Slingervel april 2015 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 Die redakteur skryf 4 Verjaardaghoekie Maart 7 NAHUM – blokkiesraaisel 8 Die rooi draad (4) 11 NAHUM – Woordsoek

12 Selfone 14 Antibiotika – wat dit is en hoe dit werk (2) 16 NAHUM – Oplossing 17 Wat kan ek lees? 20 Dis interessant!

Slingervel,l Jaargang Sli J 56 6 Nommer 967, April 2015

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za

Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Ina Gous Oom Attie Venter Francois van Wyk

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 56, Nommer 967, April 2015 ISSN 0037 685 X

2

slingervel april 2015


Maats,

E

k dink dat as julle hierdie brief lees, is die eerste vakansie van die jaar alweer verby. Wat het jy die vakansie gedoen? Was dit lekker of goor? (As jy nie die woord “goor” ken nie – was dit bôring?) Het jy geweet dat jou brein uit twee dele bestaan? Dis ’n dinkkant en ’n doen-kant. Die dink-kant is die kant wat jy op skool moet gebruik. Leerwerk. Ek onthou toe ek nog eksamens geskryf het, hoe moeg dit my gemaak het. Veral net na ’n vraestel – jou kop voel sommer leeg – maar het nie plek om weer te begin leer vir die volgende vraestel nie. Maar die aakligste van alles was: ek het nie lekker geslaap nie. Ek praat toe eendag met my pa. Pa was iemand wat met sy hande gewerk het. Saans as hy by die huis kom, het hy ook gekla hoe moeg hy is, maar dat hy ook nie lekker kon slaap nie. Ons kon dit nie mooi

verstaan nie. Baie jare later lees ek ’n boek oor die brein en ontdek toe die twee dele van die brein. Toe besef ek dat as jy heeldag jou dink-brein gebruik, jou doen-brein nie werk nie. As jy die hele dag hard werk, werk jou dink-brein nie reg g nie. Hoekom slaap jy nie lekker nie? As jy in die bedjie lê, sê dink-brein: “O, ek is moeg! Het die hele dag wiskunde gedoen!”, waarop doen-brein antwoord: “Ek het vandag niks gedoen nie ...” Ek wat doen doenbrein met jou? As jy wil slaap, sê hy: “Jou luiaard! Jy’t my nie vandag gebruik nie. Jy mag nie lekker slaap nie!” Die teenoorgestelde het met Pa gebeur: Dink-brein het vir hom gesê: “Haai, ek het niks vandag gedoen nie – jy mag nie lekker slaap nie!” Wat ek dan geleer het, is: doen elke dag iets wat jy kan doen en aan kan vat waarvan doen-brein sê: “Ek het gewerk!” Leer ook iets nuuts, iets interessants, sodat dink-brein kan sê: “Ek ook!” Dan is albei tevrede, en jy gaan baie lekker slaap. Lekker slaap tot die volgende Slingervel! Oom Hennie

slingervel april 2015

3


Hoofstuk 4 van ons vervolgverhaal deur tannie Ina Gous

Die rooi draad

8

slingervel april 2015


1 JOHANNES 3:23 “EN DIT IS SY GEBOD: ONS MOET IN SY SEUN JESUS CHRISTUS GLO EN ONS MOET MEKAAR LIEFHÊ”

DIE EERSTE NAG: HULP BETOON erhard trek gou sy tekkies aan en stap eers met die draad langs en klim toe tussen die bossies deur tot baie hoër op teen Koningskop. Daar hang 'n donker rookwolk en vlamme kraak en spring in alle rigtings. Die vuur is gevaarlik wyd versprei en kom van die anderkant van die kop. Die mense spuit en slaan en kap met grawe na die brandende bossies. “Ek gaan help,” besluit Gerhard dadelik. Dis harde werk. Hy maak 'n tak nat en slaan en trap die gloeiende kole. Geleidelik wen hulle die vuur. Toe die wind gaan lê, is dit nog net die brandweerbeamptes wat bly waak. Die tannie van die vygies is ook daar en sy nooi hom om by haar huis kof e te gaan drink. “Waar woon Tannie?” vra Gerhard. “Net aan die voet van die heuwel,” antwoord die vygievrou. “Tannie, ek is so nat en vuil en dors. Ek kom saam met jou”, sê Gerhard. “Dit was gaaf van jou om te kom help. Ek moes keer dat my vygiebossies nie brand nie,” verduidelik die vygievrou. Sy leen vir Gerhard 'n droë hemp en 'n ou rugbybroekie om aan te trek. Na ‘n beker warm kof e en 'n paar snye brood sê Gerhard dankbaar: “Duisend dankies Tannie, ek voel sommer stukke beter!” Daar’s 'n harde klop aan die deur! Dis twee vreemde mans wat daar staan. Hulle is ook nat en met roet besmeer. “Naand Mevrou. My maat het sy been beseer by die vuur. Hy kan nie verder loop nie. Mag hy asseblief hier by jou rus? Ek gaan ons motor nader bring.” “Ja, hy’s welkom. Hy gaan kof e ook kry,” sê die gawe vrou. Gerhard gewaar deur die oop deur dat dit buite lig geword het. Die nuwe dag het begin, en hy weet dis tyd om te groet en te begin stap.

