Die kerkblad oktober 2014 lusmaker

Page 1


22 Algemene Sinode 2015 – 2 Waaroor moet die kerke besluit? HERVORMING H 24 Maarten Luther – man van 2 die daad SKRIFSTUDIE S 26 'n Halfuur stilte 2

JAARGANG 117 117, NO NO. 3284 OKTOBER 2014

1 VAN DIE REDAKTEUR Ware hervorming of “Nuwe hervorming”?

ANDER A 29 Vroue se dienswerk gee 2 moed en hoop vir die kerk 32 Oudste emeritusweduwee 3 oorlede 33 Argiefnuus 34 GTV 2014: Preek – maak of breek? 36 Teologiese opleiding in die Kongo 44 Tradisies – hoe nou gemaak?

3 UIT DIE WOORD 'n Blye omkeer!

37 BRIEWE VAN ONS LESERS

4 REDAKSIONEEL Wat is Gereformeerde prediking?

38 Lief en Leed Op die Kerkwerf 39 Personalia

6 BRANDPUNT Wat ons glo én hoe ons dit bely – ook in ons skole

40 Kleinadvertensies

DISKUSSIE 8 Vrug van die Gees (3) 10 Die kerk as die liggaam van Christus (3) 12 Gereformeerde spiritualiteit (3) 14 Die Christelike geloof onder die soeklig (2) 16 'n Gesprek oor die rol van godsdiens in die skool 20 Zuma die “teoloog” – Saul onder die profete?

Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R284.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R195.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R266.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R195.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.


Uit die Woord Dr. JM (Kobus) van Tonder (emeritus) (Krugersdorp)

'n Blye omkeer! Lees: Johannes 17 Teks: Johannes 17:11b, 21, 22, 23 “En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos ons een is” (vs )22.

H

et Luther hom vergis toe hy van die Roomse Kerk weggebreek het? Die enigste Christelike kerk van die tyd. Het hy dalk doelbewus die gebed van Jesus vir die dissipel eenkant toe geskuif? Dat Jesus gebid het: “Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ons”? Tot vyf maal in die gebed staan dat hulle een moet wees. Een in oortuiging en onderlinge liefde. Een in geloof in Jesus as Verlosser. Hierdie eenheid het egter later ’n veelheid geword, want rondom ons is kerke en sektes en geloofsgroepe. Die mens het uiteindelik die kerk aan arde geskeur. Is dit alles die nagevolge van die Reformasie? Nadat Jesus sy laaste onderrig aan die dissipels gegee het (hfst. 16), sê Hy: “Dit het Ek vir julle gesê sodat julle kan vrede hê”, en dan bid Hy dat hulle een mag wees. Calvyn skryf hieroor dat die eenheid gelukkig sal wees as dit die beeld van God die Vader en van Christus sal vertoon. Dit is wat Luther nie meer in die Roomse Kerk gevind het nie. Elke jaar in Oktober herdenk ons die omkerende gebeurtenis van 1517 toe Luther in sy 95 stellings uiteindelik gevra het: Waar is God, waar is Christus in al die seremonies

Oktober 2014 ~ DIE KERKBLAD

en swier? Daarom kon hy later op die Ryksdag sê: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie ...” Die kerk van daardie tyd het ’n kerk geword waarin die eenvoud van die evangelie ’n bykomstigheid was. Daarom het Romeine 1:17 hom so aangegryp: uit geloof tot geloof sal die regverdige lewe. Dit is wat Jesus gebid het oor eenheid. Dat die gelowiges die beeld van God die Vader en van Christus sal vertoon. In die Roomse Kerk het die Bybel ’n plek gekry tussen wierook en seremonies en ’n erediens in Latyn wat die lidmate nie verstaan het nie. Paulus skryf aan die Korintiërs (1 Kor. 1:17): “Die evangelie moet verkondig word, nie met menslike wysheid van woorde nie, want dan sal die kruis sy krag verloor” (1953-vertaling: “Dan sal die kruis verydel word”). Baie is gemaak van die simbool van ’n gekruisigde Jesus en ander heiliges met ’n altaar en baie vertoon. Met ’n hiërargie van priesters, biskoppe, kardinale en ’n pous. Waar is die eenheid met Christus tussen al die bykomstighede? Waar is die eenheid van ’n heilige, algemene Christelike kerk? Dit is bekend dat die priesters in die krygsgevangeniskampe van die Wêreldoorlog dit moeilik gevind het om kerk te wees sonder kerse en ’n altaar, klokkies en wierook, gewyde klere en serpe. Hulle was evangeliearm, ontdaan van hulle uiterlike seremonies. Luther het hom nie vergis nie. Dit was evangelie-noodsaak. Hy

het Jesus van die evangelie gesoek. Jesus die Verlosser, die Opgestane. Die Lewende. Die Here het deur die Reformasie weer die evangelie in die kerk teruggeplaas. Lewe uit die dood gegee. Nuut begin. Bykans 500 jaar het verbygegaan. Vir vele het die Reformasie net maar ’n geskiedkundige feit geword. Die Belydenisskatte het net maar formules op ou, geel papier geword. Volgens hulle moet die kerk al meer aktueel raak oor maatskaplike en politieke sake. Dit moet die kerk van die tyd wees. Dit sal weer eenheid tussen die mense bring en die kerk ’n plek in die nuwe tydsgees gee. Dan kom daar baie organisasie en beplanning en bestuur van gemeentes om mense betrokke te kry. En so word die eenvoud van geloof en die wonder van die evangelie geleidelik weer verdring. Hervorming moet ons telkens opnuut die wonder van ware geloof laat besef. Dat Jesus gebid het: “Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ons een is.” Die besef dat die Here deur sy genade jou verkies het om te glo. Eenvoudig te glo in die verlossing deur Jesus Christus. Dat jy een mag wees van die skare gelowiges in die wêreld, al is ons min in die getal van die mensdom. Dit maak ons juis besonder. Die Reformasie was nie ’n vergissing nie, maar ’n blye omkeer wat ons met dankbaarheid kan vier. DK

