Diskussie Prof. JH (Amie) van Wyk (emeritus) (Pretoria)
Hoe moet ons die Psalms sing? D
ie Psalms is sonder twyfel die belangrikste lied van die Christelike kerk. Enige kerk wat hierdie liedere verwaarloos, doen sy geloofslewe groot skade aan. Daarom skryf die kerkvader Atanasius (vierde eeu) in ’n aangrypende brief aan ’n vriend dat hierdie liedere steeds gelees, oordink en gesing moet word, liefs net soos hulle geskryf is. Want alle Psalms verkondig Christus op ’n unieke manier. Geen wonder nie dat die Psalms dié kerklied van die vroeë kerk was. Ook die kerkvader Augustinus (vyfde eeu) vertel in sy Belydenisse hoe die Psalms in Milaan en oor die hele wêreld as kerklied gesing is. Die vraag is egter hoé die kerk van Christus die Psalms in ’n erediens moet sing. Moet die Psalms gesing word soos hulle daar staan, vertaal uit die Hebreeuse teks, of moet hulle berym en gesing word in die lig van die koms van Christus? Daar is minstens ses benaderings in hierdie verband. Die eerste is: sing die Psalms onberymd soos hulle in Hebreeus (Joodse Christene) of in ’n bepaalde vertaling (Grieks of Latyn) (heidenChristene) te vind is. Uiteraard moet by elke Psalm dan ’n bypassende melodie gevind word. Die tweede is: berym en sing die Psalms soos hulle in die Ou Testament te vind is, sonder enige direkte verwysing na die vervulling daarvan in Christus. Daar is Gereformeerde Kerke in die wêreld wat hierdie benadering volg, byvoorbeeld die Gereformeerde Kerke in Nederland (Vrygemaak) (GKNV), ’n kerkgemeenskap met wie die GKSA ’n band van eenheid onderhou. So word daar in die Liedboek van GKNV in Psalm 2 in die beryming nie direk na Christus verwys nie en word kleinletters vir “gezalfde”, “vorst” en “zoon” gebruik. Dieselfde benadering word in Psalm 42 gevolg en word na “koning” en “vorst” verwys, in kleinletters. Ook in Psalm 118 word “steen” en “grote koning” met kleinletters gespel. Die enigste uitsondering is Psalm 110 waar “mijn Heer” met ’n hoofletter gespel word. Dit is veelseggend dat die GKSA bande van geloofseenheid met ’n buitelandse Gereformeerde kerkgemeenskap onderhou, terwyl daardie kerk Psalms sing wat nie almal direk-Messiaans berym is nie. Dit bring die vraag na vore of hierdie saak as ’n middelmatige saak – in die lig van Artikel 85 Kerkorde – beskou mag word. Die vraag is dan nie óf Christus in die Psalms ter sprake is nie – dis onweerspreeklik – maar hoé hierdie
26
waarheid in die beryming van die kerklied verwoord behoort te word. Die leemte in hierdie tweede benadering is dat die Christensanger telkens self elke lied wat hy/sy sing, in sy/haar hart moet “hervertolk” en dit op Christus van toepassing maak. Christene sing immers hierdie Ou-Testamentiese liedere nie soos ’n Jood dit sing nie, maar soos ’n Christen, dit wil sê in die lig van die koms en werk van Jesus Christus. Natuurlik word daarmee nie ontken dat die Psalms vir die eerste lesers in hulle besondere konteks ’n besondere betekenis gehad het, en dat hulle nie dieselfde insig in die Messiaanse vervulling daarvan gehad het as wat die Nuwe-Testamentiese gelowige het nie. Die derde moontlikheid is reeds genoem: berym die Psalms, sekeres altans, sodanig dat dit direk-Messiaans is, dit wil sê direk na Christus verwys, veral wanneer daardie Psalms in die Nuwe Testament direk op Christus betrek word – soos byvoorbeeld Psalms 2 en 110, maar ook ander. Totius het hierdie benadering gevolg, maar hy het die metode nie konsekwent toegepas nie. Om ’n enkele voorbeeld te noem: Psalm 69 word in die Nuwe Testament ’n paar keer op Christus betrek, maar Totius het in sy beryming
