DISKUSSIE D 18 Die wortels waaruit die vrug 1 van die Gees groei 20 Die verwerking van trauma 2 23 Gereformeerde spiritualiteit (1) 2 25 Die kerk as die liggaam van 2 Christus 27 Die strand van glas 2 SKRIFSTUDIE S 29 Die siele onder die altaar 2
JAARGANG 117, NO. 3282 AUGUSTUS 2014
1
VAN DIE REDAKTEUR Die Koningskap van Christus
3
UIT DIE WOORD My oë is op die Here
5
REDAKSIONEEL Die koningskap van die duiwel
ANDER A 31 Kosbare terrein in stukke! 3 32 Geref. Kerk Bultfontein 100 3 44 “Die hoofregter het gesê ...” BOEKBESPREKING 34 Voor sy troon en hier benede 35 'n Moet-lees vir elke gereformeerde gelowige IN DANKBARE HERINNERING 36 Ds. PJS (Kosie) de Klerk 37 BRIEWE VAN ONS LESERS
7
9
BRANDPUNT Suiwer verkondiging van die Woord vanuit 'n gesuiwerde hart KOMMENTAAR Wil Tutu slimmer wees as God?
10 IN DIE KERKLIKE PERS “Omdat” of “vir sover as” ... dis die vraag FOKUS 12 Huisgesinne as boustene vir die kerk 14 Die eise van verbondsopvoeding
38 Lief en Leed Op die Kerkwerf 39 Personalia 40 Kleinadvertensies
Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R231.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R149.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R212.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R149.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Van die redakteur
Die Koningskap van Christus I
n Artikel 27 van die Nederlandse Gelo loofsbelydenis bely ons van Christus dat Hy ’n ewige Koning is wat nooit sonder onderdane kan wees nie. In Sondag 12 van onde Heidelbergse Kategismus bely ons dat die H God die Vader bestem, aangestel Hy deur d met die Heilige Gees gesalf is, nie net as en m ons hoogste Profeet en e Leraar en ons enigste Hoëpriester nie, maar ook as ons ewige Koning.
golwe bevel voer, as Hy brood vermeerder om hongeriges te voed, as Hy dooies tot die lewe terugroep. Hy ry Jerusalem triomfantlik binne.
Ewige Koning. As ewige God, saam met die Vader en die Heilige Gees, is Hy Koning van ewigheid tot in alle ewigheid, oor alles en almal. Hy is egter ook in die ewige vredraad van God deur die Vader as ONS ewige Koning, MiddelaarKoning, Gesalfde Koning bestem.
Sy sterwe is egter ook ’n Koninklike daad. Hy is immers nie ’n aardse Koning nie. Hy sterf om te oorwin, aan God se geregtigheid te voldoen. Hy sterf om die mag van die sonde en die duiwel self te oorwin, om oor die dood in al sy gestaltes te triomfeer.
Menslik gesproke was sy Koningskap in die weegskaal toe die Koning se kroon van sy skeppingswerk, die mens, homself en die ganse skepping waaroor hy aangestel was, aan die heerskappy van die duiwel onderwerp en oorgegee het. God het egter onmiddellik ingegryp. Hy beloof in Genesis 3:15 dat die Koning sal oorwin, die kop van die slang sal vermorsel.
Sy Koningskap is met sy Opstanding, Hemelvaart en Troonsbestyging onherroeplik bevestig. Hy leef en Hy regeer as die Een aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort, deur Wie die Vader alles regeer (HK So. 19).
