Slingervel Mei 2013 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 4 6

Die redakteur skryf Verjaardaghoekie Bybelleesrooster vir Junie 8 Oordenkings vir laerskoolkinders 10 Wie het die Bybel geskryf? 12 Albertus, die draak wat nie kon vuur spoeg nie 13 Slingervel se Dol Definisies

14 15 16 18 19 22 24

SKAAP in Afrikaanse idiome Het jy geweet? Deeg om mee te speel Blokraaisel Kampplek-kopkrapper 'n Nuwe mens! Blokkiesraaisel 447 Boekeblad Oordenkings vir tieners Ons Pretblad

Slingervel, Jaargang 54 Nommer 946, Mei 2013

REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net TipograĂže en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS Dr. Nico van der Merwe Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders Marina Kotze Junior Rubrieke en Penmaats Riana Jonker Verjaardaghoekie Susan Lourens Boekeblad Tersia van der Merwe en Rina Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers Attie Venter

2

Wetenskap-Artikels Rika du Plessis en Sophia van der Walt Stories

Intekengeld R177,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit)

Artikelskrywers diĂŠ uitgawe Dr. Nico van der Merwe

Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Die Redakteur Posbus 6433, Flamwood 2572

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462 Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572 Jaargang 54 Nommer 946, Mei 2013

ISSN 0037 685 X

slingervel mei 2013


Die redakteur skryf ...

Ek is te skaam om vir die Here te getuig ! Die woord skaam beteken verleë, bedees, beskeie. ! Skaamwees kan ook beteken bang wees om uitgelag of gespot te word. ! Skaam kan verder beteken om huiwerig te wees om op te tree omdat jy nie seker is wat om te doen nie.

T

ieners is skaam om voor mense ’n standpunt in te neem. Maar dan is dit ’n baie geselekteerde skaamte. Dit raak net een aspek van jou lewe. Tieners het nie probleme om sterk standpunt in te neem as hulle eie saak benadeel word nie. Vir jou eie goeie naam en dié van jou ouers sal jy selfs in ’n leeukuil spring om dit te verdedig. Om jou huis en jou goed en jou veiligheid te beskerm, bestee mense baie maklik duisende rande, en niks is inderwaarheid vir jou te veel nie.

dat jy ’n oog daaroor knip? Luister net oor die TV! ! Wat word nie alles bedink om die koninkryk van God skade aan te doen nie, en jy swyg in duisend stiltes sonder om aksie te neem. ! Watter Christentiener span sy geloofspiere in om ’n stem te laat hoor teen lotery, dobbelary, pornografie, Sondagontheiliging, miskenning van God se wet, vloektaal, swetstaal, ens., ens., ens? ! Wat is jou reaksie as van jou maats of skoolvriende grappies maak oor God of die kerk? Dit is alles dinge wat God se eer aantas en sy koninkryk skade aandoen, middele in die hande van Satan om God se koninkryk tot ’n val te probeer bring. En uit skaamte, onbeholpenheid, ongeërgdheid doen jy absoluut niks daaraan nie, want jy wil nie die publieke opinie uitdaag nie! Ná Jesus se opstanding uit die dood het die dissipels in angs vir hulle veiligheid gaan wegkruip agter slot en grendel (Joh. 20:19). Toe die Heilige Gees egter in hulle harte uitgestort is, het hulle met vrymoedigheid die boodskap van Christus verkondig (Hand. 4:3). Skiet jy in alles dalk tekort aan gehoorsaamheid aan die Heilige Gees? Elke gelowige moet opnuut sy lewensprioriteite in die lig van sy Christelike roeping vasstel! As die Here en die saak van die Here en sy Woord vir jou belangrik is, sal dit nie ’n probleem of ’n las wees om dié saak met al jou lewensenergie te verdedig nie. Die aanslag van Satan op die Koninkryk van God kan op geen manier afgeweer word nie as net deur die verantwoordelike optrede van God se kinders. SV

