Die kerkblad november 2014 lusmaker

Page 1


22 Saam op pad, een in leer, 2 diens en tug TEOLOGIESE SKOOL T 24 Emeritusgedenklesing en 2 erkenningsfunksie 25 Bybelse godsdiens gaan oor 2 die herstel van versteurde verhoudings 27 Re eksie op die lewe en 2 werk van prof. Jaap Helberg 29 Finalejaar teologiese 2 studente

JAARGANG 117 117, NO NO. 3285 NOVEMBER 2014

1 VAN DIE REDAKTEUR Nagmaal in 'n pizza-plek? 2 UIT DIE WOORD God se voorskrif vir depressie 4 REDAKSIONEEL Genadedood ... Wat gaan die kerke doen? 6 BRANDPUNT God se teenwoordigheid onder die erediens: Wat is my gesindheid? DISKUSSIE 9 Vrug van die Gees (4) 11 Die kerk as die liggaam van Christus (4) 13 Gereformeerde spiritualiteit (4) 15 Omkeerstrategie ... die krisis en 'n moontlike oplossing 18 Hoe bring ek die evangelie aan 'n Moslem? (1) 20 Godsdiens op skool: ja of nee?

BOEKBESPREKING B 30 Israelvisies in beweging 3 ANDER 31 President Kruger Kinderhuis Pretoria 75 jaar oud 32 Verklaring oor aanslag op die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus 33 In dankbare herinnering: ds. Jelte Kits 40 “Uitrook” of “inrook” 34 Lief en Leed Op die Kerkwerf 35 Personalia 36 Kleinadvertensies

Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R284.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R195.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R266.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R195.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.


Uit die Woord Dr. M (Mechiel) Venter (emeritus) (Pretoria)

God se voorskrif vir depressie LEES: 1 KONINGS 19 TEKS: 1 KONINGS 19:4 “Hy self het egter ’n dagreis ver die woestyn ingegaan. Daar het hy onder ’n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: ‘Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.’”

O

ns ontmoet Elia hier in ’n toestand van totale bedruktheid – só erg dat hy ddie dood bo die lewe verkies. Hy neem nie sy eie lewe nie, maar dring daarop aan dat God dit moet beëindig, met die selfgerigte motivering: “Nou dit genoeg, Here!” Dié depressiewe is di gemoedstoestand kom deesdae baie in gem ons land l voor. Daar word gesê dat SuidAfrik Afrika die agtste hoogste aantal gevalle van selfdood in die wêreld het. Hoe beoordeel God die oorsaak van so ’n depressietoestand? Beskou hy dit as sondig – ’n gebrek aan geloofsvertroue? Oordeel Hy dat daar te min van die Here Jesus se soenverdienste gedink word? Sien Hy ’n negering van Matteus 6:25-32 se “Moet julle nie bekommer (nie)”refrein? Uiteraard kan ’n depressiewe gemoedstoestand aan verskillende oorsake toegeskryf word. Dit kan uit medies/ psigiatriese perspektief ’n siektetoestand wees wat op byvoorbeeld ’n wanbalans in die menslike brein dui, wat die hele liggaam kan aantas. Dit is dikwels ’n genetiese toestand wat oorgedra word. Vir dié tipe verskynsel gee God begaafde kundiges wat die probleem kan behandel – onder die Here se seënende hand, met of sonder hulle eie erkenning.

2

In Elia se geval is daar wel ’n sondige oorsaak: ’n gebrek aan geloofsvertroue. Dit is ’n toestand waarin baie van ons – al is dit tydelik – kan versink. Elia was volgens Jakobus 5:17 “’n mens net soos ons”. God se Woord gee twee beelde van Elia se optrede:

1

Elia wat met volle geloofsvertroue kragdadig optree 1 Konings 18 vertel van Elia se aangrypende geloofsoorwinning by die berg Karmel in ’n kragmeting met die profete van Baäl en Asjera. Agab se vrou, Isebel, was die dogter van Etbaäl, hoëpriester van Baäl en later koning van Tirus. Isebel was ’n verbete Baälaanbidder en het Agab ook daartoe verlei. Elia dra aan Agab God se aankondiging van die straf van ’n langdurige droogte oor. In 1 Konings 18:19 lees dat die 450 profete van Baäl en die 400 van Asjera “wat van Isebel se tafel af eet” – ’n direkte vermelding van Isebel se betrokkenheid by die afgodsdiens – en die hele Israel op Elia se aandrang opgeroep word om op die Karmelberg bymekaar te kom. Elia stel die volk wat “hink op twee gedagtes” voor die keuse: “As die Here God is, volg Hóm; as dit Baäl is, volg hóm” (vs 21). Twee bulle word as offers op hout uitgelê – een vir die Israeliete, een vir die Baälaanbidders. Dan daag Elia die Baälprofete uit om tot hulle god te bid om die offerhout aan die brand te steek, met die ooreenkoms dat

DIE KERKBLAD ~ November 2014


Uit die Woord

hy met dieselfde versoek tot die Here sal bid. Die verstandhouding is: “Hy wat met vuur antwoord, is God” (vs 24). Ná die vergeefse gebede, gedans en selfkerwing van die Baälprofete (van die môre tot die tyd van die aandoffer) is daar geen reaksie nie. Dan is dit Elia se beurt. Hy wil alle twyfel by die Baälaanbidders uit die weg ruim en die gebeure as ’n wonder van God beklemtoon. Selfs met 12 kruike water op die brandoffer en die hout uitgegooi – tekenend van sy geloofsvertroue – word sy gebed verhoor en kom daar vuur van die Here af. Dit verbrand die offer, die hout, die water in die sloot om die altaar, die 12 klippe – simbool van die 12 stamme – en die omliggende grond. Die juigkreet is: “Die Here is God!” (vs 39). Al die valse profete word doodgemaak. Toe kom die reën – ’n bevestiging van God se meedeling aan Elia in 1 Konings 18:1 dat Hy dit weer in die land wil laat reën. Elia is oorstelp. “Die mag van die Here het vir Elia in besit geneem” (vs 46). Hy bind sy mantel op en hardloop voor Agab se wa uit. Hy is die toonbeeld van ’n mens met geloofs- en lewensmoed.

