Slingervel julie 2014 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 Die redakteur skryf 4 Verjaardaghoekie 7 Ontdek jou Psalmboek – die besondere Belydenisskrifte 8 Hondsdolheid kom sy moses teë 10 Bybellees 11 Genesis 22 – Inkleurprent

12 Volmaakte beloftes Noag – wolke en reëndruppels 13 Blokkiesraaisel – Hosea 14 Petrus se oordadigheid 15 Wat kan ek lees? 18 Heksie in Feetjieland (5) 20 Tien interessante feite oor otters

Slingervel, Jaargang 55 Nommer 959, Julie 2014

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Attie Venter Rika du Plessis Heideleen van Wyk Leo van Schaik Marina Kotze

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 55, Nommer 959, Julie 2014 ISSN 0037 685 X

2

slingervel julie 2014


Die Redakteur skryf ... Terug by die kerkbanke. Ek wil vir julle vertel van ’n oom wat ek in my eerste gemeente gehad het. Kyk, dié oom was lui om kerk toe te gaan. Ek het gepraat, die ouderling het gepraat, maar hy het altyd die een of ander verskoning gehad. Een dag toe ek klaar by hom huisbesoek gedoen het, vra hy vir my: “Dominee, dis seker maar moeilik om vir die leë banke te preek?” “Ja, oom,” antwoord ek, “maar ek dink daar gaan meer leë banke in die hemel wees as mense ...” Die oom het niks geantwoord nie, maar daarna was hy elke Sondag in die kerk. Ons gaan nie kerk toe omdat ons wil hemel toe gaan nie, ons gaan kerk toe omdat ons plekkie klaar deur Jesus in die hemel reggemaak is. Ons kan eintlik sê dat as ons Sondag in die kerk is, oefen ons as’t ware om in die hemel te wees. Daar die Here te ontmoet, te sing en te bid, en te luister as Hy praat. Dagsê Vellies, et julle geweet dat die Slingervel die enigste Christelike maandblad vir die jeug in Afrikaans is? Dit maak hierdie boek wat jy nou lees, uniek!

H

Toe ek nou die Saterdag rugby kyk, sien ek die stadion is stampvol. Nie ’n plek vir ’n muis nie, so sê die spreekwoord! Toe ek Sondag in die kerk kom, sien ek hoeveel oop sitplekke daar is. Toe ek so deur die mense kyk, sien ek omtrent almal is in die kerk ... en tog is daar oop banke. Toe dink ek weer aan die rugby ... Daar was Sharks-ondersteuners en daar was Stormerondersteuners. Elkeen het sy span ondersteun, gejuig as hulle punte aanteken. slingervel julie 2014

Wat van die leë banke? Ons moet dit vol maak! Wie gaan die Here gebruik om dit te doen? Dink jy dat jy kan help? Voor jy dink jy’s te jonk, lees gou Jeremia 1:4-9. Lees ook van die dogtertjie wat die Here gebruik het om die generaal na die Here te bring in 2 Konings 5. Dan het jy die Slingervel! Dink bietjie aan die kinders in jou klas. Dink bietjie wie gaan nie kerk toe nie. Dink jy nie jy moet jou Slingervel met hom of haar deel nie? Wil jy nie hom of haar nie saam nooi Sondag om ’n leë plekkie vol te maak nie? Wintergroete tot volgende maand! Oom Hennie 3


Oom Hennie

Blokkiesraaisel – Hosea 'n

Vellie het met Whatsapp gevra: waar is die blokkiesraaisels? Hier is die eerste een! Ek het gedink ons gaan so bietjie deur die Klein Profete werk. Ons noem hierdie pro e die Klein Profete omdat hulle kleiner / korter boeke geskryf het as Jesaja, Jeremia en DaniĂŤl.

