THE GIFT THAT GROWS
DURBANVILLE
GIFT CARDS AVAILABLE ONLINE & IN-STORE www.stodels.com X1V1BVME-AL281118
Woensdag, 14 November 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
TRAGIESE VERDRINKING: 10-JARIGE VERDWYN ONDER WATER
Droom oor swemmery word waar ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
T
Cooper nie lus vir waterhindernis Lauren van Haght van Durbanville dra haar hond, Cooper, ’n Ierse skaaphond, deur die water by die Muddy Puppy-hindernis-pretloop, wat Sondag op die volstruisplaas langs die N7-snelweg gehou is. Sien nog foto’s op bladsy 11. FOTO: CARINA ROUX
oe die polisieduikers na haar seun se liggaam in die houerdam (detention dam) in Greenville soek, was dit asof die droom wat sy ’n week tevore gehad het, voor haar afgespeel het. Só het Lawrene Harris (34) vir TygerBurger gesê ná haar seun, Kyle (10), verlede Woensdagmiddag laat tragies in die dam verdrink het. Die volgehoue vandalisme van die heining om die dam word onder meer geblameer vir die voorval. Volgens kapt. Marchell Rhode van die Durbanville-polisie, het drie seuns omstreeks 16:00 in die dam in Lord’s Walkweg gaan swem. Die dam is met ’n palissade-heining omhein, maar die seuns het toegang deur ’n gat in die heining verkry. Volgens Rhode wou die seuns na die oorkant van die dam swem, maar in die middel van die dam het Kyle moeg geraak en onder die water verdwyn. Die polisie se traumaberaders het die gesinslede ondersteun. Volgens Lawrene het sy bykans twee ure by die dam staan en wag op die duikers, nadat mense haar kom roep het dat haar kind verdrink het. Die duikers het vir byna ’n uur na sy liggaam gesoek, sê sy. ’n Berig in ’n ander koerant dat haar seun dalk nog sou gelewe het as hy nie sy skoolbus
gemis het en nie skool toe is nie, is onwaar, sê sy. Volgens haar speel dit glad nie ’n rol nie. “Teen die tyd wat hulle gaan swem het, sou hy al by die huis gewees het as hy skool toe was. Dit laat my na ’n slegte ma klink. Ek het alles in my vermoë gedoen om my kinders reg groot te maak,” het sy gesê. Volgens haar het sy die droom oor ’n swemmery in die dam ’n week tevore gehad, maar nie in haar droom geweet wie die swemmers was nie. Ook Kyle het gedroom hy swem in die dam, het sy gesê. Hy het volgens haar ’n voorgevoel gehad en sy het ná die voorval ’n houtkruis in sy rugsak gevind, wat hy voor die swemmery oor hul vibracrete-heining gegooi het. “Ons, ek en my kinders, is gelowige mense. Ek wil niemand blameer nie. Die Here het vir my in my droom gewys wat gaan gebeur en dit was alles deel van Sy plan met ons,” het sy gelate gesê. ’n Roudiens word vandag (Woensdag) vanaf 09:00 by die Primêre Skool Alpha in Morningstar, waar Kyle ’n graad 3-leerder was, gehou. ’n Begrafnisdiens begin Saterdag om 08:00 by sy ouerhuis in Birchstraat 50, Greenville, waarna die verrigtinge in die Fisantekraalgemeenskapsaal voortgesit sal word. Hy sal later in die Kraaifontein-begraafplaas begrawe word. V Na bladsy 4
Black Friday is coming