in hierdie uitgawe ... 3 4 6
Die redakteur skryf Verjaardaghoekie Bybelleesrooster vir Augustus 8 Oordenkings vir laerskoolkinders 10 Spreuke vir die tiener verklaar 11 'n Verrassing op Saturnus se maan
12 14 16 18 19 22 24
Titan Die appelboom Handige Hannie (2) Ons verantwoordelikheid Blokkiesraaisel 449 Boekeblad Oordenkings vir tieners Ons Pretblad
Slingervel, Jaargang 54 Slingervel Nommer 948, Julie 2013
REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net TipograĂže en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS Dr. Nico van der Merwe Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders Marina Kotze Junior Rubrieke en Penmaats Riana Jonker Verjaardaghoekie Susan Lourens Boekeblad Tersia van der Merwe en Rina Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers Attie Venter
2
Wetenskap-Artikels Rika du Plessis en Sophia van der Walt Stories
Intekengeld R191,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit)
Artikelskrywers diĂŠ uitgawe Dr. Nico van der Merwe
Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Die Redakteur Posbus 6433, Flamwood 2572
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462 Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572 Jaargang 54 Nommer 948, Julie 2013
ISSN 0037 685 X
slingervel julie 2013
dr. nico van der merwe 73.
Jesus Christus die enigste hulp
74.
Lees in jou Bybel Johannes 6:16-21
J
Lees in jou Bybel Prediker 9:11-16 (vs. 11)
esus se dissipels het op die Galilea See in ’n storm beland. Hulle was baie bang dat hulle skuit sou sink en hulle verdrink. In die stormwind het hulle darem vyf of ses kilometer geroei. Toe sien hulle iemand op die water aangeloop kom. Dit was Jesus, en tog was hulle bang, ook toe Jesus al baie naby hulle was. Jesus stel hulle gerus: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.” Hier word nie gesê dat Jesus die storm stilgemaak het nie. Daar word net gesê dat Jesus by hulle in die skuit geklim het en dat hulle daarna veilig by die land aangekom het. In hierdie gedeelte leer ons dat die Here Jesus nie die mense wat in Hom glo, in die steek laat nie. As dit moeilik gaan in jou lewe as kind, kan jy vertrou dat die Here jou krag sal gee. Hy sal nie altyd die gevaar wegneem nie, maar Hy sal jou in die gevaar sterk maak en jou beskerm.
O
75.
76.
Máák tyd vir God
m te wen, is vir jou seker baie belangrik. Elke kind wil graag die beste wees en beter doen as sy maats. In jou huisgesin of by die skool is jy in kompetisie met ander kinders, en jy wil die beste daarvan afkom. Prediker 9:11 sê vir jou dat dit nie die bestes is wat altyd wen nie. Alles hang nie van die mens af nie. Dit hang nie daarvan af hoe goed jy jou voorberei, hoe goed jy oefen of hoe goed jy innerlik is nie. Waarom gaan dit dan? Alles is in die hand van die Here. God bepaal wat in die lewe van die mens gebeur. Daarom weet net God wat vir jou die allerbeste is. Hy weet wanneer dit vir jou meer voordeel inhou om te verloor as om te wen, hoe jy as kind ook al jouself voorberei het. As jy nie altyd die beste is nie, moet jy jouself afvra hoe God jou in die lewe wil gebruik. Soek die antwoorde in die Bybel.
k is seker as julle op die paviljoen sit tydens ’n baie belangrike rugbywedstryd en Pappa of ’n oom sê vir jou jy moenie so vloek as jy opgewonde is nie, sal jy sê, los dit, dit is nie nou tyd vir godsdiens nie. Of as julle ’n lekker partytjie by die huis het en Mamma sê julle moenie sulke lelike liedjies sing nie, sal jy ook sê, dit is nie nou die tyd daarvoor nie. Jy maak ’n groot fout as jy dink dat daar net sekere tye is waartydens godsdiens gepas is. Die Here sê ouers moet hulle kinders van God vertel by die huis, op die pad, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Hoekom? Dit is omdat jy in jou hele lewe ’n kind van God is. Op alle plekke en te alle tye is jy ’n kind van God wat gehoorsaam aan die Here moet optree. Daarom is enige plek en enige tyd geskik om oor God se sake te praat en te leer.
D
77.
78.
