Kerkblad Maart Lusmaker

Page 1


ANDER 24 Geref. Kerk Oos-Moot: Uitnodiging tot gesprek 450 jaar Heidelbergse Kategismus 25 Argief NUUS! 26 Loof die Here wat deure oopmaak! TEOLOGIESE SKOOL 28 Kuratorevergadering November 2012 29 Teologiese Skool open amptelik vir 2013 JAARGANG 115, NO. 3266 MAART 2013

1 VAN DIE REDAKTEUR Jy is betrokke by die kerk 2 UIT DIE WOORD Genadetyd en werktyd! 4 REDAKSIONEEL Verval lei tot korrupsie 6 BRANDPUNT Ons moet ernstig bid, ja, ernstig FOKUSARTIKELS 8 Die kerk as familie van God 10 Die tempel van God 12 Die liggaam van God 16 Die wingerdstok en die lote DISKUSSIE-ARTIKEL 18 Beginsels is belangriker as die praktyk SKRIFSTUDIE 20 Fokus in jou woorde en dade op die waarheid, in liefde!

IN DANKBARE HERINNERING 30 Ds. Jan Harm Schutte 31 Dr. LJJ (Louis) Coetzee JEUG 32 Stellenbosch Eerstejaarskamp

33 Personalia 33 Wel en Wee 34 Lief en Leed Op die Kerkwerf 36 Kleinadvertensies

Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) Tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Dr. CN van der Merwe (redakteur) Mev. J Fourie Ds. J-C Erasmus Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R218.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R145.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R204.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R145.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskrifte van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofartikels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.


van die redakteur

Jy is betrokke by die kerk

J

ou betrokkenheid in die aktiwiteite van die kerk sal afhang van jou standpunt ten opsigte van die kerk. Wat dink mense van die kerk?

Ö Vir sommige is die kerk ’n vereniging net soos gewone kultuurverenigings, of boereverenigings, of kunsverenigings. Die mens kan uit eie besluit en na willekeur by hierdie verenigings aansluit, en as jy moeg is vir al die aktiwiteite, kan jy bedank. Ö Vir baie ander mense is die kerk weer soos ’n kafee of ’n restaurant. Al wat jy moet doen, is om in te stap, by ’n tafeltjie gaan sit, en dan bring iemand vir jou ’n spyskaart en jy kies daaruit waarvoor jý op daardie oomblik lus is. Dit beteken dat die kerk daar is om vir jou dit te gee waarvoor jý smaak het. Ö Daar is ook dié mense wat sê dat die kerk soos ’n hospitaal is. Eintlik kan ’n mens heel goed sonder die kerk klaarkom, want dit is nie bedoel vir jou gewone, alledaagse lewe nie. As daar egter iets skokkend of ’n groot nood oor jou kom, dan is die kerk daar waar jy ’n voorskrif vir medisyne kan kry, of verpleeg word vir jou “geestelike” kwaal. En as die groot gevaar vir jou afgeweer is, het jy nie meer die kerk nodig nie en gaan maar weer op jou ou trant aan. Ö Jy sal ook diégene kry vir wie die kerk soos ’n liefdadigheidsorganisasie is. Dit beteken dat die kerk goeie werk doen deur onder andere geld in te samel om diegene te help wat dit nie al te breed het nie. Solank jy in hierdie hartseer toestand van gebrek is, sal die kerk jou help met die middele tot hulle beskikking, maar sodra daar vir jou verligting gekom het, draai jy jou rug op die kerk en gaan op jou eie manier voort. Ö ’n Vyfde groep mense sê die kerk is net soos ’n trein. Jy koop vir jou ’n kaartjie, wag op die stasieperron en as die trein kom, klim jy op en gaan sit net waar jy wil. Dan ry jy saam sonder om self enigiets te doen. Die personeel op die trein sal weldra by jou kom om jou te bedien met wat jy nodig het of waarvoor jy lus is. Ö Dan is daar dié mense vir wie die kerk soos ’n sportbyeenkoms is. Jy gaan daarheen en sit op die paviljoen en kyk hoe die kerk op die sportveld Maart 2013

