DURBANVILLE
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
STORAGE 4 U s e l f - s t o r a g e
WATERLESS GARDENING
COMPOST 15DM
WAS 16.95
Brackenfell (Near Cape Gate)
NOW
From R750 pm
8.95
021 982 7426
info@storage-4u.co.za
Offers valid until 2 April 2018. While stocks last.
X1UD2T89-AL280318
Woensdag, 28 Maart 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
X1UCU51E-AL280318
@TygerBurger
TygerBurger
GELDINSAMELING: DOKTER DURF TWO OCEANS AAN
Elke tree help dié 9-jarige ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
T
Dr. Maritsa Kotze het verlede week by Ciska Klein gaan inloer.
FOTO: TWANETTE ACKER
ree vir tree gaan ’n ma en marathonatleet van Van Riebeeckshof in Bellville die taai Two Oceans-ultramarathon oor 56 km komende Saterdag 31 Maart aandurf ten bate van ’n klein meisie in ’n rolstoel. Dr. Maritsa Kotze (35), ’n mediese dokter by ’n gemeenskapskliniek in Ruyterwacht, het einde verlede jaar gelees van die lot van Ciska Klein (9), wat ’n invalide gelaat is nadat sy op 19 Maart verlede jaar langs die Tygerbergvalleipad deur ’n motor raak gery is. Ciska, wat saam met haar ouers op die plaas Altydgedacht bly waar haar pa ’n plaaswerker is, is eers weer op 5 Februarie vanjaar terug skool toe – die Paarlskool vir neuraal gestremde kinders in Brackenfell. “Ek het gewonder hoe ek kan help, want die gesin bly letterlik om die draai van my,” sê sy. Volgens Kotze het haar mediese klas van 2006 by die Universiteit Stellenbosch se tien jaar-reünie in 2016 besluit om ’n liefdadigheidsprojek te begin. “Ek het besluit om my deelname aan die Two Oceans ten bate van Ciska te doen. Dit sal ons eerste
projek wees. “Elke keer as ek hardloop, besef ek dis so ’n voorreg om die gesondheid en liggaamlike vermoë te hê om dit te kan doen. “Die Two Oceans is ’n baie uitdagende wedloop – fisiek en psigies. So vir daardie paar ure wil ek graag Ciska se ‘bene’ wees. “Die marathon geniet altyd baie mediadekking; daarom dink ek dis die ideale platform om mense van Ciska bewus te maak,” sê sy. Hulle het die Facebook-blad Six Brix MBChB 2006 begin om geld te probeer insamel ten bate van Ciska se onkostes. Kotze, ma van ’n sesjarige seun, het onlangs ’n borgskap van die Asics-atletiekklub bekom. Sy hardloop al die afgelope vyf jaar, maar neem nog net die afgelope drie jaar aan marathons deel. Dit is haar tweede Two Oceans-ultramarathon. Vrywilligers van die StoryBox-projek by Ciska se vorige skool, die Primêre Skool The Valley, het hulle oor die Klein-gesin ontferm en tuisonderrig vir Ciska gereël, asook hul plaashuis opgeknap om vir haar rolstoel geskik te wees. Haar aanvanklike vervoerreëlings het deur die mat geval en haar pa ry haar nou self elke dag skool toe en terug. Ciska word by die skool bygestaan deur ’n fasiliteerder. Mense wat wil bydra tot die hulpfonds, wat hoofsaaklik gebruik word om haar fasiliteerder se salaris te betaal, asook vir petrolgeld vir haar skoolvervoer, kan die Facebook-blad Six Brix MBChB 2006 of Facebookblad Wietse se Run besoek vir meer besonderhede. V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.