in diepte
HY HET
opgevaar! DEUR ,#%1/+'0 <9'/564#
6
Mei 2014
in diepte
“Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem” – Luk. 24:50-51
O
ns herdenk elke jaar Hemelvaart. Ons gesin gaan elke jaar op hierdie dag kerk toe en ons leer ons kinders van kleins af: Jesus het opgegaan hemel toe. Hy het ons nie alleen hier gelos nie, want Hy gee vir ons die Heilige Gees. En Hy kom weer! Dit is baie kort opgesom, maar genoeg en eenvoudig sodat self ’n twee- of driejarige dit kan verstaan. Maar dit is nie waar die evangelie van Jesus ophou nie.
Christus se hemelvaart Wanneer ons die vier evangelies en Handelinge lees, sien ons dat die hemelvaart selfs in die Bybel baie kort beskryf word. Ons lees oor die hemelvaart in Markus, Lukas en Handelinge. Matteus en Johannes beskryf die gebeure net voor Jesus se hemelvaart, maar nie die hemelvaart self nie. Die vertellings van hierdie 3 boeke kan so opgesom word: Jesus het die dissipels geseën. Terwyl Hy hulle geseën het, is Hy opgeneem na die hemel. Hulle het vir Hom staan en kyk totdat ’n wolk gemaak het dat hulle Hom nie meer kan sien nie. Jesus het aan die regterhand van God gaan sit, totdat Hy weer kom.
Hy kom weer Ons weet dus dat Jesus opgevaar het om te regeer saam met God die Vader. Hy berei ook vir ons ’n plek voor in die hemel. Eendag gaan Hy weer kom sodat ons saam met Hom in die Nuwe Jerusalem kan woon. En ons moet gereed wees en wag vir daardie dag, want ons weet nie wanneer dit is nie. Die hemelvaart is dus nie die einde nie, want Hy kom weer. Maar wat nou?
Wat doen ons nou terwyl ons wag? Dit is opvallend dat die vertelling van die hemelvaart elke keer voorafgegaan word deur ’n opdrag. Selfs die evangelies wat nie van die hemelvaart vertel nie, eindig met ’n opdrag.
Wat is hierdie opdrag? Matteus: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die
Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (28:19-20). Markus: “Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom” (16:15). Lukas: “Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ Julle is getuies van hierdie dinge” (24:45-48). Johannes: Hier word vertel van Jesus se opdrag aan Petrus: “Laat my lammers wei” (21:15); “Pas my skape op” (21:16); “Laat my skape wei” (21:17). Handelinge: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld” (1:8).
Wag én werk In Handelinge sê die engele vir die dissipels dat die hemelvaart nie die einde van Jesus se verhaal (evangelie) is nie. Hy kom weer. En so plaas hulle die gebeure vir ons in perspektief: Terwyl ons wag vir Jesus se wederkoms, moet ons nie net wag nie. Ons moet werk. Ons moet dringende werk doen, werk wat moet gebeur voor Jesus weer kom: Ons moet getuies wees van die evangelie. Ons moet vertel van die Here Jesus Christus. In jou eie dorp/stad (Jerusalem), in jou omgewing (Judea), in jou buurprovinsies en buurlande (Samaria) en tot in die uithoeke van die wêreld. Daar is baie maniere hoe ons getuies kan wees in die wêreld, maar vir ons as vroue (veral ma’s) is een van die grootste opdragte van getuie wees, die een in Deut. 6:6-7 “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Ons getuienis begin in ons eie huis, by ons kinders. Ons moet ook nie bekommerd wees oor hoe ons dit gaan regkry om getuies te wees nie. Saam met hierdie opdragte kom daar ook beloftes: In Handelinge en Lukas lees ons dat Jesus belowe ons sal “krag” ontvang wanneer die Heilige Gees kom. Mark. 