in hierdie uitgawe ... 3 4 6
Die redakteur skryf Verjaardaghoekie Bybelleesrooster vir Julie 8 Oordenkings vir laerskoolkinders 10 Spreuke vir die tiener verklaar Afrikaanse idiome 11 Meteoriet ontplof oor Rusland
12 Dit is net my mamma!! 14 Handige Hannie (1) 16 Ons taal – 'n kosbare besit! 18 Blokkiesraaisel 448 19 Boekeblad 22 Oordenkings vir tieners 24 Ons Pretblad
Slingervel, Jaargang Jaaargang 54 Nommer 947, Junie 2013
REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net TipograÞe en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS Dr. Nico van der Merwe Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders Marina Kotze Junior Rubrieke en Penmaats Riana Jonker Verjaardaghoekie Susan Lourens Boekeblad Tersia van der Merwe en Rina Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers Attie Venter
2
Wetenskap-Artikels Rika du Plessis en Sophia van der Walt Stories
Intekengeld R177,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit)
Artikelskrywers dié uitgawe Dr. Nico van der Merwe
Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Die Redakteur Posbus 6433, Flamwood 2572
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462 Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572 Jaargang 54 Nommer 946, Mei 2013
ISSN 0037 685 X
slingervel junie 2013
dr. nico van der merwe 61.
In God se teenwoordigheid
62.
Lees in jou Bybel Eksodus 19:1-25
B
Lees in jou Bybel Eksodus 20:22-26
y Sinaiberg verskyn God op ’n indrukwekkende wyse aan die volk (vs 16). Moses is die middelman tussen die volk en God, en hy roep roep die volk nader na die berg toe om voor God te verskyn (vs 17). Nou ontvang Israel hulle belangrike opdrag vir die eeue wat kom. Hulle moet ’n heilige volk wees, want hulle is deur God afgesonder met die oog op die koms van Jesus Christus (1 Pet. 2:9). God wil die Israeliete van die heidense volke afsonder, want Christus moet uit hulle gebore word. Elke dag is vir Israel ’n dag waartydens hulle God se opdrag moet uitvoer. Dit is ook die geval met alle Christene. Hoe oud of hoe jonk jy ook al is, God het aan jou ’n opdrag gegee om jou van die sonde af te sonder en in gehoorsaamheid teenoor God te lewe. Dit doen jy in teenwoordigheid van God, want Hy bly deur die Heilige Gees in jou hart. Dit is die rede dat jy volgens God se Woord moet lewe.
S
63.
64.
Niks gebeur buite God nie
oms sê gelowiges dat hulle nie “mooi” kan bid nie. Daarmee bedoel hulle mooi woorde en goeie sinne met ryk gedagtes. God verwag dit anders. God vra nie vir “mooipraters” in die gebed nie, maar Hy vra vir opregte en eerlike bidders. Daarom sê God vir die Israeliete dat hulle nie altare van “gekapte klip” moet bou nie (vs 25). Die altare moet met ruwe klippe gebou word wat nie met beitels reggekap is nie. God se volk moet hulle o ers op altare bring wat doodeenvoudig en onversierd is. In die Ou Testament was o er soos om vir God te bid. Net soos die o ers op ruwe, ongekapte klippe gebring moes word, moet elkeen vandag ook eenvoudig, opreg, eerlik, sonder versiering tot God bid. God kyk na jou hart as jy bid, daarom kan woorde God nie beïndruk nie. God vra egte en opregte woorde en sinne, en nie ’n gebed wat net wil indruk maak nie. As jy iewers moet bid, hou hierdie riglyn in gedagte!
O
ense kan so maklik sê dat iets “toevallig” of “per geluk” of “per ongeluk” gebeur het. Met so ’n gesindheid kan jy baie maklik jou verantwoordelikheid as kind van God ontduik. As iets verkeerd of skokkend gebeur, kan jy dit dan maklik van jou afskuif en sê dis toevallig dat dit gebeur het. God sien dit anders. As iets met jou gebeur, het dit gebeur “deurdat God dit met hom laat gebeur het” (vs 13). Die “ongelukkige sameloop van omstandighede” soos jy dit sien, is nie buite God se wil nie. Natuurlik moet gelowiges voorsorgmaatreëls teen ongelukke of erns!ge gebeurtenisse tref. Met jou verantwoordelikheid as kind van die Here hou Hy jou in sy hande vas. In alles moet jy weet dat God in sy Woord vir jou voorskri"e gee van hoe jy moet lewe. As jy dit getrou doen, dan beteken dit dat jy lewe soos God wil hê. As daar dan deur die sonde pynlike dinge in jou lewe gebeur, versterk die Here jou!