3


Brandpunt Prof. DF (Francois) Muller (Teologiese Skool)

Wat ons glo én hoe ons dit bely

– ook in ons skole

E

k aanvaar dat die meeste lesers weet van die storm wat onlangs oor godsdiens in skole losgebars het. Hoewel die kwessie eintlik aaltyd in die brandpunt is, het die kollig weer skerp hierop geval toe ’n hof gevra is om ssekere skole te verbied om uitdruklike Chris Chri telike waardes te handhaaf. artikel wil ek graag die lig van die Here se In hierdie artike Woord vanuit ’n paar kern-Skrifgedeeltes op die hele kwessie laat val. Aangesien daar in hierdie uitgawe ook ’n artikel van dr. Marina van Loggerenberg oor hierdie saak verskyn, wil ek nie die inligting wat sy gee, bloot herhaal nie. Waar sy egter net na ons grondwet verwys, meen ek dat dit tog goed is om presies te sien wat Artikel 15 bepaal. Ek haal net die toepaslike gedeelte, met my beklemtoning, aan: Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening “Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening. Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied, mits (a) daardie beoefening reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is; (b) dit op billike grondslag geskied; en (c) bywoning daarvan vry en vrywillig is …” NGB artikel 36 Ons grondwet is op hierdie punt mooi in lyn met wat ons in die NGB artikel 36 bely oor waartoe die Here owerhede ten opsigte van godsdiens roep. Op dié punt is dit terloops belangrik om in gedagte te hou dat waar ons bely dat die owerhede (indirek) moet help toesien dat valse godsdiens vernietig sal word, ’n mens juis valse godsdiens en huigelary bevorder as jy die Christelike geloof kunsmatig en met bymotiewe in skole wil beskerm en bevorder. Kern-Skrifgedeeltes Daar is reeds in ’n vorige uitgawe in meer detail aan Artikel 36 en Romeine 13 aandag gegee. Ek wil die lig van die Here se Woord hier op gedeeltes soos Lukas 12:33-35,

6

2 Timoteus 4:2, Efesiërs 4:4, 15 en Filippense 2:10 laat val. Ek wil egter spesi ek begin met Jesus se woorde in Matteus 28:18 en 22:27. U kan gerus ook na 1 Petrus 2:11-17 gaan kyk. In die hele proses sal ons dwaas wees as ons die lesse wat ons vanuit die Reformasie kan leer, ignoreer. Die reformatore het besef dat die skole die ideale en selfs noodsaaklike plek is om mense van die Here te leer. Kort ná die stigting van ons Teologiese skool in 1869 in Burgersdorp, is daar ook met die opleiding van onderwysers begin. Jesus ís dié Hére Met sy hemelvaart het Jesus openlik verklaar dat alle mag in die hemel of op die aarde aan Hom gegee is (Matt. 28:18). Hy is die Here in die volste sin van die woord. Uiteindelik sál elke mens dit ook erken (Fil. 2:10; Rom. 14:11). Geen mens het voor God die reg om Jesus se gesag te miskien nie. Geen mens het voor God die reg om te maak asof daar ook ’n ander Verlosser en Middelaar sou wees nie (Hand. 4:12). In die hele debat oor godsdiens in skole is dit een van die dinge waaraan ons moet vashou: Daar is net een Here en een ware geloof (Ef. 4:4). Iemand wat met die realiteit rekening wil hou, moet hiermee rekening hou. Alle godsdienste is nié gelyk nie. Ons beperkte vermoë, ja selfs ons ónvermoë Op hierdie punt moet ons egter in gedagte hou dat dit (net) die Heilige Gees is wat ’n sondaar van Jesus kan oortuig. Geen mens kan ’n ander een op enige manier dwing om om te glo dat Jesus die Here is nie. Geen kurrikulum, geen skoolreël, geen wet of straf of geweld kan van ’n sondaar ’n kind van die Here maak (of iemand sy kindskap kos) nie. Ons kan ander dalk nog sover bring om met die mond te sê dat Jesus die Here is. Ons kan ander dalk selfs openlik of subtiel dwing om uiterlik te lewe soos wat Jesus verwag. Geen mens het egter die mag om te bepaal wat regtig in ’n