God versorg sy kinders
ie verlamde man se vriende neem hom na Jesus toe en probeer om hom naby Jesus te bring. Vanweë die baie mense kon hulle dit nie regkry nie. Hulle maak ’n plan, maak ’n opening deur die dakteëls en laat sak die man af tot voor Jesus. Jesus sien die mans se sterk geloof en help hulle. Hy sê vir die verlamde: “Mens, jou sondes is jou vergewe” (vs. 20). Dit is vir die man belangriker om van sy sonde verlos te word as om van sy verlamming gered te word. Maar Jesus gee hom altwee. Hy verlos hom van sy sondes en ook van die verlamming. Jesus maak sy spiere gesond en gee hom krag om op te staan en self verder te loop. Onthou, ’n mens kan nie sonder geloof hulp by die Here kry nie. Jy moet die Here nie net in jou nood ken nie, maar jy moet Hom elke dag dien. Dan sal Hy volgens sy wil jou help waar dit nodig is.
Lees in jou Bybel 1 Petrus 5:1-11 (vs. 7)
J
y as kind het seker ook bekommernis in jou hart oor een of ander ding. Dit is deel van die mens se lewe om bekommerd te wees. Jy is bekommerd as Mamma of Pappa siek is, as jy moet eksamen skrywe, as jy aan ’n sportbyeenkoms moet deelneem. Jy is bekommerd omdat jy nie weet hoe die hele saak gaan uitloop nie. Die Here wil nie hê dat gelowige mense bekommerd moet wees nie. Hoekom nie? Omdat God vir jou sorg. Jou lewe word nie bepaal deur Satan nie. Dit is God wat dinge in jou lewe laat gebeur. Daarom is daar net een manier om van jou bekommernis ontslae te raak. In vers 11 staan dat jy die bekommernis en spanning nie alleen moet dra nie, jy moet dit oorgee in die hand van die Here. God weet wat vir jou die beste is, daarom sal Hy sorg dat alles in jou lewe vir jou net vir die beste sal bring.
8
God help die gelowiges Lees in jou Bybel Lukas 5:17-26
Lees in jou Bybel Deuteronomium 6:1-9 (vs. 7)
E
Wenners! Wenners! Wenners!
Gelowiges mag plesierig wees Lees in jou Bybel Johannes 2:1-11
J
esus doen nie wonderwerke nie, maar wondertekens (Lees: Joh. 2:11; 4:45; 6:14; 7:31). Sy wonders beteken iets. Die wonderteken van die water wat in wyn verander het, het dus ’n betekenis. Jesus se eerste wonderteken is water wat Hy in wyn verander. Moes Jesus nie teen die gebruik van drank wees nie? Jesus leer ons om dit te gebruik en nie te misbruik nie. Christus help die bruilofsgaste om vrolik te wees. Jesus se lekker wyn het hulle daarin gehelp. God wil dat die mens vrolik en bly sal wees. Des te meer omdat Hy as die Verlosser van die sondes gekom het. Alles wat God geskep het, mag die mens gebruik – nie misbruik nie. Jy mag die lewe wat God gee, geniet, jy moet vrolik en bly wees. Dit is nie sonde nie. As kind van God kan jy weet dat God jou al die plesier en vrolikheid in die lewe gun.
slingervel julie 2013
79.
Die verkeerde keuse
80.
A
Jerigo se val en ons verlossing Lees in jou Bybel Josua 6:15-21 (20)
Lees in jou Bybel Genesis 25:29-34 (vs. 34)
G
s daar een ding is wat vir elke mens baie lekker is, dan is dit ’n lekker ete as jy baie moeg en honger is. Mense doen groot opoffering om lekker te kan eet. Dit was ook die geval met Esau. Toe hy baie moeg en honger by die huis kom ná ’n jagtog, vra hy vir Jakob van die lekker sop wat hy gemaak het. Jakob ruil toe die sop vir Esau se eersgeboortereg. Die oudste seun van elke gesin het gewoonlik meer van hulle pa geërf as die ander en dié seun was ook dan die hoof van die familie. Dit was ’n reëling van God. As Esau moet kies tussen die gawe wat God aan hom as oudste seun gegee het en die warm sop, dan kies Esau die sop. Daarmee gooi Esau alles weg wat van betekenis is, net omdat hy baie honger was. As jy tussen plesier en die Here moet kies, kies altyd vir die Here, want dit is die allerbeste.