besig is. Maar jy is nie daarvan deel nie. So af en toe sal jy luidkeels toejuig of handeklap, maar met die aktwiteite op die veld het jy niks te doen nie. Jy is maar net ’n toeskouer. Hoe hierdie verskillende sieninge van die kerk ook al van mekaar mag verskil, hulle kom hierin met mekaar ooreen dat hulle almal mensgemaak is. Daarom is hierdie sienswyse van die kerk in botsing met die Woord van God. Van die mense waarmee ons in hierdie verskillende opvattinge oor die kerk te doen het, kan ons dalk sê wat die apostel Johannes geskryf het: “Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie” (1 Joh. 2:19). God leer ons in sy Woord dat die kerk ’n vergadering van gelowiges is wat deur Christus deur die Heilige Gees en die Woord bymekaar gemaak is. Christus het met sy bloed aan die kruis die kerk (gelowiges) uit die mag van die sonde losgekoop. Die oorsprong van die kerk is dus hoegenaamd nie in die lewenskringe van die mens te vind nie. Die kerk waarvan jy ’n lidmaat is, vind sy oorsprong in God. Die kerk is nie gebore uit vlees en bloed nie, maar dit het sy oorsprong in God se ewige verkiesing en in die wonder van die herskeppende genade. Paulus skryf in sy brief aan die Efesiërs wat die taak van die kerk op aarde is: “Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus” (Ef. 4:12). Die dienswerk of roeping van die gelowiges bestaan daarin dat hulle God en hulle naaste in liefde moet bedien. Dit is so dat die ampsdraers in die kerk die roeping het om die lidmate, die gemeente, geestelik op te bou en “vir hulle diens” toe te rus. Paulus skryf dat elke lidmaat sy volle ondersteuning en lewenskrag moet gee in die arbeid vir die kerk (Ef. 4:16). Jy moet ’n lewende en meelewende lidmaat van die kerk wees. Dit is nie die kerk wat allereers vir jou iets moet doen nie. Jy mag nie eers vra wat watter nut het die kerk in jou lewe nie. Jy mag nie vra wat bied die kerk vir my … en dan sal jy besluit of jy iets gaan doen nie. CNM

DIE KERKBLAD

1


Uit die Woord Dr. Marius Aucamp (emeritus) (Durban)

Lees:

D

1 Konings 19:1-18

ie harte van gelowiges word in ons tyd toenemend met kommer gevul oor wat in die wêreld gebeur.

Op die wêreldverhoog lyk dit al minder of politieke en ekonomiese leiers in staat is om die krisisse die hoof te bied en antwoorde vir die probleme te vind. In ons eie land styg die kommer oor die vlakke van geweld, misdaad en korrupsie en die skynbare onvermoë van die regering om effektief te regeer. Ons kele trek toe oor die armoede om ons, die werkloosheid en die gepaardgaande honger van ’n groot deel van ons bevolking. ’n Mens wonder oor die toekoms van die kerk in ons land, maar ook in die wêreld. Ons sien die vervulling van die woorde van Jesus in Matteus 24 toe Hy gewaarsku het oor die verkoeling van die liefde, die ver ouing van die geloof en die afbreek van norme en beginsels. Ons sien hoe die aanslag van die Satan teen Christus en sy kerk al feller word. Dit laat soms die harte in mekaar krimp op wat nog vorentoe vir ons wag!

Elia se belewing Elia het in sy diens as profeet hierdie stryd in al sy felheid beleef – die gewelddadige konfrontasie tussen hom en die goddelose en wreedaardige koningin Isebel, vrou van die geestelik lamsakkige Agab, koning van Israel. In 1 Konings 18 word hierdie konfrontasie vir ons beskryf. Elia daag die profete van Baäl uit om op die berg Karmel, in die teenwoordigheid van die hele volk, die mag van Baäl te demonstreer. Dit eindig met die Goddelike verterende vuur uit die hemel en Elia wat die profete voor die volk doodmaak. Die bloed van God se vyande vloei! Dit laat die volk op hulle knieë val en uitroep: “Die Here is God, die Here is God” (1 Kon. 18:40). Hierdie oplewing is egter van korte duur. Ons vind hom al klaende in die woestyn op pad na Horeb, die berg van die Here: Here, ek het hard gewerk, maar alles was tevergeefs. Ek het alleen oorgebly en hulle soek ook my lewe om dit weg te neem. Die Israeliete het u verbond verbreek, u altare afgebreek. 2

Here neem my nou liewers weg, ek het genoeg gehad, ek kan nie meer nie!

DIE KERKBLAD

Ons vind ’n soortgelyke gemoedstemming by baie lidmate, selfs predikante, ouderlinge en diakens. As ons terugkyk op die geskiedenis van die kerk, dan sien ons dat daar swaar tye was, maar dat die Here telkens die uitkoms gegee het. ’n Paar jaar gelede het ons die 150ste bestaansjaar van die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika gevier. Toe het ons uit dankbaarheid feesgevier. Vandag is daar soveel kommer oor die afname in die lidmatetal, die afname in kerklike belewenheid en meelewing. In plaas daarvan dat ons mekaar bemoedig, praat ons mekaar die afgrond in, dra ons die negativisme aan mekaar oor en word die atmosfeer toenemend morbied. Hierdie gesindheid grens aan sondige ongeloof – ons moet versigtig wees dat ons nie in die praktyk ons vertroue op die Here verloën nie.

