Vroueblad feb 15 lusmaker

Page 1


INHOUD

Februarie 6

8 Redakteursbrief Briewe Ds. Sê my

î

IN DIEPTE

6

Van impulsiewe Simon tot Petrus die rots Skatryk! Span jou in om jou geloof te verryk

FEBRUARIE 2015

Die Gereformeerde

Vroueblad Geloofsverryking VAN IMPULSIEWE SIMON TOT PETRUS DIE ROTS

Die pous se sous

Vrouekamp by Moolmanshoek

8 10

Ander Publikasies van die Gksa:

Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.

2

Februarie 2015

LEEFDINGE 12 14 15 16 18 20 22 24 26 27 28 29 29 30 31 32

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

r &KG -GTMDNCF r &KG 5NKPIGTXGN

.CGTUMQQNMKPFGTU r &KG -TWKURCF

VKGPGTU GP LQPIOGPUG

24

GEREELD

î 3 4 5

JAARGANG 69 NOMMER 8

, Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za www.gksa

Die pous se sous Teks & Vers: Swart en wit Teks & Vers: Dagboek Boekeblad Bybelse berading Woord-wys uit Wakkerstroom: Geloofsdryfkrag Materiële rykdom - struikelblok of geleentheid? Gemeente-Mosaïek: Vrouekamp by Moolmanshoek Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke 2015 Gemeente-Mosaïek: Saamtrek 2015 – Tema & Bybelstudie Hartskatte Lees in Maart 2015 Intekenvorm Lux Verbi boekeweggee Gemeentedagboek Kaleidoskoop Februarie 2015

Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Annelize Fourie Prof. Ben de Klerk Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120

Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/ Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA

Intekengeld: Intekengeld (Julie 2014 - Junie 2015) Direk afhaal/ elektronies: R 142 Groepsintekening: R 213 Individuele intekening: R 231 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.


redakteursbrief

Geloofsverryking My susters in die geloof, In die boek Abba Vader (’n gebedebundel saamgestel deur Ds. PJ de Klerk, 1982), is daar ‘n gebed van Michelangelo opgeteken: “Gee my die ketting waaraan al die gawes van die hemel hang: die geloof! Ek verlang na die lewe van die geloof, ek soek die geloof...â€? ’n Entjie verder bid hy: Hierdie gawe van alle gawes is so groot “omdat daar sonder hierdie gawe geen vrede en vreugde in hierdie wĂŞreld is nieâ€?. ’n Mens kan maar net saam met Michelangelo bid: “Gee my die ketting waaraan al die gawes van die hemel hang: die geloof!â€?. Na heerlike gedagtewisseling tussen die redaksielede oor temas vir 2015 het ons saam opgewonde begin raak oor 2 Petrus 1 waar Petrus amper, met respek gesĂŞ, goed bymekaar voeg soos die ou kinderrympies: “... en aan die boom was daar ‘n tak, daar’s ’n tak aan die boom, en die boom in die gat en die gat in die grond...â€? Maar Petrus se stapeling is harts-erns: Hy sĂŞ ‘n mens moet al jou energie insit om jou geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. Wat ’n mondvol, wat ‘n hart vol, hierdie leer van geloofsverryking wat elke gelowige lewenslank moet klim omdat God ons alles geskenk het – wonderlike gawes, om te lewe en Hom te dien. Die Gereformeerde Vroueblad gaan hierdie jaar, maand vir maand en uitgawe vir uitgawe (met uitsondering van ons spesiale uitgawes soos Paasfees en die Saamtrekuitgawe), hierdie geloofsleer trappie vir trappie klim. Ons redaksie bid dat dit vir elke leser ‘n geloofsverrykende pad sal wees. En as jy saam met ons opgewonde wil raak hieroor, delf solank diep in die skat van God se Woord. Lees 2 Petrus 1 (veral dan verse 1-8) en soek ander Skrifgedeeltes wat ook gaan oor al die dinge wat hier genoem word. Lekker lees hierdie maand waar ons saam gesels en begin dink aan: Geloofsverryking!