Die dreigement van die bose koningin knak Elia se vertroue. Hy besluit om te vlug, om buite Isebel se bereik te kom. In Berseba aangekom, gaan hy alleen ’n dagreis ver die woestyn in. Hy is – in ons omgangstaal – in ’n diep depressie. Hy gaan onder ’n besembos sit. Hy beleef die dieptepunt anders as Dawid, wat in sy ellende bid: “Moenie dat hierdie put toegaan bokant my nie” (Ps. 69:16). Elia gooi by wyse van spreke tou op. “Nou is dit genoeg, Here!” bepaal hy volgens sy eie perspektief. Die lewe het vir hom te veel geword. Met ’n gevoel van reddeloosheid en die begeerte om te sterf, raak hy aan die slaap. (Dit – terloops – is ook deel van die huidige terapie.)

God se terapie Die troos is dat God sy kind selfs nie in so ’n uitsiglose – kleingelowige? – depressie aan homself oorlaat nie. Hy stuur ’n engel wat Elia wakker maak en van warm roosterkoek en water voorsien. Sy liggaamskrag moet opgebou word – ook vandag steeds deel van die terapie. Sou Elia daaraan dink dat hy voorheen ook deur God se besondere voorsiening gevoed is? Dit was ná die droogte-aankondiging aan Agab. Toe het God (ironies) kraaie gestuur om Elia van brood en vleis te voorsien (1 Kon. 17).

Dan kom die draaipunt …

2

Elia se gebrek aan geloofsvertroue Ons sien baie van onsself in hierdie beskrywing van Elia. Die een oomblik is jy bó en die volgende moment is jy diep in die put – en dis nie die konkrete put in die veld soos dié waarin Josef se broers hom gegooi het nie. Selfs Dawid voel dat die water tot by sy keel gekom het; dat hy in diep modder weggesak het; dat die stroom hom meegesleur het; dat hy moeg geroep is om hulp (Ps 69:1-4). Ons voel ook soms so moedeloos en depressief – asof God ons nie hoor nie. As Agab vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, stuur sy die volgende boodskap aan Elia: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie” (1 Kon. 19:2). Dié dreigement is in kontras met die gebeure van die vorige hoofstuk. Dit maak Elia bang. Die Verklarende Bybel (1983-vertaling, p. 398) praat van ’n “aanvegting” wat deel is van die geloofslewe; ’n heilshandeling wat ons van hoogmoed moet bewaar en ons moet dwing om met groter oorgawe op die Here te vertrou.

November 2014 ~ DIE KERKBLAD

Die letterlik hemelse ondersteuning word met die ferm opdrag om te eet, herhaal – dié keer met die engel se redegewende, toekomsgerigte opdrag: “Anders sal die pad vir jou te lank word” (1 Kon. 19:7). Die Here neem nie Elia se lewe nie, maar onderskraag hom om sy roeping te hervat. Dit is uiteraard ook deel van die doel van die hedendaagse medies/psigiatriese behandeling. Die voorheen doodmoeë profeet loop 40 dae en nagte tot by Horeb, die berg van God. God maak op unieke wyse met hom bemoeienis. Ná Elia se herhaalde selfgerigte klag (“ek alleen het oorgebly”) gee die Here die profeet die doelgerigte, drieledige salwingsopdrag: Gasael tot koning van Aram, Jehu tot koning van Israel, en Elisa as profeet in sy plek. Die Elia-geskiedenis is ’n toonbeeld van God se deernisvolle, genadige bemoeienis met ’n moedelose mens onder ’n besembos, maar ook van die voorwaarde van geloofsvertroue. In Psalm 146:5 is daar die versekering dat dit goed gaan met die mens “wie se hoop gevestig is op die Here, sy God”, en in vers 8 die uitdruklike belofte: “Hy ondersteun dié wat bedruk is.” DK

3


Redaksioneel

GENADEDOOD ... Wat gaan die kerke doen? D

ie debat oor genadedood is tans voluit aan die gang. ’n Organisasie bekend as Dignity SA is met ’n veldtog besig om wetgewing deurgevoer te kry wat genadedood sal wettig, soos reeds in verskeie lande van die wêreld die geval is. Die hele saak is verder in die kollig geplaas deur die onlangse selfmoord van die politikus Mario Oriani-Ambrosini en die mediese dokter Anrich Burger, ’n kwadrupleeg ná ’n ongeluk. Burger is in dié proses deur prof. Sean Davison gehelp, wat verlede jaar in Nieu-Seeland gevonnis is omdat hy sy 85jarige ma gehelp het om te sterf.

