Slingervel januarie 2015 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 4

Sli Slingervel, l Jaargang J 56 6 Nommer 964, Januarie 2015

Die redakteur skryf Verjaardaghoekie Januarie 7 Vir watter profeet het die kraaie kos gebring? 8 Die rooi draad (1) 1 11 ObadjaBlokkiesraaisel 1 12 Kerksangbundels tydens volksplanting 1 13 Ontdek jou Psalmboek – Gebede

14 Baas-diepseeduikers van die see 15 Oplossing – Blokkiesraaisel 16 'n Geskenk vir Pappa 17 So maak mens papirus 18 Boekeblad 20 5 Diere wat uitgesterf het

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za

Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Ina Gous Oom Attie Venter Dr. Kobus van Tonder

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 56, Nommer 964, Januarie 2015 ISSN 0037 685 X

2

slingervel januarie 2015


Dagsê een al die Vellie-maats!

O

ns eerste Slingervel vir 2015. Nou wil ek ’n baie spesiale welkom sê aan al ons Graad 1-maatjies – jy kan nou nog nie lees nie, maar ek weet iemand oulik lees nou vir jou om te sê: Baie welkom by ’n baie spesiale groepie mense: die Vellie-

maats!

Al die ander maats – dis lekker om weer met julle te gesels. 2015 is hier en ons gaan dit geniet! Sê iemand nou die dag vir my: “Dit was ’n moeilike jaar gewees ...” Weet julle, daar is baie moeilike dinge in ’n jaar. Toe ek so bietjie deur my eie jaar blaai en kyk wat alles gebeur het, sien ek dat daar sowat 35 baie moeilike dae was. Toe dink ek: Wat van die ander 330 dae? Daar was wonderlike dae en ander dae! Ons glo dat die Here vir ons 365 dae in 2015 gee. Daar sal seker weer ’n klompie moeilike dae wees – maar daar gaan ook wonderlike dae wees. Nou wil ek hê julle moet die volgende doen: jy gaan mos ’n huiswerkboekie kry. Elke aand net voor jy Bybel lees, dink bietjie oor wat die dag gebeur het. As daar niks verkeerd gebeur het nie – plak of teken ’n “smiley” op die datum! Dan sal ons sien dat ’n jaar nie net sleg is nie! Die volgende wat jy moet doen, is om elke oggend vóór jy opstaan, te dink vir wie jy vandag iets moois gaan sê of doen. Wie kan jy help, vir wie kan jy glimlag of komplimenteer? Dan doen jy dit (en ek dink jy gaan daardie aand weer ’n “smiley” teken ...). Sien jou volgende maand weer! SV

slingervel januarie 2015

3


slingervel januarie 2015

7


tannie susan

Wat kan ek lees? Sasner, Chris. 2013. Die S S Swart Kat slaan ’n vos en ander avonture. Pretoria: a Protea Boekhuis. 182 p. Prys: Prro R110,00. ISBN: 978-1-86919R 1 698-1. (Die Swart Kat-reeks, 5.) 698nh hierdie bundel verhale in die S w Kat-reeks kan die leser Swart drie verdere avonture saam met Borrie Bo orr meemaak. In “Die Swart slaan om ’n baie skelm Kat sl laa an ’n vos”” help p Borrie B inbreker vas te trek toe hy geheime planne wou steel. Waarom sou die dief vir homself die naam Vlieënde Vos gekies het? Kon hy dan werklik vlieg? In die tweede avontuur moes Borrie probeer om ’n weerlose vrou en kind uit die hande van ’n gewetenlose bankrower te red.Sou hy daarin kon slaag om hulle te red en ’n onskuldige man se eer te help red? In die laaste verhaal moes Borrie noodgedwonge vir ’n moordenaar vlug toe hy hom oor die hawelose klein Danie ontferm het. Die verhale het ’n goeie spanningslyn wat met heelwat humor verlig word, en dit lees maklik. Lesers sal ook hierdie boek in die reeks geniet. Teen hierdie tyd is die Swart Kat al ’n bekende en geliefde karakter en boeke met hom as hoofkarakter verdien ’n plek op die boekrak.

