INHOUD
November 6
JAARGANG 69 NOMMER 6
10
20
GEREELD 3 4 5
IN DIEPTE
NOVEMBER 2014
Die Gereformeerde
Vroueblad Nogtans... Die Here het vir my gewag HERCIE JUBEL ONDANKS HAAR SEREBRALE GESTREMDHEID
Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my
6 8 10
Nogtans sal ek in die Here jubel Nogtans nie my wil nie Nogtans word die innerlike mens vernuwe
Ander Publikasies van die Gksa: Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
12 14 15 16 17 18 19 20 22 24 26 27 28 29 29 29 30 31 32
www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken
n vir jour omfa, e k e T Die Here het vir my gewag gte p jou doin Teks & Vers: Nogtans-mense vriend blaindo Teks & Vers: Dagboek ons .org.za Bemoedig mekaar www.gksa Bybelse berading
LEEFDINGE
Die Bybel oor lees & boeke Boekeblad: Resensie: Woord-wys uit Wakkerstroom: Sit jou hande op Ek jubel... ondanks serebrale gestremdheid Nogtans sal ek juig! Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke 2015 Gemeente-Mosaïek: Saamtrek 2015 – Tema & Bybelstudie Hartskatte Lees in Desember 2014/Januarie 2015.... Lens op die Bybel: Wie was die SadduseÍrs? Intekenvorm Adverteer in Die Gereformeerde Vroueblad Gemeentedagboek Kaleidoskoop November 2014
Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Annelize Fourie Prof. Ben de Klerk Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157
E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/ Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA
Intekengeld: Intekengeld (Julie 2014 - Junie 2015) Direk afhaal/ elektronies: R 142 Groepsintekening: R 213 Individuele intekening: R 231 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Advertensies: Griet Swanepoel: 083 746 2646 of swanepoel.gerefkerk@telkomsa.
Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
2
November 2014
Nogtans
redakteursbrief
My susters in die geloof, Hier waar ek sit moet ek myself knyp om te besef dat die jaar sĂł ver trek dat ons al beplan aan ons jaarlikse Kersprogram wat ons gemeente jaarliks aanbied net voordat die skole sluit. Waar is 2014 heen? Dis asof die tyd soos ‘n droom verbygevlieg het. Baie dinge het sekerlik gedurende die jaar met elkeen van ons gebeur: Mooi dinge, goed wat vir ons vreugde gebring het, maar ook dinge wat hartseer gebring het, ons dalk terneergedruk gemaak het. En hier teen Novembermaand wil-wil die knieĂŤ ook soms maar swik onder die druk van die ewige roetine, die vereistes by die werk, dalk het jy kinders in die huis en hulle is besig om eksamen te skryf. Sterkte met al die laaste-van-die-jaar-drukte. Ons tema is hierdie keer kort en kragtig: Nogtans. Maar die woordjie “nogtansâ€? is eintlik ‘n gelade term en ons gebruik dit ook gereeld in ons omgangstaal. Hierdie woord se betekenisveld is wyd: Ondanks, in weerwil van, ten spyte van, desnieteenstaande, ongeag! Ons tema is geĂŻnspireer deur die bekende vers in Hab. 3 waar die profeet sĂŞ al sou alles om hom vergaan, en daar nie meer ‘n oes op die lande wees nie en geen vee in die krale nie, nogtans sal hy in die Here jubel. In die drie IN DIEPTE-artikels gesels ons oor hierdie woordjie “nogtansâ€? in die mond van die profeet Habakuk; in Jesus Christus se gebed in Getsemane en Paulus wat in sy tweede brief aan die KorintiĂŤrs troos dat al vergaan die uiterlike mens, ons nogtans innerlik vernuwe word. In die LEEFDINGE-artikels eggo hierdie woordjie “nogtansâ€? by monde van ‘n serebraal gestremde vrou en ’n man wat die uiterlike aftakeling van ouderdom sterk filosofies deurdink, maar uiteindelik sy troos vind in die innerlike vernuwing wat daar in en deur Christus in ‘n mens se lewe plaasvind. Mag jy, wanneer jy hierdie uitgawe lees, terugdink aan die jaar met sy hoogtepunte en laagtepunte, maar uiteindelik ook uitkom by die hartsbelydenis: “Nogtans sal ek in die Here jubelâ€?.