Die voorbereiding vir sy koms het eeue geduur. Die verwagting is deur die verkondiging van die aartsvaders en profete lewend gehou. Sy koms is deur offerandes en seremonies afgebeeld (vgl. HK v/a 19). Elke rigter en elke koning het om die ware Koning geroep. Dan kom Hy, in die volheid van die tyd. Ontvang van die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria. In sy lewe op aarde sien ons flitse van sy Koningskap. ’n Ster kondig sy geboorte aan en die wyse manne uit die Ooste vra: “Waar is die Koning van die Jode wat gebore is?” (Matt. 2:2). Hy weerstaan die versoekinge van Satan. Hy kondig sy Koninkryk aan met sy Koninkryksgelykenisse. Hy demonstreer sy Koninklike mag as Hy oor die winde en die
Augustus 2014 ~ DIE KERKBLAD
Dan sterf Hy aan ’n kruis, saam met misdadigers. In die oë van die wêreld word Hy ’n spotkoning. Van die wêreld se kant gesien, lyk dit of alles verby is, of Pilatus en die Jode die laaste sê gehad het. Die wêreld ken en soek nie ’n koning wat “magteloos” sterf nie.
Waarom sien ons dan so min daarvan? Waarom steur al hoe meer mense hulle nie aan Hom nie? Waarom is Hemelvaart al die mees afgeskeepte Christelike feesdag genoem? Dit is slegs die oog van die geloof wat Hom op sy troon sien, soos Johannes in Openbaring 4. Dit is ook slegs die oog van die geloof wat die triomf van die evangelie in hierdie wêreld sien en die tekens en bewyse van sy Koninkryk wat gestalte kry. Ja, ook die revolusie van die sonde wat op soveel terreine voed, is die bevestiging van sy Koningskap. Ons sien daarin die waarheid van wat ons in Psalm 2 sing: “Wat dring en dryf die wilde heidendom, dat volke raas in opgewondenheid? Gedugte konings staan gereed alom, en wêreldgrotes raadslaag vir die stryd, om God almagtig na die kroon te steek en saam teen sy Gesalfde op te staan ... Maar God die Heer wat sy gedugte stoel bo sterre stig, sien van sy hoogtes neer; Hy lag en spot dat hul
1
Van die redakteur
so vrugteloos woel en, magteloos, verniet hul krag verteer.” Ons moet egter ook sy Koningskap in hierdie wêreld proklameer. Die kerk is die duidelikste bewys dat Hy die ewige Koning is wat nooit sonder onderdane kan wees nie. Die kerk moet sy Koningswoord verkondig, die Woord wat skerper as ’n tweesnydende swaard is (Heb. 4:12), die Woord wat groot waarde het om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek (2 Tim. 3:16).
In gehoorsaamheid aan die Woord moet ons ook koninklik leef. As verlostes is ons met die Gees as konings gesalf. Daarom word ons “Christene” genoem. Ons is onderdane van Christus, onderkonings. Daarvoor het Hy ons verlos, om sy skepping te beheers en daaroor te regeer, as boere, as ekonome, as besigheidsmense, as wetenskaplikes, as huisvroue, as fabriekswerkers, as dokters en aptekers, as sportmanne en –vroue, as “lorriedrywers”, as mynwerkers, as onderwysers, as akademici, as politici, as kunstenaars, as pensioenarisse, ensovoorts, totdat ons hierna met Hom in ewigheid oor alle skepsele sal regeer (2 Tim. 2:12; HK v/a 32). Hoe anders sal ons land en die wêreld nie daar uitsien as almal wat hulleself Christene noem, ook as Christene koninklik leef nie? As die wêreld nie van Christus, ons ewige Koning, uit ons monde hoor en Hom in ons lewens sien nie, hoe moet hulle dan van Hom weet? CFCC
BOEKE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO
R180.00 R180 00 (posgeld ( ld en verpakking uitgesluit)
R120.00 R120 00 (posgeld en verpakking uitgesluit)
R135.00 R135 00 (posgeld ( ld en verpakking uitgesluit)
Bestel by: Administratiewe Buro, Afdeling Publikasies, Posbus 20008, Noordbrug 2522; faks 018 293 1042; e-pos bestellings@gksa.co.za
2
DIE KERKBLAD ~ Augustus 2014
Fokus Dr. DJ (Danie) de Kock (Krokodilrivier)
Huisgesinne as boustene vir die kerk “E
