BELLVILLE
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
GEHOORAPPARATE MICHAEL FOURIE B. Pharm Dip.HAA
GEHOORTOETSE
GEHOORAPPARATE
WATERLESS GARDENING
COMPOST 15DM
WAS 16.95
Gekontrakteer in Mediese Fondse DURBANVILLE: Mediplein Mediese Sentrum, Hibiscus Str BRACKENFELL:Medicross Mediese Sentrum, h/v Brackenfell Rylaan & Nina Str. BELLVILLE: Oakmed Sentrum agter Mkem PAROW: Medicross Mediese Sentrum, McIntyre Rylaan
NOW
HEARING CARE CENTRE
Slegs op afspraak
8.95
Offers valid until 2 April 2018. While stocks last.
Skakel tolvry 0860666660 of 083 272 3112
X1UCU51E-AL280318
X1UEVJ3H-AL280318
Woensdag, 28 Maart 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
‘Team Alta’ voltooi Epic vir tehuis
Niel Rossouw (heel links) en Leon Erasmus (heel regs), oftewel “Team Alta”, het die naweek die uitmergelende Cape Epic-bergfietstoer voltooi. Dié vriende, albei oorspronklik van Goodwood en deesdae van Brackenfell, het met hierdie 658 km-toer geld ingesamel vir die Alta du Toit-narsorgsentrum vir intellektueel gestremdes in Bellville. Hier is hulle saam met Brian Hill en Sandra Pool, inwoners van die sentrum, by die eindstreep. Vir verdere navrae oor fietsryhemde, bandjies of borg per kilometer, kan Marina van der Meulen gekontak word by marina@altadutoit.org.za.
GROENVALLEI: ‘DIE ELEMENTE’ KLIM BO-OOR OF KRUIP ONDER DEUR
Inwoners suur oor muur NIELEN DE KLERK @nielendk
’n
Muur in Groenvallei wat skynbaar aan niemand behoort nie, faal in een groot opsig, meen inwoners. Dit weerhou nie mense wat nie daar hoort nie. Daar is hoofsaaklik twee ellelange betonmure wat inwoners pla. Een wat aan Stikland-hospitaal grens en die een wat langs die spoorweg opgerig is. Volgens Amore Lourens, sekretaresse van die Groenvallei-buurtwag, moet dele van die muur gereeld vervang word omdat mense dit uithaal om bo-oor of onder deur te kruip. Boonop, sê Lourens, is hierdie vandale gewoonlik haweloses wat net duskant die Stikland-muur slaap.
“Die hakiesdraad op die muur is al so verlep dat dit letterlik geen doel dien nie. Selfs toe dit nuut opgesit is, het ‘die elemente’ net ’n ou sponsmatras gevat en oor die draad gegooi en so oor die muur geklim.” Intussen het die buurtwag self die deurgang in die muur toegemaak wat gebruik is om vanaf die treinspoor na Groenvallei te kom. Dit is gereeld as ’n ontsnaproete gebruik, meen die buurtwag. Bianca Carls, woordvoerder van Stiklandhospitaal, sê daar is geen haweloses op hul perseel nie. “Maar ons sal saamstem dat daar al vir baie jare haweloses is wat langs Ou Paarlweg slaap.” Carls sê hulle het min beheer hieroor, maar die hospitaal raadpleeg gereeld wetstoepassing wanneer hulle skade aan hul ei-
endom sien of leeglopers gewaar. Die hospitaal het ook ondersoek ingestel na hul muurkwessie en gesien drie betonplate is onlangs van die skeidingsmuur gesteel. Carls sê dié plate sal binnekort vervang word. “Die hospitaal se sekerheidspersoneel sal aanhou om die gebied vir enige oortredings te patrolleer,” sê sy. Altesaam 80% van die hospitaalperseel se mure is reeds met ’n ander soort heining omring, wat moontlik in die toekoms ook aan die Groenvallei-kant opgerig sal word. “Die vervanging van die grensheining is deel van die hospitaal se infrastruktuurplanne.” Sy het inwoners gemaan om wetstoepassing te bel as hulle haweloses of leeglopers gewaar. Die ander muur, die een wat Groenvallei
en die spoorlyn skei, het skynbaar geen eienaar nie. Mike Asefovitz, woordvoerder van Transnet, sê die grond waarop die treinspoor loop, behoort aan hulle. Die muur is egter nie hul eiendom nie. “Dit is deur die ontwikkelaars van Groenvallei opgerig,” sê hy. “Ons het ’n klein draadheining gehad, maar die ontwikkelaar het eerder die betonmuur opgerig.” Brendan van der Merwe, raadslid van Groenvallei, beaam dit. “Die oorspronklike ontwikkelaar het die muur moontlik opgerig om die ‘onooglikheid’ van die spoorlyn weg te steek en om te verhoed dat mense en diere op die spoorlyn loop.” Die muur was egter nooit bedoel om ’n veiligheidsheining te wees nie, sê hy. V Na bladsy 2.
171 DURBAN ROAD, BELLVILLE Tel +27 (0)21 949 2120 | Fax +27 (0)21 949 2133 Cel +27 (0)82 319 5979 | schalk@primatyre.co.za
PRIMA BANDE
DURBAN ROAD
175/65R14 GT2
R595.00
185/65R14 DURAGRIP
R675.00
185/60R15 DURAGRIP
R825.00
195/65R15 EXCELLENCE
R795.00
205/55R16 EFFICIENTGRIP
R895.00
225/45R17 EFFICIENTGRIP
R1245.00
225/40R18 EAGLE F1 ASY3
R1425.00
215/80
R15 A/T Adventure R1185.00
245/75 R15 A/T Adventure
R1525.00
245/70 R16 A/T Adventure
R1670.00
265/70 R16 A/T Adventure
R1725.00
265/65 R17 A/T Adventure
R1875.00
T&C APPLY PRICES INCLUDES FIT, BALANCING AND VALVE - Valid until 7 April 2018 X1UEVGX1-AL280318