Vroueblad junie 2013 lusmaker

Page 1

JUNIE 2013

Die kerk moet werk aan haar trourok

bruidsgalery

DIE BANG BRUID EN DIE SPENS

Word Riders... ry vir die Woord www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm


JUNIE 2013

Junie 2013 GEREELD

Die kerk moet werk aan haar trourok

3 4 5

bruidsgalery

DIE BANG BRUID EN DIE SPENS

Word Riders... ry vir die Woord www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm

Werf asseblief vir ons nuwe intekenare of gee die Vroueblad as ‘n geskenk aan jou vriendin. Intekenvorm verskyn op op p. 23. Die Redaksie.

8

Redakteursbrief Briewe Ds. Sê my

IN-DIEPTE 6 8

Die kerk moet werk aan haar trourok Ons huwelik – ’n verhouding in ons Here

LEEFDINGE 10 12 14 15 16 17 18 20 22 23 24

Huwelikseremonies: Toe en nou Bruidsgalery Teks & Vers: Hemelse konfetti Teks & Vers: Dagboek Die bang bruid en die spens Boekeblad Gemeente-Mosaïek: Word Riders Gemeente-Mosaïek: Tannie Hannie Hartskatte Lees in Julie 2013 Kaleidoskoop Junie 2013

Redaksionele Inligting

Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistent-redaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Prof. Jacques van der Elst Ds. Nico Botha Annatjie du Plessis Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: http://www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Advertensies: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987 Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: Self afhaal by Administratiewe Buro: R 111 Elektroniese intekening: R 111 Groepintekeninge: R 174 Individuele intekeninge: R R193 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

JAARGANG 67 NOMMER 12

2

VROUEBLAD Junie 2013


REDAKTEURSBRIEF

BRUID VAN CHRISTUS Liewe Susters,

“en ek wag al hoe lank in my wit klere by die kerk se deur op die bruidegom wat vertoef in die wolkeâ€? (SlotreĂŤls uit Eveleen Castelyn se gedig “My geliefdeâ€?)

Sms’e

t 8FFSFFOT O GBOUBTUJFTF UFNB VJUHBXF (met verwysing na Meimaand 2013 se “Kom ons bid – Red.) i#JE WJS NFLBBSw XPOEFSMJL 7FSBM i$ISJTUVT IFU WJS POT EJF iNBLMJLTUFw PQMPTTJOH HFHFF #JE WJS NFLBBS (SPFUF 4VTBO WBO EFS .FSXF t -JFXF 4VTUFS POT BT TST WBO )BSUCFFTQPPSU CJFE JO EJF 4S 4BBNUSFL BBO WBO POT TUSFFL 4JFO CBJF VJU OB EJF WFSTMBF JO +VMJF VJUHBXF )FU KVM BM CFTMVJU PQ ă POEFSXFSQ UFNB WJS WPMHFOEF KBBS (FTFĂ‘OEF EBH FO EBOLJF WJS ă XPOEFSMJLF UZETLSJG &MMB 4JFCFSU (Dankie vir jou dankie, Ella. Die tema word in Juliemaand se Vroueblad bekend gemaak – Red.)

Facebook:

3FBLTJF PQ .FJNBBOE TF VJUHBXF PPS HFCFE t 8BOEB 8FSOFS +BDPCT FO (PE JT BMUZE CFSFJLCBBS EFVS LOJFQPT t -FUUJF 4DIFFQFST (PE MVJTUFS BMUZE 0OT JT PQ Facebook POEFS (FSFGPSNFFSEF 7SPVFCMBE (BBO QSBBU TBBN FO Like POT