Die verskyning by die berg van God Teen hierdie agtergrond verskyn die Here aan Elia. Hy antMaart 2013


Uit die Woord

woord hom, maar doen dit deur die tekens van sy verskyning waarin Hy Homself in sy wese openbaar. Hy stel hom voor die ingang van die grot en dan volg drie geweldige gebeure: ’n skeurende, verwoestende wind, dan ’n aardbewing en dan die vuur. Drie natuurkragte wat deur geen mens beheer kan word nie. Dit is ook kragte waarin die Here hom in die geskiedenis openbaar het, veral in sy toorn oor die sonde. Vir Elia moes dit goed gedoen het om dit te sien. Dit is wat hy wil hê. God moet nou ingryp. Soos op die berg Karmel, moet die Here hom in vuur vertoon en sy vyande verteer. Elia wil vuur sien oor die goddeloosheid van Isébel en Agab en die ongeloof en liefdeloosheid van die volk. Dan bemerk hy egter dat God nie in die wind, of die vuur of die aardbewing is nie. Dit mag kragte wees waarin soms die toorn van die Here openbaar word, maar God self is nie daarin nie. Dan hoor hy die uistering in die windstilte, dan weet hy: nou is God daar. Hier vind hy die diepste openbaring van God. Aan die kruis word dit donker en die aarde sidder onder die geweld van God se toorn. Maar as alles verby is, dan sak daar sagte ’n stilte oor die kruis, ja, oor die hele wêreld. Ten spyte van die sonde het Hy hierdie wêreld só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het as losprys vir ons sonde. God het geen be-

Maart 2013

hae in die dood van die sondaar nie, maar wel dat hy hom moet bekeer en lewe. Die Here is in sy diepste wese die genadige en barmhartige God. Ons verstaan of onthou dit nie altyd nie. As ons vandag na die wêreld kyk en jy sien die goddeloosheid van die mens en jy hoor die gespot en die gelaster, dan wonder ons hoekom die Here dit toelaat, hoekom Hy dit verdra. Dan vind ons in hierdie verskyning van die Here die antwoord: in sy diepste wese is God lankmoedig en genadig. Jesus vaar op na die hemel na sy Vader om sy werk te gaan voltooi. Dit is nog nie tyd vir die oordeel nie, dit is nog genadetyd.

Die versekering van die Here Elia voel dat hy alleen oorgebly het. Nee, sê die Here, daar is nog 7 000 wat die knie nie voor Baäl gebuig het. In Johannes 6 gee Jesus die versekering dat niemand wat die Vader aan Hom gegee het, ooit verlore sal gaan nie. God ken die name en die getal van sy uitverkorenes, daardie 7 000 sal tot in ewigheid nie voor Baäl buig nie. In ons moderne tyd met sy verskriklike afval, sy liefdeloosheid en die verdwyning van die geloof, soos dit vir ons lyk, moet ons dit ook onthou: dit is God self wat sy kerk in stand hou. Christus het aan die kruis reeds die oorwinning behaal en in God se hand is ons veilig. Die poorte van die hel sal sy kerk nie oorweldig nie.

Die opdrag Dit is nou nog genadetyd, werktyd, nog nie oordeelstyd nie. As die Here hierdie versekering aan Elisa gee, dan volg Hy dit op met ’n opdrag: “Draai in jou spore om.” Gaan terug en gaan salf Gasael, gaan salf Jehu, gaan salf Elisa. Elia moet hom nie oor God se werk bekommer nie, wel oor sy eie werk. Hy moet teruggaan en sy opdrag en roeping te gaan vervul soos wat die Here hom beveel het. Ons het so dikwels Elia se probleem. Ons bekommer ons oor so baie dinge, maar vergeet dat Christus reeds die oorwinning behaal het, dat Hy regeer. Hou op om u te bekommer oor môre, dit is in God se hande veilig, alles sal presies gebeur soos die Here dit in sy raad bepaal het. Satan kan nie weer die beheer oor die wêreld oorneem nie. In hierdie land en wêreld moet die evangelie van genade en verlossing kragtig verkondig word, met die wekroep tot geloof en bekering. Dis nog nie tyd vir die oordeel nie, dis nog genadetyd. DK

