Slingervel 2014 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 Die redakteur skryf 4 Verjaardaghoekie 7 Die Kinderkruistogte 1212-1215 8 Ontdek jou Psalmboek – die Heidelbergse Kategismus Woordsoek - die Heidelbergse Kategismus 9 Het jy geweet?

10 Efesiërs 6 – Die wapenrusting van God 11 Maats se eie werk Oplossing: Woordsoek 12 Die Nylvloedvlakte (2) 14 Petrus se verwondering 15 Wat kan ek lees? 18 Heksie in Feetjieland (7) 20 Waar in die wêreld? Griekeland

Slingervel, Jaargang 56 Nommer 961, September 2014

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Attie Venter Rika du Plessis Leo van Schaik Rialette van Wyk Tannie Joey Dr. Kobus van Tonder Anja Smuts

2

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 56, Nommer 961, September 2014 ISSN 0037 685 X

slingervel september 2014


Oom Kobus van Tonder

Die kinderkruistogte 1212-1215 K

inders het ’n besondere rol in die geskiedenis van die Christelike kerk gespeel. In 1076, 938 jaar gelede, is Jerusalem deur die Mohammedane en Turke ingeneem. Dit was ’n skok en ontsteltenis vir die Christene. Jerusalem is die stad van koning Dawid, die stad met die graf van Christus. Die plek waar die Christelike kerk begin het. Ná die inname is die Christene vier dae tyd gegee om die stad te verlaat. In Rome het pous Urbanus II ’n toespraak gehou waarin hy sy hartseer oor die gebeure uitgespreek het. Met die slagspreuk “God wil dit” moedig hy die Christene van die wêreld aan om Palestina, en in besonder Jerusalem, weer te verower. Kruistogte is georganiseer, en duisendes trek oor Europa na Jerusalem, meestal te voet. Op die regterskouer van hulle klere is ’n rooi kruis as kruisvaarderteken vasgewerk. In Clois, ’n Franse dorpie, was ’n jong skaapwagter, Etienne, deur die Kruistoggebeure aangegryp. Hy begin om te preek en om ’n Kruistog vir kinders te organiseer. Volgens hom het ’n engel aan hom verskyn wat aan hom die opdrag gegee het. As teken sal al sy skape voor hom kniel. Of die skape wel gekniel het, word nie vertel nie. Duisende kinders is deur die idee meegevoer, miskien omdat dit heel avontuurlik geklink het. Uit Frankryk, Vlaandere en die Ryngebied stroom hulle na Etienne toe. Toe die koning hiervan hoor, verbied hy die Kruistog, maar Etienne en sy aanhangers het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle vertrek na die Heilige Land. Juigend en vol ywer stap hulle voort. By die Rynrivier preek nog ’n seun, Nicolaas (10 jaar oud), dat Jerusalem bevry moet word. ’n Groot groep kinders volg hom met die slagspreuk: “Vir God na Jerusalem.” Toe hulle by Genua aankom, weier die stad dat hulle daar mag inkom. Baie het

slingervel september 2014

daar omgedraai en huis toe gegaan, maar ’n groot groep trek verby tot in Rome. Hier ontmoet die Pous hulle, wat die dwaasheid van die Kruistog besef. Hy sê dat hulle genoeg gedoen het, hulle is nou vrygespreek van hulle eed. As hulle ouer is, mag hulle weer ’n Kruistog aanpak. Wyslik het die groep teruggedraai. ’n Derde groep het na Marseilles getrek waar hulle by die groep van Etienne aangesluit het. Hier verkry die Kruisvaarders geleentheid om met skepe na die Ooste te vaar. Die skeepskapteins was egter nie van plan om hulle na Palestina te neem nie, maar het ander planne met die kinders gehad. Tydens ’n storm het twee skepe vergaan en al die kinders op die twee skepe het verdrink. Die ander skepe vaar na Alexandrië in Noord-Afrika. Hier word die kinders in ’n bondel na die markplein toe aangejaag, waar hulle as slawe verkoop is. 30 000 kinders het aan die Kruistogte deelgeneem. Die dwase avontuur van ’n juigende opgewonde Kruistog het ’n bitter einde gehad sonder dat die kinders ooit Jerusalem bereik het. SV

7


Oom Hennie

Ontdek jou Psalmboek • Die Heidelbergse Kategismus • Maats, ierdie is seker die bekendste van al die Belydenisskrifte! Vir baie jare hoor ons amper elke Sondag ’n preek uit die Kategismus en sien julle dit in die katkisasiehandleidings. Ek gaan dus nie baie daaroor skryf nie. Ek wil meer skryf oor ander Kategismusse. Martin Luther het besef dat die kinders van kleins af kan leer Wie God is en wat Hy doen. Hy stel ’n kleiner en groter Kategismus op, wat vandag nog in die Lutherse

H

Kerk gebruik word. Calvyn het ook so ’n Kategismus opgestel. Ek dink julle sou baie van hierdie kategismus gehou het – die vrae was baie langer as die antwoorde! Baie van die groot Hervormers het 'n eie Kategismus opgestel. Twee van Calvyn se leerlinge het egter in Heidelberg die Kategismus opgestel wat ons vandag gebruik. Baie jare terug, in 1927, besluit die Sinode dat die Kategismus lang antwoorde en moei-

like woorde vir kinders het – en besluit dat dit in korter vrae en antwoorde opgebreek moet word. So ontstaan daar twee boekies naas die Kategismus, wat baie van julle sal ken as die Rooi en die Blou boekie. Ds. JH Kruger stel toe vir ons die Rooi boekie op sodat laerskoolkinders dit kan leer, en prof. JD du Toit stel die Blou boekie op (julle weet mos wie dit is? Ons eie Totius, wat ons Psalms ook so pragtig berym het). Volgende keer kyk ons na die Dordtse Leerreëls. SV

