in hierdie uitgawe ... 3 Die redakteur skryf 4 Verjaardaghoekie 7 1958-Slingervel – van alles en nog iets 8 Ontdek jou Psalmboek – die Nederlandse Geloofsbelydenis 9 Soek die woorde – NGB 110 Blokkiesraaisel Joël 111 WALVIS woordraaisel
12 14 15 18 20
Oplossing: Soek die woorde NGB Oplossing: Soek die teks in die Bybel Die Nylvloedvlakte (1) Petrus se verloëning Wat kan ek lees? Heksie in Feetjieland (6) Waar in die wêreld?
Slingeerv Slingervel, rvell, Jaargang 56 Nommer 960, Augustus 2014
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 3894 Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Attie Venter Rika du Plessis Heideleen van Wyk Leo van Schaik Marina Kotze Rialette van Wyk
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 56, Nommer 960, Augustus 2014 ISSN 0037 685 X
2
slingervel augustus 2014
1958-Slingervel
... van alles en nog iets
11 slingervel augustus 2014
7
hoofstuk 6 van ons vervolgverhaal deur TANNIE RIKA DU PLESSIS
Heksie in Feetjieland
“K
yk ... kyk, julle!” roep Tinkels en beduie na die groot perdeby wat nou vlieg asof hy dronk is, en stadig maar seker na die grond toe tuimel. Daar voor hulle oë word sy ’n baie, baie klein perdebytjie. Hulle vlieg nader en toe die perdebytjie dit sien, vlug hy. Hy vlieg ver ... ver oor die blomme heen, terwyl hy skreeu: “Los my uit, jou nare ou heks. Julle sien my nooit weer nie.” Tinkels en Santie lag sommer van verligting, maar hulle sien Katryntjie is eintlik bewerig van moegheid. “Vlieg huis toe, Katryntjie. Jy is baie moeg, ons kan dit sien. Jy moet weer lekker gaan rus. Dink net, nou is daar nog net agt van die ou paddas oor. Jy is ons heldin, Katryntjie, ons eie klein heksie-heldin,” prys Tinkels vir Katryntjie, streel met haar mooi wit, sagte handjie oor Katrynjie se kreukelwangetjie en glimlag mooi met haar. “Dankie, Tinkels. Julle is my nuwe maatjies wat my baie gelukkig maak. Al voel ek nou baie moeg, sonder enige toorkrag, sal ek môre en verderaan elke dag baklei om julle feetjieland vry te maak van die ou paddas wat julle wil opvreet,” antwoord Katryntjie sag terwyl sy huis toe vlieg. Daar gekom, moet Tinkels en Santie eers vir die ander
18
alles vertel wat gebeur het, maar Katryntjie het sommer op haar bedjie gaan neerval van moegheid en dadelik aan die slaap geraak. Die feetjies gaan sit bymekaar en begin ’n nuwe liedjie maak oor die agt paddas wat nog oor is. Daarna maak hulle weer lekker kos, en toe Tinkels net voor donker wakker word, voel sy sommer baie beter na sy lekker geëet het. Toe sy oor haar vol magie vryf, sing die feetjies vrolik vir haar van die orige agt paddas dat Katryntjie later lê soos sy lag. Die feetjies is vir haar so pragtig, en vol pret. Terwyl Katryntjie daardie nag wakker lê, kan sy nie ophou dink wat sy verkeerd doen dat sy dan nou twee keer haar toorkrag op een padda moet uitvoer voor dit werk nie. So iets het nog nooit vantevore met haar gebeur nie. Dit maak haar so vreeslik moeg. Sê nou eendag wil dit glad nie werk nie, en sy kan die goeie feetjies nie beskerm nie? Soos die vorige dag, kry Katryntjie en Rensie en Lientjie weer die paddas nêrens nie. Dié keer vlieg Katryntjie reguit fonteintjie toe, en sy is reg, want daar sit die agt paddas weer op dieselfde plek en praat. “Ons het nog nêrens vir ou Strepe gekry nie, en nou is ou
Bart ook weg. Hier is iets snaaks aan die gang. Hulle sou nie sommer net padgegee het sonder om ons te sê nie,” sê die een ou padda. “En hoekom sien ons nie een van die feetjies meer op die blomme nie? Dink julle hulle het iets hiermee te doen omdat ons van hulle opgevreet het?” vra ’n ander padda. “Ek weet nie, maar ek het gister gesien ’n pikswart feetjie het saam met twee van die ander op ’n besem gevlieg, en dit was vir my snaaks. Ek het nog nooit so ’n feetjie gesien nie,” sê ’n ander een. “Ek het dit ook gesien. Maar feetjies vlieg nie op besems nie, hekse wel. Hekse is egter mos grootmense, so wat is hierdie dan?” vra ’n ander een. “Seker nog ’n klein heksie. Wat sou dit hier by die feetjies doen? In elk geval, kyk uit vir die ander twee paddas terwyl julle vandag kos soek. My mond water vir een van daai lekker sappige feetjies, maar nou kom hulle nie naby genoeg om te gryp nie,” sê ’n ander ou groot padda, en die klomp stap weg van mekaar af net soos die vorige dag. “Katryntjie, daai een loop die verste van die ander af weg. Ek dink dis sy beurt vandag,” sê Rensie, en Katryntjie volg die padda stadig tot hy heeltemal weg van die ander af is. Toe hulle naby genoeg is, sien hulle die ou