DIE KERKBLAD

3


Brandpunt Prof. RS (Rantoa) Letšosa (Teologiese Skool)

Ons moet ernstig bid, ja, ernstig O

ns het tans ’n ernstige tekort aan teologiese studente – en gaan dus oor ses jaar ’n (groter) tekort aan predikante hê! Vanjaar het ons byvoorbeeld net vier wit studente gekry en nie eens een student van ’n ander ras nie. Nou kan ’n mens jou afvra wie se skuld dit is: die kerke of die Teologie Skool (TSP) s’n? Dis tog die kerke wat studente Teologiese Skool toe moet stuur? Of is dit die TSP se eie skuld omdat hulle nie genoeg nuwe studente werf nie? Ons het in Artikel 19 van ons kerkorde met mekaar gereël: “Die kerke moet soveel nodig sorg dat daar studente in die Teologie is wat deur hulle ondersteun word.” Twee sake word hier genoem: die kerke moet soveel as wat nodig is sorg dat daar teologiese studente is – en die kerke moet hierdie studente ondersteun. Dit behoort duidelik te wees waarom die kerke tans dringend behoort te sorg vir studente vir die Teologiese Skool – wat immers die skool van en vir en uit die kerke is. Daar is egter mense wat dink dat die Teologiese Skool wel te blameer is vir die lae getal nuwe studente. Een van die aanklagte is dat die Teologiese Skool net die studente toelaat wat aan die kriteria van die Noordwes-Universiteit (NWU) voldoen. As ’n student se APS (Akademiese Prestasie Skaal)-telling te laag is, word hy eenvoudig ook nie by die TSP aanvaar nie. Dan is daar ook die aanklag dat indien die kerk wat ’n student stuur, of indien sy ouers hom stuur, dit nie kan bekostig om hom nansieel te ondersteun nie, hy nie toegelaat word nie – dit help tog nie as hy by die TSP aankom terwyl daar nie genoeg fondse beskikbaar is om hom met sy studies by te staan nie. Waarom sal ’n arm student in elk geval aansoek doen as hy weet dat sy aansoek weens nansiële probleme afgekeur gaan word? Nog ’n rede vir die lae aantal nuwe studente kan ook wees dat studente nie lus voel om vir so lank te studeer, daarna dalk lank te wag om beroep te word, en wanneer hy in die bediening is, boonop sukkel om sy traktement te kry en dalk ook nie goed versorg word deur die gemeente wat hom beroep het nie! By die destydse Hammanskraalse Teologiese Skool was daar twee kategorieë. Daar was studente mét matriekvrystelling wat dus ook by die universiteit kon inskryf en grade kon kry. Daar was egter ook studente sonder matriekvrystelling. Hierdie studente het wel al die vakke geneem en dieselfde lesing bygewoon as die ander studente. ’n Goeie aantal studente sonder matriekvrystelling 6

DIE KERKBLAD

sit egter vandag met meestersgrade en ander selfs met PhD’s. Die feit dat ’n student nie vrystelling gekry het nie, het nie noodwendig beteken dat hy nie goed genoeg was, of nie intelligent was nie. Baie is deur die stelsel benadeel – iets wat nog steeds ’n probleem is. Soos destyds, is daar vandag nog swart skole wat vir maande sonder Wiskundeonderwysers sit en waar die matrikulante nie goed vir die eindeksamen voorberei word nie. By talle ander skole daag die onderwysers eenvoudig nie vir klasse op nie. Ander daag op, maar laat die studente op hulle eie, met die gevolg dat die uitslae nie goed genoeg is nie. Daar is ook nie goeie motivering vir studente nie. Die kerke hoef egter nie die situasie van die gebrek aan studente te verskoon of daarby aan te pas nie. Die kerke moet verandering bring en juis ’n plan maak om die probleem op te los. Dit wil dus voorkom asof dit ons almal se skuld is dat daar so min studente is. Ja, dis ons almal se skuld. As Christus sê ons moet bid, dan moet ons immers almal bid om meer bedienaars te kry. Die kerkorde noem dat ons moet sorg dat daar teologiese studente moet wees én dat ons hulle moet ondersteun. Wat ’n wonderlike kombinasie! Maart 2013