k op my klein eiland ... jy op jou klein eiland.” Soos die liedjie sê, ons hedendaagse leefwyse van ons so maak m mense individualiste. Menseregte ... mense men se eie ei menings ... mense se eie sienings ... mense is in hulle eie oë altyd reg. Dit is die men algemeen aanvaarde styl van vandag, selfs alge ook in die gesinslewe. Elkeen in die gesin is immers vry om te ddoen wat goed en reg is in sy of haar eie oë. Selfs kinders se vryheid mag kwansuis nie ingeperk word nie. Sodoende word gesinstrukture en dissipline by die deur uitgevee. Om kinders te tug, so meen die menseregtepropageerders, val min of meer in dieselfde kategorie as kindermishandeling. So word gesinne nie meer organismes wat as eenhede funksioneer nie, maar as ’n groep individue wat maar net onder dieselfde dak woon. Wat gebeur nou verder in die kerklike samelewing? Kinders, selfs in gelowige ouerhuise, word deesdae te midde van die tydsgees al hoe meer vryhede toegelaat. Onder die vaandel van liefde kry kinders die geleentheid om onafhanklike keuses te maak. Kinders moet dan keuses uitoefen terwyl hulle nog baie onervare en onverantwoordelik is. Met ontoereikende toerusting, onkunde en voortvarendheid beland jongelinge gou in onseker vaarwaters. Dit is amper ’n wrede manier waarop ouers kinders dan blootstel. Ware begeleiding in aanbidding van en diens aan die Here ontbreek. Wat dit nog meer hartseer maak, is die feit dat huisgodsdiens by die dag al hoe meer ’n rare verskynsel in ons huise word. So verdwaal so baie van ons verbondskinders in die doolhof van verskillende aanbiddingsgenootskappe terwyl ander eenvoudig net in die swart gat van kerkloosheid verdwyn. Die Here werk egter nie in die eerste plek met individue nie.
12
God sluit ’n verbond Toe die Here met Abraham ’n verbond gesluit het, het dit juis oor hom en sy nageslag (sy gesin) gegaan: “Ek bring ’n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ’n blywende verbond: Ek sal jou God wees, en ook die God van jou nageslag” (Gen. 17:7). God werk binne sy verbond van geslag tot geslag, dit wil sê binne gesins- en familieverband. Dit is immers hoe Hy sy uitverkore volk versamel: “Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af, Ek sê vir die noorde: Gee! Vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer ...” (Jes. 43:5-7). In sy laaste ontmoeting as leier met die volk Israel sê Josua: “Wat my en my huis (-gesin) betref, ons sal die Here dien.” Om die Here te dien, is duidelik ’n gesinsaak. In Psalm 127 sing Salomo: “Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. En in Psalm 128 word geskryf: “... jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies. Kyk, so word die man geseën wat die Here dien.” Dat die gesin en die kinders as volgende geslag vir die Here as boustene van sy volk baie belangrik is, blyk uit die feit dat Hy vir Eli kwalik neem omdat hy sy kinders nie bestraf het toe hy besef het dat hulle verkeerd doen nie: “... die ongeregtigheid van Eli se familie (seuns) sal sekerlik nooit deur diere-offer of graanoffer versoen word nie” (1 Sam. 3:14). In Spreuke word die kinders gewys op die noodsaaklikheid van ouerlike betrokkenheid in hulle lewe: “My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie. Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef; dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen ...” (Spr. 6:20-22).
DIE KERKBLAD ~ Augustus 2014
Fokus
By die doop van elke verbondskindjie belowe die ouers om die kind binne die liefdesvangnet van God se verbond op te voed. Die betrokke kindjie word dan binne die dampkring van ’n gelowige ouerhuis groot. So word die kind in liefde begelei om op sy beurt weer ’n gelowige verbondsouer te word wat ’n volgende geslag binne die verbond opvoed. Hierdie werkwyse binne die verbond is alreeds by die totstandkoming van die eerste gemeente beskryf toe Petrus vir dié wat gelowig geword het, gesê het: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word ... Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en almal wat daar ver is.”
