Vroueblad lusmaker Maart

Page 1

FEB 2013

Ontluik om groot te word VAN VLEGSELDRAER TOT VROU

TE GROOT VIR JOU SKOENE www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm

Kan nie is dood


FEB 2013

Maart

Ontluik om groot te word VAN VLEGSELDRAER TOT VROU

GEREELD

Kan nie is dood

TE GROOT VIR JOU SKOENE www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm

3 4 5

Redakteursbrief Briewe Ds. Sê my

IN-DIEPTE 6 8

Sterk palmbome Soos ‘n mosterdsaad 10 Groei na Christus toe LEEFDINGE 12 Van vlegseldraer tot vrou 14 Kan nie is dood

16 Teks & Vers: Te groot vir jou skoene 17 Teks & Vers: Dagboek 18 Net maar ‘n bevoorregte dogtertjie 19 Boekeblad 20 GemeenteMosaïek: Gaan dan na al die nasies toe 22 Hartskatte 23 Lees in April 2013 24 Kaleidoskoop

Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistent-redaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Prof. Jacques van der Elst Ds. Nico Botha Annatjie du Plessis Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: http://www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Advertensies: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987 Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: Self afhaal by Administratiewe Buro: R104.00 per jaar Elektroniese intekening: R104.00 per jaar Groepintekeninge: R163.00 per jaar Individuele intekeninge: R178.00 per jaar (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

8 2

VROUEBLAD Maart 2013

JAARGANG 67 NOMMER 9


REDAKTEURSBRIEF

ONTLUIK OM GROOT TE WORD Liewe Susters in die Here,

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ʼn veilige vesting is; so iemand is soos ʼn boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ’n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie” (Jer. 17: 7-8).

(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Hoe wonderlik is dit nie om ’n saadjie wat in die grond geplant is, te sien ontkiem nie? ’n Klein plantjie steek dan later kop uit, om oor jare ’n groot en geliefde koeltebome in jou tuin te word. Jy sien letterlik hoe daardie boom ontluik en groei! Op die geestelike vlak van die lewe is dit ook nie anders nie. Teen die tyd dat ek bely dat Jesus Christus my persoonlike Verlosser en Saligmaker is, het die Here reeds die geestelike ontluiking in my hart bewerk. Daardie voorbereidingswerk in jou hart kon jy nie self doen nie – die Here deur sy Heilige Gees bewerk geloof in jou hart. Maar Jesus praat ook in die evangelies van die koninkryk van God wat ontluik: dit is soos ’n mosterdsaadjie wat eers baie klein begin en dan ’n groot boom word wat skuiling bied (Matt. 13: 31-32; Mark. 4: 31-32; Luk. 13: 18-19). En in Ef. 4: 15 verwys Paulus na die gemeente van moet “groei na Christus toe”. Ons kyk in diepte na hierdie ontluiking wat op verskillende vlakke plaasvind. Kom lag saam met Griet Swanepoel in Leefdinge oor haar revuegawes wat ontluik tydens ʼn revuekursus en filosofeer saam met Elize Breed oor die pad wat ʼn mens stap van dogtertjie tot ouma. Het jy iets in die Bybel raakgelees waaroor jy wonder en elke Sondag kom jy net nie tydens teedrink by die dominee uit om hom te vra nie? Of is daar ’n geestelike kwelvraag waarmee jy nou al lank rondloop? Ds. Nico Botha van Ds. sê my nooi julle uit om hierdie vrae aan hom te stuur. Hier by ons begin die indringervoëls, die Indiese Minahs, hulle sagte murmelgeluide maak (ʼn mooi geluid vir my, ’n irritasie vir my man want hulle verjaag die inheemse voëls!) en die gras groei stadiger en hoef nie kort-kort gesny te word nie. Dan weet ek: Ons staan op die drumpel van herfs – ons moet solank droë kaggelhout bymekaar maak. Mag julle die Here se beskerming en seën ervaar en soos sterk palmbome wat in Hom gewortel is, ontluik, groei en vrugte dra.

Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in Aprilmaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 18 Maart 2013 bereik.

KOMMENTAAR Sms’e: Ek ontvang die Vroueblad sedert die sewentiger jare! Ek is steeds opgewonde oor die inhoud, maar die bladuitleg met puik, kleurvolle en gepaste foto’s, verdien werklik lof! LJ Tromp. (Baie dankie. Sal dit ook so oordra aan ons bladuitlegkunstenaar, Karien Brink. Ons dank die Here vir die mooi gawe wat Hy haar gegee het – Red).