m hoogmoedig en selfverhe end te wees, is verkeerd in die oë van die Here. As jy so is, misbruik jy God se genade. Dit wat ’n mens is, dit wat jy het, die geluk in jou lewe, is alles genade van die Here aan jou. Jy verdien dit nie. Ware genade maak ’n mens klein. Misbruikte genade maak ’n mens hoogmoedig. Dat die Israeliete uit die Egip!ese slawerny verlos is, is net God se genade. Verlossing kom uitsluitlik net van God af. God se genade maak dit vir jou moontlik om uit te reik na ander mense en hulle in hulle swaarkry te ondersteun en te help. Deur dit te doen, sê jy vir God dankie vir die verlossing (vs 21). Ook jy as jong kind het hierdie opdrag. Daar is dalk ander kinders in jou skool of jou woonbuurt wat baie swaarkry. God verwag van jou om nie net aan hulle te dink nie, maar om hulle ook te help en by te staan. God sal jou wys wat nodig is om in die lewe van sulke maats en vriende te doen.
65.
66.
God bepaal jou lewenskoers
D
aar is twee soorte mense in die lewe: dié mens wat lei en dié mens wat volg. Leiers en volgelinge. In ons tyd word leiers belangriker as volgelinge geag, want die mense sê om te lei, is moeilik, en om te volg, is maklik. Dis nie waar nie. Ook die volgelinge dra die verantwoordelikheid vir die koers wat die leiers inslaan. ’n Gelowige kan nie sommer maar net agter die massa aanstap saam met ’n leier wat verkeerde gedagtes het en ’n verkeerde koers inslaan nie. ’n Christen doen nie net ’n ding omdat almal dit doen nie. Wat die meerderheid doen, is nie altyd die regte ding nie. Jy moet as volgeling ook sélf oor die saak besin. Nét Jesus kan as Leier onvoorwaardelik gevolg word (Heb. 12:2). Daarom moet jou lewenskoers nie deur die massa mense of ’n leier bepaal word nie, maar deur God. En waar vind jy daardie gegewens? In die Woord van God, wat jy gereeld moet lees en ter harte neem.
Hoor en doen Lees in jou Bybel Eksodus 24:1-18
Lees in jou Bybel Eksodus 23:1-9
8
Jou plig om jou naaste te help Lees in jou Bybel Eksodus 22:16-31
Lees in jou Bybel Eksodus 21:12-21
M
Bid eenvoudig en opreg tot God
A
s God se uitverkore volk moes die Israeliete Gód se voorskri"e volg (Eks. 19:5). God gee aan Moses alles wat Hy van sy volk verlang vir ’n goeie lewe op aarde. Moses lees die verbondsboek met al God se voorskri"e aan die volk voor (vs 7a). Die volk betuig daarop hulle gehoorsaamheid. Hulle verlossing uit die slawerny van Egipte was God se bewys van sy liefde vir hulle. Waar daar bloed is, dan wéét Hy, in hierdie huis was die dood reeds gewees. In dié huise sterf nie die oudste seun nie, maar ’n lammetjie sterf in die plek van die oudste seun. Die lammetjie sterf en sy bloed word aan die deurkosyne gesmeer sodat die ingang van daardie huis ’n poort van die lewe is en nie ’n poort van die dood nie. Met jou doop is die doopwater ’n teken van Christus se bloed wat op jou voorkop ’n merk maak. Nou weet die Here dat Hy jou nie moet straf met die ewige dood nie, want Jesus het in jou plek gesterf.
slingervel junie 2013
67.
God se ompad met die mens
68.