Huisgesinne in die Nuwe Testament In die Nuwe Testament, toe die kerk nog in sy kinderskoene was, was die huis dikwels die vergaderplek vir die eerste Christene. In Handelinge is daar verskeie voorbeelde van sulke byeenkomste in huise (Hand. 1:13; 2:46; 5:42; 12:12; 18:7; 20:20). Sodra ’n huisgesin tot geloof gekom het, het so ’n gesin met ander gelowige gesinne vergader om saam die Here te aanbid, en so het huisgemeentes ontstaan. Beskikbare inligting maak dit duidelik dat die eerste Christelike gemeentes nie uit los individue bestaan het nie, maar uit huisgesinne, die mees basiese struktuur in die gemeenskap. Binne so ’n gesin het die vader van die huis voorgegaan in leiding en voorbeeld om die Here te aanbid. So ’n huisgemeente word later deur Paulus telkens ’n gemeente genoem. Soos die kerk uitgebrei het, het dit dikwels juis in gesinsverband plaasgevind. In Handelinge 16 lees ’n mens hoe die Here Lidia se hart vir Paulus se woorde oopgemaak het, en sy en huisgesin is toe gedoop. Toe die tronkbewaarder van Filippi vir Paulus en Silas vra wat hy moes doen om gered te word, antwoord hulle hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (Hand. 16:31).
Die huisgesin is poort na die gemeente Die gemeente bestaan grootliks uit huisgesinne. Daarom het elke huisgesin ’n taak en verantwoordelikheid in die gemeente. So beveel die Here ons in Romeine 12:13: “Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid”. En in Hebreërs 13:2: “Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle geweet het, engele gehuisves.”
Augustus 2014 ~ DIE KERKBLAD
Die gesin is juis in die bevoorregte posisie om doelbewus aan medegelowiges van alle ouderdomme wat eenkant staan, of selfs besoekers, liefde te betoon deur gasvry te wees en dié mense in die kring van gelowiges in te trek. Om egter so ’n verantwoordelikheid tot onderlinge meelewing uit te oefen, moet die gesin self sterk staan. Hier het die ouers ’n geweldige verantwoordelikheid ten opsigte van die voorbeeld wat hulle stel. As ouers in die teenwoordigheid van hulle kinders allerhande negatiewe kritiek oor die predikant, kerkraad of erediens uitspreek, skrik hulle hul kinders af. Waarom sou ’n kind lief word vir ’n gemeente waarteen hulle ouers soveel kritiek het? Indien ouers in die ware sin van die woord navolgenswaardige voorbeelde van opregte geloof, toegewyde dienswerk en liefdevolle meelewing vir hulle kinders is, word so ’n gesin ’n stewige bousteen in die kerk. Die spreekwoord: “Woorde wek, maar voorbeelde trek” is in dié opsig tog so waar. Sulke meelewende en toegewyde gesinne bou mekaar asook ander gesinne in die gemeente op, sodat die hele gemeente werklik ’n koninklike priesterdom word wat die verlossingsdade verkondig van Hom wat hulle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig (1 Pet. 2:9). Om die individualisme in ons samelewing en selfs in die gemeente teen te werk, kan gesinne moeite doen om mekaar uit te nooi om op ’n weeklikse basis saam Bybelstudie te doen en om mekaar met die liefde van Christus te bedien. Namate daar meer vrymoedigheid ontstaan, kan daar meer en meer in mekaar se lief en leed gedeel word. Gesinne kan by sulke samekomste vir mekaar en saam met mekaar bid. Ter wille van uitreikgeleenthede kan gesinne saam beplan om eensames in die gemeente “aan te neem” en om sulke mense met die liefde van die Here te bedien. Gesinne kan verder ook leer om nie net vir hulle eie behoeftes te bid nie, maar om as gesin vir die bekering van ongelowiges en vir die uitbreiding van God se koninkryk te bid. Sodoende word elke gesin getroue en toegewyde medewerkers in diens van ons hemelse Vader. Ons Here Jesus Christus vra vir elke huisgesin: “... beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (Matt. 6:33). DK
