernude betrokkenheid van alle gema gde landburgers, ongeag taal, kleur of stand. Die Bybelse eis van so regeer dat ons in alle godsvrug en eerbaarheid ’n rus ge en s l lewe kan lei (1 Tim. 2:2, NGB Art 36), word al hoe meer aktueel en moet weer na die sentrum van die openbare diskoers gebring word. Dit is nie ’n opgawe wat bloot op ’n afstand gestel word nie, maar deur elke gelowige se roepingsvervulling in sy koninkryk beantwoord word. x Die kenmerke van ’n totalitêre bestel is duidelik onderstreep. Deur middel van die rannie van die meerderheid word laer getrek, selfs ter beskerming en handhawing van wat ooglopend verkeerd en korrup is. Die skeiding van magte wat in die Grondwet verskans is, is gewoon geïgnoreer. x Die onheilspellende tekens van die aanwending van mag en geweld om ’n korrupte bestel in stand te hou, was baie duidelik sigbaar, in die blokkering van die selfoonsein sowel as deur die misbruik van polisie om die parlementêre dekorum te handhaaf. x Die poli eke reserwes van bloot ’n bevrydingsbeweging raak uitgeput. Goeie en e ek ewe regering gaan in die toekoms in ’n steeds groter mate die eis van die dag word. Dit alles maak elke verantwoordelike landsburger se betrokkenheid des te meer sinvol. Die twyfelag ge skouspel van 12 Februarie mag jou dalk laat dink dat jou stem en jou deelname vermors is, maar onthou: dit wat in die parlement op die verhoog gebeur, is maar die “show business”, in ’n mate deur alle partye. Dit is agter die skerms in die komitees en in die geleentheid tot persoonlike inse e en gesprek waar die toekoms van die land geslyp word. DK
Ons mag miskien nie veel erg hê aan wat die president vanaand oor die state of the nation gaan sê nie. Maar: ons mag nie op die paviljoen bly sit nie. Ons moet op die speelveld wees. Ek en jy het ’n roeping in hierdie land. Kom ons slaan die hand aan die ploeg. Tot sover die radiopraatjie ... DK
18
DIE KERKBLAD ~ Maart 2015
Van Oraloor Prof. SP (Sarel) van der Walt (Teologiese Skool)
Besoek aan die Reformed Churches in Japan G
Die RCJ se 69ste Algemene Vergadering in volle swang
Prof. SP vd Walt, dr. Stephan van der Walt (Missie Japan) en dr. Koichi Mino (voorsitter van die RCJ se deputate vir ekumenisiteit)
Die indrukwekkende pyporrel in een van die gemeentes in Kobe
34
edurende 14-16 Oktober 2014 het die Reformed Churches in Japan (RCJ) hulle C 69ste jaarlikse Algemene Ver6 gadering, oftewel Sinode, in g Osaka gehou. Synde die RCJ O een van die kerkverbande in die e Ooste is met wie die GKSA hartO lilike eenheidsbande het, het ek as deputaat van die GKSA en op uitnodiging van die RCJ die vvoorreg gehad om die betrokke vvergadering by te woon. Die hartlikheid waarmee ek ontvang is, getuig van die e erns waarmee die bande tuse ssen ons twee kerkverbande bejjeën word. Gesprekke tussen myself en hulle afgevaardigdes m het deurentyd in ’n mooi en openhartige gesindheid plaasgevind sodat die eenheid tussen ons kerke op hierdie wyse werklik sigbaar kon wees. Ten spyte van die taalhekkie kon die besprekings tydens die sinode tot ’n mate gevolg word danksy dr. Stephan van der Watt van Missie Japan (wat die Japannese taal magtig is) se tolking van die breë besprekingslyne. Deputate van die Orthodox Presbyterian Church (OPC) en die Christian Reformed Churches of North America (CRCNA) – beide van Noord-Amerika – was ook teenwoordig en dit was goed om geloofsgenote van hierdie ker-
Japan - Die moedergemeente van di RCJ te Kobe gestig in 1946
ke, met wie ons ekumenies een is, te kon ontmoet en met hulle gesprekke te kon voer. Die sinode het, sover afgelei kon word, in ’n baie goeie gees van eensgesindheid afgeloop ten spyte van een van die sake wat Rokuon-Ji Buddha-tempel te Kyoto
DIE KERKBLAD ~ Maart 2015
Van Oraloor
van ’n kontensieuse aard is (hieronder meer daaroor). ’n Mens sou by tye jou oë kon toemaak en (gegewe die veronderstelling dat jy hulle taal kon volg) oortuig kon word dat jy by ons eie GKSA-sinode sit – só eenders is hulle gebruike en prosedures (en sinodegrappies) met dié van die GKSA. Tydens ’n groeteboodskap wat ek namens die GKSA aan die vergadering van die RCJ kon oordra, is ons waardering vir hierdie besondere eenheidsband uitgespreek.