Brandpunt

Ons kan iets aan die probleem doen – nou, dadelik, dringend. Ons kan nie langer wag nie. Ons kan nie net aanhou om hieroor te debatteer nie. Die belangrikste is dat ons hieroor moet bid en dan ook sal sorg dat daar arbeiders is en hulle sal ondersteun. Dit gaan hier eerstens oor God se sending. Jesus het oral in die stede rondbeweeg, die mense in die sinagoges geleer, die evangelie verkondig en elke siekte en kwaal genees. In sy werk het Hy die skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel. Hoe meer Hy gewerk het, hoe meer het die skare sy hart geraak. Hy het uitgereik en gesien hoe moeg en uitgeput die mense is. Jesus kón seker net ’n woord spreek en dan was hierdie mense eerder vol krag as moeg en uitgeput. Ja, en dan sou almal sommer lus gehad vir die lewe. Hy doen dit egter anders: Hy soek medewerkers, mense wat in sy missie deel. Hy soek mense met oop oë wat kan raaksien wat Hy sien, wat ook die pyn wat Hy beleef, voel. Jesus se werk moet voortgesit word: Missio Dei – God se missie – dít is óns roeping. Ons is medewerkers in die Koninkryk en moet God se werk voortsit. Dit is nie ons werk nie. Dit is nie ons kerk nie. Dit is God se werk en God se kerk. Dit is waar dit moet begin. As ons voel soos wat Jesus oor die kerk voel, dan het ons goeie rede om te bid en boonop ernstig te bid. As ons Jesus se hart deel, dan kan

Maart 2013

ons nie anders as om innig jammer te voel oor die kerk nie. Dit sal ons seermaak as ons sien dat daar nie genoeg studente is wat as bedienaars van die Woord voorberei word nie. Ons sal huil soos Elia wat gedink het dat al die profete doodgemaak is en hy alleen oorgebly het om die werk voort te sit. Ons moet jaloers wees oor die kerk. Ons is ook veronderstel om te sien hoe moeg en uitgeput die skare is wat soos skape sonder ’n herder ronddwaal. Ons moet dit nie net hoor en by ons laat verbygaan nie. Ons moet hierdie nood raaksien om ’n verskil te maak. Dit is die nood wat ons sal dryf om te bid, om ernstig te bid, en om in die sendingveld te werk. Matteus 9:37 maak dit duidelik dat ons tot die Vader moet bid, want dit is Hy wat stuur. Ons stuur nie mense nie. God roep en Hy stuur ons wanneer ons na Hom gekom het. Ons moet aan die voete van Jesus sit om te kan leer en krag te kan kry voordat ons in die Koninkryk begin werk. Vir hierdie einste rede is dit nodig om meer studente te kry. As kerk van Jesus Christus moet ons bereid wees om te gee. Wat ons ook al gee, is in elk geval wat God eers aan óns gegee het. Hy gee boonop verniet. Ons het niks betaal nie. Hy gee nog steeds, en daarom word ons beveel om te gee sonder om terug te hou. Dit is ons roeping en verantwoordelikheid voor God om Koninkrykswerk te ondersteun. Daar mag nie ’n tekort aan studente wees weens hulle nansiële omstandighede nie. Dan kom ons nie ons roeping na nie. Daar moet alternatiewe reelings getref word vir studente wat nie matriekvrystelling het nie en wat dus nie by ’n universiteit kan studeer nie. Dit bly nog die kerk se roeping om sy eie studente op te lei. Ons moet die studente daartoe toerus en vir die bediening gereedmaak. Dit is God se roeping, en ons moet dus seker maak dat ons nie deure toemaak wat God besig is om oop te maak nie. Ons moet nie in God se pad probeer staan nie. Ons moet liewer in sy diens staan en bid. Die oes is groot! Daar is baie wat die Woord moet hoor. Dit is die realiteit. Ons hoef nie hieroor te debatteer nie. Ons hoef ook nie te vra of dit eendag ’n probleem in die Gereformeerde Kerke gaan veroorsaak nie. Ons hoef ook nie te vra of dit ons raak en of dit iets is wat regtig met ons te doen het nie. Hierdie is nie ’n swartkerk- of witkerksaak nie. Dit is ’n Christus-saak, ja, ’n Koninkryksaak. En ons moet gehoorsaam wees aan die enigste Koning en Hoof van sy Kerk. Daar is eenvoudig net nie genoeg arbeiders nie. Dink maar aan die plekke waar een predikant meer as vyf gemeentes moet bedien, of wat die meeste van die tyd op pad moet wees om by verskillende punte uit te kom. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders vir sy oes mag uitstuur. DK

DIE KERKBLAD

7


Fokusartikel Ds. WGM (Willem) Kotze (Rooihuiskraal)

