Vroueblad sept 14 lusmaker

Page 1


05/6<+

September 6

10

12 , Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za www.gksa

.,9,,3+

3,,-+05.,

3 4 5

Redakteursbrief Briewe Ds. SĂŞ my

Vroueblad rooueb

6

Groei

8 10

U laat alles welig groei Groei na Christus toe Groei in liefde

12 14 15 16 17 18 20

P

I Teks & Vers: P

!U > J 2 1 6 ! "! " 1 K #># Woord-wys uit Wakkerstroom: Bou monumente en gee hulle ‘n Naam Groei deur nuwe belewenisse W 1 X $+ Y W 1

-/&5 W 1

-/&5 Z Tema & Bybelstudie Hartskatte , X -/&4%%%% Lens op die Bybel: Hoekom 153 visse? ; ? $ 2

SEPTEMBER 2014

05 +0,7;,

Die Gereformeerde

GROEI NA CHRISTUS TOE

U laat alles welig groei

WAAR DIE TEERPAD OPHOU

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

22 24 26 27

Ander Publikasies van die Gksa: (Laerskoolkinders) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.

2

1((9.(5. 5644,9

September 2014

28 29 29 29 30 31

Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) redaktrise) ! " Annelize Fourie # $% " Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad # &'*+ ,! &&-/ 0 1 2 /*3 '&4 3&5'

6 1 7 ! + 8 ! 9 %8 ; 1 % % %< = >! $ = Navrae: + + + 1 % ? 1 > /&* -@' E@*3+ ! $ 9 %8 %<

Eienaars en uitgewers: >! $ ?

Intekengeld: ; H -/&4 H -/&5 $I

= 1 &4 1 -&E ; 1 -E& ;

word nie.) Drukkers: 2J + > /&- EEE -43-+ ; K /E'* 4/' M Advertensies: 1 /*E '43 -343 $ % erefkerk@telkomsa.

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.


Groei

redakteursbrief

’n Hartlike lentegroet aan elke leser! September is sinoniem met vars nuwe groen knoppies wat later uitbars in groen blare, September is sinoniem met nuwe lewe. Groei veronderstel lewe. Dooie goed kan nie groei nie. ’n Mensie groei vir nege maande van ‘n kolletjie so groot soos ‘n punt agter hierdie sin, tot ‘n volwaardige baba in sy ma se liggaam. Daarna groei die baba so dat die ouers dikwels nie kan bybly om klere aan te skaf nie. Jou blomsaadjies wat jy gesaai het, ontkiem en groei en word vrolike, wuiwende blomgesiggies in die wind. Die boom in die hoek van jou erf groei tot ‘n reus waaronder daar gekuier, gebraai en gespeel word. Groei, so sĂŞ die definisie van my ou HAT is om in grootte of lengte toe te neem en/of in omvang toe te neem. Ook: Om in graad, in hewigheid toe te neem. En dis hierdie laaste deel van die definisie wat praat van ‘n groeiproses wat ‘n mens nie werklik kan meet soos wat jy grootte, lengte of omvang kan meet nie. Dit is om te groei in jou verhouding met die Here, om te groei in jou liefde vir ander, om te groei in verdraagsaamheid, om te groei in kennis (niemand kan tot ‘n brein se kennis “meetâ€? nie!), om na Christus toe te groei. Terwyl ek so gedink het oor hierdie dinamiese begrip, uitgedruk in ‘n klein, kort woordjie, het ek besef dat God die Een is wat groei begin en wat groei in standhou – hetsy dit doodgewoon op fisieke groei dui: ‘n Baba is wat groei, ‘n plant wat groei of koring wat op die land staan; of dit op geestelike groei dui: om te groei in jou verhouding met God, om te groei in jou geloof, om te groei in liefde. Inderdaad is die woorde in TT Cloete se gedig so waar: “aanskou die vat van sy hande/aan ons wonderwerkeâ€?. Ons kan niks laat groei of kan self nie geestelik groei, sonder die Here nie. Mag ons groei in geloof en liefde.

Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ‘n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die September-uitgawe se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 15 September 2014 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Foto: Lydenburg.

koÜperasie kyk hoe in Sy grond na die groot reÍns die graan op ons lande groen en gesond in die laatmiddag staan kyk na die omgeploegde lande kyk na sy vingermerke aanskou die vat van sy hande aan ons wonderwerke TT Cloete – uit Transkripsie (soos aangehaal deur Nienaber & Nienaber-Luitingh in Die Braambos Brand, Tafelberg Uitgewers 1987)

Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120

September 2014

3


in diepte

GROEI NA CHRISTUS TOE DEUR ,#%1/+'0 <9'/564#

Wanneer ons kinders dophou en met hulle speel, is dit lekker om te sien hoe hulle verbeelding werk. Dit is soms ook vir ons snaaks as hulle enigiets glo wat ons vir hulle vertel of as hulle die kat aan die stert beetkry en twee stories vermeng. Hierdie selfde onkunde van kinders kan ons ook soms moedeloos maak en dan vra jy jouself af: “Gaan ek ooit hierdie kind groot kry?”

I

n Efesiërs 4:14 lees ons dat onvolwasse gelowiges met kinders vergelyk word. Wanneer ons onvolwasse is in ons geloof, is ons soos klein kindertjies. Ons glo maklik iets wat iemand ons oor die Bybel vertel, want ons kan nie onderskei of dit die waarheid is of nie. Ons is onseker en onstabiel en is soos ‘n bootjie wat ronddobber in die see en deur die wind rondgewaai word. Hierdie beeld maak dit duidelik dat dit nie ‘n goeie situasie is nie. Hierdie bootjie moet gestuur of geanker word, anders gaan dit rampspoedige gevolge hê.

eintlik voor die hand liggend. Ons moet “groot word”. Ons moet groei van kinders na volwassenes. Maar ons moet ook reg groei. Ons wil baie graag hê ons kinders moet reg grootword. Ons doen moeite om seker te maak ons kinders kry die regte opvoeding, oefening en kos sodat hulle gesonde volwassenes kan wees. Gesond in alle opsigte: fisiek, geestelik en sosiaal. God wil dieselfde vir ons, sy kinders, hê. Daarom sê Hy vir ons: Hou vas aan die waarheid en groei na Christus toe. Groei op so ‘n manier dat jy meer en meer soos Christus sal lyk. Dat jy ‘n volwasse Christen kan wees.

Elke gelowige moet groei

Die kerk moet groei

Gelukkig laat God se Woord ons nooit in die duister in so ‘n situasie nie. In vers 15 (en die res van die hoofstuk) lees ons hoe ons moet optree om hierdie situasie te verander. Dit is

Maar ons moet nie net as idividue groei nie, ons moet ook as kerk groei. Hierdie verse gebruik ook die beeld van die liggaam. Christus is die hoof en ons, sy kerk, is die liggaam.

8

September 2014


in diepte Ons wil baie graag hĂŞ ons kinders moet reg grootword. Ons doen moeite om seker te maak ons kinders kry die regte opvoeding, oefening en kos sodat hulle gesonde volwassenes kan wees. Gesond

God wil dieselfde vir ons, sy kinders, hĂŞ. gevolg van Hom lewe. Ons kan onder geen omstandighede sonder Hom lewe of sonder Hom ‘n eenheid wees nie. Ons lees ook dat Hy ons saamgevoeg het. Hy het dit so bewerk dat ons ‘n eenheid is en Hy is ook saam met ons deel van hierdie eenheid. Dit maak dit vir ons moonlik om saam te groei, want ons het hierdie wonderlike versekering dat ons saamgevoeg is deur Christus en dat Hy ook by ons bly nadat Hy ons saamgevoeg het.

Toegerus om te groei

Die hele liggaam moet saam groei, sodat ons kan pas by die Hoof, Christus. Die liggaam moet dus in verhouding wees. Dit kan nie groot arms en klein bene hĂŞ nie. Of een groot been en een klein been hĂŞ nie, want dan kan dit nie na behore werk nie. Maar hoe kry ons dit reg? Hoe kry ons dit reg in ‘n gemeente waar daar so baie verskillende mense is? Elkeen van ons het ’n unieke agtergrond, en ons het verskillende gebruike en opinies. Met so baie mense bymekaar kan daar maklik verdeeldheid ontstaan. Hoe kan ons ’n eenheid wees en hoe kan ons groei as ’n eenheid?