I

Negrin, Fabian. 2013. Uit die wolf se bek. Uit Italiaans vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-9619-699-8. it die wolf se bek, geïllustreer deur die outeur, het in 2003 die Alpi Apuane-prys gewen vir die beste geïllustreerde boek. Die verhaal is ’n nuwe en soms vreemde weergawe van die bekende klassieke kl i ke kinderverhaal, “Rooikappie en die wolf”. Die motivering vir Wolf se optrede word op ’n subtiele wyse gegee en die leser sien Wolf met nuwe oë. Dalk is hy nie die tradisionele “nare en wrede wolf” nie, maar het alles weens omstandighede gebeur – soms buite sy beheer. Of het dit?

U

18

Die kleurgebruik en soms vloeiende en ongedefinieerde lyne van die illustrasies dra by tot die skep van ’n atmosfeer van misterie en onwerklikheid in die verhaal. Die boek lees maklik en die verhaal laat die leser nadink. Op die agterblad staan: “Hierdie boek is ’n uitnodiging ... om altyd ander se motiewe te probeer verstaan ... (dit) nooi die leser uit om na te dink.” Dijkstra, Linda. 2013. Oulik. Ilustrasies deur Marije Tolman. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-186919-525-0. obie-hasie is klein, sag en donsig en daarom het almal gedink hy is oulik. Tobie wou egter sy beeld verander en het toe algaande ’n gomtor geword. Hierdeur ur het he hy amper die liefde van sy lewe, Tanja, misgeloop toe sy nie deur Tobie se nuwe rowwe beeld beïndruk is nie. Hy het besluit om sy ou beeld te probeer herstel. Sou hy dit kon regkry? Die antwoord lê in die 12 sagte, donsige en baie stoute klein babahasies! Hierdie storieboek is vol avontuur en humor en laat ’n mens skaterlag vir al Tobie se manewales. Die kostelike kleurillustrasies met die fyn detail is ’n pragtige aanvulling tot die maklik leesbare teks. Kleuters en jong lesers sal die verhaal baie boeiend vind en dit telkens weer wil hoor of self lees.

T

Van Niekerk, Colette. 2014. Bybelrympies vir kleintjies. Illustrasies deur Caron Turk. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. Prys: R99,95. ISBN: 978-1-4316-0875-1. ierdie boek bevat 22 verhale uit die Ou en Nuwe Testament wat in rymvorm aangebied word. Elke verhaal is van ’n teksvers en toepaslike gebedjie voorsien rsie en asook aso ook ’n Bybelaanhaling uit Die Boodskap. Die vrolike volkleurillustrasies help om die inhoud van elke verhaal by die kleuters vas te

H

slingervel januarie 2015


lê. Die stewig gebinde klein formaat is net reg vir kleuterhandjies om maklik te kan hanteer en die dik kartonblaaie maak die deurblaai makliker. Op ’n speelse wyse leer kleuters van klein af verskeie Bybelkarakters en hulle verhale ken. Bybelrympies vir kleintjies kan kleuters en jong kinders help om ’n liefde vir God en sy Woord en vir Bybellees te ontwikkel.

gedoen en die goed gekose minimum teks skep ’n eiewêreldse atmosfeer. Die boek is geskik vir voorlees en ook vir selflees.

