INHOUD
Julie
JAARGANG 69 NOMMER 2
6
10
22
GEREELD 3 4 5
Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my
6
GeróÊp, gekóóp, geplĂĄĂĄs, getĂĄĂĄk Vrou, gaan bedien! Laat God toe om jou hart te breek Elke gelowige – ‘n lekeberader Vrou wat genade ontvang het, bedien hoopvol liefde Ewigheidswaarde ÉÊn klein daad... ’n reuse verskil! Dien onvoorwaardelik, ongevraagd, volkome
JULIE 2014
Die Gereformeerde
Vroueblad roueb Bedien genade, hoop en liefde in SA
IN DIEPTE 8 10
GERÓÉP, GEKÓÓP, GEPLà à S, GETà à K
Dien onvoorwaardelik, ongevraagd, volkome
BINNE: SAAMTREKBYLAAG 2014 www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken
Ander Publikasies van die Gksa: (Laerskoolkinders) (tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro:
12 16
18 20 22
LEEFDINGE 14 15 24
26 28 28 29 29 29 30 31 32
, Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za www.gksa
Teks & vers: Geloof, hoop en liefde Teks & Vers: Dagboek Woord-wys uit Wakkerstroom: Evas gebore dienaars Bybelse berading Boekeblad Hartskatte Lees in Augustus 2014 Lens op die Bybel: Die Tollenaars Intekenvorm Adverteer in Die Gereformeerde Vroueblad Gemeentedagboek Kaleidoskoop Julie 2014
Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Annelize Fourie Prof. Ben de Klerk Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157
E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/ Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA
Intekengeld: Intekengeld (Julie 2014 - Junie 2015) Direk afhaal/ elektronies: R 142 Groepsintekening: R 213 Individuele intekening: R 231 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Advertensies: Griet Swanepoel: 083 746 2646 of swanepoel.gerefkerk@telkomsa.
Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
2
Julie 2014
redakteursbrief
Bedien genade, hoop en liefde Liewe begenadigde susters, “Jy is vrou wat hierdie genade ontvang het om die Heilige Gees in jou te hĂŞâ€? – so sĂŞ Prof. Gert Breed in sy artikel Vrou wat genade ontvang het (p. 16-17). As gelowige is ‘n mens bevoorreg, want wanneer jy bely: “Ek gloâ€? beteken dit God het jou begenadig deurdat Hyself hierdie geloof in jou hart gewerk het. Nog voordat die geloof in jou hart gewerk is, het God jou al uitverkies (vgl. Ef. 1): Alles net genade! Ons kan letterlik sĂŞ ons is gevul, vol van God se genade. Maar wat doen ons met hierdie genade? Baai ons onsself daarin, soos wat ‘n mens jou behaaglik in die winterson uitstrek en al hoe warmer en tevrede raak, maar ook al hoe luier en vaker? Of gaan ons uit en bedien hierdie boodskap van genade ook aan ander? Aan die begin van die jaar was ek bang: Ons het ‘n paar vorige jare moeilike jaarafskoppe gehad en ek was bang vir nĂłg ‘n moeilike enetjie. Toe ek dit teenoor Abel erken, is ek sagkens vermaan, maar dit is die Here self wat my geantwoord het, toe ons oggend na oggend die Bybelgenootskap se teksvers vir die dag naslaan en die tema: “Moenie bang wees nieâ€? telkens herhaal word. (Ek en Abel hou soggens saam stiltetyd en dan neem ons daardie versie en lees die hele perikoop waarin die vers voorkom). Vroeg in Januarie word ‘n volgende kankergewas in Abel se blaas gekry en ons is platgeslaan, hartseer, en ek gaan alleen diĂŠ aand van die diagnose terug gastehuis toe. Die volgende oggend slaan ek angstig die teksvers na – ek wil getroos word, gepamperlang word, nog ‘n keer hoor ek moenie bang wees nie – sien ek wil my letterlik “baaiâ€? in die son van God se genade, en in my swaarkry en hartseer terugsit – toe Matt. 5: 16 op die skerm verskyn: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlikâ€?. Ek lees die hele perikoop (verse 13-16). En lees dit weer. Toe trek ek my krom skouers regop, sluk hard terug aan die trane en besluit: Vandag gaan ek my oĂŤ oophou vir al die hartseer mense wat ek in die hospitaal raakloop (my man is nie die enigste een met kanker nie!) en ek gaan die Here se liefde aan hulle bedien. Die saamtrektema van 2014: “Vrou, bedien genade, hoop en liefde in die SuidAfrika van vandagâ€? het vlerke gekry in die hande (en met die gawes) van die toerusters wat oral opgetree het. Ons het probeer om soveel as moontlik van hierdie toerustingsgeleenthede te verwerk tot artikels. Mag jy aangespoor word om te dien en te bedien. Die Saamtrekbylaag vertel kortliks wat in elke streek gebeur het – mag jy met vreugde terugdink aan daardie dag, maar ook weer herinner word aan die oproep tot diens aan jou Koning. Ons groet met Paulus se woorde aan die einde van so baie van sy briewe: “Die genade sal by julle almal wees!â€?
Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ’n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die Augustus-uitgawe se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 21 Julie 2014 bereik.
“Wees liewer ‘n stukkie lig in een persoon se lewe as geen lig in niemand se lewe nie. Dra liewer een persoon se laste as niemand s’n nie� (Uit Stephan Joubert se Spitstyd-oordenkings By my Vader: Help om die pyn te verlig (p. 61); CUM: 2007) Foto: Lydenburg.
Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
Julie 2014
3
in diepte
DEUR DR. ANNETTE COMBRINK (TOERUSTING: BOSVELD SAAMTREK 2014)
Op byna sewentig doen ’n mens bestekopname van jou lewe en alhoewel dieselfde onsekerhede ’n mens maar nog teister, is daar meer rustigheid – en het die rigtende refrein in my lewe nou geword: Het die dinge waarmee ek my besig hou, ewigheidswaarde?
Voordat ons ernstig raak oor die tema dat ons vrouens genade, hoop en liefde in ons land moet bedien, luister na ’n paar lekker waarhede oor vrouens, wat ’n mens laat glimlag, maar ook diep laat nadink:
A woman who wants to be the equal of a man, has no ambition; The rooster crows, but the hen delivers; The best man for the job is a woman; You hit a woman, you hit a rock. 18
Julie 2014
in diepte Die vrou in Suid-Afrika Vandag is Internasionale Vrouedag (8 Maart 2014). Die tema vir Internasionale Vrouedag is “Gelykheid vir vroue is vooruitgang vir almal”. Maar hoe lyk dinge in Suid-Afrika as ’n mens oor vroue praat? Die antwoord op hierdie vraag skets maar ‘n droewe prentjie: Met een vrou wat elke ses uur vermoor word, is hoop (en liefde – meeste vroue word deur hulle sogenaamde partners vermoor), maar dun gesaai. Vroueregte het nog nie voldoende gerealiseer nie. Die vroue wat vandag hierdie saamtrek bywoon, is buitengewoon bevoorreg – hoewel verborge hartseer maar ook oral óm ons en náby ons is. In ons land is dit die swart vroue wat die meeste ly – alhoewel hulle die gom is wat hulle gemeenskappe bymekaar hou en die dryfkrag is wat hulle gemeenskappe aan die gang hou.
Die vrou se tradisionele en nuwe rol My familie is groot – dis nie eintlik net ’n familie nie, hulle is ’n “tribe”. My familie is die belangrikste in my lewe. Dis my vaste onderbou. Die Afrikaanse vrou is ‘n afstammeling van die Voortrekkers, en van dié vroue wat die Anglo-Boere-Oorlog moes trotseer – wat in hulle duisende in die veld oorleef het nadat huise en plase verwoes is. En hoe moet hulle oorleef binne die samelewing van die 21ste eeu? En hulle kinders grootmaak en hulle loopbane beoefen, én vir hulleself ‘n identiteit skep waarmee hulle kan saamleef? Die lewe het onmenslik gekompliseerd geraak het, dit is toenemend vir vroue moeiliker om staande te bly en die tradisionele en nuwe rolle te vul teen die agtergond van die enorme eise wat vandag gestel word. Waar Prediker stel dat die sonde te danke is aan die vrou, en dit dus die vrou se skuld is dat almal moet sterwe, is daar sterk stemme wat teen so ’n siening opgaan. Elizabeth Stanton konstateer selfs: “The Bible and the church have been the
(historically) greatest stumbling blocks in the way of woman’s emancipation.” Hoewel dit darem nie letterlik so opgeneem moet word nie, is dit tog so dat Bybelse beskouinge wat nie genuanseerd en gekontekstualiseer gelees gelees word nie, baie beletsels daarstel vir vroue wat hulleself wil uitleef en met hulle talente wil woeker – ook in die kerk is daar nog die saak van die vrou in die amp, wat nog lank nie uitgesorteer is nie. Die vrou van die 21ste eeu moet – soos haar Voortrekkervoorsate – die krag en die vermoë hê om te kan leef en te kan óórleef – en om haar samelewing op dié manier deegliker te dien. Vroue moet hulleself verskans deur hulleself te ontwikkel – en hulle moet dit doen omdat hulle ‘n roeping het en omdat hulle diensvaardig wil wees, maar onafhanklik moet kan wees – want die samelewing vereis dit. Die vrou is in die sentrum van die samelewing –sy moet die wêreld aanmekaar hou, aan die gang hou en die warm kern verskaf vir haar nabymense. Dit is natuurlik ook soms so in die professionele konteks dat vroue hulle eie grootste vyande is – en ‘n vrou wat sukses in ’n loopbaan wil behaal, moet ten minste twee maal so hard werk as ‘n man – ten minste! (Ook verander die situasie van familiestrukture vinnig – in die gewone patriargale stelsel is daar nie juis plek vir vroulike enkelouers en enkellopendes nie.)
