INHOUD
Junie
JAARGANG 69 NOMMER 1
6
10 GEREELD 3 4 5
Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my
6
In die huis van die Here As die Here die huis nie bou nie Ek gaan huis toe
JUNIE 2014 JUNIE 2014
IN DIEPTE
Die Gereformeerde
Vroueblad rouebl In die huis van die Here
KERKGEBOU: WERKSPLEK OF BEGRAAFPLAAS?
As die Here die huis nie bou nie
8 10
MY DENMAR OASE Ingelegde perskes vir jou www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken
Ander Publikasies van die Gksa: Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: VOORBLADFOTO: STEFAN STEYN
22 LEEFDINGE
, Te ken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za www.gksa
12 $ M ons moderne huise 14 Ingelegde perskes vir jou 16 Teks & vers: In ons huis 17 Teks & Vers: Dagboek 18 $ 19 $ 20 My Denmar Oase 22 M 24 Y ! Y , @ Z M
[ 26 !" \ , , )
)
[ 28 Hartskatte 29 K F39: 29 $ , % 29 Intekenvorm 30 Adverteer in Die Gereformeerde - 31 Gemeentedagboek 32 K F39:
Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: ! " # $ % & ' ( )* $ % +
Posadres: # , - Posbus 178, Lydenburg 1120 ' , - 345 69: 59;6
<! , = > ? *> @ , * * *& A C ) A ! Navrae: Rekenings, adresveranderings, = , " * % " , C 394 FG6 JG45= ) ? *> *&
Eienaars en uitgewers: C ) %
Intekengeld: @ K F39: ! K F39; )M
A , # 9:F , # F9J @ , # FJ9 (Intekening word as voortgesit
* Drukkers: -O# = C 39F JJJ F:5F= @ Q 3J64 :36 T Advertensies: , 34J 6:5 F5:5 ) * ) ? *
Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
2
Junie 2014
redakteursbrief
Baie wonings Susters in die Here, Elkeen van julle wat hier lees, moet iewers bly. Jy moet tog â&#x20AC;&#x2DC;n plek hĂŞ om in te leef. Baie van julle is bevoorreg: Jy bly in â&#x20AC;&#x2DC;n groot huis met â&#x20AC;&#x2DC;n mooi tuin en is omring deur toerusting wat die lewe vir jou gemaklik maak! Dalk lees jy hier en smag jy daarna om jou eie huis te hĂŞ, maar sukkel jy tans om liggaam en siel aan mekaar te hou. Ons dink in die besonder ook aan mense wat nou direk deur die voortslepende mynstaking geraak word en wat die gevaar loop om hulle huise deur diĂŠ finansiĂŤle krisis te verloor. Elkeen van ons is ook maar te bewus van mense wat geen dak oor hulle koppe het nie en in aanmekaargetimmerde sinkvierkantjies moet oorleef. Maar ek het ook al in my lewe gesien hoedat die mees moderne, luukse huis, niks meer as â&#x20AC;&#x2DC;n steenstruktuur met â&#x20AC;&#x2DC;n dak op is nie, en hoedat die mees armoedige huisie hĂşĂs is in die volle sin van die woord. Die woord â&#x20AC;&#x153;huisâ&#x20AC;? beteken daarom baie meer as net â&#x20AC;&#x2DC;n geboude struktuur: huis beteken ook die bymekaarkomplek van â&#x20AC;&#x2DC;n gesin, dit kan dui op die gesin self. En vir hierdie huis het â&#x20AC;&#x2DC;n mens nie soseer â&#x20AC;&#x2DC;n baie deftige struktuur nodig nie, maar harte wat in liefde gerig is op die Here en op mekaar. Daarom kring ons tema wyd uit hierdie maand: ons praat van die huis van die Here (die kerkgebou), maar ook van elke lewende lidmaat van die kerk wat huis van die Here is; ons gesels oor die huisgesin ĂŠn oor ons ewige huis â&#x20AC;&#x201C; daar waar Christus heen gegaan het om vir ons plek te berei. â&#x20AC;&#x2122;n Dapper vrou wat kans gesien het om oor een van die seerste seer goed te praat, (daarom het ons haar â&#x20AC;&#x2DC;n skuilnaam gegee!) het die moed gehad om vir ons te vertel dat Denmar nie die gevreesde plek is waarheen â&#x20AC;&#x2DC;n mens gaan â&#x20AC;&#x153;wanneer jy dit verloor het nieâ&#x20AC;?, maar dat Denmar (en ander plekke soos Denmar) vir â&#x20AC;&#x2DC;n mens â&#x20AC;&#x2DC;n tydelike, geestelike huis, â&#x20AC;&#x2DC;n tuiste kan word waar jy weer kan heel word en jou verhouding met die Here weer versterk kan word (p. 20-21). Ons harte gaan uit na Griet Swanepoel en Trudie