Slingervel nov des 14 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 4 6 8 9 10 1 11 1 12 1

Slinggerrvel, Jaargang 56 Slingervel, 56 Nommer 963, Nov/Des 2014

14 1 15 1

Die redakteur skryf Verjaardaghoekie November Verjaardaghoekie Desember Soek die verskille Ontdek jou Psalmboek – Formuliere Oplossing – Soek die verskille Die kerkklok Archimedes en die goue kroon Joël-blokkiesraaisel Heksie in Feetjieland (slot)

17 Oplossing – Joëlblokkiesraaisel 18 Die vertaling van die Bybel 19 Gideon moet op sy trompet blaas – vind die pad 20 Papiervliegtuie 24 Inkleurprent – Noag 25 Inkleurprent – Jesus is gebore 26 Waar in die wêreld? – Alexandrië 28 God se mooi skepping – vind die pad 29 Wat kan ek lees?

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Rika du Plessis Rialette van Wyk Oom Attie Venter Dr. Kobus van Tonder Francois

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 56, Nommer 963, Nov/Des 2014 ISSN 0037 685 X

2

slingervel nov/des 2014


Dagsêê maats!!

E

ksamentyd en Kerstyd. Gelukkig is die eksamens eerste! Dink nou net hoe goor sou dit gewees het as julle eksamenvraestelle as kersgeskenke gekry het. Dan sou nie een van ons Kersfees wou hê nie. Kom ons praat eers bietjie oor die eksamens. Ja, dis baie leerwerk en dis nie lekker as ’n mens ’n vraag kry wat mens nie so lekker onthou nie. Aan die ander kant is dit baie lekker as mens hard geleer het, lekker eksamens geskryf het en ’n goeie punt op die rapport gekry het. Nou wonder ek: Wat is ’n goeie rapport? Om hierdie vraag te antwoord, wil ek hê dat ons aan twee gelykenisse in die Bybel moet dink. Albei gaan oor talente/muntstukke. In die een vertel Jesus dat die eienaar wat weggegaan het, aan een slaaf vyf gegee het, aan die tweede twee en aan die derde een. In die ander gelykenis het die eienaar aan tien een muntstuk elk gegee. Miskien kan jy dink dat dit in die een gelykenis onregverdig is dat elkeen nie ewe veel gekry het nie. Daarom is die tweede gelykenis daar. Wat belangrik is in die gelykenisse, is dat nie twee van ons dieselfde is nie – nie eers tweelinge nie. Die Here gee vir elkeen van ons 'n eie werkie op die aarde. Elke werkie wat die Here gee, is belangrik: party word net meer gesien as ander. Dink ’n bietjie aan ’n horlosie: Sien jy die prentjie van die syfertjies? Party het nog wysers by. Ons kan weet hoe laat dit is. Sien jy die batterytjie van die horlosie? Nee! Wat is die belangrikste: die syfertjies of die batterytjie? Albei is belangrik, die een word gesien, is mooi en kry al die aandag, die ander dink ons nie eers aan nie. So ook die werk van die kinders van God. As julle êrens ’n stukkende horlosie het, maak hom bietjie oop. Tel bietjie hoeveel dele en parte sien ons en hoeveel sien ons nie. Ek het een uitmekaar gehaal, en hy het vir elke partjie wat jy kan sien, tien wat jy nie kan sien nie! So gebruik die Here sommige van ons wat opsigtelik is en ander glad

