Slingervel maart lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 4 6 7 8 10 12

Slingervel, Jaargang 54 Nommer 944, Maart 2013

2

13 14

Die redakteur skryf Verjaardaghoekie Spreuke vir die tiener verklaar Bybelleesrooster vir April Oordenkings vir laerskoolkinders Dankie tog vir macaroni en kaas! Skommelraaisel Lewendmaking in Handelinge Ons Pretblad Rondomtalieraai Plante-anagram

15 Die lekker taai toffie TONG in Afrikaanse idiome Dol Definisies Vierkantraaisel 16 'n Wonderlike estuarium (2) 18 Blokkiesraaisel 445 19 Het jy geweet? 20 Boekeblad 22 Oordenkings vir tieners 24 Sonder die son kan lewe op aarde nie bestaan nie

REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

Rika du Plessis en Sophia van der Walt Stories

Intekengeld R177,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit)

Tipografie en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za

Artikelskrywers diĂŠ uitgawe Dr. Nico van der Merwe

Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

MEDEWERKERS Dr. Nico van der Merwe Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders Marina Kotze Junior Rubrieke en Penmaats Riana Jonker Verjaardaghoekie Susan Lourens Boekeblad Tersia van der Merwe en Rina Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers Attie Venter Wetenskap-Artikels

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Basjan

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462 Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Die Redakteur Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572 Jaargang 54 Nommer 943, Februarie 2013 ISSN 0037 685 X

slingervel maart 2013


dr. nico van der merwe

Spreuke vir die tiener verklaar

Steel, verduister, korrupsie, oneerlikheid

Spreuke 10:2 D

ie spreuke in 10:1-5 vorm ’n eenheid om die tema die regte en verkeerde manier om te lewe.

Die saak in vers 1 word in 10:23-27 herhaal. Die saak in vers 2 word in 12:1-4 herhaal. Die inhoud van vers 3 kom in 14:1-4 weer aan die orde. Die inhoud van vers 4-5 kom in 15:2-7 weer aan die orde.

as die hoogste doel in die lewe sien, word deur geld en besittings besit. !

Spreuke 10:2 wys op mense wat ongeluk oor hulleself bring omdat hulle ’n verkeerde lewenswyse kies. Hier in vers 2 gaan dit in die besonder oor mense wat aardse goedere op ’n onregverdige wyse bekom. ! Ons het in die geskiedenis van Suid-Afrika voorbeelde daarvan. Ag, daagliks gebeur hierdie onregmatighede rondom ons. Daar is so baie onregverdige of skelm maniere om geld en goed te kry dat ’n mens nie eens alles sal kan oproep nie. Diefstal en korrupsie is seker die twee maniere wat die gewildste is by skelms. Korrupsie verwys na die skelm manier van geld bekom, veral by wyse van dreigemente of omkopery. Die Here verwag van die mens om “deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud te voorsien” (Ef. 4:28). Diens aan God is belangriker as enige ander faset van jou lewe. Christus se verlossing beteken ook dat Hy die dors na goed verander het na ’n dors na God. Wie geld en aardse goed 6

!

Jou geld en jou besittings moet jy verkry deur getrou jou werk te doen. Teenoor die harde werker, die eerlike arbeider, staan die mens wat sy geld en besittings op ’n onwettige manier verwerf. God se oë sien rowers en diewe onder ons mense wat vir ons as doodeerlike mense voorkom. Dink maar hoe het Jesus die sakemanne wat voorgee dat hulle goeddoen, uit die tempel gedryf en hulle rowers genoem het (Matt. 21).

In positiewe sin leer die Here in Spreuke 10:2 “om te lewe volgens die wil van God, red ’n mens van die dood.” SV

slingervel maart 2013


RINA

Vul die blokkies in die rondte in (kloksgewys), sodat die laaste letter van nommer 1 ook die eerste letter van nommer 2 is. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11

God sal die tyd inkort ter wille van hulle (Matt. 24:22). Die mense se skerp tonge is ______ (Ps. 64:4). Een van Abraham se seuns (Gen. 25:25). Hy was Batseba se man (2 Sam. 11:3). Hulle het Jesus eers na hom toe gevat (Joh. 18:13). Hy het na Timna toe gegaan (Rigt. 14:1). Een van Bilha se seuns (Gen. 35:25). Hulle is getel in Rigters 20:17. Die Woord van die Here het tot hom gekom (Eseg. 1:3). Hy was uit die geslag van Nahor (Gen. 29:5). Hy was 'n profeet in die tyd van Dawid (1 Kron. 29:29).

