05/6<+
Maart 6
1((9.(5. 5644,9
8 3 4 5
Vroueblad roueb Deugsaamheid g Leef met geloofsdurf!
6 8
10
3,,-+05.,
Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my
14 16 17 18 20 22
Deegsaamheid Teks & Vers: Deugsaamheid Teks & Vers: Dagboek Boekeblad Bybelse berading Woord-wys uit Wakkerstroom: â&#x20AC;&#x2122;n Groot woord Gesprek met Kinta: Deugsaamheid Gemeente-MosaĂŻek: Sendeling uit BrasiliĂŤ Hartskatte Lees in April 2015 Lens op die Bybel: Juwele Intekenvorm Advertensie: Herfsmark Gemeentedagboek Kaleidoskoop Maart 2015
Verryk jou geloof met deugsaamheid Leef geloofsonverskrokke! Leef met geloofsdurf! Die deugsame vrou
Die pous se sous
DEEGSAAM Nuwe M rubriek: Ă&#x2030;N DEUGSAAM Gesprek met Kinta www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken
Ander Publikasies van die Gksa: Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
2
Maart 2015
, Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za www.gksa
.,9,,3+
05 +0,7;,
MAART 2015
Die Gereformeerde
10
24 26 28 29 29 29 30 31 32
Redaksionele Inligting
Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Annelize Fourie Prof. Ben de Klerk Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120
Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/ Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA
Intekengeld: Intekengeld (Julie 2014 - Junie 2015) Direk afhaal/ elektronies: R 142 Groepsintekening: R 213 Individuele intekening: R 231 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X
Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
redakteursbrief
Deugsaamheid My susters in die geloof, Hierdie maand klim ons â&#x20AC;&#x2DC;n entjie verder op die leer van die geloofsverryking. Ons staan stil by 2 Petrus 1: 5 waar daar gesĂŞ word dat ons ons geloof moet verryk met deugsaamheid. Nie so â&#x20AC;&#x2DC;n maklike woord nie â&#x20AC;&#x201C; net as â&#x20AC;&#x2DC;n mens dink jy hĂŠt die betekenis daarvan mooi vasgebind, dan glip die betekenis weer na â&#x20AC;&#x2DC;n anderkant toe uit. Amper soos in my kinderdae toe ons in die plaasdam met ons kaal hande probeer visse vang het: Net as jy dink jy het â&#x20AC;&#x2DC;n vis beet, glip sy glibberige lyfie weer uit en â&#x20AC;&#x153;ploempsâ&#x20AC;? hy terug in die water. Nietemin reken ek dat die artikelskrywers hulle redelik goed van hulle taak gekwyt het met die vangs van hierdie â&#x20AC;&#x153;glibberige visâ&#x20AC;?. Uit die artikels blyk dit dat deugsaamheid gaan oor die regte gesindheid teenoor die Here, oor die gelowige se begeerte en behoefte om volgens God se wil te lewe, om die regte dinge te doen. Om deugsaam te lewe, beteken om jou geloofsoortuigings, dit wat jy glo, prakties toe te pas. Daar is natuurlik hier en daar iemand wat verdwaal het tussen deug en deeg... maar ek wil hulle nie vooruit hardloop nie. Gelukkig het daardie deegsame susters ook weer deeglik/deuglik teruggedraai na deugsaamheid teen die einde van hulle rubrieke. En dan is daar Kinta en Kinta se ma â&#x20AC;&#x201C; â&#x20AC;&#x2DC;n nuwe rubriek wat gaan oor die gesprekke tussen ma en dogter. Lees en kyk maar self of jy dink dat Kinta en haar ma die deug van geduld al redelik onder die knie het. Teen die tyd dat julle hierdie uitgawe in die hand hou, is die jaarlikse Sustersaamtrek al iets van die verlede. Ek hoop dat dit vir elkeen van julle geloofsverrykend en versterkend was en dat julle ook uit sal gaan om sout en lig te wees in â&#x20AC;&#x2DC;n wĂŞreld wat dit broodnodig het. Dit is my vurige gebed dat elkeen van ons ons geloof sal verryk met deugsaamheid deur te streef na die dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is. Kom ons vra ook die Here dat Hy ons deur sy Heilige Gees sal lei om ons geloof sĂł te verryk met deugsaamheid.
Foto: Lydenburg.
â&#x20AC;&#x153;Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is â&#x20AC;&#x201C; watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees â&#x20AC;&#x201C; daarop moet julle julle gedagtes rigâ&#x20AC;? (Filippense 4:8).
Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
Liefdegroete in Christus Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur â&#x20AC;&#x2DC;n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die brieweblad van Aprilmaand 2015. Briewe moet ons voor of op 16 Maart 2015 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie â&#x20AC;&#x201C; skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
Maart 2015
3
in diepte
INTROTerwyl my vingers die woorde
tik, bly my gedagtes by Sondag 15 Februarie 2015: Een-en-twintig van Jesus se dissipels ... reg by die Middellandse See ... is onthoof! Die prentjies van ons geloofsbroers wat langs die see stap... neerkniel... onthoof word... Hoe vergeet ’n mens dit ooit? Hoe vergeet ’n mens hul lippe wat prewel: “Jesus, help my! Waar kry hulle die durf? Belangriker: Waar kry hierdie 21 mans die geloofskrag om so onverskrokke te volhard? Waar kry hulle die geloofsdurf om só in die praktyk van die lewe aan Christus vas te hou? Dís mos deugsaamheid... om met geloofsdurf getrou aan Christus te leef.
Leef g onversk
LEEF MET GE
DEUR DS. PIETER KURPERSHOEK (
Waar kry Paulus sy durf? Dieselfde vrae leef in my wanneer ek Fil. 4 lees. In sy lewe het Paulus baie pyn en haat verduur –omdat hy in Jesus glo. Dink maar aan sy: “Vyf maal het ek 39 houe gekry, drie maal het ek lyfstraf gekry en een maal is ek met klippe gegooi” (2 Kor. 11:24). Nou sit hy in die tronk. En tóg kan hy drie maal uitroep: “Wees altyd bly in die Here!” (Fil. 3:1- 4:4) Én hy kan ons oproep om inskiklik teenoor alle mense te wees (Fil. 4:5), ook teenoor hulle wat jou gevange neem of wat jou kop afkap. Hierdie oproepe kom tog seker uit Paulus se eie hart en lewe. Waar kry hý dié geloofsdurf?
Alles begin by die Here (Fil. 4:5) Soos altyd begin die goeie by... die Here. Paulus sê: “Die Here is naby.” Die Here van die heersers en die Koning van die konings is naby ons, mét ons – soos Hy beloof het voordat Hy by sy dissipels weg is (Matt. 28: 20). En wanneer hierdie Here met my is... dan hoef ek nie bang te wees nie. Dan kan ek die lewe in die oë kyk. Dan kan ek met moed leef. Hoeveel keer het die Here dit nie beklemtoon op sy pad met sy kinders deur die eeue nie? Abraham hoor dit aan die begin van die pad met die Here (Gen. 15:1), Josua hoor dit voor hy Israel die beloofde land mag inlei (Jos. 1:9), Jesaja vertel dit oor en oor vir die Here se kinders (Jes. 41, 43), Jesus self sê dit vir sy dissipels
8
Maart 2015
op see (Mark. 6:50), Paulus hoor dit in Korinte (Hand. 18:9-10), Johannes op Patmos (Op. 1:17): “Moenie bang wees nie ... Ek is met jou!” Geen wonder Dawid sing jubelend: “Met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie” (Ps. 18:30). Geloofsdurf is die Here se werk in my. Maar dit beteken nie ek laat Gods water oor Gods akker loop nie. Néé, helder verwoord Paulus drie praktiese lyne vir my lewe, sodat ek met meer durf kan leef:
in diepte
geloofskrokke! LOOFSDURF!
(GK MIDDELBURG, MPUMALANGA)
smeek. Bid... en erken so jou eie broosheid én jou staatmaak op die Here. En dan? Dan mag ek beleef hoe die Here my gedagtes met sy vrede oppas. Dan mag ek in diepte van wanhoop hoop beoefen, in armoede oorvloed beleef, in diepte van swakheid nie ingee nie (Calvyn). Dan het ek geloofsenergie om met durf te leef.
K
yk waaroor jy dink (Fil. 4:8)
Hoe gereeld gee ek aandag aan wat ek dink? Hoe gereeld bid ek dat die Here my denke vernuwe sodat Hy my as mens ook kan verander (Rom. 12:2)? Dis so nodig, want wat ek dink bepaal wat ek voel. En wat ek voel, bepaal wat ek doen. Daarom sê Paulus onder leiding van die Gees: Dink tog in jou lewe oor die deugsame. Laat jou gedagtes gevul word met die lofwaardige. En wie (ja, wie en nié wat nie!) is deugsaam, lofwaardig? Natuurlik ons Here Jesus Christus. Hoe meer ek aan Jesus dink, hoe meer ek sy woorde oordink, hoe meer Hy my gedagtes volmaak, hoe meer gaan my geloofsdurf groei. Is dit nie wat die Hebreër-dominee bedoel wanneer hy ons oproep om ons oë op Jesus, die Begin en die Voleinder van die geloof, te rig nie? En dan sal ek nie geestelik moeg word en uitsak nie (Heb. 12:1-4).
