DE GRENDEL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA Aangewys as die Nr. 1 Onderdeleverskaffer in die Wes-kaap (Die Burger, 30 Oktober 2017). Baie dankie aan al ons kliënte en verskaffers vir u volgehoue ondersteuning en aan ons lojale personeel vir hul toewyding. By Goeie Hoop Onderdele gaan ons uit ons pad om ons klante tevrede te stel. TROTSE DIENS
Woensdag, 4 April 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
Taurusstraat 10, Brackenfell • Tel (021) 981 4501 www.gho.co.za • info@gho.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Brilliant! TygerBurger reader Satish Chavda was able to capture this captivating shot of the recent lightning storm that hit Cape Town on 28 March. The image was shot from the Plattekloof hills. See page 10 for another incredible image with Table Mountain in the background. PHOTO: SATISH CHAVDA
BOTHASIG-POLISIE: KAN VAARDIGHEDE EN KUNDIGHEID VAN MENSE BETER BENUT
Reik uit na gestremdes CARINA ROUX
G
estremde mense kán ’n aktiewe rol speel in die gemeenskap. Ao. Jacques Mostert, woordvoerder van Bothasig-polisie, sê hulle het ’n projek begin om uit te reik na gestremdes. “Ons weet ons het gestremde mense in die gemeenskap, maar om verskeie redes kry ons nie altyd met hulle te doen nie.” Die gestremdes word nie altyd gesien nie, maar Freda Knowles, wat al nege jaar rolstoelgebonde is en net om die draai van die polisiekantoor woon, is egter een van die uit-
sonderings, sê hy. Freda is ’n bekende gesig in Bothasig en omgewing, waar sy op haar rooi rolstoelkarretjie rondry. Sy is lankal reeds aktief betrokke by die plaaslike buurtwag en Mostert het al gespot dat hy vir haar ’n blou lig gaan opsit. Mostert sê hulle wil graag kyk waar kan hulle van die gestremdes se kundigheid gebruik maak – hetsy met polisiëring of by die buurtwagte. Hy sê hy glo daar is mense in die gemeenskap wat vaardighede het wat gebruik kan word, maar niemand kom by hulle uit om hulle te vra om dit te gebruik nie. Mostert sê die buurtwag wil ook uitreik na
gestremdes en hy sien die projek as iets wat tot verdere samewerking kan lei. Hulle wil ook kyk waar kan hulle die gestremdes help met dinge wat vir hulle ’n uitdaging mag wees. Mostert sê hoewel Freda baie onafhanklik is, is daar ook goed wat vir haar moeilik is. “Sy sien altyd kans vir alles, al gaan dit swaar en sy is altyd bereid om te help,” sê hy. Mens hoef nie altyd beweeglik te wees om te kan help nie. Iemand kan dalk dien as ’n kommissaris van ede, of telefone beantwoord, sê Mostert. “Ek is seker ons kan hul spesifieke vaardighede êrens gebruik as hul-
le bereid is om te help,” sê hy. Ook in terme van misdaadvoorkoming kan hulle strategieë aanpas waar nodig is as hulle op gereelde basis met gestremde mense kan gesels. Die Bothasig-polisiekantoor het parkering vir gestremdes en die gemeenskapsentrum is wel rolstoelvriendelik, maar tog is daar nog tekortkominge, sê Mostert. Iemand soos Freda sal byvoorbeeld nie met haar karretjie by die vuurwapenlisiensie-kantoor kan uitkom nie. Hy is bly dat hulle Freda as “agent” vir die projek het. V Na bladsy 2.