Liefdegroete in Christus Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ‘n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die Desember 2014/Januarie 2015-uitgawe se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 17 November 2014 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
ons blad in die wiele gery het die afgelope twee maande. Ons is jammer daaroor – maar dit is werklik ‘n saak waaroor ons geen beheer gehad het nie. Vanaand op televisienuus is daar berig dat die staking heel moontlik binne ‘n week op ‘n einde gaan wees. Ons hoop van harte so! – Red.
Foto: & ' ( * Lydenburg.
“Meestal laat ’n eie perspektief illusie na die
ewigheidsperspektief, wat net God aan die mens kan skenk, gebou is op hoop en ek nie wat, waarheen of hoe nie, sal ek nogtans vertrou op " # $ %
uit: Woestyn vol hoop deur Elize van Eeden, p. 115)
Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
November 2014
3
in diepte
Nogtans nie m O
nla nlangs het ek iets van die impak van die woordjie nogtans in my eie lewe ervaar. wo Teen ons verwagtinge in het my pa se Tee llaaste reis op aarde aangebreek. Midde-in ’n jaar waarin familiefeeste gehou is rondom vyftigste verjaarsdae, die eerste kleinkind wat trou, silwer huweliksherdenkings, aflegging van belydenis van geloof van ’n kleinkind, my ouers se mooi opgeknapte aftreeplekkie waarheen hul saam trek, sterf my pa. Niks kon ons daarop voorberei nie – dit was dan eintlik ’n jubeljaar vol dank en blydskap – en binne ’n maand vandat hy griep opgedoen het, het ons besef dat sy aardse tentwoning aan flarde en onherstelbaar is. Kan ’n mens Jesus se gebed van oorgawe aan die wil van God óóit bid soos Hy dit gedoen het? Nee: Jesus se nogtans nie my wil nie was soveel swaarder gelaai as wat ons s’n ooit kan wees. Hy was sonder enige skuld en het daarom die volste reg gehad om die lyding te weier. Hy is self God en verneder
8
November 2014
Homself bewustelik tot op die vlak van vervloeking in ’n kruisiging – dit is as straf een van die wreedste maniere om tereggestel te word. Jesus se gewilligheid om Homself as soenoffer te gee is reeds merkbaar wanneer Hy bid: Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied. Ja tog! God het in sy genade sy Heilige Gees vir my gegee, wat my hart en wil en denke omvorm en gewillig maak om my wil aan God se wil te onderwerp. Omstandighede kan vir ’n gelowige baie moeilik wees, en die aanvaarding van wat gebeur het, of besig is om te gebeur, soos die dood van ’n geliefde, is nie onmiddellik daar nie. ’n Mens ontken of ignoreer die feite en tekens, jy gryp enige belofte van beterskap aan en klou daaraan soos ’n drenkeling aan ’n stomp wat rivier-af dryf. Ons bid ernstig tot ons Vader om verlossing uit die omstandighede, en ons glo met ons hele wese dat die Here die gebed gaan verhoor soos dit vir óns reg lyk. Dit is ook goed: die gelowige wat God se belofte van beskerming in alle gevare aanneem, is nie verkeerd nie.
in diepte
my wil nie... DEUR ANKIE DE KLERK
“Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” (Luk. 22:42b). Dit is die tweede deel van die gebed wat Jesus bid in die laaste uur voordat Hy gearresteer word. Hoe het sy hele wese daarteen opgesien om die intense lyding deur te maak wat sou lei tot sy kruisdood! Hy smeek sy Vader of dit tog moontlik is om Hom dit te spaar. Dit moes veral bitter gewees het omdat Hy gewéét het dat Hy die volle lading van God se woede en afsku oor die sonde van die mensdom sou voel en ervaar... “Laat nogtans...” bid Hy dan, en plaas Hom volkome gewillig onder sy Vader se wil en gesag.