Wa Wainwright, Jen. 2013. Soek die meerkat. Illustrasies deur Pau Moran, Steve Wiltshire & Paul Sim Simon Ecob. Pretoria: Protea Boe Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-823-7. ie meerkatfamilie het besluit om op ’n wêreldreis te gaan e n baie b en lande te besoek. Hulle het bes soek afgelê afg f elê by die d Nasionale Krugerwildtuin besoek in Suid-Afrika en die Rooi Plein in Rusland en by die Samó-dromo in Brasilië en die groot koraalrif in Australië en nog ’n hele klompie ander lande. Wêreldbekende besienswaardighede is besoek en by elke besoekpunt het almal groot pret gehad en die lesers hartlik saamgenooi. By elke besoekpunt is ’n kort verslaggie van hulle ervarings en kattekwaad gegee. Die lesers word telkens uitgenooi om al tien die meerkatte in die kleurvolle prente te soek. Elke prent getuig van fyn detail en humor. Agter in die boek word die oplossings vir elke soektog gegee. Daar is ook ’n lys met addisionele interessante soektogte vir elke avontuur. Almal, oud en jonk, sal hierdie boek terdeë geniet en ure se pret met die soektogte is gewaarborg.

I

D

Koch, Miriam. 2013. Halsoorkop: ’n storie oor die kuns om onverwags geluk te vind. Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R120,00. ISBN: 978-1-86919-962-3. alsoorkop het die migrasie sie ie van n sy swerm sw werm gemis gem mis s toe hy te laat by die vertrekpunt aangekom het – al het hy sy goue horlosie by hom gehad! In aller yl het hy agterna gevlieg om hulle te probeer inhaal, maar sonder sukses. Op sy reis moes hy ’n storm en gevangenskap trotseer, asook die alleenwees. Toe hy uiteindelik moeg en moedeloos hoop wou laat vaar, het hy iets gesien wat weer nuwe lewe en moed in hom geblaas het – hy het geluk gevind waar hy dit nie verwag het nie! Hierdie deernisvolle, eenvoudige verhaaltjie word pragtig deur die outeur se eie illustrasies aangevul. Die vertaling van die teks is uitstekend

H

slingervel januarie 2015

Viljoen, Fanie. 2014. Nova: Eindspel. Pretoria: LAPA Uitgewers. 208 p. Prys: R130,00. ISBN: 978 0 7993 6661 7. (Novareeks, 5.) n hierdie finale aflewering van die spannende Nova-reeks kom Lucas Niemand voor geweldige uitdagings te staan. Die mag van die donker ruimtewesens moet vir goed gebreek word. Hy het die hulp ulp van sy sy vriende nodig, maar kan hulle hom enigsins help? Hulle geheue oor die vorige botsings met die donker ruimtewesens en ook oor hulle eie herkoms en kennis van hulle geheime kragte is deur die wetenskaplikes in Nova uitgewis. Sy broer, Troy, is die enigste persoon wat hom kan help en wat sy vriende weer kan help om te onthou – maar kan hy Troy regtig vertrou? Gaan sy twee donker broers, Ron en Kian, en sy suster, Licia, dit regkry dat hy een van hulle word en dat die donker ruimtewesens alles vernietig? Hierdie spannende laaste aflewering van die Novaavontuur sal lesers naelbytend tot die einde laat voortlees. Die reeks se spanning bou vanaf die eerste nommer tot hierdie laaste afsluiting op. Die reeks se aflewerings moet in opvolging gelees word, om die verhaal se logika te volg. Tog kan individuele nommers ook as sodanig gelees en geniet word. Die boek is in lekkerlees Afrikaans geskryf en boei enduit. Viljoen, Fanie (samest.). 2013. Galop: perdestories. Pretoria: LAPA Uitgewers. 160 p. Prys: R110,00. ISBN: 978 0 7993 6252 7. lhoewel die 13 avontuurverhale in hierdie bundel vir tienerlesers uiteenlopend is, is die gemene deler ’n perd of perde en die liefde en toegeneentheid teenoor perde. Verskillende Verskillen nde e bekende tienerboekskrywers se verhale is hier saamgebundel, byvoorbeeld dié van Christien Neser, Nelia Engelbrecht, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen en nog ander. Die verhale lees lekker en spanning, avontuur, besinning en nadenke, humor en jongmenslewe maak deel uit van die verhale se samestelling. Tieners en veral perdeliefhebbers sal hierdie bundel verhale baie geniet. SV

A

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.