Die kerk as familie van God Die gebruik van beelde in die Bybel

O

m oor die beeldrykheid van die Bybel te skryf, kan ’n mens vir ’n rukkie besig hou. Die Jode het dikwels in hiperboliese terme gepraat, dit wil sê in sterk taal, in die oortreffende trap, en wat hulle wou sê in ’n verskeidenheid van beelde uitgedruk. Dawid vergelyk homself met ’n dooie hond en ’n vlooi. Hy vra vir Saul: “Agter wie kom u aan? Agter ’n dooie hond aan; agter een enkele vlooi aan?” (1 Sam. 24:15). Om nie te praat van die beeldrykheid van Hooglied nie, waar my beminde met ’n palmboom, ’n stad, ’n stadsmuur en ’n stadstoring vergelyk word, haar tande met ’n kudde pasgeskeerde skape. Dit is dus belangrik om die konteks waarin die beeld gebruik word, te verstaan, anders klink dit vir ons net lagwekkend, maar ons mis die betekenis wat die beeld wil oordra. 8

DIE KERKBLAD

Dieselfde geld vir die gebruik van beelde in die Nuwe Testament. As Jesus in Johannes 14:6 sê dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is, is dit nie drie verskillende beelde wat Hy gebruik nie, maar een beeld wat Hy op drie verskillende wyses kwali seer. Jesus sê daarmee dat slegs Hy die weg na die Vader is. Die woordjie “waarheid” beskryf hierdie weg, naamlik dat dit ’n “ware weg” is. Die woordjie “lewe” beskryf weer die eindpunt van hierdie “ware weg”, naamlik dat dit op “die (ewige) lewe” uitloop. As Jesus sê dat Hy die ware weg is wat die ewige lewe as eindbestemming het, is die boodskap: alle ander weë (en dus alle ander godsdienste buite die Christendom) is doodloopstrate. Daar is maar net een wyse tot die ewige lewe, en dit is die weg deur Christus. Dit bly dus uiters belangrik om die beeld wat gebruik word, in konteks en reg te verstaan, om die betekenis daarvan ten volle te kan begryp. Dieselfde beginsel geld waar die kerk in die Nuwe Testament deur ’n verskeidenheid van beelde uitgedruk word. Watter boodskap word dan aan ons verkondig waar die kerk as die familie van God beskryf word?

Die kerk is die familie van God Die beskrywing van die kerk as die familie van God was in die eerste eeue van die kerk die mees algemene manier waarop die kerkmense na hulleself verwys het. Daarom het hulle mekaar broer en suster genoem. Soos ’n groot gesin, het hulle verantwoordelikheid vir mekaar gedra en mekaar versorg.

Maart 2013


Fokusartikel

Dit was ’n waarheid wat deur die Evangelie volgens Johannes en uit sy briewe oor en oor aan hulle geleer is. Die kerk is nie ’n dooie struktuur nie, maar ’n lewende familie, waar ouers omgee en liefde betoon, waar kinders eer en respek bewys. Dit gaan oor verhoudinge, oor beskerming, oor gehoorsaamheid. Johannes skryf: ons word as kinders van God gebore (Joh. 1:12-13); God is ons Vader en Jesus ons broer (Joh. 20:17); omdat God ons Vader is, leef ons in gehoorsaamheid aan Hom (1 Joh. 3:9-10); God leer en lei ons as sy kinders deur sy Gees (Joh. 16:12-13); en soos ’n pa sy kinders beskerm, so beskerm God ons (Joh. 10:28-29).

Nog meer persoonlik: die kerk is die huisgesin van God Paulus noem die kerk die huisgesin van God. In Efesiërs 2:19 skryf hy: “Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God”. En ook in 1 Timoteus 3:15: “Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God.” Voor hom sien Paulus die skildery wat Lukas in hoofstuk 15 van Jesus se gelykenis oor die verlore seun voor ons opgehang het. Van ’n pa wat sy seun, wat so pas van ver, verlore paaie af teruggekeer het huis toe, teen hom vasdruk. Ons kan die seun se gesig nie sien nie, maar ons kan sy vertoiingde klere sien, en sy vuil hare. Ons kan die modder agter aan sy bene sien, die stof op sy skouers en die leë beursie op die grond. Eens op ’n tyd was daardie beursie vol geld. Eens op ’n tyd was hierdie seun vol hoogmoed. Maar dit was dosyne drinkplekke gelede. Nou is die geld en die hoogmoed iets van die verlede. Die spandabelrige seun bied geen geskenk of verduideliking aan nie. Al wat hy het om aan te bied, is die reuk van varke en ’n verskoning wat hy vooraf voorberei het: “… Pa, ek het teen God en teen pa gesondig. Ek is nie meer werd om pa se seun genoem te word nie.” Hy wou nog ’n paar goed byvoeg, soos dat hy bereid was om alles prys te gee, om soos ’n slaaf behandel te word, om sy straf te dra. Maar sy pa se oorweldigende liefde, omgee en hartlike ontvangs het hom nie daarby laat uitkom nie. Hoewel die seun gewillig was om op te hou om ’n seun te

wees, was die pa nie bereid om op te hou om ’n pa te wees nie. Kan daar ’n mooier voorbeeld van die kerk wees as hierdie Vaderliefde vir sy verlore kinders, die liefde van ’n huisgesin, die liefdesband van ’n familie?