A
Om op God te vertrou, vra aksie Lees in jou Bybel Eksodus 14:1-14
Lees in jou Bybel Eksodus 13:17-22
D
s ons iewers heen wil ry om vir mense te gaan kuier, vakansie te hou of vir sport na ’n ander skool wil gaan, word die kortste pad gewoonlik gekies. Dan verbaas dit ’n mens dat God sy volk nie die kortste pad na Kanaän laat neem het nie (vs 17), maar God het hulle met ’n langer ompad (vs 18) laat gaan. Maar daarmee het God ’n doel gehad. Israel het vir 430 jaar in Egipte tussen die heidene gebly. Hulle het God nie eintlik meer geken nie. Nou laat God hulle met ’n ompad deur die woestyn trek sodat hulle Hom kan leer ken, van Hom hulp en redding kan ontvang, en al hulle hoop op Hom kan ves!g. As jou lewe op een of ander manier blyk ’n ompad te wees, vanweë siekte of ’n ongeluk of iemand se dood of ’n jaar wat jy druip, moet jy as gelowige kind van die Here weet dat Hy by jou is, al lyk dit na ’n ompad. Op God se ompad beskerm Hy jou en lei Hy jou in veiligheid. Vertrou in alles net op die Here!
it is baie moeilik om in ’n krisis kalm te bly, al is jy nog op laerskool. God se kinders kan kalm bly, omdat God belowe om jou te help. In Eksodus 14 lees ons dat die Israeliete in ’n groot krisis gekom het. Hulle staan teenaan die Rooi See en agter hulle kom die Egip!ese soldate om hulle dood te maak. Waarheen sal hulle kan vlug? Moses sê vir hulle: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red.” Toe die Israeliete op God vertrou, doen Hy dit deur ’n wonder. Daar het ’n pad deur die Rooi See gekom waarop hulle kon deurstap tot in die Sinai-woestyn, en hulle is gered van die Egip!ese leër. Al het hulle op God vertrou, moes hulle nie niks doen nie. Moses moes sy kierie oor die see uitsteek; toe kom daar ’n pad, en toe moes hulle daardie pad na veiligheid neem. Om op God te vertrou, beteken dat jy die middele wat God tot jou redding gee, sal gebruik.
69.
70.
Oorsprong van ewige water
D
Daaglikse brood uit die hemel Lees in jou Bybel Eksodus 16:1-7
Lees in jou Bybel Eksodus 15:22-27
I
ie woestyn is ’n plek sonder water. Daarom is dit ’n woestyn. Niemand kan in ’n woestyn sonder water oorleef nie. Dit is besig om met Israel te gebeur. Hulle het al vir 3 dae in die woestyn ingetrek. Die bietjie water wat hulle kon saambring, was reeds op. Toe kom hulle by die plek Mara, waar daar water was. Maar hulle ervaar die skok van Mara! Hulle kan nie die water drink nie, want dit is bi#er. In Openbaring 12 leer God ons die pad van die gelowiges, die kerk op aarde, is in werklikheid die pad deur ’n geestelike woestyn. Geestelik word die gelowige dors. As jy jou dors wil les by die waterfonteine van die wêreld, gaan jy uitvind dat alles bi#er is, omdat dit van Satan kom (Openb. 12:15). God het vir Israel die bi#er water soet gemaak. Vir ons geestelike dors gee die Here vir ons die water van die lewe, Jesus. Hy is vir jou die lewende waterbron.
n die woestyn kan ’n mens nie plant en saai en oes nie. In die woestyn kan jy nie self kos produseer nie. As jy in die woestyn wil oorleef, moet alles van buite af vir jou gegee word. Toe die Israeliete voor die verskriklike groot nood kom dat hulle nie meer kos het om te eet nie, het God vir hulle van “buite af” kos gegee. ’n Mens moet eintlik sê dat God vir hulle van “bo af” kos gegee het. God gee vir hulle manna uit die hemel gegee. Elke nag het “brood” vanuit die hemel oor die laer geval. In Johannes 6:31-35 sê Christus dat die manna ’n heenwysing na Hom was. Hý is vir die gelowiges die Brood wat lewe gee. Het ons vandag steeds die Brood van die lewe? Ja!! Dit is die Woord van God! Die Bybel is die kragbron vir jou trekpad deur die woestyn van die lewe. Jou “geestelike kos” kom uit God se Woord. Daarom moet jy elke dag jou Bybel lees, gereeld in die katkisasie en ook Sondae in die eredienste wees.
71.
72.