DIE KERKBLAD ~ Oktober 2014


Brandpunt

ander een se hart aangaan nie. Dit is die eksklusiewe werksplek van die Heilige Gees deur die Woord. Op hierdie punt moet ons dus tussen “regte” en “regte” onderskei – die “regte” wat ’n mens (nie) voor God het (nie), en die “regte” wat ons teenoor mekaar opeis as ons sê dat niemand iemand anders se menseregte (soos bv. in art. 15 uiteengesit) mag aantas nie. Hoewel geen mens (voor God) die reg het om Jesus te misken nie, het nie een van ons die reg of die mag om ’n ander mens te dwing om Jesus as Here te erken en te dien nie. ’n Menslike owerheid kan nog mense se gedrag reguleer met wette en dreigemente van straf. En al het Jesus gesê (vgl. Matt. 22) dat die grootste wet is dat ons God met alles wat ons is en het, moet liefhê, kan niemand iemand anders daartoe dwing nie. Boonop is enige diens wat ’n mens aan God sou wou lewer, oftewel enige godsdiens, wat nie uit liefde vir die Here voortspruit nie, vals. Die manier waarop ek my “regte” uitoefen Hoe kan ek nou verwag dat iemand wat die Here nie ken nie en in wie se hart die Gees (nog) nie werk nie, met my sal saamstem dat Jesus oor die hele skepping regeer, en dat elke mens eintlik verplig is om in Hom te glo? Ons moet glad nie verbaas wees as mense wat (nog) nie (ook) deur die Here innerlik nuutgemaak is, dink dat ons uiters arrogant en veroordelend is as ons sê dat almal Jesus moet erken en net in die Drie-enige God moet en eintlik mag glo nie. Om die waarheid te sê, sulke mense beleef ons dan gewoonlik baie negatief en sluit hulle ore en gedagtes vir die evangelie van genade. En dit is ons dilemma: Hoe om ons geloof in en gehoorsaamheid aan die Here op só ’n manier uit te leef en sodanige instrumente te wees dat ander mense wat Hom (nog) nie ken of leer ken het nie, eerder nader getrek en vir sy Koninkryk gewen sal word, as wat ons hulle met ons hantering van die waarheid oor Jesus sal wegstoot? As 2 Timoteus 4:2 ons byvoorbeeld beveel om die evangelie “tydig en ontydig” te verkondig, moet ons besef dat daar inderdaad tye en geleenthede is waar dit ontydig is om die evangelie te verkondig. Hoeveel indruk gaan jy maak as jy jou (ongelowige) buurman vir rugby oornooi en in die middel van die toets vir hom sê dat jy nou met hom oor die Here wil praat? So is daar ook mense wat dit as onvanpas beleef as ons verwag dat hulle kinders die opening (waar die evangelie verkondig en die Here aanbid word) moet bywoon. Pas op vir ’n valse oplossing: godsvryheid, “vry om te” vs “vry van” Die blote feit dat ons egter nie iemand uit ons eie Oktober 2014 ~ DIE KERKBLAD

anders kan oortuig dat Jesus die Here is nie, en die blote feit dat Christene hulleself soms vergryp in hulle pogings om ander tot geloof en bekering te bring, beteken in die lig van byvoorbeeld Lukas 12:43-45 nié dat skole daarom nou ’n “godsdiensvrye” plek moet wees nie. Ek sit “godsdiensvryheid” in aanhalingstekens omdat ’n mens die begrip in twee opsigte kan gebruik: dat ’n mens vry is om godsdiens te beoefen, en dat ’n mens vry sou wees van die beoefening van godsdiens. (Die Engelse praat van “freedom of” en “freedom from religion”.) Waar ons as Gereformeerdes godsdiensvryheid voorstaan en die Here dus ook in die skole wil dien, is daar mense wat die skole sogenaamd vry van godsdiens wil maak. In Lukas 12 vertel Jesus ons wat gebeur as ’n (bose) gees uit iemand weggaan en nie positief vervang word nie – dan kom daar sewe ander erger geeste oorneem, en aan die einde is so iemand slegter af as aan die begin. Om godsdiens uit die skole te haal omdat daar voorvalle is waar Christene die evangelie arrogant en liefdeloos en ontydig verkondig, mag op die korttermyn na ’n goeie oplossing lyk. Dit sal uiteindelik egter erger in so ’n skool gaan. As ’n mens formele godsdiens (soos die Christelike) misken, laat jy noodwendig die ruimte vir ’n ander “godsdiens” (soos sekularisme, hedonisme of humanisme) om uiteindelik die basis van die waardesisteem te word. So gesien, het ons as Christene die verantwoordelikheid om Jesus onverskrokke as ons Here te bely en te dien – maar dan op so ’n manier dat mense wat die Here nie ken nie, ons nie as arrogant, veroordelend, triomfantelik en liefdeloos sal beleef nie. (Onthou terloops dat ons ook gou sal wees om ons op ons reg tot “freedom from religion” te beroep as iemand ons wil dwing om aan ’n heidense ritueel deel te neem.) Om allereers die Koninkryk te soek Wie werklik allereers na die koninkryk van God soek, is nederig en bereid om alle ander mooi ideale (soos die regmatige bevordering van ons taal en kultuur) in diens daarvan te stel. Wie die Christelike geloof ter wille van ’n ander agenda wil bevorder, doen op die lang duur skade in die koninkryk en gee die evangelie ’n slegte naam. As mense wat die Here en sy genade vir sondaars soos ons ken, sal ons skuldig wees voor Hom as ons nalaat om die ruimte wat die grondwet, deur sy Voorsienigheid, vir ons in skole skep, te benut om in liefde by die waarheid te bly (Ef. 4:15; Rom. 12:17; 13:8 in die lig van Rom. 11:33-13:10). Mag die Here gee dat ons ons ook hierdeur laat lei wanneer ons daarop aandring dat ons kinders Hom in die skole kan dien en egte Christelike waardes daar mag leer en mag uitleef. DK

7


Diskussie Dr. Marina van Loggerendberg (opvoedkundige, Randburg)