DIE KERKBLAD ~ Mei 2014
Diskussie
van hierdie Psalm dit nêrens op Christus van toepassing gemaak deur byvoorbeeld hoofletters te gebruik nie. Selfs in die beryming van dieselfde Psalm (bv. Ps 118) was Totius nie konsekwent met sy Christologiese verwysings nie. So word in vers 13 verwys na “Geseënd is die grote Koning” (“Koning” met ’n hoofletter, omdat dit op Christus dui), terwyl in vers 11 verwys word na “Die steen waaraan die tempelbouers”, maar hierdie keer word “steen” met ’n klein letter geskryf, terwyl ook dít na Christus verwys (d.w.s. Nuwe-Testamenties gesien). Maar ook in hierdie derde benadering geld die leemte wat hierbo aangedui is: slegs daardie enkele Psalms wat in die Nuwe Testament op Christus betrek word, is direk-Messiaans berym, terwyl verreweg die grootste deel van die 150 Psalms nie direkMessiaans berym is nie. Die vierde moontlikheid is een wat deur die kerkhervormer Maarten Luther en die Nederlandse teoloog O Noordmans voorgestaan is. Beide het uitgegaan van die gedagte dat die Psalms van Christus getuig (Luk. 24:44) en dat Christus God se laaste woord aan die mens is (Heb. 1:1-4). Volgens hierdie benadering moet dan nie net enkele Psalms Christologies (d.w.s. met Christus as inhoud) gesing word nie, maar élke Psalm. Christene sing nie die Psalms soos Jode dit sing nie, so het ons reeds gesien, maar sing hulle in die lig van die kruis en opstanding van die Messias Jesus. Elke Psalm moet, wanneer dit berym (of omgedig word), dan met hierdie feit rekening hou.
word aan Luther se bekende verwerking van Psalm 46 (op die basis van die Latynse vertaling van die Bybel deur Hieronimus), ’n Vaste burg is onse God (vgl. Liedboek 476). Hierdie lied was die groot strydlied van die Reformasie van die 16de eeu. Totius het ook iets hiervan probeer doen met sy beryming van die Tien Gebooie deur die byvoeging van ’n slotvers wat die Tien Gebooie Christologies ontsluit (Skrifberyming 9.1). Veel duideliker vind hierdie benadering egter uitdrukking in die beryming van die Tien Gebooie deur Attie van der Colf in Skrifberyming 9-2. Hier word in die laaste twee verse sowel die werk van Christus as dié van die Gees op ’n besondere wyse betrek. ’n Vyfde moontlikheid is onlangs deur my kollega, prof. Koos van Rooy, aan my genoem. Sy argument is dat die Psalms sodanig saamgestel is dat elke Psalm ’n eenheid vorm en dat dit ook só gesing behoort te word. ’n Psalmboodskap word skade berokken indien slegs een of twee verse daarvan uitgelig en in isolasie gesing word. Die huidige berymings/omdigtings is egter te lank om as eenheid gesing te word en daarom moet ’n ander oplossing gevind word. Hy skryf: “Ek sou daarin belangstel om die openbaringsinhoud van elke psalm, of altans die meeste, in ’n saamgevatte vorm Christologies te berym, en van so ’n lengte dat dit wel op een slag as geheel gesing kan word.” Die bedoeling is dan nie om bestaande berymings te vervang nie, maar te komplementeer. Hierdie metode sluit sterk aan by dié van Luther. ’n Sesde moontlikheid is om slegs een versie te berym wat – ter gelegener tyd – na elke Psalm gesing kan word en wat uitdrukking daaraan gee dat alle Psalms op Christus van toepassing is en in Hom hulle vervulling vind. Ook