Dwars: 3 By hierdie dorpie het die volk die verbond met die Here verbreek (6:7) 5 Hosea se pa (1:1) 6 Hierdie stam bedrieg die Here (12:1) 7 Hosea se vrou (1:3) 9 Een van die konings toe Hosea profeet was (1:1) slingervel julie 2014

Af: 1 Die volk moet so vas staan soos hierdie plek (14:6) 2 Die volk moet haar aankla (2:1) 4 Israel was vir die Here soos hierdie vrugte (9:10) 8 Blaas die trompet hier! (5:8)

13


hoofstuk 5 van ons vervolgverhaal deur TANNIE RIKA DU PLESSIS

Illustrasie: Heideleen van Wyk

Heksie in Feetjieland

“T

oe maar, Donsie, moenie huil nie. Kyk, daar gaan sit die ou by nou op ’n boomtak, want hy weet hy is te swaar om op een van die blommetjies te gaan sit. Ek gaan ’n klein bietjie nader vlieg en weer probeer,” probeer die heksie troos. “Maar ... maar jy het gesê jy kan nie meer as een keer op ’n dag dit doen nie,” kla Lientjie wat ook bewend van angs styf teen Katryntjie aandruk. “Ek moet net eenvoudig weer probeer. Ek gaan julle nie in die steek laat nie,” sê Katryntjie en vol moed vlieg sy weer ’n bietjie nader aan die ou by wat hulle steeds sit en boos aangluur. Katryntjie stop ’n entjie van die by af, steek weer woes haar armpies uit en mompel al die vreemde goed wat sy netnou ook gemompel het. Hierdie keer skreeu sy hard toe sy haar handjies op die end teen mekaar klap. Met ’n growwe bromgeluid vlieg die ou by van die tak af, reguit na hulle toe, en weer gee Katryntjie vinnig voor hom pad. Nou huil altwee die feetjies en druk hulle ogies 18

styf hier teen Katryntjie toe. “Haai, Donsie en Lientjie, maak oop julle ogies en hou op huil. Kyk daar, die ou by het op sy rug op die grond geval. Hy kan nie weer opkom nie, en lê en brom-brom net daar rond,” roep Katryntjie. Die feetjies kyk en kyk, hulle ogies nou groot gerek. “Het jy hom dan nou doodgemaak, Katryntjie? Ek dog dan jy maak niks dood nie,” sê Donsie en haar stemmetjie bewe nou nog van bangheid. “Nee, nee, ek het hom nie doodgemaak nie. Kyk mooi, hy word al hoe kleiner en kleiner,” roep Katryntjie. “Jy is reg!” roep Donsie en staar na die yslike by wat al hoe kleiner word tot hy so klein op die grond is dat hulle hom byna nie kan sien nie. “Kyk, hy het opgevlieg en op daai geel blommetjie gaan sit. Hy kyk nie eens na ons toe nie, maar maak net stuifmeel bymekaar.” “Sal hy nie weer in ’n groot ou padda of by verander nie, Katryntjie?” vra Lientjie maar nog skrikkerig.

“Nee, wanneer ek iets verander het, word dit nooit weer wat dit voorheen was nie. Hierdie by sal julle nooit pla nie. Maar nou is ek baie, baie moeg. Ek sal moet gaan rus en weer my kragte opbou om môre die volgende padda te soek.” “Baie dankie, Katryntjie. Ons was regtig baie bang, maar ons sien nou jy wil ons regtig help. Kom ons gaan boomhuis toe sodat jy kan gaan rus. Ons gaan vanaand vir jou lekker kos gee, hoor,” sê Donsie, en Katryntjie draai om met die besem en vlieg terug na waar al die ander feetjies vir hulle wag. Met groot opgewondenheid vertel Donsie en Lientjie vir die ander van hulle yslike groot avontuur met die eerste padda. Al die feetjies gaan uit en maak lekker kos vir Katryntjie om te eet voor sy gaan slaap. Toe sy eindelik oor haar vol magie vryf, kreukel die gesiggie in nog fyner kreukeltjies toe sy met hulle glimlag. “Baie dankie, my magie is nou lekker vol. Ek gaan nou maar slaap. Nag, almal,” groet Katryntjie en gaan lê op haar bedjie wat die feetjies van sagte blare gemaak het. Sy maak haar ogies toe, en sag begin die feetjies vir haar sing. So met die mooi stemmetjies in haar ore, raak Katryntjie lekker aan die slaap. “Môre, Katryntjie. Het jy lekker hier by ons geslaap?” vra Rensie toe Katryntjie met ’n lang gaap opstaan. “Jaaaa, baie lekker. Oe, en julle het so mooi gesing gisteraand, ek het sommer gou aan die slaap geraak.” “Kom kyk hier. Santjie het vir jou lekker kos gemaak wat jy kan eet voor ons weer na ’n padda moet gaan soek.” slingervel julie 2014