13
Diskussie Ds. GJ (Gerhard) Niemann (Cullinan)
Die strand van glas H
oe meer ek met mense op persoonlike vlak werk, hoe meer besef ek met watter slegte dinge mense soms in hulle lewens gekonmens fronteer word. Huwelike ontbind front soms op slegte maniere. Om werk en leenthede te vind, word moeiliker gelee moeiliker. Ek hoor meer en meer en m van mense wat op een oof ander tyd in hulle lewens met mishandeling te doen gekry het. In ons huidige politieke klimaat beleef baie mense verwerping. Meer en meer van ons moet in die buiteland werk om ’n inkomste te verdien. Elkeen van ons word een of ander tyd met ’n berg slegte dinge belas. Hoe moet ons hierdie tye in die geloof beskou? Moet
Augustus 2014 ~ DIE KERKBLAD
my nie verkeerd verstaan nie, ek wil nie oor die negatiewe dinge skryf nie. Ek wil graag wys hoe die Here die mooi uit die slegte in ons lewens tevoorskyn bring. Ek het onlangs ’n e-pos ontvang wat vertel van ’n merkwaardige strand wat uit glas bestaan. Toe ek die foto sien, kon ek amper nie glo dat dit werklik kon wees nie. Ek het toe navorsing gedoen en gevind dat dit inderdaad so is. In die vroeë 1900’s het die inwoners van die stad Fort Bragg in Amerika al hulle huishoudelike gemors oor ’n krans in die see gegooi. Dit is verskriklik om te dink dat so iets vandag sou gebeur. Gedurende daardie dae het mense alle soorte rommel in die see gegooi, wat natuurlik glas ingesluit het. Daar was nie soos vandag natuurbewaringswette en wette oor rommelverwydering nie. Later in die 1960’s is hierdie manier van rommelverwydering gestaak. Op ’n stadium
27
Diskussie
was hierdie ashoop in die see tot 30 voet diep. Dit het as “the dump” bekend gestaan. Deur die loop van die jare het die natuur die rommel afgebreek en laat disintegreer, buiten die glas. Die glas is deur die golwe gevorm en later op die strand teruggegee, wat nou ’n asemrowende strand van glas geword het. Om hierdie ronde stukkies glas te produseer, is ’n langdurige proses. Vir jare moes die see die glas gemaal het totdat die glas ’n mooi geronde oppervlakte gekry het. Vandag is hierdie strand tot ’n nasionale park (MacKerricher State Park) verklaar, wat toeriste regoor die wêreld trek. Jare gelede het mense hulle gemors daar in die see gegooi. Vandag sal baie mense graag ’n stukkie van hierdie merkwaardige strand huis toe wil vat. Dit is ironies dat mense jare gelede hulle gemors daar weggegooi het. Vandag is dit egter só waardevol dat dit onwettig is om enigiets daarvan te verwyder. Ek het besef dat hierdie prentjie inderdaad ook die wyse skets waarop die Here in ons lewens werk. Net soos die strand van glas wat oorspronklik ’n ashoop was en vandag iets merkwaardig gewond het, so wil die Here die slegte gebeure in ons lewens gebruik om iets mooi daaruit te maak. Paulus het hierdie konsep van God se genadewerk goed besef. Hy was lewende getuie daarvan dat God die slegte in sy lewe in iets van onskatbare waarde omskep. Paulus beskryf dit soos volg: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet” (Rom. 8:28). Hy het besef dat die Here die tye van moeilikheid en swaarkry kan en sal verander. Ons lewens kan maklik in chaos verander. Die slegte waarmee
28
