Vroueblad oktober 2014 lusmaker

Page 1


INHOUD

Oktober 6

12 GEREELD 3 4 5

Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my

6

Die Woord is die waarheid Die Woord – diÊ bron van wysheid My woorde – Woordwys?

OKTOBER 2014

IN DIEPTE

Die Gereformeerde

Vroueblad rouebl

8

WoordWys

10

Die Woord is die waarheid

LOODGLASSKILDER IN DIE OPENBAAR GEHANG

WEEG JOU WOORDE

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

Ander Publikasies van die Gksa: Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.

2

JAARGANG 69 NOMMER 5

Oktober 2014

12 n vir jour omfa, e k e T 12 gte p jou doin

C vriend blaindo 14 = E - , H ons .org.za 15 = E - , www.gksa 16 $ LEEFDINGE

17 20 21 22 24 26 27 28 29 29 29 30 31 32

H

C C $ , 2 E ) $ , # , + A H ! H , H

I !" J , ( C K 07

L !" J ,

34/7 !" J ,

34/7 K = E $ Hartskatte F 34/6**** Lens op die Bybel: Waar aas is, is daar aasvoĂŤls! Intekenvorm % ) - 34/6

Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: ! " # $ % & ' ( )* $ % +

Posadres: # , - ( /012 //34 ' , - 415 0/6 5/70

8! , 2 9 : *9 ; , * * *& < = ) < ! Navrae: # 2 2 2 , " * % " , = 4/1 3>0 @>152 ) : *9 *&

Eienaars en uitgewers: = ) %

Intekengeld: ; A 34/6 ! A 34/7 )C

< , # /63 , # 3/@ ; , # 3@/ ;

* Drukkers: -E# 2 = 4/3 @@@ 36532 ; F 4@01 640 G Advertensies: , 41@ 065 3565 ) * ) : *

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.


redakteursbrief

Woord-wys Liewe lesers

En elkeen van julle weet dadelik ek praat met jou wat hierdie boek oopslaan, want ons praat met mekaar deur middel van woorde, taal! Taal (die vermoĂŤ om te kan kommunikeer) en die vermoĂŤ om te kan dink, onderskei die mens van alle ander lewende wesens op aarde en laat ‘n mens ook besef: God het ons regtig met eer en heerlikheid gekroon, “skaars minder as die eng’le om u troonâ€? (Ps. 8: 4, reĂŤls 3-4; berymd). As ek moet lostrek en begin gesels oor taal, gaan ek nooit ophou nie, want dit is my passie. As student het ek die voorreg gehad om vir twee jaar ook Algemene Taal- en literatuurwetenskap as vak te hĂŞ en toe ons eers begin delf in hoe die brein werk om taal aan te leer, gesels het oor moedertaalverwerwing en hoe ‘n mens uiteindelik vreemde tale aanleer, kon ek nie anders as om in verwondering te staan voor God wat alles, ja ĂĄlles tot in die fynste besonderhede geskep het nie.

Foto: Lydenburg.

En mag ek maar (sonder om disresepekvol te klink!) sĂŞ: God is ook die Stigter, die Vader van taal. Hy het net gesĂŞ en goed was daar (ook die taalvermoĂŤ van die mens!); Hy het begin praat met die mens, en deur die Heilige Gees het Hy ook gesorg dat Hy deur sy Wonderwoord, die Bybel, bly praat met die mens. God is dus ook die Vader van kommunikasie!

Beeldspraak

So het dit ook gebeur dat God in sy Woord die mens wat op dwaalweĂŤ beland het, weer teruggeruk het deur sy woorde. Ons herdenk elke jaar in Oktober weer Luther en Calvyn, Guido de Bres, Ursinus, en baie ander Hervormers se moed om diep in die Here se Woord te delf en te verklaar: Sola Scriptura! Die Skrif alleen! Die Bybel is volledig, gesaghebbend en waar!

(Totius, soos aangehaal uit: Totius Versamelde Werke, deel 10, Tafelberg Uitgewers 1977).

Hierdie maand praat ons nie nĂŠt oor die Hervorming nie, dit ook ja (lees maar Griet Swanepoel en Jacomien Zwemstra se artikels), maar ons kyk ook na die invloed van die Woord op ons woorde, ons kommunikasie en verhoudings.

Wie spreek in beelde, sy woorde word weelde: hy tel met helder geluid die geld van die taalskat uit

Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!