Van kleindogtertjie tyd af was ʼn bruid vir my een van die mooiste goed in die lewe. Ek het as klein kindjie bruide letterlik bekruip net om aan die kant en valle te kon raak – bang dat haar rok dalk kon skeur as ek tĂŠ hardhandig sou optree. Min het verander deur die jare: Bruide bly vir my pragtig. My eie troudag was vir my ʼn droomdag. En toe... so tussen doeke-emmers en Steri-Nappi van drie kinders vir sewe jaar, ĂŠn laerskool- en hoĂŤrskooldae, die matriekafskeid en die ontvangs- en bekendstelling van eerstejaars en die gradeplegtigheid en toe haar eerste werk, het ons dogter op 2 Februarie 2013 in haar wit rok gestaan, met haar droomman aan haar sy – ons het ʼn nuwe seun bygekry! Hoeveel van ons onthou nie nog ons eie troudag nie? Baie van ons dalk met vreugde, ander met hartseer omdat ons ons eggenoot deur die dood of deur egskeiding, verloor het. Of dalk koester jy ʼn troufoto van jou ouers met ʼn mooi stukkie geskiedenis daarby. Hoe dit ook al sy: ’n Bruid en bruidsgoed trek ons vrouens aan soos ʼn kers ’n mot. Gʼn wonder dat die Here hierdie mooi en kosbare aardse verhouding gebruik om vir ons meer te vertel van die verhouding tussen Christus en die kerk hier op aarde nie. Reeds in die Ou Testament word die verhouding tussen die Here en sy verbondsvolk as ʼn huweliksverhouding uitgebeeld. Die Here sĂŞ in Hos. 2: 18 - 19 vir Israel: “Ek gaan jou my bruid maak vir altyd. Ek gaan jou aan My bind deur my weldade en my goeie sorg, deur my liefde en my ontferming... deur my onverbreekbare trou sodat jy aan My, die Here, toegewy sal weesâ€?. Hierdie verhouding bereik sy vervulling wanneer Christus (die Bruidegom) aarde toe kom om die huwelik met sy bruid (die kerk) hier te sluit. Lees gerus die artikel hieroor op p.6-7. Volgende maand publiseer ons die langverwagte beriggewing oor die afgelope Sustersaamtrek wat in Maartmaand plaasgevind het. Ons sal dan ook die tema vir die Saamtrek van 2014 bekend maak. Dit is tyd vir ons jaarlikse prysverhoging. Die nuwe pryse vir Julie 2013- Junie 2014 verskyn op die intekenvorm (p. 23). Die redaksie kan dankbaar aankondig dat ons weer ʼn gedeelte van die verhoging subsidieer deur die Bladbouersfonds. Baie dankie aan al die getroue bydraers tot hierdie fonds. Die redaksie bekommer oor die stelselmatige daling in intekenaartalle. Ons is dankbaar vir die verspreiding van die blad deurdat susters die blad vir mekaar “aangeeâ€?, maar ons doen ʼn beroep op elke suster vir wie dit finansieel moontlik is, om self in te teken om so die voortbestaan van ons blad te verseker. Ons doen verder ʼn dringende beroep op susters om vir ons intekenare te werf. As elkeen wat nou hier lees, net ĂŠĂŠn nuwe intekenaar werf, verdubbel ons aantal intekenare. SeĂŤnwense en groete

Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in Juliemaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 17 Junie 2013 bereik.

VROUEBLAD Junie 2013

3


in diepte ʼn Bruilof is ʼn besondere geleentheid en ʼn tyd van groot vreugde vir almal wat betrokke is, veral vir die bruidspaar. Hulle begin ʼn nuwe lewe saam met mekaar. Vir die bruid is die geleentheid soveel te meer belangrik, want sy kan haar skoonheid vertoon. Op die dag klee sy haar in ʼn besondere trourok en sy maak haar mooi vir haar bruidegom en vir die gaste wat teenwoordig is. Die trourok is een van die hoogtepunte van die hele geleentheid. Die wederkoms van Christus word in Openbaring 19 ook met ’n bruilofsfees vergelyk. Die bruilof van die Lam is op die punt om ʼn aanvang te neem en die bruid het haar daarvoor gereed gemaak. Die bruidegom is Christus en die bruid is die kerk. Van haar lees ons:

God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek. Hierdie klere is die regverdige dade van die gelowiges Die trourok van die kerk In die Bybelse tyd het die bruid ʼn besondere huwelikskleed gedra tydens die huweliksfees. Vandag sou ons dit haar trourok kon noem. Soos die bruid by ʼn huweliksfees, kan die kerk as die bruid van Christus haar skoonheid by die wederkoms van Christus vertoon. Wanneer die Bruidegom weer kom, kan die bruid Hom in haar pragtige trourok tegemoet gaan. Wat bedoel die Bybel in hierdie gedeelte met die trourok? Om hierdie gedeelte te verstaan, moet ons dit verklaar teen die agtergrond van die ou Joodse huweliksgebruike van die Nuwe Testamentiese tyd. Die Joodse huwelik het, soos ons dit vandag ook beoefen, bestaan uit ʼn huweliksluiting wat dan later met ʼn huweliksfees opgevolg is.

Huweliksluiting en huweliksfees Die huwelik in die Bybelse tyd het soos volg plaasgevind: Daar was ʼn seremonie waartydens die huwelik amptelik bevestig is. By die geleentheid is die bruidegom en die bruid formeel in die eg verbind. Daarna het ʼn vrolike bruilofsfees gevolg waar familie en vriende na die huweliksluiting gesellig saamkom en fees vier – vandag steeds ’n bekende praktyk. Op hierdie punt was daar in die ou Joodse gebruike egter ʼn verskil. Ons vier die fees direk na die huweliksluiting. In die Bybelse tyd is die huwelik gesluit en dan het die fees eers ʼn paar weke daarna plaasgevind. In hierdie tyd, tussen die huweliksluiting en die huweliksfees, het die bruid aan haar trourok gewerk. Nadat die huwelik dus gesluit is, het sy teruggegaan na haar huis en haar dan voorberei om by die latere fees in al haar glorie die bruidegom te ontmoet. Wat beteken hierdie gebruik vir die verstaan van die huwelik tussen Christus en die kerk? Wanneer dit as beeld gebruik word om die betekenis van die bruilof tussen Christus en die kerk te verduidelik, beteken dit die volgende: Met die kruisiging van Christus is die huwelik tussen Christus, as die Bruidegom, en die kerk, as die bruid, formeel bevestig. Aan die kruis het die beloftes van ʼn nuwe band met God deur die versoening van ons sondes in vervulling gegaan.

