DE GRENDEL
GARDEN SAVINGS!
ASSORTED HERBS WAS 19.95
NOW
11.95
www.wpblood.org.za · 021 507 6300
Offers valid until 28 October 2018. While stocks last.
X1UXDQM2-AL241018
Woensdag, 24 Oktober 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Van links is Noxolo Matshoba (Stad Kaapstad se parke-verteenwoordiger), Kelvin Irvine (MVRA) en Cheryl Visser (raadslid). HOOFFOTO: Bouwerk aan die tweede fase van die sementpaadjie in Camoenspark is tans aan die gang. FOTO: CARINA ROUX
CAMOENSPARK: ALLES VERLOOP NOG VOLGENS PLAN
Paadjie amper voltooi CARINA ROUX
B
ouwerk aan die tweede en laaste fase van die sementpaadjie wat by voltooiing om Monte Vista se grootste park sal strek, het verlede week begin. Net bietjie meer as ’n jaar gelede het TygerBurger berig oor die tweejaarplan vir die opknapping en verbetering van Camoenspark. Goeie nuus is dat alles nog volgens plan verloop. Cheryl Visser, raadslid van wyk een, sê hul doelwit is dat dit voor Kersfees of dan teen die einde van die jaar voltooi sal wees. Die sentraal geleë park het reeds oefen- en speeltoerusting gehad voor die besluit verlede jaar gemaak is om dit verder te ontwikkel. Die park grens aan Monte Vista-rylaan, Diaz-, Barrow- en Camoenstraat en is ook
toeganklik vanaf die nabygeleë Panorama, Plattekloof Glen, Welgelegen en Edgemead. Lede van die Monte Vista-belastingsbetalersvereniging (MVRA), onder leiding van Kelvin Irvine (komiteelid verantwoordelik vir parke), het tydens ’n vergadering in Augustus verlede jaar met Visser en Noxolo Matshoba (een van Stad Kaapstad se parkeverteenwoordigers) ’n voorlegging gedoen. ’n Versoek is aan die Stad se parke-departement gerig om ’n voetpaadjie op die buitenste grens van Camoenspark te ontwikkel. Ná verdere onderhandelinge is besluit om ’n sementpaadjie te bou. Visser sê die geld vir die projek kom uit die wyksbegroting. Omdat wyk een baie groot is en oor 22 dele strek is dit ’n uitdaging om almal te probeer tevrede stel, sê sy. “’n Mens probeer iets doen wat soveel as
moontlik mense sal bevoordeel en om iets van waarde na te laat.” Met die 2017/2018-wyksbegroting is R200 000 bewillig vir Camoenspark en die eerste fase van die voetpaadjie van 300 m (waarmee in Oktober laas jaar begin is) is daarmee voltooi. Visser het ’n verdere bedrag uit die 2018/19-begroting bewillig om die finale fase van die paadjie van sowat 600 m te voltooi. Verskeie vergaderings tussen Visser, Irvine, Matshoba en die kontrakteur het tydens die verloop van die projek plaasgevind. Visser sê daar was groot uitdagings weens stygende kostes en die onbuigsame aard van die begroting. “Saam met al die rolspelers het ons die probleme bespreek en oorkom om voltooiing moontlik te maak.” Visser het haar dank uitgespreek teenoor
Irvine en sê hy het die projek vergemaklik met sy vrywillige betrokkenheid. Irvine was gereeld op die konstruksieterrein om ’n ogie te hou oor die gehalte van die werk wat gedoen word en Visser sê hy het ook die gemeenskap op hoogte van sake gehou. “As daar enigsins negatiewe kommentaar is, hanteer hy dit met ’n goeie gesindheid om gemoedere te kalmeer.” Planne om die paadjie te belig vorder ook goed. Visser sê daar was reeds ’n vergadering met Nombini Mafilika, senior tegnikus van die Stad se elektrisiteitsvoorsiening- en verspreidingsdepartement. Dié departement het aangebied om te begroot vir die beligting van die paadjie. Dit is tans in die ontwerp- en begrotingsfase, maar hulle is optimisties dat dit teen volgende jaar afgehandel kan word, sê Visser.