Dan kom die geweldige kontras! Jy beskerm en verdedig nie naastenby met dieselfde passie die Naam van God en die bestaan van God se koninkryk en sy kerk nie. As dit by die beskerming van jou geestelike goed kom, is jy maar baie traag. ! Hoeveel keer word God se Naam in jou teenwoordigheid gelaster of misbruik sonder

slingervel mei 2013

Slingervel se adresse "slingervel@telkomsa.net # Posbus 6433, Flamwood 2572 $ Tel/faks 018 468 1782 3


Uit: Die verhaal van die Bybel. Tim Dowley. Lux Verbi.BM Verstaan die Bybel-reeks

10

slingervel mei 2013


slingervel mei 2013

11


tannie susan

Wat kan ek lees? Olten, Wanja. 2012. Nie eens ’n bietjie vuil nie. Illustrasies deur Manuela Olten & uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-571-3.

M

a’s wil soms hê hulle kinders moet skoon en netjies wees en dus gereeld hande was – en dan is ’n mens se hande nie eers regtig baie vuil nie! Ma’s reken daar is baie kieme op jou hande – kieme wat ’n mens kan siek maak. Miskien is dit dalk waar en ’n oorweging om maar tog hande te was – of dalk nie? Hierdie humoristiese storieboek met sy treffende illustrasies sal jong kinders laat skaterlag en is ideaal vir selflees en voorlees.

Cousins, Lucy. 2012. Ek is die beste. Uit Engels vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-519-9.

A

lhoewel Hond lief is vir sy vriende Liewenheersbesie, Mol, Gans en Donkie, kan hy,

slingervel mei 2013

volgens homself, sekere dinge beter doen as party van hulle. Dit vryf hy onder hulle neuse en spog dat hy die beste is. Dit maak hulle hartseer en hulle leer hom ’n les sodat hy kan verstaan dat elkeen goed is (en dus ook die beste kan wees) op sy eie gebied. Hierdie prenteboek is uitstekend vir voorlees en selflees, en jong kinders, wat altyd graag die beste wil wees, sal heerlik met die karaktertjies van die boek kan identifiseer. Speel-speel leer hulle sommer ook ’n lewensles! Die pragtige kleurillustrasies ondersteun die humoristiese verhaaltjie uitstekend.

Dirks, Cor. 2012. Die Uile in die wapad. 4e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 127 p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-564-9. (Die Uile-reeks, 9.)

I

n hierdie avontuur is die vyf Uile op ’n fietstoer in die Limpopo-Provinsie. Dit is swaar trap teen die opdraendes uit en warm kry, behendig bestuur tussen die klippe deur wanneer daar met ’n geweldige spoed teen die afdraendes afgevlieg word – maar daar is ook heerlike pret en baljaar wanneer daar vir die nag uitgekamp word. Wat ’n heerlike avontuur! Toe kom soek die moeilikheid die Uile op: hulle word ontvoer om saam met ander gevangenes goedkoop hande-arbeid in ’n myn te gaan doen. Dit is net nie in die Uile se aard om onreg wat gepleeg word, gelate te aanvaar nie. Gou het hulle ’n slim ontsnappingsplan bedink – maar gaan dit werk? Dit mag dalk baie waaghalsig wees, want die skurke huiwer beslis nie om vuurwapens te gebruik nie. Om in lekkerlees-Afrikaans die avontuur saam met ou bekende “vriende” te deel, is ’n heerlike leesavontuur wat ’n mens beslis nie kan misloop nie.

19


Baltscheit, Martin. 2012. Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie. Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-512-0.

L

eeu wou graag ’n brief aan Leeuwyfie skryf om te sê hoe hy oor haar voel. Die probleem was egter dat hy nie kon skryf nie. Daarom moes die ander diere vir hom die briewe skryf – maar dit was telkens beslis nie wat hy vir die mooi, opgevoede dame van ’n leeuwyfie wou sê nie. Uit pure frustrasie het hy alles uitgebrul wat hy graag sou wou skryf indien hy kon. Gelukkig het sy dit gehoor en hom te hulp gesnel ... Hierdie kostelike storieboek spreek van fyn humor en die pragtige illustrasies, wat die outeur se eie werk is, ondersteun en vul die storie pragtig aan. Kleuters en jong kinders sal hierdie verhaaltjie weer en weer wil hoor en/ of self lees. Dit sal beslis gou ’n treffer op kinders se boekrakke word.