Hulp van alle kante is nodig
S
ó diep en opreg was Moses se gebed by RaÞdim dat die uitslag van die geveg daarvan afgehang het. Dit was baie belangrik dat die Israeliete die oorlog teen die Amalekiete wen. Terwyl die geveg aan die gang was, het Moses sy hande opgehou, dan het die Israeliete gewen. Maar sodra sy arms moeg word en hy laat hulle sak, het die Amalekiete gewen. Daarom het Aäron en Hur weerskante van Moses gaan staan en sy hande gestut tot die Israeliete oorwin het. Man-alleen is dit nie moontlik om Satan en sy trawante te oorwin nie. Net soos Israel die heidense Amalekiete oorwin het, moet ons vandag Satan oorwin. God het ons almal deel gemaak van sy kerk, sy gemeente. Ons moet mekaar in hierdie belangrike saak ondersteun. As jy sien dat van jou maats baie swaar kry om sonde te ontwyk, is dit jou plig om daardie maat van jou by te staan, te bemoedig en te help. Jy moet vir jou maats bid!
slingervel junie 2013
Balans in jou daaglikse lewe Lees in jou Bybel Eksodus 18:1-27
Lees in jou Bybel Eksodus 17:8-16
A
s leier van Israel was Moses se werkslas baie groot. Hy moes daagliks aan baie dinge aandag gee terwyl hulle deur die woestyn getrek het. Van die oggend tot die aand het mense na Moses gekom met hulle probleme en met hulle klagtes. Dit was vir Moses amper ’n onbegonne taak om aandag aan alles te gee. Toe gee sy skoonpa, Jetro, vir Moses goeie raad. Hy moet die werk verdeel en dan ander manne aanstel om elkeen ’n deel van die werk te doen. Onder die manne kan nog meer aangestel word om kleiner gedeeltes van die volk by te staan. Dit is nie God se wil dat enige mens onder ’n sekere werkslas knak nie. In die ritme van die lewe het God geleenthede gegee vir werk, maar ook vir ontspanning. Daar is tye om besig te wees en tye om te ontspan. Maar daar moet balans wees tussen werk en ontspanning. Jou skoolwerk is die belangrikste, maar mag nie afgeskeep word vanweë jou ontspanning nie.
9
Oom Attie Venter
Ons taal ...
'n kosbare besit! Van alle goeie gawes wat die Skepper aan die mensdom gegee het, is taal een van die wonderlikste. Die naturalis sal miskien sê: “Dit is net ’n reeks lugtrillings wat deur vibrerende stembande voortgebring word en wat deur tong, lippe en keelholte verbuig word. Die golwe slaan dan op die trommelvlies van die oor vas wat in ooreenstemmende trillings gebring word, ens. Uiteindelik word dit deur die brein vertolk.
N
ou, as dit al is, is dit al klaar ’n wonderlike proses. Daar steek egter veel meer in taal as net ’n reeks ingewikkelde natuurprosesse. Ek wil graag wys op die betekenis wat taal vir ’n mens het en tussenin op ons Christelike plig en roeping om hierdie gawe te ontwikkel. Taal as kommunikasiemiddel Diere het ook ’n “taal” waarmee hulle kommunikeer, maar hulle geluide het baie konkrete en direkte betekenisse, byvoorbeeld uitinge van dreigemente of opgewondenheid. Die mensetaal bestaan egter uit abstrakte simbole. Die spreker (of skrywer) sit sy gedagtes om in taalsimbole (letters). Dit wek by die hoorder (leser) dieselfde gedagtes en gevoelens op. Mense kan aan mekaar dus bevele gee, meegevoel of waardering oordra en kennis meedeel. Menslike kommunikasie is dus oneindig meer geskakeerd as die dierlike. Taal wek gevoelens op ... ... as gevolg van sy 16
simboolgeaardheid. As jy iemand se meegevoel wil opwek, vertel jy ’n treurige verhaal. Wil jy ’n liefde vir natuurbewaring aankweek, gee jy die nodige beskrywings, of lees jy natuurgedigte. Dink aan die geweldige inslag wat die sing van Psalms op die mens se gevoelslewe het. Gevoelsopwekking kan misbruik word (bv. propaganda) of teenstrydige gevoelens kan opgewek word. Kinders kan ook nie te vroeg oorgegee word aan die genade van liefdesdeurdrenkte boeke of liedere nie. Konsalik se boeke is myns insiens so emosiebelaai dat hulle glad nie eens in ’n skoolbiblioteek tuishoort nie (hierdie artikel is oorspronklik in 1971 geskryf toe Konsalik-boeke hoogs populêr was). Uiting van gevoelens Dawid se hart het só oorgeloop van blydskap en soms van droefheid dat hy eenvoudig daaraan uiting móés gee. Dit het hy wel gedoen in die vorm van skone gedigte (liedere).
