JULIE 2013
Altyd diensbaar GROEI KLEINER EN SWAKKER
Dagboek van genade www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm
JULIE 2013
GEREELD
Altyd diensbaar GROEI KLEINER EN SWAKKER
Dagboek van genade www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm
Werf asseblief vir ons nuwe intekenare of gee die Vroueblad as ‘n geskenk aan jou vriendin. Intekenvorm verskyn op op p. 23. Die Redak-
3 4 5
Redakteursbrief Briewe Ds. Sê my
IN-DIEPTE 6 Groei kleiner en swakker 8 Blom jy of brom jy waar jy geplant is? 10 The believing woman always available to serve the Lord
LEEFDINGE 12 14 15 16 17 18 20 21 22 23 24
Die deugsame vrou en die sittende man Teks & Vers: Dien in geloof Teks & Vers: Dagboek PTP Publikasies Boekeblad Dagboek van genade Soen Soentjie vir Mevrou Hartskatte Lees in Augustus 2013 Kaleidoskoop Julie 2013
Redaksionele Inligting
6 2
Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistent-redaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Prof. Jacques van der Elst Ds. Nico Botha Annatjie du Plessis Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: http://www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Advertensies: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987 Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: Self afhaal by Administratiewe Buro: R 111 Elektroniese intekening: R 111 Groepintekeninge: R 174 Individuele intekeninge: R R193 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
JAARGANG 68 NOMMER 2 VROUEBLAD Julie 2013
REDAKTEURSBRIEF
ALTYD DIENSBAAR Diensbare vrouens in die Here,
“Juig almal tot Gods lof en eer, kom dien met blydskap God die Heer” (Psalm 100: strofe 1, reëls 1-2)
Sms’e Ons saamtrek hier by Die Bult in Potch was vir my die jaar spesiaal. Ons het ‘n wonderlike spreekster gehad. Sy het van haar nagmerrie ondervinging nl haar verkragting vertel. Ek het nog nooit so met iemand meegeleef nie. Nooit besef die verskriklike impak op jou en jou gesin se lewens nie. Daar was nie ‘n droë oog in die gehoor nie. Ek weet ek is laat met my sms, maar dink elke dag aan die dame. Bid vir al ons susters in die geloof.
En so het die tyd weer aangebreek dat die dubbeluitgawe moet verskyn waarin almal vertel van die landswye saamtrekke wat op 9 Maart 2013 gehou is. Ek is vars en nuut, want ek sit die 10de Junie na ʼn kort, maar lekker seevakansie aan die Natalse Suidkus, weer voet aan wal. Net om met die intrapslag my vas te loop in ʼn weeklange onstabiele elektrisiteitsituasie en toe die week daarna groot internetprobleme (waarsonder hierdie blad natuurlik nie op haar voete kan kom nie). En met die vorige uitgawe was die bladuitlegkunstenaar my genadig toe ek vroeg wou klaar wees vir my vakansie, nou is dit my beurt om, ondanks al die vele uitdagings, haar ter wille te wees want sy wil vroeg klaar wees – dis wintervakansie vir haar en haar gesin. En met watter tema werk ek terwyl hierdie storms om my woed? Dien altyd; wees altyd diensbaar waar jy is, ongeag in watter omstandighede jy jou bevind. En ek weet ek word getoets. Maar met my man se ondersteuning, die kinders wat soos engele hulle selfone as modems kan inspan wanneer ʼn selfoonstokkie selfs nie werk nie (dankie tog dis universiteitsvakansie!), hou julle nou die dubbelblad betyds in julle hande. Lekker lees en lekker foto’s kyk. Die tema vir 2014 is nou