My bietjie-boekie oor: Diere; Helder kleure; Dankie sê; Goeie gewoontes; Hoe ek voel; en Hoe om te tel. 2012. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. Prys: R119,95 vir die stel

20

van 6 boekies. ISBN: 978-1-4316-0395-* -0400-*. (Die My bietjie-boekiereeks.)

H

ierdie stel van ses dik kartonboekies in klein formaat is op kleuters tot ongeveer 3 jaar gerig. Die handige formaat is net reg vir leergierige klein handjies om vas te hou en te leer blaai. Die mooi duidelike kleurillustrasies en grootdrukwoorde maak leer maklik – dit stimuleer ook taal- en leesontwikkeling. Die ses onderwerpe wat gedek word, val binne kleuters se ervaringsveld en bevatlikheidsvlak. Dit handel naamlik oor gevoelens, goeie gewoontes, basiese telwoorde, dankbaarheid, helder kleure en diere. Die verskillende teksverse kom uit Die Boodskap en Die NLV. Die Bybelse boodskap wat uit die boekies se inhoud skyn, laat ook by kleuters die wete posvat dat God en sy Woord by enige onderwerp of lewensterrein inpas en tuishoort. Kleuters sal versot wees op hierdie reeks prettige klein boekies en baie geheg raak daaraan.

Brink, Tania. 2012. Al die meisies hou van Divan

Louw. Pretoria: LAPA Uitgewers. 112 p. Prys: R90,00. ISBN: 978 0 7993 5495 9.

D

ivan Louw se ouers wil vanuit Amerika na Suid-Afrika terugkeer. Hy bly voorlopig by sy niggie Karien-hulle, sodat hy by die nuwe skool kan wees wanneer die skooljaar begin. Divan is ’n oulike hunk en al die meisies in die skool is dadelik mal oor hom. Karin en haar drie maats, Lisa, Jackie en Shireen, word groot maats met Divan. Lisa wil graag mense se probleme help oplos en sy vra vir Divan om haar te help toe dit by haar maats se hartsake kom. Dan is daar ook die skool se jaarlike fantasiebal wat ’n spoggeleentheid is en al die drama wat daarrondom gebeur. In hierdie oulike tienerverhaal is daar sprake van ’n heerlike anderster en onverwagse liefdesverhaal wat baie subtiel en met baie pret ontvou. Die verhaal lees lekker, is humoristies en tieners sal beslis met die karakters kan identifiseer en ook heerlik saamlag oor al die tipiese tienergebeure. ’n Boek vol pret en plesier!

slingervel mei 2013


slingervel mei 2013

21


dr. nico van der merwe 49.

’n Christentiener gedra hom altyd goed Lees: 1 Petrus 2:11-17

50.

Teks: 1 Petrus 2:12

W

Lees: 1 Petrus 3:1-7

ord jy soms vies vir jou ouers wat gedurig sê jy moet jou goed gedra? Oorbeklemtoon ouers nie die saak as hulle van jou as ener verwag om altyd voorbeeldig te lewe nie? Dit is Gód wat verwag dat jy jou voorbeeldig sal gedra. Tieners moet vermaan en aangemoedig word, want Satan wil jou van God afvallig maak. Daarby, ’n kind van God kan tog nie ’n slegte voorbeeld stel nie. God wil hê dat selfs die heidene in jou lewe kan sien dat jy ’n kind van God is. Omdat God jou verlos van jou sonde, móét jy jou goed gedra soos iemand wat verlos is. Dit is jou dankbaarheid vir die verlossing. Jou lewe moet ’n voorbeeldige lewe wees, nie om jou ouers tevrede te stel of jou maats te beïndruk nie, maar omdat God dit van jou verwag. Omdat God jou verlos het, kán jy dit doen, want God het dit vir jou moontlik gemaak.