'n Gesprek oor die rol van godsdiens in die skool D

aar het die afgelope tyd weer berigte in die koerante verskyn oor die rol van “godsdiens” in die skool. Hans Pieter te sen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonrig en Demokrasie, het die hooggeregshof in Johannesderri burg versoek om ses skole te verbied om hulleself onder meer Christelike skole te noem, om leerlinge toe te laat Christelike liedere te sing en om Christelike waardes om C en nnorme voor te staan (Beeld 2 Sept. 2014:1). Onder die vaandel van “Vrydenkers Suid-Afrika”, met die webwerf vaan www.hulle.co.za, voer die organisasie aan dat die hofwww aansoek in openbare belang bela is, veral in belang van kinders. Hoewel Pietersen in hofstukke aanvoer dat sy hofaansoek hoegenaamd nie ’n heksejag op Christenskap of enige ander geloof is nie, versoek hy die hof om verskeie Christelike gebruike en verwysings na die Christendom met ’n interdik te verbied en dit ongrondwetlik te verklaar. Hy maak daarop aanspraak dat hulle dit nie teen godsdiens of die Christelike godsdiens het nie, maar dat die handhawing van ’n godsdienstige etos by skole noodwendig tot diskriminerende praktyke lei. “Hulle” (Vrydenkers Suid-Afrika) voer verder aan dat dit, soos in die Skolewet omskryf, ongrondwetlik is vir enige openbare skool om een geloof uit te sonder tydens godsdiensaktiwiteite by die skool of om hulleself met ’n geloof te vereenselwig. Sonja Carstens (Beeld 2 Sept 2014:1) skryf verder dat die organisasie in hulle hofstukke aanvoer dat dit ongrondwetlik is om van enige leerling te verwag om direk of indirek aan te dui of hulle enige geloof voorstaan en indien wel, watter geloof, of om inligting by te hou van watter gelowe ook al ondersteun word. Dit is ook ongrondwetlik om leerlinge te isoleer op grond van die godsdienste wat hulle voorstaan. Die redenasie van Pietersen is dat dit ongrondwetlik is om hierdie gebruike in skole toe te laat, aangesien dit op verskeie konstitusionele regte van leerlinge inbreuk maak. Dit sluit onder andere die volgende regte in: hulle reg op gelykheid, omdat daar teen leerlinge op grond van hulle geloofsoortuigings en kultuur gediskrimineer word; menswaardigheid, omdat hulle gebrandmerk word as hulle nie aan godsdiensgebruike deelneem nie; vryheid en sekuriteit, omdat dié leerlinge op ’n minderwaardige wyse behandel word wat hulle psigologiese integriteit skaad; en geloofsvryheid.

Religie, godsdiensonderrig en geloofsbeoefening Prof. Cornelia Roux, navorsingshoof aan die Departement van Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) sê die grootste probleem is dat skole,

16

onderwysers, ouers en die media nie tussen religie, godsdiensonderrig en geloofsbeoefening onderskeid tref nie. Sy verduidelik dat religieuse onderrig dié deel van die kurrikulum is wat in Lewensoriëntering aangebied word, terwyl godsdiensonderrig met Sondagskool of enige onderrig in ’n spesi eke godsdiens vergelyk kan word. Geloofsbeoefening (“erediens” – my vertolking) is wat tydens baie skole se saalopening plaasvind, waar byvoorbeeld uit die Bybel gelees en gebid word. ’n Spesi eke godsdiensgemeenskap se godsdiensbeoefening word dan deel van die skoolaktiwiteite. Religie is nie ongrondwetlik nie, maar om kinders wat nie aan ’n sekere geloof behoort nie, sonder keuse aan die beoefening van daardie geloof bloot te stel, is viktimisering, aldus prof. Roux. Skoolgemeenskappe moet self bepaal wat hulle skool se etos is, solank dit nie godsdiens opdring of teen jongmense diskrimineer wat nie aan ’n spesi eke godsdiens behoort nie, het Paddy Attwell, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), gesê. Die WKOD onderskryf die nasionale beleid van godsdiens en onderrig, wat op die Grondwet gebaseer is. Dié beleid erken die diverse godsdienserfenis van ons land en moedig die kreatiewe interaksie tussen verskillende godsdienste aan, terwyl jongmense teen diskriminasie beskerm

DIE KERKBLAD ~ Oktober 2014


Diskussie

word. Leerders word dwarsdeur hulle skoolloopbaan van verskillende godsdienste in Lewensoriëntering geleer. Dié vak leer leerders om verskillende godsdienste te eerbiedig en beter te verstaan.

Maak grondliggende religieuse oortuiging ’n verskil? Die vraag wat myns insiens eintlik gevra moet word, is tot watter mate die grondliggende religieuse oortuiging ’n verskil maak aan die wyse hoe mense hulle eie lewens verstaan en daagliks beleef. Die mees populêre antwoord is gewoonlik dat dit alles afhang van hoe “religieus” ’n mens is. Dit maak vir ’n ateïs byvoorbeeld hoegenaamd geen verskil nie, terwyl ’n fanatikus oor niks anders dink of vir niks anders omgee nie. Die meeste “gewone” mense word tussen hierdie twee uiterstes geplaas, en die “religie” moet dan vir die moraliteit en die mens se ewigheidsbestemming sorg, terwyl die “gewone” daaglikse dinge waarmee mense hulle besig hou dan as sogenaamd “neutraal” ten opsigte van religieuse oortuiging gesien word.