Mag al die woorde in hierdie uitgawe vir jou tot seĂŤn wees. Mag God se Woord altyd vir ons die weg aanwys.

Susterliefde Cobie Steyn NASKRIF: Die twee mense wie se rubrieknaam ons hierdie maand “geleenâ€? het, Wilbrie en Annelize Fourie wat die rubriek Woordwys uit Wakkerstroom elke maand versorg, het baie goeie nuus gekry: Hulle eersteling is op pad. Mag die Here julle seĂŤn in hierdie nuwe, opwindende fase van julle lewe.

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120

NS: BRIEWEBLAD: Stuur ‘n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die November-uitgawe se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 20 Oktober 2014 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Oktober 2014

3


in diepte

My Woorde-

Woordwys? DEUR #0-+' &' -.'4-

10

Oktober 2014


in diepte My ma het, toe ons kinders nog in die huis was, gereeld na sêgoed van my ouma of oupa verwys en ek vang myself dat ek daardie neiging oorgeneem het. Dis goed en wel as jou ouma en oupa mense uit een stuk was, en jy ook jou ma en pa se uitsprake sonder skroom kan aanhaal, maar is jou eie woorde ’n bron van wysheid? Is dit woorde wat met lewende water gevoed word uit die enigste ware bron van wysheid, die Woord van God? Hoe kan my woorde Woordwys wees? Die antwoord kan ’n mens uit verskeie tekste in die Bybel gaan haal. Spr. 2: 1-6 is so ’n gedeelte: Hierin word jy aangespoor om ’n studie te maak van voorskrifte wat deur jou ouers aan jou gegee word, om wysheid te soek soos jy ’n verborge skat sal soek. Jy moet jou inspan om dit te vind en het ook insig en begrip nodig – bowenal moet jy besef dat net die Here wysheid gee en dat sy woorde in die eerste instansie kennis en insig gee. Die skrywer van Spreuke lê besondere klem daarop dat ons moet bou op die wysheid en onderwysing van ons ouers en, in die breÍr sin, diÊ mense om ons wat meer ervaring en kennis van die Bybel en die Here het as ons. Dit plaas natuurlik die onus op ouers en leiers in die gemeenskap om self wysheid en insig te bekom sodat hulle dit kan aangee na die volgende generasies. Op ’n praktiese noot sal dit beteken dat elkeen wat Woordwys wil wees in wat hy of sy sê: t %JF #ZCFM BT EJ� CSPO WBO XZTIFJE TBM MFFT FO bestudeer en daaroor nadink; t %JF FSFEJFOTUF XBBS EJF 8PPSE VJUHFM� XPSE FO die riglyne vir jou lewe elke dag uitgestippel word, getrou sal bywoon; t 4BM CJE WJS JOTJH TPEBU EJF CPPETLBQQF VJU EJF 8PPSE reg toegepas sal word in sy of haar lewe; t (FIPPSTBBN TBM OBWPMH XBU HFMFFS JT Die fontein wat dus my woorde moet voed met wysheid, is die Woord van God self.

Welbehaaglike woorde... Ons onthou die bede: “Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!â€? (Ps. 19: 15, 1953-vertaling). Dit is (en word seker nog) gereeld deur predikante tydens eredienste aangehaal net voordat hulle sou begin met die Woordverkondiging, soms aan die einde van die gebed net voor die preek, soms aan die einde van die Skriflesing. So behoort ons almal daagliks te vra dat die Here ons sal help om ons woorde met versigtigheid te kies. Ons praat elke dag met die mense wat ons pad kruis, en wat ons sĂŞ sowel as hoe ons dit sĂŞ het ’n uitwerking wat positief of negatief kan wees. t )PF LMJOL NZ FFSTUF XPPSEF FMLF OVXF EBH UFFOPPS my huismense? t 8BU JT EJF XPPSEF XBBSNFF FL NZ LJOE HSPFU wanneer sy en ek mekaar sien na ’n dag by die werk of aan die einde van ’n skooldag?