In Rapport van 28 September 2014 gee drie “wyses” hulle menings oor die kwessie van genadedood. Die wetenskaplike, dr. Jurie van den Heever, is sterk ten gunste daarvan. Hy sê onder andere: “Mense verlig gereeld die lyding van ’n geliefde troeteldier (besitting) deur genadedood. Ons liggame is egter ook in ons besit en ons ervaar boonop nuttelose lyding heelwaarskynlik op ’n veel intenser vlak as redelose diere.” Wat besware vanuit godsdienstige oorwegings betref, sê Van den Heever: “In Suid-Afrika word veral godsdiens gebruik om mense te probeer manipuleer. Hiervolgens is genadedood uit die bose, omdat ons skepsels van een of ander denkbeeldige en afwesige god sou wees, en daarom sy of haar eiendom is.” Die filosoof, prof. Louise du Toit, wys op die konteks waarin die debat gevoer word. In die eerste plek is daar volgens haar die “lewensverlengende tegnologie”. Dan sê sy: “Al hoe meer mense sonder opleiding moet geliefdes tuis versorg en deur die sterfte bystaan. So ’n situasie stel ongekende eise aan hulle sorg-hulpbronne, insluitend tyd,

4

gewilligheid, bekwaamheid, harde en soms onaangename fisiese werk, emosionele stabiliteit, selfs mediese oordeel en geestelike insig.” Du Toit pleit vir ’n “baie meer sorgsame en versorgende samelewing”. Daarvoor is herbesinning oor die politiek en etiek van sorg op alle vlakke nodig. Die opsie “om uiteindelik jou eie nie-langer-leefbare lewe te beëindig”, is volgens haar ’n belangrike aspek van die herbesinning, ondersteuning en bemiddeling wat “stadige sterfte” vereis. Dan is daar die teoloog, dr. Chris Jones. Soos Van den Heever, is hy ook uitgesproke ten gunste van genadedood, en huldig die standpunt dat lewenswaarde ’n persoon se eie besluit is. Hy sê onder andere: “Oor lewe en dood het ons heelwat méér beheer as vroeër … Wanneer die lewe nie meer goed en die dood nie langer sleg is nie, en dood bo lewe verkies word, behoort die rol van medisyne te verander – van genesing en verlenging van lewe tot hulp om iemand op ’n deernisvolle en eerbiedige manier te laat sterf … Elke terminaal siek pasiënt behoort self te kan besluit oor die waarde van lewe en dood vir hom of haar. Kan óns vanuit gemakstoele koue, teoretiese besluite neem oor ánder se angs, trauma en pyn wat hulle in die afstand tussen sterwe en dood beleef? Elkeen behoort sy/haar “oomblik” te kan kies.” Dit is opmerklik (ontstellend?) dat veral die teoloog Jones glad nie die Bybels-etiese beginsels rondom lewe en dood aan die orde stel en beredeneer nie. Hy vra slegs die vraag: “Kan geloofsbesware in hierdie opsig normgewend wees in ’n sekulêre samelewing? Behoort die individu nie die vryheid van keuse gegun te word nie?”

DIE KERKBLAD ~ November 2014


Redaksioneel

In die standpunte ten gunste van genadedood val die klem baie sterk op menseregte en die mens se beskikking/ beheer. Hierteenoor is dit my oortuiging dat die Bybelse beginsel dat God alleen lewe kan gee, en daarom ook alleen kan (en moet) beskik oor die beëindiging van lewe, hier direk in die gedrang kom (vgl. o.a. Gen. 9:6; Num. 16:22; 24:23; 27:16; Deut. 32:6, 39; Job 12:10; Ps. 36:10; 66:9; Luk. 20:38). In Die Kerkblad van Augustus 2014 het ek oor dieselfde saak onder andere gesê: “Dit is nie vir die mens om te besluit wanneer lewe nie meer sinvol is nie, en alhoewel ons as sondige mense met ons verduisterde verstand dikwels nie weet waarom mense wat geweldig ly, steeds leef en moet leef nie, geld die beginsel onder alle omstandighede dat God alleen oor die lewe beskik.” Die vraag is nou: Wat gaan kerke wat nog hierdie Bybelse beginsels eerbiedig, doen? Gaan hulle tot die debat toetree? Gaan hulle ’n gefundeerde voorlegging aan die Parlement doen? En, natuurlik, moet hulle primêr hulle lidmate pastoraal bedien en begelei. Die vraag is ook: Wat gaan die owerheid doen? Gaan

hulle hul deur humanistiese (mensgesentreerde) menseregteargumente laat lei, of deur die waarheid van God se Woord? Een ding is seker: Wanneer wette oor sulke fundamentele sake nie meer deur Bybels-etiese beginsels begrond word nie, dan verval die samelewing. Ten slotte: Die beginsel dat God alleen oor lewe en dood kan beskik, moet onverswak gehandhaaf word. Daarmee saam moet egter die liefde en genade van hierdie selfde God beklemtoon word. Dis nie ’n liefdelose, koue, onpersoonlike God wat op ’n harde en wrede manier ons aan “nuttelose” lyding onderwerp nie. Inteendeel, Hy is ons Vader wat ons só liefgehad het dat Hy sy eie Seun in die ewige dood prysgegee het, om ons nou nie vir een oomblik te verlaat nie. Sy Gees staan ons in ons swakheid by en pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie (Rom. 8:26). Hy laat vir ons alles ten goede meewerk (Rom. 8:27). Sy genade as almagtige God en hemelse Vader is vir elkeen van sy kinders, ook in die swaarste lyde, genoeg (2 Kor. 12:9). Sy beloftes van troos en krag en nabyheid (Matt. 28:20; Joh. 14:15-18; 16:7) geld onder alle omstandighede. Dit is die troos van elke ware gelowige. CFCC

BOEKE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO

R135.00 R135 00 (posgeld ( ld en verpakking uitgesluit)

R5.15 R5 15 (posgeld ( ld en verpakking uitgesluit)

R100.00 R100 00 (posgeld en verpakking uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro, Afdeling Publikasies, Posbus 20008, Noordbrug 2522; faks 018 293 1042; e-pos bestellings@gksa.co.za November 2014 ~ DIE KERKBLAD

5


Diskussie Prof. JL (Hannes) van der Walt (Pretoria)

Omkeerstrategie ...

die krisis en 'n moontlike oplossing Vorige artikel veroorsaak ’n paar rimpels y vorige artikel oor die vraagstuk van ’n omkeerstrategie vir die GKSA (Die Kerkblad April 2014) het nie juis groot opslae gemaak nie, en wel om twee moontlike redes. Daar is maar relatief min van ons lidmate wat op Die Kerkblad ingeteken is, en diegene wat ingeteken is, lees dit seker nie elke keer deur nie. Die tweede moontlike rede is dat die kwessie dalk nie so brandend is onder ons lidmate as wat sommige van ons gedink het nie.