TERSIA

S

oek die name van die plante wat in die Bybel genoem word, op met die hulp van die volgende teksverse. Skommel dan die letters van die anagramme om die korrekte woorde te kry: Matt. 6:28 Gen. 21:33 Gen. 6:14 Pred. 12:5 (2 name) Lev. 14:4 (2 name) 1 Kon. 6:31 Ps. 45:9 (3 name) Jona 4:6

14

slingervel maart 2013


dr. nico van der merwe 33.

God ken jou gedagtes deur en deur Lees: Psalm 139:1-12

34.

Teks: Psalm 139:2

P

Lees: Psalm 44:1-27

salm 139 prys God wat alles van jou weet. Hy weet of jy op sy pad loop. Omdat God alwys, alomteenwoordig en alwetend is, weet Hy alles en is daar niks wat jy vir Hom oor jouself kan wegsteek nie. Dawid, die digter van Psalm 139, skryf dat die alwetendheid van God in direkte verband met jou persoonlike lewe staan. God weet wat in jou gedagtes, in jou verbeelding, in jou denke, in jou verstand aangaan. God ken die planne wat jy maak en Hy ken die mo ewe waarom jy sekere dinge doen soos jy dit doen. Omdat dit die geval is, moet jy waaksaam wees met wat in jou hart aangaan (Spr. 4:23). Omdat die Here jou in en deur Jesus Christus verlos het van jou sonde, moet jy jou hart oopmaak dat die Heilige Gees daarin kan kom en jou gedagtes en planne reinig.

A

35.

36.

God ken die bedoeling van elke gedagte Lees: 1 Kronieke 28:1-10

Teks: Psalm 44:21-22

l die wonderdade van God aan die Israeliete se voorouers word in vers 1-9 in herinnering geroep. Daarna word die haglike situasie waarin die volk verkeer, genoem (vs. 10-17). Nogtans word die volk daarop gewys dat hulle vertroue in God nog behoue is. As getuie van die egtheid van hulle geloofsvertroue op God, word die alwetendheid van God ingeroep. Vir die mens wat in sonde en afvalligheid leef, is die gedagte aan God se alwetendheid ’n verskrikking. Vir die mens wat opreg is, is die alwetendheid van God ’n troos. Jy kan nie in die geheim van God afvallig wees en tussen ander mense maak asof alles in jou hart reg is nie. God ken jou diepste geheime, ook jou weggesteekte sondes en jou oortredinge van die Here se wet. Hy roep jou tot bekering!

Teks: 1 Kronieke 28:9a

O

God ken die geheime van jou hart

Die Here is ’n God van onpeilbare kennis Lees: 1 Samuel 2:1-12

Teks: 1 Samuel 2:3b

H

ns lees van Dawid se optrede aan die einde van sy lewe. Hy maak voorsiening vir die bou van ’n tempel vir God in Jerusalem. Hy erken dat God Salomo aangewys het om hom as koning op te volg. Hy vermaan die volk om getrou en gehoorsaam aan God te wees. Hy doen ’n beroep op Salomo om God te ken en Hom as ’n werklikheid in sy lewe te ervaar. Eers dan sal hy God met oorgawe kan dien. Hy moet met ’n rein en gewillige hart aan God gehoorsaam wees en openhar g met God wees. Jy kan nie gedagtes en dade vir God wegsteek nie. Dit is ’n waarheid wat ook vandag vir jou geld. “Die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte” (vs. 9). Dit moet jou opmerksaam maak vir alles wat jy in jou hart koester en in jou gedagtes beplan.

anna is vol vreugde en blydskap, want God het haar gebed verhoor. Sy het God gevra om aan haar ’n seuntjie te gee. God doen soos sy in a!anklikheid van Hom gevra het. Daarom sing Hanna ’n loßied van dank. Sy eer God ter wille van sy heiligheid, sy almag, sy regverdigheid en sy alwysheid: “’n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets” (vs. 3b). God onderskei die beweegredes van die mens se hart. Hy gee kennis en wysheid aan dié wat Hom daarom vra, om dit in sy diens en tot sy eer te gebruik. Teenoor die Here mag jy nie hoogmoedig en aanma gend wees nie. Vir God kan jy nie jou gedagtes, jou voornemens, jou planne wegsteek nie. In jou gedagtes en in jou hart moet jy met eerbied omgaan met die dinge wat God raak.