6

VROUEBLAD Junie 2013

Die moet werk haa trour DEUR PROF. KO


kerk t aan nou aar urok

KOOS VORSTER

in diepte Die huweliksfees vind egter eers plaas wanneer Christus weer kom. By die wederkoms van Christus gaan die kerk, as bruid, haar Bruidegom tegemoet. Dan eers bereik die huweliksplegtigheid sy feestelike hoogtepunt. Dan stap die kerk uit die ruheid van die geskiedenis en uit die lewensloop van stryd die Bruidegom tegemoet. Dan is die kerk nie meer die strydende kerk soos ons haar nou beleef nie, maar die triomferende kerk wat in die nuwe hemel en die nuwe aarde saam met koning Christus sal regeer. Ons leef dus nou tussen twee groot hoogtepunte: Agter ons lê die kruis van Christus. Toe is die huwelik tussen die bruid en die Bruidegom bevestig en is die verbond bekragtig. Nou kyk ons egter met groot verwagting vorentoe: Na die bruilofsfees, na die vrede en vreugde van die nuwe hemel en aarde uit God se hand. Ons leef dus tussen die huweliksluiting en die huweliksfees. Tog mag ons nie intussen ledig wees nie. Soos die bruid in die ou Joodse huweliksgebruik moet ons nou aan ons trourok werk.

Werk aan die trourok Die trourok is die regverdige dade van die gelowiges. Oor die dade van die gelowiges leer Jesus ons meer in Matt. 25:31-46. In die gedeelte praat Hy met sy dissipels ook oor die Wederkoms. Dit gaan om die vraag: Wat moet gelowiges doen in afwagting op die Wederkoms? Wat is ons taak in die wêreld waarin ons ons bevind? Hierdie taak word belig in die beoordeling van mense wat aan die einde van die tyd sal plaasvind. Jesus sal op sy “koninklike troon” gaan sit en al die nasies sal voor Hom verskyn. Hy gaan mense dan van mekaar skei soos wat ʼn boer skape en bokke van mekaar skei. Die skeiding lê tussen dié wat die ewige lewe gaan beërwe en dié wat in die ewige verdoemenis gewerp sal word. Daar sal vir hierdie skeiding ʼn bepaalde maatstaf aangelê word. Hoe doen Jesus dit? Hy vergelyk die werke van mense. Interessant. Dit gaan nie vir Hom in die eerste plek om mense se geloofsbelydenis nie, maar om die uitlewing van hulle geloof. Hy sê vir dié wat gered is: “Ek was honger en julle het my iets gegee om te eet; Ek was dors en julle het my iets gegee om te drink; Ek was ʼn vreemdeling en julle het my gehuisves; Ek was sonder klere en julle het vir my klere gegee; siek, en julle het my verpleeg, in die tronk en julle het my besoek.” En as die mense dan in groot verbasing vir Hom vra wanneer hulle hierdie dinge gedoen het, dan antwoord Hy: “Vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van my gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” Wat Jesus dus sê is die volgende: Wanneer ons die Christelike liefde op konkrete wyse betuig aan hulle wat arm, siek, honger, dors en gevange is, het ons dit aan Jesus self gedoen. Daaraan word die ware gelowige geken. Die anderkant van die munt word ook gestel. Hy wys ook op die liefdelose dade en uiteindelike oordeel oor die ongelowiges. Wanneer die mens koud staan en onbetrokke is by hulle wat in nood is, staan hy koud teen Christus self. Rugdraai op die naaste, is rugdraai op Christus. Dit bring ons terug by die trourok waaraan die bruid moet werk. Verseker van die huweliksluiting wat by die kruisiging plaasgevind het, moet die kerk, soos die bruid, in blye verwagting op die huweliksfees by die Wederkoms, aan haar trourok werk. Ons werk nóú aan ons trourok. Hoe? Deur juis dit te doen wat Jesus sê in Mattteus 25. Die werk aan ons trourok is dus om aan die hongeriges kos te gee, aan dié wat dors is, water, om die siekes te versorg en dié in die gevangenis te besoek. Sien voor u geestesoog die bruid wat werk aan haar trourok. Haar oë is op haar werk gevestig; elke stekie van die naald word kunstig ingewerk in die groot geheel. Sy is doelgerig en nougeset. Sy wil op haar allermooiste lyk vir die Bruidegom. Sien ons haar?

