DURBANVILLE
WhatsApp jou selfoonvideo na 076 939 6536. Terme en voorwaardes geld. Sien die Karaoke soos ’n SterFacebook-blad vir meer.
Woensdag, 19 Desember 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
WP Media staff spread festive cheer Staffers of WP Media, publisher of TygerBurger, People’s Post and City Vision, spread some love and festive cheer by gifting a present to each of the children housed at Leliebloem House. The children’s home was founded as House of Mercy by Bishop Gray in 1868. Archdeacon Lightfoot gave a sum of money for the purpose of establishing a refuge for fallen women in Plein Street, Cape Town. In 1886, House of Mercy was resettled on a site on the Leliebloem House Estate, made possible through the generosity of the Society of St John the Evangelist. WP Media staff and their families visited the home on Wednesday last week to hand over the gifts to the children and spend a few moments with them.
This is the last TygerBurger of 2018. The first edition in the New Year will hit the streets on 16 January. TygerBurger wishes all our readers a safe and joyous festive season.
GEMIDDELDE VERHOGING NEGE PERSENT – VER BO INFLASIE
Skoolgeld styg skerp ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
O
uers met skoolgaande kinders by staatskole kan hulle regmaak om die gordels selfs stywer te moet intrek in die nuwe skooljaar. TygerBurger het navraag gedoen by ’n paar skole in Durbanville en Bellville. Meeste se skoolgeld verhoog met tot 9% in 2019, wat ver bo die inflasiekoers van 5,1% is.
Die Hoërskool Durbanville se ouers gaan aanstaande jaar R28 250 opdok teenoor vanjaar se R25 900 – dus ’n 9% styging. Volgens George Germishuys, skoolhoof, is dit te wyte aan ’n kombinasie van faktore. “Die skool word gedwing om twee ekstra opslaanklaskamers te bou, omdat daar nie genoeg plek vir al die leerders is nie. “Die skool het baie vinnig die afgelope paar jare gegroei en bars uit sy nate met 1110 leerders in 2019,” het hy gesê.
Volgens Germishuys moet die skool met sy groter leerdertal ook ekstra personeellede aanstel. “Ons is ook besig om ’n nuwe skoolsaal of nutssentrum te bou. Ons benodig ’n groter saal vir saalbyeenkomste. Dit sal dit moontlik maak dat al ons matrieks in een lokaal eksamen kan skryf. Die saal sal ook vir binnenshuise netbal en hokkie aangewend word,” het hy gesê. “Wanbetaling van skoolgeld is by alle ho-
11 tydskrifte + 35 koerante
ërskole ’n probleem en ons moet ook daarvoor begroot. Dit maak ongelukkig die las op die ouers wat wél betaal, net groter,” het hy gesê. Volgens Hannes Boshoff, voorsitter van die skool se finansiële komitee, is daar met saalbyeenkomste vir 400 leerders nie sitplek nie en woon hulle dus nie saalbyeenkomste by nie. “Dit belemmer die funksionering van ons skool,” het hy gesê. V Na bladsy 2.
Netwerk24. Alles op een plek. Teken in by www.netwerk24.com.