Dit is nou eenmaal ’n eienskap van gevoelens – hulle moet uit. Ons drang om God te verheerlik, word al te dikwels dig toegemaak. As gereformeerdes is ons bang vir uitbundigheid, en nou slaan dit oor in oormatige terughoudendheid. Meestal egter is swye te wyte aan ’n onvermoë om ons taal te gebruik in gebede en gesprekke, waarin ons God kan verheerlik. Deur te leer om ons gevoelens in verstaanbare taal om te sit, kan gelowiges mekaar verryk. Denkmiddel ’n Mens dink nie sommer nie – ’n mens dink in ’n taal. ’n Eskimo het verskillende woorde vir verskillende vorms van sneeu. Hulle dink dus anders oor sneeu as ons. Kyk hoe moeilik dit vir ons is om die Hebreeuse woord(e) vir asem, gees en siel te vertaal. Taal gee ook koers aan ’n mens se gedagtes. Hoe dikwels ondervind ons dat as iemand iets, waaraan ons net vaagweg kan dink, duidelik in woorde kan
slingervel junie 2013
uitdruk, ons gedagtes beter koers kry. Roeping Uit die voorafgaande is dit duidelik dat ons taal ’n magtige instrument is wat aan ons toevertrou is (lees gerus Jakobus 3, waarin die taaleienskap van die tong in geen onduidelike terme vir ons uitgespel word!). Daarmee moet ons direk (deur gebede, sang, deur te getuig en te bely) of indirek (deur keurige alledaagse taalgebruik) die Naam van die Here verheerlik. Hierdie gawe moet dus ontwikkel word. As Calviniste glo ons dat Hy ook volle seggenskap op hierdie terrein het. Hoe dikwels vind ons dat geen huisgodsdiens gehou word nie – omdat die vader of moeder in hulle eie oë nie wel ter tale is nie. Hulle sien nie kans om hardop te bid nie. Lidmate sien nie kans om ouderlingskap te aanvaar nie om dieselfde rede. Iemand word verkies tot voorsitter van ’n vereniging, maar deins terug. As jy geroep word, maak gebruik van hierdie geleentheid om jou taalgebruik te verbeter en beskroomdheid te oorkom. (Dr. EA Venter het ons studente baie keer aangemoedig om enige versoek of uitnodiging om ’n praatjie op ’n vereniging-byeenkoms – of dit nou die VLV of die Skrootystergilde is – te lewer, te aanvaar, synde ’n geleentheid om ons taalgebruik te verbeter en te leer om voor mense op te tree.) Op hierdie manier kan jy dan jou gawes beter aanwend om die Here en jou medemens te dien. Taalskilderye DJ Opperman het geskryf: My nooi is in ’n nartjie / My ouma in
slingervel junie 2013
Musiek in die ore oe ek onlangs my boekrak ’n bietjie afgestof het, kom ek af op ’n idioomwoordeboek wat my dadelik laat ophou skoonmaak en oneindige pret verskaf het. Daarin het ek onder andere die volgende pragtige uitdrukkings raakgelees: ! !"#$%&'()**"#+$,**-$(#$.*'+/$0*(+$0+#)'12+".$+"$3#-**"$ .(+$#41)+'$54$.(+$)5467 ! !"#$*-/*-$/5'$++"$5&$*".+'$,1.$55'$(+/*".$2*,$%8 9:$;"$ #<)#+#$/**)$=*"$*--+#$2*,$>1?#1$**"4*)7$@5+$/55($)-(")$ .(,$*#$;"$/+"#$)*"$#AB$3:(+$C+0'**(.+$++".+$=-(+C$("$>**'$ /5".76 ! :*"$)'1$5"#$=('$%""(+$2*,$*".+'$*-,1.$"*4'**,$+"$C++"$ /+"("C$=*"$>**'$+(+$>+,$"(+7$3D1$0-*&$/+,$.