slingervel nov/des 2014

nie. Nie een van ons is onbelangrik nie. Nie een van ons nutteloos nie. Sommige se werk vereis dat hy vyf talente nodig het en ander net een. Moet dus nie kyk hoeveel talente jy het nie, maar kyk of jy die aantal talente wat die Here jou gegee het, gebruik vir die werkie wat Hy jou gegee net – en: Doen jy jou beste? Vir een is 50% sy beste, vir ’n ander een is 80% nie goed genoeg nie. Dit bring ons by Kersfees. Waarom is Jesus gebore? Ons kan boeke daaroor skryf, maar kan dit in amper een sin opsom: Jesus het Mens geword om die sonde van die mens te betaal, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. Jesus was en is die beste geskenk wat God aan ons gegee het. Hy is en bly ’n geskenk. As ons mooi dink wat ’n geskenk is, is dit iets wat jy aan iemand gee wat hy nie gekoop het of eintlik verdien het nie. Kom ek verduidelik: as jy vir Mamma of Pappa ’n werkie doen, betaal hulle jou. As jy die geldjie vat en vir jou ’n horlosie koop, het jy self die horlosie verdien. Soms kry ’n mens vir werk wat jy oor ’n tyd doen, ook ’n ekstra beloning, soos ’n prys. Deels het jy dit verdien, en deels was dit nie iets waarop jy geregtig is nie. Derdens kry mens ’n geskenk wat mens glad nie voor gewerk het nie en nie verdien het nie. Hierdie derde tipe geskenk is God se geskenk aan ons. Hy gee dit, want Hy wou. As jy nou vir iemand ’n geskenkie maak, en jy werk baie lank daaraan en doen jou beste, en jy’s baie opgewonde om dit vir hom te gee – hoe voel jy? Jy is amper meer opgewonde oor die geskenk as hy of sy! Dink bietjie hoe teleurgesteld is jy as hy of sy die geskenk oopmaak, nie vir jou eers dankie sê nie en dit sommer eenkant toe gooi of sommer breek. Dis aaklig! Ek dink nie jy sal weer vir hom of haar ’n geskenk gee nie. God het vir ons sy beste geskenk gegee. Ons moet vir Hom baie mooi dankie sê en die geskenk elke dag sien en waardeer. Ons dankie-sê is om te doen wat Hy sê. En dit nie net doen nie – maar ons beste gee – al is dit net een muntstukkie!

GROETE TOT VOLGENDE JAAR! 3


Soek die verskille (Prentjie uit Die Bybel, Nuwe Vertaling, negende druk, 1985, bladsy 574)

oplossing op bl. 10

8

slingervel nov/des 2014


belydenis van geloof homself aan God vasgemaak het, en nou so vasgevang is in die sonde dat hy homself losmaak van God af. Hier moet die ouderlinge baie bid en werk, en uiteindelik moet die hele gemeente sê dat hierdie mens nie meer ’n kind van God is nie en dat hy uit die kerk geban word. Dankie tog dat so ’n persoon weer tot bekering kan kom. As hy terugkom, word die tweede formulier gelees, wat nie net ’n belydenis van die geloof is nie, maar ook ’n belydenis van sy sonde.

Dienswerk Die volgende formuliere is vir die bevestiging van verskillende persone om dienswerk in die gemeente te doen: predikant, ouderling en diaken. Hier word

aan elkeen gesê wat sy werk in die kerk is, en dan moet hy antwoord of hy die Here se werk in die gemeente gaan doen.

Huwelik Die laaste formulier is dié van die huwelik. Onthou dat die huwelik ’n prentjie moet wees van die verhouding tussen Christus en sy kerk. Daarom word in hierdie formulier ook gesê wat die Here se opdragte aan die paartjie is en hoe hulle as kinders van die Here moet leef. Nou ja, maats, dit was ’n hele mond vol! In die volgende uitgawe gaan ons kyk na die voorlaaste deel van die Psalmboek: gebede. SV

Soek die verskille – oplossing

10

slingervel nov/des 2014


Oom Attie Venter

Archimedes en die goue kroon goudsmid ’n sekere hoeveelheid goud gegee met die opdrag om daarvan ’n goue kroon te maak wat hy dan aan een van die tempels as ’n geskenk wou gee. Na ’n paar weke het die smid na die koning teruggekom en die kroon oorhandig. Die koning laat toe die kroon weeg en vind dat dit ooreenstem met die gewig van die goud wat oorspronklik aan die smid gegee is. (Daardie tyd het hulle nog nie van “massa” gepraat nie.) Iemand het egter aan die koning gesê dat hy vermoed dat die smid ’n hoeveelheid silwer met die goud gemeng en die res van die goud vir homself geneem het. Hoe nou gemaak? Die koning was ’n regverdige man en wou nie die smid beskuldig sonder grondige bewyse nie. Hy doen toe die voor-die-handliggende ding en gee aan Archimedes die kroon om vas te stel of enige silwer met die goud gemeng is, en of die kroon van suiwer goud was. Baie ingenome met die opdrag wat so reg in sy kraal was, het ons vriend die volgende stappe gevolg:

O

p ’n dag (hier in die omgewing van 250 vC) het die koning van Sirakuse, hoofstad van die eiland Silisië, vir Archimedes laat roep. Die koning het geweet dat Archimedes ’n wyse man was wat nie juis ’n trek gehad het vir die uitspattige leefwyse van die hoëlui van daardie tyd nie. Sy grootste vreugde het daarin gelê om die geheime van die natuur te ontrafel en dit dan in die alledaagse lewe toe te pas. Al hierdie dinge het die koning in gedagte gehad toe hy Archimedes, sy vriend, laat kom het om ’n netelige probleem op te los. ’n Moeilike opdrag Sien, die ding staan só: Die koning het aan ’n

12

STAP 1 Hy het die kroon geweeg en gevind dat die gewig korrek was. Dit het ook nes die ware Jakob gelyk, dus kon die silwer nie besonder baie gewees het nie. STAP 2 Archimedes maak vervolgens twee ewe groot blokke, een van silwer en een van goud, en vind toe dat die goue blok byna twee maal soveel weeg as die een van silwer. “As ek nou die kroon opsmelt en in ’n blok giet, en ek maak ’n tweede blok van presies dieselfde grootte uit suiwer goud, behoort albei dieselfde te weeg. Indien die kroon uit ’n mengsel be-

slingervel nov/des 2014


staan, sal dit ligter weeg.” So redeneer hy. Vir ’n oomblik oorweeg hy dit om die kroon op te smelt, maar besluit dat dit ’n jammerte sou wees om so ’n pragtige kunswerk te vernietig. “Hoe kan ’n mens tog die volume van so ’n onreëlmatige voorwerp bepaal sonder om dit te smelt?” vra hy homself af. Vandag sal die meeste skoolleerlinge die antwoord kan verskaf. In daardie dae was dit egter nie so vanselfsprekend nie, soos dit met so baie ander wetenskaplike probleme die geval is. Soos ’n bloedhond As Archimedes eers eenmaal op die spoor van ’n oplossing vir ’n probleem was, was hy soos ’n bloedhond. Niks kon hom daarvan afkry nie. Mense het hom al dikwels aangetref waar hy strepe en sirkels in die sand of as getrek het om een of ander wiskundige probleem te ontrafel. Eendag het hy ’n bad geneem (seker nie die enigste nie!) in een van daardie dieperige, outydse baddens. Die bad, wat op ’n voetstuk in ’n sinkbad gestaan het, was tot bo met water gevul. Hy merk toe dat, as hy in die bad klim, die water oor die rand stort – op sigself niks besonders nie. As hy heeltemal onder water gaan en daarna uitklim, daal die watervlak in die bad nogal heelwat. Toe kry hy die skitterende ingewing wat hom beroemd sou maak: As hy die volume van die oorloopwater kon meet, meet hy terselfdertyd sy eie volume. Hy hoef homself nie eers in ’n blok te giet om die meting te doen nie! Só begeesterd was hy dat hy daar en dan, nat en kaal, straat af genael en aanhoudend uitgeroep het: “Eureka! Eureka!” (“Ek het dit! Ek het dit!”) Kan julle dalk self dink hoe hy verder te werk gegaan het om die kroonprobleem op te los? Kom ons kyk … STAP 3 Hy neem vervolgens ’n groot kom en maak dit tot bo met water vol. Versigtig laat hy die kroon met behulp van ’n toutjie daarin sak. Noukeurig meet hy die water wat oorvloei deur van ’n maatfles gebruik te maak. Dit gee hom natuurlik die volume van die kroon. STAP 4 Daarna weeg hy ’n hoeveelheid goud en ’n hoeveelheid silwer af, presies so swaar soos die kroon. Dit smelt hy op in blokke. Só het hy drie voorwerpe wat