M

Die artikel was egter nie sonder reaksie nie; ek het van oral oor ons land briewe en telefoonoproepe gekry van diegene wat wel die artikel gelees het. Wat my nogal getref het, is dat die meeste van die lidmate wat met my kontak gemaak het, baie positief was oor my ontleding van die situasie in ons kerke, en die meeste van hulle was klaarblyklik ontsteld oor die verstarring wat in die kerke ingetree het. Die gesprekke en korrespondensie met hierdie lidmate het my verder aan die dink gesit oor ’n moontlike oplossing vir die probleem van verstarring waarmee ons in ons kerke worstel. Bestekopname In die vorige artikel het ek die gedagte geopper dat daar bes moontlik drie groepe lidmate in die kerk te bespeur is: z Die meer konserwatiewe Gereformeerdes wat neig om hulle geestelike vervulling en sekerheid te kry uit die tradisionele maniere van dink en doen. z Die “church hoppers” wat hulle nie meer met die tradisionele maniere van dink en doen kan versoen nie, en aan die rondkyk is vir alternatiewe kerke en geestelike ervaringe.

November 2014 ~ DIE KERKBLAD

z Diegene wat nog lidmate van die kerk is en bly, hoofsaaklik om sosiale redes, maar in hulle harte eintlik al die kerk verlaat het, omdat hulle van mening is dat dit wat in die kerke aan die gebeur is, nie vir hulle tot geestelike vorming en vervulling (kan) lei nie. z Een van die redaksielede van Die Kerkblad was van mening dat daar nog ’n kategorie Gereformeerdes is: die lidmate wat in hulle harte gereformeerd is en dink, maar wat ’n verdraagsame houding het oor hoe hulle geloof in hulle eie en ander kerke prakties uitgeleef word. Ek voeg hierdie kategorie graag toe tot my lysie, aangesien dit maar net onderstreep dat ons met ’n wye spektrum van houdinge en gesindhede binne die GKSA te doen het. Hentie Boshoff (Beeld 31 Julie 2014) gee ’n soortgelyke, maar tog anderse opsomming van hoe mense (en dus ook as kerklidmate) godsdiens ervaar: z Diegene wat kop-spiritualiteit verkies: hulle hou van orde, goed geformuleerde preke en publikasies as lering met kontekstuele toepassing vir leer en lewe; dit wat vas is, is skynbaar vir hulle belangrik. z Diegene wat hand-spiritualiteit verkies: hulle wil die godsdiens deur die daad toepas; hulle werk aktief binne en buite die gemeente. z Diegene wat hart-spiritualiteit verkies: hulle hou van gloedvolle gevoelsuitdrukking van geloof en persoonlike warmte, getuienis en musiek, en is by allerhande kerklike uitreikinge betrokke. z Diegene wat ’n meer mistieke spiritualiteit verkies: hulle verkies om in stilte te mediteer oor die Skrif en hulle verhouding met God deur aanbidding en innerlike groei, dikwels buite die formele kerk en godsdiens. Wilhelm Jordaan (Beeld 18 Julie 2014) voeg nog ’n verdere kategorie van kerkgelowiges by deur homself te

15


Diskussie

bestempel as iemand wat oortuig is dat geloof op twyfel en pyn neerkom. Hulle glo net eenvoudig op ’n ander manier (wat vir konserwatiewe gereformeerdes vreemd is en in beginsel onaanvaarbaar), en tog stel hy: “… ek wil onverwoesbaar deel van my kerk en my gemeente wees.” ’n Mens sou so kon voortgaan en alle moontlike kategorieë van gelowiges in die kerk en met name in die GKSA identi seer. Die feit dat daar tans ’n hewige debat oor hierdie onderwerp in die dagpers aan die gang is, is blyke van die belangrikheid en aktualiteit van hierdie tema. As ’n eerste stap in die rigting van ’n omkeerstrategie sal dit vir ons nodig wees om van hierdie debat kennis te neem. Dit is nie te sê dat hierdie verskillende kategorieë lidmate nie ook in die GKSA is omdat daar nie tans so ’n debat in ons kerke plaasvind nie. Dit is heeltemal moontlik dat van ons lidmate só apaties (ongeërg) geraak het dat hulle dit nie die moeite werd vind om so ’n debat byvoorbeeld hier in Die Kerkblad te voer nie. Dit mag ook wees dat lidmate bang is dat hulle onverkwiklike debatte van stapel sal stuur, en dus maar swyg. ’n Moontlike pad vorentoe As ’n mens die beskrywinge van al die verskillende groepe en kategorieë lidmate wat hierbo staan, nagaan, dan merk jy dat spiritualiteit die gemeenskaplike faktor is. Die lede van al die kategorieë lidmate wat genoem is, met uitsondering van diegene wat naal en volledig hulle rug op die kerk en godsdiens gedraai het (totaal gesekulariseer het), het behoefte aan spirituele ervaring van die een of ander soort. As hierdie a eiding korrek is, dan het ons hier die eerste sleutel tot ’n omkeerstrategie: Ons moet aandag gee aan die spirituele belewing, ervaring, vorming, groei en geleenthede van ons lidmate. Om aan hierdie saak aktiewe betekenis in die lewens van lidmate te gee, is natuurlik makliker gesê as gedaan. Die eerste vraag wat ons vir onsself moet vra, is: Wat is spiritualiteit dan in wese? Daar is al boekdele oor spiritualiteit geskryf (nie spiritualisme nie – dit is heeltemal iets anders!), en tot vandag toe is daar nie eenstemmigheid oor waarna presies ’n mens verwys as jy van spiritualiteit praat nie. Om die saak nie ingewikkeld te maak nie, omskryf ek spiritualiteit soos volg: Spiritualiteit is die wyse waarop ’n mens, nadat jy jouself ingestel het op die bronne van jou lewe, jou opvattinge en jou ervaring van die transendente (die gans andere, dit wat daarbo of daar anderkant is) in verband bring met die werklike praktyk van jou lewe.