D
oen wat jou hand vind om te doen (Fil. 4:9) Die laaste praktiese lyn is voor-die-hand-liggend, realisties: Doen wat jy geroep is om te doen. Leef volgens die voorbeeld wat Paulus gestel het (Fil. 3:17). Stap in Jesus se voetspore. Dan gaan ek sien: Dis goed om te doen waartoe die Here roep. Dan gaan ek beleef: Ek wil al meer deugsaam leef. Dan gaan ek sien: Ek kan dit doen. Dan groei my geloofsdurf.
B
Waar eindig alles? id voor jy bekommer (Fil. 4:6-7)
Hoe maklik raak ‘n mens nie oor vandag en môre onseker nie? Hoe gou begin ek nie bekommer nie? En so lê ek myself lam. Kort voor lank vergeet ek die Here se beloftes. Kort voor lank word ek moeg op my geestelike reispad. Kort voor lank knak my knieë. Daarom sê Paulus onder leiding van die Gees: BID! Bid... voortdurend... in álle situasies. Bid... terwyl jy dankie sê én terwyl jy
Alles begin by die Here. Drie dissiplines word gevolg. En waar eindig alles? En God wat vrede gee, sal by julle wees! Die sirkel is voltooi. Die Here is met my. Ek leef biddend, gefokus op Christus, in die voetspore van Christus. Dan kan ek in die tronk sit en bly wees in die Here. Dan kan ek in die geloof aan Christus bly vasgryp terwyl gemaskerde mans my wil onthoof. Dan het ek geloofsdurf! Maart 2015
9
leefdinge SENDELING UIT BRASILIË
DEUR ANNATJIE VERHOEF
Op besoek aan Brasilië het Prof. Bert Floor die Brasiliaanse sendeling, Marilda de Oliveira destyds uitgenooi om haar nagraadse studies in Potchefstroom te doen. Haar plan was om na haar studies sendingwerk in Mosambiek te gaan doen, maar die Here het haar lewe heeltemal anders laat loop – sy is nou al byna dertig jaar in ons midde. Sy het al in haar studentejare sendingwerk onder Mosambiekse werkers by Bert Steenmakery op Potchefstroom gedoen. Sy het ook altyd ’n groep jongmense om haar vergader wat saam Bybelstudie gedoen het. Moeilike begin Toe Marilda hier aangeland het, het sy in ’n dameskoshuis tuisgegaan. Sy was die eerste vroulike student in teologie. Sy kon nie Afrikaans of Engels praat nie. Maar sy was vasberade om met haar Here alle hindernisse te bowe te kom. Sy hou nou nog vas aan haar lewensbeginsel dat haar God haar sal lei waarheen sy moet gaan. Sy doen niks as sy nie van Hom die antwoord kry nie. Sy het op haar eie Afrikaans en Engels bemeester en selfs ’n vertalingskursus vir Engels geslaag en haar doktorsgraad in Teologie verwerf.
26
Maart 2015
Dit het moeilik gegaan. Sy het nooit geldelike steun gekry nie, maar medegelowiges het haar versorg. In die koshuis het sy lewenslange vriende gemaak. Hulle was jonger as sy, maar hulle het haar na hulle ouerhuise geneem en sy het deel van hulle gesinne geword. Sy was die tweede oudste dogter uit ‘n groot Brasiliaanse gesin en was baie lief vir haar pa wat haar saamgeneem het as hy op die plaas gewerk het. Daaruit spruit haar liefde vir die natuur en plante, en haar kennis van landbou en tuinmaak. Sy vroetel graag in die tuin.
Haar pa het al sy kinders ook aangemoedig om hard te studeer sodat hulle goeie beroepe kan hê.
