tannie susan
Wat kan ek lees? Francis, Lorraine. 2013. Tommie en die toringhoë toebroodjie. Geïllustreer deur Pieter Gaudesaboos en uit Engels vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-848-0. ierdie kleurvol-geïllustreerde prenteboek met sy kartonblaaie vertel die prettige verhaal van Tommie en sy toebroodjie. As ’n mens rasend honger is, maak jy natuurlik vir jou die grootste toebroodjie wat ’n mens nog ooit gesien het. Alles wat in Mamma se yskas en koskas is, word ingespan om die interessantste toebroodjie ooit te maak. Die voëltjies het dit as ’n welkome geskenk gesien om hierdie supertoebroodjie te help opeet!
H
Pitcher, Caroline. 2012. Koning van die woud. Illustrasies deur Jackie Morris. Uit Engels vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R120,00. ISBN: 978-186919-865-7. oe Tier nog klein was, het hy vir sy mamma vertel wat hy alles in die bos kon hoor – die voëls, die visse, die wind, die diere. Sy mamma het telkens gesê dat indien alles doodstil was en hy niks kon hoor nie, moes hy weet dat die koning van die woud daar was. Het Tier ooit regtig verstaan wat sy mamma bedoel het? Hy wou baie graag die koning sien, maar dit het hom nooit geluk nie – was dit dalk een van sy vriende: die olifant, die pou of die renoster? Die antwoord op wie die koning van die woud was, het hy eers ontdek toe hy en tierwyfie hulle eie welpies gehad het. Jong kinders sal graag na die kleurvolle illustrasies kyk en in gespanne afwagting na die ontknoping van die geheim luister. Hierdie boek is ideaal vir voorlees of selflees.
T
Goscinny, René. 2013. Asterix en die Gote. Illustrasies deur Albert Uderzo. In Afrikaans vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois. Pretoria: Protea Boekhuis. 47 p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-797-1. (Asterix-reeks, 3.) sterix en Obelix het Kasterolix na die Carnutewoud vergesel waar al die druïdes van Gallië in ’n kompetisie sou meeding om te bepaal wie die druïde van die jaar sou wees. Wat hulle nie geweet het nie, was dat ’n bende Gote die land binnegesypel het met die doel om die beste druïde te vang en na Germanië te ontvoer. Die druïde moes met sy towerkrag die Gote dan help om Gallië en Rome te verower. Natuurlik het Asterix en Obelix alles in die stryd gewerp om hulle ontvoerde druïde weer te bevry. In hierdie proses het hulle soms in lewensgevaar verkeer, maar gelukkig was Asterix baie slim en vernuftig!
A
slingervel mei 2014
Die taalgebruik is vol humor en woordspel en die vertaling is uitstekend gedoen. Lesers sal hierdie episode in die Asterixreeks net so baie geniet soos die voriges en gretig daarna uitsien om al die boeke in die reeks uiteindelik te besit. Van der Watt, Jan & Joubert, Stephan. 2013. My eerste boodskap. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. Prys: R139,95. ISBN: 978-1-4316-0715-0. y eerste boodskap is ’n Bybelse dagstukkieboek en is op vyf- tot agtjariges gerig, maar ouer kinders sal beslis ook pitkos hieruit put. Die goue draad wat deur die dagstukkies loop, is God se liefde en sorg vir sy kinders en Christus se verlossingsdaad. Hierdie dagstukkieboek is anders in dié sin dat dit nie net op die openbaringsgeskiedenismomente gebaseer is nie, maar ook oor kerngeloofswaarhede handel wat uit verskeie niehistoriese boeke van die Bybel geneem is – van Genesis tot Openbaring. Elke dagstukkie is kort genoeg om lesers se aandag te hou, maar tog lank genoeg om te help dat ’n mens insig kan verkry, sodat geloofsgroei bevorder kan word deurdat dit ’n mens tot nadenke stem. Die stof word Bybelsgetrou aangebied. Elke dagstukkie begin met ’n
M
15
teksvers (geparafraseer uit die 1983-vertaling) en bevat ook ’n samevatting/kort toepassing as slot. Dit help lesers om die inhoud van die dagstukkies te onthou en hulle eie te maak. Die kleurvolle illustrasies ondersteun die teks en die taalgebruik is eenvoudig genoeg sodat jong lesers dit sal kan verstaan. Hierdie boek is ’n kosbare juweeltjie op kinders se boekrakke!