od bring Jerigo tot ’n val. Die weeklange tog van Israel om Jerigo was die voorspel van wat op die sewende dag gebeur het toe die mure ingetuimel het en Israel die stad kon inneem. In die simbool van die ark was God teenwoordig (vs. 12). Die Israeliete het goed verstaan dat dit nie deur hulle slim planne of geweldige leër is dat Jerigo ingeneem is nie, dit was God wat dit gedoen het. Voor die oordeel van God kan die heidene nie staande bly nie. “Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval” (Heb. 11:30). Net so is die verlossing uit die sonde nie ’n briljante plan van die mens nie, maar dit is God wat jou sondes deur Jesus Christus wegneem. Al wat jy moet doen, is om in Jesus te glo. God breek vandag steeds die mure van die sonde af, in jou eie lewe, indien jy standvastig in die geloof aan God vashou.
81.
82.
God vra volle gehoorsaamheid
W
at met Akan gebeur het, was ’n waarskuwing vir die Israeliete om op hulle dade te let. God beveel dat Jerigo met alles wat daarin is, vernietig moet word. Israel mag niks van die goed vir hulle neem nie. Maar Akan luister nie en begrawe van die bangoed in sy tent. Toe verloor Israel die veldslag teen Ai. God sê iemand het gesondig en nou word die persoon, Akan, deur God uitgewys (vs. 18-21). Daarom kom God se oordeel oor Akan en alles wat aan hom behoort (vs. 25). God sê: “Israel het gesondig en my verbond verbreek” (vs. 11). God leer dat ’n heilige land net aan heilige mense kan behoort. Dit leer ons ook dat die oortreding van een mens die hele groep waaraan hy behoort, kan benadeel. As gelowige kindjie van God moet jy in alles doen wat die Here van jou vra. So alleen loop jy die pad wat God wil hê.
N
83.
84.
God is in beheer
iemand se opvoeding is volledig sonder die Bybel nie. Mamma en Pappa, die onderwysers en jou katkisasieonderwysers kan jou alles onder die son leer, maar as jy nie onderrig is uit die Bybel nie, beteken dit niks. Jy kan al die kennis en die wysheid van die wêreld hê, maar as jy nie die Bybel ken nie, dan weet jy eintlik niks nie. Die Bybel is die manier waarop God met ons praat. As jy wil uitvind wie God is, wat God doen en wat Hy van jou verwag om te doen, sal jy elke dag uit die Bybel moet lees. Om gehoorsaam as kind van God te lewe, moet jy God se Woord lees, want daarin sê God vir jou wat reg is en wat verkeerd is. Dit is baie belangrik dat jy elke dag uit God se Woord lees, en ook nie maar net lees nie, jy moet ook probeer verstaan wat God vir jou in die Bybel sê.
Lees in jou Bybel Josua 8:18-23 (18)
D
ie inname van Ai word in besonderhede vertel. Dit wil voorkom asof Jerigo ingeneem is deur ’n wonder van God, maar dat Ai ingeneem is deur die vernuf van Josua en sy manskappe. Dit is nie waar nie: Die Here sê vir Josua: “Steek die swaard wat jy in jou hand het, na Ai toe uit, want Ek gee die stad in jou mag oor.” Dit is duidelik dat die Here ook die planne van mense gebruik om sy wil te laat geskied. In jou eie lewe is dit ook waar. Kom ons neem die voorbeeld van ’n eksamen. Jy kan nie niks wil leer vir die eksamen en verwag die Here sal sorg dat jy goed doen nie. Jy moet getrou jou klaswerk en huiswerk doen. Jy moet intensief vir die eksamen leer, dan gee die Here vir jou sukses deur die inspanning wat jy daarin gesit het. So bewerk God dinge in jou lewe as jy jou verantwoordelikheid nakom.
slingervel julie 2013
Noodsaaklike leesstof Lees in jou Bybel Deuteronomium 17:14-20
Lees in jou Bybel Josua 7:19-26 (12)
God hou sy beloftes Lees in jou Bybel Josua 21:43-45 (vs. 45)
G
od het vir Moses gestuur om as leier op te tree. God wou sy eie volk, die Israeliete, na hulle eie land, Kanaän, lei. In hierdie proses het God beloftes aan die volk gemaak. God belowe aan hulle ’n eie land (Deut. 1:8 & 39) en Hy belowe aan hulle ’n rustige lewe ná die tyd van slawerny in Egipte en die 40 jaar van trek deur die woestyn (Deut. 12:10). Josua kan aan die einde van die periode sê: “Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervuld gebly nie. Almal is nagekom.” In die boek Josua leer ons dat God baie noukeurig die beloftes wat hy maak, nakom. Vir jou as kind van die Here is dit belangrik, want God het aan jou ook beloftes gemaak. Laat Pappa en Mamma vir jou vertel wat het God alles belowe toe jy gedoop is. En dit alles sal God vir jou laat waar word.