Dan kom die gewaarwording dat ek slegs binne die wil van God rus vir my gemoed kan hê. As dit God se wil is dat rampe en gevare my nie tref nie, kan niks of niemand dit téén sy wil laat gebeur nie. Maar wie is ék om te voel dat ek nie moet swaarkry nie? As ons rondom ons kyk sien ons immers die tekens van ’n wêreld waar gelowiges en ongelowiges ewe moeilike omstandighede ervaar: Groot veldbrande wat deur ’n gebied jaag en ’n pa en sy seun se lewens eis, ’n vliegtuig vol mense wat afgeskiet word, ontredderde mense wat moet vlug voor bose magte wat kinders voor hul ouers onthoof, duisende wat sterf weens die besmetting met die Ebolavirus...
Veilig in God se hande in voorspoed en teenspoed Hierdie ontstellende dinge gebeur nie net met “slegte” mense nie. Ons leef in ’n wêreld wat gebuk gaan onder die gevolge van die sonde en gebrokenheid. Teenspoed en hartseer kom by tye oor ons lewenspad. Juis wanneer ons die verloop van ons lewe in voorspoed én in teenspoed onder die wil van God stel, maak dit
ons rustig in die wete dat die toekoms by Hom veilig en geborge is. Al moet ons deur die verlies van ons geliefde en die daaglikse gemis worstel, weet ons dat God ons elke dag opnuut hoor as ons om sy bystand en troos vra. Al voel dit asof ons verdrink in die maalkolk van finansiële teenspoed, kan ons Hom vra om ons daaruit te tel en ons voete weer op droë grond te plaas. Psalm 71 is baie sprekend van die krag wat ons by die Here kan vind in swaarkry: “Wees vir my ’n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting” (v. 2). So kan ons die gebed van Christus met oorgawe agter Hom aan bid: Here God, laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied. Ons oortuiging is immers dat Hy vir ons voorsien in al ons behoeftes en dat ons “só in sy hand is dat (ons ons) sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie.” (Heidelbergse Kategismus, Sondag 10, V & A 28). Ook weet ons “dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is” (Rom. 8: 28).
November 2014
9
leefdinge Ons kry ‘n paar leidrade en so ry ek en my man op ‘n Saterdagoggend baie vroeg om die mense in Zimbabwe te gaan soek. Die mense is skoon uit die veld geslaan toe ons laatmiddag daar opdaag. Ons word tog baie gasvry ontvang. Later haal hulle vleis uit en pak ‘n reuse Bosveldvuur. Ons kuier lekker saam. Die vroutjie het ‘n swaar Engelse aksent en vertel vir my sy het al baie swaar gekry. Terwyl ons saam bykosse maak, luister ek na haar lewensverhaal. Haar eerste man het haar gelos die dag toe hy gehoor het dat sy swanger is. Hy wou nie kinders hê nie. Sy het na Suid-Afrika gekom vanaf die destydse Rhodesië om hier te kom studeer. Sy het ‘n goeie werk gekry en daar sit sy toe alleen in ‘n vreemde land, swanger, geskei en haar ouers was te ver om te kom help. Twee dae voor haar seuntjie gebore is, het sy vreeslik in haar woonstelletjie geval en albei haar arms in die proses gebreek. Sy het só hard gehuil van pyn dat die buurvrou langsaan kom kyk het wat aangaan. Die buurvrou was ‘n gelowige vrou. ‘n Bejaarde weduwee, iemand wat tyd gehad het om na haar medemens toe uit te reik. Sy het haar hospitaal toe gevat, by haar gebly in die hospitaal, haar ondersteun tydens die bevalling. Toe sy moes huis toe kom met die baba het die buurvrou steeds by hulle gebly totdat haar arms se gips afgekom