Hoe raak ‘n mens sterk, om te kan leef en te oorleef? ĺ Maak seker dat jy nie verstrengel raak in ’n paar klassieke leuens nie: t (PE JT OJF HFOPFH OJF (PE JT OJF regtig goed nie/God is nie lief vir my nie; t &L JT OJLT XFSE OJF (PE LBO NZ nie vergewe vir wat ek gedoen het nie – sulke gedagtes is uiters destruktief, en onwaar; t &L JT OJF WFSBOUXPPSEFMJL WJS NZ optrede nie – die lewe het my sleg behandel, daarom kan ek maar
ellendig wees en andere ellendig maak; t 6JUFSMJLF TLPPOIFJE JT EJF belangrikste; t &L JT WFSBOUXPPSEFMJL WJS BMMFT XBU my kinders verkeerd doen – ’n ma kom mos nooit los van hierdie gedagte nie! Maar onthou: Jy kan net soveel doen vir kinders en hulle onderrig en leer, maar wat hulle doen wanneer hulle volwasse raak, word op hulle brood gesmeer. Jy kan dan net lief bly vir hulle!
ĺ Soek na die sin van die dinge wat jy doen en vra jouself veral af of dit ewigheidswaarde het. ĺ Behou jou sin vir humor ĺ Bedien genade, hoop en liefde Hê eers genade teenoor jouself: Jy mag maar wees wie jy is – jy het ‘n unieke identiteit. Dan sal jy ook genade bedien aan dié mense om jou: In die eerste plek aan jou familie, maar ook aan jou naaste, soos God dit bedoel het. Hoop is die goue draad: Dit is die uitdrukking van ’n mens se geloof en die vooruitskouing na die ewigheid. Dis maar moeilik om te bly hoop – die mismoedigheid lê soms maar vlak, maar as jy nie hoop het nie, kan jy maar net sowel opgee en gaan lê. ’n Mens moet eers die idioom van liefde bemeester: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’” (Matt. 22: 37b-39). Jy moet God liefhê met alles wat jy is en het. Maar jy is ook deur God geskep as unieke mens, en daarom mag en moet jy jouself liefhê. Net so moet jy jou naaste liefhê. Dit is die roeping wat elkeen van ons het. En die fokus waarmee jy jou lewe – die enigste lewe wat jy ooit gaan hê en wat jy as kosbare kleinood uit God se hand, moet koester – moet leef, is: Het die dinge wat ek doen, ewigheidswaarde?
Julie 2014
19
leefdinge
WOORD-WYS UIT WAKKERSTROOM DEUR WILBRIE EN ANNELIZE FOURIE
24
Julie 2014
leefdinge
Evas gebore dienaars Dis een van daardie dinge waarmee jy gebore word: Ons vroue wou nog altyd versorg. Ons kan teen die prikkels skop, maar die werklikheid is dat dit ‘n ingebore eienskap is waaroor vroue beskik: Om te versorg, te dien, te gee – soms ten koste van onsself. Maar daar lê ’n bevrediging daarin wat jy nie maklik vir iemand kan beskryf nie. Dis die wete dat jy iemand beter laat as wat jy hom gekry het. Moderne vrou Vroue staan al dekades in professionele beroepe en blink uit in topposte. En daar is niks daarmee fout nie. Maar, daar is wel sekere beroepe wat jou onwillekeurig laat dink aan ‘n vrou se versorgende hande en wat mans nie noodwendig soos ‘n handskoen pas nie – soos vroedvroue, maatskaplike werkers, verpleegsters, dokters, onderwysers en professionele tuisteskeppers. Dis juis hierdie natuurlike drang om te versorg, wat ons na hierdie beroepe lok.