9
Oom Attie Venter
Ons verantwoordelikheid As alle mense in die toekoms saamwerk en die omgewing begin bewaar, hoeveel langer sal die aarde kan volhou om die aardbewoners te onderhou? Sal ons ’n verskil van sê maar 100 jaar maak – en as ons dit kan doen, wat is die nut daarvan? Dit is dan mos maar net die uitstel van die onvermydelike. Kan tegnologie en wetenskap ons in dié opsig help? Gaan dit dalk oor iets anders as die lee yd van die aarde, soos oor die kwaliteit van die lewe? As Christene probeer ons immers om die natuur op te pas, omdat dit God se opdrag is om met verantwoordelikheid te heers!
I
n hierdie verband het ons twee uiteenlopende standpunte: dié van ’n ateïs en dié van ’n gelowige. Baie pogings is ook al aangewend om die teorie van die oerknal en evolusie te versoen met wat ons in die Bybel oor die skepping lees.
Om egter te beweer dat hierdie dinge ’n bewys is dat alle godsdienste ’n “siekteverskynsel” in die wêreld is, is ’n bietjie vergesog. ’n Sekere voorstander van dié siening het sover gegaan as om advertensies op die Londense rooi busse te laat aanbring soos: “There is probably no God, so relax and enjoy life.” Waarom het hy in elk geval die woord “probably” in die advertensie ingeskryf as hy so seker van sy saak is?
Bewys of nie As iemand sou vra dat ek my geloof moet bewys, moet ek erken dat ek dit nie kan doen nie. Maar dit is mos presies wat geloof is – om te aanvaar wat jy nie kan bewys nie. Die sake in die Bybel waaroor baie mense deesdae verskil, is alles in werklikheid onbewysbaar, byvoorbeeld die maagdelike geboorte van ons Here Jesus, of sy opstanding en hemelvaart.
Bewys van die dinge wat ek nie sien nie Dus: ek kan net so min bewys dat daar ’n liefdevolle Vader in die hemel is as wat sulke mense kan bewys daar is nié ’n liefdevolle Vader in die hemel nie. Die verskil is dat ek dit soos ’n kind aanvaar. Iemand het geskryf: “All I have seen teaches me to trust the Creator for all I have not seen” (alles wat ek sien, leer my om op die Skepper te vertrou vir dit wat ek nie sien nie). Daar is baie wetenskaplike onduidelikhede en ook geloofsonduidelikhede wat ons nog glad nie verstaan nie.
’n Mens kry soms te doen met die aggressiewe ateïsme, wat die bestaan van God aktief beveg. Hulle beweer dat sommige godsdienste in die verlede die mensdom negatief beïnvloed het. Daar was wel godsdiens-fundamentaliste wat die godsdiens skeefgetrek het en daardeur baie kwaad gestig het. Dink maar byvoorbeeld aan die kruistogte of die selfmoord-bomaanvalle wat nou nog plaasvind, of die vliegtuie wat so ’n dekade of wat gelede in die geboue vasgevlieg het. Dit is alles in die naam van een of ander godsdiens gedoen, en kyk net watter grusame lyding het dit nie alles veroorsaak nie!
Bybel en wetenskap weerspreek mekaar nie, maar die twee openbarings VUL mekaar pragtig aan. Die rede waarom daar tans nog onduidelikhede of dowwe kolle is, is omdat die mens nog nie die wetenskaplike kennis het nie, of omdat die Bybel verkeerd verstaan of verkeerd gebruik word.
Eerstens: omdat dit hier oor geloofsake gaan, moet ons duidelikheid hê oor wat die Christelike opvatting ten opsigte van hierdie dinge is. Dit is dat alles deur God geskape is en steeds deur Hom onderhou word. Hy het sy Seun, Jesus Christus, aan die kruis laat sterf en weer uit die dood opgewek sodat nietige, swak mensies soos ons gered kon word om tot in ewigheid saam met God te leef en te regeer.