Neser, Christien. 2013. Duinebesies. Pretoria: LAPA Uitgewers. 134 p. Prys: R110,00. ISBN: 978 0 7993 6247 3. lle en haar twee boesemvriendinne, Refi en Leya, moes saam met haar oom Eddie en die universiteitstudente op ’n toer na die Skedelkus in die Namibwoestyn gegaan het om te gaan goggas vang. Elle het baie daarteen opgesien en was glad nie vir hierdie vakansie lus nie. Tog het daar wonderlike ervarings en avonture vir hulle tussen die duine gewag. Hulle het onder andere na die spookhuis gaan soek en ook probeer om by die duine af te gly. Daar was ook nog die noodrit in die nag deur die woestyn toe hulle by Alex moes uitkom nadat oom Eddie beseer is. Jong tieners sal heerlik met die karakters in die verhaal kan identifiseer en die spitsvondige taalgebruik en humor baie geniet. Hierdie boek is ’n vyfde verhaal in die gewilde reeks oor Elle en haar maats.
E
Lochner, Helena J.F. 2012. Kinderland. Illustrasies deur Liezl Potgieter. 2e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 147 p. Prys: R160,00. ISBN: 978-1-86919-702-5. (Helena Lochner-reeks, 3.) ie verhale in hierdie bundel is in vier groepe ingedeel, naamlik “Vreemde stories”, “Vreeslike stories”, “Verspotte stories” en “Vermaaklike stories”. Die stories in die verskillende afdelings is dieselfde stories wat sedert die sestigerjare kinders bekoor het – net in ’n nuwe blaadjie. Die stories is vir selflees of voorlees en sal sorg vir spanning, opwinding, lekker lag, vermaak en ontspanning. Wie sal nie skaterlag as hy die Kattekoop van goud, Maljan onder die hoenders of Die geleende velskoene lees nie; of wie sal nie benoud word as Ou Antjie Somers of Apie vang
D
16
die diewe gelees word nie! Daar is nog talle ander verhale in die bundel wat ook net so genotvol is. Lesers sal al die verhale graag wil hoor/lees. Op die agterste buiteblad van hierdie verhaalbundel staan dat die outeur die erenaam “die Hans Christian Andersen van Suid-Afrika” gekry het “met haar sin vir klank, ritme, herhalings en patrone”.
Jacobs, Jaco. 2013. Jackie Mostert en die geheimsinnige gedaante. Illustrasies deur Alex van Houwelingen. Pretoria: LAPA Uitgewers. 48 p. Prys: R70,00. ISBN: 978 0 7993 6111 7. (Zackie Mostert-reeks, 7.) ackie en Vincent kon nie meer gewag het dat die skoolkamp begin nie. Hulle was baie opgewonde om al die heerlike avonture te geniet wat die kamp ingehou het. Ongelukkig was Anton, die grootste boelie van hulle klas, ook op die kamp. Hy het almal se lewe met sy nare poetse versuur. Zackie en Vincent het egter ’n briljante plan beraam om hom in eie munt terug te betaal. Hierdie humoristiese lekkerlees avontuurverhaal sal jong lesers se tone laat krul van lekkerte. Boonop is Jackie en Vincent ou bekende karakters en dit is groot pret om avonture met hulle te deel.
Z
Roux, Lize. 2013. Perdespeurders. Pretoria: LAPA Uitgewers. 60 p. Prys: R100,00. ISBN: 978 0 7993 6211 4. (Stalmaat-reeks, 13.) oe Anri, Megan en Karen die laaste week van die vakansie op tannie Alice se perdeplaas, Klein Eden, gaan kuier het, was hulle baie opgewonde om die miniatuurperdjies te sien waarmee sy geboer het. Gou het hulle egter agtergekom dat daar te veel “ongelukkies” gebeur om dit as toevallig of ’n ongelukkige sameloop van omstandighede af te maak. Iemand was doelbewus daarop uit om die perdeplaas te saboteur. Die groot vraag was net Wie? en Waarom? Die drie stalmaats het hulle lywe speurder gehou en ’n verrasssende ontdekking gemaak – met amper noodlottige gevolge! Perdeliefhebbers sal ook hou van hierdie boek in die reeks oor die stalmaats se avonture. Die taalgebruik is vloeiend en die boek lees maklik. Lesertjies sal hierdie spannende avontuur gretig en met gespanne afwagting lees. SV