religieuse tradisies waarmee hulle bekend is. Die enorme invloed van religieuse oortuigings is egter grootliks onsigbaar vir die meeste mense. Clouser vergelyk die verhouding van hierdie oortuigings met dié van die geologiese plate van die aardkors. Die beweging van hierdie tektoniese plate is vir die gewone oog onwaarneembaar en tog is dit daar. Die sigbare effekte soos bergreekse, aardbewings en vulkaniese uitbarstings is slegs klein, oppervlakkige stippels in vergelyking met die kragtige werking van hierdie plate. Net so is die groot historiese tradisies van religieuse opvoeding (soos die Christendom, Islam en Judaïsme) en die instellings (skole en universiteite) wat die bewaring en voortsetting van hierdie tradisies voorstaan, slegs die oppervlakkige gevolge van die diep religieuse oortuigings wat daaraan ten grondslag lê, en is dit ’n groter en meer omvangryke mag as al dié dinge tesame. Wanneer dit alles gesê en verstaan word, beteken dit dat alle inhoude en teorieë in die kurrikulum, sy dit wiskunde en sika, sosiologie en ekonomie, kuns en etiek, politiek en die regte, nooit in der ewigheid religieuse neutraal kan wees nie. Hulle word die laaste een deur ’n bepaalde religieuse oortuiging gereguleer. Dit is op hierdie wyse dat die gevolge van religieuse oortuigings veel verder strek as net om hoop op die lewe hierna te bied, of om die morele waardes en norme van mense te beïnvloed. Die diep gesetelde religieuse oortuigings van mense in hulle gemeenskappe bepaal en beheer hulle totale lewe – of dit opvoeding en onderwys is, of dit teorievorming is en of dit die interpretasie van belangrike verskille in al die (omstrede) kwessies is wat die totale omvang van die lewe dek. Om dus te probeer voorgee, of te vereis, of af te dwing by wyse van ’n hofinterdik dat Christene, en spesi ek Christenkinders, NIE in hulle skole hierdie bepaalde lewens- en wêreldbeskouing mag uitleef nie, is totaal onmoontlik. Dieselfde geld vir die ouers en kinders in skole wat ’n Moslem, Judaïstiese, Boeddhistiese of ateïstiese oortuiging/geloof aanhang. Die slotsom van hierdie redenasie is dit: oënskynlike neutraliteit is onwettig en vals, en ware neutraliteit is onmoontlik!

Neutraliteit is ’n mite Neutaliteit is ’n mite, beweer Roy Clouser in sy boek “The myth of religious neutrality – an essay on the hidden role of religious belief in theories”. Hy beweer dat religieuse oortuiging die magtigste en mees invloedryke oortuiging of geloof in die wêreld is. Dit bepaal op beslissende wyse elke mens se lewens- en wêreldbeskouing, trouens elke en alle belangrike kwessies in die hele spektrum van die mens se lewe en ervaring word daardeur geraak – dit het ’n invloed op alle mense, onafhanklik van hulle bewustelike aanvaarding of verwerping van die

Én-én-keuse Die oplossing vir die dilemma van die skool lê heelwaarskynlik dus nie in die óf-óf-opsie nie, maar in die én-én-keuse: in ’n heterogene en kultureel-komplekse samelewing soos in Suid-Afrika is daar geen ontsnapping aan die veelvuldigheid van interverwantskaplike faktore enersyds, en unieke faktore andersyds, wat die skool aan die volgende generasie moet oordra nie. Aangeleenthede soos onder andere die saak van die uitlewing van die religieuse oortuiging van die kinders (en onderwysers?) van die skool, die implisiete kurrikulum-aangeleenthede soos die onderrig van waardes en norme, tevredenheid met en omgee vir die skool deur die leerlinge en die ouers, en die skool as instrument vir verbetering en as antwoord op die samelewing se eise van “we want it all”, bly steeds noodsaaklik. Onkunde oor al hierdie sake kan nie geduld word nie, en moedswilligheid en kwaadwilligheid nog minder.

Oktober 2014 ~ DIE KERKBLAD

17

Luidens die Suid-Afrikaanse Skolewet (2003) en die nasionale beleid vir


Diskussie

godsdiens en onderwys kan godsdiens in staatskole beoefen word, maar op vrywillige en gelyke grondslag. Om kinders van ’n ander religieuse oortuiging as dié van die spesi eke skool, soos byvoorbeeld ’n Christenkind in ’n oorwegend Joodse skool, die geleentheid te gee om van ’n godsdiensoefening verskoon te word, is dus om aan so ’n kind die geleentheid te gee om sy/haar demokratiese reg uit te oefen sonder om sy/haar gewete te beswaar. Om te beweer dat so ’n kind “uitgesonder” of “uitgelewer” word, is gewoon moedswillig. Waar leerlinge diskriminerende dinge sou doen, soos beledigende en inkriminerende brie es in hulle maats se tasse, behoort daar streng teenoor hulle opgetree te word. Dit is gewoon diskriminasie en arrogansie. Navorsing in staatskole met ’n hoofsaaklik Christelike etos (tussen 1993 en 2004) het uitgewys dat kinders wat aan godsdiensonderrig in staatskole blootgestel word, nie noodwendig beter Christene word nie. Spesi eke geloofsoortuigings (religie) wat in ouerhuise aangeleer word, verander ook nie sommer deur blootstelling aan die onderrig in die oortuigings van ander gelowe nie. Totale afwesigheid van godsdiensonderrig in ons skole sou dus beteken dat daar vir die ateïstiese model gekies is, wat dan sou diskrimineer teenoor die 98% kinders in Suid-Afrika wat wel tot ’n bepaalde godsdienstige oortuiging behoort (ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die GKSA se Deputate Owerheid). Christenouers soek Christelike onderrig vir hulle kinders. As hulle dit nie in staatskole kry nie, gaan hulle hul kinders in privaatskole plaas. Dr. Wouter van Wyk van die Hervormde Kerk reken dit is ’n illusie of oëverblindery om voor te gee dat kennisoordrag of onderrig waardevry kan plaasvind, en hulle is daarom bekommerd dat hierdie hofaansoek eintlik daarop gemik is om ’n ateïstiese waardestelsel in die plek van ’n Christelike waardestelsel te plaas. Dit is die roeping van elke gelowige om oral en te alle tye getuie van ons geloof in Jesus Christus te wees, en die Suid-Afrikaanse grondwet gun ons daardie vryheid. Terselfdertyd is hierdie hofaansoek ’n wekroep aan die kerk en gelowige