hier is die bedoeling nie vervanging van die bestaande nie, maar aanvulling daarby. Ek sluit ’n voorbeeld van hierdie metode hierby in. Die melodie is deur dr. Leona Venter uitgesoek; dit is die melodie van Psalm 111, en die melodie van die vier vetgedrukte reëls is dié van die keervers. Die laaste metodes kom dan op die volgende neer: ’n Mens sing die Psalms soos jy oor hulle preek, vanuit die teks van die Ou Testament na hulle vervulling in Christus Jesus. Dis my gebed dat ons in die GKSA ’n sinvolle, bevredigende en Bybels-verantwoorde oplossing vir ons debat oor die kerklied sal vind. DK
CHRISTUS IS GODS LAASTE WOORD Christus is Gods laaste woord, Hy’s Gods groot geskenk aan ons. Hý bring hoop en lewe voort, Hy oorwin die sonde^en dood. Die Psalms is in Hom vervul, Elke woord is waar in Hom. Loof Hom, prys Hom, dank aan Hom. Gee aan God die heerlikheid.
In hierdie verband kan gedink
Mei 2014 ~ DIE KERKBLAD
27
Webwerf: h p://www.gksa.org.za/
DISKUSSIE 22 Geloof in 'n postmoderne 2 wêreld 24 Ons beroep 'n dominee ... Wat 2 van die kerkorde? 26 Hoe moet ons die Psalms 2 sing? 28 Bestaan toeval in God se 2 raadsplan? SKRIFSTUDIE 31 Die tweede seël – die ruiter op die vuurrooi perd JAARGANG 117, 117 NO. NO 3279 MEI 2014
1 VAN DIE REDAKTEUR Hoe gaan dit met ons moeder? 3 UIT DIE WOORD Jesus, die kosbare Hoeksteen 6 REDAKSIONEEL Kerk en belydenis
ANDER A 33 Donker en lig in Zimbabwe 35 Gereformeerde Mediese Sorg 37 Aros – tien jaar se ongekende groei 38 Argiefnuus 39 Besoek aan die Belydende Gereformeerde Kerk in die Kongo 40 Bultfontein-kerke stap vir Bybels 41 BRIEWE VAN ONS LESERS
8 BRANDPUNT Hoe leer 'n kind die Here ken? FOKUSARTIKELS 10 Wat glo en bely ons van die kerk van Jesus Christus? 13 Die kerk ... skepping, woonplek en werksplek van die Heilige Gees 15 'n Nuwe “kerkbegrip” vir ons tyd? 17 Wat verwag ek van die kerk? So sê 'n lidmaat 19 Die kerk ... gesien vanuit die perspektief van 'n student IN DIE KERKLIKE PERS 21 Kinders, eredienste en 'n lastige verbond
42 Lief en Leed Op die Kerkwerf 43 Personalia Wel en wee 44 Kleinadvertensies
Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Prof. DF Muller Dr. JA Kruger Dr. J Lion-Cachet Dr. RM van der Merwe Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R231.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R149.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R212.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R149.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Van die redakteur
Hoe gaan dit met ons Moeder? D
it is Calvyn (Inst. 4.1.14) en voor hom Ciprianus en Augustinus wat die beeld van die kerk as Moeder gebruik. Calvyn stel dit onder andere soos volg: “Daar is ... geen ander toetrede tot die lewe tensy die kerk ons in haar skoot ontvang, aan ons geboorte skenk, ons aan haar borste voed en ons onder haar beskerming en leiding bewaak totdat ons ons sterflike vlees afgelê het en soos die engele is nie. En ons swakheid laat immers ook nie toe dat ons van haar skool af weggaan voordat ons ons hele lewe haar leerlinge was nie. Hierby is daar buite haar skoot geen hoop op sondevergifnis en geen hoop op saligheid nie.” Hierdie beeld geld vir die “algemene” kerk (katoliek, wêreldwyd, vgl. die Twaalf Artikels), maar ook die plaaslike kerk, wat die volle openbaring van die kerk is, of behoort te wees.
geword. Dit gaan nie goed met ons Moeder nie. Ons Moeder is siek.