Grobbelaar. Gedurende die afgelope maand is Griet se ouma oorlede en Trudie se skoonseun het in â&#x20AC;&#x2DC;n fratsongeluk gesterf. Mag die Here julle deur sy Gees vertroos en versterk. En dan â&#x20AC;&#x2DC;n kort â&#x20AC;&#x153;huisvergaderingâ&#x20AC;? rondom finansies: Dit is ongelukkig weer diĂŠ tyd van die jaar wat ons moes besin oor die prys van ons blad vir die volgende boekjaar (Julie 2014-Junie 2015). Ons het alkante toe gedink, baie daaroor gebid, maar elkeen van julle weet dat alle produkte se pryse bly styg! En ons blad maak ook gebruik van papier, van drukkers, van vervoer en die Poskantoor. Daarom moes ons onvermydelik die prys opstoot. Ons het besluit om nog vir drie jaar subsidie te gee uit die bladbouersfonds, maar om die subsidie telkens per jaar af te bring, sodat ons eerder markverwant kan bly. Hierdie jaar gee ons nog een derde subsidie uit die fonds om julle tegemoet te kom. Volgende jaar gaan ons teen die presiese bedrag waarop ons hierdie jaar die derde bereken het, net â&#x20AC;&#x2DC;n kwart subsidieer en die jaar daarna net een agtste. Die redaksie wil graag ons bladbouersfonds op diĂŠ manier ook beskerm sodat ons vir die toekoms voorsiening kan maak. Die nuwe pryse verskyn op die skutblad (p. 2), asook op die intekenvorm op p. 29. Groete van huis tot huis
Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur â&#x20AC;&#x2122;n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die Julieuitgawe se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 16 Junie 2014 bereik.
â&#x20AC;&#x153;Mag ek vir U â&#x20AC;&#x2DC;n woning wees, my Koning en my God, â&#x20AC;&#x2122;n woning waar die paaie kruis?â&#x20AC;? (Uit: Gedig Mag ek? (Strofe 1) deur PW Buys, uit Wit Korbeel, 1987) Foto: Lydenburg.
Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie â&#x20AC;&#x201C; skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
Junie 2014
3
in diepte
Hoe lyk ons huise vandag? Aan die buitekant maak ons dit gedurig groter, mooier en duurder. Maar hoe lyk dit aan die binnekant? As ons om ons rondkyk, na onsself, bure, vriende en familie dan sien ons nie so ’n mooi prentjie nie...
D
aar word beweer dat tot 66% van huwelike in die skeihof eindig. Volgens die 2010 sensus hou 20.9% van huwelike minder as 5 jaar! Iemand het spottenderwys gesê dat 2 ouers 30 jaar terug gemiddeld 4 kinders gehad het. Vandag het 2 kinders gemiddeld 4 ouers. Dit is egter glad nie meer snaaks as ’n mens besef dat dit nie is hoe God dit wil hê nie, en as ’n mens sien watter impak hierdie situasie op die kinders het nie. Wanneer ons die Bybel lees en sien wat God se plan vir die huwelik en huisgesin is, besef ons: “As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou, tevergeefs...” (Psalm 127:1).
8
Junie 2014
DEUR JACOMIE Hoe lyk ’n huis wat deur die Here gebou word? Die begin van hierdie antwoord vind ons in Matt. 7:24-28: “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ’n verstandige man wat sy huis op rots gebou het” (vers 24). Ons moet ons huwelike en huisgesinne bou op God en sy Woord. Daar is al baie boeke geskryf oor hoe “Die Bybelse huis” moet lyk. Ons kan onmoontlik nou na al die aspekte hiervan kyk, maar ek wil graag een van die boustene van ’n Bybelse huis met julle deel.
Bou die huis deur opvoeding Ons kry hierdie bousteen in Ef. 6:4: “En vaders (en moeders!) moenie
julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.” Die Ou Afrikaanse Vertaling stel dit so “...voed hulle op met tug en vermaning van die Here”. Hier gee die Here aan ouers die opdrag dat hulle hul kinders moet opvoed. Die woord wat hier in vers 4 vir “opvoed” gebruik word, beteken: Om iemand te bring tot rypheid en volwassenheid. Dit beteken om ’n kind groot te maak tot ’n verantwoordelike grootmens.