ons moet worstel, is soms meer as wat ons voel ons kan hanteer. Soms is dit ’n berg, ’n ashoop waarvoor ons nie gevra het nie, wat ons nie wil hê nie en soms nie lus het om te hanteer nie. Onthou, terwyl ons die slegte in ons lewens hanteer, staan ons nie alleen nie. Ja, ons weet nie altyd wat ons met die probleme in ons lewe gaan doen nie, ook weet ons nie altyd hoe om dit te hanteer nie, en hoe die slegte dinge ons lewens gaan verander nie. God gee ons egter sy Gees wat ons op ons lewenspad bystaan (Sag. 4:6). Weet dit, die Here vat ook die swaarkry en probleme in jou lewe en verander dit in die goeie. Natuurlik, om iets van onskatbare waarde uit “gemors” te vorm, vat tyd. Daarom die oproep om geduldig te wees in tye van lyding (Rom. 12:12). Die Here het ’n plan met die slegte in ons lewens. Hy is besig om dit in iets besonders vir jou of dalk vir iemand anders te verander. In geloof kan ons na die slegte gebeure in ons lewens terugkyk en sien hoe God ons lewens daardeur gevorm het en in ons lewens gebruik het. Daarom kom Paulus tot die enigste konklusie: God los ons nooit in die slegte sonder ’n uitkoms nie. Ook sal Hy die slegte in ons lewens nie onveranderd los nie. Vat God altyd die slegte in ons lewens weg? Nee, God doen dit nie altyd nie. Soms los God die slegte omdat Hy dit nuttig wil gebruik. God wil soms eerder ons probleme of swaarkry tot nut gebruik eerder as om bloot daarvan ontslae te raak. Dit beteken natuurlik dat die gevolge van die slegte baie keer nog in ons lewens oorbly. Op hierdie
punt verg dit egter wysheid! As daar nie oorspronklik swaarkry, lyding en probleme in ons lewens is nie, kan God dit nie tot die goeie in ons lewens laat meewerk nie. Kyk na die glas op die strand as voorbeeld, as daar nie vroeër ’n ashoop was nie, sou daar nie nou iets van onskatbare waarde gewees het nie. God se vernuwing van ons lewens lê selfs nog dieper. Kom ons kyk na Jesus se lewe as voorbeeld. Jesus het deur sy aardse lewe geweldig baie lyding ervaar. Nie vir een oomblik het Hy dit verdien nie. Hy was met al die probleme en swaarkry van die mensdom gekonfronteer. As ons kyk na Jesus se lyding, sien ons Hy het verwerping beleef (Mark. 6:1-5), trauma by die afsterwe van ’n geliefde vriend beleef (Joh. 11:3344), en as ons ook na die gebeure rondom sy kruisiging kyk, was Jesus ook nog met ál die sondeskuld van die wêreld belas (1 Pet. 2:18-25). Nou is die vraag: Wat was die uiteinde van Jesus se lyding? Vir my en jou het daardie gebeure die grootste en allerkosbaarste skat geword. Ek en jy ontvang deur geloof die koninkryk van God as erfdeel. So, uit die lelikste gebeure in die lewe het Jesus die mooiste skat vir my en jou laat voortspruit; as dit nie so gebeur het nie, sou ons sonder hoop gewees het. God het uit die slegte prentjie van Jesus se kruisiging en lyding ’n mooi prentjie van verlossing geskilder. Dink maar aan die nuwe hemel, die nuwe aarde en die nuwe Jerusalem wat in Openbaring vir ons beskryf word. Ek sluit af om weer te beklemtoon: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet” (Rom. 8:28). DK
DIE KERKBLAD ~ Augustus 2014
Tong in die kies Oupa Uil se dinge
“Die hoofregter het gesê ...” H