Is dit hoe u die kerk sien? Is dit hoe u oor u gemeente voel? Wat verwag u van die kerk? Is u lief vir u Moeder? Daar is in ons tyd soveel menings oor die kerk. Daar word soveel verwagtings en eise aan die kerk gestel. Die kerk word meer as ooit gekritiseer, beskuldig en selfs afgeskryf. Daar is soveel uiteenlopende kerkbegrippe. Soveel groepe en sektes dek hulleself met die naam “kerk”. Daar is in Suid-Afrika vandag selfs ’n sogenaamde “E-kerk” (elektroniese kerk). Selfs die Mormone, wat die Godheid van Christus ontken, noem hulleself “kerk”. En dit terwyl die woord “kerk” afgelei is van die Griekse woord “Kuriake”, wat letterlik beteken “van die Here” (Kurios), of “wat aan die Here behoort”.
Daar word baie en uiteenlopende antwoorde op hierdie vrae gegee, baie geneesmiddels aanbeveel en aangewend. Daar is diegene wat meen die kerk moet in pas kom met die postmoderne wêreld. Hulle sien die oplossing in die sogenaamde ontluikende kerke (emerging churches). Sommige sien die antwoord in dinamiese leierskap wat in die kerk ontbreek. Nog ander sien die antwoord veral in die kerk se betrokkenheid by opheffingswerk en armoedeverligting in die gemeenskap. En so kan ons voortgaan.
As ons in ons tyd na die kerk kyk, sien ons veelal ’n donker en droewige prentjie. Ons sien die kerk verdeeld en versplinter in soveel denominasies (kerkgemeenskappe). Ons sien in baie opsigte ’n kwynende kerk, dalende lidmaatgetalle, gemeentes wat nie meer selfstandig kan bestaan nie en ontbind, gemeentes wat met finansies worstel. Dit is veral die sogenaamde hoofstroomkerke wat kwyn ten opsigte van invloed en getalle, terwyl die “charismatiese” en ander “kerke” blykbaar groei. Ons sien in baie opsigte hoe geestelike louheid en doodsheid in die kerk posgevat het. In die postmoderne tyd (vgl. die artikels van prof. Johan van Rensburg) het die kerk en wat in die kerk gebeur ook relatief
Mei 2014 ~ DIE KERKBLAD
By dit alles bevind die kerk haar in wat al die volmaakte storm genoem is (Niemandt n.a.v. die boek van Junger, The Perfect Storm). Dit beteken ’n storm wat van drie kante gelyk rondom en oor die kerk losbars. Die eerste storm is die postmodernisme, die tweede die post-Christenheid en die derde globalisering. Dit het daarom dringend noodsaaklik geword dat ons in ons tyd opnuut vra na die wese, die aard en die roeping van die kerk. Wat is die kerk? Waar vind ons die ware kerk? Wat is die roeping van die kerk?
Dit is opmerklik dat ook in Suid-Afrika in die bekende Afrikaanse kerkgemeenskappe met hierdie vrae geworstel word. So het die jongste Algemene Sinode van die NG Kerk en die jongste Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk hulle grootliks met die pad vorentoe vir die kerk besig gehou. En in die Gereformeerde Kerke word daar tans besin oor ’n “omkeerstrategie”, na aanleiding van ’n beskrywingspunt oor dalende lidmaatgetalle en ’n gebrek aan “missionêre gerigtheid”. Dit is goed en reg en noodsaaklik dat daar besin word oor die toekoms en die roeping van die kerk. Die vraag is hoe daar besin word. Laat ons ons deur die tydsgees en die konteks lei? Gee die praktiese omstandighede die deurslag? Is die verwagtings en sienings van mense die bepalende faktor?