M

51.

52.

Genade maak van binne mooi Lees: 1 Petrus 3:1-6

H

53.

54.

Lees: 1 Petrus 3:8-12

G

55.

56.

Lees: Matteus 6:25-34

’n

22

Teks: 1 Petrus 3:13

elowiges is soms baie nega ef, omdat jy net op die verkeerde in die lewe konsentreer. In Engels sê ons: “Crime does not pay.” Eintlik moet ons sê: “Righteousness does pay.” Petrus druk in vers 13 die vinger op die waarheid. Gelowige eners moet die klem op die goeie laat val. Jy moet die kwaad met die goeie oorwin (Rom. 12:21). As gelowige moet jy jou beywer vir wat goed is, in die proses oorwin jy die kwaad. Die uitgangspunt van jou lewe is dan die posi ewe en die goeie. Op die lange duur seën God jou ywer om te doen wat goed is. Om na die goeie en die posi ewe te streef, moet jou lewensleuse wees. Onthou: die goeie is altyd sterker as die slegte, omdat die goeie in God gewortel is en die kwaad in Satan. Konsentreer dus ywerig in jou lewe op die goeie en strewe in alles na God se wil.

Teks: Matteus 6:11

Man wat baie hard gewerk het en genoeg salaris verdien het dat sy gesin goed kan eet en leef, het sy vrou kwalik geneem as sy bid voordat hulle eet. Hy het gesê so ’n gebed aan tafel is onnodig as ’n mens eerlik werk en jou kos kan verdien. Sy kan net sowel met die aartappels praat, het hy vir sy vrou gesê. Waarom moet ons dan vir God bid om ons daaglikse brood? Ons daaglikse kos is nie die resultaat van ons salaris nie. Jou daaglikse kos is eintlik “genadebrood”, want Christus het aan die kruis vir jou gesterf sodat jy God se genade kan ontvang – en dit is jou hele lewe, ook die kos wat jy eet. Dat God jou as sy kind in alles versorg, is net genade. Daarom moet ons nie oor ons kos kla nie. Dit is nie net ’n paar Rand nie, dit het Jesus die dood aan die kruis gekos. Bid om God se genadebrood.

Die goeie is altyd die beste Lees: 1 Petrus 3:13-17

ri ek is nie aangenaam nie. Dit laat ’n bi"er smaak in die mond as jy oor jou optrede gekri seer word. Jy sal eerder geprys wil word, want dit is lekker. Kri ek kan nie vermy word nie. God het belang daarby hoe jy kri ek hanteer. 1 Petrus 3:9 is God se prak ese riglyn hoe om kri ek te ontvang. Jy mag nie in eie munt terugbetaal nie. Met ander woorde, moenie van kri ek wat jy ontvang ’n struikelblok maak nie. Jy moenie in jou binnenste met die kri ek stoei en veg asof dit ’n vyand is nie. Omskep die kri ek tot ’n voordeel. Al maak die kri ek wat ander op jou het seer, neem dan uit die kri ek dit waardeur jy kan verbeter. Hanteer kri ek wat jy kry só dat God se seën daaruit gebore kan word. As jy dink kri ek wat jy kry is nega ef, maak dit posi ef. As jy voel dit is a#rekend, hervorm dit tot iets opbouend.

Praat net sowel met die aartappels

Teks: Johannes 14:13

erodes was baie ingenome toe sy s efdogter vir sy gaste dans. Hy sê vir haar: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee” (Mark 6:22). Herodes was vrygewig, maar terselfdertyd ook dwaas, want die dogter vra toe dat hy Johannes die Doper se kop sal a!ap en vir haar gee (vs 25). Sy dwaasheid het hom ingehaal. Jesus is ook vrygewig, maar glad nie dwaas nie. Hy sê: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen” (Joh. 14:13). Jy sal seker nou sê dat dit nie waar is nie. Hoeveel keer het jy dalk al tot God gebid en daar het niks van gekom nie. Is jy teleurgesteld in die Here? Die geheim lê in die woordjie “wat”. God gee vir ons wat ons Hom vra in ooreenstemming met sy wil. Die wil van God bewaar ons teen dwase gebede, dat jy dalk ook in die dwaasheid van Herodes beland.