VROUEBLAD Junie 2013

7


leefdinge Ek word wakker en hoor die reën op die dak. My troudag. Gister het die son nog geskyn. Ek loer by die venster uit. Waterstewels sou vandag handig gewees het. Ek het nie ʼn troukar nie en het beplan om van die huisie na die kapel te stap. Ek wonder of iemand ʼn sambreel het? ʼn Mens kan ook nie die berge sien nie. Ons het reeds in die Drakensberge kom trou vir die mooi uitsig uit die kapel. Nou is dit net reën en mis. Met my gesig teen die ruit staan en dink ek aan die dag wat voorlê. Ek hou van beplanning, daarom was die reëlings vir die troue nie vir my stresvol soos vir baie mense nie, dit was vir my lekker. Ek het al so lank uitgesien na die dag, en kan nie meer wag om my rok aan te trek en tussen die rose af te stap na my man toe nie. Die reën gaan glad nie vir my ʼn probleem wees vandag nie, maar wel die tyd wat nie vinnig genoeg verby wil gaan nie! Daar is ook baie reëndae in ’n mens se lewe, dae wat die son eintlik moes skyn! Jy word in die oggend wakker en sien dit reën. Alles het oornag verander. Partykeer is daar nog donderweer en blitse en partykeer is dit koud. Partykeer reën dit hard, ander keer net saggies en jy wonder: Gaan die son ooit weer skyn? Dit is dan so maklik om onder die komberse in te kruip en te wag dat die storm verbygaan – moedeloos en bang.

Teks & vers

Hemelse konfetti DEUR MARLETTE VAN ROOYEN

Bruilofsmaal Dit gebeur baie dat beproewings, vrese of omstandighede ons lewens oorheers. Maar daar is ongelukkig so baie dinge wat ons nie kan verander nie en sal moet leer om mee saam te leef. Dit is nie maklik om in die middel van die storm te wees nie, maar gelukkig gaan dit ook verby. ʼn Mens moet leer om elke omstandigheid te aanvaar, en in geloof op God te vertrou.

en alles rondom my heuwel voorspoedig; Ek laat die reëns val op die regte tyd, reëns wat voorspoed sal bring. Reën is ʼn seën. Dit was alles skoon en bring nuwe lewe, dit bring voorspoed….. Die reën het vir ‘n rukkie opgehou sodat ons rustig na die kapel toe kon stap. Met die uitstap, voel ek saam met die konfetti, druppels op my skouers en ek lag en dink: Watter seëning! Hemelse konfetti!

die reën!

VROUEBLAD Junie 2013

Jy het gewag vir blink spatsels om kwartelend uit my hare te spat om juigend ons huweliksonthaal te betree.

Esegiël 34: 26 Ek maak hulle

Trek jou skoene uit en gaan dans in

14

Ek het gewag vir beloofde seën vanuit hemelse manna-flesse om my in konfetti- reën bruidsgewaad te beklee.

Kyk dan in my oë se vonke hoor dan die sagte klank van my hart in reënsirkel liefdeswolk volmaak gekroon tevree

Amber

Jy kan wag dat die storm verbygaan, of jy kan leer om te dans in die reën! – Vivian Greene


Teks & vers

Dagboek M W

leefdinge

V

rydag

Getrou Heb. 13: 4: Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

D S S D

aandag

Gered

Jes. 61:10: Ek is baie bly oor die Here, ek juig oor my God, want Hy het my gered, vir my oorwinnaarsklere aangetrek. Ek is soos ‘n bruidegom met ‘n priesterkroon op, soos ‘n bruid met haar juwele aan.

insdag

Gebind

Hos. 2:18: Ek gaan jou my bruid maak vir altyd. Ek gaan jou aan My bind deur my weldade en my goeie sorg, deur my liefde en my ontferming.

oensdag

Gesteell G

Hoogl. 4:9: “Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een skakel in die ketting om jou hals.

aterdag

Bly

Jes. 62:5: Soos ‘n jong man met ‘n meisie trou, so sal jou volk jou syne maak en vir jou sorg. Soos ‘n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God oor jou bly wees.

ondag

Waak 2 Kor. 11:2: Ek waak oor julle met ‘n ywer wat van God kom, want julle is soos ‘n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.

onderdag Gereed G d

Jes. 62:5: Soos ‘n jong man met ‘n meisie trou, so sal jou volk jou syne maak en vir jou sorg. Soos ‘n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God oor jou bly wees.

VROUEBLAD Junie 2013

15


leefdinge

NUUS UIT ONS

GEMEENTES

Die Word Riders en die Woord en die wonder van die waarheid DEUR DR. PIETER HEYSTEK (GK PRETORIA-MONTANAPOORT)

Die dae van 13 April tot 19 April 2013... Opgewonde en kinderlik dankbaar. ‘n Dertigtal liefhebbers van groot motorfietse maar ook mense wat die Bybel en die inhoud daarvan hartstogtelik lief het: Predikante, sakemanne, manne en vroue van oraloor. Ons gaan ry. Baie, baie kilometers. Die tweewielryding en die langpad en die wind en die buite wees. Sommer net nadink oor die lewe en die guns en genadedae uit die Vaderhand van God ontvang. Handskoene, rybaadjies, ryskoene . . . anders aangetrek as altyd. Valhelm op die kop en sodoende aller eenkant. Op jou eie. Niemand kan sommer net inkyk nie en die eie inkyk