16

Geen dominee, geen ouderling, geen kerkraad en geen individuele lidmaat kan volledig aan al die behoefte van alle (ander) lidmate en groepe in die kerk voldoen nie, en daarom behoort ons baie sterker op die spirituele ervaring, belewing en vorming van elke lidmaat te fokus, want dit is al wat al die lidmate met mekaar in gemeen het, afgesien van die kategorie waartoe hulle behoort. Hoe sal ’n mens dit kan doen? Na my beskeie oordeel sal ons dit moet doen deur konsekwent en sistematies aandag te gee aan die fasette van spiritualiteit wat in die de nisie hierbo gegee is. Kom ons bekyk hulle: z Instelling op die bronne van die lidmaat/lidmaat se lewe/lewens. Daar moet in die prediking en in die ander fasette van kerklike werk daadwerklik gefokus word op die bronne van hulle lewens, dit is op God die Vader/Skepper, Jesus Christus as die Weg en die Waarheid en die Lewe, die Heilige Gees as Trooster en Pleitbesorger. Dit gaan hier oor ’n persoonlike, diep en innige belewing van die verhouding wat gelowiges met die Drie-enige God het. Vir ’n dominee om te preek sodat elke individuele lidmaat se geestelike belewing en in-lewing in en met die Drie-enige God versterk en gevoed word, is ’n groot uitdaging. Ek kan nie volledig hierop ingaan nie, maar dit is vir my duidelik dat – om ’n ware omkeerstrategie te bewerkstellig – daar ’n verandering in die meeste predikante se prediking moet kom, en uiteraard ook in die wyse waarop hulle opgelei word om te preek. Dit wil vir my voorkom asof daar in die prediking heelwat meer gekonsentreer moet word op die spirituele impak (geestelike opbou-impak) wat ’n preek op die lidmate behoort te hê. Daar moet ’n sterker poging wees om elke lidmaat in ’n dieper en inniger verhouding met die Bron van sy of haar lewe te laat kom. z Die fokus op die bronne van die lidmate se lewens het ’n keersy, en dit is om dit wat spiritueel beleef en ervaar is en word, met die praktyk van sy of haar lewe in verband te bring. Laat ek dit in eenvoudige taal stel: Daardie diep geestelike belewing waarvan hierbo gepraat is, moet so in die prediking (ensovoorts) vertaal en vertolk word dat die lidmate ’n erediens verlaat met die gevoel van ek het geestelike krag gekry vir die uitdaginge van my lewe, vir die dinge wat hierdie week vir my wag. Ook hierdie faset van geestelike ervaring stel geweldige eise aan prediking en pastorale werk. Doen maar ’n bietjie navraag: nie baie preke stuur ’n mens met so ’n gevoel die nuwe week in nie. Ook hierdie aspek van prediking sal in die opleiding van predikante aandag moet kry (en ook in die toerusting van ampsdraers).

DIE KERKBLAD ~ November 2014


Diskussie

Die gesprek vorentoe Die tyd het aangebreek dat elke opleier van predikante, elke leraar, elke ampsdraer en elke “gewone” lidmaat besef dat, hoewel daar allerhande “kategorieë” van gelowiges voor ons sit en elke dag rondom ons leef en beweeg, elkeen van hulle die een of ander geestelike (spirituele) verlange het, dit wil sê ’n diep verlange na iets en Iemand groter as hulleself, wat sin en betekenis aan hulle lewens kan en sal gee. Ons kan nie in die GKSA ’n kerkie hê vir elkeen van die kategorieë lidmate wat ons hierbo beskryf het nie, daarom sal ons ons omkeerstrategie langs ’n ander weg moet beplan, en dit is om te fokus en te konsentreer op dit wat ons almal in gemeen het, naamlik die innige behoefte aan geestelike ervaring, belewing en vorming. En: omdat nog nie een van ons presiese klarigheid in ons gemoedere het oor wat presies hierdie spiritualiteit is of behoort te wees, en hoe dit deur prediking en pastorale versorging in die kerke moet grondvat nie, behoort die gesprek nou verder oor hierdie vrae te handel. Ons weet daar is ’n probleem, en dit lyk of daar ’n oplossing is: groter fokus op die voorsiening in die geestelike dors van die lidmate. Die gesprek moet van nou af dus verder oor hierdie moontlike oplossing handel.

