in hierdie uitgawe ... 3 4 7 8
Die redakteur skryf Verjaardaghoekie Die verlore muntstuk Ontdek jou Psalmboek – die Dordtse Leerreëls 9 Woordsoek - die Dordtse Leerreëls 10 Kerknuus vir vandag
12 Die haan op die kerktoring 13 Woordsoek – Oplossing 14 Wat kan ek lees? 18 Heksie in Feetjieland (8) 20 Waar in die wêreld? Egipte
Slingervel Jaargang 56 Slingervel, Nommer 962, Oktober 2014
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Rika du Plessis Rialette van Wyk Tannie Joey Dr. Kobus van Tonder
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 56, Nommer 962, Oktober 2014 ISSN 0037 685 X
2
slingervel oktober 2014
Die Redakteur skryf ... Dagsê maats!
A
G Visser het gesê dat Oktober die mooiste, mooiste maand is. AG Visser was ’n digter wat in Heidelberg, Gauteng, gewoon en daar oorlede is. Hy was ’n skoolmaat van Totius, ’n geneesheer van beroep en ook vriend van Eugene Marais, wat ook in Heidelberg gewoon het. Ek het die voorreg gehad om aan die Hoër Volkskool in Heidelberg te matrikuleer. Daar het ek elke Oktober ervaar wat AG Visser neergepen het. Oktober is ook om ’n ander rede vir my ‘n mooi maand. (Elders in hierdie uitgawe het ons ‘n uittreksel uit die Katkisasiehandleiding vir Kerkgeskiedenis geplaas.) Dit was in Oktober 1517 dat Martin Luther openlik aan die Rooms-Katolieke Kerk gesê het dat dit wat hulle preek en doen, nie met die Bybel ooreenstem nie. Kyk gerus of julle êrens die DVD kan uitneem oor die lewe van Luther, wat in 2003 verskyn het. Kan julle glo dat die kerk op daardie tyd net die Bybel in Latyn gehad het, en nie in ander tale nie. Kan julle jul indink hoe jy Sondag in die kerk gesit het, en die dominee (priester) maak die Bybel oop en lees in ’n taal wat jy nie verstaan nie? Kyk hierna: “Sic enim dilexit Deus mundum ut Filium suum unigenitum daret ut omnis qui credit in eum non pereat sed habeat vitam aeternam.” Hierdie vers is Johannes 3:16! Luther het ’n kan wurms oopgemaak! Van toe af kon niemand meer keer dat die Bybel nie in hulle eie taal vertaal kon word en dat die mens dan self die Bybel kon lees en verstaan het nie. Ons het die voorreg om 3½ amptelike vertalings te hê: die 1933/53vertaling, die 1983-vertaling, die Bybel vir Almal en nou ook die gedeeltelike vertaling van die Direkte Vertaling. Hulle is almal ook beskikbaar op selfone. Oktobermaand is dan die maand waarin ons kan terugdink dat ons die voorreg het om die Bybel in ons eie taal kan lees - en dit maak dit mooi! Groetnis tot volgende keer!
slingervel oktober 2014
SV
3
Met erkenning aan die Deputate Katkisasie GKSA
10
slingervel oktober 2014
slingervel oktober 2014
11
Rialette van Wyk
Waar in die
WÊRELD?
Kom ons leer saam van die wêreld! Waarheen kan ek gaan, hoe kom ek daar, Vandag besoek ons en wat kan ek sien? EGIPTE!
E
gipte is ’n baie prominente land in die Bybel. Een van die eerste Bybelverhale wat ons leer ken, is Moses in die Nyl en die tien plae. Kan julle al die plae help invul? 1. Al die water in die land het in _____ verander. 2. Daar het baie hoppende _____ gekom. 3. In die lug was daar baie _____ gewees. 4. Mense het seergekry, want daar het _____ gekom. 5. Die diere het doodgegaan en siek geword as gevolg van _____. 6. Die mense se velle het seer geword en daar was _____ op hulle velle. 7. Uit die lug het groot _____korrels geval. 8. Klein _____ het die land oortrek. 9. Al die lig het weggegaan en hulle was in _____ gelaat. 10. By die gesinne van die Egiptenare het al die _____ doodgegaan.
Die Gizapiramides
Die Nylrivier vloei deur Kaïro
In Egipte was daar ’n koning, hulle het hom die farao genoem. Vandag kan mens Egipte besoek en nog na al die piramides gaan kyk. Hulle is een van die sewe antieke wonders van die wêreld. In die woestyn kan mens ook na die Sphinx gaan kyk. SV 20
Die Sphinx slingervel oktober 2014