Facebook: Ons Facebook-vriendinne gesels oor die resensie van die boek “God het my gekies” deur Prof. Ben de Klerk (Die Gereformeerde Vroubelad Oktober 2012): “Ek het begin met die boek, maar dis nie ’n leesboek nie, dis ’n lekker in diepte ondersoek oor wie en wat Christus se liggaam regtig is, binne in die gemeente en daarbuite. As jy dalk gewonder het of dit regtig nodig is om aan ’n gemeente te behoort: ’n besliste eye opener!” – Martie Barghiacci. “Die buiteblad en titel inspireer my om die boek oop te maak en te begin lees” – Marietjie Bezuidenhout.

VROUEBLAD Maart 2013

3


in diepte

Sterk palmbome DEUR COBIE STEYN

“Die Here maak die vrome en die regverdiges sterk soos die palms is, hoog soos die sederbome. SĂł fris en lewenskragtighul vrug vind hul in Hom selfs in hul ouderdom. My rots- Hy heers regverdigâ€? (Psalm 92: 5 berymd – 2001-omdigting)

In die Bybelse tyd was die palmboom ‘n toonbeeld van sieraad en krag. Dit was ‘n mooi, immergroen en veral belangrik, bruikbare boom: t EJF CPPN IFU LPT BBO CBJF NFOTF WPPSTJFO t WBO EJF TBQ WBO EJF CPPN JT AO IFFM HBOHCBSF XZO HFNBBL t EJF WFTFMT WBO EJF TUBN JT HFCSVJL PN UPVF WBO UF NBBL t EJF IPVU JT HFCSVJL PN EBLCBMLF WJS IVJTF UF NBBL t VJU EJF CMBSF JT CPSTFMT NBUUF TBLLF CBOLF FO NBOEKJFT HFWMFH Niks aan die palmboom was nutteloos of onbruikbaar nie.

6

VROUEBLAD Maart 2013


in diepte ʼn Palmboom hoog en rustig... ... ’n seder sterk en skoon met breĂŤ blarekroon... Twee treffende beelde waarmee die Psalmdigter die gelowige in Psalm 92 vergelyk. Die palmboom was nie ʼn onbekende boom in ou Israel nie. ’n Palmboom is ʼn grasieuse, regop boom wat hoog getroon het – so ʼn palmboom se standaardlengte is 12-15 meter, maar palmbome kan selfs tot 24 meter hoog word. Net so word die seder hier genoem – ook ʼn boom wat baie groot word. Volgens oorlewering kon ʼn seder tot 40 meter hoog word, maar vanweĂŤ die uitroeiing van die boom ken ons vandag net “jongâ€? sederbome en diĂŠ groei soms tot 25 meter hoog. Ook die seder is ʼn toonbeeld van krag en indrukwekkendheid, van natuurlike statigheid. Beide bome is immergroen en bly dus heeljaar groen en welig. Wanneer die gelowiges dan met hierdie bome vergelyk word beteken dit die gelowige staan uit – sterk en stewig – sodat hulle gesien kan word. Dit bring die getuieniskarakter van elkeen wat in God glo sterk na vore. Maar dis nie ʼn mens se eie krag wat mense in jou moet raaksien nie, maar mense moet kan sien dat jy deur goddelike krag gedra en voortgestu word deur die lewe.

Só groei Gods volk, só lustig Almal van ons wat tuin maak, of al iets geplant het, weet hoe belangrik die grond is waarin die plantjie geplant word. As die grond reg voorberei is, kan die saadjie wat in die grond gedruk is ontkiem of die plantjie wat geplant is, ontluik in ʼn sieraad van ʼn boom. In Psalm 92 word daar gesê dat die gelowige, wat soos ʼn palmboom of seder uitstaan bo al die ander bome, geplant is in die huis van die Here. Elke gelowige, ook die gelowige vrou,

moet haar wortels stewig vestig in haar verhouding met die Here. En dit sluit baie fasette in: ʼn persoonlike verhouding met die Here staan sekerlik voorop – wanneer jy daagliks tyd maak om in jou besige program van huis versorg, werk toe gaan, kinders rondry (as jy begenadig is om diĂŠ te hĂŞ!), stil te word voor die Here deur te luister na wat Hy in sy Woord vir jou sĂŞ en Hom dan te antwoord in gebed. Jy moet die geleenthede om gemeenskap met God te beleef, aangryp: die erediens, waar jy tog die Here ontmoet, ʼn Bybelstudiegroep waarby jy inskakel of die Susters-Aksie van jou gemeente. Tog beteken wortels in die grond, nie ʼn momentele groei en dan “onttrekâ€? die boom hom weer van die aarde waarin hy geplant is nie. Om in die Here ingeplant te wees, beteken dus ʼn voortdurende, nimmereindigende wisselwerking tussen jou en die Here, ’n verhouding wat vloei soos ʼn standhoudende fontein. Daar waar jy inkopies doen, daar waar jy langs die sportveld sit, waar jy werk (en die baas jou dalk frustreer!) of waar jy langs die sportveld sit of by die vakansie-oord ontspan, leef jy in verhouding met die Here. Hul groei deur Gods genade: hul bloei daar hoog en fris, waar God se voorhof is, in skone lofgewade.