slingervel augustus 2014
Illustrasie: Heideleen van Wyk
padda dd het h so pas ’n pragtige skoenlapper k l gevang wat hy besig is om op te vreet. “Siestog, die arme, mooie skoenlapper,” prewel Lientjie. Katryntjie maak haar gereed, armpies reguit in die padda se rigting, rammel deurmekaar, vreemde woorde, raas en klap handjies terwyl die padda met sy groot uitpeul-oë woedend na hulle toe kyk op dieselfde oomblik toe een van die ander paddas by hom aankom. Hierdie een kyk net so boos na hulle. Die paddas verdwyn en twee reuse arende verskyn in hulle plek. Katryntjie gil nou amper net so hard soos Lientjie en Rensie. Daardie arende kan hulle met net een hap middeldeur byt. Sy moet baie vinnig nou ’n plan maak, anders is hulle al drie arendkos vandag. Die reuse voëls is reeds besig om hulle vlerke oop te maak om na hulle toe te vlieg, toe Katryntjie met al die krag wat sy nog in haar voel weer haar armpies uitsteek en alles van netnou herhaal. Teen hierdie tyd het die een arend reeds tot by hulle gevlieg, en hy hap na Rensie wat agter op die besem sit. Rensie skreeu en skreeu, en Katryntjie span haar laaste krag in om van die arende af weg te vlieg. “O, eina ... eina, hy het my pinkie afgebyt,” huil Rensie nou.” “Ek is so jammer, klein Rensietjie,” uister Katryntjie. “Toe maar, Rensie, kyk daar,” roep Lientjie. Die arende word al kleiner en kleiner en kleiner tot hulle later net so klein soos twee mossies is. slingervel augustus 2014
“Gee pad Ekk will julle d hier. h ll nooit weer hier h sien nie,” roep Katryntjie vir die twee wat nou soos onskadelike mossies lyk, en die twee voëltjies skreeu bang en vlieg dadelik weg. “Laat ons vinnig huis toe gaan. Tinkels moet ’n pleistertjie om jou vingertjie sit,” sê Katryntjie en al is sy baie, baie moeg, vlieg sy so vinnig sy kan terug na die ander feetjies toe. Die feetjies is hartseer omdat Rensie seergekry het, maar Tinkels vat haar towerstaf e en swaai dit oor Rensie se vingertjie, heen en weer, heen en weer. En daar voor hulle almal se ogies, word Rensie se vingertjie gesond. Katryntjie stap nader en hou haar kort frommel-armpies na Rensie toe uit. Sonder om te huiwer, laat Rensie toe dat Katryntjie haar styf vashou. “Al het dinge weer eers verkeerd geloop, Katryntjie, het jy dit weer eens reggekry om nog twee paddas te laat verdwyn. Nou is daar nog net ses van hulle oor,” sê Lientjie. “Ja, ek kan amper nie glo dat my kragte so sterk was om toe sommer albei paddas te toor nie. As julle nie omgee nie, wil ek maar weer gaan rus. Ek wou darem net eers sien dat julle na Rensie se vingertjie kyk.” “Natuurlik, Katryntjie, gaan lê op jou bedjie. Ons maak vir jou kos vir later,” sê Donsie. Katryntjie gaan lê, maar sy is baie bekommerd. Sy kan glad nie verstaan hoekom haar toorkragte nie heeltemal so reg werk soos in die verlede nie. SV 19
Rialette van Wyk
Waar in die
WÊRELD?
Kom ons leer saam van die wêreld! Waarheen kan ek gaan, hoe kom ek daar, en wat kan ek sien?
Vandag besoek ons BETLEHEM!
B
etlehem is ’n baie bekende dorp in die Bybel, en meeste van ons leer al baie vroeg van Betlehem, want dit is die geboortedorp van Jesus! Ons weet dat Jesus se ouers na Betlehem toe stuur is om getel te word en dat hy daar in ’n stal by ’n herberg gebore is. Gaan lees gerus weer Matteus 1en Lukas 2. In die Bybel lees ons Betlehem is in Juda, maar weet julle wat noem hulle Juda vandag? Israel, en Bethlehem is ’n paar kilometer suid van Jerusalem en naby die Dooie See. Vandag kan mens vlieg na Tel Aviv-lughawe en dan vervoer kry tot in Betlehem. Daar is baie toere wat mens deur die Heilige Land kan doen en kan sien waar Jesus rondbeweeg het. Een van die populêrste attraksies moet die “Kerk van Geboorte” wees, wat gekenmerk is deur een van die oudste kerke wat nog staande is. Hierdie kerk is in die vierde eeu gebou! Jy kan ook afgaan na die “Skaapwagtersveld”; hulle vermoed hierdie is die area waar die skaapwagters die engelekoor met die blye boodskap van Jesus se geboorte gehoor het. Die Dooie See is ’n see wat baie sout is, soveel so dat jy nie kan sink nie en heeltyd dryf. Mense regoor die wêreld besoek die dam vir sy unieke eienskappe! As jy wil leer hoe om die plaaslike inwoners te groet, moet jy leer hoe om moderne Hebreeus of Arabies te praat, dit is spreektale! Hulle geldeenheid is (New) Sjekel. SV
20
slingervel augustus 2014