G

DIE TWEEDE DAG Die wêreld is nat en skoon van die dou en die lug is vars en fris. Gerhard tel 'n toktokkie op en loer onder sy maag vir 'n brie e! “Ek wonder hoeveel diertjies het omgekom in die vuur laasnag”, wonder Gerhard. 'n Klipspringer verskyn skielik en verdwyn weer net slingervel april 2015

so vinnig. Tortelduiwe sing uit volle bors. “Ek begin nou tuis voel in die veld. Ek wonder wat vandag sal oplewer. Dis lekker vir my,” dink Gerhard vrolik by homself. Vir so 'n entjie is dit weer dieselfde paadjie van gister. Dan stap hy verby sy slaapplekkie. Die draad lei hom al teen die skuins hang van die heuwel. Hy let op dat die bossieveld daaronder verander in wingerde en groen landerye. Aan die oorkant van die klo e groei 'n paar hoë bome. Gerhard gaan staan in stomme verbasing. 'n Groot sterk spinnerak is van tak tot tak gespin oor die klo e en 'n voëltjie sit al spartelende vas in die web. Dis duidelik dat hy nie kan loskom nie, en doer oorkant sit die geelbeenspinnekop vir hom en kyk! “Ek sien iets baie vreemd – 'n spinnekop vang 'n voël!” praat hy opgewonde hardop met homself. “Dis jou gelukkige dag, swaeltjie. Ek gaan jou red!” Hy soek 'n sterk stok en met 'n harde kaphou breek hy die taai drade van die spinnerak en die voëltjie vlieg vry weg. “Volgende keer vlieg jy net 'n bietjie hoër”, roep Gerhard agter die voëltjie aan. “Mevrou Spinnekop”, sê Gerhard, “ek is jammer vir die inbraak. Jy kan gelukkig self jou wonderlike huis regmaak!” Nou daal die draad tot by ryp trosse druiwe. 'n Entjie verder is 'n spanspekland. Sommige spanspekke is al gereed vir eet. “Wat 'n wonderlike welkome ontbyt!”, dink Gerhard. Hy sny en eet en eet! “Ek sal vir Pa vra om die boer te betaal vir my maaltyd. Nou het ek krag vir die dag”, sê Gerhard vir homself. Gerhard stryk uks aan. Die paadjie raak alweer steiler en die heuwel word 'n berg. Die klippies word rotse en die son steek. Terwyl hy staan en rus, gewaar hy 'n groen graspaadjie wat a ei na koeltebome en 'n rivier. “Jammer dat die draad hier bo langs die krans hou. Ek het lus om te gaan kyk hoe dit daar onder lyk,” dink Gerhard. Vergeet is die opdrag om altyd saam met die draad te stap! 9


10

slingervel april 2015

Teken met 'n potlood Gerhard se spoortjies so ver as wat jy lees


Oom Attie Venter

Antibiotika wat dit is en hoe dit werk (2)

K

om ons kyk net weer na wat antibiotika is. Dit is ’n groep organiese stowwe wat deur skimmels (swamme) geproduseer word as ’n teengif teen sekere bakterieë. Dis só effektief dat baie siektes wat vroeër ongeneeslik was, deesdae met behulp van antibiotika genees word. Alexander Fleming van Engeland was die groot pionier wat in 1928 daarin geslaag het om die stof penisillien van ’n skimmelgewas in die laboratorium af te skei. Hy het ontdek dat ’n bepaalde skimmer, Penisillium notatum, wat in die laboratorium op ’n bakteriekultuur gegroei het, dié spesifieke bakterie vernietig het. Hierdie ontdekking het tot grootskeepse navorsing gelei, en in 1940 kon wetenskaplikes penisillien op groot skaal vir menslike gebruik vervaardig. Baie ander antibiotika is sedertdien ontwikkel en hulle bydrae tot die vordering van die mediese wetenskap is van ontskatbare waarde. Om maar een voorbeeld te noem: voor die ontdekking van penisillien het soveel as 85% van die mense wat longontsteking opgedoen het, gesterf. Twintig jaar ná die eerste toediening is hierdie syfer na sowat 5% verminder!