Liefdegroete in Christus Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ‘n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die brieweblad van Maartmaand 2015. Briewe moet ons voor of op 13 Februarie 2015 bereik (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Foto: Lydenburg.

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nieâ€? (HebreĂŤrs 11:1).

Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan; Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120

Baie jammer r &KG CTVKMGN KP QPU WKVICYG XCP &GUGODGT ,CPWCTKG Die Geheim R KU FGWT Ds. Pieter Harris IGUMT[H OCCT QPU JGV PCIGNCCV QO U[ PCCO D[ VG UKV ,COOGT FCCTQQT r $[ /CTNGVVG XCP 4QQ[GP UG 6GMU GP 8GTU XKT -GTUHGGU R JGV QPU FKG QRUMTKH XGTMGGTF IGJCF &KV OQGU NGGU Vol Vreugde s FKG XQTKIG OCCPF UG QRUMTKH JGV RGT CDWKU YGGT JKGT KPIGINKR 'MUMWWU /CTNGVVG

Februarie 2015

3


in diepte

Skatryk Geloofsrykdom inspireer en motiveer tot verdere geloofsverryking!

Die keurig uitgesoekte taal en tyding en boodskap van Petrus. Die rykdom aan inhoud. Die bekende verswoorde van 2 Petrus 1:5-7 maar ook die ingeboude krag en rykdom aan evangelie opgeskryf in 2 Petrus 1:3-5. Testamenttaal in verse opgeskryf wat geloofsarmoede wegpraat en rykdom opteken in die hart en gemoed van God se kind! In ʼn omgekrapte lewe en lewensomstandigheid kon die lesers van die tweede Petrusbrief, maar ook die 2015 n.C. leser van dié verse, hoor: GOD SE KIND IS REEDS RYK!

DEUR DR. PIETER HEYSTEK (GK PRETORIA-MONTANAPOORT)

8

Februarie 2015


in diepte God gee Inderdaad, God gee ‘n rykdom van geloofsgoed. Die 2 Petrus 1:3 woorde. Bomenslik maar ‘n aardse werklikheid! Verswoorde wat getuig van oorvloed en meer as genoeg en weelde. In Goddelike krag is alles gegee wat ek nodig het om te lewe en Hom te dien. Nietig, mens in my onvermoë en eie krag . . . . maar die Goddelike krag van my Vader. Onuitputlik in gee-krag. En dink ’n mens vir ‘n oomblik dat vers 3 te goed is om waar te wees, en blaai jy deur die Bybel soekend na die rykdom van God se beloftes, lees jy in 2 Kor. 9:8 raak: “En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle altyd in elke opsig selfversorgend kan wees en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk.” Goddelike krag kenbaar en sigbaar in Jesus Christus. ‘n Rykdom van krag wat motiveer en inspireer. Nie armsalig nie, maar geluksalig. Gefokus en geïnspireer... lewensdiens en diens aan God. Petrus skryf en sê en verseker en bemoedig die leser. Soos ‘n testament wat in sy bepalings ‘n werklikheid word. En God se kind wat hoor en weet en besef dat elkeen ryk erf – ‘n geestelike rykdom van onskatbare waarde reeds ontvang om, ongeag wêreldarmoede en aanslae en beperkinge, te kan lewe. Om dwaaldinge wat verkondig word te kan onderskei en lewensgevare te kan trotseer in die lig van testamentêre bepalings wat ‘n geestelike weelderykdom onderstreep. Geloofsryk, en om dit te besef en te beleef en nie blind te raak en te wees vir wat God wel reeds gegee het nie. God voorsien alles wat sy kind nodig het om te lewe en Hom te dien. ‘n Rykdom reeds ontvang wat baie meer is as wat ‘n mens-kind se verstand kan bevat. Al God se heerlikhede en mag tot sy kinders se beskikking om te kan lewe en om Hom te kan dien. Skatryk in die geloof... lewensweelde in die geloof. Geloofsdankbaarheid vir ‘n erfenis om enduit te kan volhard. Alles behalwe arm!