frases om die gelowige se intieme verhouding met die ewige en grote God te beskryf nie, maar dit beteken nie dat die Skrif nie hierdie soort dors en soeke ken nie (vgl. Rom. 8:10). Dat diepe spirituele of geestelike belewing met en van Hom moontlik is, merk ons uit Kolossense 2:910 (die Lewe van God vloei in ons wese); Kolossense 1:27 (Christus is in ons); 1 Korintiërs 3:16 (die Gees het in ons ingekom en woon nou permanent in ons); Johannes 14:23 (die Vader en die Seun het in diegene kom woon wat Hulle liefhet, en Hulle beloof om hulle teenwoordigheid bekend te maak). Hierdie tekste toon vir ons dat geestelike intimiteit met God wel in beginsel moontlik is; ons moet net die regte leiding ontvang van ons herders en leraars om reg op God se teenwoordigheid in ons en in ons lewens te kan reageer of te respondeer, en daarby moet ons onsself toerus om gepas op God se beloftes en teenwoordigheid te respondeer (Ps. 145:18; Matt. 11:28; Heb. 4:16; Heb. 10:22; Heb. 4:8a). In ons studie van wat ’n gereformeerde spiritualiteit, behels moet ons die roerende en die hartstogtelike diepte van tekste soos hierdie van nader bekyk. DK

Om die gesprek oor ’n gereformeerde spiritualiteit van stapel te stuur: Die woord “spiritualiteit” verskyn nie in die Skrif nie, en dit is miskien een van die verklarings vir die wanbegrip wat onder sommige van ons gereformeerde broeders en susters daaroor bestaan (wat dit selfs met “spiritualisme” verwar of meen dat dit op ’n gevoelsmatige streling van die mens se ego neerkom). Die gelade inhoud van die woord “spiritualiteit” is egter regdeur die Skrif te vind as ’n mens daarvoor oplet. In die literatuur word spiritualiteit en spirituele groei meermale omskryf as ’n diepe dors na God Drie-enig; as ’n brandende verlange na Hom; as ’n voortdurende en diepgaande soeke na Hom en sy teenwoordigheid; as ’n intieme verhouding met Hom; as “to be in tune with the In nite”; as verlange na God; as die begeerte dat Hy die leegheid in ons harte moet vul; as bevryding van die besorgde en verslae hart om God te ontmoet en intiem te ken; as ’n volslae oorgegewenheid aan God; as geestelike vernuwing deur intieme belewing van God; as ’n brandende begeerte om God te ken; as hartstog-gevulde gemeenskap (“communion”) met God; die intieme bewustheid van die (alom) teenwoordigheid van God, en dies meer. Toegegee, hierdie is nie almal standaard-gereformeerde

November 2014 ~ DIE KERKBLAD

17


Diskussie Prof. IW (Naas) Ferreira (Teologiese Skool)

Hoe bring ek die evangelie aan 'n Moslem? When the Muslims are sceptical of our creed, confused by our message and wounded by our warfare, the most credible witness left is our lives (Christine Mallouhi – Waging peace on Islam).

Nie meer ver nie – ongemaklik en konfronterend nader roeër was hulle baie ver buite ons gesigsveld en leefwêreld. In kerklike kringe is daar, as gevolg van die geslotenheid van hulle woonplekke, na hulle as “onbereikte groepe” verwys. Die situasie het egter ingrypend verander. In ons voormalige stamlande (moderne Europa) word die tradisioneel Westerse bevolking op hierdie oomblik gekonfronteer met ’n groeiende en militante Moslembevolking wat na alle verwagting binne die volgende 20 jaar ver in die meerderheid gaan wees.

V

Een uit elke vier mense op aarde is vandag ’n Moslem. (Islam is die naam van die godsdiens. Moslem is ’n verwysing na ’n aanhanger van die Islamgodsdiens.) Net ongeveer 15% van hulle is egter Arabiere. Islam is besig om buite die Arabiese wêreld geweldig te groei en is ook besig om ’n beduidende merk in Afrika te maak. Ons is reeds bewus van die spanning wat die optrede van ekstremistiese Moslemgroepe die afgelope jaar dwarsdeur Afrika veroorsaak. Daar is ook gerugte dat van hierdie groepe reeds ’n veilige en geheime hawe in Suid-Afrika gevind het. Islam het reeds ook ’n duidelike teenwoordigheid in ons samelewing gekry. Winkels deur Moslems bedryf is in ons winkelsentrums en oral in ons dorpe en stede verrys moskees. Islam het ook die maatskaplike en politieke arena betree en oefen reeds ’n geweldige invloed uit. Baie van ons lidmate het reeds kontak met Moslems in hulle werksituasie.

18

Die konfronterende werklikheid is dat Islam nie meer verafgeleë en geslote in ’n Arabiese wêreld is nie, maar dat dit reeds ongemaklik naby ons gekom het. Hierdie nuwe werklikheid is ook nie van ’n verbygaande aard nie. Alle aanduidinge is dat Islam al hoe meer ’n groter rol in die Suid-Afrikaanse samelewing gaan speel. Die vraag van hierdie artikel roep ons as Gereformeerdes nie maar net tot ’n akademiese besinning oor hierdie saak nie, maar tot ’n nuwe werklikheid wat elkeen van ons persoonlik en ook in ons gemeentes dringend moet verreken. Hoe gaan ek/ons die evangelie van Jesus Christus se verlossing aan ’n Moslem bring? Die eerste grens wat ons sal moet deurbreek, is in ons hart – ’n oortuiging om te getuig Die huidige konfronterende situasie is nie bloot maar net ’n slegte sameloop van omstandighede nie. Indien ons glo in die werksaamheid van ’n almagtige en oralteenwoordige God, moet ons bely dat God in sy almag en liefde hierdie onbereikte sendingveld van vroeër nou ook binne ons bereik gebring het. Jesus Christus se opdrag aan sy kerk is baie duidelik. Die evangelie van God se genade moet die eindes van die aarde bereik. Daarvoor het Hy sy kerk geroep, toegerus en uitgestuur (vgl. Matt. 28:18-20; Hand. 1:8). Wanneer die eindes van die aarde, om verskillende redes (ook nalatigheid en ongehoorsaamheid), vir ons onbereikbaar is, bring God die eindes van die aarde na ons toe. Die eerste vraag wat ons tema na vore bring, is ’n vraag wat op ons gehoorsaamheid aan Jesus Christus se groot opdrag fokus. Is ons oortuig daarvan dat God ons stuur en wil gebruik om met die evangelie van sy genade na die Moslems in ons eie wêreld en samelewing uit te reik? Dit gaan nie eerstens oor die nodige toerusting nie, maar die noodsaaklike oortuiging, gewilligheid en motivering vir die uitlewing van ons roeping. Sonder hierdie oortuiging is enige besinning oor die saak bloot van akademiese waarde.