t )PF CFHSPFU FL EJF QFUSPMKPHHJF PG EJF QFSTPPO CZ die supermark se kasregister? t 8BU TĂ? FL WJS NZ LPMMFHB XBU TZ PG IBBS XFSL NFU toewyding doen ĂŠn wat is my reaksie as my kollega lyf wegsteek? t )PF QSBBU FL PPS EJF SFHFSJOH WBO EJF MBOE EJF bestuur van die stad of dorp waar ek woon, die kerkraad van my gemeente? t 8BU SBBL FL LXZU PPS NZ CVVSWSPV PG CVVSNBO PG mede-lidmaat of eie- en skoonfamilie? Ook hiervoor is daar riglyne in die Woord: skinderpraatjies en minagtende woorde bring teĂŤspoed (vgl. Spr. 11: 12, 13), maar “’n mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik...â€? (Spr. 12: 14). Die bekende gedeelte in Jak. 3 oor die bestuur van ons tonge, laat ons besef dat ons uitsprake en gesprekke verreikende gevolge het in ons en die mense rondom ons se lewens. As ons dit daagliks onder die bestuur en beheer van die Heilige Gees plaas, sal die gevolg wees dat dit soos ’n fontein is wat vars water laat opborrel (v. 11) en ons sal die wysheid hĂŞ “wat van Bo kom, ... allereers sonder bybedoelings, en verder ... vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opregâ€? (v.17). Dan sluit Jakobus die gedeelte af met diĂŠ waarheid: “Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maakâ€? (v.18).

Geesbeheerste woorde Ons woorde is Woordwys as die woorde uit die oortuiging van Christus se verlossingswerk, wat Hy vir my gedoen het, ontstaan het, as dit onderdanig is aan die beheer van die Heilige Gees en as dit God eer wanneer ons dit gebruik. Al is die gesprekke wat ek op ’n gegewe tydstip voer, nie bepaald oor my geloof of oor die Bybel nie – al is dit alledaagse sĂŞgoed – moet ek dit kan verantwoord as waarheidsgetrou en ‘n uitvloeisel van die vrug van die Gees van God wat in my woon. Ons is vrygekoop met die bloed van Christus en ons woorde moet nie diĂŠ wees van ’n verdrukte slaaf van die sonde nie, maar van ’n Koningskind wat in die verwagting leef dat die Koning van die heelal haar woorde kan en sĂĄl gebruik om vrede en liefde uit te dra!

Oktober 2014

11


leefdinge

WOORD-WYS UIT WAKKERSTROOM

Waarmee vul jy die spasies? &'74 9+.$4+' '0 #00'.+<' (174+' (QVQ #00'.+<' (174+'

22

Oktober 2014


leefdinge Hulle lĂŞ op almal se koffietafels. Daar is op die winkelrakke oneindig baie soorte om van te kies. Tydskrifte. Of dit nou die Huisgenoot of enige ander tydskrif is, ons koop en lees dit, en sonder dat ons agterkom, neem dit ons tyd op, ons kosbare spaartyd. Aan die einde van elke week lyk die tydskrif verfrommel soos jy hom saam met jou gedra het, of dit nou bed toe is of badkamer of kombuis toe. Hy gaan saam. Elke spasie in ons dag word gevul met iets wat ons doen en waarmee ons besig is. Wat is jou ‘iets’?

Die Woord... ...in tydskrifte Om nader aan die Here te beweeg in ons alledaagse lewe is nie altyd maklik nie, die wĂŞreld hou ons te besig. Hoe kan ’n mens prakties – elke dag – naby aan die Here leef? Daar is ‘n paar goed waaraan ’n mens dink, jou tipiese katkisasie antwoorde‌ Maar terwyl ek ‘n weeklikse tydskrif by die huis deurblaai, skiet die antwoord vir my op. Ek was besig om in my ‘af’-tydjies tydskrifte te lees, op Facebook tyd te spandeer en so word al my “spaartydâ€? gevul met iets wat ek ‘gou’ kan lees. Ek wil mos nie dink of konsentreer as ek ontspan nie! Die volgende dag loop ek verby ‘n Christelike tydskrif wat ek nog nooit voorheen gekoop het nie. Ek pak hom in my trollie. En daardie aand besluit ek om voortaan my tyd eerder te vul met leesstof wat my nader aan die Here bring, nie met goed wat my tyd onbewustelik steel nie. My tyd op Facebook is ook minder‌ Ek het gedink, as ek in my ontspanningstyd, in plaas van enigiets lees waarop ek my hande kan lĂŞ, eerder opbouende Christelike leesstof lees, dit mos my lewe sal verryk, my gedagtes sal vul met positiewe denke. Watter leesstof lĂŞ op jou bedkassie?