37.

38.

Die Here weet wat in die duisternis is Lees: Daniël 2:1-23

Teks: Daniël 2:22

God bevry jou van paniek Lees: Johannes 14:1-3, 25-31

I

Teks: Johannes 14:27

J

n Daniël 2 lees ons van koning Nebukadnesar se droom, en Daniël se verklaring daarvan. Die droomuitleggers van Babel kon dit nie doen nie. Om dit te kan doen, het Daniël en sy vriende tot God gebid (vs. 17-18). God antwoord en maak die droom vir Daniël bekend, en ook die uitleg daarvan (vs. 19). Niks is te diep of te geheim vir God om te weet nie. Al is iets ook diep weggesteek in die duisternis, weet God daarvan. Aan elkeen wat Hom daarom vra, gee God insig om ondeurgrondelike en verborge dinge te ken, want die Here weet van alles. Kennis en wysheid en lig kan jy dus nêrens anders soek as by die Here nie. Namate jy jou verdiep in die Woord van God, word dinge vir jou duideliker en bekend. Bybellees en bid as onvervangbaar in jou godsdiens.

esus se gevangeneming en kruisiging kom al nader. In Johannes 14 maak Christus as ’t ware sy testament bekend. Geld en besi"ngs het Jesus nie. Hy laat egter iets agter wat goud en silwer nie kan koop nie, dit is vrede. Die vrede wat Jesus gee, is anders as dié wat die wêreld gee. Die wêreld bou sy vrede op vrees. Omdat die een land meer wapentuig as die ander land het, is daar vrede op grond van vrees. Vrede kom nie outoma es nie. ’n Mens moet nie die skuld vir haat, oorlog en wraak by God soek nie. Dit is die mens wat in sy sonde vrede weggooi en sy lewe in stryd voer. As paniek jou beetpak in die lig van alles wat in ons tyd gebeur – moorde, kapings, verkrag ngs, geweld – dan troos Jesus jou dat jy by Hom vrede sal vind en by elke mens wat Hom opreg aanbid.

39.

40.

God bevry jou van die oordeel Lees: Psalm 139:1-2; Romeine 8:1-17

M

Teks: Rom. 8:1

et Christus breek ’n nuwe tydperk vir die mens aan. Ons leef vandag in daardie tyd. Dit is ’n tydperk vir jou as Christen ener wat vrede met God bring. In die ou tydperk voor Jesus het jy onder die ou bedeling van wetsvoorskri#e gestaan, en op grond daarvan was jy tot die dood toe skuldig voor God (Rom. 7:24). Maar in die nuwe tydperk is daar vir jou geen veroordeling nie (vs. 1). God het sy oordeel oor die sonde uitgespreek. Elke mens staan skuldig voor God en verdien die oordeel. Maar Jesus het die oordeel vir jou gedra. Psalm 139 sê God omsluit jou van alle kante (vs. 5). In jou plek het Jesus jou sondeskuld a$etaal en jou sondestraf het Hy vir jou gedra. Christus het aan jou verlossing en vrede gegee, en deur sy Heilige Gees die sekerheid van die ewige lewe in Hom.

22

God bevry jou van die wet Lees: Psalm 119:97-104

Teks: Romeine 6:14

S

ommige mense dink God het sy wet gegee sodat elkeen wat die wet nakom, verlos kan word. Die Fariseërs en die wetsgeleerdes het dit in Jesus se tyd verkondig. Hulle sê hoe meer jy die wet van God nakom, hoe sekerder word jou verlossing. Paulus sê dit is nie so nie: “Julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade” (vs. 14b). As Paulus sê dat ons nie meer onder die wet staan nie, beteken dit dat ons die verlossing uit genade kry. Ons is verlos van die wet en staan onder die genade van Christus. Jy moet dus nie die wet van God nakom sodat God jou kan verlos nie. Jy kom die wet van God na omdat God jou reeds verlos het. Omdat jou verlossing uit genade is, beteken dit dat jy nie vir jou verlossing hoef te werk nie – jy ontvang dit uit genade.

slingervel maart 2013


41.