Bybels vir mense Maar wanneer The Word Riders ry is motorfietsry nie die primêre fokus nie. Inteendeel, die verspreiding van God se Woord is hierdie motorfietsryers se liefde en droom. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika werk saam: Bybels vir mense. Bybels op ver plekke. Bybels in die hand van ʼn kind wat soms niks in die hand het nie. En op koers in die bergland agter die Soutpansberge en die kronkelpaaie van die mooi wêreld van Graskop en Sabie en Tzaneen en Hoedspruit en omgewing, op die rug van my 1200 BMW sing ek vryuit: “Laat al die strome nou die hande in jubel saamklap van omlaag; laat die gebergtes langs hul wande die juigtoon altyd verder draag! Meld vrolik in verhewe psalme: dit is Gods heil wat ons verheug . . . .” (Ps. 98)

!"#$"%&"'())" Ek en my 1200 BMW "vind plaas. Dinktyd, alleentyd, rytyd . . . . die motorfiets en die motorfietsryer. In ʼn besondere eenheid gebind. Begrip vir die krag en bewus van gevare. Geen kajuit nie, behalwe dat jy omvou is deur die wondermooi skepping van God op die paaie van Mpumalanga en Limpopo. Ver weg... maar altyd digby God.

18

VROUEBLAD Junie 2013

Die volle waarheid En telkens die stopplek by skole ver van die grootpad af. Kinders wat weet ons kom. Kinders wat uitsien na ons koms omdat daar vir jare reeds niemand na hulle toe kom nie. Hulle wag totdat ons kom. Ek kry geleentheid om te vertel van die Bybel. Die boodskap, die waarheid, die volle waarheid. Meer as woord: Die woorde van lewe en hoop. Bewende hande wat uitstrek na die geskenk wat die “biker”


leefdinge

bring. Die man met die handskoene aan en ʼn vreemde leer baadjie. Vir sommige ʼn eerste geskenk van hulle lewe, want die armoede ken nie geskenke nie. ʼn Genadegeskenk in eie taal. Leesbaar, verstaanbaar en doenbaar. Woorde wat “werk”. Die Vader se praat met sy kind! En met ʼn kind wat ek glad nie ken nie se hand in my hand, bid ons saam: “Wil, o God, die kind op u weg lei. Maak u wil bekend, o Heer. Rig die kind se voet en onderrig hom/haar; wil hulle in u waarheid leer . . . .” (Ps. 25) Een skool na die ander. Die sigbare skaarste aan lewensmiddele en goed val op. Een skool vra net Engelse Bybels. Die taal van die kinders is nie Engels nie. Net om te besef dat die Bybel moontlik ʼn “textbook” in die skool moet wees want die handboeke is nog nie afgelewer nie. Wat ʼn genade . . . . die boek van die lewe in die hande van onderwyser en kind.

gedagte is dat jy jou hande was om dan te beleef hoe die skoolhoof jou hande afspoel deur met ʼn beker in haar hand skoon water oor jou hande uit te gooi. Sy bied ʼn handdoek aan . . . . Nederig en diensbaar. Dankbaar en blymoedig. En ek onthou Johannes 13: Om mekaar se voete te was. Sekerlik ook om mekaar se hande te was! En die wapad is ons woning. Die enjinklank van motorfietse verander in iets van ʼn beryming. En ek sing: “Die Heer se Woord is skeppingsmagtig wat lewe uit die dood gebied. Hy spreek – dit staan daar lewenskragtig, Hy roep net en dit het geskied . . . .” (Ps. 33)

Rytyd... saaityd Skool na skool. Een ervaring na die ander. Dit is asof motorfietsry minder belangrik is. Rytyd verander in saaityd

opgewondenheid spreek vanself !"#Die $%&#'$()#(*#") +%,##- ./(+#01

Blydskap en boodskap

!"#Een $%&&' skool#( na)*" die ander . . . . Die saad van die Woord. Die saailand is die wêreld. En na een oggend se besigwees met kinders nooi ʼn skoolhoof die “bikers” vir verversings. Alles keurig voorberei (in aller eenvoud) en voorgesit in ʼn klaskamer. Ek stap in. Links van my ʼn emmer met seepwater. Die hoof staan nader. Die

Agt dae in April van 2013 het verby gegaan. Een duisend agt honderd kilometer . . . . ek en my 1200! Mens en masjien. Woord en waarheid. Kinderhand en kinderhart. Blydskap en boodskap. Diep ingekerfde ervaringe. Een en dertig skole het baat gevind by die uitreik. Twee duisend en ʼn bietjie meer Bybels is uitgedeel. Die Woord van God. Skerper as enige swaard met twee snykante wat dring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg! DV in 2014 ry ons weer. Die Word Riders met hul motorfietse en in die saalsak: Die Woord van die lewende Here.

VROUEBLAD Junie 2013

19


leefdinge

NUUS UIT ONS

GEMEENTES

50 jaar sekretaresse van

Sustershulpdiens DEUR KARIN VERMAAK (GK PIETERMARITZBURG)

Dit is ‘n heerlike herfsoggend, blou lug, windstil. Ons ry deur die pragtige groen Middellande van Natal. Ons bestemming is Weenen. Die laaste tekens van die herfs is nog sigbaar en in die verte pryk die Drakensberge met ‘n bietjie sneeu getooi. Die plantegroei verander soos ons nader aan Weenen kom. Dit wil-wil herinner aan die Bosveld met sy doringbome, effens droër as by ons en met polle gras tussenin. Ons ry deur die dorpie...