Besoek aan Teologiese Skool Dit was my voorreg om besoek te kon aflê by die RCJ se Teologiese Skool in Kobe, waar ek met die studente en personeel kennis gemaak het. Besoeke is ook gebring by die twee gemeentes in Kobe en dit was my voorreg om die predikante van hierdie twee gemeentes te kon ontmoet en te kon luister na hulle entoesiastiese benadering tot die uitdagings van die bediening in Japan. Japan het nagenoeg 127 miljoen inwoners, waarvan slegs 1% Christene is. Hierdie 1% is saamgestel uit verskillende kerkverbande/ denominasies, en alhoewel Japan se grondwet voorsiening maak vir godsdiensvryheid, word Christene toenemend gemarginaliseer. Die uitdagings vir die bediening is dus legio en daar bestaan ’n besondere behoefte aan sendingwerk en die toerusting van sendelinge. In hierdie opsig speel die NG Kerk se sendingprojek, genaamd Missie Japan, ’n kardinale rol om die evangelie in Japan te versprei. Die GKSA sal graag hande met Missie Japan wil vat om hulle in die uitvoering van hierdie omvangryke taak te sterk. Die RCJ het tydens hulle sinode die roeping en bevestiging van vrouelidmate tot die diens van ouderling en predikant goedgekeur, nadat hierdie saak reeds vir nagenoeg 20 jaar op hulle agenda was. Vrouelidmate wat oor die nodige gawes beskik, word reeds vir geruime tyd as diakens geroep en bevestig. Tereg sal die gronde van hierdie besluit deur baie kerke met die wie die RCJ bande het, insluitende die GKSA, en wat eweneens dieselfde vraagstuk op die tafel het, ondersoek wil word. Tydens die sinode het dit ook duidelik geblyk dat die RCJ besondere erns maak met die onderrig van hulle jeug, asook om lektuur saam te stel vir evangelisasiedoeleindes. ’n Mens moet hierdie erns sien teen die agtergrond van die prentjie wat reeds hierbo geskets is – hoedat die kerk die liefde vir die evangelie reeds van jongs af by hulle kinders wil tuisbring sodat dit leer en lewe kenmerk. In dieselfde asem poog die RCJ om op verskeie wyses, maar veral deur lektuur, die apatiese houding jeens die Christendom teen te werk. Die RCJ is in 2016 70 jaar oud, wat getuig van God se genade en troue sorg oor hierdie kerk vir soveel dekades.
Maart 2015 ~ DIE KERKBLAD
Nie alleen is Oktobermaand vir die RCJ tradisioneel sinodeseisoen nie, dit vorm ook deel van tifoon-seisoen in die Ooste. Dit is nie aldag ’n heerlike ervaring as jy weet dat jou vlug in ’n wedloop teen tyd is om voor ’n tifoon by jou bestemming te arriveer nie. Soms, tot jou eie skaamte, voel jou geloof klein wanneer die vliegtuig al bokspringende die aanloopbaan nader en jy geen ander keuse het as om jou vertroue in die hande van die bekwame vlieënier te stel nie. Die genade van die Here was egter groot en ’n mens kon uiteindelik veilig jou bestemming bereik en die werk doen waartoe jy in diens van God en die kerke geroep is. Japan is ’n pragtige land. Vanweë digte woude en bergagtige gebiede is die bewoonbare grondgebied so groot soos KwaZulu/ Natal, weliswaar verspreid oor nagenoeg 3 000 eilande – en hier vind 127 miljoen mense hulle tuiste. Geleenthede vir die uitbreiding van die evangelie is baie – daarvan getuig die talle Boeddha-tempels en Shintuïsmeheiligdomme.
Geslaagde besoek Terugskouend was dit ’n geslaagde besoek wat weer die besondere bande met die RCJ opgetel het. Die eenheid wat die GKSAmet die RCJ het, kon tasbaar beleef word en ek glo dat ons bande met mekaar ’n besondere en kosbare vergestalting van die een liggaam van Christus is. Ons dra die RCJ in ons gebede op aan die genadetroon van ons hemelse Vader. DK
35