uiteindelik bekend en nou kan al die streke maar hulle sprekers nader. Ons susters van Die Gereformeerde Kerk KwaMancane het so mooi gevra dat hulle beriggewing oor die saamtrek van die Natalstreek in Engels gepubliseer word sodat hulle ook die blad vir hulle kan bêre as herinnering, dat die redaksie toegestem het. Ons het toe besluit om die volledige artikel in Engels onder In Diepte in die tydskrif te publiseer, omdat daar ook heelwat berig is oor die geestelike verdieping van die dag. ʼn Korter, Afrikaanse weergawe van Natal se saamtrek verskyn in die Saamtrekbylaag. Geniet die blad, en geniet die voorbereidings vir Sustersaamtrek 2014 – die saamtrekke vier dan hulle 50ste bestaansjaar. Altyd diensbaar aan ons Koning
Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in Augustusmaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 15 Julie 2013 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
Groete, A v Pletzen
VROUEBLAD Julie 2013
3
in diepte
Blom jy, of brom jy waar jy geplant is? DEUR ABEL EN COBIE STEYN (TOERUSTING GELEWER TYDENS LIMPOPO SAAMTREK, 9 MAART 2013) Unieke identiteit God het jou met ’n unieke identiteit geskape en jou die mens gemaak wat jy is: Jou voorkoms jou persoonlikheid is al voor jou geboorte deur God vasgelê. Daar is nie nog iemand soos jy nie. Soos wat jou vingerafdrukke uniek is, so is jy God se mens en dra jy die stempel dat jy aan Hom behoort. Jy is vrou – deur Hom geskep en geroep om sy verteenwoordiger hier op aarde te wees in alle verhoudings waarin Hy jou gestel het: “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep” (Gen. 1: 27).
8
VROUEBLAD Julie 2013
Jou unieke identiteit is dus gelowige vrou. Jy is God sʼn – jy behoort aan Hom. Jy is na sy beeld geskape – jy het ʼn lewensroeping om sy verteenwoordiger hier op aarde te wees. Dit maak nie saak wát in jou lewe gebeur nie: Jy bly lewe in ʼn verhouding met Hom.
Ongehoorsaam aan jou roeping Ons lees vroeg in die Bybel dat die mens in die paradys ongehoorsaam raak aan God. Die mens kom nie sy roeping na nie – hy is ontrou in die verhouding wat die Here met hom gesluit het. Die Here hou egter na die sondeval nog
hierdie verhouding in stand, Hy praat nog met die mens en wys vir hom wat hy verkeerd gedoen het en sê dat die mens die gevolge van sy verkeerde dade moet dra. Die mens kan nie self uit sy situasie van sondigheid en sonde ontsnap nie – die Here voorsien ’n Verlosser wat na die wêreld toe moes kom om vir ons sondes te sterf.
Ingeplant in Christus Die Here tree al van voor jou geboorte af in ʼn verhouding met jou (vgl. Ef. 1). Alles wat in jou lewe gebeur, gebeur in verhouding met die Here. Soos wat ʼn boom in die grond geplant word, so is jou
in diepte hart sodat jy kan groei en blom waar jy geplant is.
Groei Om te kan blom, moet die boompie of saadjie in die regte grond geplant wees en op die regte manier versorg word. Die wortels moet die regte kos kry, kunsmis en kompos en water. Dan kan hierdie blomplant ontwikkel, groter te word. Net so groei jy as gelowige vrou in jou verhouding met die Here – die Here sorg vir die regte grond om in te groei. Dit is ʼn dinamiese proses, want waar God is, is daar dinamika, groeikrag. In Hom lewe ons, want elkeen van ons staan in ʼn lewende verhouding met Jesus Christus. Sonder ʼn innige verhouding met Jesus Christus kan jy nie groei nie.