ouers om meer erns te maak met die religieuse onderrig en geloofsvorming van ons kinders. Die krag van die evangelie wat deur mense uitgeleef word, ook by die skool, kan in elk geval nie deur enige hofsaak gestuit word nie. Suid-Afrikaners plaas ’n baie hoë premie op godsdiens. Die konstitusionele hof sal uiteindelik hieroor moet duidelikheid gee, het prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, gesê en bygevoeg dat hy dink dis NIE ’n saak waarvoor mense maklik gaan terugstaan nie. Navorsing toon verder dat die meeste privaatskole in die land Christelik is. Tussen 2000 en 2012 was daar ’n toename van 96% in die getal leerlinge in privaatskole, teenoor ’n toename van net 2,4% in staatskole. Die feit dat die “probleem” van sogenaamde onkonstitusionele optrede deur staatskole met ’n Christelike etos tans in die nuus is, is dus ’n probleem van geringe omvang. Die meeste Moslem- en Joodse leerlinge is in elk geval reeds in Moslem- en Joodse skole. Indien die Christene dan nie in die meerderheid van die staatskole ’n Christelike etos mag handhaaf nie, sou die antwoord dalk geleë wees in privaatskole wat deur die staat op gelyke wyse gesubsidieer word met skole van ander geloofsoortuigings. Selfs die ateïste kan dan hulle eie gesubsidieerde staatskool kry, en die staat kan dan gerus verklaar dat hy “… charity towards all and malice towards none” toepas. Op dié wyse kan die staat as onderwysvoorsiener, in die geval van staatskole, aan elke kind daardie gebalanseerde, kon ikvrye skool voorsien wat die bepaalde gemeenskap (van Christene, Moslems of enigiemand anders) verlang en verdien. DK

18

DIE KERKBLAD ~ Oktober 2014


Van Oraloor Susan Fourie (Kameeldrift)

I

n Maart 2014 was ek bevoorreg om op uitnodiging van die Sociedade Auxiliadora Feminina/IPB (SAF) – dit is die vrouevereniging van die Presbiteriaanse Kerk in Brasilië – hulle vierjaarlikse kongres in Fortaleza by te woon. Die kerkraad van die Geref. Kerk Waterkloofrand in Pretoria het die reisuitgawes gedra om te gaan kers opsteek en ons visie te verbreed, veral in die lig van die GKSA se omkeerstrategie. Aan hierdie donateurs my opregte dank vir ’n onbeskry ike voorreg! Ek is amptelik verwelkom en het ’n spreekbeurt (sonder kennisgewing) sommer so informeel ontvang terwyl ek op die verhoog was om te vertel van die werk wat vroue in SuidAfrika doen. Gelukkig kon die tolk my Engels suiwer voor dit die Portugese ore bereik het – ’n bedekte seën. Ek was ook bevoorreg om ’n aanbiddingsgeleentheid in gebed voor te gaan – dit alles natuurlik met ’n tolk, aangesien hulle feitlik net Portugees verstaan. Wat ’n voorreg om die kerk oor wye grense heen aan die werk te sien! Die entoesiasme en opgewondenheid oor hulle kerk en hulle aktiwiteite is opvallend: 800 vroue bymekaar wat borrel van liefde vir hulle God, hulle kerk en hulle werk.

Vroue se dienswerk gee moed en hoop vir die kerk genooide gaste na aanleiding van die SAF se besoeke aan Suider-Afrika. Hulle nasionale tema vir die afgelope termyn was uit Galasiers 2:20 – “Nou is dit nie meer ek wat leef nie, maar Christus leef in my.” Die doel van die kongres was verslaggewing deur die president oor hulle aktiwiteite van die termyn ten opsigte van die groei van die kerk en hulle doelstellings, en om nuwe uitdagings vir ’n nuwe termyn daar te stel. Daar was ook elke dag twee aanbiddingsgeleenthede, en twee onderwerpe tot opbou van hulle werk is deur sekere van hulle predikante behandel. Hulle het ’n spesi eke identiteit en tradisie waaraan gebou word. Dit veroorsaak ’n onkenbare trots en entoesiasme vir hulle werk en dit bind saam tot ’n hegte eenheid as kerk. Elke streek het sy eie federasievlag wat op een of ander Van 'n Afrikaanse hart deur die Engelse taal tot in 'n Portugese hart – Susan Fourie (regs) saam met die energieke tolk, Huda Homsi

Die SAF bestaan reeds 127 jaar. Aansluiting is vrywillig. Alle gemeentes is nie noodwendig geaf lieer nie, net dié wat aansluit en ledegeld betaal. Al die lede is egter lidmate van die Presbiteriaanse kerk. Tans bestaan die SAF uit 50 148 aktiewe lede. Ja, met so ’n groot aantal Christenvroue kan mens nogal berge versit. Die nasionale kongres word deur afgevaardigdes uit die verskillende federasies op provinsiale vlak bygewoon. Ek en ’n afgevaardigde uit Angola was

Oktober 2014 ~ DIE KERKBLAD

29


Van Oraloor

wyse Christus as middelpunt vergestalt. Elke streek se dames het vir elke sessie hulle eie kleredrag gehad. (Dit is daar só warm dat mens meer as een keer per dag skoon aantrek.) Dit weerspieël die sagte en mooi van vrouwees. Die SAF het ook ’n eie nasionale lied wat met trots gesing word. Die openingseremonie was ’n hoendervleisbelewenis waartydens die lied deur 800 dankbare vroue gesing word terwyl elke federasie se vlag ingebring word. Een van die doelstellings van die SAF is juis om die nasionale eenheid van die plaaslike kerke onderling te bewerk. Hulle aktiwiteite is op die bevordering van geestelike groei onder lidmate, die aanspreek van sosiaalmaatskaplike probleme en jeugwerk gerig. Hulle beywer hulle om plaaslike behoeftes in elke gemeente se gemeenskap aan te spreek. Hulle bevorder die kweek van goeie landsburgers (het ook hulle nasionale volkslied meer as een keer gesing). Hulle lê klem op alle sektore van die openbare lewe, onder andere ook op kulturele gebied, musiek en selfs sport en ontspanning. Binne die kerk self is die ondersteuning van predikante en hulle eggenotes, asook teologiese studente en hulle gesinne se behoeftes, sterk op die agenda. Een hele oggend se lesing en bespreking het hieroor gehandel. Die rol van die vrou in hierdie ondersteuning word sterk beklemtoon in navolging van die vroue in die vroeë Christelike kerk wat Jesus en die dissipels in hulle werk bygestaan het. Daar is ook ’n beroep op die gelowige vroue gedoen om hulle seuns aan te moedig om predikante te word omdat die kerk hulle so nodig het. Evangelisasie- en sendingprojekte is hoog op hulle prioriteitslys. Hulle konsentreer in hulle werk na