oofregter Mogoeng Mogoeng het gesê, so hoor Oupa Uil, daar kort bietjie “godsdiens” in ons wette. In sekere kringe het dit gelei tot ’n geween; in andere tot ’n gewys van die tande. Oupa Uil dink dis die slimste uitspraak wat die regter nog gemaak het. Christene kla: “Waarom sê hy ‘godsdiens’? Waarom sê hy nie ‘Bybelse waardes’ of ‘die Tien Gebooie’ nie? Hy is mos self ’n kerklike ampsdraer.” Oupa Uil dink dis omdat hy hoofregter is. Hy het ’n eed geneem om die “Grondwet” te ondersteun, te eerbiedig en te gehoorsaam. En ons grondwet is ’n sekularistiese een: geen spesi eke “godsdiens” mag daarin bevoordeel word nie. Dit waarborg godsdienstige vryheid: almal mag “binne die perke van die wet” hulle eie godsdiens beoefen en promoveer, maar die staat en sy instellings mag nie. Oupa Uil het egter ’n vraag vir die geagte hoofregter – en sommer ook vir die opstellers van ons sekulêre grondwet, al word tot vervelens toe herhaal dat ons grondwet (gewoonlik word dit gespel met ’n “G” soos iets heiligs, goddelik) deur die hele wêreld bewonder word. Die vraag is: “Maar is Sekularisme nie ook ’n godsdiens nie?” Mense glo mos daarin. Hulle verwag hulle heil daarvan. Sekularisme het ook ’n belydenis: “Die mens het groot en mondig geword. Hy het nie meer ’n god nodig om voor te skryf wat waar, reg of verkeerd is nie; mense kan dit self bepaal.” Die Sekularisme beveg alle teenstand – veral van die kant van diegene wat openlik verklaar: “Ons heil is daarin te vind dat ons in die Here Jesus Christus glo, die Openbaring van die enigste ware God. En sy bevel en voorskrif is: ‘Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.’” Die Sekularisme eis hom die onbetwisbare reg toe om homself en sy paradigma met die belastinggeld van alle burgers te promoveer: eerstens in die parlement en daarvandaan deur wette vir onderwys, regspraak, gesondheidsdienste en verhoudings tussen werkgewer/werknemer, in huwelike en gesinne, in elke samelewingskring.
raamwerk van ons sekularistiese grondwet. Dat selfs hierdie slim, nie-kant-kies-uitspraak die gegrom veroorsaak het, openbaar iets van die venynige onsekerheid van Sekularisme en sy tweeling, die Liberalisme. Solank hulle belydenis nie bedreig word nie, is hulle die inskiklikste en menslikste van alle paradigmas – hulle maak aanspraak op “neutraliteit”. Vir Oupa Uil is dit nog ’n slim truuk van die Sekularisme: eien hom terminologie toe – en verander die betekenis subtiel. ’n Neutrale grondwet en staat sou een wees wat binne ’n wye raamwerk van waardes en regsvoorskrifte aan alle burgers en samelewingsverbande die reg gee om hulle bydrae tot die algemene welsyn en welvaart te lewer. Byvoorbeeld: as Christene ’n skool vir Christene sou oprig, sou die staat niemand kon dwing om daarheen te gaan of deur die beheerraad toegelaat te word nie, wat die voorskrifte en dissipline vir gedrag moet wees nie. Die staat sou slegs die gehalte van onderwys aldaar beoordeel – en die befondsing voorsien volgens die gehalte en resultate gelewer. As Moslems ’n hospitaal wou oprig, sou hulle dit kon doen en bedryf volgens hulle geloofsbeginsels – maar die staat sou befondsing kon voorsien of weerhou op grond van gehalte van gesondheidsorg. Vir Oupa Uil lyk dit al te veel of die Sekularisme se aansprake op die besit van ’n suksesresep vir ons land besig is om ernstig uit te rafel, ontbloot te word vir wat dit is: ’n onwerkbare teorie. Mense het God nodig: Hy is die Bron van alle goed en waarheid en moraliteit. Om sy aansprake te ontken, sal onafwendbaar tot verdere uitrafeling van ons samelewing lei; sal mense al meer laat vra: “Het ons nie dalk tog ‘godsdiens’ in ons wette nodig nie?” Oupa Uil dink: Wat die inhoud van daardie “godsdiens” moet wees, Wie die God daarvan is, het die geskiedenis bewys. Maar dis ’n saak van oorreding. Daarvoor hoef Christene nie bang te wees nie: aan hulle is middele daarvoor toegesê waaroor sekulariste nie beskik nie – en hulle weet dit. Daarom dat hulle so gou tande wys. DK
Dus was die hoofregter se uitspraak slim binne die
44
DIE KERKBLAD ~ Augustus 2014