Hoe werk antibiotika? Ons het hierdie sakie in ons vorige geselsie aangeroer, maar hier belig ons dit vanuit ’n ietwat ander hoek:

14

x Sekere antibiotika, soos penisillien, versteur die normale ontwikkeling van die selwande van bakterieë. As gevolg hiervan gaan die selinhoud van hierdie mikro-organismes verlore en gaan hulle dood. x Ander antibiotika, soos tetrasiklien, versteur weer die bakterieë se proteïensintese en verhinder só hulle voortplanting. x Nog ’n ander groep antibiotika tas weer die selmembrane van bakterieë aan. Weet julle wat die verskil tussen selwande en selmembrane is?

Hoe effektief is antibiotika? x Een groep, soos penisillien en streptomislingervel april 2015


x sien, is slegs teen ’n paar soorte bakterieë effektief. Daarom noem ons hulle smalspektrum-antibiotika. x Ander antibiotika, soos die tetrasikliene, is doeltreffend teen ’n wye reeks bakterieë, asook sommige fungi (swamme), en word breëspektrum-antibiotika genoem. (Moet julle nie kwel oor die ingewikkelde name nie!)

’n Duur storie Soos ons in die vorige artikel verduidelik het, is die Filistyne op ons. Die wesenlike gevaar is dat, wanneer antibiotika toegedien word, daar altyd ’n sekere persentasie bakterieë is wat oorlewe – die tawwe ouens (as gevolg van mutasies). As jy nie die volle voorgeskrewe dosis tablette inneem nie, bly daar genoeg weerstandige kieme oor om verder aan te teel om ’n nuwe stam (Eng. Strain) te vorm. Hulle hou dan ’n groot bedreiging in vir pasiënte met dié siekte. Mikrobes ontwikkel normaalweg weerstandigheid op ’n natuurlike, stadige wyse. As dit egter in onnodig groot hoeveelhede toegedien word, gebeur dit wat hierbo beskryf is. Tans kan hierdie weerstandigheid met 23 000 ongevalle (sterftes) en 2 miljoen siektegevalle in die VSA elke jaar. Die koste hieraan verbonde word op $20 miljard (R200 miljard) geraam.

Gedurig nuwe teenmiddels Waarom dan nie sommer vinnig nuwe antibiotika, wat geen kiem nog ooit gesien het, produseer nie? Soos hulle sê: Dit werk nie so nie, omdat dit ’n stadige, duur proses is. Hoe werk dit dan? Kom ons deel die proses op in fases: 1. Fase 1 – Navorsers ontdek nuwe middel en toets bestanddele se uitwerking op dierlike weefsel en organe. Tyd: 3,5 jaar. Toets middel vir veiligheid op 50-80 gesonde mense. Tyd: 1 jaar. 2. Fase 2 – Toets doeltreffendheid op 100-300 werklike pasiënte. Tyd: 2 jaar. slingervel april 2015

3. Fase 3 – Bevestig veiligheid en doeltreffendheid in 100+ pasiënte. Tyd: 3 jaar. 4. Fase 4 – Lê data aan FDA voor vir kontrolering. Toets vir langtermynuitwerking, asook bykomende aanwendings. Tyd: 2,5 jaar. Totaal: 12 jaar. Dis natuurlik by benadering, en net wat tydsduur betref. Dan is daar nog die onkostes wat miljoene rande kan beloop. Geen wonder pille en ander medisyne is so duur nie!

Newe-effekte Soos met enige ander pille of medisyne, kan daar met die gebruik van antibiotika ook sekere onaangename newe-effekte ontstaan. In so ’n geval moet die betrokke geneesheer dadelik geraadpleeg word sodat hy die dosisse kan verander of na ’n ander antibiotikum oorskakel. Voorbeelde van newe-effekte is matige (rash) of ernstiger huid-uitslag (hives), ’n gehyg of kortasem, gefluit (wheezing), geswelde gesig, lippe of tong. Gevalle van anafilaksie (oorgevoeligheid) moet dringende aandag kry. Dis onmoontlik om ’n lys van al die newe-effekte hier weer te gee, maar my oog val op diarree, buikpyn, koorsigheid en sekere allergiese reaksies, naarheid en braking. Wees gerus bedag daarop. In 2008 is in ’n studie in die VSA bevind dat daar 140 000 noodgevalle was wat met antibiotika verband gehou het. Omtrent 50% is deur een of meer soorte penisillien veroorsaak, en die res deur ’n groot verskeidenheid antibiotika. Kinders van een jaar en jonger is die swaarste getref. In ’n mens se spysverteringskanaal is groot bevolkings van die “goeie” soort bakterieë. Oordadige gebruik van antibiotika kan dit feitlik uitroei, wat op sy beurt jou gesondheid baie kan benadeel. Die algemene opvatting is dat die inname van drankies soos joghurt die balans kan herstel. SV (Bronne: Google, Wêreldspektrum, AKE, Beeld 16 Julie 2014)

15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.