God gee gawes God se kind . . . . in werklikheid een van die rykste en mees bevoorregte persone op aarde. Gawes in die Goddelike testament opgeskryf en uitgedeel. Kosbare geskenke beskikbaar omdat ‘n mens God ken. Die Gewergod wat kenbaar is in Jesus Christus. Testamentêre uitdeelgoed wat uit die aard van die saak nie met geld gekoop kan word nie, nooit gesteel kan word nie en wat ‘n innerlike weelde bewerkstellig. Die kosbaarste en allergrootste gawes wat die lewende Here belowe het. Vir die geroepe en uitverkore Godskind wat in die elke dag se tyd moet lewe... het Hy sy kosbare en grootste beloftes reeds gegee. Waardevol vir die tree vir tree leef in die lewe. En sonder dat Petrus die gawes waarvan in 2 Pet. 1:4 sprake is in ‘n tabel opskryf, inspireer en motiveer die spesifieke vers ons om in God se testamentdokument, sy Woord te blaai en met verwondering raak te lees wat geërf is: t ‘n Lewe wat baie meer is as opstaan en gaan slaap (Rom. 8:9-13); t Opstandingslewe (Joh. 11:25; 1 Kor. 15:21-23); t Die Heilige Gees (Hand. 2:33; Ef. 1:13)’

t t t t t t t

Onuitspreeklike genade (Rom. 5:15, 20); Vreugde (Ps. 132:16; Gal. 5:22); Nuwe krag elke dag (Jes. 40:31); Leiding (Joh. 16:13); Hulp (Jes. 41:10; 13 en 14); Onderrig (Joh. 14:26); Wysheid (Spr. 2:6-8; Jak. 1:5). Erfgoed wat nooit swerfgoed sal wees nie. In God se testament opgeskryf en aan sy kind uitgedeel. En wanneer die gelowige mens die testamenttaal van Petrus aanhoor en eintlik God se stem hoor, val die glans van Goddelike heerlikheid en ewigheid vir altyd oor ‘n mens se lewe. Testamentêre genade wat Godskinders laat deel kry aan die lewe van God wat ryk en onverganklik is. Die ewige lewe– ‘n mens se ewige deel al is die aardse dae nog nie verby nie. Skatryk in die deel kry aan die Goddelike natuur! Om deelgenoot te wees aan die Goddelike natuur en so baie gemeenskaplik met God te mag besit, sonder om in God op te gaan of as mens vergoddelik te word. Maar gewoon net toegerus met ‘n erfporsie wat God se kind in staat stel “om die verderf te ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is” (2 Pet. 1:4). God se kind, koningskind, gesterk en stewig. Onwrikbaar op koers. Meer as genoeg reeds geërf om met vreugde te kan lewe. Jy wat God mag ken en die bemakings in sy testament op die bladsye van die Ou- en Nuwe Testament mag aflees en kinderlik-verwonderd in jou hand mag neem en in die diep binnekant van my hart mag koester. Erfporsie ongekend mildelik in die ken van die Gewer wat sy Seun gegee het... ook deel van die rykdom van die testament. Verlos en vergewe. Nuut en vry omdat die Heilige Gees die geloof wat ‘n mens in staat stel om kinderlik die testament te lees en die heerlike erfporsie te waardeer, in menseharte lewend hou.

God gee en dit inspireer Hoe wonderlik om aan geloofsverryking te dink met die woorde van 2 Pet. 1:1-7 in gedagte. Erftaal, erfdinge, weelde, rykdom, genade. Hoe wonderlik om in die geloof te groei, steeds meer en meer. Mét die geloof en ín geloof vorentoe. Reeds skatryk, maar juis daarom mag jy nie verarm en veragter nie. Inteendeel: Omdat jy begenadig is, omdat jy uitgekoop en dus uitverkies is, omdat jy kosbaar is, omdat jy uit genade reeds geloofsryk is, verryk jouself daarom, meer en meer: t Delf dieper; t Voeg by; t Verdiep jouself in die rykdom van die guns en genade reeds ontvang; t .PFOJF EJF FSGQPSTJF iPQHFCSVJLw OJF NBBS WFSEJFO verdere guns en godsvrug. Die testament is gelees . . . . jy het ryk geërf. Moenie in die geloof verarm nie en onthou: Arm was ek gister . . . . nou is ek ryk. Skatryk in die Here. Ek dank U Here, in Christus Naam.