16
slingervel julie 2013
Huidige kennis onvolmaak Seker die maklikste voorbeeld van hierdie (vroeëre) verkeerde gebruik word deur mense gegee wat beweer dat in Psalm 119, Jesaja 66 en Prediker 1 geskrywe staan dat die aarde vas staan. Vandag sê die wetenskaplikes egter dat die aarde ’n planeet is wat rondom die son wentel. So, die Bybel is dus verkeerd oor die vasstaan van die aarde, en as die Bybel nou hieroor verkeerd is, oor watter ander dinge is die Bybel dan nog verkeerd? Die punt is: die Bybel is nie ’n wetenskaplike handboek nie, dus kan ’n mens nie die digterlike taal van die destydse Bybelskrywers vandag buite konteks, letterlik vertolk en dan sê die Bybel en wetenskap weerspreek mekaar nie. ’n Mens moet maar versigtig wees met jou uitsprake oor hierdie goed, want alle kennis is voorlopig. Daar is elke dag nuwe goed wat gegenereer word, en ek is van mening dat dit partykeer ’n bietjie voortvarend van natuurwetenskaplikes en ook teoloë is wat beweer dat hulle al die antwoorde het. Sulke stellings dat die oerknal en evolusie gewens is, sou ek graag ’n bietjie wou temper deur te sê dat die huidige wetenskaplike getuienis dit wil laat lyk asof daar ’n oerknal was en dat lewe deur evolusie op aarde gevorm is, maar dit is blote teorieë. (Onthou, daar is verskillende fasette van evolusie!) Geen mens kan met 100% sekerheid sê dat dit presies só plaasgevind het nie. Daarvoor weet ons net eenvoudig te min. ’n Mens kan egter ook nie die wetenskaplike getuienis ignoreer en dan, omdat die Bybel sekere goed sê, dit letterlik vertolk en sê die wetenskap is verkeerd nie. Dan slaan ’n mens die bal ook mis. Dink maar aan Galileo se ontdekking dat die aarde om die son wentel en nie die son om die aarde nie! Genade van God Dit bring my terug by geloof. Die twee wetenskaplikes wat die menslike genoom ontrafel het, Francis Collins en Craig Venter, het na presies dieselfde stel gegewens gekyk en Collins het gesê dat hy die “taal van God” in die DNA kan raaksien, terwyl Venter gesê het dat hy suiwer ateïstiese evolusie in aksie sien. Die feit dat die persoon glo en ’n ander een nie, beteken nie dat die gelowige slimmer of beter is of meer insig het as die ongelowige nie – dis blote genade van God.
! Dit gaan in die eerste plek oor lewenskwaliteit van onsself en van ander mense. Ongeag watter geloof iemand aanhang, selfs by ateïste, is daar ’n moraliteit in mense wat maak dat ons vir mekaar omgee, dat ons ander mense wat swaarkry, wil help en dat ons daarom die omgewing wil bewaar. ! Vir ’n Christen is dit egter nie die enigste doel nie. Gelowiges pas die aarde in die eerste plek op omdat dit God se aarde is en die mens as rentmeester daaroor aangestel is. Dit bring natuurlik ’n dieper dimensie mee, want nou pas ons nie die aarde op asof dit net tot voordeel van onsself of ons medemens sal wees nie, maar ons sien die inherente waarde van God se skepping raak. ! Die Bybel leer ons dat ons nie die toekoms ken nie, en die feit dat ons byvoorbeeld nie weet wanneer die wederkoms gaan wees en wanneer hierdie aarde nuutgeskape gaan word nie, onthef ons glad nie van ons verantwoordelikheid van rentmeesterskap nie. In elk geval bly dit vir ons tot groot troos dat God eendag al die onvolmaakthede van hierdie aarde gaan herskep sodat ons in volmaakte harmonie met mekaar en met God sal kan lewe. Tot daardie dag aanbreek, moet ons egter ons opdrag as rentmeesters nakom – en dit behels doodgewone, alledaagse dinge, soos om energie te spaar, hulpbronne spaarsamig te gebruik, dit nie te besoedel nie, en ook om aan prosesse deel te neem soos die pas afgelope gas-eksplorasie in die Karoo, waarop daar gelukkig ’n moratorium geplaas is. Dit wys dat ons nie magteloos met dié goed is nie, en dit gee ons baie moed vir die toekoms, waar die saak eers ordentlik ondersoek gaan word voordat dit voortgaan. Om saam te vat ... Gelowiges glo dat God alles geskape het en dit steeds beheer, al verstaan ons baie dinge glad nie. As ateïste meen gelowiges is naïef, is dit sekerlik hulle reg om so te dink. Maar ons moet bereid wees om na mekaar se standpunte te luister en dit te bly evalueer in die lig van die ontwikkeling van die natuurwetenskap en ook die ontwikkeling van die teologie. Dit is dinamiese wetenskappe – dinge gaan vorentoe en nie een mens op aarde weet alles nie. SV
Nou weer ons vraag wat ons aan die begin gestel het: Wil God dat ons die aarde bewaar, en wat is die nut of doel van alles?