T
slingervel mei 2014
slingervel sli ingerve el mei 2014 20 014
17
in hierdie uitgawe ... 3 Die redakteur skryf 4 Verjaardaghoekie 7 Die koning op die strydwa 8 Stertlose sweepskerpioene 9 Petrus is oog- en oorgetuie 10 Ontdek jou
11 12 14 15 18 20
Psalmboek Wie is so bly? Waar in die wêreld? Kopkrapper-oplossing Wat kan ek lees? Heksie in Feetjieland (3) Timo, die wees blouapie (3)
Slingervel,l Jaargang Sli J 55 Nommer 957, Mei 2014
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS Marina Kotze Junior Rubrieke en Penmaats Riana Jonker Verjaardaghoekie Susan Lourens Boekeblad Attie Venter Wetenskap-Artikels Rika du Plessis Stories
2
Ingrid Knoetze Heideleen van Wyk (sketse) Hennie Naudé Rialette van Wyk
Tel: 018 297 3986 Intekengeld R191,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit)
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522
Jaargang 55, Nommer 957, Mei 2014 ISSN 0037 685 X
slingervel mei 2014
Oom Hennie
Ontdek jou Psalmboek • Belydenisse • Maats,
O
ns het nou in die vorige twee Slingervelle gekyk na wat ons sing. Ons blaai bietjie verder en sien dat die volgende in die Psalmboek die Belydenisse en Belydenisskrifte is. Die drie Belydenisse is kort. Die belydenisskrifte is lank. Maar dis nie die enigste verskil nie. Die belangrikste verskil is dat die Belydenisse baie ouer is en deur baie meer kerke bely word. Meer hieroor volgende keer. Oeps! Wat beteken “bely”? Bely beteken om te sê wat jy glo. Regdeur die Bybel is daar baie keer gevra wat die verskil tussen volke en hulle gode is. Israel het geglo in God – en ons lees dit in die Ou Testament, toe die volk en die kerk dieselfde was. In die begin van die Nuwe Testament lees ons van Jesus en wat Hy op die aarde kom doen het. Jesus het natuurlik verskriklik baie gedoen en gepreek. Johannes sê sommer dat as hulle alles moet opskryf, daar in sy tyd nie genoeg boeke sou wees om alles op te skryf nie. Hoe langer Jesus op die aarde gewerk het, hoe minder wou die Jode in Hom glo. Hulle het nie besef dat Hy regtig God is nie – hulle het net in die mens vasgekyk wat voor hulle gestaan het. In Matteus 16 vra Jesus dan vir die dissipels wie die mense dink Hy is. Die mense het elkeen ’n eie idee gehad. Jesus vra toe wat hulle glo. Die Vader gee aan Petrus die regte antwoord: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Hierdie woord, kan ons maar sê, is die eerste belydenis van die Nuwe Testament. Na Jesus gekruisig, opgestaan en opgevaar het na die hemel toe, het die apostels begin om die evangelie oor die hele wêreld te verkondig. Nou moet ons iets anders onthou: as die apostels gaan en preek, weet die ander volke nie van God nie. Hulle het elkeen verskillende gode gehad. In Handelinge 17 lees ons dat Paulus in Atene (Griekeland) preek. Hulle het daar ’n altaar vir die “onbekende god” gehad. Dit was natuurlik nie die God waarin ons glo nie, maar Paulus gebruik dit om die mense te lei om die ware God te leer ken. Hy vertel dan aan hulle wat hy glo – maar hulle kon nie glo dat iemand wat dood was, weer kan opstaan
10
uit die dood nie. Paulus moes ’n paar keer aan verskillende mense sê wat hy glo. Nou wat gaan jy antwoord as iemand jou vra wat jy glo? Dink bietjie. Mmmmm! Ons het Belydenisse en Belydenisskrifte wat presies sê wat ons glo. Volgende keer vertel ek julle van die verskil tussen die Belydenisse en die Belydenisskrifte, asook meer oor die Belydenisse! SV
Weet jy wat die verskil is tussen ’n dissipel en ’n apostel? “Dissipel” beteken “leerling”. Jesus het die 12 (en baie ander ook) vir ongeveer 3½ jaar van God en sy koninkryk geleer. “Apostel” beteken “gestuurde”. Voor Jesus opvaar hemel toe, stuur Hy hulle om te gaan preek.