God bevry jou van onsekerheid Lees: Johannes 10:22-30

42.

it ondervinding sal jy as ener weet dat ons tyd meer vraagtekens het as uitroeptekens. Daar is meer twyfel as sekerheid. Mense leef in skynsekerhede. Hulle dink dat hulle seker is, en lewe dan houtgerus in hulle sonde voort. Die ander kant is ook waar – dat mense in totale onsekerheid lewe. Hulle sê dat jy van God en jou verlossing nooit reg g seker kan wees nie. As Jesus sê dat Hy die Goeie Herder is en die gelowiges is die skape, dan lê die sekerheid in die Herder en nie in die skape nie. Geloofsekerheid lê daarin dat Christus sy skape ken en hulle vir Hom. Sy skape luister na en volg Hom. Hy gee die sekerheid vir die ewige lewe deur te waarborg dat niemand hulle uit sy hand sal ruk nie. As geloofstwyfel jou oorval, luister dan na sy versekering en die waarborg wat Hy gee.

M

43.

44.

U

God bevry jou van jou persoonlike skuld Lees: 2 Samuel 12:1-10

Teks: Johannes 9:2

ense soek ’n direkte verband tussen sonde en siekte, sonde en rampe, skuld en lyding. Mense sê ’n sekere sonde lei tot ’n sekere siekte, of ramp of lyding. Dit was ook die dissipels se standpunt toe hulle die blindgebore man sien. Jesus korrigeer egter hulle verkeerde standpunt. Daar is ’n ander rede vir die man se blindheid. Dit is sodat die werke wat God doen, in hom gesien kan word. As Jesus hierdie blinde man genees, is dit ’n bewys dat God die tekens van die sonde en dood in hierdie wêreld kan oorwin. Dit is nie om ’n sekere sonde van die man of sy ouers dat hy blind is nie. In hierdie wêreld met sy baie vrae en soeke na antwoorde oor die skuld en gevolge van die sonde, hoor jy dat God jou sondeskuld in Christus weggeneem het.

God lei Moses op vir sy roeping Lees: Eksodus 2:1-15

Teks: 2 Samuel 12:7

A

God bevry jou van jou skuld Lees: Johannes 9:1-12

Teks: Johannes 10:27-28

Teks: Eksodus 2:15

M

s jy ontken hoe diep jou sondeskuld is, dan sê jy die mens is volmaak. Die pyn wat veroorsaak word as jy jou sondeskuld bely, wil jy dan verdoof deur die inspui ng dat almal tog in die algemeen skuld het aan die sonde. Nadat Dawid owerspel met Batseba, die vrou van Uria, gepleeg het en veroorsaak dat Uria daarna sneuwel, kom die profeet Natan en laat Dawid sy persoonlike aandeel in hierdie sonde erken deur vir hom te sê: “Jy is die man!” (vs. 7). Jy is persoonlik skuldig! Jou sondes wil jy gedurig wegsteek, vir jouself, vir jou medemens en vir God. Maar dit werk nie. In hierdie wêreld met sy baie vrae en soeke na antwoorde oor die skuld en gevolge van die sonde, hoor jy dat God jou sondeskuld in Christus weggeneem het.

oses is gebore toe die Israeliete die Egiptenare se slawe was. Ten spyte hiervan, en die farao se pogings om die volk van God uit te wis, word Moses op ’n wonderbaarlike wyse bewaar. Moses se geboorte en bewaring is ’n teken van die verlossing wat God gaan skenk. Sy grootwordjare in die paleis van die farao is deur God beskik. Daardeur berei God hom voor om eendag Israel se leier te wees. Toe hy 40 jaar was (Hand. 7:23), wil hy sy volk red. Dit eindig vir Moses in die moord wat hy pleeg en die farao se voorneme om hom dood te maak (vs. 15). Moses vlug na Midian waar hy die volgende 40 jaar skape in die woestyn oppas. Soms gebeur daar dinge in die lewe wat jy nie weet hoekom nie. Onthou, God is voortdurend besig om jou vir jou roeping op te lei.