het. Daar het sy tot geloof gekom, vertel sy vir my. Die buurvrou se liefde en ontferming het haar laat glo daar moet ‘n God wees wat hierdie engelvrou vir haar gestuur het. Die vrou het vir haar uit die Bybel uitgelees en vir haar gesê sy moet haar kind laat doop. Voordat sy egter by ‘n kerk kon inskakel, is die buurvrou een nag in haar slaap oorlede. Sy huil daaroor of dit gister gebeur het. Daarna het sy maar rondgeswerf. Gewerk om vir haar en haar seun te sorg sonder enige ondersteuningstelsel. Alles het verander toe sy dié man ontmoet het. (Die man is nou die verlore seun wat ons moes soek). Hy is wonderlik goed vir haar. Hy is die swart skaap in sy familie omdat hy van sy eerste vrou geskei is. So is hulle nou maar twee afvlerkmense bymekaar. Hy het die Bosveldplasie al so mooi ontwikkel. Hulle is baie gelukkig hier. Haar seun is nou in die koshuis in ‘n privaatskool op die naaste dorp. Die man vertel ook van sy swaarkry. Hy het na skool gerebelleer teen sy ouers. Kerklik het hy toe heeltemal verdwaal. Hy het hom laat grootdoop in ‘n swembad. Daar in die kerktent ontmoet hy toe ‘n meisie – pas bekeer van haar verslawing. Hulle was skaars ‘n paar maande getroud toe sy weer teruggeval het in haar ou patroon. ‘n Verslaafde mens is iets wat hy nie geken het nie. Hy was die laaste een om uit te vind van haar gestelery om geld in die hande te kry vir die middels waaraan sy verslaaf was. Hy het alles probeer. Op die einde ook byna alles verloor — behalwe sy geloof en sy geleerdheid wat sy ouers vir
12
November 2014
Die H het vir DEUR GRIET SWANEPOEL
hom gegee het. In sy nuwe charismatiese kerkkringe is hy welkom ontvang, sonder veroordeling of te veel vrae. Daar het hy tyd gekry om genesing te kry van sy wonde. Hy en sy nuwe vrou is egter nou baie gelukkig. Die man belowe hard en mond dat hy met sy pa sal kontak maak toe ons daar weg is. Hulle belowe ook dat hulle vir ons sal kom kuier. Weke gaan verby – totdat hulle een Sondagoggend in die kerkbanke inskuif in ons destydse gemeente. Bly om ons te sien. Ná die diens vertel die man opgewonde: Hulle was toe huis toe. Daar het ‘n wonderlike ding met hom gebeur. Hulle was saam met sy ouers kerk toe. Hy het in dieselfde bank gesit waar hy
leefdinge
Here r my gewag ... “Dominee, sal jy nie asseblief my kind gaan soek en hom tog net weer in die kerk kry nie?” Só versoek ‘n gelowige pa my man jare gelede tydens ‘n sinode terwyl ons nog in die Bosveld gebly het. Die laaste nuus wat hulle van hom gekry het, is dat hy weer getroud is en iewers noord van die Limpopo op ‘n plaas bly. Só begin die soektog na die verlore seun.
altyd as kind gesit het. Die kerk waarin hy gedoop is en later belydenis afgelê het. Hy sien toe daar is nog ‘n ou klein swart Psalmboekie in die rakkie voor hom en hy kyk impulsief daarna. Hy kyk vir my man en sê: “ Jy sal dit nie glo nie – daar is dit toe my eie Psalmboek.” Hy staan met dié Psalmboek in sy hand. Hy is aangedaan. “Ek weet nou dat die Here 25 jaar lank vir my gewag het. Al die jare. Toe ek verdwaal was en verlore het Hy vir my gewag. Ons is weer terug in die kerk!” Kyk wat het my oupa en ouma voor in die psalmboek geskryf: “Geluk met jou tiende verjaardag, dink altyd aan die woorde van Ps. 73:10: “Nogtans sal ek altyd by U bly – niks sal my van U liefde skei”.
November 2014
13