slingervel nov/des 2014

ewe swaar weeg: ’n blok goud, ’n blok silwer en die kroon wat die goudsmid gemaak het. Hy laat sak toe die blok goud in die kom met water gevul, en bepaal die volume water wat verplaas is. Dieselfde doen hy met die blok silwer en vind dat laasgenoemde byna twee maal die hoeveelheid water verplaas het. En die kroon? Dit het meer water as die goud, maar minder as die silwer verplaas. So het hy bewys dat die kroon ’n hoeveelheid silwer bevat. Maar hoeveel meer? Ai maats, dié Archimedes kon ’n ding nie met rus laat voordat dit tot op die laaste uitgepluis is nie. STAP 5 Hy meng toe goud en silwer in verskillende verhoudings en maak daarvan blokke – MAAR ELKE KEER VAN DIESELFDE GEWIG AS DIE KROON. Ná ’n paar probeerslae kry hy ’n blok wat presies dieselfde hoeveelheid water verplaas as die kroon. Toe kon hy aan die koning vertel presies HOEVEEL silwer in die kroon was en hoeveel goud die smid gevolglik vir homself uitgehou het. Natuurlik het die koning sy vriend hartlik bedank en miskien beloon ook. Hy laat toe die goudsmid haal en sê aan hom dat sy skelmstreek uitgevind is. Ons kan ons voorstel dat sy oë amper uitgeval het van verbasing. Hy moes maar mooitjies die gesteelde goud teruggee en is behoorlik en regverdig vir sy oortreding gestraf. Moenie dink dat Archimedes hierna agteroor gesit het nie! Met sy oorloopkan en voorwerpe van verskillende groottes en digthede het hy baie geëksperimenteer en uiters belangrike ontdekkings gedoen. Hy het byvoorbeeld gevind dat as jy ’n klip of ander voorwerp in water laat sak, dit skynbaar minder weeg. Die hoeveelheid water wat daardeur verplaas word, weeg net soveel as hierdie skynbare verlies aan gewig. Hoe’s daai! SV

(Bronerkenning van foto: “Domenico-Fetti Archimedes 1620” by Domenico Fetti – http://archimedes2.mpiwgberlin.mpg.de/archimedes_templates/popup.htm. Licensed under Public domain via Wikimedia Commons – http://commons.wikimedia.org/wiki/File:DomenicoFetti_Archimedes_1620.jpg#mediaviewer/File:DomenicoFetti_Archimedes_1620.jpg)

13


Oom Hennie

Joël – blokkiesraaisel

LEIDRADE DWARS 2. Hier moet die ramshoring geblaas word (2:1). 6. Hulle verloor hulle glans (2:10). 7. Op hierdie geleentheid moet die gemeente bymekaar geroep word (1:14). 9. Die mense moet dit skeur (2:13). 10. Die geluid van die vuur van 'n grasbrand (2:5). 12. Die Here sal dit vergewe (2:1). 13. Die Here gaan die volke straf omdat hulle dit getrek het (3:3). 14. Die Here stuur dit vir die volk (2:19). 15. Wynsuipers moet hieroor kla (1:5). 16. Hierdie diere het niks om te vreet nie (1:18).

14

17. Hy moet sê dat hy 'n dapper soldaat is (3:10). 20. Dit moet die dronkaards doen (1:5). AF 1. 3. 4. 5. 8. 11. 12. 13. 18. 19.

Hulle moet rouklere aantrek (1:13). Hulle sal drome droom (2:28). Hy sal bloedrooi word (2:31). Die kleur van die weiveld as die Here genade gee (2:22). Hulle het opgedroog (1:20). Hulle sal as profete optree (2:28). Dit moet die volk van hulle snoeiskêre maak (3:10). Die volk wat optrek teen die volk se tande, is so sterk soos hierdie dier s’n (1:6). Die kleur van die mense in angs (2:6). Voor die sprinkane het die veld soos hierdie tuin gelyk (2:3).

slingervel nov/des 2014


en almal wil Katryntjie soen en druk en deurmekaar dankie sê. “Ons eie, eie boomhuis van regte planke en alles. Net soos die mense se huise. Dis so prag g, en oooo, ek weet ons gaan almal so gelukkig hier saam woon. Baie dankie, Katryntjie. Ons weet nie hoe jy dit reggekry het nie, maar ons sal altyd hiervoor dankbaar wees,” is dit op die ou end Tinkels wat namens almal praat. “As dit nie vir tant Ragel en Pietman was nie, sou ek dit nie alleen kon doen nie, want party goed was swaar. Tant Ragel het alles gekoop wat ek vir Pietman gesê het sy moet koop, en Pietman het alles hierheen aangedra. Toe het ons die huisie saam gebou,” vertel Katryntjie vrolik, baie bly die feetjies is so in hulle skik met hulle nuwe woonplek. “Hoe kan ons ooit hiervoor vergoed, Katryntjie?” vra Lientjie. “Dis nie nodig nie. Dis vir my genoeg om net elke dag met julle te deel. Van nou af gaan ek nie meer elke dag sommer so sonder doel oor julle rondvlieg nie. Ek gaan vir Pietman met sy werkies in die tuin en stoor help sodat ek darem ook voel ek verdien my kos.” “Pietman is seker baie bly, of hoe?” vra San e laggend. Sy hou baie van Pietman en hulle het al baie ure gesit en gesels. “Ja. Dis vir hom lekker as ek iets sommer reg toor wanneer hy daarmee sukkel,” antwoord Katryntjie, en stap na ’n vierkan ge wit kassie wat langs die waterbo el staan. Sy maak ’n deurtjie oop en haal drie bakke vol kos daar uit wat sy op die tafel neersit. “Kyk, hier is vir ons almal lekker kos wat tant Ragel gestuur het. En hierdie wit kassie waaruit ek dit gehaal het, is ’n koelkassie waarin ons ons kos kan bêre dat dit nie sleg word nie. Dis tant Ragel se groot geskenk aan ons.” Van voor af borrel en bruis die feetjies se stemmetjies