Bou die huis deur kennis van God en liefde vir Hom Die hooftaak van gelowige ouers is dus om hul kinders te leer wat regtig belangrik is in die lewe. Hulle moet hul kinders van die Drie-Enige God
in diepte Die Here wil hê dat ouers hul kinders moet leer. Ouers moet hul kinders se opinies vorm, nie die skool of die aktiwiteite waaraan hulle deelneem nie. Natuurlik is dit nie verkeerd om aan verskillende aktiwiteite deel te neem nie. Maar ouers bly primêr verantwoordelik om hul kinders te leer en hul opinies te vorm. En dit gebeur natuurlik nie net deur woorde nie, maar ook deur die voorbeeld wat ouers stel.
Bou die huis deur ‘n waardestelsel Sommige opvoeders sê dat ouers nie vir hul kinders ’n waardestelsel moet gee nie. Kinders moet nie voorgesê word wat reg en verkeerd is nie, maar hulle moet eerder toegelaat word om hul eie waardestelsel te ontwikkel. Ouers moet hulle net daarin ondersteun. Maar dit is nie wat die Bybel sê nie. Die Bybel leer ons dat ouers vir hul kinders ’n waardestelsel moet aanleer. Alleen dan sal hulle verantwoordelike volwassenes word. Sommige ouers sê dat hulle nie tyd het vir die opvoeding van hul kinders nie. En dit is so dat baie ouers deesdae lang ure moet werk. Maar die Bybel gee die beginsel en ouers moet daaroor bid en gaan uitwerk hoe hulle die beginsel in hul lewens gaan toepas. As ouers het ons ook ’n doopbelofte afgelê, en daarom kan ons nie wegkom van hierdie lewensbelangrike beginsel nie.
EN ZWEMSTRA en sy genade en liefde leer. Gelowige kinders moet Jesus Christus as Verlosser leer ken, en hulle moet leer hoe om as verloste kinders te leef. Die opvoeding van kinders is dus baie belangrik omdat dit is hoe die kinders die Here leer ken en leer wat Hy van hulle vra om hul roeping in hierdie wêreld te kan uitleef. Hierdie waarheid was figuurlik gesproke ’n “bloedneus” vir die mense wat in die tyd van Paulus gelewe het. Want in die destydse samelewing het ouers nie hul kinders geleer nie, maar oorheers. Kinders is beheer sodat hulle nie hand uit ruk nie. Oor die algemeen was daar nie iets soos persoonlike aandag sodat kinders opgevoed kan word nie. Kinders moes gesien word, maar nie gehoor word nie.
Die feit dat kinders opgevoed en geleer moet word, was nie net ’n bloedneus vir die destydse samelewing nie, maar dit is ook ’n bloedneus vir ons vandag. Want in vandag se samelewing word ouers nie meer as opvoeders gesien nie, maar as ondersteuners. Ouers vat hulle kinders skool toe, sport toe, na kampe toe en na ander aktiwiteite toe. Baie ouers ondersteun hul kinders in al die aktiwiteite waaraan hulle deelneem, maar self leer hulle nie hul kinders nie. Die gevolg is dat al hierdie verskillende aktiwiteite die kinders se opvoeding bepaal. En baie keer maak dit kinders verward omdat hulle baie mense se opinies hoor, maar self het hulle nie ’n opinie nie, want hulle weet nie wie om te glo nie.
Bou die huis deur jou kind tot volwassenheid te begelei Opvoeding is noodsaaklik, opvoeding is ‘n opdrag wat van die Here kom, want Hy wil hê dat kinders by hul ouers moet leer om gelowige volwassenes te word. Ouers moet waak daarteen om hulle kinders te oorheers, of net te ondersteun of te versorg. Ouers mag ook nie kinders van hulle afhanklik maak nie. Kinders moet juis geleer word en begelei word om onafhanklik te word sodat hulle eendag as gelowige volwassenes ’n verskil in hierdie wêreld sal maak. Begin vandag om jou huis meer soos ’n Bybelse huis te laat lyk, deur met hierdie onmisbare bousteen te bou: Voed jou kinders op met en in die Woord van God.
Junie 2014
9
leefdinge
Ingelegde per “ Met ‘n canned fruit bottel geelperskes bo-op sy kis – so het ek my man begrawe...” DEUR GRIET SWANEPOEL
14
Junie 2014
My pasiënt vertel van haar man se dood asof dit gister gebeur het, maar dit is al twintig jaar terug. “Hy het dié Vrydagaand so lus gehad vir ’n bottel van my ingelegde geelperskes wat altyd daarbo in die spens gestaan het. Soos baie keer van tevore het ek wéér gesê — hy mag nie kry nie – dit is vir die gaste... Ek het mos nou nie geweet hy gaan daardie nag weggaan nie. Ek het vreeslik sleg gevoel. Ek verwyt my tot vandag toe nog daaroor. Toe begrawe ek maar die bottel geelperskes saam met hom.” Die vrou is ’n plaastannie uit die Bosveld. Sy dwing gesag af en is vol wysheid. “Leer uit my groot fout, my kind. Jou man en kinders kom eerste. Hulle is die mense... nie die gaste nie. Jou eie familie is jou kosbaarste besitting.” Ek is grootgemaak met ’n ingesteldheid om altyd gasvry te wees. Toe kies ek ’n beroep soos verpleging en ek gaan bly in ’n pastorie. Jy voel so geroepe om te lewe vir ander mense. Jy dink baie keer heel laaste aan jouself en jou eie gesin en voel dit is reg. Gelukkig bring die Here mense op jou pad om jou weer te laat fokus op dié dinge wat regtig saak maak.