slingervel julie 2013
(Gebaseer op ’n radiopraatjie op RSG deur prof. Kobus van der Walt.)
17
tannie susan
Wat kan ek lees? Grundmann, Harriet. 2012. Die vyfde skaap. Illustrasies deur Tobias Krejtschi en uit Duits vertaal deur Carmen Hansen-Kruger. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-186919-526-7.
T
oe Linda een aand weer lê en skape tel omdat sy nie kan slaap nie, bemerk sy dat skaap nommer vyf spits ore en skerp tande het – ’n wolf wat by die skape aangesluit het! Sy het hom uitgevra en hy het erken dat hy aan die wrede, wilde wolwe behoort. Die skape was baie bang vir hom, maar hy het hulle verseker dat hy vredeliewend is en eerder vrolik oor die wolkies wil spring as om hulle op te eet. Aangesien hy egter kan grom en kwaai wees, het hy op Linda se versoek die monster weggejaag wat haar elke nag uit die slaap gehou het. Hierdie humoristiese storieboek met sy ondersteunende illustrasies boei deur sy ongewone storie. Die boek is ideaal vir voorlees of selßees.
Wolf, Erlbruch. 2012. Leonard. Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-523-6.
L
eonard weet baie van honde af, hy ken baie soorte honde en kan honde goed teken – hy tree selfs soos ’n hond op deur te blaf en te byt. In werklikheid is hy doodbang vir honde en deur hierdie skyn-bravade probeer hy sy vrees verwerk. Toe ’n feetjie hom eendag ’n enkele wens toestaan, het hy dadelik gekies om ’n hond te wees. Dit het egter ongelukkig nie sy vrees besweer nie, want nou was hy weer bang vir seuntjies! Hierdie storieboek vir jong kinders met sy humo-
slingervel julie 2013
ristiese tekeninge vertel die verhaal amper uitdagend. Tog kom die eintlike rede vir Leonard se eienaardige gedrag deernisvol na die oppervlak. Die boek laat blyk ook dat ouers hulle kinders onvoorwaardelik moet aanvaar, maar met hulle liefde en begrip jong kinders moet help om hulle skynbaar absurde vrese vir verskillende dinge (wat in eienaardige gedragsuitings na vore kom) te help oplos. Die boek is ideaal vir selßees of voorlees.
Vanden Heede, Sylvia. 2012. Vos en Haas op die eiland. Illustreerder: Thé Tjong-Khing; uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea Boekhuis. 108 p. Prys: R110,00. ISBN: 978-1-86919-448-2.
V
os en Haas hou op ’n eiland vakansie in die Suide. Hier is dit heerlik warm en nie koud soos die winter in hulle bos nie. Dit is egter baie ver daarheen. Hulle het ’n lekker knus tent tussen twee palmbome opgeslaan en het heerlike pretdinge gedoen. Hulle het ook vir Rob met Meermin op sy bors leer ken. Hy het allerhande handelsware op sy bootjie verkoop en skulpe as geld aanvaar. Tog het hulle naderhand huis toe verlang, al was die seevakansie op die eiland baie lekker. Hulle het vir Uil gemis, en vir Tok en Kiep en Iek. Niks wou meer help vir die verlang nie – nie eers die luisterskulp of die swart boksie (selfoon) nie. Albei het besluit dat dit al lente in die bos behoort te wees en dat hulle moet teruggaan. Tuis het ’n heerlike verwelkomingspartytjie op hulle gewag, en almal was baie bly om mekaar weer te sien. Die taalgebruik is eenvoudig in lekkerlees Afrikaans. Die sinne is kort sodat beginnerlesertjies dit
19
slingervel slingerv vel julie e 2013 201 013 3
21 21