Katryntjie se mond water sommer toe sy die heerlike bessies en sap sien. Haar kreukelgesiggie lag vriendelik met Rensie. “Julle bederf my. Ek het nooit vir my self sulke lekker kos gemaak nie. Dankie, ek weet ek gaan nou sommer heerlik eet,” antwoord Katryntjie en neem ‘n groot sluk van die soet sap. “Môre, Katryntjie,” sê die ander klomp feetjies toe hulle ingestap kom, en Katryntjie waai vriendelik met haar kreukelhandjie in die lug en wys haar mond is vol kos. Hulle lag vir haar en party van hulle kom streel oor haar skouers. Katryntjie voel sommer tranerig. Niemand het nog ooit so sag aan haar gevat of vir haar gestreel nie. Dis so lekker om te weet die feetjies gril nie vir haar nie. Sy sluk die laaste kos weg en staan op. Al die feetjies staan in ’n kring om haar. “Julle is baie besonderse feetjies. Julle is niks bang vir my nie, en julle gee nie om dat ek lelik is nie. En boonop vertrou julle my om vir julle te help. Julle vat selfs aan my, en dis so lekker, want niemand anders wil eers aan my raak nie. Vir julle sal ek my bes doen om elke dag van een ou padda ontslae te raak tot hulle almal op of weg is. Julle het my lewe sommer mooi gemaak waar ek voorheen so eensaam en ongelukkig so alleen was.” Een vir een kom die feetjies nader en elkeen gee vir haar ’n soentjie. Op haar wange, skerp neusie, kreukel-lippies, die plooi-voorkoppie en op die klein ogies. Katryntjie kraai van lekkerte. Toe vat Lientjie en Tinkels weerskante haar handjies in hulle s’n en dans met haar al in die rondte terwyl hulle ’n regte heksieliedjie sing. Katryntjie lag en dans ewe vrolik saam en luister na die mooi liedjie. Haai, hulle sing haar naam in die liedjie. “Dis ’n nuwe liedjie,” roep sy verbaas toe hulle ophou dans en sing. “Ons het gisteraand toe jy al gaan slaap het, hierdie liedjie spesiaal vir jou geskryf en geoefen. Dis om dankie te sê dat jy ons help,” vertel Tinkels. “Baie, baie dankie. Nou voel ek sommer na ’n ekstra spesiale heksie en glad