1
Van die redakteur
Of is daar ’n ander weg? In hierdie verband het ’n bekende teoloog, J van Genderen, gesê: Die eerste vraag is nie wat ons van die kerk waarneem nie, maar wat ons van haar glo. Die kerk is ’n geloofsaak. Anders gestel: Wat ons glo en bely, is die ware beeld van die kerk. Die aard en die wese en die roeping van die kerk word deur God in sy Woord aan ons geopenbaar. Maarten Luther het gesê die kerk is ’n skepping van die evangelie. As ons só na die kerk kyk, sien ons die kerk wys bo haarself uit. Sy het haar ontstaan nie te danke aan menslike inisiatief nie en haar voortbestaan hang nie van menslike trou af nie. Die kerk is God se werk (vgl. HK So. 21). Die woord wat in die Nuwe Testament met kerk of gemeente vertaal word, is “Ecclesia”, letterlik: die uitgeroepenes. Ten grondslag aan die kerk lê die uitverkiesing in Christus. Die kerk is daarom bo-tydelik in die sin dat dit God se werk is, dat dit daar was van die begin van die wêreld af en daar sal
wees by die voleinding, ja, tot in ewigheid, omdat Christus die ewige Koning is wat nooit sonder onderdane kan wees nie (Art. 27, NGB). Ons moet die kerk weer sien soos sy werklik is en behoort te wees, soos sy in God se oë bestaan. Dan sien ons nie ’n ou, afgeleefde, sieklike, uitgeteerde, afgesloofde vroutjie nie. Dan sien ons ’n stralende, wonderskone bruid, ’n jong, gesonde, lewenskragtige liggaam, ’n huppelende kudde, ’n ontelbare volk uit alle volke en tale en lande. Dan gaan die wonder van die kerk voor ons oop, die onbeskryflike rykdom van God se werk waaroor die Bybel in die een beeld na die ander as’t ware nie uitgepraat kan raak nie. In hierdie en in die volgende uitgawe van Die Kerkblad wil ons vanuit hierdie perspektief, vanuit die Woord en belydenis, opnuut oor die wese, aard en roeping van die kerk besin. Mag dit ’n beskeie bydrae lewer om helderheid en uitsig te gee in die storms van die tyd en ons met nuwe roepingsbesef en heilige geloofsaktiwiteit vervul. CFCC
BOEKE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO
R56 (posgeld en verpakking uitgesluit)
R115 (posgeld en verpakking uitgesluit)
R150 (posgeld en verpakking uitgesluit)
Bestel by: Administratiewe Buro, Afdeling Publikasies, Posbus 20008, Noordbrug 2522; faks 018 293 1042; e-pos bestellings@gksa.co.za
2
DIE KERKBLAD ~ Mei 2014
Fokus Carié Maas (Randburg)
Wat verwag ek van die kerk?