‌ in jou gesprekke Ons beperk ons gesprekke oor God en ons ervaringe in ons verhouding met Hom, baie keer tot ons tyd wanneer ons Bybelstudie hou, wanneer daar ’n “gepasteâ€? geleentheid is. Maar as ons die Here se Woord in ons saamdra, as dit in jou gesprekke, jou algemene taalgebruik, sinskonstruksie en gesindheid vervleg raak, sal dit inherent deel van jou word. Maar hoe word dit deel van jou? Ons kan op soveel vlakke ‘n meer intieme verhouding met die Here hĂŞ. En dit begin by wat jy in jouself belĂŞ: Dit wat jy lees, dink en praat. Waarvan jy van binne vol is, loop jy van oor. Hoe baie keer praat ‘n mens nie van iets wat jy iewers gelees het

nie. Nou dink daaraan: As jy die regte boeke en tydskrifte lees, waaroor sal jy dan praat? Wie sal jy aanhaal? God sal deel word van jou alledaagse gesprekke. Jy begin dan al hoe minder onderskei tussen jou ‘stiltetye’ en jou ‘gewone omgang’ met mense.

‌ in jou verhoudings Dalk kyk jy net vas teen die tye wat jy die Bybel optel en lees en vergeet jy dat jou hele lewe eintlik deurdrenk moet wees met God se Woord. Die Here rus ons as’t ware in ons stil tye saam met Hom toe, om in ons verhoudings van elke dag lewende getuies te wees van sy Woord. ‘n Mens kan dit vergelyk met ‘n netbalspan: Wanneer die span nog net oefen, weet hulle nie regtig of hulle spel op peil is nie, maar hulle sit alles in en doen hulle bes. Dis eers wanneer die wedstryd kom, dat ‘n mens wĂŠrklik kan sien of hulle spelpeil goed is. Verhoudings leer ons dat die Woord prakties is, dat die Woord deur die werking van die Gees in ons leef, van dag tot dag. Die vrug van die Gees kan tog eers gewys word in jou omgang met mense. Deur in aanraking met mense te kom, kan ons toepas wat God in sy Woord vir ons leer. Deur ons verhoudings in God se Woord te spieĂŤl, sien ons ook dat ons feilbare mense is, maar ons hoor ook dat daar keer op keer vergifnis is wanneer ons foute maak. Is jy die vriendin, baas, ma of kind wat so leef dat ander om jou sal besef dat jy naby aan die Here loop en leef? Dit gaan nie daaroor om skynheilig of vroom te wees nie. Dit gaan daaroor om wĂŠrklik te lewe en te praat soos Hy wil hĂŞ ons moet.

‌ in omstandighede Die Here sĂŞ in sy Woord dat wanneer ons swak is, ons eintlik sterk is. Daar is soveel dimensies aan menswees en die Here gebruik vele situasies om jou te leer om op Hom te vertrou. Ook swaarkry en beproewing. Wanneer jy deur moeilike tye gaan, span jou sintuie in om te sien, hoor en te beleef wat die Here jou deur jou swaarkry wil wys. Vul liewer daardie leĂŤ, donker tye deur te soek na antwoorde in sy Woord. Gee elke deeltjie van jou moedelose menswees aan Hom oor. As jy hierdie gesindheid in uitdagende omstandighede behou, gebruik die Here juis ook die swaarkrytye om jou geloof te versterk en jou te laat groei. Laat die Here toe om deur die werking van sy Gees sy Woord vir jou oop te breek, in watter situasie jy jou ook al mag bevind. Loof en prys die Here dat Hy steeds met jou besig is. En sien Hom raak! Niks in hierdie lewe gebeur “toevalligâ€? met God se kind nie.

Wie en wat vorm jou lewe? t t t t

8BU EPFO KZ PN AO USFF OBEFS UF HFF BBO AO CFUFS WFSIPVEJOH NFU (PE 8BU MFFT KZ PN EJF TQBTJFT JO KPV EBH iWPMw UF NBBL 8BU MFFS KZ VJU EJF PNTUBOEJHIFEF XBBSJO EJF )FSF KPV UBOT QMBBT %JF 8PPSE JT PSBM PN POT OJF OFU PQ KPV CFELBTTJF OJF &SWBBS EJF WPMIFJE WBO TZ WFSIPVEJOH NFU KPV EFVS TFOTJUJFG UF XFFT WJS BM EJF NBOJFSF IPF KZ OBEFS BBO )PN LBO CFXFFH )Z JT CFTJH NFU KPV PQ TPWFFM WMBLLF Oktober 2014

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.