Hoekom moet ʼn mens groei?
verhouding met die Here: Jy is ingeplant in God deur Jesus Christus. Hy is die ware wingerdstok en jy die loot (Joh. 15: 1 e.v.) Die feit dat ons dink, of voel, ons blom nie, het te doen met die werklikheid van my sondige geneigheid en my verkeerd dink en verkeerd doen. Ek bly nie elke minuut van die dag bewus van die Here nie en ek werk ook nie van my kant af aktief aan die verhouding wat Hy met my gesluit het nie. Ondanks hierdie werklikheid van sonde en negatiewe denke oor jouself en dan verkeerd doen (of glad niks doen nie!), werk die Here deur sy Heilige Gees in jou
Omdat die wingerdstok waarin ons ingeplant is, lewe, kan jy nie anders as om te lewe en te groei nie. Groei is ʼn wesenskenmerk van lewe. In hierdie groeiproses (die lewe) voel jy soms sterk in die Here – jy groei goed, want omstandighede is reg: daar is genoeg sonlig, water en voedsel. Ander kere voel jy swak: soos wanneer droogtetye of hael of ’n stormwind die plant tref – soos wanneer beproewings oor jou pad kom. Belemmering van groei kom deur jou eie sondigheid, deur Satan, deur ander mense wat jy toelaat om jou groei te beperk. Hoe kan ek sterk bly? Hoe groei ek te midde van beproewings en belemmerings? Geloof en vertroue in God wat jou deur Jesus Christus syne gemaak het. Om te bly in Christus. Jou groei is ʼn groei uit Jesus Christus, jou Verlosser, na Jesus Christus toe. Jy het ʼn beginpunt en ʼn einddoel. Groei is ʼn tydsame proses: Kyk maar hoe ‘n klein, tenger plantjie oor baie jare groei tot ‘n reuse boom. As gelowige groei jy soos die Palmboom van Psalm 92 na die Here toe. Jy vind jou krag in verhouding met die Here. Die palmboom se unieke eienskap was dat die boom regop boontoe groei en dat die boom wanneer hy swaarkry, nog beter en sterker boontoe groei. Selfs al sou jy gewigte bo-op die boom plaas of aan hom hang, bly die boom groei. Daarom sal hierdie bome “tot in hulle gryse ouderdom sal vrugte dra en vet en groen sal wees” (Ps. 92: 15).
As burgers wat ingeplant, ingewortel is in God se koninkryk moet ons dus nie net blom nie, ons moet ook uiteindelik vrugte dra.
Van blom na vrug In Joh. 15 verduidelik ons Here Jesus Christus self dat ʼn gelowige net vrugte kan dra wanneer sy in die ware wingerdstok bly. En hier word ook gesê dat wanneer jy vrugte dra, jy reg gesnoei sal word om nog vrugte te dra. Daar word ook gesê as jy nie vrugte dra nie, word jy uitgesny en weggegooi. Jou roeping, gelowige vrou, is om vrugte te dra. Vrugteboere het vroeër die gewoonte gehad om hulle bome te ring om die vrug die regte grootte te laat groei vir die uitvoermark se behoeftes. Dikwels het hulle in hierdie proses foute gemaak en die vrugte was te groot of te klein vir die mark. Die Here, die groot Boer, ring ons ook soms om ons “grootte” reg te kry, maar Hy maak nie foute nie. In die proses van groei – ook in swaarkrytye en beproewings – is die Here besig om van ons perfekte uitvoerprodukte te maak vir sy uitvoermark: Koninkryksprodukte. Die vrugte wat ons moet dra, is: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid (Gal. 5: 22). Die vrug van die Gees kom na vore in die verhoudings waarin die Here jou geplaas het. Dit is tog primêr waartoe ons Koning jou geroep het: Om in sy koninkryk te dien. In die verskillende verhoudings waarin jy lewe, met jou man, kinders, vriendinne, broers en susters in die gemeente, mense in die gemeenskap, jou kollegas, kom die unieke karakter wat die Here jou gegee het, na vore. Met ander woorde: Blom jy waar jy geplant is? Dra jy die vrug van die Gees wanneer jy finansieel swaarkry of siek is; wanneer jou kind met leerprobleme sukkel of daar stryd en twis in jou familie is?