30

buite sterk op Afrika, doen werk onder die Indiane en verleen hulp aan vlugtelinge uit Sirië. In hierdie afgelope termyn het hulle 50 000 Bybels geskenk en verleen hulp aan ’n sopkombuis in Mosambiek. Die krag van 55 000 vroue wat vir die werk kan bid, word nie onderskat nie. Hulle maak werklik erns daarmee. Die vroue van SAF dra ook nansieel by tot APECOM, hulle evangelisasiekommunikasienetwerk wat die Woord op televisie en radio verkondig. Met so ’n groot ledetal met dieselfde doelstellings en projekte in die oog, kan hulle nansieel baie vermag. Hulle kon in hierdie jaar in randwaarde R423 837.42 spandeer waarvan R266 452.42 net uit ledegeld bekom word.

Wat kon ek huis toe bring? Eerstens die ervaring van die eenheid van die liggaam van Christus. Ek was stoksiel-alleen in ’n vreemde land, woon ’n kongres by in ’n vreemde taal en volg alles deur middel van ’n tolk en het tog op eienaardige wyse tuis gevoel. Dit was ’n eerstehandse ervaring van die eenheid van die liggaam van Christus wêreldwyd. Die diensbaarheid van die vrou staan hier voorop. Die woord “vrouereg” het ek nooit gehoor nie. Die spesi eke gawes van die vrou en die aanwending daarvan tot diens van Christus en sy kerk het die kongres deurge-eggo! Die werk word gedoen in sterk navolging van die Bybelse voorbeeld van die vroue wat in nederigheid diensbaar was aan die apostels in die totstandkoming van die vroeë kerk. Hierdie werk doen hulle met ’n lus en liefde asof vir Christus self. Verdeeldheid oor strydpunte verdwyn in die lig van ’n hoër,

gesamentlike strewe en doelwitstelling. Hulle kweek ’n trots op die kerk en skep ’n sterk identiteit en tradisie. Op die kongres is van die oudste lede van die SAF uit vorige era’s vereer en sommiges het ’n spreekbeurt ontvang. So probeer hulle die eenheid van hulle werk in die kerk deur die geslagte heen beklemtoon. Die ouer lede se teenwoordigheid sorg vir die band met die verlede en vorm die geskiedenis van die kerk waaruit hulle kan leer. Dit moet die jongeres (en daar was baie jongmense) tot insig in die verlede bring en die strewe daarstel om ook daardie doelwitte te bereik in ’n nuwe, moderne konteks. Die saamvoeg van al hulle werk in ’n groter liggaam, naamlik die SAF, sorg vir ’n groter sigbaarheid van die werk van die kerk in die oë van die wereld en het op sigself groot getuieniswaarde. Baie meer kan vermag word, omdat kragte, inisiatiewe, gawes en nansiële middele saamgesnoer en aangewend word. Gereelde deeglike verslag en inligting word na almal gebring deur nuusbriewe, kongresse en hulle amptelike publikasies. Die sigbaarheid van die kerk se werk word so ook na binne sigbaar, en dit bring op sy beurt hoop aan die kerk vir die kerk se bestaan en arbeid. Ek het al dikwels, as almal so moedeloos praat oor ons kerk se werk en vooruitsigte, gesê dat as ons al die werk en hulp en uitreike wat elke gemeente, hoe klein ook al, in Suid Afrika doen, in ’n verslag bymekaar kan gooi, ons dalk met baie meer moed en hoop en visie vir die toekoms ons werk as kerk sal kan doen.

Flitsgedagtes vir die moontlike toepasssing binne Suid-Afrikaanse konteks Daar is lank reeds ’n sinodale besluit teen ’n oorkoepelende organisa-

DIE KERKBLAD ~ Oktober 2014


Van Oraloor

sie binne die kerk soos dié met sy eie redes en ook met die inagneming van die selfstandigheid van die eie plaaslike kerk. Tog kan ons nie die kind met die badwater uitgooi nie en kan sekere van die gedagtes dalk tog op kleiner skaal by ons geïmplementeer word. z Gesamentlike doelwitte kan gestel word vir ’n bepaalde termyn met ’n oorhoofse tema. Leierskap kan roteer. Elke gemeente kan so ’n tema en doelwitte inkleur om by sy eie unieke omstandighede en gawes en behoeftes aan te pas. z Elke klassis of bepaalde streek kan sy eie gesamentlike beplanning en behoeftebepaling op maatskaplike en missionale gebied doen. Op grond hiervan kan ’n gebiedsbeplanning en werkverdeling onder gemeentes gedoen word om duplisering en leemtes te voorkom. God gee aan gemeentes unieke gawes – die een het dalk die nansiële vermoëns, die ander het hande en tyd om die werk op grondvlak te doen. Die werksaamhede van die diakonale konferensies kan ook geaktiveer word om hierin saam te werk. Ook die sustersaamtrekke kan in streeksverband uitgebou word tot ’n goeie forum vir rapport en verslag. Goeie rapport oor die groei in gemeentes ten opsigte van uitreike en missionere suk-