16:17-18 beskryf dit so: “Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.” Matteus vertel dat Jesus sê Hy het al die mag in die hemel en op aarde en Hy is by ons vir ewig. Ons het alles wat ons nodig het om die evangelie te verkondig, want God het dit vir ons gegee. Daar is vir ons dus geen verskoning om stil te bly oor wat ons weet nie. Terwyl Jesus besig is om vir ons ’n toekoms saam met die Drie-enige God voor te berei, moet ons besig wees om aan die hele wêreld te getuig: “Hy het opgevaar! En Hy kom weer.” Mei 2014
7
INHOUD
Mei
JAARGANG 68 NOMMER 11
6
10
12
GEREELD MEI 2014
3 4 5
Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my
6 8
Hy het opgevaar Nie alleen agtergelaat nie Die kerk â&#x20AC;&#x201C; toegerus deur die Heilige Gees om die blye boodskap uit te dra
Die Gereformeerde
Vroueblad rouebl HY HET OPGEVAAR WO O RD RID D ERS 201 14
Die kerk â&#x20AC;&#x201C; toegerus deur die Heilige Gees om die blye boodskap uit te dra
OOR POUE EN TARENTALE
IN DIEPTE 10
Ek en my hoekie
Ander Publikasies van die Gksa:
Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
12 14 15 16 17 18 20 22 26 28 29 29 30
www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken
Bestel by: (018) 297 3986
LEEFDINGE
31 32
, Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za www.gksa
Oor poue en tarentale > F 4 3 +
Teks & vers: Dagboek $ Boekeblad Woord-wys uit Wakkerstroom: Ek en my hoekie !" L 3 M ( ,72 !" L 3 ! !" L 3 Word Riders 12,6 Hartskatte N 12,6 $ % ) Vroueblad " 12,6
Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: ! " # $ % & ' ( )* $ % +
Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad ( ,-/0 ,,12 ' 3 4 2/5 -,6 5,7-
8! 3 0 9 ; *9 < 3 * * *& = > ) = ! Navrae: # 0 0 0 3 " * % " 3 > 2,/ 1?- @?/50 ) ; *9 *&
% 3 * A ( 0 > 2,/ 1?- @?/Eienaars en uitgewers: > ) %
Intekengeld: ) )C
% $ 3 R 111 8 3 # ,,, 3 # ,-6 < 3 # #,?@ <
* Drukkers: 4F# 0 > 2,1 @@@ 16510 < I 2@-/ 62- J
Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
2
Mei 2014
“Is julle gemeente vol poue of is hier darem ook plek vir ‘n paar tarentale?” Só vra ‘n nuwe intrekker my jare gelede uit die bloute. Hulle was blykbaar in ‘n vorige gemeente behoorlik getraumatiseer deur die sogenaamde “poue”. Die poue het hy beskryf as dié met hulle vere van ‘n eie troontjie, rykdom, duur motors en geld.
O
ns nuwe intrekkers was kerkmense in murg en been. Hulle wou diensbaar wees, hulle het verlang om weer deel van ‘n warm, liefdevolle gemeente te wees. Hulle het seergekry waar hulle vandaan gekom het. Hulle het gevoel of hulle nou ook in die kerk gemeet word aan wêreldse riglyne. Oënskynlik was hulle vere nie daar goed genoeg vir die “poue” nie.
12
Mei 2014
DEUR )4+'6 59#0'21'.
114 217' '0 TARENTALE Ons gemeente was klein en nederig, Elke nuwe “skapie” is met ope arms ontvang. Sy vrou was ‘n groot aanwins. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Sy kon meer regkry met haar gasstoof in die karavaan as enige mens wat ek leer ken het. Altyd gereed om vir die kerk te werk. Sy is die een wat by jou gestaan het totdat die laaste koppie gebêre is. Daar het ek die groot
waarde van ‘n tarentaalvrou in die kerk leer ken. Daar is tog niks mooier om tarentale so in die veld te sien as ‘n mens iewers gaan kamp nie. Hulle is altyd in ‘n groep. Daar loop ook altyd ‘n paar poue rond. So swierig met hulle veelkleurige sterte. Dit is imponerend vir die aanskouer en vleitaal vir die wyfie.