Só sê 'n lidmaat D
ie beelde wat die woord “kerk” by ’n mens kan oproep, is dalk van onthou en hoop, ’n mengsel m van twyfel en deernis. Dalk ook van soms verleë voel en dankbaarheid. som bepaald van salige blydskap. En b Want hoe het die begrip “kerk” W in ’n mens se kop lyf gekry? Het dit begin by die vyf sent in die kollektesakkie of die sakdoek wat jou sussie van die galery op die diaken se kop laat val het? Die benoudheid dat die versie uit jou kop sal vlieg in die kattiesklas? Oom Hannes wat geraas het toe ons opgehou hoede dra het, en wat toentertyd al geweier het om selfs Skrifberyminge te sing? Ousus se droë opmerkings op die onmoontlikste tye? Daardie belydenisrok? Is dit die argitektuur van al die gemeentes waar jy al was, die hoekstene, houtdeure en sober vensters wat hoeveel basaars verder opgerig is? Of, as jy Gereformeerd is, gaan draai jou kop by Dirk Postma en die 17de vers van Psalm 119 wat hy die gemeente onder die seringbome laat sing het: “Leer mij o Heer! Den weg door U bepaald”? Blaai jy bly saam in die gedenkboek wat vier dat die Teologiese Skool in 1969 100 jaar oud kon word: My erfenis is vir my mooi? Of gaan ’n mens se gedagtes verder terug, na die Reformasie, en ook die kerk se skaamtye soos die kruistogte in die Donker Eeue en die Inkwisisie? Selfs die Engelse prediker Lancelot Andrewes, wat by die vertaling van ’n weergawe van die King James-Bybel betrokke was, het al in 1620 gesê: “Hoe nader aan die kerk, hoe verder van God.” Nee, nee, sê jou stoere Kategismuskennis: Kerk is die gemeenskap van gelowiges, die Christusbruid. Selfs die woordeboek sê so, naas die gebou-
Mei 2014 ~ DIE KERKBLAD
definisie en dié van die diens, geloofsverband en die sinode. En nou word gevra: Wat verwag jy van die kerk? Om by die bakstene te bly, sou maklik wees: Wees ’n grootse poort. Wees waardig. En as daar nog ’n toring is, mag die klokke bly beier. (En vra: Is die aanbouings prioriteit ter stigting van die evangelie?) Selfs die diens is nie moeilik nie: Laat die dominee tog preek soos ’n Paulus en die gemeente sing soos engele. Laat die meisietjie wat elke diens móét opstaan, tog vandag bly sit. As hulle net nie saam doop én ampsdraers bevestig nie. As daar ooit ampsdraers is wat bevestig kan word. En terwyl ons dit oor die kerkverband het, mag die geloofshonger wat ons getalle moet voed, landwyd oprys en herlewe, en nie net uit die townships nie. Kan die volgende sinode tog, as die Here wil, sonder skandes en skade wees? Dit is maklik om te bly ryg aan ’n wenslys: Wen ons jongmense en dié wat kerklos geword het, terug vir God en sy gebod. Kom ons reik uit en maak ongedaan wat jare se onreg in ons land teweeggebring het. Kom ons wees opnuut ware kerk en lig die maatemmers vir die wêreld. Want ja, die postmoderne skeptisisme oor die kerk wat Willem de Klerk in die boek Die vreemde God en sy mense uitgelig het, is waarmee ’n mens daagliks in die sekulêre wêreld gekonfronteer word: die bevraagtekening van God, die Bybel en die kerkleer en ’n mode van twyfel en spiritualisme pleks van die vaste geloof en vurige liefde waarvan die doopsformulier praat. En in ’n tydsgees van hand in eie boesem steek oor wat was, word ’n mens ook gekonfronteer met jou eie onsekerhede. Sien ons die ware nood raak? Is ons besig met die regte dinge? En genoeg daarvan? Is die liefde van Christus sigbaar in ons lewe?