om haar om die kassie te bekyk. Daarna eet almal totdat hulle magies amper oorvol is voor hulle water in die groot glasbad tap om te gaan bad. Hulle kan nie glo daar is selfs vir hulle ’n pyp vanaf die tuin se waterkraan aangelê na die huisie toe nie. Nou hoef hulle nie water aan te dra nie. Van daardie dag af is elke dag vir Katryntjie net ’n plesier om saam met die feetjies te woon en saam met Pietman te werk. Saans het sy baie pret saam met die feetjies in die groot bad wat hulle vol borrels maak met die borrel badolie wat Pietman vir hulle gebring het. Die tuin het sonder skadelike goggas gebly, en soms het hulle steeds met die groot geel visse gaan speel. Almal was gelukkig en tevrede. SV

Joël – blokkiesraaisel oplossing DWARS 2. Sion 6. Sterre 7. Vasdag 9. Harte 10. Kne er 12. Sonde 13. Lootjies 14. Olie

slingervel nov/des 2014

15. 16. 17. 20.

Wyn Beeste Swakke Nugter

AF 1. 3.

Priesters Oumense

4. 5. 8. 11. 12. 13. 18. 19.

Maan Groen Spruite Seuns Spiese Leeu Wit Eden

17


Francois

Papiervliegtuie D

ie kuns van papiervliegtuig vou is nie net iets om by die skool te doen as jy niks het om te doen nie. Dit is ’n stokperdjie wat mense van alle ouderdomme besig hou.

Kom ons vat dit terug na die geskiedenis van die papiervliegtuig. Die oorsprong van die gevoude papiervliegtuie word algemeen beskou as komende van die antieke Chinese. Die verfyning en ontwikkeling van gevoude sweeftuie het ongeveer dieselfde tyd plaasgevind in Japan. Die vervaardiging van papier in groot maat het in China teen ongeveer 500 vC plaasgevind. Toe het origami en die vou van papier gewild geword. Dit is onmoontlik om vas te stel hoe die papiervliegtuig gelyk het ... Vir meer as 'n duisend jaar na hierdie papiervliegtuig kon die mens nie iets kry wat oor ’n lang afstand kan vlieg en gewig kan dra nie. As die sweeftuig oor ’n langer afstand gevlieg het, kon dit nie gewig dra nie. Verder het hulle begin wonder: Kan ons nie maak dat die sweeftuig self vlieg nie? Leonardo da Vinci het 'n modelvliegtuig uit perkament gebou. Hy eksperimenteer met ’n “klapvliegtuig”, 'n vliegtuig wat vlieg met vlerke wat klap soos ’n voël s’n. Hy het ook ’n valskerm ontwerp met behulp van papiermodelle. Hier is 'n paar van Da Vinci se ontwerpe:

Sir George Cayley het in die laat 19de eeu baie met papiervliegtuie geëksperimenteer. Die bekendste “papiervliegtuig” is gebou deur die Wright-broers. Die grootste deel van die vliegtuig was van papier, en toe het hulle enjins daaraan vasgeheg. Hierdie was die eerste vliegtuig wat homself aangedryf het, al was dit oor ’n kort afstand.