leefdinge
Ek kom toe later agter dat die aanhangers van poue en tarentale in die natuur ook swaarde kan kruis. In ’n baie bekende aftree-oord was daar so ‘n paar jaar gelede ‘n groot geveg. Daar was twee groepe: Die pouparty en die tarentaal-party. Die poue was aanskoulik, hulle het die mooiste veredos gehad. En hulle het hulle aanhangers gehad. Die tarentaalgroep kon die geskreeu van die poue by die oord nie verdra nie. Daardie benoude “H..e..l..p..” het hulle herinner aan die volksvreemde musiek wat saam met die poue uit Indië gekom het. Die poue met die pronkvere het toe die verbete geveg verloor. Die tarentale se sterkste karakter het hulle laat wen. Hulle was inheems. Inheems hier op die Afrika-bodem. Dit het my weer laat dink aan die tarentaalvrou en die pouvrou in die kerk. Om ‘n pronk-pou-vrou te wees, is ook uitheems aan die kerk. Dit pas nie. Ons herdenk Paasfees en luister na hoe Jesus op ‘n donkie Jerusalem ingaan. Nederig. In smart oor die skare steeds ‘n aardse koning soek. Steeds verstaan hulle niks van die koninkryk van God nie. Hulle verstaan nie dat Hy die Priesterkoning is nie.
Hy word gekruisig, begrawe en uit die dood opgewek. Daarna kry sy dissipels nog veertig dae om te verstaan van die hemelse koninkryk. Steeds staan hulle verstom en verslae as Hy in ‘n wolk van hulle geskei word en van hulle af wegvaar: Na sy koninkryk, waarvan Hy hulle die hele tyd geleer het. By die hemelvaart is die juigende skare weg. Niemand gooi meer palmtakke nie. Hulle drome vir ‘n aardse koning is verpletter. Daar staan net ‘n klein groepie mense. En hulle het só ’n groot opdrag ontvang: Hulle moes Christus se koninkryk – sy kerk – hier op aarde vestig. Om dissipel te wees, is baie makliker as om dissipels te maak. Dit vra opoffering. Dit vra van jou om jou pronkvere te bêre. Jou moue op te rol. ‘n Ambassadeur te word van ‘n ander Koninkryk, nie jou eie een nie. Dissipelskap vertel van ‘n diepe afhanklikheid teenoor die Meester. Ons moet kan bid: “Nie my wil nie, maar U wil geskied!” Om ‘n dissipel te word moet ons leer van diensbaarheid. Ons moet soveel geluk uitstraal dat ons ander met daardie liefde kan nadertrek. Ons mag nooit neerkyk op ander nie. Paulus praat so baie van die
ou mens en die nuwe mens. Ons kan maar weer sê die poue teen die tarentale. Die pou-mens is lief vir geld, is ydel, selfhandhawend en op soek na vleitaal en komplimente. Vasgeklewe aan hierdie aardse koninkryk. Die tarentaal is nederig; sonder vertoon. Diensbaar en bereid om op te offer. Iemand wat in volle afhanklikheid van God lewe. Iemand wat Jesus kan sien aan die regterhand van sy Vader. Van watter party is jy? Die poue of die tarentale? As jy jou kruisie trek vir die tarentale het jy ‘n hemelse opdrag: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matt. 28:19). ************ Hoe wonderlik was dit nie om die nuwe intrekker se vraag te kon antwoord nie: “ Hier gaan jy welkom wees. Ons gemeente het nie poue nie, hier is ons maar almal net tarentale”.