Vind krag in die Here Van die palmboom word vertel dat hy al hoe beter groei, hoe meer hy onder druk en swaarkry kom. Jy kan klaarblyklik ʼn gewig op ʼn palmboom neersit of aan die boom hang, die boom sal boontoe bly beur en selfs beter begin groei. Dit dui op die geestelike stamina wat elke gelowige moet hê. Jy moet bereid wees om, gewortel in die Here, te bly

groei na die Here toe dwarsdeur jou lewe, ongeag... jou man wat onlangs gesterf het, jou kind wat in die sonde verdwaal het, die verslawing waarteen jy worstel, die kanker wat jy het. Almal van ons weet tog dat geloof in God nie noodwendig net voorspoed en ongehinderde groei bring nie. Ons moet groei ten spyte van die gewigte wat aan ons hang of op ons druk... Hul groei in balsemlugte

Dra vrugte tot in jou ouderdom ’n Palmboom dra eers 6-8 jaar na aanplanting vrugte, maar dan kan die boom tot 100 jaar lank vrugte dra... In Psalm 92 word daar nie direk na vrugte verwys nie, maar daar word gesĂŞ dat die gelowiges “Selfs in hulle ouderdom sal toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig weesâ€? (vers 15). Geen boom wat fris en lewenskragtig is, lewer nie vrugte nie. Daarom sing ons in Psalm 92: 7: selfs in hul ouderdom sal daar geen min’dring kom van bloei en eedle vrugte Hoe mooi en wonderlik is dit nie om op te kyk na ʼn ouer, gelowige vrou, wat steeds die Here met oorgawe dien nie. Iemand wat, ondanks haar hoĂŤ ouderdom van in die 90, erediens toe kom, ander gelowiges bemoedig en die liefde van die Here aan ander bedien. Elkeen van ons wat bely dat ons in die Here glo, wat deur die Heilige Gees oortuig is dat God ons in genade gered het deur Jesus Christus, moet vrugte dra: ... “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersingâ€? ... (Gal. 5:22), want ons is gewortel en gegrondves in die Here.

Die seder was ook ’n groot boom met ‘n digte blarekroon en dik stam. Kenmerkende eienskappe: t (FVSJHF IPVU t %JF IPVU XBT TUFSL CFTUBOE UFFO WFSSPUUJOH FO LXBTWSZ t %JF IPVU XBT JEFBBM WJS CPVXFSL -FFT ,PO XBBS 4BMPNP SVJN HFCSVJL HFNBBL IFU WBO TFEFSIPVU UPF IZ EJF UFNQFM MBBU CPV IFU t %JF IPVU JT HFCSVJL PN TLFQF UF CPV

VROUEBLAD Maart 2013

7


leefdinge

Vantotvlegseldraer vrou DEUR ELIZE BREED

Ek is in die maand Februarie gebore. Om eerlik te wees, ek glo nie ek wou in die wêreld wees nie. My ma het al Desember stad toe gekom en vir my gewag: Ver weg van haar man en ander kinders af. Dalk wou ek net tot die winter wag, want dan léwe ek. In die hitte, veral van deesdae, swoeg en sweet en swel en verswelg ek. Die radio-aanbieder se vraag van vanoggend: “Wat is die eerste ding wat jy van jou lewe kan onthou?” het my laat dink: Ons het op ʼn plaas gewoon. Ek was ongeveer twee jaar oud. My oppasser stap saam met my in ʼn klein voetpaadjie in die veld. Dit is vreeslik warm. Die bosveldgras is amper net so hoog soos ek. Dit kielie my en klein goggatjies draai om my. Ek voel ellendig. Ek huil. Die oppasser neem my terug na my ma.

12

VROUEBLAD Maart 2013


leefdinge

Vlegseldraer

Volwasse vrou

Soos wat ’n mens groter word, onthou jy al hoe meer dinge. Dis veral die lekker dinge wat jou by bly. Die lewe is te kort om die slegte dinge te onthou. As kinders het ons niggies en nefies elke dag saam gespeel. Daar was ʼn klipkoppie waar ons huis-huis gespeel het. Hiérdie klip was ons huis, dáárdie een was ons tafel. My verbeeldingmaatjie – Debbie – was altyd daar as ek verveeld was. Ons het nooit baklei nie en sy wou net altyd doen wat ek wou doen.