(+$>5".+$+"$><(-$ /+,$.(+$25-2+76 ! D*"$(#$*-,1.$.()0+)$+"$5",+='+.+B$3;"$E+"#$)*"$=*"$>**'$ 5".+'-(4$#)5+"#5-+$/**)76 ! !5'$C+2(--(C+$E*',>*$2*,$*--+#$C+2(--(C-()$.5+"F$)*"$5"#$ #AB$3G('$=*".*C$#+$0'55.$)'1$#1$/H'+$#+$)5+)76 ! '5,#+$/*;#$/+,$.(+$/55(#,+F$#5+,#,+$+"$#-(/#,+$)(".+',I(+#$ C-5$2+')-()$3><--+$<(-$(#$;"$=*-)67$J"$55'$.(K$++"$2*,$.*.+$ **">5<.+".$5"C<"#,(C$)'(,(#++'F$)*"$5"#$#AB$3L**'$.(+$01$ #1$>+<"("C$<(,#<(CF$#<(C$.(+$#4(""+)54$#1$C(&$<(,76 ! :(+$/+"#$2*,$**"/+)**'$+"$-<(.$4'**,F$(#$#55#$3.(+$>+""+$ 2*,$.(+$/++#,+$)+))+-F$/**'$.(+$/("#,+$+(+'#$-A67 E1$'<C$54$5"#$)-+<''1)+$,**-$.'**(M$3N'50++'$=*"$#)(-4*.$=+'+$ 4-<)O6$PQR5'"+-(<#S
kaneel / Daar’s iemand in anys / Daar’s ’n vrou in elke geur. Hoe waar dié woorde is, het ek met die artikel Afrikaners is plesierig (25 Junie 2005), wat my so baie aan my ma herinner het, besef: ! My ma is in baie geure en reuke. ! Sy is in ’n toegewasemde kombuis in ’n pot boontjiesop en kerriefrikkadelle. Sy is in ’n skaapboud wat in die oond braai, in anyspoeding en pampoenkoekies. ! Sy is in die gesis en die reuk van ’n warm strykyster op natgespatte wasgoed. ! Sy is in die asynwater waarmee sy ons hare afgespoel het om dit te laat blink. ! Sy is in die 4711-reukwater op haar sakdoek wat sy Sondae uit haar handsak haal. ! Sy is in die tuin en in blomme. In die reuk van vars omgespitte grond. In die geur van kanferfoelie, pronkertjies en rose. Maar ook in die aardse reuk van Afrikaners wat my ma – wat reeds lankal weg is – vir my laat herlewe het. (Cloete, H) 17
tannie susan
Wat kan ek lees? Lochner, Helena J.F. 2012. Kammaland. 2e uitg. Illustrasies deur Liezl Potgieter. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R150,00. ISBN: 978-1-86919-557-1.
H
ierdie verhaalbundel vir groter kinders bevat verhale wat in drie kategorieë ingedeel is, naamlik stories oor “Die duiwel, rowers en seerowers”, “Drome, wense en geheime” en “Towenaars, dwergies en meerminne”. In die eerste kategorie is stories soos “Tafelblerg se kleed”, “Die prinses en die seerowers” en nog ander. “Die ou vrou se kombers”, “Die prinses se pêrels” en ander verhale val onder die tweede groep, terwyl “Die gaatjie in die muur” en “Ou Koning van Klou” onder andere die derde groep uitmaak. Sommige verhale in Kammaland skep goeie spanning, terwyl ander die lesers weer laat skaterlag of verstom laat oor die waagmoed en vernuf van die karakters wat uit die verhale spreek.
slingervel junie 2013
Die taalgebruik is eenvoudig en die boek lees lekker. Die stories sal kinders lank geïnteresseerd self laat voortlees, of in spanning laat sit en luister na die ontknoping van die verhaal tydens voorleessessies. Kammaland is verhale uit Lochner se verhaalskat wat nuut vir moderne lesertjies aangebied word.
Van Rooyen, G.H. & Pellissier, S.H. 2012. Raai raai riepa: die Afrikaanse raaiselboek. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R165,00. ISBN: 978-1-86919725-4.