rskes vir jou Jare gelede het ’n juffrou van my jongste kind vir my ’n afskrif gemaak van ’n sin wat sy in haar boek moes skryf oor die woord “nag”. Die juffrou het die sin in rooi omkring. In haar graad 3-handskrif staan daar: “As die susters van die kerk na ons huis toe kom, is dit nag vir ons huis.” Ons het in dié gemeente al die vergaderings by ons huis gehou. Ek was gespanne. Dan moes alles skoon, die kinders moet hulle stil gedra in hulle kamers, die tafel met die mooi koppies en heerlike eetgoed was nie vir hulle beskore nie. Ek was so besig om almal gelukkig te probeer hou dat dit vir my kinders nag geword het. Watter skok was daardie sinnetjie nie vir my nie. Net soos die plaastannie van vanaand, was dit ook destyds ’n goeie juffrou wat my met haar rooi pen weer teruggebring het na my huis toe. Na my man en my kinders toe. Ek het tyd gehad om my fout reg te maak. Saam het ons daarna van ons huis ‘n woning gemaak. Die woning het ‘n hawe geword teen die storms van die lewe. Die liefde en geborgenheid wat ons in mekaar gevind het, het ons in staat gestel om meer diensbaar te raak. Jy word gevul met ‘n innerlike geluk wat oorloop na ander, dit kom vanself en dit is nie eers harde werk nie. Dit kan net gebeur as jou huis ‘n geborgenheid gee wat ook in geloofsbande vasgeanker is. Jou huis word ‘n plek met warmte en liefde en volle aanvaarding van mekaar. Ons kinders is nou almal uit die huis uit. Dit is lekker om te hoor dat hulle verlang. Verlang om net saam met ons te kuier, saam met ons iets lekkers te eet. Elkeen het ‘n ander bestelling. Elkeen soek haar trooskos as sy huis toe kom. Hulle kom kyk na hulle kamers en kom soek ou herinnerings daar. Ons huis is nie meer nag vir hulle nie. Dit is asof die wêreld weer op soek is na die warmte van die ou plaashuis se ongekunsteldheid wat getuig van ’n verlange na die rykdom wat daar eens in gesinslewe was – toe daar nog tyd was vir mekaar. Kyk maar in die tydskrifte – dis ’n tema wat nou hoogmode is: Windpompe. Koolstowe. Ou kassies. Ek onthou op ’n dag van ons eerste kombuiskassie wat vergete en onder die stof in ons motorhuis staan. Ek besluit net daar om die kassie te laat herleef. Dit is helder oranje en het nog die horlosie wat in ‘n sierlike boog bo-op die kas vas
is. Die kombuiskassie bring ‘n nuwe fokuspunt in ons huis. Dit kort nog net ‘n paar bottels ingelegde perskes, dink ek. Ek gaan koop ’n sak geel perskes. Ek het nog nooit perskes ingelê nie. Ek het baie gesien hoe my ma dit doen. So lê ek eers net drie bottels in. Stal dit uit in die “nuwe” ou kombuiskassie. Die bottels kry elkeen ‘n kleurvolle lappie met die rekkie om – selfs die VLU sal tevrede wees. Net soos in die ou dae. “Vir wie is dié perskes?” vra my man. “Spesiaal vir jou,” sê ek. Sy reaksie is al die werk die moeite werd. Hy kyk na aandete na die bottels ingelegde perskes op die kas. Die kassie bring wonderlike herinneringe terug. Ons is sommer nostalgies. Sonder dat hy vra staan ek op en maak ‘n bottel oop. Daar is gelukkig ‘n boksie vla. Van die nuwe soort met kaneel in. Té rosig: Ons eet ingelegde perskes en vla op ‘n Dinsdagaand. Sonder gaste. Net ons twee. “Ons het ’n lekker huis,” sê my man voor ons gaan slaap. En ek sê dankie vir die plaastannie en die juffrou wat my geleer het om van ’n huis ’n woning te maak.
Junie 2014
15