Woordsoek: Heidelbergse Kategismus

8

slingervel september 2014


Soek die woorde in die kopkrapper op bladsy 8: Vraag 1: Wat is jou * troos in lewe en in sterwe? Antwoord: Dat ek met * en siel in lewe en in * nie aan * nie, maar aan my getroue * , Jesus Christus *. Hy het met sy kosbare * vir al my sondes ten volle * en my uit * heerskappy van die * verlos. Hy * my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen * van my kop kan * nie. Alles moet inderdaad tot my * dien. Daarom * Hy my ook deur sy * Gees van die ewige * en maak Hy my van harte * en * om * vir Hom te lewe. Vraag 2: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie * salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: * dinge: Ten eerste, hoe groot my sonde en * is; ten * ; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word en ten derde hoe ek * vir so 'n verlossing * moet wees.

Oplossing op bl. 11

Tannie Joey

Het jy geweet ... 12 feite oor honde Honde het 'n veel interessanter geskiedenis as wat die meeste van ons vermoed. Het jy gedink jy weet baie oor honde? Lees hierdie interessante feite en dink weer.

" " " " " " "

" A Alle honde stam waarskynlik van 'n klein grys wolf af. Hulle is oorspronklik gedu gedurende die Paleoli ese tydperk deur mense getem en het skynbaar ongeveer 13 000 jaar gelede die eerste keer in Eurasië verskyn. onge Dingo’s is nie inheems in Australië nie. Hulle is die eerste keer duisende " D jare gelede deur immigrante daar geves g. Honde is tropdiere en leef volgens 'n streng hiërargiese stelsel. Selfs in 'n " H huishoudelike opset, waar daar meer as een hond is, sal net één die “baashuis brak” wees. brak Honde is uiters territoriaal, en dit is hoekom dit maklik is om hulle as " H waghonde op te lei. wag Honde hoor beter as mense en ka e. Hulle kan klanke van 35 000 " H vibrasies per sekonde hoor (vergeleke met ons 20 000 en 'n kat se 25 000). vibra die Ierse Wol ond. Die kleinste is die Chihuahua, Die grootste honde is die Great Dane en d die Yorkshire Terriër en die Toy Poedel. 'n Mens het ongeveer 5 miljoen reukreseptors, wat maar min is in vergelyking met party honderasse: 'n Worshond het 125 miljoen en 'n Wol ond 220 miljoen. Verskeie honde het die rol van Lassie in 'n reeks rolprente gespeel. Die vinnigste honde op aarde is Windhonde wat 'n topspoed van ongeveer 72 km per uur kan bereik. Die Poedel se haarsnit het, al klink dit snaaks, oorspronklik 'n doel gehad. Dit het hierdie jaghond se swemvermoë verbeter en die “pom-poms” is daar gelos om hulle gewrigte warm te hou. Op ouderdom een is 'n hond die ekwivalent van 16 mensjare oud; op twee is hulle 24 en op drie is hulle 30. Vir elke hond-jaar daarna, tel 4 mensjare by. Oorlewendes van die Titanic sluit twee honde in: 'n Pekinees en 'n Pomeraniër. (Bron: Internet, www.health24.com; verwysings: mytopdogs.com; funny dos.com. randomhistory.com)

slingervel september 2014

9


Maats se eie werk

Anja Smuts

Christus, jou lewe “WANT OM TE LEWE, IS VIR MY CHRISTUS, EN OM TE STERWE, IS VIR MY WINS” oe Paulus op die pad na Damaskus tot bekering gekom het, het sy hele lewe radikaal verander. Dieselfde gebeur met jou wanneer jy Jesus as jou Verlosser aanneem. Die ou dinge wat vir jou belangrik was, het nou minder betekenis en waarde. Vir jou wat in Christus glo, is die lewe Christus. Hy is nou die belangrikste Persoon in jou lewe. Alles wat jy doen, doen jy vir Hom. Jy is 'n nuwe mens, en dit beteken jy gee jou belange prys. Jy leef net vir Jesus. Wat is jou ideaal vir jou lewe? Is dit om vir Jesus te leef? Dit sal van jou 'n paar dinge vra: Kyk deur Jesus se oë na ander mense. Luister met Jesus se ore na hulle. Praat met Jesus se stem met hulle. Leef met die gesindheid van Jesus. Om aan Jesus te behoort, hou vir jou net die beste in. Nie net vir vandag en ander dae nie, maar vir altyd – tot in ewigheid!! Omdat jy aan Hom behoort, sal jy selfs nie bang wees om dood te gaan nie. Omdat jy aan Jesus behoort, bring die dood jou na Hom toe. Kan jy saam met Paulus sê: “Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins”?

T

GEBED Here Jesus, help my om so te leef dat ek werklik kan sê ek leef net vir U. Dankie dat ek nie vir die dood bang hoef te wees nie, maar kan weet dat die dood my na U toe bring, want dis eintlik net die deur waardeur ek stap tot in die lewe by U. Amen. Maak 'n lys van vyf of meer dinge in jou lewe wat vir jou die heel belangrikste is. Staan Jesus bo-aan jou lys?

Oplossing van Woordsoek: Heidelbergse Kategismus

slingervel september 2014

11


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.