DIE KERKBLAD ~ November 2014


Diskussie

’n Hart wat oorloop van liefde vir God en ons naaste (die groot gebod) is gereed en gewillig om die groot opdrag uit te leef. Daar moet ’n allesoorheersende oortuiging wees dat ons as kerk van Jesus Christus deel is van God se Missio Dei en dat Hy ons as gemeente en individue wil gebruik om sy uitverkore kinders wat nog in Islam vasgevang is, daaruit te bevry. Die tweede grens om te deurbreek – ’n daadwerklike lewe van getuienis Die Moslems sien hulleself as die nale openbaring/vervulling van wat godsdiens bedoel is om te wees. Volgens hulle het die Joodse godsdiens en die Christelike godsdiens wat op ’n manier daaruit voortgekom het, nie daarin geslaag om God se wil ten volle te laat realiseer nie. Islam, wat later ontstaan het, is volgens hulle God se nale openbaring van sy wil vir die mens. Die Moslems is daarom fanaties gekant teen die uitwasse van ’n Westerse lewenswyse (materialisme, armoede, wetteloosheid, morele en sedelike verval) en sien die Westerse Christendom (kerk) as deel van die probleem van die Westerse kultuur. Islam is oortuig daarvan dat die Westerse kultuur en die Christelike godsdiens sinoniem is. Dit is die rede waarom hulle hulself vir ’n wêreldstaat beywer waarin Islam, as ware godsdiens, die beheer kan uitoefen. Waar die Christelike godsdiens, soos ’n gevangene, kritiekloos deel is van ’n Westerse kultuur, is daar geen godsdienstige getuienis hoorbaar of sigbaar moontlik is nie. God se opdrag is egter duidelik. Ons lewenswandel moet in ooreenstemming met ons roeping wees (vgl. Ef. 4:1). Die evangelie is meer as net woorde. Om ’n daadwerklike getuienis in hierdie wêreld uit te dra, sal die kerk van Jesus Christus as God se uitverkorenes inderdaad vreemdelinge en bywoners

November 2014 ~ DIE KERKBLAD

(1 Pet. 1:1; 2:11) moet wees. Dit is die nood van ons tyd vir die Westerse kerk. Die antitese tussen die Christelike kerk en die vervalle Westerse kultuur moet helder en duidelik hoorbaar en sigbaar word. Indien dit nie gebeur nie, sal die kerk nie die evangelie na die Moslem kan bring nie. Die derde grens om te deurbreek – ’n bediening van toerusting in kerkverband /gemeente Waar die kerk van Jesus Christus nie die oortuiging van ’n missionale roeping in die hart het nie, sal daar ook nie ’n motivering wees om aan enige vorm van toerusting vir die uitlewing van hierdie missionale roeping aandag te gee nie. God se opdrag aan sy ampsdraers wat Hy as gawes aan sy kerk geskenk het nie, is tog baie duidelik (vgl. Ef. 4:12 – “om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk”). ’n Kerkverband en ’n plaaslike gemeente het die Godgegewe opdrag om elke lidmaat toe te rus vir ’n lewe van getroue roepingsvervulling en diensbaarheid in die wêreld en tyd waarin hulle lewe. Die Westerse kultuur waarbinne ons lewe, het ’n verbruikerskultuur geword. Die kerk wat deur hierdie kultuur gevange gehou word, word ’n verbruikerskerk wat geen getuienis kan of wil uitleef nie. Dit word ’n kerk wat op homself gefokus lewe, waarin lidmate net hulle eie selfsugtige begeertes wil bevredig. In so ’n kerk is die hele kerklike bediening op lidmate se behoeftes gefokus en nie op God se verlossing en opdrag tot diensbaarheid nie. Die kerkverband/gemeente wat in gehoorsaamheid aan God die evangelie na die Moslems wil bring, se bediening moet ’n bediening van daadwerklike toerusting tot diensbaarheid wees.

Die basiese om van Islam te weet Vir diegene wat die hartsoortuiging tot ’n lewe van biddende en liefdevolle diensbaarheid en getuienis het, is daar sekere basiese dinge om van die Moslemgeloof te weet. So ’n persoon sal deur die Gees van God tot ’n dieper verstaan en ’n groter begrip van die Moslem en sy leefwêreld begelei word. Hierdie begrip is nodig om die persoon wat in Islam vasgevang is, se lewe te verstaan. Islam is ’n lewenswyse (kultuur) waarin alles wat die Moslems doen, inmekaar gevleg is. Die lewe het nie verskillende kompartemente nie. In hierdie godsdiens van werke is die hele lewe voorskriftelik. Dit is ’n saak van eer (honour) om volgens hierdie voorskrifte te lewe, en dit word nie bevraagteken nie. Dit wat hulle moet eet en die manier waarop hulle aantrek; die manier waarop hulle kinders grootgemaak word en hulle vroue hanteer word; die manier waarop hulle ekonomies lewe en selfs hulle geld bank, word alles voorgeskryf. Enige kritiek teen ’n persoon word as ’n persoonlike belediging gesien, veral as dit voor iemand anders gedoen word. Enige belediging sal gewreek word. Dit is die rede waarom hulle selfs bereid is om familie dood te maak as hulle die geloof versaak; of as ’n vrou nie ’n man wil trou wat deur die familie uitgekies is nie. ’n Moslem is nie ’n individu wat kan maak soos hy/sy goedvind nie. ’n Moslem wat ’n Christen word, moet alles prysgee wat vroeër deel was van sy/haar lewe. Hulle maak nie net ’n effense koersaanpassing nie, maar begin ’n nuwe lewe. Islam het baie sterk oortuigings. Soos reeds genoem, is die Moslems Na bl. 21