Aansteeklike entoesiasme Marilda het uitgeblink op skool en op die Teologiese Skool in Brasilië. Sy het alles met groot entoesiasme aangepak. Daardie entoesiasme het nooit getaan nie en sy is vandag ’n baie deeglike dosent – ’n mens met ‘n hart van goud en baie liefde vir haar studente. Sy gaan uit haar pad uit om buitelandse studente wat hier by die Teologiese Skool wil kom studeer in alles by te staan.
leefdinge
As sendeling tree sy in Taiwan as Engelse onderwyser op, in Korea as hulppredikant vir ’n Engelse gemeente en in die Filippyne het sy vir drie maande in 28 klein gemeentes in die berge gepreek. Sy was ook teologiese dosent aan die teologiese kolleges van Hefsiba, in Mosambiek en Kosin in Korea.
van haar oudstudente by te woon. Sy is as ’n eregas ontvang en het ’n boodskap van gelukwense tydens die plegtigheid gelewer. Daarna het sy saam met oudlidmate weer na die Filippyne gegaan om vas te stel of hulle ’n teologiese kollege daar kan begin.
Toewyding ondanks teenslae
Haar visie is om baie meer betrokke te raak by die opleiding van sendelinge in die Ooste. Sy is besig om te onderhandel om in die Filippyne ’n nagraadse kollege met behulp van die Fakulteit Teologie van die NWU op te rig. Sy wil ook in Viëtnam en Bangladesj dieselfde doen. Daar is belangstelling en twee Filippynse studente en een van Bangladesj het al aansoek gedoen om by die NWU as nagraadse studente onder haar leiding in te skryf. Sy het ook nagraadse studente uit Afrikalande en Korea. Tans tree sy op as studieleier aan die Teologiese Skool Potchefstroom van ’n groot aantal studente uit verskillende lande vir hulle meesters en doktorale studies. Omdat sy drie tale magtig is, Portugees, Engels en Afrikaans, is sy tot groot hulp vir die studente uit die buiteland.
In Korea het die gemeente daarop aangedring dat sy ’n geordende predikant moet wees. Sy het vertoë aan ons kerkraad gerig om haar beroepbaar te stel as predikant. Die saak is na die Kuratore van Die Teologiese Skool verwys, maar omdat ons kerkverband nie vroue as predikante toelaat nie, is die versoek nog steeds hangende die sinodebesluit. Sy kon wel in Korea preek, maar nie die sakramente bedien nie. In die Filippyne het sy moeilike, onbegaanbare paaie tot bo in die berge te voet, te perd of per perdekar aangedurf. Sy het die laaste Sondag daar, te perd in die reën met haar sambreel in die hand, van die perd afgeval omdat die houtsaal nie behoorlik vasgemaak was nie. Haar skouer is erg beseer en sy het erge hoofpyn opgedoen. Sy was vermoedelik ’n ruk lank in ’n koma. Toe sy bykom, het sy, sonder enige pynstiller, nog drie gemeentes besoek om so haar laaste rondte te voltooi. Tweeuur daardie oggend, terug by die kollege waar sy klas gegee het , het sy nog haar laaste vraestelle nagesien – sonder om enigsins te rus. Vroeg die volgende oggend sou sy lughawe toe vertrek om terug te gaan Korea toe. As gevolg van ’n hewige storm was die lughawe egter gesluit en moes sy per slaapbus na die naaste lughawe. Ten spyte van haar erge skouerpyn, moes sy maar net uithou op die twaalfuurlange rit. In die Filippyne is haar bedieningstaak ook weer gekortwiek omdat sy nie ’n geordende predikant is nie. ’n Vrou wat sterwend was, het haar gevra om die Nagmaal aan haar te bedien. Marilda kon nie, want sy is nie ’n geordende predikant nie. In Korea aangekom was dit tyd vir groet want haar driejaarlange kontrak as teologiese dosent het verstryk. Daar het sy vir buitelandse studente uit Afrika, Bangladesj, Filippyne en ander Oosterse lande klas gegee. Sy was so betrokke daar, dat hulle baie swaar van haar afskeid geneem het. Daar is met groot waardering by ’n afskeidsgeleentheid van haar gepraat. Einde verlede jaar – na ‘n jaar van verblyf weer hier in Suid-Afrika – is sy terug Korea toe om die gradeplegtigheid
Marilda se droom
Dienswillig aan die Here Marilda is ’n lidmaat van die GKSA vandat sy hier gekom het en is baie lief vir die kerk. Daarom wil sy op enige moontlike manier die Here in hierdie kerk dien, al is dit nog nie vir haar beskore om as predikant en sendeling na een van die gemeentes beroep te word nie. Ons bede is dat die Here sal gee dat sy spoedig as sendeling haar inwendige en uitwendige roeping in die GKSA sal kan vervul.
Maart 2015
27