45.

46. God maak Moses se roeping aan hom bekend

God maak Homself aan Moses bekend Lees: Eksodus 2:23 – 3:9

Lees: Eksodus 3:10 – 4:17

Teks: Eksodus 3:5

oses het al 40 jaar vee opgepas in die woestyn toe God op ’n dag aan hom verskyn in die vorm van ’n brandende doringbos wat nie uitbrand nie. Dit is ook ’n beeld van Israel wat in die hi%e van die slawerny is en nie ondergaan nie. Dit is ’n teken van God se wonderlike beskerming. Maar dit is ook ’n teken van die heiligheid van God se liefde. As erkenning van God se heiligheid moet Moses sy skoene ui%rek. Die geloofslewe van die mens het twee fase%e: eerbied en vertroue. God se ontmoe ng met Moses bring hom tot aanbidding. Verskyn God in sy heiligheid aan jou ook? Ja! Dit is die ervaring van die geloof dat ons heilige God in Jesus Christus tot ons kom en sê: Ek is jou God! In die Naam van God is vir jou die verlossing van die sondeverdrukking en die ewige lewe.

D

47.

48.

M

God se reguit hou met ’n krom stok Lees: Psalm 51:1-21

it was vir Moses ’n verrassing dat God besluit om Israel uit die slawerny te red. Dit was vir hom ook ’n skok dat God hóm roep om Israel se leier te wees tydens die verlossing. Toe Moses 40 jaar oud was, wou hy sy volk verlos, toe wil God nie. Nou wil God sy volk verlos, maar nou wil Moses nie. Moses het vyf keer vir die Here gesê dat hy nie die opdrag kan uitvoer nie, maar God het nie sy opdrag gekanselleer nie. God staan vas by die roeping wat Hy vir Moses het en los elke beswaar van Moses op. As Moses die werk nie wil doen nie, sê hy vir God dat dit nie vir hom soos ’n roeping voel nie. Hy voel anders oor die saak. Maar God staan by die opdrag: Jy gaan! As God vir jou ’n sekere opdrag gee, sal Hy ook sorg dat jy die nodige gawes het om die opdrag uit te voer.

at God ’n reguit hou met ’n krom stok slaan, gee ons nie die reg om die krom stok reg te praat nie. Krom is krom en reg is reg. Ons mag ook nie God se reguit hou krom noem nie. Wat Dawid met Batseba en Uria gedoen het, is méér as krom. Erger en krommer kan Dawid se optrede nie wees nie. ’n Mens wil Dawid sommer afskryf. Gooi die krom stok op die vullishoop en verbrand dit. God sê egter, hoe diepgaande en erg jou sonde ook al is, daar is vergifnis moontlik. Dawid sê wat hy gaan doen: “Dan sal ek oortreders leer wat U van ’n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer” (vs. 15). Jy moet tot God bid om jou die pad van bevrydende genade te wys waarop jy aan God diensbaar kan wees en ’n getuie van sy groot liefde en regverdigheid kan wees.

slingervel maart 2013

Een wat nie sy kop verloor nie Lees: Handelinge 27:13-44

Teks: Psalm 51:15

D

Teks: Eksodus 3:10

Teks: Hand. 27:35-36

D

ie nood van die kaptein en die matrose was só hoog dat hulle al die vrag en die skip se toerus ng oorboord gegooi het (vs. 18-19). Op die skip was die paniek hoog en het hulle vir ’n lang ruk nie geëet nie (vs. 21). Onder al hierdie omstandighede het Paulus kop gehou. Hy kalmeer en bemoedig die mense aan boord. Hy vertel ook dat ’n engel van God na hom gekom het met die boodskap dat hulle nie sal omkom nie. Vanuit hierdie bevrydende geloofsekerheid sê hy dat hulle iets moet eet. ’n Mens wat deur ware geloof aan God gebind is, sal in staat wees om in die oomblik van ’n groot krisis of ’n ramp kop te hou en kalm op te tree. Dit is darem erg as iemand wat sê dat hy ’n gelowige is, in tye van ongeluk of gevaar kop verloor en in wanhoop versink.

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.