20

VROUEBLAD Junie 2013


leefdinge briewe

Op die plaas wat ’n mens net nadat jy deur die dorp is, kry, wag tannie Hannie Buys ons in. Ons groet en verkyk ons aan die pragtige groot plaashuis. Hier het tannie Hannie na haar troue kom woon en dit haar tuiste gemaak.

Kinderjare en swaarkrytye Sy is in 1931 in Johannesburg gebore waar sy ook haar skooljare deurgebring het. Sy is die oudste van ses kinders. Haar ouers was getroue lidmate van die Gereformeerde kerk en tannie Hannie het hierdie erfenis behou. Oor ʼn koppie koffie vertel sy ons van haar kinderjare. Sy moes weens finansiële omstandighede na standerd 8 (nou graad 10) die skool verlaat om te gaan werk. Sy het as telegrafis in die poskantoor begin en later ʼn beter aanbod by die plaaslike afdelingswinkel gekry. Haar eerste salaris van 16 pond 15 sjielings en 6 pennies was vir haar ʼn groot hoogtepunt en daarmee kon sy toe haar ouers bystaan en ook haar eie benodigdhede soos klere koop. Sy sê sy het nou nog ʼn baadjie wat sy met haar eerste salaris gekoop het. Sy kan ook die oorlogsjare herroep – swaarkryjare. Omdat hulle ʼn groot gesin was, het sy en haar broer ook vir die weeklikse rantsoen kos saam met haar ma in lang toue vir een pond

botter, mieliemeel, ongesifte koekmeel en suiker gestaan.

Bruidegom en bruid deel van die bruid van Christus Tannie Hannie is met oom Flippie Buys van Weenen getroud. Sy het hom deur haar penvriendin ontmoet. Uit die huwelik is sewe kinders gebore. Van die begin van haar getroude lewe was die Buyse by die Gereformeerde kerk Estcourt betrokke. Alhoewel min in getalle, het die lidmate se harte warm geklop vir die kerk van Christus. Tydens ‘n gemeentevergadering by ‘n ouderling se huis in Mooirivier is tannie Hannie as sekretaresse en tesouriere van die sustershulpdiens/ aksie gekies – ʼn posisie wat sy vir meer as 50 jaar, tot en met die ontbinding van die gemeente in 2010, beklee het. Sy vertel in ʼn opgewonde stem hoe die handjievol susters koeke gebak het, basaars gehou en pannekoeke verkoop het om die kerkgebou te koop waarin hulle dan ook tot en met die ontbinding van die gemeente eredienste gehou het. Die kerk was eers die eiendom van die NG Kerk. In 1957 is die kerk in gebruik geneem. Die ywerige susters het selfs kans gesien om die Sustersaamtrek vir Natal in 1991 aan te bied.

Verlies Tannie Hannie het haar eie kwota hartseer al beleef. In 2002 is haar oudste seun in sy winkel, nie te ver van die plaas af nie, doodgeskiet. Dit was ʼn groot verlies en baie swaar vir hulle as ouers. ʼn Ruk daarna is haar man ook oorlede. Dit was vir tannie Hannie baie swaar, maar met haar vaste geloof in haar Skepper het sy God se wil aanvaar. As gevolg van die dalende lidmaatgetalle moes Estcourt se gemeente in 2010 ontbind. Dit was vir die laaste 14 lidmate wat getrou die eredienste by gewoon het, ʼn hartseer dag. Die gemeente in Pietermaritzburg het egter nou nuwe lidmate bygekry en tannie Hannie woon steeds getrou die eredienste by. Ons groet. Dit was ʼn heerlike uitstappie en ʼn groot voorreg om met iemand te gesels wat al so baie dinge in die lewe beleef het. Haar liefde vir die Here en sy kerk is duidelik sigbaar. Op pad terug stop ons by die kerkgebou in Estcourt. Die buitegeboue en die hoeksteen het behoue gebly. Die binnekant is nou ʼn winsgewende slaghuis. Met hartseer word die einde van ʼn era gegroet. Maar ons gemeente is tegelykertyd dankbaar om sulke toegewyde lidmate in ons gemeente te verwelkom.

VROUEBLAD Junie 2013

21


slotwoord

Die dure bruidsprys is reeds betaal

ONS HET SOWAAR NOG N SKYFIEPROJEKTOR! DIS NIE DIE MOOI EEN MET ‘N RONDE DRAAIKASSET NIE, MAAR ‘N REGTE OUE WAT SO SUKKELSUKKEL WERK MET ‘N INGLY-AKSIE.