H
ierdie versameling prettige raaisels is ingedeel in rympieraaisels, raaisels en tongknopers of snelsêertjies. Die afdelings rympieraaisels en raaisels bevat raaisels oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe. Die verskil is dat die rympieraaisels die raaisels in rymvorm stel, byvoorbeeld “Ek is rond, ek is nat, as ek val, is ek plat”, teenoor “Wit klippie ver gooi”
uit die raaiselafdeling. Die tongknopers bevat verskeie skreeusnaakse sêgoed om ’n mens se tongvernuf behoorlik uit te daag, byvoorbeeld “Op die dak lê drie rolle doringdraad”, of ook “Groot grys goggas grawe groot gate in die growwe gruis”. Agterin die boek is die antwoorde op die raaisels en raaiselrympies. Raai raai riepa is ’n humoristiese bundel vir jonk en oud, om enige tyd te geniet en die lagspiere te prikkel.
Sasner, Chris. 2012. Die Swart kat slaan neer en ander avonture. Illustreerder: Willem Samuel. 3e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 100 p. Prys: R110,00. ISBN: 9781-86919-691-2. (Die Swart Kat-reeks.)
B
orrie Veldt is ’n kêreltjie met baie verbeelding, waagmoed en deursettingsvermoë. Sy pa is ’n speurder, en die avontuurlus en drang om ook ’n verskil aan mense se lewens te maak deur booswigte aan die
19
pen te laat ry, loop bruisend in sy are. Hy het op ’n strategie besluit, naamlik om ’n spesiale mondering aan te trek, homself as die Swart Kat te bemark en op ’n geheimsinnige wyse skuldiges te help aankeer, maar self incognito te bly. Sy mondering laat hom dikwels in ’n penarie beland as hy byvoorbeeld sy suster se swart broekiekouse vaslê (“leen”) of as sy mantel op ’n kritieke stadium êrens vashaak. Die avonture in hierdie eerste bundel is eintlik humoristies en Borrie is voortdurend in sy gedagtes met homself in ’n gesprek. Ten spyte van al die snaakse dinge wat hom oorkom, of dalk as gevolg van die ondeurdagte en verspotte dinge wat hy aanvang, slaag sy sendings gewoonlik. Die uitkoms het nie altyd gebeur presies soos hy beplan het nie, maar die eindes was darem reg! Die boek lees gemaklik en jong tieners behoort heerlik oor al Borrie se planne en optrede te grinnik.
Lucado, Max, Frazee, Randy & Davis Hill, Karen. 2012. Die Bybelstorie vir kinders: die Bybel in stories. Illustrasies deur Fausto Bianchi en vertaal deur Ernalize Groenewald. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 287 p. Prys: R149,95. ISBN: 978-1-4316-0218-6.
I
n 48 verhale word kernmomente uit die openbaringsgeskiedenis van die Bybel op ’n bevatlike wyse en in maklike taalgebruik aan kinders vertel en op ’n besondere wyse deur kleurillustrasies toegelig. Die verhale begin by die skepping en eindig met die belofte van Jesus se wederkoms na die nuwe aarde en die nuwe Jerusalem wat in Openbaring beloof is. 20
By elke verhaal is ’n spesiale toepassingsgedeelte, “God se boodskap”, waarin elke verhaal se praktiese vasknooppunt vir elkeen se daaglikse lewe na vore kom. God se liefde vir sy kinders loop soos ’n goue draad deur al die vertellings. Die Nuwe lewende vertaling het die basis gevorm waaruit al die verhale vertel is. Die Bybelstorie vir kinders vorm deel van die storie-veldtog by CUM-boeke om kinders en volwassenes meer van God se liefde vir hulle te leer.
Wÿgenga, Gretel (oorverteller). 2012. Prinsesstories. Zinelda McDonald. Pretoria: LAPA Uitgewers. 64 p. Prys: R100,00. ISBN: 978 0 7993 5492 8.
I
n hierdie verhaalbundel word nege klassieke stories oor prinsesse oorvertel – Aspoestertjie, Doringrosie, Raponsie, Duimelize, Lisa en die elf swane, en nog ander geliefde stories oor prinsesse. Die pragtige kleurillustrasies komplementeer die verhale uitstekend. Die verhale word in ’n eie idioom met interessante variasies in keurige Afrikaans vertel. Kinders sal graag hierdie verhale self wil lees of gretig daarna luister wanneer dit voorgelees word. Prinsesstories is vir alle prinsesse en ook dapper prinse wat graag prinsesse wil red – ’n kosbare juweeltjie! SV
Slingervel se adresse
slingervel@telkomsa.net ! Posbus 6433, Flamwood 2572 " Tel/faks 018 468 1782 slingervel junie 2013
slingervel vel e junie junie 2013 201 013 3
21 21