Teks: 1 Petrus 3:9

K

Onderwerp jou aan God se wil Lees: Johannes 14:1-14

elowige vroue moet nie hulle ongelowige mans met uiterlike skoonheid beïndruk nie (vs 3). Uiterlike skoonheid is oppervlakkig. Die vroue moet hulle mans met ’n innerlike skoonheid vir God wen (vs 4). Dit geld ook vir mans. Tienerdogters én -seuns wil graag mooi lyk! God sê dat almal innerlik mooi kan lyk. Dit is die skoonheid wat prioriteit behoort te geniet. Innerlike skoonheid is wanneer God se genade uitstraal in jou menswees, in jou woorde en dade. Jou innerlike skoonheid moet selfs die ongelowiges beïndruk. Hulle moet God se teenwoordigheid in jou lewe kan raaksien sodat hulle ook aangespoor word om na God te luister en tot geloof en bekering te kom. Dit is een van die maniere wat God gebruik om mense na Hom te trek. Daarin kan jy ’n ambassadeur van God wees op aarde!

Ontvang kritiek met grasie

Teks: 1 Petrus 3:3-4

ense is ingestel op liggaamlike skoonheid. Dit is nie die belangrikste nie. “Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word” (Spr 31:30). Skoonheid is nie uiterlik nie, maar innerlik. Skoonheid van jou geloof is belangriker as skoonheid van jou liggaam (1 Pet 3:3-4). God vra jou as ener om eers te sorg vir innerlike skoonheid en daarna vir uiterlike skoonheid. Spandeer meer tyd aan jou innerlike skoonheid as aan uiterlike skoonheid. Jy moet eerstens ’n mooi ener in die geloof wees, dan sal jy ’n mooi ener in die lewe wees. Spandeer genoeg tyd aan die opknapping van jou innerlike skoonheid deur jou Bybel gereeld te lees, gereeld tot God te bid en wat Hy jou beveel in jou daaglikse lewe toe te pas.

Teks: 1 Petrus 3:4

G

’n Christentiener se skoonheid van God

Die doel van jou optrede Lees: 1 Petrus 4:7-11

Teks: 1 Petrus 4:11

A

s ener het jy ’n doel hoekom jy dinge doen soos jy dit doen. Dink daaraan: jy oefen met die doel om Þks te word, jy leer met die doel om kennis te vermeerder, jy eet met die doel om gesond te bly, jy neem aan sport deel met die doel om te ontspan. Telkens moet jy jouself afvra: Wat is die doel waarom ek optree soos wat ek optree? Die apostel Petrus skryf wat die doel van elke daad moet wees: “So moet julle God in alles verheerlik” (vs 11b). Dit maak nie saak WAT dit is wat jy doen en WAAR jy dit doen nie. Jou optrede as Christen ener moet in alle omstandighede wees met die doel om God te verheerlik. Maar dan moet jy lewe volgens God se wil (Rom 12:2). God verbied jou nie om aan die dinge van die lewe deel te neem nie. Jy moet net sorg dat jy só deelneem dat God verheerlik word.

slingervel mei 2013


57.

Geloof onder lyding Lees: 1 Petrus 4:12-19

58.