Algaande word jy volwasse. Jou drome word een na die ander verwesenlik. Jy raak verlief, verloof, trou, kry ʼn werk en ’n huis en die Here seën jou met die aantal kinders wat jy wil hê. En as die laaste een gebore is, kom die ellendige gevoel alweer. Dis nou nie nét die nageboortelike depressie en alwéér die hitte, wat trane bring nie... die vervulling om ‘n kind in jou rond te dra vir 9 maande gaan nooit weer daar wees nie... ’n onvervuldheid pak jou beet. .. (En terloops – dis so goed om te huil. Veral as jy al ʼn tannie is en nie veronderstel is om nog te huil nie. Daardie uit-jou-hart-uit-huil: Jy weet nie hoekom jy huil nie, daar is nie regtig ’n rede voor nie. Niemand, behalwe jyself, kry jou ook jammer nie. Dis maar net dat jou rugsakkie skielik bietjie te swaar word. ʼn Goeie huilbui skommel die goedjies in die sak tot hulle weer gebalanseerd is en dan dra jy dit weer met nuwe moed!)

Grootwordjare Die lewe was nie net maanskyn en rose nie. Nee, daar was mos ʼn sondeval! Die ellendige gevoelens gaan ongelukkig saam op jou lewenspad. Veral as jy ʼn ellendige tiener is, want jy word mos deur almal verwerp en jy verlang na mense wat dood is en jy en jou “skoolkys” is uit en jy huil alweer oor die hitte en oor allerhande goed waarvan jy self nie weet nie. Dan gaan jy universiteit toe en huil omdat jou skoollewe verby is en al jou maters van die afgelope twaalf jaar nou uitmekaar spat. En jy weet: Nou gaan jy ontgroen word en dit nog in die hitte ook. As jy tweedejaar word, word die studentelewe baie lekker. Dan sorg jý weer vir die arme eerstejaartjies se smart en ellende – dis só lekker om hulle rond te jaag, met jou eie ontgroening nog vars in jou geheue. Nou wil jy nie meer so vinnig groot word nie; jy is lekker jonk en gesond en die lewe is ʼn lied.

Die tweede helfte Maar ons praat mos dan nou eintlik hier oor die tweede helfte van die lewe. Jy besef skielik dat jy al die jare jou lewenspaadjie aan die klim was. Daar was altyd nóg ʼn steilte wat jy moet uit. En nou is jy daarbo. Wat nou? Wel, jy kan nie terug nie Jy staar na die afdraande. En dit lyk vir jou baie styl. Jy sal sommer vinnig kan afrol terwyl jy net pyne en skete opdoen en die vreeslikste hittegloede beleef en onder, op die vlakte, sal die dood jou stuit.

“Tevergeefs”, sê die prediker, “alles tevergeefs!” Op hierdie afdraandepad is daar nou nie ʼn keuse nie, jy sal móét af – voetjie vir voetjie. En so sien jy al die heerlike rusplekke langs die pad: t +Z JT OPV WPMXBTTF FO IFU WSFEF JO jou hart; t #FIBMXF WJS KPV NBO WFSUFM niemand jou meer wat om te doen nie; t +PV LJOEFST TF HSPPUXPSE prestasies, verlangens en vervullings is ʼn avontuur wat jy meemaak; t +PV IVXFMJL WFSEJFQ t +Z HSPFJ HFFTUFMJL t +Z CFTFG NFU FMLF OVXF KBBS IPF EJF Here jou tot hier gedra, beskerm en bewaar het en besef: Jy het baie stof tot dankbaarheid. t +Z LBO OJF HMP EBU EJF )FSF WJS KPV so baie oorvloedige seëninge gee nie. Dit kom vanself. Jy vra nie eers nie. Daar is die ongemaklike warm dae, ja, maar jy leef nog, nie waar nie? En daar is die heerlikste koue dae, soms met sneeu uit die hemel. Ongevraag en onverdien; t +Z IFU LMFJOLJOEFST /FU ă PVNB kan verstaan wat ʼn ouma is. My kleindogter van vier sê op ʼn snikhete somersdag vir my: “Ouma, kom ons vra vir die Here om vir ons ʼn koue dag te stuur.” Ek neem haar handjie in myne en ons bid. Ons vra opreg dat die Here die warm dag moet wegneem. ʼn Rukkie later sak ʼn reënbui uit. Dis koel.