22

Jy sit die skyfie in die raampie, skuif dit voor die lig in, sien onmiddellik hy is onderstebo. Haal uit, sit weer agterstevoor in. Die skyfie val uit en jy begin weer voor. Hou teen lig, besluit watter kant om, sit weer in en kom weer agter jy was weer verkeerd! Die skyfies in die toffieblik is in die mees agterstevoor-agterstevoorgeid moontlik, want die kleinkinders het mos laas die houers beetgehad: Doop volg op ‘n seevakansie, dan verjaarsdag by die swembad en daarna ma se troufoto’s. Geen sprake van chronologie nie. Na die reg-om-verkeerd-om stryd, as die skyfie uiteindelik regte kant vorentoe in die projektor is, is die liggie al te warm en moet die masjien eers vir ‘n ruk afgeskakel word! Maar ai, al die moeite is nie tevergeefs nie. Lukas Maree was reg toe hy gesing het dat kiekies die bewyse is dat ons daar was. Dit is die treeklippies terug na jare lank reeds verby. Uit die bloute duik ‘n troufoto op: Oupa ‘n bogsnuiter en ouma ‘n skraal dom onderwyseressie met sterre in die oë. Die vreugde van jonkwees pronk in jou kop rond en steek tong uit vir die plooie en rumatiekvingers. Elke klein besonderheid kruip uit sy stowwerige kassie en bring ‘n glimlag van onthou. Die verlowing

VROUEBLAD Junie 2013

met ’n bekostigbare ringetjie mooier as enige prinses se knewel, troureëlings en die trourok wat tant Kotie gemaak het. Die troue was ‘n melktert- en koeksistertroue met sjampanje vir die heildronke en vrugtesap vir die dors. Die bure en die vriende het gehelp bak en die Saterdagoggend met flinke hande en gesellige geskerts die tafels onder die groot ou jakarandas met wit tafeldoeke gedek – “overlays” was nog nie uitgedink nie. Ds. Hendrik Coetzee het ons getrou en danksy die Here se groot genade, kon ons die troubeloftes van vyftig jaar gelede nakom. Kom ek egter my troubelofte aan my Vader ook so getrou na? Christus het gekom om sy bruid voor te berei vir die Vader se woning: En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem (Joh. 14:3). Soos die Joodse gebruik destyds was, het Hy ‘n bruidsprys vir ons, sy kerk en sy kinders, betaal, ‘n dure bruidsprys. Daardie prys van aardse lyding, verraad en hoon, die kruisdood – absolute liefde en genade. Aan sy troubelofte bly Hy getrou deur die eeue en Hy eis van ons, sy kerk, sy bruid dat ons ook trou sal bly. Die tyd hier op aarde aan ons toegewys is uitsluitlik daarvoor bedoel. Soos ‘n verloofde meisie haar vir haar huwelik voorberei en getrou bly aan haar verloofde so moet ons ons voorberei vir daardie groot dag: Soos ‘n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring (2 Kor. 11:2b). As deel van die kerk van Christus moet ons verhouding met Hom steeds persoonlik en intiem wees, een tot een, ek en my God. Is my voorbereidings so goed soos destyds toe ek met sorg trourok beplan het, en die grootmense die huweliksonthaal gereël het? My trourok moet versier wees met steke van liefde, gehoorsaamheid, trou en nie besmet en ontsier met skewe brou-steke en vuil kolle nie. Soos ‘n aardse huweliksonthaal nie alleen gereël word nie, so kan ek ook nie alleen hierdie voorbereidingstydperk hanteer nie. Ek het medereisgenote nodig, medegelowiges, die mense wat dieselfde belofte wil nakom. Op hierdie reis dra die Bruidegom, Jesus Christus, se genade en trou my tot by die groot dag van hereniging in die huis van ons Vader: Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee want die bruilof van die Lam het aangebreek (Op. 19:7).


TEKEN IN OP DIE VROUEBLAD Vroueblad Vroueblad Julie 2013 in Die Gereformeerde

Gelowig vrou, altyd diensbaar waar God jou in sy koninkryk wil gebruik

t #MPN KZ XBBS KZ geplant is of brom jy waar jy geplant is? t %JFO WBO groot na klein t %BHCPFL WBO HFOBEF t 4BBNUSFLVJUHBXF BRIEWE Skryf ’n brief (SLEGS 200-250 woorde) aan Die Gereformeerde Vroueblad. Briewe hoef nie by enige tema in te pas nie – vertel ons wat leef in jou hart; wat gebeur in jou gemeente! Adresse waarheen briewe gestuur kan word, verskyn op p. 3. Nou is die ideale tyd om in te teken. Dit is die begin van ons finansiële jaar: Jy betaal die volle bedrag vir Julie 2013 – Junie 2014 en jy ontvang elke maand jou Gereformeerde Vroueblad, propvol geestelike verryking!

Julie 2013 in Die Gereformeerde

DIE INTEKENGELD VIR DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:

Gelowig vrou, altyd VROUEBLAD (SELF AFHAAL BY ADMIN BURO, diensbaar waar God POSGELD UITGESLUIT): R111.00 jou in sy koninkryk ELEKTRONIESE INTEKENING: R111.00 VROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE, wil gebruik POSGELD INGESLUIT): R174.00

VROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R193.00 HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2013 TOT 30 JUNIE 2014.