Vermeerder die Here se roem Die uitdaging is dat jy jou unieke identiteit – gelowig vrou – opneem en die Here met jou unieke eienskappe en besondere gawes sal dien. As iemand oor jou ʼn getuigskrif moet skryf, mag die volgende dan van jou waar wees: “Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder” (Jes. 61: 3b).
VROUEBLAD Julie 2013
9
leefdinge
Die deugsame vrou en die sittende man DEUR GRIET SWANEPOEL
“Sterk tog my hande, o Heer!” Met dié woorde uit Nehemia in my gedagtes gaan ek slaap. Dit is Saterdagaand. Ek doen die afgelope tyd Bybelstudie uit die boek Nehemia. Die werk van Nehemia en die beplanning om die vervalle mure van Jerusalem weer op te bou is ‘n inspirerende en aktuele boodskap vir my. Môre is dit Sondag. Ek moet myself ekstra motiveer om op ‘n Sondag in die hospitaal te werk. Die gedagte om die preek, waaraan my man getrou gewerk het, mis te loop, maak dit ook moeiliker. Die lekker kuier na die diens saam met lidmate en natuurlik die lekker Sondagete saam met die kinders gaan ek dan alles misloop. Die gebed van Nehemia troos my voor ek gaan slaap. Ek besef dat daar siek mense is wat my nodig het. En ek besluit dat ek daar ‘n verskil gaan maak. Ek kan darem die preek op die internet luister en my kinders is nou al almal groot. Vroegoggend is ek uit die huis uit terwyl die hele stad nog slaap. Ek kry ‘n pasiënt wat herstel na ‘n hartomleidingsoperasie. Ek stel myself voor en kan werklik sien die vrou is vreeslik bly om my te sien. Sy is baie groot van postuur. Ek begin met die roetine observasies en toe ek soek na haar voetpolse sien ek die een been is
12
VROUEBLAD Julie 2013
heeltemal weggekwyn. Sy sê niks nie. Toe ek klaar is met die observasies vat sy my hand en sê vir my: “Ek het die hele nag gebid dat die Here vir my vandag ‘n sterk suster moet gee...” Sy beduie na my arms. “Ek moet vandag uit hierdie bed uitkom. Soos jy kan sien het ek ‘n polio-been en die ander been se knie kan ook nie meer nie.” Ons kry haar later uit die bed en sy loop sukkelend en stadig – sowat 20 meter. Sy klou aan my of haar lewe daarvan afhang en ek kan voel hoe sy my fisieke krag ten volle vertrou. Sy sit daarna triomfantlik op die stoel met dieselfde uitdukking as iemand wat die Comrades gewen het. “Suster, die Here het jou verseker vandag vir my gestuur,” sê sy dankbaar. Langs my pasiënt word ‘n man opgeneem met ‘n klont deur die long. Ek help my kollega om hom op te neem. Hy is in pyn en kortasem en sy vrou doen maar die praatwerk
namens hom. Die dokter wil by haar weet of haar man dalk onlangs gevlieg het (waar hy vir dan vir ‘n baie lang periode in een posisie moes sit). Die vrou kan nie wag om haar frustrasie met die dokter te deel nie. “Lank gesit... Ja, dokter vir baie lank. Maar nie in ‘n vliegtuig nie — sommer die hele dag voor die TV!” Die vrou is duidelik nie baie simpatiek teenoor haar man en sy pyn nie. Dit is asof sy amper vermakerig is oor wat hy nou van sy sittery voor die TV gekry het. Die manne se liefde vir die sportkanaal en TV-kyk raak later ‘n groot bespreking rondom die teetafel. Nul uit noord vra een van my kollegas skielik vir my: “Jy is mos nou ‘n pastoriemoeder... Jy ken mos die Bybel — sê nou vir my hoekom staan daar in Spreuke net hoe die arme deugsame vrou moet werk, weef en vroeg opstaan sodat haar man in die poorte kan sit!”