Teks: 1 Petrus 4:19

M

Genade maak nederig Lees: 1 Petrus 5:1-5

Teks: 1 Petrus 5:5

G

ens dink nie graag oor lyding nie, want dit is die swaarkrydeel van die lewe – pyn, hartseer en rampe. Tog móét jy as ener ook daaraan dink. Satan wil die gelowige van God afvallig maak deur lyding. Satan haat die gelowige om drie redes: 1. Gelowiges behoort aan God en verwerp Satan en sy bose dade. 2. Gelowiges is geheilig in Jesus se bloed en Satan kan dit nie verdra nie. 3. God se koninkryk beteken verlossing vir gelowiges en oordeel vir Satan. Daarom wil Satan gelowiges deur lyding van God afvallig maak. Ook as ener het jy te doen met lyding. Nie altyd liggaamlik nie, maar soms moet jy die “lekker” van die lewe ontbeer en die “sports” vermy, omdat dit jou van God afvallig maak. Dit is deel van lyding. Maar dit maak van jou ’n sterker gelowige as jy dit met geloof en volharding oorwin!

enade vloei soos water van bo na onder en dit is nie vernederend nie. Om voor iemand te buig, kán vernederend wees. Dit is asof jy iets van jouself moet prysgee. Hoe dieper jy onder die genade buig, des te meer ontvang jy. God haat hoogmoed en trots (Spr. 8:13). Christus het dit nie as vernedering beskou om as God in die sondige wêreld gebore te word nie (Fil. 2:5-11). Nederigheid is ’n lewenshouding wat begin in jou verhouding met God (vs 6). Nederigheid bewaar vrede en rus ge samesyn. Gelowiges verdruk nie mekaar nie, maar help mekaar. Gelowiges vervloek nie mekaar nie, maar seën mekaar. Gelowiges ignoreer mekaar nie, maar bid vir mekaar. Hulle trap nie op mekaar nie, maar deel mekaar se vreugde en leed. Nederigheid is ’n geloofshouding, nie papbroekigheid nie.

59.

60.

Hoe om jou bekommernis te hanteer Lees: 1 Petrus 5:1-11

G

Doen wat in die Bybel staan Lees: Jakobus 1:19-27

Teks: 1 Petrus 5:7

Teks: Jakobus 1:22

W

elowiges hoef hulle nie te bekommer nie (Ma". 6:25-30), want God sorg vir almal. Petrus skryf aan mense wat vervolg word vanweë hulle geloof. Hulle bekommernis was of hulle vanaand of môre nog gaan lewe. Bekommernis gaan oor wat jy te wagte is in die toekoms. Jou daaglikse behoe$es, siekte, smart, beproewing, leed. So swaar kan die lewenslas word dat jy as ener selfs daaronder wil beswyk. God se antwoord is: “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle” (vs 7). Die uitkoms vir jou bekommernis lê in die gebed. Vertel God van jou bekomernis. God hou elke minuut van die toekoms in sy hand. Daarom kan jy jou bekommernis afgooi op Hom en Hy sal dit vir jou dra. Jesus het die allerdiepste nood, die kruishout, deurgemaak, daarom kan Hy jou swaar pak bekommernis verstaan en dit vir jou dra.

at die Bybel betref, moet jy nie net lees wat daarin geskrywe staan nie – jy moet dit ook doen. Dit is God wat met jou deur die Bybel praat. Die Bybel is in werklikheid God se stem waardeur Hy direk met jou praat. Elke keer as jy die Bybel oopmaak en daaruit lees, hoor jy God se stem. Jy moet nie net na God luister nie, jy moet ook doen wat God sê. As ’n mens dink dit is genoeg om net te luister na God se Woorde, bedrieg jy jouself. Wat jy hoor, moet jy doen. Dit is wat God van jou verwag. Dit help niks om die Woord van God te hoor en te bly voortleef soos jy altyd geleef het nie. Wat jy uit die Bybel hoor, moet ’n verandering in jou lewe bring. Dit moet jou nader aan God laat lewe. Die Woord van God is die riglyn in jou lewe van hoe God verwag jy as Christen ener moet lewe.

61.

62.