VROUEBLAD Maart 2013

13


leefdinge: gemeente-mosaïek

NUUS UIT ONS

GEMEENTES

Gaan dan na al die nasies toe SENDINGPROJEK VAN DIE GEREFORMEERDE KERK HEILBRON DEUR GERDA FLOOR

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matteus 28 : 19-20a).

20

VROUEBLAD Maart 2013


leefdinge: gemeente-mosaïek

Waar is Heilbron? Heilbron is geleë in die Noord-Vrystaat ongeveer 50 kilometer suid van Sasolburg. Dit is nie die mooiste dorp in die land of in die Vrystaat nie, maar dis ’n plek met mooi mense en baie liefde. Die swart woonbuurt, Phiritona (“plek van die groot wolf ”), het ongeveer 40 000 inwoners en die kleurlingwoonbuurt, Sandersville, ‘n verdere 3000-4000 inwoners.

ons sendingwerker het ook ’n ander heenkome gesoek. Tog het die Here ons gedra en die sendingkommissie het bly glo en bid en werk. Na die koms van ds. Tommie van Vuuren en ’n nuwe sendingwerker, broeder Petrus Malindi, ’n opregte, toegewyde Christen wat op die plaas Dennewoud in die Heilbron distrik opgegroei het, het die sendingprojek van krag tot krag gegaan.

’n Deur gaan oop

Geestelike groei

Tot 2002 was daar geen Gereformeerde Kerk in Phiritona of Sandersville nie, maar in daardie jaar het die Here vir ons ’n deur oopgemaak en is daar met ’n sendingprojek begin. Daar was geen lidmate en geen fondse nie, maar dit was ’n saak van gebed en geloofsvertroue in die besef van die opdrag van ons Here. ’n Voltydse sendingwerker is in diens geneem, ‘n sendingkommissie is gevorm en onder die leiding van ds. Thinus Du Plessis, ons destydse predikant, is daar met die werk begin. Gereelde dienste is in ’n klaskamer by Sandersville se skool gehou en ’n Bybelklas vir kinders is Woensdagmiddae aangebied. ’n Jaar later het die eerste twee persone belydenis van geloof afgelê.

Onder die seënende hand van die Here het die gemeente gegroei en is daar nou reeds meer as 100 belydende lidmate, 60 dooplidmate, ’n kerkraad, ’n sustersbybelstudie en elke Woensdagmiddag ’n Bybelklas wat getrou bygewoon word deur meer as 100 kinders, verskeie van hulle van buite die gemeente.

Uitdagings

Fisieke sorg

Dit het aanvanklik maar moeilik gegaan, die getalle was klein en daar was heelwat uitdagings. Ds. du Plessis het ’n beroep na Australië aanvaar en

Naas Woordbediening, gebed en samesang, word die kinders voorsien van sop en brood gedurende ons koue winters en brood en melk in die

Jeugkoor Die gemeente het selfs al ’n jeugkoor wat bestaan uit ongeveer dertig lede en wat al op verskeie plekke opgetree het. Die Gereformeerde Kerk Heilbron en ’n weldoener van Frankfort het die koorklere en instrumente geborg. Die koor vaar uitstekend en het by laasjaar se koorkompetisie in Bloemfontein ’n tweede plek behaal.

somer. Een van ons Heilbron susters het vir elke kind ’n warm mussie en handskoene vir die winter gebrei. Gedurende die wintermaande help verskillende susters om weekliks 15-20 liter voedsame sop te kook. Met Kersfees het elke kind ’n Kersgeskenk ontvang wat groot vreugde verskaf het. Skenkings van gebruikte klere word van oraloor ingesamel en uitgedeel aan armes of verkoop vir die aanvulling van ons sendingfondse. Die susters van Phiritona verkoop koekies om eie fondse in te samel vir onkoste aan bywoning van konferensies. Die Phiritona gemeente het selfs begin met ’n groentetuin in ou trekkerbande onder leiding van ’n suster van Heilbron.

Aan God alleen die eer Wat ’n wonderlike projek, want so word hulle gehelp om hulleself te help. Hande is min en die fondse nog minder want ons is maar ’n klein plattelandse gemeente. Baie dankie aan Die Gereformeerde Kerk Frankfort wat ons elke jaar finansieel ondersteun. Die Here is ook daar aan die werk en daar is reeds verskeie belydende lidmate. Broeder Malindi hou eenmaal per maand ’n diens op een van die plase naby Frankfort. Die Here is groot en getrou. Hy laat vaar nie die werke van sy hande nie en seën ons ryklik. Aan Hom al die eer!

VROUEBLAD Maart 2013

21


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.