leefdinge
Sy lê soveel klem op die woord “sit” dat dit behoorlik sissend uitkom. Ek is vir ‘n paar oomblikke behoorlik uit die veld geslaan, ek het nog nooit van só ‘n variasie of interpretasie oor die deugsame vrou gehoor nie. Die eerste woorde wat in my gedagte kom is die woorde van Martin Luther wat gesê het: “Elke vers in die Bybel handel oor Christus”. Ons teetyd word kortgeknip deur ‘n noodsituasie en ons kry nie weer kans om te praat nie. Die aand na werk kan ek nie wag om in my man se studeerkamer in te kom nie. “Waarna soek jy?” vra my man. “Ek soek boeke oor Spreuke”, sê ek eers vaag. Ek kan mos nou nie vir hom sê ek wil weet waarom die man maar mag “sit” nie. Toe hy my later weer soek is ek nog steeds
in die boeke. Hy sien ek soek nog steeds. “Laat ek help,” bied hy aan. Ek sien ek kan nou nie meer doekies omdraai nie. “Goed”, sê ek, “ek wil weet waarom staan daar in die Bybel hoe hard die deugsame vrou moet werk sodat haar man in die poorte kan sit!” Verbaas kyk hy my aan asof ek in tale spreek. “My vroutjie, ek moet sê — jy is vol verrassings!” Tussen al die boeke lees en leer ek weer opnuut van die deugsame vrou. Ek leer van haar deeglikheid, haar flinkheid. Iemand wat haar man se bene sterk maak. Ek leer van haar karaktereienskappe, haar geloof, haar vertroue, haar wysheid en diensbaarheid. Ek leer van haar van positiewe toekomsverwagting. Haar sagtheid en
ook haar selfversorging. Iemand wat erkenning en bewondering van haar man en haar kinders kry. Bowenal leer ek van die besondere ereplek wat sy by God ontvang het. Die “sit” van die deugsame vrou se man in die poorte is nie soos ‘n gemaksit voor die TV nie. Dit was ‘n werksaamheid. Dit is aktief. Daar is gewerk, besluite geneem. Regspraak beoefen en regeer saam met die leiers en oudstes van die stad. Dit wys op Christus as regeerder oor die wêreld en die deugsame vrou is ‘n sinnebeeld van die bruid, sy gemeente wat vir Hom werk met toegewyde diensbaarheid. My reis in die studeerkamer was die moeite werd. Ek gaan slaap rustig met nuwe krag. Ek kan weer bid. “Here, maak my hande sterk, om vir U te werk!”
VROUEBLAD Julie 2013
13
leefdinge
Dagboek van Genade DEUR CARMIE HUISMAN
Daar is ’n geskarrel en groot opgewondeheid in ons huishouding: Mia kom vir die eerste skoolvakansie huis toe! Sussie Winel, ekself, oupa en ouma beplan spyskaarte van Mia se gunstelingkosse vir haar kuier. Sy is vanaf Januarie 2013 ‘n onderwyseres by Hoërskool Harrismith. Na ʼn heerlike inkopietog in die Mall begin Mia kla van hoofpyn . Natuurlik skryf ons dit toe aan moegheid: Die rit huis toe was lank en die eerste kwartaal uitputtend. Min weet ons wat voorlê. Eenuur die nag bel Mia my wakker uit die kamer langsaan: Sy kla van kloppende hoofpyn en het ʼn hoë koors. Die volgende dag is die dokter nie erg bekommerd oor haar simptome nie. Die dag daarna vererger haar hoofpyn egter en kry sy die eerste van daaglikse pyninspuitings by ’n dagkliniek. Die hoofpyn vererger en ons word na ’n internis verwys. Heel nonchalant gee hy antibiotika en pynpille en behandel vir moontlike simptome van meningitis. Dit is nou dag vier en
18
VROUEBLAD Julie 2013
hoofpyn word ondraaglik erg. Mia kry steeds sterk pynstillende inspuitings en die dokter verwys haar weer na die internis wat haar laat opneem in ’n privaatkliniek. Aangesien sy by die skool ʼn beheerliggaamsaanstelling het, het sy nie mediese voordele nie. Voordat sy opgeneem word moet ek eers R10 000 betaal – met elke prosedure en medikasie moet ʼn vorm geteken word vir betaling die volgende dag. My kredietkaart kan net soveel per transaksie toelaat en my Boeta help met die inbetaling van die res. Die Here voorsien. Dag agt van die siekte: Bloedtoetse en ʼn lumbale punksie word gedoen en sy word behandel vir virale enkefalitis.