20

slingervel nov/des 2014


Nou ja, dit is genoeg van die geskiedenis. Kom ons konsentreer nou verder op papiervliegtuie wat gevou word en geen aandrywing het nie. Het julle geweet dat daar verskillende wêreldrekords is van papiervliegtuie?  die verste vlug in ’n reguit lyn is 68 meter  en die langste vlug is net onder 30 sekondes Die papiervliegtuie wat mens deesdae kry, word in drie kategorieë ingedeel:  Dart-vliegtuig  Sweef-vliegtuig  Nuwigheid-vliegtuig

DART

Die kenmerk van hierdie vliegtuig is dat hy reguit en vinnig vlieg. Hulle is ook oor die algemeen langer as wat hulle breed is.

SWEEF

Die kenmerk van hierdie vliegtuig is dat hy stadig vlieg. Hulle is ook oor die algemeen breër as wat hulle lank is. Gewoonlik word hulle gebruik om toertjies mee te doen.

NUWIGHEID-VLIEGTUIG

Hierdie is basies enige ander tipe vliegtuigie wat iets buitengewoons doen: Jy kry dié wat spin soos hulle vlieg (regs bo)

Jy kry rondes wat jy moet spin as jy dit gooi (regs middel)

En dan kry jy dié wat selfs met addisionele hulp vlieg (regs onder)

slingervel nov/des 2014

21


VOU VAN VLIEGTUIG Daar is ’n paar goed om te ontou wanneer jy ’n vliegtuig vou: Â Balans: as jy kyk na ’n gewone vliegtuig, is die balans van die vlerke baie belangrik. As die een vlerk swaarder of groter is as die ander een, sal dit die vliegtuig ongebalanseerd maak en hy sal nie vlieg nie. Â Hoe presies jou voue is. Dit gaan hand aan hand met die balans van jou vliegtuig. Jy moet ook probeer om die vou so plat as moontlik te maak. Jy kan selfs ’n liniaal gebruik om die voue plat te druk.

Die eerste vliegtuig waarna ons gaan kyk, is ’n eenvoudige “dart”. Hierdie vliegtuig is maklik om te vou en vlieg reguit en glad. Flappe aan die agterkant help dat hy langer vlieg.

1

Hou die papier sodat dit regop voor jou lê. Vou die papier dubbeld en weer oop dat jy 'n vou in die lengte af het.

2

Vou die boonste twee hoeke middel toe dat dit 'n skerp punt maak.

4

Vou nou die skerp hoek ondertoe dat die punt by die bymekaarkompunt van die kante is.

5

Draai nou die papier om dat die voue aan die onderkant is en vou dan dubbeld. Nou kan die kante platgevou word sodat dit vlerke maak.

6 3

Vou weer die buitehoeke binne toe om 'n skerper hoek te maak.

22

Die finale vliegtuig behoort so te lyk. Die flappe wat gewys word, is waar die pret-deel inkom. Jy sny net 'n klein lyntjie op elke vlerk. As jy dit effens op/afvou, sal dit opbeweeg/spin. Speel hiermee om te kyk wat werk.

slingervel nov/des 2014


Die tweede vliegtuig is bietjie moeiliker, asook n sweef-tipe vliegtuig. Hierdie vliegtuig is 'n uitstekende buite-vliegtuig. Gooi hom reguit op en hy sal afsweef in groot, lui sirkels. Hy het ook flappe agter om te help met stabiliteit.

1

Hou die papier sodat dit lank voor jou lĂŞ. Vou die papier dubbeld en weer oop dat jy 'n vou in die lengte af het.

2

Vou nou die boonste hoeke binnetoe dat hulle oorvleuel en die onderste deel van die vou omtrent 1 cm van die onderkant van die papier af is. Maak seker dat dit ewe ver aan albei kante van onder af is.

3

Vou nou die voorpunt ondertoe sodat die skeiding tussen die vlerke nie gesien kan word nie.

5

Vou dit 'n derde keer om, weer met dieselfde grootte as die vorige voue.

6

Vou nou die papier dubbeld dat die voue buite toe wys. Vou die vlerke terug dat jy 'n deel van omtrent 'n sentimeter het om aan vas te hou.

7

Nou kan die vlerke oopgevou word, asook die punte van die vlerke. As beide kante ewe regop is, sal dit basies reguit vlieg, maar as een bietjie platter is, sal dit sirkels begin maak. Jy kan ook flappe maak aan die agterkant om te help met die vlug.

4

Vou dit weer om met dieselfde grootte as die eerste vou.

slingervel nov/des 2014

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.