Omdat ons deel is van die gesin, is ons ook erfgename Dit is vanuit hierdie familieverbintenis dat Petrus ons op ons erfenis wys. Net soos kinders van hulle ouers erf, het ons as gelowiges die nuwe lewe deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood as erfenis ontvang (1 Pet. 1:4). Hier blyk die werklikheid en die egtheid van ons deel wees van die huisgesin van God en van ons kindskap: ons word erfgename van God en medeerfgename saam met Jesus. As die Bybelskrywers die kerk dan dikwels met die beeld van ’n familie vergelyk, of as huisgesin van God, laat ons die voorreg en die vreugde van God se liefde en omgee vir ons daarin sien en besing: U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. DK

“Jesus sê toe vir haar: ‘Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie.’ Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’” (Joh. 20:17)

Maart 2013

DIE KERKBLAD

9


Fokusartikel Ds. AJ (André) Myburgh (Springs)

Die wingerdstok en die lote Johannes 15:1-8; Psalm 80:9-17

n Groot aantal beelde word in die Bybel gebruik om die kerk van die Here vir ons te omskryf. Elkeen van hierdie beelde bied ons ’n ander perspektief op die kerk en wat dit alles behels om kerk te wees. Elke beeld lê ’n eie aksent en vul mekaar so aan. Om te verstaan wat die kerk is en wat die Here van ons verlang, is dit daarom van die allergrootste belang dat ons deeglik kennis sal neem van wat Hy ons met hierdie beelde leer en dit ook na behore sal verreken in alles wat ons, sy kerk, doen. Een van hierdie beelde is die beeld van die wingerdstok en die lote, wat ons Here Jesus Christus op die vooraand van sy kruisdood gebruik om sy verhouding met ons, sy kerk, te teken: Hy is die wingerdstok en ons die lote. Wat wil Hy ons hiermee leer? Die wingerdstok as beeld van die volk van God ... In die Ou Testament word die wingerdstok dikwels gebruik om die bondsvolk van die Here uit te beeld (Ps. 80:9-7; Jes. 5:1-7; Jer. 2:21; Eseg. 19:1016

DIE KERKBLAD

14; Hos. 10:1). Die volk van die Here wat Hy in sy genade uitverkies en verlos het, was soos ’n goeie, veredelde wingerdstok wat Hyself gekweek en met sy eie hand geplant het. ’n Wingerdstok wat Hy langs water, in vrugbare en goed voorbereide grond, geplant het en wat Hy met liefde versorg het. Hy het dit natgelei, om sy wortels geskoffel, sy takke gesnoei, sy wingerd omhein en ’n wagtoring daarin gebou. Hy het selfs vir Hom ’n parskuip in sy wingerd uitgekap, want Hy het verwag dat dit goeie druiwe sou dra. Sy volk, die wingerd wat Hy vir Hom geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig, het Hom egter telkens teleurgestel. Hulle het welig gegroei en ’n groot en sterk nasie geword, maar weinig vrugte opgelewer. Hulle het ’n wilde wingerdstok geword en suur druiwe, instede van goeie druiwe, gedra! Daarom het die Here hulle dan ook getugtig en gestraf. Hy het sy wingerd nie meer gesnoei of geskoffel nie, maar toegelaat dat doringbosse en onkruid dit inneem. Hy het die doringheining verwyder en verbrand en die mure afgebreek, sodat verbygangers sy wingerd kon stroop en gediertes, soos die wildevark, dit kon verwoes en opvreet. Só word die volk van die Here in die Ou Testament vir ons geteken – as ’n wingerdstok wat ondanks die Here se troue en liefdevolle sorg, suur druiwe gedra het! Die beeld van die wingerdstok as beeld van Christus en sy kerk ... Ons Here Jesus Christus sluit in die Nuwe Testament by hierdie beeld aan, as Hy Homself die wingerdstok en ons die lote noem. Daar is opvallende ooreenkomste tussen die beeld wat Hy hier van sy kerk skets en die beeld wat die Ou Testament van die volk van God skets, maar daar is tog ook ’n belangrike verskil wat ons baie goed moet raaksien. Soos in die Ou Testament, teken Hy sy Vader vir ons as die boer aan wie die wingerdstok behoort en wat sy wingerdstok met liefde versorg. Die lote wat nie vrugte dra nie, sny Hy af, dit word weggegooi, verdroog en word uiteindelik verbrand, maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra – volop vrugte, want sy eer is op die spel! Maart 2013