Natuurlike gawe van God Om te versorg en te dien is ‘n gawe wat ons van God ontvang het. Ons kan onsself nie daarvan distansieer of losmaak nie. Ons het onlangs ‘n wonderlike ervaring gehad met ons twee Pointer(GSP) tewe wat saam 21 kleintjies gekry het. Die laaste geboorte wat hulle aanskou het, was hul eie, maar tog het hulle presies geweet wat om te doen en hoe om te versorg. Die natuur het ons ‘n les geleer: Die ingebore moederlike eienskap om te wil versorg en te beskerm. Dis ingebou, ingeprogrammeer en deel van ons DNA.
Wat die wêreld sê ‘Elke man vir homself’. ‘Jy moet sterk wees en nie gunste en gawes verwag nie’. ‘Jy kan nie net gee en gee nie, wat van jouself?’ So begin ons elkeen in sy eie kokon leef; selfsugtig toegewikkel in ons eie probleme. Ons reik nie uit na ander nie, want dit beteken, tyd en moeite en die moeilikste van alles: Dit beteken ons moet van onsself prysgee. Om ander te dien, op te lig en die lewe vir hulle makliker te maak, is ‘n opdrag van God. Slegs dan sal ons blom en vlieg uit ons kokonne en verander in pragtige skoenlappers. Ons almal moet ‘n ‘Bly kalm en versorg’ herinnering teen ons yskas opsit, want dis presies wat ons moet doen. Ons as vroue en ma’s moet die mooi van versorging met ons kinders deel sodat hulle die vrugte daarvan kan sien en ervaar.
Onmiddellike omgewing Die Here verwag nie dat ons alles moet opgee en gaan bedien soos ‘n Moeder Teresa nie. Dit is ook ‘n roeping. Maar ons elkeen kan iets doen in ons onmiddellike omgewing. Wat doen jy vir jou ma wat in die aftree-oord bly? Gaan sny jy dalk haar toonnaels, sorg dat sy mooi nagklere het en sorteer haar finansies uit? Kry jou man
nog ‘n heerlike broodjie vir middagete by die werk met ‘n briefie by? ‘n Vriendin hier in Wakkerstroom gaan lees weekliks stories vir ‘n vrou wat aan Parkinsons ly. Sy lees stories wat haar wegvoer na ‘n plek waar sy ‘n tydjie van haar siekte kan ontvlug. Het jy al in jou huishulp se huislike omgewing belanggestel om te weet wat haar lewe sal vergemaklik?
Self sal ons sukkel Maar al is dit in ons DNA en al voel dit soos ‘n natuurlike uitvloeisel van vrouwees – om te dien op grond van ons eie vermoëns is onmoontlik. Ons het nie die potensiaal om te dien uit ons eie nie. Jesus is vir ons die voorbeeld van ‘n ware dienskneg. Hy maak dit vir ons moontlik om te dien. In Markus 10:45 lees ons: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys te gee vir baie mense.” Die bekende teoloog, Van Ruler, het oor hierdie een versie ‘n baie aangrypende stukkie geskryf. “God vra hier nie van ons om in die eerste plek ander mense te gaan dien nie. Dit is die tweede stap. Die eerste stap, sê hy, is baie belangriker: dat ons moet raaksien dat ons, sondige en onheilige mense, deur die heilige God gedien word!”
Kan jy ontvang? Aan die ander kant van gee staan ontvang. Jy weet hoe lekker dit is om die sprankel weer in iemand se oë terug te sit. Kan jy wat so vryelik gee en dien, ontvanklik wees vir iemand anders se goedheid? As jy iemand weerhou om jou te dien, wys jy ook God se vloei van genade van die hand. Ek het van ‘n groep mense gehoor wat oor Kersfees materiaal gevat het vir kinders om Kerskaartjies te maak. Hulle het dit gemaak en toe het die kinders dit vir ander mense by ‘n winkelsentrum as geskenk gegee. Dit was vir hulle die toppunt van geluk. Al het jy ook hoe min om te gee, gee jou menswaardigheid en trots. Ek dink ons sien versorging en dien soms as ‘n tweederangse beroep of daad. Dalk omdat ’n mens soms net ‘n dankie daarvoor kry. Maar deur te versorg en te dien, vergestalt ons Jesus hier op aarde. Staan vandag in verwondering oor die gawe van dien. Laat toe dat ander mense jou dien en maak plek in jou besige skedule om van jóúself vir ander te gee. Foto: ANNELIZE FOURIE Julie 2014
25