Groei in en deur Christus In die eerste plek moet ons onthou dat ons nie per ongeluk as ‘n liggaam saamgevoeg is nie. Verse 15 en 16 stel dit mooi. Vers 15 sĂŞ ons moet groei na Christus toe en vers 16 vertel ons meer van Christus: Hy is die hoof van die liggaam. Dit beteken ons is vas aan Hom en dat ons as

Ef. 4 gee vir ons praktiese en duidelike beginsels oor hoe ons as Christus se liggaam moet funksioneer. Dit is die gawes waarvan daar gepraat word. Christus gee aan sy kerk sekere gawes. Hierdie gawes is apostels, profete, evangeliste, herders en leraars. Volgens Ef. 4:12-13 is hierdie gawes (in die vorm van mense) vir die kerk gegee om gelowiges toe te rus vir hul dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, om geloofseenheid tussen gelowiges te bewerk en om volwassenheid in geloof te bereik. Met ander woorde: Om gelowiges toe te rus om as ‘n eenheid na Christus toe te groei. Wat beteken dit vir ons as gelowiges? Ons moet ons laat toerus. Ons moet die geleenthede soos eredienste, Bybelstudie en katkisasie gebruik om te groei. En terwyl ons groei, moet ons ons dienswerk in die gemeente doen. Vra raad en gebruik mense, wat as gawes aan jou gegee is, hiervoor. As jy byvoorbeeld weet van iemand in jou wyk of Bybelstudiegroep wat deur ’n moeilike tyd gaan en wat bemoediging nodig het, wat moet jy doen? Moet jy die ouderling bel en sĂŞ: “Anna het bemoediging nodig, gaan besoek haar asseblief.â€? Dalk is dit beter om die ouderling te bel en eerder te sĂŞ: “Ek wil graag vir Anna bemoedig, maar ek weet nie mooi hoe nie. Gaan asseblief saam met my en wys my hoe ek dit moet doenâ€?. Ons kan so maklik sĂŞ: “Ek dink sendingwerk is belangrik, maar ek kan nie daarmee help nie, want ek is nie daarvoor opgelei nie. Ek laat dit maar eerder oor aan die mense soos die dominee wat daarvoor geleer het.â€? Christus rus ons egter toe vir hierdie take, daarom het ons nooit ‘n verskoning om dit nie te doen nie. Hy gee aan ons hierdie gawes sodat ons ons dienswerk kan doen. God vra dus van ons om te groei sodat ons kan werk en om te werk sodat ons na Christus toe kan groei.

September 2014

9


leefdinge

Groei deur nuwe belewenisse DEUR SUSAN DU PLESSIS

Groei beteken om geleenthede te benut wat op jou lewenspad opduik. My dogter is nou al vir twee jaar by die Kopermyne in Kitwe (ekala mu Kitwe) ZambiÍ betrokke. Hierdie jaar sou ek vir die eerste keer daar gaan kuier. Ek het myself deur al ons korrespondensie, foto’s en vertelling probeer indink en voorberei hoe dit sou wees, maar ek was totaal verras. Ek het op Sondag 20 Julie teruggekeer en besluit om met foto’s vir ons lesers ietsie te vertel van my belewenis daar.

God het die skepping so uniek geskape, bome in alle vorme: Jou voetstap sal Ek lei langs weĂŤ wat jou siel sal verkwik...

“Kyk hoe groei die lelies; hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sĂŞ vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nieâ€? (Luk. 12:27).

Die trotse besitter van ’n Bybel (icipingo) in Bemba en omring van jongmense met ideale en drome in die klein boekwinkeltjie. Elkeen het ook hulle name agter in my eksemplaar opgeteken.

22

September 2014

hoe hy werk, en leer by hom�

“ ...met swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak� ( Gen. 3:17c). Hierdie stalletjie verkoop pikke, besems, tou en alles denkbaar wat deur die kleinboere benodig word.


leefdinge

’n Roetekaart om God se handewerk en weÍ ook in hierdie land in Afrika ’n te kan ervaar.

Ek was so beĂŻndruk met die wyse waarop babas (umwana) deur die

in die oog – so natuurlik.

Hierdie Hierdie Patrick het vir my dogter meubels uit Kiaathout (Mukwa) gemaak en toe kom wys hy my ! " " " # skrynwerker.

Die twee hekwagte en die huishulp het ook elk ’n handgebreide mus ontvang.

Afskeid... en in my hart weet ek dat my dogter se pad deur die Here gelei word.

NatĂ´tela! (Dankie) Shalenipo! (SeĂŤnwense en mooi loop!) September 2014

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.