Mia praat nie meer nie, sy kerm net: “Mamma help!” Ek is magteloos: Hoe antwoord jy jou kind van 24 jaar oud? “Die Here gee krag, Hy sal jou pyn wegneem,” is al wat ek kan sê. Oupa en ouma waak beurtelings by haar – dit help vir die oomblik, sy wil nie alleen wees nie en soek haar familie. Mia se hoofpyne word feller by die uur. Daardie nag help geen pynstillers meer nie, die internis doen ’n tweede lumbale punksie en ’n prosedure volg wat vog op die brein meet en aftap. In my deurlopende gesprek met die Here dié nag, gee ek Mia terug vir die hemelse Vader: Laat u wil geskied. ʼn Wonderbaarlike vrede kom oor my. Ons kinders word net aan ons geleen.
leefdinge
Skokkende diagnoses volg. Sy moet onmiddellik per ambulans Klerksdorp toe gaan vir ’n MRI-skandering – hulle vermoed ʼn diep-aar trombose in die sinus-aar. Terug in Potchefstroom hoor ons dat ons ook nou ʼn aansienlike bedrag geld moet inbetaal voordat verdere behandeling en toetse gedoen kan word. Die internis plaas ook nie pasiënte oor staatshospitale toe nie en ek moet self vir die oorplasing reël. Die Here se genade is groot! Mia is intussen, ná motiverings, teruggeplaas as afhanklike op my mediese fonds. 1-Militêre hospitaal het nie neuroloë nie en ʼn engel stel voor dat ons haar na Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria neem. Tot vandag toe weet ek nie, kan glad nie onthou wie die inligting vir my gegee het nie. Die standaard antwoord by Steve Biko hospitaal is dat hulle nie beddens beskikbaar het nie, maar die suster aan diens sê ons moet Mia ongevalle afdeling toe vat, sy sal gehelp word. Elfuur die aand help oupa en ouma ons pak. Dit is nou al dag 10 van haar siekte. Gelukkig is dit universiteitsvakansie en kan Winel saamry. Die hele pad Pretoria toe bid en smeek ek vir die verlossing van Mia se pyn. Weer bid ek smekend: As dit u wil is, neem haar op in u Vaderhuis. Laat u wil geskied. Eenuur die nag, Goeie Vrydag, kom ons in Pretoria aan. Dit is ʼn vakansiedag en daar is nie ʼn dokter aan diens nie, ons moet haar die volgende dag terugbring! Ons rus die nag in ʼn hotel in Arcadia, Winel tref al die reëlings. Vroegoggend is ons by die ongevalle afdeling van die Steve Biko Akademiese hospitaal. ʼn Neuroloog neem Mia op in Trauma ICU. ʼn Bekwame vroulike dokter. Sy laat bloed trek en binne twee ure bespreek sy haar behandelingsplan met ons en begin sy antibiotika gee vir bakteriële meningitis. Sy doen weer ʼn lumbale punksie, stuur Mia vir verdere
toetse en skanderings, twaalfuur die nag kry sy ʼn volgende MRI-skandering. Met skok kom ons agter: Mia is tot op datum verkeerdelik gediagnoseer en behandel vir virale enkefalitis! Mia praat min, haar sig is aangetas en sy sukkel om te hoor. In die wagkamer voor die ICU waak familielede van ander pasiënte: Ons is mense in diepe nood , geen taal, kleur of kultuurverskille bestaan meer nie. Vir elke nuwe gesig word gebid en word daar om genade en beterskap by die Here gepleit – ’n mikrokosmos