’n Speletjie wat kinders speel Lees: Lukas 7:33-35

Teks: Lukas 7:32

I

Lees: Romeine 3:9-20

n die Bybelse tyd het elke stad en dorpie ’n markplein gehad waar mense hulle groente, vrugte en diere kon verkoop en aankoop. Maar as dié bedrywigheid verby is, het die kinders op die markplein gespeel. Jesus het die kinders so gesien speel. Net soos vandag, het die kinders tydens die speletjie soos hulle ouers opgetree. Jesus sien hulle huis-huis en trou-trou speel. Ander kere het hulle weer begrafnis-begrafnis gespeel. Jesus sê daar sal ’n tyd kom dat hulle op die ßuite sal speel, maar die kinders sal nie dans nie. Hulle sal ’n treurlied speel, maar nie huil nie. Toe Jesus gekom het, het die mense ook nie geweet of hulle moet huil of lag nie. Dit het vir hulle nie saak gemaak nie. Dis ’n erns ge saak. As Jesus in jou lewe inkom, kan jy Hom nie ignoreer nie. Jy moet in Hom glo en Hom dien.

A

63.

64.

Gebruik die Bybel as ’n hamer Lees: Jeremia 23:23-29

J

slingervel mei 2013

Teks: Romeine 3:20b & 32

s jy nie goed kan sien nie, dra jy ’n bril. Met ’n bril kan die persoon dan duidelik sien wat vroeër vir hom onsigbaar of moeilik sigbaar was. Van nature is die mens blind vir die sonde. Maar God het vir jou ’n bril gegee waarmee jy die sonde duidelik kan sien. Dit is die WET wat in die Bybel opgeteken is. Deur die bril van die wet kan jy die sonde duidelik raaksien en onderskei tussen wat goed en sleg is. In die Bybel is God se wil opgeskryf waaraan jy jou eie lewe kan toets of dit reg is of verkeerd, goed of kwaad. ’n Gelowige moet daagliks deur die bril van die Woord na die lewe kyk, sodat hy goed kan onderskei wat die wil van God is, wat vir God goed en aanneemlik en volmaak is (Rom. 12:2). Jou opdrag is dan om alles wat in God se wil staan, te doen en dit wat teen God se wil stry, te vermy.

Teks: Jeremia 23:29

ou Bybel is nie alleen ’n swaard nie (Ef. 6:17), maar ook ’n hamer (Jer. 23:29). Die profeet Jeremia sê God se Woord is so sterk “soos ’n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word”. Omdat die Bybel God se Woord is, daarom het dit soveel krag. Dit kan die klipharde hart van ’n mens wat so is vanweë die sonde, stukkend breek en die opstandigste wil ten goede laat verkrummel. As ener moet jy nie God se Woord onderskat nie. In jou gesprekke met maats moet jy die Bybel as hamer gebruik om hardnekkige, verkeerde insigte te breek sodat nuwe gesindhede gekweek kan word. Met die Bybel in die hand as ’n hamer moet jy ook die sondekwaste in jou eie lewe verkrummel en tot niet maak. Jy moet dit ook doen in jou vriendekring sodat die werk van Satan vernie g kan word.

Gebruik die Bybel soos ’n bril

Die Bybel is ’n swaard Lees: Efesiërs 6:10-20

Teks: Efesiërs 6:17

O

m ’n vyand te kan teenstaan en jou teen hom te kan verdedig, het jy ’n wapen nodig. Die gelowiges se vernaamste teenstander is Satan. Sonder ’n wapen kan jy Satan nie aanpak nie. Die wapen daarvoor is die Bybel. Die Bybel is die swaard waarmee jy teen Satan veg. Aardse wapens is in hierdie geestelike stryd nu"eloos. Net soos wat ’n soldaat geleer word om oorlogwapens te hanteer en doeltre%end te gebruik, moet jy jou oefen om die Bybel as swaard doeltre%end te kan hanteer. Daaglikse oefening is noodsaaklik, anders is jy dom en onhandig met dié swaard. Jy moet elke dag die Bybel lees en jou vaardighede oefen. Dit moet egter nie net by lees bly nie. Jy moet ook die Bybelse waarhede oordink. ’n Suksesvolle manier om dit te doen is om ’n Dagstukkieboek te gebruik. Koop gerus vir jou so ’n boek.

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.