Februarie 2015

9


leefdinge GEMEENTE-MOSAĂ?EK

Vrouekamp BY DIE MOOIE MOOLMANSHOEK IN DIE OOS-VRYSTAAT DEUR LILLA DU PREEZ

Wyd en syd is daar gepraat oor die Vrouekamp wat van 17 tot 19 Oktober 2014 by Moolmanshoek in die Oos-Vrystaat aangebied is. Vanoor die hele land het hulle opgedaag, wel nie om te kampeer in die ware sin van die woord nie, maar om kamp op te slaan aan die voete van ons Here Jesus, met die doel om versterk te word vir die lewensreis. Dit was Dalize Pelser van die Gereformeerde Kerk Bethlehem se droom om ‘n Vrouekamp byeen te roep nadat sy besef het hoe baie vroue seerkry op die lewenspad. Vroue wat nie geleentheid kry om die seer te verwerk nie en maar net moet “aangaan met die leweâ€?. Dalize het die pyn van veral twee vroue wat elk ‘n kind aan die dood afgestaan het, raakgesien. Sy is deur die Heilige Gees aangespoor om na seerkry-vroue uit te reik, te help heel word en God se roeping te kan uitleef. Dalize vertel: “Almal van ons het met verloop van tyd harde houe van die lewe gekry, baie seergekry en dikwels skade opgedoen. Of ek seergekry het deur teleurstelling, bankrotskap, egskeiding, verslawing, moord, verkragting of die dood van my kind, wat ookal – sukkel ek dikwels om weer te herstel en te kan voldoen aan my roeping in die wĂŞreld. Ons keer na binne, want dis seer. Waarom nie toelaat dat God my gebruik met die ekstra toerusting en wysheid wat ek in my seerkry van Hom ontvang het nie?â€? Dr. Tessa van Wijk, traumatoloog en dosent aan die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus, is genader om as begeleier op te tree. Dr. Van Wijk het in 2004 die graad Ph.D Sielkunde aan die Commonwealth Open University behaal. Sy is ook ‘n traumatoloog in ’n privaat praktyk. Dr. Tessa het gesorg dat dit wat sy sĂŞ, ingeoefen word. Stap vir stap is die dames begelei met praktiese sessies. Om na binne te kyk, kom nie vanself nie. Om die seer wat jy saamdra te erken en onder woorde te bring, is nie maklik nie. Met deernis, begrip en meerdere kennis het sy die dames begelei om die swaarkry-deure oop te stoot en in die oĂŤ te kyk, aan die hand van die temas:

24

Februarie 2015

t t t t t

4LPPONBBL UPU WFSHJĂŞFOJT 0VEJU WBO NZ MFXF 7FSBOEFS KPV FUJLFU *OTUSVLTJFT WJS EJF MFXF %JF QBE WPSFOUPF Met ses Bybelse vroue as voorbeeld leer ons uit watter moeilike omstandighede hulle hulle moes losmaak. Hulle was bereid om ‘n keuse te maak na ‘n beter lewe: t 3VU IFU /BPNJ TF (PE HFLJFT 3VU IFU HFFO CFXZTF HFIBE vir haar toekoms nie, sy het net haar geloof gehad, en haar keuse gemaak. t (PNFS IFU OPPJU UFO WPMMF BBOWBBS EBU (PE IBBS WFSHFXF het nie. t %PSLBT IFU HFHFF FO HFIFMQ UPU PQ AO QVOU XBBS TZ ineengestort het. t .BSJB .BHEBMFOB IFU EJF FUJLFU WBO AO QSPTUJUVVU saamgedra. Dikwels word ‘n etiket deur onsself omgehang: Ek is nie goed genoeg nie, nie mooi of slim nie, of dalk arm. t &TUFS XBT AO NFSLXBBSEJHF WSPV NFU AO TUFSL HFMPPG AO Unieke eienskap van Ester is dat sy onafhanklik maar onderdanig was. t 5PF 3BHBC FSLFO IPF BGIBOLMJL TZ WBO (PE JT IFU BMMFT JO haar lewe verander. Die vraag aan die begin was: Wat moet vandag se moderne vrou van 2014 weet om geestelik gesond te wees? En die antwoord? Gaan na God toe. Spandeer tyd met God. Dit is wat die bogenoemde vroue gedoen het, en God het hulle gesond gemaak.


leefdinge Tydens die werksessies is elkeen begelei om voorraadopname van eie omstandighede te doen, na binne te kyk en te besin oor die wil en die hoe van verandering.