slingervel mei 2014
Die Redakteur skryf ... M
aats – ons tydskrif se naam is mos “Die Slingervel”. Toe ons voorvaders besluit het op 'n naam vir ons tydskrif, het hulle gedink aan 'n jong seun wat met sy slingervel 'n reus buite aksie gestel het, omdat hierdie reus geen respek vir die Here gehad het nie. Onthou julle die seun se naam? Die reus s’n? Natuurlik is dit Dawid en Goliat. Die heel eerste Slingervel het in Augustus 1958 verskyn (ek was nog nie eers 3 jaar oud nie!). Hier is hoe die naam van die eerste paar jaar se uitgawes gelyk het:
N j ll nie i glo l watt hy h gekos k het h t nie! i ! Nou sall julle Daar staan: Prys: 1/-. Nou dink ek nie eers pappa en mamma ken daardie prys nie! Die prys was 1 sjilling. Toe was die geld nog Ponde (so lyk sy simbool: £), sjillings (/-) en pennies (d). Weet julle hoe moeilik het dit gewerk? Daar was 12 pennies in 'n sjilling, en 20 sjillings in 'n pond. Hoe lyk 'n slingervel? Ek het 'n paar jaar gelede op 'n skou 'n slingervel gekoop. Hy lyk so:
slingervel mei 2014
Hoe werk hy? Jy sal sien aan die linkerkant is daar 'n lus in die riempie (Dawid s’n was seker geknoop – hulle het nog nie dit so met yster geklamp nie). Hierdie lus hak jy vas aan jou duim. Die klip plaas jy op die velletjie in die middel. Dis amper of die klip dan in 'n bedjie lê ... Dan knyp jy die ander los punt van tussen jou duim en voorvinger en kyk of die rieme ewe lank is en die klip netjies in die middel hang. Dan swaai 'n mens die a êre bo jou kop, en op die regte oomblik los jy die riempie, en daar trek die klip! Ons moet weet dat dit 'n oorlogswapen was! Hulle kon mense doodmaak met die klip. Dit is dus nie 'n speelding nie, maar 'n dodelike wapen. Iets interessants: die Filistyne het nie slingervelle of pyl en boë gebruik nie. Goliat het nie veel respek vir Dawid se wapen gehad nie – tot die klip hom getref het. Ons lees ook die volgende in Rigters 20:16 – Uit al hierdie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis. Waarom noem ons ons tydskrif: DIE SLINGERVEL? Kom ons kyk mooi na die geskiedenis van Dawid en Goliat. Dawid was nog te jonk om gewone wapens of uniform te dra. Al wat hy gehad het, was die vertroue op die Here en dat hy geweet het hoe om sy wapen te gebruik. Jy is te jonk vir al die grootmens-goete – maar die Here kan jou gebruik soos Hy Dawid gebruik het: nie om reuse dood te maak nie, maar om sy werk te doen. Natuurlik is die Bybel jou wapen. Ons Slingervel wil probeer om jou te help om die wapen reg te gebruik. SV
3
Rialette van Wyk
Waar in die
WÊRELD?
Kom ons leer saam van die wêreld! Waarheen kan ek gaan, hoe kom ek daar, en wat kan ek sien?
Vandag besoek ons die eiland van Venesië!
hier op sy beste, pizza en pasta in elke kafee met brode en koffies daarby! Die mees populêre attraksies sluit in die katedraal van “Saint Mark”, of in Italiaans San Marco – hierdie Roomse kerk is in die 9de eeu gebou en later in ongeveer 1174 vergroot tot hoe ons dit vandag sien. Die plein voor die katedraal is gevul met verkoopspersone wat alles van handgemaakte maskers tot yskasmagnete verkoop! Jy
V
enesië is geleë in die noordooste van Italië. Hierdie pragtige dorp is absoluut uniek! In plaas van teer- of baksteenpaaie het dié dorp riviere vir paaie, en in plaas van motors is daar waterbusse en bote! Sy argitektuur is antiek en word gesien as een van die mees romantiese bestemmings in die wêreld! Die tipiese Italiaanse disse is
12
slingervel mei 2014
kan natuurlik ook ’n pragtige seemansuitrusting hier aanskaf! Die wêreldbekende glasblaasfabriek is ook hier geleë, waar jy ’n toer kan geniet asook ’n demonstrasie kan sien, en natuurlik ’n rit op ’n tradisionele gondola (bootjie) onder die Rialto-brug deur is ’n hoogtepunt vir alle besoekers terwyl jy die argitektuur geniet en ’n serenade ontvang! Tydens hooggety oorvloei die see die sypaadjies en is van die kafees se tafels en stoeltjies in die water en moet daar loopstellasies opgesit word sodat jy kan loop! Natuurlik is hier ook entrepreneurs wat sal aanbied om jou oor die water te dra! Ongelukkig beweer kenners dat Venesië stadig maar seker sink, so sit dit as eerste op jou lysie om te besoek! Die dorpie sal jou nie teleurstel nie! Italië is deel van die Europese Unie en hulle geldeenhede is in Euro’s en hulle eerste taal is Italiaans, maar mens hoor ook baie Spaans, Frans en Engels. SV
Strydwa -oplossing
slingervel mei 2014
13