Mei 2014
13
redakteursbrief
Hy het opgevaar Liewe geloofsvriendin, In â&#x20AC;&#x2122;n reeks preke wat die afgelope tyd hier in ons gemeente gepreek is, het ek opnuut bewus geword van die verskriklike lydenspad wat Jesus Christus â&#x20AC;&#x201C; tegelykertyd God ĂŠn mens, Seun van God en Seun van die mens â&#x20AC;&#x201C; moes stap om vir my sonde te betaal. Hy is verag, gespot en beledig ter wille van my. Hy het gesterf ter wille van my. Dit is amper te moeilik vir â&#x20AC;&#x2122;n mens om te verstaan. Wie van ons sal dit vir â&#x20AC;&#x2122;n ander persoon doen? Hieroor skryf Paulus in Rom. 5: 6-8: â&#x20AC;&#x153;Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. â&#x20AC;&#x2122;n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir â&#x20AC;&#x2122;n regverdige nie. Ja tog, vir â&#x20AC;&#x2122;n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hĂŞ om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars wasâ&#x20AC;?. En die heerlikste wete is: Jesus het uit die dood uit opgestaan! Hy het nie in die graf gebly nie. Hy het nie net die sonde oorwin nie, maar ook die ewige dood. Hy het na die hemel toe opgevaar en sit nou aan die regterhand van sy Vader â&#x20AC;&#x201C; maar Hy het belowe dat Hy weer sal terugkom om ons te kom haal om ook by Hom te wees (Joh. 14:3 en Hand. 1: 11). Ons fokus hierdie maand op die hemelvaart van Christus en die uitstorting van die Heilige Gees. Lees maar van die heerlike troos dat ons nie alleen agtergelaat is hier op aarde toe Jesus opgevaar het hemel toe nie (p. 8-9) en van die werk wat ons as gelowiges, toegerus deur die Heilige Gees, kry om te doen (p. 10-11). Ek en Abel het nou onlangs van Lydenburg af Middelburg (Transvaal) toe gery, en die herfskleureprag in hierdie omgewing is hierdie jaar vir my mooier as ooit. Dit is so mooi dat ek sommer lus was om vir Jo van Hartskatte met die selfoon uit die motor te skakel en te sĂŞ: â&#x20AC;&#x153;Dit is nie Kanada nie, maar kom kyk. Ons het hierdie jaar â&#x20AC;&#x2122;n klein Kanada hier!â&#x20AC;?. Die helder geel, rooi, roesbruin en maroen blare herinner ons dat die somer verby is en dat die winter op hande is. Dit maak â&#x20AC;&#x2122;n mens opnuut dankbaar wanneer jy genoeg warm klere het, kos om jou liggaam sterk te maak teen die winter ellendes, â&#x20AC;&#x2122;n dak oor jou kop en beddegoed om jou warm te hou. In Meimaand gaan ons juis gesels oor huise: Waar bly ons? Hoe rig ons ons huise in tot eer van die Here? My gebed is dat die Here elkeen van ons wat genoeg het, se oĂŤ, harte en hande sal oopmaak vir honger, koue mense. As elke leser net een of twee persone wat swaarkry uitsonder en help, verlig ons â&#x20AC;&#x2122;n hele paar duisend mense se las hierdie koue winter. En van warm en knus beddens gepraat: twee babatjies wat hierdie winter in liefde toegevou gaan word is klein Harry, ons boekresensent Annamie Odendaal se kleinseun wat in Maartmaand gebore is en LinĂŠ, die dogtertjie van Marlette van Rooyen (van Teks & Vers) wat in Aprilmaand gebore is. Ons juig oor hierdie twee Koningskinders! Baie geluk. Ons deel in julle vreugde. Warm, hartlike Vrouebladgroete
Cobie Steyn
â&#x20AC;&#x153;Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!â&#x20AC;? (Handelinge 2: 36). Foto: Lydenburg.
Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
NS: BRIEWEBLAD: Stuur â&#x20AC;&#x2122;n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die Junieuitgawe se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 19 Mei 2014 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie â&#x20AC;&#x201C; skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
Mei 2014
3