17
Fokus
Die kerk moet deel wees van die soeke na nuwe antwoorde waar sy en ons gefaal het of tekortskiet, wil ’n mens saam met De Klerk sug. Die formuliere van eenheid is nogal op die man af oor daardie óns. Dit word ek en my medegelowiges. As ek deel is van die gemeente wat die Seun van God vir Hom uitverkies het, en dus ook aan sy skatte en gawes deel het, stippel die Kategismus dit uit, “moet ek dit met vreugde en tot nut en saligheid van die ander lede aanwend”. Dit is dan dat daardie “verwag” van persoonlike begeertes tot ’n verleentheid verskraal: Ek wens die susters nooi nie ’n stroperige spreker nie. Ek wens my siening van die kerk se liedereskat het liewer die botoon gevoer. Die vraag is eerder: Dra ek self daartoe by dat die geloofsgemeenskap ’n plek van troos, nieveroordeling en koestering teen ’n al hoe meer antagonistiese wêreld is? In heilige gemeensaamheid, want dit is wat ons van die wêreld en die eie-krag-antwoorde wat hy bied onderskei. Wat my aanslag ook al is, sorg ook ek dat daar lig getrap word om die gees van broser mense, die moedeloses en die eensames? Help ek tydens Bybelstudie en kleingroepbesprekings soek na nuwe antwoorde vir ons tyd wat nogtans in die onfeilbare Woord gewortel is? Verbreed ek my kennis sodat ek beredeneerd kan antwoord op nuwe teologiese rigtings wat van my eie oortuigings verskil? Dit is tog soveel makliker om te onttrek of af te kraak. Watter muur is ek tussen hulle wat soek en stry en die ywer van diegene wat hulle met die
18
stokke van sondebeskuldiging en demone wil bykom? Help ek geleenthede skep dat elke geslag hul vreugde in die Here kan vind? Hou ek dié wat treur, vas en het ek geduld met die afvalliges? Ontferm ek my oor dié wat nie in die tradisies ’n holte vir hulle voet vind nie en te kerkvreemd voel om vrymoedig deel te neem? Is dit makliker om eerder vinger te wys na gays en geskeides? Is ook depressielyers mense wat hulleself net nie kan regruk nie?
rentmeesters wees soos wat die geslagte voor ons was, en dié wat ná ons kom. Dit is die nederigheid waartoe die groter bestel deur die eeue ons stem: “Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal tot die einde daar wees, want Christus is ’n ewige Koning wat nooit sonder onderdane sal wees nie ... die heilige kerk (is) nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ’n sekere plek of persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi.”
Dit is dapper gelowiges wat ontheemdes probeer nader trek aan die kerk se bors. Elkeen sal weet of hy die hek wil oopbeur en of hy in die naam van behoorlikheid sorg dat die lyndraad van onverdraagsaamheid stywer gespan word. Netnou wil ’n tollenaar of Samaritaan inkom, of ’n besetene van Kapernaum of Gerasa. Dit bly ook altyd makliker as iemand anders die uitreikwerk doen of die evangelisasieroeping op hom of haar neem.
En altyddeur is ons rentmeesterskap nie in eie krag nie, maar bewaar God ons teen die woede van die wêreld: “U was, o Heer, vanaf die vroegste jare vir ons ’n vlug- en skuilplek in gevare,” bid ons saam met Moses in Psalm 90.
Dit is een ding om te verwag dat die kerk, of dan uit praktiese oorweging die kerkraad, moet sorg dat die bediening van die leer en sakramante suiwer moet wees en dat die armes en bedroefdes versorg en vertroos moet word. Of ek hulle arms help ophou, kan net my gewete antwoord. Ook die Nederlandse Geloofsbelydenis vat saam wat my plig is as deel van die liggaam van Christus: Jaag die geregtigheid na, dra die liefde uit – en moet ondanks jou swakheid nie van die goeie afwyk nie. Ons moet ons broers en susters in die opbou van hulle geloof dien. Net as ons dit doen, kan ons
As ons maar weer kon wees soos die eerste Christelike gemeente in Handelinge: “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid ...” En dan, in die woorde van Paulus aan die Filippense, vra ons ook vir verhoring van ons laaste bede: “Dat God, wat die goeie werk in ons begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” O, luister na My as Ek roep – dit is die roepstem van die Gees. Al wie ’n oor het, laat hom hoor, dat jy my bruidskerk weer kan wees. Aan die oorwinnaar in die stryd gee Ek te ete van die boom, die altyd-nuwe vrugte van Gods paradys se lewensboom. (Skrifberyming 15-2:3, uit die proefuitgawe van die hersiene Totiusteks) DK
DIE KERKBLAD ~ Mei 2014