sesse kan motiverend wees en kan momentum aan die doelwit verleen. z ’n Gereformeerde trots en identiteit kan gekweek word deur onder andere simbole, ’n lied wat saambind, maar ook gesamentlike strewes. z Die krag van gebed en gesamentlike gebedsversoeke oor en weer moet opnuut ontdek en beoefen word. Ek het onder die indruk gekom van alles wat die kerk in Brasilië vermag en die groei wat hulle beleef. Die kerk daar het dieselfde maatskaplike probleme as ons – ernstige armoede, korrupte regering en ’n steeds sterk Katolieke invloed. Die verskil is: Hulle beleef hulle kerkwees hoopvol en met entoesiasme en is onder die indruk van hulle roeping om vissers van mense te maak. Hierdie roeping leef hulle sterk uit met as voertuig ’n meer gestruktureerde gesamentlike eenheidspoging. So word die belewing en ervaring van die eenheid van die liggaam van Christus ’n werklikheid, ’n versterkende werklikheid as ons in ons werk as vroue in die kerk, die voorbeeld van ons Hoof, die Bruidegom van die bruidskerk voor oë hou en onophoudelik vir mekaar en ons werk bid. Ek dank God vir hierdie verrykende ervaring! DK

Van die afgevaardigdes met hulle kleurvolle streeksdrag

Oktober 2014 ~ DIE KERKBLAD

31


Van Oraloor Prof. Amie van Wyk (Pretoria)

Teologiese opleiding in die Kongo (DRK) I

n Die Kerkblad van Mei 2014 skryf dr. Heinrich Zwemstra 'n artikel oor 'n besoek wat hy in die DRK afgelê het waartydens hy die Sinode van die Belydende Gereformeerde Kerk in die Kongo (BGKK) bygewoon het. In sy artikel verwys hy daarna dat hy ook 'n besoek aan die teologiese skool in Lubumbashi afgelê het. Dit is oor hierdie teologiese opleiding dat ek graag enkele mededelings wil doen. Met een van die Kongolese predikante, ds. MN Banze (foto regs), het ek as studieleier en promotor 'n jarelange besondere verhouding. Ds. Banze, wat sy teologiese opleiding in Potchefstroom voltooi het, is tans besig met 'n proefskrif wat oor 'n baie aktuele onderwerp, The Spirit of God and the spirits of Africa, handel; hy skryf sy tesis in sy derde taal, naamlik Engels. Dit was altyd my ideaal dat ds. Banze die inisiatief sou neem en sy kennis en kundigheid sou aanwend om 'n teologiese opleiding in Midde-Afrika te begin. Groot was my verrassing toe ek onverwags verlede jaar 'n e-pos van hom ontvang waarin hy meedeel dat hy en een van sy kollegas, ds. KK Shimbi, met die hulp van ses lokale dosente reeds in November 2012 begin het met 'n teologiese opleiding in Lubumbashi in die suidooste van die DRK. Hulle het met sewe studente begin, en vanjaar het die getal tot 15 aangegroei (BA 1: 7; BA 2: 8). Hulle ontvang ook ondersteuning van dosente uit Suid-Afrika. Groot was my verbasing toe ds. Banze my verder meedeel dat hulle sinode my aangewys het as afstandsrektor, terwyl di. Banze en Shimbi as viserektore funksioneer. Hulle ontvang tans geen nansiële ondersteuning van enige buiteinstansie nie en moet op eie – baie beperkte – fondse staatmaak. Di. Banze en Shimbi doseer byvoorbeeld hulle vakke tans sonder enige vergoeding. Die volgende vakke word aangebied, of is in voorbereiding: die tale Frans, Engels, Grieks, Hebreeus en Latyn; Filoso e; teologiese vakke soos Nuwe Testament, Ou Testament, Dogmatiek, Etiek, Sendingwetenskap, Praktiese Teologie (Pastoraal, Homiletiek, Kategetiek, Liturgiek). Hulle groot ideaal is om jongmanne deeglik toe te rus om die evangelie van die koninkryk van God in Midde-Afrika uit te dra en so die lig van die evangelie van God se genade in Christus daar te laat skyn. Dit laat mens ver terugdink aan die geskiedenis van die GKSA self, toe ons teologiese opleiding in 1869 in Burgersdorp met twee dosente en vyf studente begin is, en wat later uitgegroei het tot die huidige NWU met sy drie kampusse en duisende studente.

Die teologiese skool in die DRK staan bekend as die Reformed School of Theology of Lubumbashi (RSTL) en ds. Banze en sy span koester nog groot ideale. Hulle (ons) is tans besig met onderhandelings met die Fakulteit Teologie van die NWU om by hulle akkreditasie – en erkenning – te verkry vir die werk

36

aan die RSTL verrig. Sodoende kan ook verseker word dat die standaard van toerusting van jong predikante van goeie gehalte sal wees. 'n Tweede ideaal is dat hierdie teologiese opleiding sodanig sal uitbrei dat hieruit 'n volwaardige Christelike universiteit in Midde-Afrika tot stand sal kom – soos wat die PU vir CHO uit die Teologiese Skool Potchefstroom ontwikkel het. Die bogenoemde ontwikkeling is werklik iets besonders en ons sien daarin die genadige leiding van die Here wat ook in Afrika sy koninkryk laat kom. Sal ons nie elkeen opregte voorbidding doen vir hierdie besondere taak wat ons Kongolese broeders (en susters) aangepak het nie? Mag die Here ook hierdie poging ryklik seën! DK

DIE KERKBLAD ~ Oktober 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.