slingervel julie 2014

nie meer so lelik nie. Oe, maar nou sal ons moet gaan om nog ’n padda te soek. Wie gaan vandag saam met my?” vra Katryntjie. “Ek en Santie sal saamgaan,” antwoord Tinkels terwyl Katryntjie haar besempie gaan haal en dan regstaan dat hulle kan opklim. “Wees versigtig,” roep die ander in ’n koor toe Katryntjie met Tinkels en Santie tussen die boomtakke uitvlieg. Lank vlieg hulle oor die baie blomme, maar gewaar nie ’n enkele beweging nie. Katryntjie hang stil in die lug, en hulle kyk oral om hulle rond, maar niks nie. “Waar sal al die ou wrede paddas dan vandag wees?” vra Santie. “Wag, sjuut, ek hoor iets,” sê Tinkels. “Katryntjie, vlieg ’n bietjie nader aan die fonteintjie. Ek is seker ek hoor hulle ou diep stemme van daardie kant af.” Nou hoor Katryntjie dit ook, en sy vlieg stadig nader tot agter die boom wat langs die fonteintjie staan. Hulle loer om die dik stam, en daar voor hulle sit nege van die yslike groot paddas langs die fonteintjie en praat. “Ek wonder darem wat het van ou Strepe geword? Hoe kan hy sommer net so verdwyn het?” vra een ou padda. “Ja, ons was altesaam tien, en nou is ons net nege,” brom ’n ander een. “Dalk lê die ou iewers dood. Julle moet maar oplet vandag oral waar julle gaan kos soek. Ek is nou honger, sien julle later weer,” sê ’n ander een, en die nege paddas stap elkeen in ’n koers in. “Nou weet ons ten minste hier is nog nege paddas. Die meeste van hulle het in daardie rigting geloop,” sê Katryntjie en beduie na die groot plaashuis toe. Twee het hier na links geloop, en ek dink ons moet kyk wanneer hulle elkeen sy eie rigting loop totdat ons een alleen kan kry.” “Sjoe, so van naby uit die lug uit het hulle vir my nog groter gelyk as wat ek onthou. My hartjie klop sommer nou benoud,” sê Santie, en klou styf aan Katryntjie toe sy stadig agter die twee

paddas aan vlieg. “Daar loop die een nou weg na die ander kant toe, Katryntjie,” sê Tinkels, en Katryntjie vlieg tot so naby aan die linkerkantse een as wat redelik veilig vir hulle is. Nou hang hulle stil in die lug, en woes steek Katryntjie weer haar kort frommel-armpies na die padda toe uit terwyl sy al daardie vreemde woorde so sing-praat, en sy raas hard toe sy op die einde haar handjies klap. “Whaaau,” skreeu Santie benoud toe Katryntjie woes haar besempie opruk en pyl-reguit ’n ent hoër in die lug vlieg. “Dis ... dis dan nou ’n vreeslike groot perdeby, Katryntjie. Hy gaan ons almal doodmaak. Kyk daai lang angel, o toggie, ek is bang.” Santie se hele lyfie bewe en sy klou styf-styf aan Katryntjie vas. “Wat het dan nou gebeur, Katryntjie?” vra Tinkels ’n bietjie meer kalm, maar haar ogies is ook wyd gerek op die yslike groot perdeby gerig. “Sowaar, ek weet nie. Gister het die eerste probeerslag ook verkeerd gewerk,” sê Katryntjie bekommerd. Sy weet regtig glad nie hoekom haar toorkrag albei hierdie kere so verkeerd uitdraai nie. “Hou vas ...!” skreeu sy toe die perdeby met ’n diep gromgeluid op hulle afpyl. Haar angel mik en mik in hulle rigting om een van hulle raak te steek, maar Katryntjie is elke keer te vinnig vir haar en gee net betyds pad. Al in die rondte ... al in die rondte vlieg sy om voor die perdeby weg te bly. Vasberade steek sy haar armpies sommer so in die vlieg in die perdeby se rigting uit, skreeu hard haar vreemde tale, klap haar handjies en skreeu waarskuwingsgeluide daarmee saam. “Eina! Die ou ding het my raak geslaan met die angel, maar darem nie stukkend gesteek nie,” roep Donsie en klou vir haar lewe aan Katryntjie vas wat nou nog hoër vlieg. “Wat gaan ons maak? Ons kan nie heel dag vir die ding probeer wegvlieg nie.” Volgende keer hoor ons wat toe van die ou nare perdeby geword het. Vervolg

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.