wat mekaar se leed en angs deel. Kos en koffie word gedeel, die waak-ure word lank. Gelukkig word ek by Mia toegelaat en kan ek haar elke halfuur vir twee minute sien, ek volg net die wit lyn geverf op die hospitaalvloer: Deur ongevalle tot by ICU. Wonderlike dae van twee minute per keer volg want ek kan sien hoedat sy geleidelik verbeter, haar oë nog wasig van pyn en worsteling, maar sy reageer en glimlag selfs. My hart jubel van dankbaarheid. Nou kan ek aan die talle mense wat bel sê: Dank die hemelse Vader saam met ons vir sy genade. Ons het in diepe afhanklikheid gesmeek, geworstel! Nou moet ons sy Naam prys en dank vir haar herstel, ons moet Hom loof vir die genade wat ons ontvang. Die Here se genade is groot. Familie wat in Pretoria bly en ons in jare nie gesien het nie, kom kuier. My neef bied aan dat ek by sy studentekinders bly vir die tydperk wat Mia nog in die hospitaal is! Teen hierdie tyd is ek na siel en liggaam uitgeput. Mia is baie emosioneel en getraumatiseer deur die siekte. Weereens het ek besef geloof is die anker van my, van ons kernbestaan. ʼn Aantal predikante het ons kom besoek. Jesaja 43 is in al die tale en vertalings aan ons voorgelees. Mia se kollegas en lidmate uit Harrismith het daagliks gebel en bemoedigende boodskappe
gestuur. Die Deputate Administratiewe Diensburo, my werkgewer het in samewerking met Deputate Historiese Sake, opdraggewers aan argiefpersoneel, sewentien dae menslikheidsverlof toegestaan en daagliks het lede en personeel my gekontak en bemoedig. Na 6 dae in ICU word Mia uitgeskuif na die neurologiese saal. Sy word sterk, haar oë fokus en sy wil begin lees! Elke dag loop sy ’n bietjie verder, haar geheue is weer skerp en sy herhaal nie meer gesprekke nie. Met elke besoektyd bring ons lekker eetgoedjies wat sy met genot eet – sy het só maer geword. ************ Mia het geen blywende letsels oorgehou nie. Haar sig, geheue en taalvaardigheid het ten volle herstel. Slegs haar gehoor gaan langer tyd neem om te herstel en behoort DV binne nege maande ten volle te herstel. Die prognose van die span professore en neuroloë: Ten volle herstel en genesing. Dr Thsipane, hoof van neurologie en Mia se dokter was alle ure beskikbaar en het selfs gedurende die nag in ICU na haar omgesien. Al die susters en verpleegpersoneel, die tannies wat kos gebring het, uncle 2-minutes wat toegesien het dat besoekers nie langer as 2 minute by ’n pasiënt bly nie: Julle is instrumente in die hand van die Here. Dankiesê is te min vir wat julle gedoen het. Mia het ná sestien dae gesond by die hospitaal uitgestap! Aan God die eer, lof en dank vir die wonderwerk wat ons aanskou het. Ek, geseënde vrou, jubel van vreugde.
Geskryfdeur deur‘n‘ngelouterde gelouterde Geskryf ma, na Mia se siekte ma, na Mia se siekte enenlyding lyding met bakteriële met bakteriële meningitis van meningitis van die 22ste die 22ste Maart tot die 20ste April 2013. Maart tot die 20ste April 2013.
VROUEBLAD Julie 2013
19