19


Diskussie

In hierdie verband kan verwys word na “The South African Charter of Religious Rights and Freedoms” wat op inisiatief van prof. Pieter Coertzen ontstaan het, en wat in 2010 ’n dokument aanvaar het om aan die parlement vir amptelike kennisname voor te lê. Hierin word onder andere die volgende aangevoer: Every person has the right to conduct single-faith religious observances, expression and activities in state or state-aided institutions (onder bepaalde voorwaardes) (art. 4.4); every person has the right to be educated or to educate their children, or have them educated, in accordance with their religious or philosophical convictions (art. 7); every educational institution may adopt a particular religious or other ethos, as long as it is observed in an equitable, free, voluntary and nondiscriminatory way, and with due regard to the rights of minorities (art. 7.2).

Christene en die Christelike kerk staan hier voor ’n groot uitdaging met betrekking tot hoe hulle op die nuwe situasie gaan reageer. Die wyse van hulle optrede sal ook ’n toets vir hulle Christenskap wees. Hulle sal moet besef dat die ou model, waar die kerk die staat (probeer) domineer om skole dwangmatig te “christianiseer”, vir goed verby is en bowendien ook onchristelik is (vgl. die Skolewet, art. 39 van 1967). Aan die ander kant erken Christene dat die ganse lewe – ook die skoollewe – deur ’n paar beginsels beheers word: die eer van God, die navolging van Christus, die leiding van die gees, die lig van die Woord, die welsyn van die medemens en die samelewing, die bewaring van die natuur – in kort: diens aan die Koninkryk van vrede, vryheid en geregtigheid. Dit is onmoontlik vir Christene om ’n dubbele lewe te voer, ook wat skole en die opvoeding van hulle kinders betref. Dit bring die vraag na privaat, maar oop Christelike skole na vore, en daarvoor maak ons Grondwet ruim voorsiening (2.2.29): Everyone has the right to establish and maintain, at their own expence, independent educational institutions – op voorwaarde dat rassediskriminasie uitgesluit is, die skool by die staat geregistreer is en die akademiese standaard aanvaarbaar is. Dit kan verwag word dat namate die druk op openbare skole gaan toeneem, al hoe meer ouers wat ’n Christelike opvoeding vir hulle kinders verkies, hulle tot privaat Christelike skole gaan wend. Die wonderbaarlike groei van die Curro-skoleprojek lewer in hierdie verband ’n pragtige illustrasie. DK

Van bl. 19 – Hoe bring ek die evangelie aan 'n Moslem?

oortuig van die feit dat Islam God se nale openbaring van die ware godsdiens is. Hulle beklemtoon uitdruklik dat Allah net een is, met Mohammed as die laaste en groot profeet. Die eenheid van Islam word wêreldwyd gesoek en aktief bevorder. Hulle beoog ’n wêreldwye Islamitiese staat (umma) en is bereid om dit ook met geweld (vir Allah) te bewerk. Hulle is eties baie sterk gemotiveerd en wil die Moslemleefwyse deur middel van wette afdwing (Sharia). Vir die Moslem is daar vyf pilare waarop sy geestelike lewe gebou word. ’n Eenvoudige geloofsbelydenis wat voortdurend herhaal word. Hulle bid vyf keer per dag (Vrydae verkieslik in ’n moskee). Hulle vas (veral in die maand Ra-

November 2014 ~ DIE KERKBLAD

madan). Hulle fokus baie ernstig op barmhartigheidswerk wat streng voorskriftelik gereguleer word. Een maal in hulle leeftyd moet ’n pelgrimstog na Mekka onderneem word. Ten spyte van al hierdie aktiwiteit lewe ’n Moslem voortdurend in vrees dat hy nog nie genoeg gedoen het om Allah tevrede te stel nie. God het ’n deur na Islam oopgemaak God is in sy almag en liefde (missio Dei) volledig in beheer van die reeds afgelope en die huidige wêreldgebeure. Hy is besig om die hele wêreld vir die tweede en nale koms van Jesus Christus voor te berei. In hierdie voorbereiding van die wêreld het God die kerk van Jesus Christus ’n baie belangrike plek en taak en toerusting (Matt.

28; Ef. 3:10-11; Hand. 1:8) gegee. Die troos van hierdie bomenslike roeping is dat Hy ook die resultate waarborg (vgl. Hand. 13:48). In plaas daarvan om heimlik te hoop dat die VSA die militante bedreiging van Islam namens die Westerse wêreld suksesvol sal beveg, moet die Christelike kerk, wat nog deel is van die Westerse wêreld, verootmoedigend hand in eie boesem steek. God het ’n deur oopgemaak wat die onbereiktes bereikbaar gemaak het. Voordat ons die evangelie na die Moslems bring (wat beslis moet gebeur), moet ons, wat deur ’n vervalle Westerse kultuur gevange gehou word, eers ’n paar grense deurbreek. Dis dringend. Getuig sal ons (moet) getuig – al moet God Islam nog nader aan ons bring. DK

21 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.