KONTAK ANGIE MOKOBI OF PETRO KROEZE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO INDIEN U ENIGE NAVRAE HET: TELEFOON: 018 297 3987, E-POS: TYDSKRIFTE@GKSA.CO.ZA

JOU BESONDERHEDE 1. Voltooi jou intekenvorm. 2. Betaal jou geld in by: Bankbesonderhede: Absa; Takkode: 632-005 Rekeningnommer: 670140040 Rekeningnaam: Admin Buro BAIE BELANGRIK: Jou verwysing: VB gevolg deur jou naam (Die Buro sal voortaan vir jou dan ‘n rekeningnommer toeken wat jy daarna as verwysing moet gebruik) 3. Faks BEIDE jou INTEKENVORM & BEWYS VAN BETALING NA: 018 293 1042; of e-pos aan tydskrifte@gksa.co.za of pos aan: Die Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008 Noordbrug 2522 Tel (018) 297 3987 Faks 018 293 1042 Stuur asseblief aan: Naam Adres Poskode Tel. E-pos Stuur asseblief rekening aan: Naam Adres Poskode Tel. E-pos

VROUEBLAD Junie 2013

23


JUNIE 2013 DS. CHRISTO SWANEPOEL (GK LYTTELTON) Hierdie uitgawe se tema ‘n is “Bruid van Christus”. Dit is ‘n beeld wat gebruik word om die Here se kerk te beskrywe: Die nuwe stad van God daal neer soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. Daar is niks mooier as ‘n bruid nie. Hierdie beeld leer vir ons dat ons onsself moet versier met dankbaarheid en goeie werke waartoe die Heilige Gees ons toerus. Die kerk van Christus is ‘n ewige bruid en daarom moet ons vir ewig aan Hom getrou wees. Hier volg ‘n reeks spreuke uit die kerkgeskiedenis wat ons oproep om as bruid gereed te maak vir die ewigheid – ‘n ewige lewe saam met God. Geloof is om te weet dat daar iewers ‘n oseaan is, omdat jy ‘n riviertjie gesien het – Elton Trueblood. Geloof vra nie vrae nie: ongeloof kry nie antwoorde nie – A.M. Wells. Geloof is om te glo wat jy nie sien nie. Die gevolg van geloof is dat jy sien wat jy amper nie kan glo nie – Augustinus van Hippo. Sommige mense verwag ‘n hopelose einde, maar hulle wat in God glo het ‘n eindelose hoop – G. Beeken. Sluit ‘n verhouding met die ewige God en jy sal vir ewig lewe – Augustinus. Die aarde is ‘n wagkamer, die kleuterskool, die oefenlopie vir jou lewe in die ewigheid. Hierdie lewe is ‘n voorbereiding op die volgende – Rick Warren. Die ewigheid begin nie eers die dag wanneer jy sterf nie. Ewigheid, is God se tydlose tyd. Ons lewe nou reeds daarin – Charlotte Perkins Gilman. Wanneer die drama van die geskiedenis afgeloop het, sal net die Hoofkarakter op die verhoog oorbly: Jesus Christus – Helmuth Thielicke. Ek hoop Jesus Christus kom in my leeftyd terug, sodat ek my kroon aan

24

VROUEBLAD Junie 2013

sy voete kan lê – Koningin Victoria (1819-1901). Om na te laat om voorbereid te wees op Christus se koms is die duurste vorm van uitstel – Anoniem. Jesus is voor die deur en tog vertoef Hy nog, juis omdat Hy sy gemeente in verwagting oproep tot heiligheid en ‘n godvrugtige lewenswandel – Johan Heyns. Terwyl ons uitsien na die Here se koms, ervaar ons steeds sy teenwoordigheid solank ons wag – Henri Nouwen. Miskien kom Jesus môre terug. As dit gebeur sal ons met graagte ophou om vir ‘n beter toekoms hier op aarde te werk. Maar nie een dag vroeër nie! – Dietrich Bonhoeffer. Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor: geloof is om op die maat daarvan te begin dans – Ruben Alves. Voordat jy op die wederkoms kan hoop, moet jy eers daarin glo – Augustinus. Die toekoms is so helder soos die beloftes van God – Selwyn Hughes. Jesus het baie navolgers wat sy koninkryk wil beërwe, maar wat nie

kans sien om sy kruis te dra nie – Thomas A Kempis. Mik na die hemel en jy sal die aarde daarmee saamkry. Mik na die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie – C.S. Lewis. Christene is nie burgers van die aarde wat probeer om verblyfplek in die hemel te kry nie, maar burgers van die hemel op reis deur die wêreld op pad Huis toe – Vance Hayner. God het nooit ‘n belofte gemaak wat te goed is om waar te wees nie – Nina Smit. Die mandjie van die aarde is net te klein en te broos dat die mensdom al sy eiers daarin kan hou. Kyk dan op na Hom wat die mandjie in sy hand vashou – Robert Heinlein. As jy nêrens heen oppad is nie, gaan jy verseker daar uitkom – Anoniem. Hulle wat geen visie op die ewigheid het nie, vrees die verbygaan van elke sekonde – Thomas Carlyke. As ons met ons laste na ons Vader gaan, tel Hy sy kind op met laste en al en dra ons al die pad Huis toe – Charles A Fox.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.