Dr. Tessa som die betekenis van die Vroue-kamp só op: Wat laat jy agter en wat begin jy? Jy laat die besige geraas agter en jy begin ‘n reis na binne. Daar is tydens die kamp nie net hard gewerk nie. Daar is genoeg tyd ingeruim om in die asemrowende natuurskoon te gaan stap, daar is heerlik gesing en lofprysing gedoen, en baie gelag. Saterdagmiddag is daar met groot entoesiasme soesji gemaak. Pragtig gedekte tafels gelaai met soesji-bestanddele, het elkeen uitgenooi om aan die werk te spring en heerlik te smul. ‘n Wonderlike ervaring met groot pret.

Teen die einde van die naweek het die dames hul belewenisse spontaan gedeel, waarvan enkeles genoem word: “Ek het baie genesing ervaar en insig in my eie omstandighede gekry.” “Ek het nader aan God gegroei; Ek het geleer om stil te word by God en na Hom te luister – ek voel sy vrede aan.” “Die spreker praat met geloofsoortuiging en persoonlike ervaring en is uiters professioneel.” “Nog nooit het ek soveel inhoud in praktiese sessies beleef nie.” “Ek is 100% afhanklik van God in my seerkry en in my gesond wees.” “Ek het rustigheid gekry dat ek my verlede kan agterlaat; God sien my anders as wat ek myself sien.” “Ek het geleer hoe om mense te hanteer wat my emosionele energie tap.” “Ek moet my negatiewe ervarings in die lewe agterlaat; tyd met God in afsondering is belangrik.”

Wat het dit vir die Gereformeerde kerk Bethlehem beteken? Dalize Pelser vertel: “Die groep was ontvanklik, deelnemend en interaktief. Ek is baie dankbaar. Die Here seën ons oorvloedig. Die Here het die spreker op ‘n besondere manier toegerus; die inhoud van die temas is Bybelgetrou en getuig van wysheid en insig – gelei deur die Heilige Gees.” Dalize het niemand gespaar nie. Ds. Abri Pelser en die twee dogters Hanri en Maretha is ingespan, benewens die gemeente wat gehelp het. “Ons het baie hard gewerk om fondse in te samel, die mans ingespan en die hele dorp het by ons gourmet boeries gekoop om geld in te samel. Die spanwerk was heerlik.” Foto 1: Stephanie Maritz. Foto 2: V.l.n.r. kloksgewys: Ronél du Preez, René Bakker, Anina Kriel, Moira van der Merwe, Martie-Mari du Plessis, Wilma van Jaarsveld en Mari Coetzee om die soesjitafel. Foto 3: Daar is nuwe vriendskappe gesmee, saam gehuil e ook baie gelag. Foto 4: Marietjie Steenkamp van die Gereformeerde kerk Bethlehem leer soesji maak. Foto 5: Stephanie Maritz (links) en Dalize Pelser. Foto 6: Moolmanshoek se bekende perde. Foto 7: Magda du Plessis en haar dogters: René Schoeman, Magdel du Plessis en Elisia du Plessis.

6

7

8

9

Foto 8: Hoe sien jy my? Ander mense sien jou nie soos jy jouself sien nie. Die “rugboodskappe “ het ‘n hele paar verrassings opgelewer. Hier is Frances Maree, Ronel Weideman en Tammy Maree besig om hul boodskappe te skryf. Foto 9: Maretha Pelser en Magdaleen Ballot. Foto10: Dr. Tessa van Wijk, die begeleier, aan die woord. Foto 11: Dalize Pelser en haar twee dogters, Hanri (links) en Maretha (regs).

Februarie 2015

25


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.