Fokusartikel

In skerp teenstelling met Israel van ouds, teken Hy Homself egter hier as die ware wingerdstok in en deur Wie elkeen wat werklik lewend met Hom een is, volop vrugte kán en sál dra. Sonder Hom kan ons niks doen nie. Hý gee aan ons lewe en laat ons baie vrugte dra! Ons Here Jesus Christus, so leer ons hier, is die ware wingerdstok in Wie ons, die lote, móét bly om vrug te kan dra! Wat dié beeld konkreet en prakties beteken ... Watter lesse kan ons hieruit leer, en wat beteken dit konkreet en prakties vir ons as kerk en vir jou as gelowige? In die lig van wat die Here met die beeld van die wingerdstok en die lote aan ons bekend maak, kan ons ten minste die volgende a eidings maak: God Self het sy kerk geplant ... Hy is, soos ons gesien het, die boer wat die wingerdstok gekweek en geplant het. Die kerk is dus nie maar ’n blote menslike instelling nie, maar is deur God Self in die lewe geroep. Dis sy maaksel, sy eiendom! God het jou van ewigheid af in Christus uitverkies, jou in sy genade verlos en jou deur die kragtige werking van sy Gees deel van sy kerk gemaak. Één met Christus en één met mekaar! Ons kan daarom, ondanks ons sonde en swakheid, altyd met vrymoedigheid bid dat Hy Hom oor ons sal ontferm en dit weer met ons goed sal laat gaan. Hy hou sy kerk in stand en versorg ons ... Soos die boer sy wingerstok met liefde versorg het, so sorg Hy vir ons, sy kerk, en vir elke gelowige. Die kerk is dus sowel vir sy bestaan as sy voortbestaan nie van enigeen van ons (predikante, ouderlinge, diakens, of gelowiges) afhanklik nie, maar van Hom alleen. Hý hou die kerk in stand en sorg vir ons! Hy doen dit deur sy Woord en Gees, maar gebruik ons tog ook in sy diens om sy Woord te bedien, die tug uit te oefen, en mekaar aan te spoor tot liefde en goeie werke, sodat sy kerk kan groei en bloei. In sy liefde en trou rus Hy elkeen van ons toe en voorsien Hy alles wat ons nodig het om vrugte te dra! Hy verwag dat ons vrugte sal dra ... ’n Wingerdstok word immers nie vir sy hout geplant en versorg nie, maar vir sy vrugte! Hy het ons, soos lote, in Christus, die ware wingerdstok, ingeënt en ons deur sy Woord reggesnoei, sodat ons, anders as sy volk van ouds, volop vrugte kán dra en uit dankbaarheid tot sy lof en eer kán lewe.

Maart 2013

Om vrug te kán dra, moet ons ín Christus bly ... Soos die lote in die wingerdstok moet bly om vrug te kan dra, so moet elkeen van ons in Christus bly. Dis waarop ons dienswerk in die kerk bo alles gerig moet wees: dat gelowiges in Hom sal bly, want sonder Hom – in eie krag – kan ons niks doen nie! Dis die kern, die hoofsaak, wat Hy ons met hierdie beeld wil leer. Jy moet nie maar net uiterlik, in naam, aan Hom verbonde wees nie, maar in ’n hegte, persoonlike en lewende verhouding met Hom lewe, dan sal jy volop vrugte kan dra. Jy moet in Hom bly, deur sy Woord in jou te laat bly, Hom van harte te gehoorsaam en in liefde voor Hom te lewe. Dit alles alleen tot eer van God! As jy nie in Christus bly nie, sal jy geen vrugte dra nie en sal jy soos ’n dooie loot weggegooi en uiteindelik verbrand word. As jy egter in Hom bly, sal jy nie net baie vrugte dra, maar boonop ook ryklik deur God geseën word. Hy sal jou gebede verhoor en een en almal sal sien en weet dat jy sy dissipel is. Dis egter nie al nie; ons hemelse Vader sal bowenal daardeur grootgemaak en verheerlik word. In alles wat ons as kerk en as gelowiges aanpak en doen, moet dít dan ook altyd ons hoogste strewe wees – om tot sy lof en eer te lewe! DK

DIE KERKBLAD

17


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.